Skip to main content

Tag: Rethie van Niekerk

Vreesloos 05: En as ek nie genoeg het nie? Dinsdag

Al moet ons polisse hê, moet ons op God vertrou, nie op die polis nie.  Die probleem is nie die die ryk man se rykdom of skure nie.  Dis die feit dat hy fokus dáárop, dat hy dít vertrou, dat dit moet sorg dat hy veilig is, dat sy skure vir hom moet voorsien.  Daardie skure het dan die manier om voor God in te skuif, soos die maan voor die son tydens ’n sonsverduistering.

Hier is vanaand se Youversion notas.

Continue reading

Vreesloos 03: Wat as ek nie saakmaak nie? Sondagaand

Volgens God is jy op ’n wonderbaarlike wyse geskep (Ps. 139:14).  Kunstig aanmekaargeweef (Ps. 139:15) – interessant, dis nie eers in die N.A.V. vertaal nie!    God kan nie ophou aan jou dink nie – sy gedagtes oor jou is meer as wat daar sand is (Ps. 139:18).

Jou waarde is nie gegrond in hoe mense jou behandel nie.  Jou waarde is gegrond in hoe God jou behandel.  God, wat die hare op jou kop tel. Wat vir jou SÊ dat jy kosbaar is, dat hy lief is vir jou.  Wat dit vir jou wys deur sy lewe af te lê.

Hier is vanaand se YouVersion Geleentheid.

Continue reading

Vreesloos 02: Hoekom is ek bang – Sondagoggend

Vrees is die siekte van ons tyd.  Blykbaar is gewone kindertjies vandag banger as psigiatriese pasiënte in die 1950’s!  Dis hoe diep vrees in ons psige sit.  Vrees deel nie graag nie.  Vrees en geluk woon nie saam nie.  Vrees in onproduktief.  Dit hou ons vas, hou ons terug, verlam ons.

Maar wat as ons ’n lewe sonder vrees kon leef?  Kan jy jou so ’n lewe indink?  ’n Lewe waar jou eerste reaksie op bedreigings nie vrees is nie, maar geloof.

Hier is vandag se YouVersion  Bybel Toep Geleentheid.

Continue reading

Vreesloos 01: Vrees vir God – Hemelvaartdiens

As dit lank terug was dat ons beeld van God ons knieë lam gemaak het, dan verklaar dit ook hoekom ons vrese ons verlam.    Want wanneer Christus groot is, is ons vrese nie.  Hoe groter ons beeld van Christus is, hoe kleiner word ons vrese.

Continue reading