Skip to main content

Tag: Rethie van Niekerk

What’s your story 1: God en storie

Jou storie is deel van God se storie.  Jy is nie sommer maar lukraak besig met jou eie storie nie.  Jy is deel van ’n groter storie.  God het jou in verhouding met Godself ingenooi en jou deel gemaak van sy storie in Jesus.

Continue reading

Numeri 6 – Die Here sal julle seën

Die hele Bybel is vol van die gedagte van God wat ons seën – van begin tot einde! Soos wat God se liefde ’n lyn regdeur die Bybel is, so is God seën ‘n lyn regdeur, ’n sentrale tema van die Bybel.

Heel aan die begin, by die skepping al, seën God die mens (Genesis 1:28).  Dis die kern van die verbond: dat God vir Abraham seën om ’n seën te wees (Gen. 12:1-3). Jesus begin die bergpredikasie deur dieper betekenis aan seën te gee (Matteus 5).  En Openbaring trek die seën deur tot heel aan die einde.

God se seën is ’n deurslaggewende sleutel om die Bybel, God se ganse plan met die mensdom, te verstaan.  Dit is ’n kern aspek van God se plan.  God wil ons seën.

Maar wat is hierdie seën?

Continue reading

Genesis 21:9-21 Familiediens preek

Woestyne is belangrike goed – in die Bybel en regdeur die Christelike tradisie tot in elkeen van ons se lewens.  Soms kies mens ’n woestyn – soos Hagar in Gen. 16.  Soms is woestyne iets wat met jou gebeur, soos in Gen. 21.  Dikwels is woestyne iets wat God toelaat.

Verskillende dinge in ons lewens voel vir ons soos woestyne.  En verskillende dinge bring ons by ons woestyne uit.  Maar in hierdie verstaan van woestyne is woestyne plekke van swaarkry; plekke van alleenwees; plekke van versoeking om ons eie planne te maak of om op te gee.  Dit is plekke van verlies, plekke waar ons twyfel oor God se teenwoordigheid.  Plekke waar ons heeltemal gestroop is van onsself, van al die geraas wat ons doof maak, van al die sekerhede waarop ons staatgemaak het.

Ons kom ook – in ’n leeftyd soms ’n hele paar keer – by skrikwekkende plekke waar dit voel asof daar nie meer hoop is nie.

Hagar lê haar seun onder ’n bos neer – die bewoording gee letterlik die idee van neerlê in ’n graf.  Sy gaan sit ’n ent weg – die pyn is te veel, sy wil nie haar seun se swaarkry sien nie.

En agter Hagar en Ismael aan het God gestuur

Die engel van geregtigheid.

sê Cussons.

Continue reading

Vreesloos 08: Waag in geloof! Sondag.

So dalk moet ons tema nie “vreesloos” wees nie, moet ons nie streef daarna om glad nie bang te wees nie.  Nie vreesloos nie, maar dapper.  Ook nie lafhartig nie, maar leef vanuit krag en liefde en selfbeheersing.  Waag in geloof.  Om ten spyte van ons vrees, te midde van ons vrees, steeds lief te hê.

Continue reading

Vreesloos 07: Sê-nou die ergste gebeur? Donderdag

Enige iemand kan bestuur as hulle op hul pa se skoot sit.  En enige iemand kan bid as hulle op hul Pa se skoot sit.  Gebed is om op God se skoot te sit en ons hande op sy stuurwiel te sit.  Hy sal die spoed en die skerp draaie hanteer.  Maar ons kan met hom praat.  Ons kan vra:  neem hierdie beker weg.  Hierdie siekte; hierdie finansiële krisis; hierdie gevaar en haat en konflik; hierdie droogte, hierdie korrupte leiers.  Dis al wat gebed is.

Continue reading

Vreesloos 06: Wat as alles te veel raak? Woensdag

As jy meer aandag aan die storm gee as aan die een wat in die storm loop, gaan jy sink.

Ons kan nie kies of daar gaan storms wees in ons lewens nie.  Ons is redelik verseker van storms.  Ons kan kies waar ons kyk te midde van die storm.

Jesus se oproep om te glo, om nie bang te wees nie, is nie ’n oproep tot naïwiteit nie.  Hy vra nie van ons om soos volstruise met ons koppe in die grond te sit nie.  Die lewe is vol storms – oorweldigende storms wat ons wil laat sink.  Jesus vra nie dat ons dit ontken nie.

Ons taak is om die aanslae van die storms te balanseer met ’n uitkyk op God.

Continue reading