Versoening – Hebreërs 11 Preek
Mense vorm groepe.
Basiese teorie oor groepvorming:
- Sodra so ’n groep gevorm word, is daar ‘ons’ en ‘hulle’ – ’n ingroep en buitegroep.
- ‘Ons’ begin met ‘ons’ identifiseer, geborgenheid, ‘ons mense’.
- ‘Ons’ raak suspisieus en vyandiggesind teenoor ‘hulle’.
- Beoordeel ‘ons mense’ volgens persoonlike kenmerke; as individue – “Sarel is gewelddadig”
- Beoordeel ‘hulle’ as ’n groep, kategorie – “Die Zulu’s is gewelddadig”. Die hele ‘hulle’ groep gestereotipeer sodat die slegste eienskappe van individue in die ‘hulle’ groep aan die hele groep toegesê word – As Sarel gewelddadig is, word die hele groep gewelddadig.
- ‘Ons’ geneig om ‘ons mense’ met hulpbronne te bevoordeel.
Jesus?
- Naaste liefhê (voorbeeld Samaritaan, argetipe van groepvorming)
- Vyand liefhê
Skriflesing
Heb. 11:1-3, 24-27
1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. 2Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is. 3Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.
(Dan lang lys voorbeelde van geloof en volharding. Dit is soos geloof lyk!)
24Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. 25Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê. 26Die smaad ter wille van die Christus het hy ‘n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het. 27Omdat hy geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede van die koning bang was. Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.
Eks 2:11
11Toe Moses al ‘n volwasse man was, het hy op ‘n keer na sy eie mense toe gegaan en gesien dat hulle dwangarbeid verrig. Hy sien toe hoe een van sy eie mense, ‘n Hebreër, deur ‘n Egiptenaar geslaan word
Preek
Inleiding
Vanoggend praat oor rassisme & versoening.
[Black Brothers & sisters. Sermon focused on white people. I do not wish to exclude you. But my experience of racism differs from yours. I am a perpetrator of racism. You are the victims of racism. You know the pain and effects of racism beter that I ever will. Acknowledge that and respect that.]
Groepvorming
Mense vorm groepe.
Basiese teorie oor groepvorming:
- Sodra so ’n groep gevorm word, is daar ‘ons’ en ‘hulle’ – ’n ingroep en buitegroep.
- ‘Ons’ begin met ‘ons’ identifiseer, geborgenheid, ‘ons mense’.
- ‘Ons’ raak suspisieus en vyandiggesind teenoor ‘hulle’.
- Beoordeel ‘ons mense’ volgens persoonlike kenmerke; as individue – “Sarel is gewelddadig”
- Beoordeel ‘hulle’ as ’n groep, kategorie – “Die Zulu’s is gewelddadig”. Die hele ‘hulle’ groep gestereotipeer sodat die slegste eienskappe van individue in die ‘hulle’ groep aan die hele groep toegesê word – As Sarel gewelddadig is, word die hele groep gewelddadig.
- ‘Ons’ geneig om ‘ons mense’ met hulpbronne te bevoordeel.
Jesus?
- Naaste liefhê (voorbeeld Samaritaan, argetipe van groepvorming)
- Vyand liefhê
Wit-swart groepvorming
Bose wêreldwye ‘Wit-swart’ groepvorming.
Kolonialisering, slawerny, rasseskeiding, apartheid.
Uitbuiting word gerasionaliseer en regverdig deur groepvorming
- ‘Ons mense’ is persone, individue, mense met gevoelens. ‘Hulle’ as ’n objektiewe groep, sien nie as persone, individue, mense.
- Alles wat goed en waardig is aan ‘ons’ toeskryf en alles wat verwerplik en agteraf is aan ‘hulle’ toeskryf.
En so begin ’n sneeubal van onderdrukking momentum kry.
- Wêreldwyd versprei.
- Manifesteer verskillend op verskillende tye en verskillende plekke. Soms eksplisiet, soms onder die radar.
- Gaan altyd gepaard met bevoorregting en uitbuiting.
‘Wit-swart’ groepvorming aan die orde van die dag in Suid-Afrika. Manifesteer anders.
- Ons swart broers en susters sê vir ons: hulle ervaar steeds diskriminasie en onderdrukking in die nuwe Suid Afrika.
- Hulle praat van ’n subtiele en sistemiese diskriminasie en onderdrukking.
- Ons hoor woorde soos ‘white privilege’, ‘black pain’, ‘whiteness’ en ‘decolonization’.
Wat doen volgelinge van Jesus hiermee?
Moses word ’n Egiptenaar
Moses was nie ’n gebore Egiptenaar nie. Maar, hy het as ’n Egiptenaar grootgeword. As ’n Egiptenaar uit die koningshuis:
- Hy het ’n sekere status
- Hy het groot vryheid
- Hy het opsies gehad om van te kies.
- Hy het sekere voorregte
- Waarskynlik normaal vir Moses. Waarskynlik nie eers besef dat bevoorreg is.
’n Hebreër sou Egipte heeltemal anders ervaar:
- ’n Hebreër het nie veel keuses in lewe gehad nie.
- ’n Hebreër was gedwing om vir die Egiptenare te werk.
- ’n Hebreër is nie gerespekteer nie en daar is op hom neergesien.
- ’n Hebreër se vryheid was beperk. Nie opsies
- ’n Hebreër het geweet hy word onderdruk en geweet dat Egiptenaars bevoordeel is. Weet nie normaal.
Die Egiptenare was ‘in’ / ‘ons’; en die Hebreërs was ‘uit’ / ‘hulle’.
Moses is gesosialiseer as ’n Egiptenaar
Moses was as ’n Hebreër gebore. Maar Moses het ’n Egiptenaar geword.
Moses is gesosialiseer om homself as deel van die ‘ons’ groep te sien.
Slawerny, geweld, ongelykheid. Moses sou baie gou leer dat dit is soos dit is. Dit is normaal. Logies.
Ons is nie regtig wit nie. Ons is mense, medemense, broers en susters in menslike familie. Kategorieë van ‘wit’ en ‘swart’ is versinsels. Maar met baie konkrete gevolge.
Soos Moses is ons gesosialiseer om hierdie nuwe, artifisiële wit identiteit te aanvaar. Om dit toe te eien. Om dit as normaal te beskou. Om dit nie raak te sien nie.
Eendag … ‘gaan’ en ‘sien’ Moses
Maar, eendag, eendag gebeur iets besonders!
Ons lees daarvan in Eksodus 2:11:
“Toe Moses al ’n volwasse man was, het hy op ’n keer na sy eie mense toe gegaan en gesien dat hulle dwangarbeid verrig.”
Moses het waarskynlik al baie gesien hoe slawe geslaan en sleg behandel word. Hy moes geweet het van die stelsel van onderdrukking. Maar hy was gesosialiseer om dit as normaal te aanvaar.
Maar hier gebeur ’n wonderwerk; eendag, (rede?), gaan hy ‘na sy eie mense toe’ en sien hy ‘dat hulle dwangarbeid verrig’. Eintlik gebeur twee dinge:
- Hy ‘gaan’ na ’n plek waar hy al baie was, maar iets is anders. Hy gaan ‘na sy eie mense toe’. Iets het verander, Hebreërs word sy mense. ‘Hulle’ het ‘ons mense’ geword.
- En dan ‘sien’ Moses iets wat hy al baie gesien het, die Hebreërs is slawe. Maar iets het verander. Skielik is die slawe nie meer ‘hulle’ nie, maar ‘ons’.
Dit is verstommend.!
- Teen die mag van die heersende sosiale struktuur,
- teen sy sosialisering in,
- teen sy beste belang in.
En dit is hoe die Hebreërskrywer dit ook sien, verstommend:
- Hebreërs 11 ’n lys van geloofshelde. Doel van lys om te wys hoe geloof en volharding lyk. Geloof, lyk so! Volharding ter wille van Christus lyk so!
- Moses se ‘gaan’ en ‘sien’ is so radikaal dat die Hebreerskrywer dit met die “smaad ter wille van Christus” (v 26) in verband bring; honderde jare voor Jesus se geboorte.
- Die Hebreerskrywer maak dit duidelik dat Moses ’n morele keuse gemaak het:
- Moses kies om “liewer sleg behandel saam met die volk van God as om die kortstondige genietinge van sonde te hê” (v 25) – Bevoorregting ten koste van ander, is lekker, maar dit is kortstondig en dit is sonde.
- Moses kies “die smaad ter wille van Christus” eerder as “die skatte van Egipte” (v 26). – Hierdie morele keuse het gevolge; smaad of skatte.
- Vlg teks is hierdie keuse geloof. Geloof is ’n etiese daad. Geloof is om die bevoorregting as prins van Egipte ter wille van God se mense af te lê.
- Moses het ’n bekering
- Moses se bekering raak sy beursie. Hy verbeur “die skatte van Egipte” (v 26). Opregte bekering raak altyd ons beursies.
- Moses gaan staan in solidariteit met die Hebreërs. ‘Hulle’ word ‘ons mense’.
- Jesus, Fil. 2:6-8:
“Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan die mense gelyk te word.”
Die verband tussen Moses en Jesus:
- Jesus het vir ons kom wys dat God in volle solidariteit met ‘ons’ is.
- God word deel van ‘ons mense’.
- Ons is ‘God se mense’
- Jesus, kom staan in solidariteit met ons.
Moses se ‘gaan’ en ‘sien’ kom neer op ’n keuse van solidariteit met sy mense. En hier is die kern van my boodskap:
- Die oplossing van die bose ‘ons-hulle’ ‘wit-swart’ skeiding in ons land is dat ons ‘gaan’ na ons eie mense en ‘sien’ hoe hulle dwangarbeid verrig.
- God vereis van ons dat ons ’n bekering
- Ons geloof vandag in SA vra vir ’n morele besluit teen eiebelang.
- Hoe lyk geloof in ons omstandighede? Om in volle solidariteit met ‘hulle’ te wees en te leef.
- ‘Die smaad ter wille van Christus’ is dat ‘ons’ ‘hulle’ word.
Volmoed retraite: Paar wit predikante, swart jeug leierskapskool.
Geleentheid om te gaan, na my mense toe, en nuut te sien vanuit ’n posisie van solidariteit. Deel stories, ‘humanization’, breek ‘ons-hulle’ af.
Ek het die voorreg gehad om in solidariteit met Aphiwe na sy storie te luister:
- Township grootgeword het en altyd nuuskierig oor wit mense ws. Hy wou graag wit mense ontmoet en het op straat begin om wit mense te groet. “But they never greeted me back. I do not know if they thought that I wanted something from them. They ignored me and I gave up.” Uit ‘ons’ Egiptiese wit perspektief kan ons dit verduidelik (bang, waarskynlik bedelaar), maar as ‘hulle’ ‘ons mense’ raak dit breek dit jou hart.
- Aphiwe vertel hoe dit voel om te sien hoe hard sy pa moet werk vir geld wat nie eers genoeg is vir kos in die huis is nie. Aphiwe sê dit nie, maar ek kan sien dat hy kan sien hoe sy pa verneder en gebreek word. Uit ‘ons’ Egiptiese, wit perspektief kan ons dit verduidelik (ekonomie, ‘trickle down’), maar as ‘hulle’ ‘ons mense’ raak dit breek dit jou hart.
- Aphiwe vertel dat as hy en sy vriende deur die wit woonbuurte see toe stap is daar binne minute ’n sekuriteit voertuig wat hulle volg. Kinders wat see toe stap word behandel soos potensiële rowers. Uit ‘ons’ Egiptiese, wit perspektief kan ons dit verduidelik (veiligheid, wat soek hulle daar), maar as ‘hulle’ ‘ons mense’ raak dit breek dit jou hart.
- Aphiwe wonder oor die skeiding tussen sy woonbuurt en die woonbuurt langsaan. Hoekom is daar ’n hoë wal gegooi? Hoekom sit hulle heining op? Seker sekuriteit, maar ek sien dat dit pynlik is. Uit ‘ons’ Egiptiese, wit perspektief kan ons dit verduidelik (veiligheid, eiendomswaarde), maar as ‘hulle’ ‘ons mense’ raak dit breek dit jou hart.
As Aphiwe ‘ons mense’ word, my neef, my seun, my broerskind word, dan lyk dinge anders. Hoeveel sulke stories is daar nie in ons land nie?
Hebreërs 11 moedig ons aan om te gaan en te sien, om tot bekering te kom.
Kontemporêre gebeure
As ons, soos Moses, in solidariteit met ‘hulle’ begin staan en as ‘hulle’ ons mense raak begin ons anders dink en optree:
- Ashwin Willemse. Dis kompleks. Maar al my swart en bruin vriende op facebook het simpatie vir Ashwin se posisie gehad. Hulle het die situasie instinktief herken. Miskien, indien ‘hulle’ ‘ons mense’ was, sou ons meer begrip he..
- Uit ’n wit perspektief kan ons Apartheid regverdig. Dit was nie net sleg was nie. Daar het ook baie goeie dinge gebeur. Dit was ook nie sooo sleg nie. Kan ons dit nie, maar agter ons sit nie? Gesk is genuanseerd.
Wreed en onmenslik. Boos. Hoe kan ek dit sê? Gaan staan bietjie tussen die Hebreërs. Gaan kyk na die stukkende rûe. Gaan vat aan die swere van wonde wat nie genees nie. Gaan na die massagrafte. Gaan luister na die trauma van generasie na generasie se slaaf wees. Gaan kyk hoe mense gebreek is. Gaan sit by ‘ons mense’. Dan sal jy besef dat jy eerder moet stilbly. Dan sal jy nooit weer ligtelik oor slawerny praat nie.
- Gaan kyk na sogenaamde ‘black tax’ in volle solidariteit met die ‘belastingpligtiges’. Gaan hoor na ‘ons mense’ se stryd om te sien hoe hulle kans om voor te kom in die lewe deur hulle vingers glip ter wille van hulle familie. Hoe voel dit as ‘ons mense’ sien hoe hulle wit kolegas hulle volle salarisse op hulself kan spandeer, spaar, huiskoop, ens.; en dan nog nog groot erf. Hoe voel dit om steeds arm te bly al het jy alles reg gedoen?
- Hoe praat ons restitusie en grondhervorming as ‘hulle’ ‘ons mense’ word? Vanaand se diens.
En wat van ons?
Lief vir eie mense. Ek het ’n diep liefde en simpatie met Afrikaners. Dit my mense. Daarom bring ek hierdie boodskap. Ter wille van ons.
Die ‘ons-hulle’, ‘wit-swart’ stelsel dehumaniseer ons. Dit beroof ons van ons menslikheid. Dit is sonde en sonde lei tot dood.
As ‘hulle’ ‘ons mense’ word, doen ons God se wil. Volg ons Jesus. Het ons, ons naaste lief soos oneself. Ons menswees herstel. Ek kan persoonlik getuig!
My boodskap mag soos slegte nuus voel. Ek verstaan –boodskap van selfverloëning.
Maar die boodskap is goeie nuus: Verlossing. Nuwe lewe. Vermensliking
Heb. 11:24-27
24Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter.
25Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê.
26Die smaad ter wille van die Christus het hy ‘n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het.
27Omdat hy geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede van die koning bang was. Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.
Mag ons volhard in hierdie land soos mense wat die onsienlike God sien.
getuienis, Hebreërs 11, preek, rassisme, versoening, Wimke Jurgens