Johannes 3:1-17 – Belydenisaflegging
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Johannes 3:1-17 – Belydenisaflegging
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on 1 Korintiërs 2 Preek
Die lens van die kruis keer alles om. Dit stel rykes in diens van armes. Dit antwoord haat en vyandskap met liefde en gebed. Dit maak dit wat vir die wêreld dwaas lyk, wysheid. Dit verander swakheid in krag.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Miga 6:1-9
Wanneer ons hoor “afgode”, dink ons goue beelde. Maar die versoeking om afgode te aanbid, is vandag erger. Dis gevaarliker in ons tyd waar sosiale en ekonomiese strukture maklik afgode word. In ons kultuur van individualisme en prestasie en welvaart, word ons verbruikers – ook van geloof; en maak ons van God en van geloof ’n kommoditeit. En dan begin ons goed aanbid asof dit God is en ons behandel mense asof hulle goed is.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Jesaja 7 | Preek | Oujaarsaand

Ons uitdaging, wanneer ons terugdink oor die afgelope jaar, maar veral ook in die jaar wat voorlê, is om die tekens van God se liefde raak te sien. Om tekens van daardie liefde te WEES. God is met ons. Immanuel.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Leef, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Matteus 3:1-12 Preek – 4 Desember 2016
“Amazing Grace, how sweet the sound, that saved a wretch like me.” Dis die woorde van John Newton, wat mense oor die eeue aan die hart gryp. Amazing grace… Wretch… Ellendeling
En as jy John Newton se storie ken, dan maak hierdie lied soveel sin. Hier was ’n ou, ’n slawehandelaar, wat vir ’n groot deel van sy lewe nie net met slawe gehandel het nie. Hy was die kaptein van skepe wat slawe ontvoer het uit hul eie land en in die weste verkoop het. En Newton kom tot bekering. Hy skryf: “Amazing Grace, how sweet the sound that saved a wretch like me.” En ’n wretch, dink ek sal meeste van ons saamstem, was hy beslis.
Maar hierdie lied het Newton geskryf terwyl hy nog betrokke was in slawehandel. Hy kom tot bekering in 1748. En hierdie bekering, hierdie ellendigheid waaroor hy skryf, was, volgens sy eie getuienis: vloek, dobbel, drink. Hy het aan homself gedink as ellendeling, omdat hy gevloek, gedobbel en gedrink het. Met sy bekering het hy daarmee opgehou. Maar dit sou nog 40 jaar wees, voordat hy sou opstaan teen slawerny. Veertig jaar waarin hy gedink het bekering is om op te hou rummikub speel. Dit het 40 jaar geneem voordat hy kon sien – en sê – dat slawerny sonde is.
Dan maak dit heeltemal sin dat woorde soos “sonde, toorn, oordeel, bekeer”, nie meer woorde is wat ons kultuur gemaklik gebruik nie. Want eeue lankal word dit misbruik om ons aandag af te trek van die eintlike probleem. Laat dit die fokus op kleinlike nietighede val, terwyl dit groot onregte verskuil.
Maar dis jammer dat ons só oorreageer, dat ons glad nie wil praat oor sonde, oordeel en bekering nie.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in (Re)gifted, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on ‘n Voorbeeldige lewe – Jesus
13 November 2016
(Re)gifted: ‘n Voorbeeldige lewe – die sakramentele / ge-inkarneerde stroom
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.