Skip to main content

Tag: Rethie van Niekerk

Wees Eg – Lig – 1 Johannes 1:5-2:2

Ons het ’n probleem.  Want ons is God se kinders!  Ons leef in verbondenheid met hom!  Maar ons maak droog.  Selfs ons beste is nie goed genoeg nie.  As die dominee sê daar is geen oorvleueling tussen die lig-sirkel en die duisternis-sirkel nie, dan skuif ons ongemaklik rond, want ons wéét van ons eie duisternis.

Continue reading

Wees Eg – Lewe – 1 Johannes 1:1-4 Preek

In die oorspronklike Jurassic Park is daar hierdie wonderlike toneel, wanneer Dr. Alan Grant die paleontoloog, vir die eerste keer regtige, lewendige dinosourusse sien.  Hy is verstom.  Hy kan sy oë nie glo nie.  Sy asem is weggeslaan.  Dinosourusse in lewende lywe is soveel meer indrukwekkend as wat hy ooit uit sy fossiele kon droom.

Baie van ons se geloof is soos paleontologie.  Soos die studie van fossiele.  Dit is vir ons regtig, maar eintlik bestudeer ons net dooie bene.  Van ou artifakte.  Daar is nie regtig lewe nie.  Baie mense kan nie regtig praat van wat hulle self gesien en gehoor en gevoel het nie.

Tog is ons geloof soveel meer as dit!  Ons geloof berus nie net op idees of leerstellings nie.  Om ’n Christen te word, is nie maar net om by ’n kerk aan te sluit of ’n sekere belydenisskrif te onderskryf of in te stem met ’n sekere leerstelling nie.

Continue reading

Wees Getrou II – Eksodus 20:2, 12-17 Preek

Die wet gaan nie oor jou nie.  Dit is t.w.v. jou naaste.  God het jou naaste so lief, dat hy vir jou die wet gee.  God het jou so lief, dat hy vir jou naaste die wet gee.

Sodat ons almal vry kan wees, sodat ons almal met die waardigheid behandel kan word wat hoort by mense wat aan God behoort, nie soos slawe gaan geen waarde het nie.

Continue reading

Vryheid en Slawerny – Handelinge 16 Preek

In Charles Dickens se “Christmas Carol” sien die karakter Scrooge die spook van Jacob Marley, vasgebind in ’n lang ketting, gemaak van “cash-boxes, keys, padlocks, ledgers, deeds, and heavy purses wrought in steel.”

Wanneer Scrooge hom hierna vra, is sy antwoord:

 “I wear the chain I forged in life.  I made it link by link, and yard by yard;  I girded it on of my own free-will, and of my own free-will I wore it.  Is its pattenr strange to you?  Or would you know the weight and length of the strong coil you bear yourself?  It was full as heavy and as long as this, seven Christmas-eves ago.  You have labored on it since.  It is a ponderous chain!”

On/vry

Vandag se skrifgedeelte is ’n baie interessante speling met vryheid en slawerny, vryheid en gevangenskap.  Dit vraag:  wat is vryheid?  Wanneer is ’n mens vry?

Continue reading

Kyk anders na ontwrigting – Handelinge 9 Preek

Ontwrigtings heroriënteer ons.  Dit laat ons moontlikhede heroorweeg.  Dit laat die skille van ons oë afval en laat ons nuut sien, anders kyk.  Dit breek die ou perspektiewe af en maak moontlikhede oop waaraan ons nooit eers sou gedink het solank ons gemaklik en gerieflik voortgegaan het nie.

Dit veronderstel ’n diep kennis van wie God is, die wete dat ons by hom veilig is, vertroue in die wonders wat God deur wilde omwentelinge kan bewerk.

Dit is wanneer ons ophou om die ontwrigting te beveg, maar eerder te vra waar Jesus in hierdie ontwrigting is, dat ons oë kan oopgaan.

Ek weet nie wat die omwentelinge en ontwrigtings in jou lewe is nie.  Maar ek weet dat ons te maklik nuwe moontlikhede en nuwe verstaan en nuwe visie teëstaan omdat ontwrigting vir ons pynlik is.  Ek weet ook dat God kan aanhou om ons te verras en te verander en te verruim, wanneer ons na hom luister, ook wanneer dit ons bang maak, en hom gehoorsaam volg.

Continue reading