Vreesloos 07: Sê-nou die ergste gebeur? Donderdag
Enige iemand kan bestuur as hulle op hul pa se skoot sit. En enige iemand kan bid as hulle op hul Pa se skoot sit. Gebed is om op God se skoot te sit en ons hande op sy stuurwiel te sit. Hy sal die spoed en die skerp draaie hanteer. Maar ons kan met hom praat. Ons kan vra: neem hierdie beker weg. Hierdie siekte; hierdie finansiële krisis; hierdie gevaar en haat en konflik; hierdie droogte, hierdie korrupte leiers. Dis al wat gebed is.
Gebed
Preek
As ’n seekat jou op die bodem van die see vang en vashou, moenie bekommerd wees nie. Slaan net ’n klomp bollemakiesies. Tensy dit ’n baie groot seekat is wat jou baie styf vashou, behoort jy te ontsnap. Soos wat jy boontoe swem, mag jy dalk ’n haai sien. Moenie bang wees nie! Slaan dit net met jou vuis op die oë of kiewe.
As ’n gorilla jou vang, kan jy nie wegkom nie. Hulle hou baie styf vas. Jou enigste kans is as jy die gorilla se arm saggies vryf terwyl jy jou lippe teenmekaar klap. Dalk sal die gorilla dit interpreteer as dat jy besig is om dit te groom en jou laat gaan.
Hoe weet ek dit? Want daar is ’n hele industrie van raad oor hoe om “worst case scenario’s” te oorleef. Daar is ’n TV-reeks, boeke. Boeke soos “The Worst-Case Scenario Survival Handbook for Travel, Parenting, Weddings, College, Golf” …
Op eie bodem het Johannes Bertus de Villiers ’n boek geskryf getiteld” “Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef.”
Daar is ’n hele industrie gebou op ons vrees dat die ergste kan gebeur. Goed soos: doodbrand, dat jou verstand sal gaan, dat jy sal doodgaan, nie genoeg sal nalaat vir jou familie nie.
Wat is jou grootste vrees? Soms is dit soos monsters onder die bed, maar meestal is dit gebore uit legitieme bekommernis. Vrees vir misdaad in ons land is allermins vêrgesog.
Wanneer ons nie ons vrese hanteer nie, raak dit ’n obsessie. Daar is ’n verskil tussen ’n vrees en ’n fobie, of paranoia. Kom ons praat eerder van “omsigtigheid” as vrees. Omsigtigheid maak dat jy ’n sitplekgordel dra. Paranoia maak dat jy motorkarre vermy. Omsigtigheid spaar vir jou oudag. Paranoia “hoard”, dat jy selfs nie eers gemors weggooi nie. Omsigtigheid beplan. Paranoia panic. Omsigtigheid staan langs die kant van die swembad, kyk die situasie uit, hoe koud is die water, hoe diep, hoe goed kan ek swem – en duik. Paranoia bly altyd op die rand van die swembad.
Wat as die ergste wat kan gebeur?
Ek wil jou nooi om vanaand saam met my te kyk wat Jesus doen wanneer die ergste gebeur. Toe Jesus sy eie vrees in die gesig moes staar. Jesus het sy vrees in die gesig gestaar die Donderdagaand voor sy dood, in die tuin van Getsémané.
Markus 14:35-36
“Ontsteld en beangs”. Die BDV sê “erg beangs”. OAV “ontsteld en benoud”. ἀδημονέω – van “adeo – to be sated to loathing. Dit beteken “great distress or anguish, depressed” en is die sterkste van die drie Griekse woorde vir depressie. ’n Verwante woord is ᾅδης – hel of graf.
Jesus was doodsbang.
Dis Jesus se worst-case scenario: om aan die ontvangkant van God se toorn te wees, om van God verlate te wees. Wat doen Jesus met sy vrees, sy doodsangs? Hy bid. Hy staar sy diepste vrees in gebed in die gesig. ’n Gewone, eenvoudige gebed.
Ons maak twee foute wanneer ons ergste vrees in gesig staar:
- Ons bid nie! Ons praat bv. hoeveel oor die situasie in ons land, oor korrupsie – maar hoe gereeld bid ons?
- Ons maak gebed te kompleks! Waar jy bid, hoe om te bid, liggaamsposisie, plek, die woorde wat jy gebruik.
Jesus bid ’n kort, reguit, eenvoudige gebed, met vertroue: “nie my wil nie, maar u wil”. Dis eintlik meer soos ’n kindergebedjie. Jesus sê: “Abba.” Pappa.
Dit laat my dink aan vroeërjare (vandag is daar te veel vrees en die vrees maak dat dinge wat ons voorheen gedoen het, nou onwettig is!). Toe ek kind was, sou my pa soms op plaaspaaie my op sy tel en laat “bestuur”. Eintlik het hy bestuur, maar jy sit agter die stuurwiel, hande op die stuurwiel – op pappa se skoot. Jy kon nie lekker oor die stuurwiel sien nie. My voete was nie náby aan die pedale. Maar ek het bestuur. Op my pa se skoot.
Enige iemand kan bestuur as hulle op hul pa se skoot sit. En enige iemand kan bid as hulle op hul Pa se skoot sit. Gebed is om op God se skoot te sit en ons hande op sy stuurwiel te sit. Hy sal die spoed en die skerp draaie hanteer. Maar ons kan met hom praat. Ons kan vra: neem hierdie beker weg. Hierdie siekte; hierdie finansiële krisis; hierdie gevaar en haat en konflik; hierdie droogte, hierdie korrupte leiers. Dis al wat gebed is.
Dit is daardie gebed wat vir Jesus gehelp het om sy grootste vrees in die gesig te staar.
Jy kan dieselfde doen. Jy kan met jou monsters baklei in Getsémané se tuin. Daardie aaklige vrese wat jou wil insluk: praat met God daaroor.
- Abba, ek voel onveilig. Beskerm my.
- Abba, ek moet salarisse betaal, maar my kliënte het vir die hoeveelste maand nog nie betaal nie. Voorsien, asb.
- Abba, die dokter het gebel en die nuus is nie goed nie. Genees, asb.
- Abba, daar was nog ’n mosie van wantroue en die president het wéér vrygespring. Gee vir ons betroubare leiers, asb.
Wees spesifiek oor jou vrese. Praat met God daaroor.
Walter Wink het ’n reeks boeke geskryf, getiteld: The powers that be, Naming the Powers en Engaging te Powers. Daarin praat hy van magte en kragte soos wat die Bybel in Romeine en Petrus daarvan praat. Wink sê dat die mag van hierdie magte en kragte wat ons onderdruk, daarin lê dat dit onsigbaar is. Dis sisteme en strukture wat ’n bepalende invloed op ons lewe het, maar ons sien dit nie, ons is nie bewus van hierdie mag nie. Ons beveg hierdie magte, sê Wink, deur hulle te noem. Deur hulle te noem, word hulle blootgestel – expose – en verloor hul krag. Nou kan hulle ons nie meer dwing om hul wil te doen nie.
Dink bv. aan korrupsie – of die Guptas. Die mag van korrupsie is dat dit onsigbaar is. Ons almal word daardeur beïnvloed – nie net omdat ons die gevolge dra nie, maar omdat ons klein vorme van korrupsie – soos om die verkeerskonstabel om te koop, nie jou TV-lisensie te betaal nie – begin aanvaar. Wanneer korrupsie blootgestel word, begin dit mag verloor. Nou weet ons. Die derde stap waarvan Wink dan praat – “engaging the powers” – is wanneer ons saamspan om sisteme te help om weer hul taak te verrig waaroor hulle geskep is.
Gebed dan, is deel an Wink se “exposing the powers”. In sy boek “Powers that be” skryf hy:
Prayer is never a private inner act disconnected from day-to-day realities. It is, rather, the interior battlefield on where the decisive victory is won before any engagement in the outer world is even possible. …
When we pray, we are not sending a letter to a celestial White House, where it is sorted among piles of others. We are engaged, rather, in an act of co-creation, in which one little sector of the universe rises up and becomes translucent, incandescent, a vibratory center of power that radiates the power of the universe. History belongs to the intercessors, who believe the future into being. If this is so, then intercession, far from being an escape from action, is a means of focusing for action and creating action.
Gebed – om ons vrese en bekommernis by die naam vir God uit te spel, is geestelike oorlogvoering. Dis ’n manier om magte en kragte bloot te lê, hulle mag te ontneem.
Max Lucado sê dat ons vrese soos vampiere is. Hulle kan nie in die lig leef nie.
It’s our duty to pull back the curtains, to expose our fears, each and every one. Financial fears, relationship fears, professional fears, safety fears— call them out in prayer. Drag them out by the hand of your mind, and make them stand before God and take their comeuppance!
Jesus het sy vrese publiek gemaak.
Hebreërs 5:7
Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, … gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane.
Jesus het hard genoeg gebid dat ander dit kon hoor en kon neerskryf. Jesus het sy geloofsgemeenskap gevra om saam met hom te bid.
Dit is deel van die taak van die kerk. Natuurlik was die kerk aanvanklik klein groepies. Ons eredienste is te groot hiervoor. Dis waarom kleingroepe so belangrik is. Ons benodig groepie geestelike vriende, vertrouelinge, teenoor wie ons ons vrees kan verbaliseer, wat dit saam met ons vir God vat. Jy hoef nie alleen met jou vrese te leef nie.
Ons het die wapen van gebed. Ons het die wapen van geloofsvriende. Ons het nog ’n wapen: ons weet hoe die storie gaan eindig.
Jesus het opgevaar na die hemel, hy sit op die troon. Jesus regeer. Romeine 8:28 staan steeds in die Bybel:
28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Ons probleme was nog altyd God se geleenthede. Die ontvoering van Josef lei tot die behoud nie net van Egipte nie, maar van sy familie en die ganse Joodse volk. Jesus se verhaal is die verhaal van ’n jong meisie se ongehude swangerskap en ’n onregverdige moord deur die staat.
Sal jy dit waag om te glo wat die Bybel sê? Dat geen ramp, uiteindelik, fataal is nie?
Crysostom was die aartsbiskop van Konstantinopel van 398-404. Hy was uitgesproke in sy kritiek van ryk en magtige mense. Twee keer is hy verban. Hy het gevra:
“What can I fear? Will it be death? But you know that Christ is my life, and that I shall gain by death. Will it be exile? But the earth and all its fullness is the Lord’s. Will it be the loss of wealth? But we have brought nothing into the world, and can carry nothing out. Thus all the terrors of the world are contemptible in my eyes; and I smile at all its good things. Poverty I do not fear; riches I do not sigh for. Death I do not shrink from.”
Paulus skryf sy laaste woorde uit die put van ’n Romeinse tronk, vasgeketting.
Die lewe is gevaarlik. Nobody gets out of this life alive.
En wat as dit erger raak? Jesus sê dit gaan erger raak.
Matteus 24:6-8
6Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. 7Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees. 8Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.
Pas op, moenie verskrik word nie. Geloof is steeds ’n opsie. Geloof is altyd ’n opsie.
“Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.”
Lied: Abba van Frieda van den Heever