Skip to main content

Jes 63 – Son 13 Sept 09 – As God ver is

Verwelkoming
Afkondigings

Toetrede Lied 153 Koor verse 1&2, Gemeente vers 3 (sit)
Gebed vir die Kerk
Dowes:
Ons Hemelse Vader
Ons bid voor U
Dankie dankie vir alles wat U vir ons gedoen het
Ons NID bid vir die gemeente
sodat hulle kan ryklik seen deur God die Vader
Here, Ons bid ook vir leiers
lidmate wat deur die Here dien
sodat hulle vol vreugde kan vind,
sodat hulle kan versprei
God se woord
in die naam van Jesus Christus alleen.
Amen
Seëngroet

Dankoffer as aanbidding Koor:  Ons vind ons krag in die Here

Aanroeping 
Fokus vanoggend afwesigheid van God,
wanneer God ver
Baie daarvan in Bybel,
veral Psalms,
daarom nie tradisionele lofsang,
aanroeping.
As tans voel God ver,
kry situasie in gedagte,
maak roeplied tot God:
Ps 143 (staan)
Ps 44 (gemeente en koor) (sit)

Gebed

Kindertyd
Video – baie moeilike oefening, hard konsentreer.
Eers:  wie beter, seuns of meisies?
Seuns en meisies verskil,
een groepe beter oefening as ander.
Mense in swart hemde en wit hemde,
bal heen-en-weer gooi.
Tel hoeveel keer mense in wit hemde bal heen-en-weer gooi.
Nie weggee terwyl kyk!
Moeilik!
Wie gaan beste – seuns of meisies?
Grootmense ook!
(Onthou nie weggee!)
Tel:  hoeveel keer mense in wit hemde bal heen-en-weer gooi.

Iets interessant gesien?

Hou van stories uit Ou Testament,
God praat brandende bos,
see oop kloof.
Julle ook soms spyt God nie meer so praat?

Ken storie van Samuel?
Slaap, hoor stem,
dink Eli,
gaan vra,
sê nee – drie keer,
Eli besef God.
Vierde keer Samuel antwoord.

Soms God tog daar,
praat met ons,
maar ons sien nie raak,
want besig ander goed te kyk –
soos netnou vir mense wit hemde kyk,
dalk nie gorilla gesien.

Kan op verkeerde plek kyk, vir verkeerde goed,
dan nie vir God hoor praat.

Hoe praat God?
Uit Bybel,
ander gelowiges,
As lees, vra help dink:  wat sê God vandag?
In Kerk.

Skriflesing 
Jesaja 63:11-16  (eintlik 7-64:12, net hierdie lees, enkele verse verder)

Preek
Reeks Godsbeelde,
vandag miskien vreemd – as God ver.

Gevoel dat God ver gereeld in Bybel –
veral in Psalms kry gevoel van gelowiges
na wêreld om hulle kyk
en voel asof God weg is.

Ps 22:
My God my God,
waarom het U my verlaat?

Ps 88
Waarom verstoot u my, Here
Waarom trek u u van my af terug?

Ps 44
Waarom draai u u rug vir ons?
Waarom steur u u nie aan ons ellende en smaad nie?

Ps 143
Antwoord my tog gou, Here,
ek is heeltemal gedaan.
Moet tog nie van my af wegkyk
dat ek word soos dié wat sterwe nie.

Asof gelowiges na lyding en swaarkry in wêreld kyk
en dit voel asof God gesig weggedraai het.
Ons OT volgorde boeke Septuagint – Griekse vertaling
Hebreeuse kanon:
• Genesis,
• Tora (1e vyf boeke)
• Vroeë profete
• Latere profete
• Geskrifte
• Kronieke
• Esre
• Nehemia
• Meggilot
• (sien Joernaalblad) –
• eindig Ester.

As mens in die volgorde lees,
lyk asof God teenwoordigheid geleidelik afneem.
Wanneer Ester – laaste boek van Hebreeuse Bybel – lees,
God se naam nie een keer genoem.
Waar God Genesis / Eksodus dramaties teenwoordig,
in Ester dramaties afwesig. 

Na bevryding uit Egipte raak direkte kontak met God al minder.
Na Sinai praat God nooit weer met die hele gemeenskap
met stormwind en donderslae.

Na boek Josua verdwyn vuurkolom, wolk en manne –
sigbare tekens God teenwoordigheid.

Laaste persoon aan wie God self openbaar,
Samuel.

Laaste persoon aan wie God verskyn,
Salomo.

Laaste openbare wonderwerk met vuur as teken God teenwoordig,
1 Kon 18,
God verskyn aan Elia 1 Kon 19.

Maar in 1 Kon 19 is God nié
in stormwind,
of aardbewing
of vuur,
maar in stilte.

Aan einde van Konings
sien ons hoe enigste sigbare kommunikasielyn met God,
tempel –
waar ark is,
wat in woestyn simbool was van God teenwoordigheid,
deur Babiloniërs vernietig word,
self in vlamme opgaan.

In daardie tyd praat God nog deur profete,
maar ook dít eindig ná die ballingskap. 
Waar teks van vanoggend lees,
nostalgie na tyd God see opgekloof,
berge verbrokkel
vuur wat hoog vlam…

nou ervaring dat God self verberg.
OAV v 6:
U het u aangesig vir ons verberg.

So sien hoe volk se ervaring van God teenwoordigheid met tyd ontwikkel:

Eers God in wonderwerke,
manna, wolkkolom, vuurkolom.

Later God teenwoordigheid aan Ark verbind,
of gesê dat God in tempel woon.
Beteken dat God teenwoordigheid aan plek gekoppel,
wat natuurlik uitgebreide godsdiens met priesters en rituele tot gevolg gehad,
wat mense gehelp in teenwoordigheid van God leef.

Wat dan hier gebeur,
is dat klem skuif in hoe mense God teenwoordigheid ervaar:
God nie meer direk teenwoordig,
word deur mense bemiddel.

God werk deur mense soos priester,
koning,
profete,
tussenganger tussen God en mens. 

In tyd tussen twee testamente,
nadat tempel verwoes,
nog verdere skuif:
God teenwoordig in studie en aanbidding.

God dus teenwoordig in studie van heilige geskrifte,
uitlegging en worsteling met Tora.

Vir ons,
God geopenbaar in Immanuel,
God met ons,
Jesus.

Wanneer Jesus terugkeer na sy Vader,
stuur Gees,
is God deur Gees by ons teenwoordig.

Is hoe verstaan van God teenwoordigheid oor eeue ontwikkel.

Maar is so dat ook ons,
wat bely God teenwoordig deur sy Gees,
dikwels ervaring het dat God afwesig is,
sy aangesig vir ons verberg,
om woorde van Jesaja te gebruik.

Soos daardie liedjie jare gelede gewild:
From  a distance:
From a distance, there is harmony,
From a distance we all have enough,
and no one is in need.
And there are no guns, no bombs, and no disease,
no hungry mouths to feed.
God is watching us. God is watching us.
God is watching us from a distance.

Deur eeue – millennia
worstel gelowiges met ervaring van God afwesigheid.

In mistieke tradisie selfs naam gegee aan hierdie ervaring:
Donker nag van die siel,
n.a.v. gedig deur St John of the Cross.

sê dat minstens ‘n kwart van gelowiges
deur hierdie donker nag van die siel gaan.

Soms is dit tydelik,
soms kan vir jare aanhou.
Vir die Heilige St Paul of the Cross
het dit vir 45 jaar aangehou.

Na haar dood,
was ons geskok om te hoor dat ook Moeder Teresa
in hierdie donker nag geleef het –
van 1948 tot 1997,
met kort tydjies van lig tussenin.

Feit is,
hierdie belewenis dat God jou skielik verlaat het,
redelik algemeen.
Sommige lys dit selfs as deel van fases van geloofsontwikkeling
(joernaalblad).

Wat natuurlik vir Israel so erg maak –
en vir ons:
Leef vanuit veronderstelling God teenwoordig,
glo – wéét dat God nooit afwesig,
altyd
in alles teenwoordig…
maar wanneer om rondkyk,
beleef teendeel.

Lyk asof hierdie ervaring van God afwesigheid,
gewoonlik ontstaan vanuit krisis –
vir Israel spesifiek Ballingskap.

Ook vir ons kom hierdie donker nag
ervaring God ons vergeet,
dalk selfs verwerp –
dalk ontydige dood van geliefde,
uitgerekte siekte,
onregverdige behandeling.

Is natuurlik ook so dat hierdie afwesigheid van God
soms die gevolg is van gelowiges se sonde,
nie omdat God gesig weggedraai,
maar omdat gelowiges van God af weggedraai het.

Lees in Woord dat God vir goddelose generasie
gesig verberg
sodat kan terugkeer na hom,
juis sodat hom soek. 

Maar óók so
dat God dikwels teenwoordig is
ons hom nie sien
omdat op verkeerde plekke kyk.

Soek God in aardbewings
en vuur
en donderweer…
terwyl God in stilte is.

Soek God in wonderwerke,
oorwinning,
terwyl God in nood is,
waar mense swaarkry
of onderdruk word.

Godsbeeld veroorsaak soms
dat dink moet goed gaan waar God teenwoordig is,
as dan nie goed gaan,
God nie teenwoordig.
Soek God dus in voorspoed.

Maar God juis aan kruis,
daardie uiterste simbool van Godverlatenheid,
waar God self uitgeroep het:
My God, My God, waarom het u my verlaat?

Kan ook wees dat te haastig is,
Ken uitdrukking:  hoe meer haas, hoe minder spoed.
Dat verwag God moet self nóú,
vandag, openbaar.
Nie kan bly wag,
wanneer God nie onmiddellik sien,
weghardloop,
aangaan iets anders.
Hans du Plessis gediggie:
Nou kyk ons nog in ‘n donker spieël
en ons draai om
en vergeet wat ons gesien het.

Al hierdie dinge kan redes wees waarom ons ervaar God ver is.

Maar wil nog ‘n opsie voorstel:
dalk ervaar soms dat God ver is,
omdat God ver ís.

God is tegelyk naby én ver
teenwoordig én afwesig.

Dit is deel van unieke aard van God –
is nie afgod wat in klip of hout kan vasvang.

Wanneer in Bybel uitgebeeld in vuur en wolkkolomme:
iets wat mense kan sien,
maar steeds iets mense nié kan vasgryp.

Moses antwoord:
“Ek is”,

Selfs wanneer Moses vra God gesig sien,
nie God gesig,
slegs heerlikheid.

Selfs tydens diepste Godservaring,
blý God se gesig verborge.

God ontwyk altyd menslike begrip,
kan daarom ook nie deur mense gemanipuleer word nie.

Dis hoekom Martin Luther soveel waarde geheg
aan God verborgenheid
(Joernaalblad skakel na artikel)  –
want dis ‘n integrale deel van God se vryheid.

God se verborgenheid verhoed dat enigiemand God kan beheer of misbruik.

Pascal gesê:
‘n Godsdiens wat nie bevestig dat God verborge is nie,
is nie eg nie. 

Maar hoe dan gemaak met hierdie verborgenheid van God,
as om rondkyk
sien oorloë
korrupsie
M.I.V. & Vigs,
armoede…

As leef in donker nag van siel…

As tot God roep,
en voel nie hoor,
gesig van jou af weggedraai…

Wat dan? 

Coenie Burger sê drie kort woordjies,
soveel inhoud.

Eerste ding doen:
WAG.

Nie opgee,
aanhou soek.

BLY in donker nag van siel,
nie aandag verplaas,
Volhard.

Met geduld
én met ongeduld.

Psalms – ongeduldig,
roep tot God,
soebat

Tweedens:
GLO

Interessant, wanneer Israel God afwesig beleef,
hou nie op om met God te praat nie. 
Hou aan roep,
aan probeer aandag trek
God herinner nog altyd vir hulle God was.

Bly Skeppergod,
bly God van verbond
bly verlosser.

Beteken dat ‘n mens –
deur God se genade –
kan leer om mét jou vrae te leef,
daarmee saam te leef,
sonder om vinnige antwoorde te kry,
én sonder om bitter en hard te word,
te bly glo, te midde van vrae.

Derdens:
WERK.

Moeder Teresa:  God vir haar opdrag gegee.
Miskien nie gereeld weer van God gehoor,
voortgegaan opdrag uitvoer. 

Ons weet wat God van ons verwag.
Al beleef nie God teenwoordigheid direk,
al voel omring deur donker nag van siel,
kan steeds doen God van ons vra.

En proses,
dalk,
teenwoordigheid van God vir iemand anders raak. 
Amen

Gebed
Lied 519
Seën
Lied 317

Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09

Tema

God is die Pottebakker – Sy hande vorm die klei van ons lewe (Hy is in ‘n intieme verhouding met ons)

God versamel ons voor Hom

  • Verwelkoming by die deure
  • Video oor die Pottebakker speel met ‘n CD – The John Michael Talbot Collection – A library of 35 favorite songs – Disk Two
  • Verwelkoming in kerk
    • Kinders, verjaarsdae, nuwes
    • Dankie vir almal wat gehelp het – Ian, Albert, Susan, Ursula, Rethie, Lynette vir die klei, Louise vir die wiel, Brenda vir die potte uitstalling, voorsangers, musiekgroep, graad 7’s.
  • Votum en Seëngroet

God praat met ons

God is Skepper

Die Bybel is ‘n biblioteek van beelde, ‘n magdom daarvan, wat manlik én vroulik is, wat persoonlik én onpersoonlik is (Vader en ‘n Rots), wat soms teenstrydig is (Vriend en Vyand), maar altyd dinamies en lewend teenwoordig.

Al hierdie beelde vir God is metafore, uitdrukkings wat vir God gebruik word, omdat dit ons ‘n konnotasie gee met iets wat vir ons bekend is.

Hierdie Godsbeelde is aannames oor God se karakter of sy aard.  Dit bepaal letterlik hoe ons Hom ervaar.  Walter Brueggemann: “The God you speak, is the God you get.”

Vandag praat ons oor God as Skepper.

Ons gaan daaroor sing, ons gaan daaroor praat en nadink, en ons gaan dit ervaar met die klei wat elkeen van ons in die portaal gekry het.

  • 472 Kom lofsing die Heer, loof Hom op sy troon – vers 1 en 3 staan

Tradisioneel word aan God as Skepper gedink in terme van sy Almag en verhewenheid – die God wat orde skep uit die chaos.

Ons gaan nou na ‘n PowerPoint kyk wat iets daarvan vir ons wys.

Terwyl die musiek speel (Psalm 91/Wedding Dance – John Michael Talbot – track 3), kyk na die PowerPoint en raak bewus van die grootsheid van God se Skepping.  Ons wil ons verwonder oor God en sy werk.

  • 509 Op berge en dale en oral is my God – vers 2 en 3 staan
God is Pottebakker

Die Bybel beskryf sy skeppingswerk egter ook in baie persoonlike terme.  God as Skepper word op baie plekke in ‘n intieme verhouding met mense en die wêreld en die hemel geteken.

Kom ons lees daaroor.

  • Gen 2:4b-7

Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie. 6Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.

Hier in Gen 2 sê die skrywer: “Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas”.  Die woordjie “vorm” is die woord wat gebruik word vir ‘n pottebakker terwyl hy die klei in ‘n voorwerp vorm.

Dit beteken dat Genesis aan  God as die Pottebakker dink.  Soos ‘n Pottebakker die klei vorm, só vorm God die mens.  God skep “hande in die klei” soos ‘n pottebakker.

En hierdie Pottebakker stel belang in alles wat ons doen of dink of ervaar.

Elke uur van elke dag van elke week van elke jaar stel God belang in jou lewe, sorg Hy vir jou, is Hy lief vir jou.

Nou, ek hoef jou nie te oortuig nie.  Vertel vir mekaar daarvan:

  • Vertel vir mekaar van ‘n keer wat julle God se liefde tasbaar ervaar het.
Inset oor die pottebakkerskuns

Om ons te help om oor God as Pottebakker na te dink, gaan ek julle ietsie meer vertel oor die hele proses van potte bak.  Terwyl ek ‘n bietjie meer vertel oor die pottebakkerskuns, maak solank julle houertjies oop en haal die klei daaruit.

Klei is ‘n heerlike medium om mee te werk.  Dit is lekker elasties en plooibaar, sodat jy allerhande voorwerpe daarmee kan maak.  Hierdie klei is van meel gemaak – julle kan die resep by Lynette kry.

Ek het kers opgesteek by ‘n pottebakker, David Moss, en die volgende by hom geleer.  En ek wil hê julle moet dit saam met my ervaar:

  • Klei moet goed gebrei word. Alle lugblasies moet uitgewerk word. Dit voorkom dat die pot bars as dit in die oond warm gemaak word.
  • Brei ‘n bietjie julle klei.
  • Voel julle hoe dit amper-amper kleef aan julle hande? Jy raak as’t ware deel van die klei.
  • Dan moet klei in die middel van die wiel geplaas word, anders kan ‘n mens nie ‘n ronde amper perfekte simmetriese pot maak nie.
  • Ons gaan egter nie met ‘n wiel werk nie. Louise Eksteen sê my, dat sy in elk geval verkies om sonder die wiel te werk.
  • Besluit op iets wat jy graag wil maak.
  • Ek gaan aan die einde vir die voorskoolse kinders vra om vir my te kom wys wat hulle gemaak het.
  • As jy wil, kan jy soos ek, net werk met die klei, en spontaan iets skep, net soos jou hande en die klei jou begelei.
  • Dit is hoe kreatiwiteit werk – die klei vra as’t ware dat iets spesifiek daarvan gemaak word. Die kleur speel ‘n rol. Die hoeveelheid speel ‘n rol. Hoe plooibaar dit is, speel ‘n rol. Hoe jy voel en waaraan jy nou dink, speel ‘n rol.
  • Wys vir mekaar wat julle gemaak het.
Die Pottebakker en jy

Nou ‘n mens moet versigtig wees om alles hiervan op God en ons van toepassing te maak.  Maar, kom ons dink ‘n bietjie hieroor na en verwonder ons aan God as Skepper, as die Pottebakker.

  • God is net so intiem by jou lewe betrokke as wat jy nou met die klei gespeel en daarvan iets gemaak het. Hy werk nie van ‘n afstand af met jou nie. Hy hou sy hand op jou. Hy is bewus van elke gedagte, van elke beweging, van elke besluit wat jy maak. Soos die Psamdigter sê, Hy omvou my van agter en van voor. En Hy gee om oor wat met jou gebeur. Niks wat met jou gebeur, is toevallig nie, en niks is onbelangrik vir God nie.
  • Daar is ‘n spontane interaksie tussen jou en God, tussen jou gawes en vermoëns en wat God daarvan kan maak. Dit is iets wat my van verlede week se teksgedeelte die meeste getref het. Die eerlike interaksie tussen Moses en God in die woestyn (Numeri 11). Jy kan maar praat met God, jy kan selfs verskil van wat God doen, en dit eerlik vir Hom sê. En Hy sal daarna luister, en daarop reageer. Uiteraard is dit Hy wat jou vorm, so sy wil sal altyd die deurslag gee. Maar reg deur die Bybel is daar gedeeltes wat ons oortuig, God verander dinge in reaksie op jou, en jou gebede, en jou wense en behoeftes. Jy kan Hom daarvoor vertrou.
  • Soms is daar ‘n groot stuk breiwerk nodig in jou lewe. Om jou voor te berei vir dié voorwerp wat God van jou wil maak. Niemand van ons hou van die druk van moeilike besluite of moeilike omstandighede nie. Dit sou masochisties wees! Maar, dit is nou eenmaal so, as die druk nie daar is nie, bereik ons minder. Van die groot leiers in die wêreld is dit waar, so sê navorsing by Harvard, dat hulle een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n tyd van stres en disoriëntasie gegaan het, waarna hulle gewoonlik meer kon bereik.
  • Daarom is dit so belangrik dat ek plooibaar in die hand van God se werk bly. Op die wiel, in sy hande, in gesprek met Hom, maar sonder om teë te stribbel, sonder om self te besluit wat ek wil word, maar in die interaksie met God te groei en te floreer. Dit is eintlik die heel belangrikste perspektief van alles. Sonder hierdie onmiddellike reaksie op God, kan ‘n mens nie ontplooi in die instrument wat God van jou wil maak nie.
En as die pot flop

‘n Verdere interessante ding van die klei, veral as jy met regte klei werk, is dat dinge nie altyd so voorspoedig gaan nie:

  • As dit flop op ‘n wiel, moet jy oor begin, maar jy kan nie dadelik nie. Jy moet eers wag tot die klei droër raak, voordat jy weer begin.
  • En as jou pot uiteindelik in die oond bars, eintlik ontplof, dan is dit nie klaar met die klei nie. Pottebakkers vat daardie stukkies, maal dit fyn, hulle noem dit “grog” en dan meng hulle dit met nuwe klei. Potte wat met grog gemaak word, is sterker potte. Nie dat dit sonder seerkry is nie. Die Pottebakker se hande gaan baie keer stukkend van die werk met die growwe, harde stukkies “grog”.

Kom ons lees twee gedeeltes wat hierdie aspek behandel.  Die eerste is:

  • Jeremia 18:1-6

Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

Jeremia leef in ‘n tyd van groot afvalligheid.  Polities het hulle verkeerde verbintenisse aangegaan.  Ekonomies het die rykes die armes uitgebuit.  In die regspraak was daar onreg en partydigheid.  En geestelik het baie Jode die uiterlike tempel-toegaan en die gee van tiendes nog nagekom, maar hulle hart was ver van die Here af.

Daarom waarsku die Here die volk deur hulle te herinner daaraan, dat die Pottebakker die meester is van die klei.  “Kan ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie?”  En spel hy die gevolge uit as hulle hulle nie bekeer nie.  “Wanneer jy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien ek af van die goeie wat Ek aan jou wou doen.”

Nou ons moet nie hieruit aflei dat die Here geen genade het vir die volk nie.  Hoegenaamd nie.  Hy sê immers, al het ek besluit om op te hou om die goeie aan julle te doen, en julle bekeer julle, sien Ek af van die straf wat Ek oor julle wou bring.  Bekering is wat die Here wil hê.

Maar Jeremia wil hê dat ons onder geen illusies sal wees oor wie God is en wie ons is nie.  En die geskiedenis het ons geleer dat die volk nie geluister het nie, en weggevoer is in ballingskap.  Hulle moes wag vir sewentig jaar voordat hulle weer die land Israel kon binnekom.

En die wonder is, dat dit nie net die volk is wat iets hieruit geleer het nie.  Die Here self het geweet, die tyd was ryp vir die koms van sy Seun, al sou dit hom ‘n vreeslike prys kos, die prys van menswording, van lyding en uiteindelik die dood.

Maar, die Here het geweet, dat daardeur kan Hy seker maak dat die potte wat Hy maak sterker sal wees.  Want Hy kon vir elkeen wat in Jesus glo, wat hulle lewens aan Hom verbind, die gawe van Sy Gees gee om binne ons harte die vermoë te kom gee om aan Hom gehoorsaam te kan lewe.

Dit is wat 2 Korintiërs. 4:7 ook sê. Kom ons lees dit.

7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

Al bly ons dus kleipotte wat maklik breek, is die krag van God self in ons binneste, sodat ons kan staande bly al word ons verdruk, al is soms verleë, al word ons vervolg.

En dit is die wonder van hierdie Pottebakker, die Skeppergod.  Hy gooi nooit tou op met ons nie.  Hy hou aan en Hy sorg dat daar ‘n uitkoms is.  Daarop kan ons reken.

Kom ons wy ons toe aan dié God.

  • 528 Leer my u wil, Heer, u doel met my – U, Pottebakker, met my, die klei – sit

Ons praat met God

  • Gebed – voorbidding, danksegging, items op aankondigings
    • PE Afrikaanse Opvoedingsfonds – 1,2 miljoen Rand
    • Kerkraad vir vergadering
    • Egskeiding – Divorce Care
    • Leiers vir Koffiekroeg en graad 6 kategese
    • Bloemendal – Seyesi gemeente uitreik – verf
    • Ramadan – bid vir insig dat U Moslems liefhet
    • Siekes – bid vir onsekerheid, vir krag met slegte tyding – dank vir beterskap
  • Dankoffers – graad 7’s en PowerPoint met ander aankondigings
    • Bid en sê dankie vir die dankoffer en die wyse waarop die Here ons seën die afgelope paar maande. Ons het ‘n oorskot op begroting!

God stuur ons uit

Onthou om julle voorwerpe vir my te kom wys.

Onthou om ‘n joernaal te neem vir gesprek by die huis.

  • Slotsang – 488 Helder skyn u lig vir die nasies
  • Seën
  • Amen – 314

 

Numeri 11:11-15 So 30 Augustus 2009

God is Voorsiener

 

Skriflesing:  Numeri 11:11 – 15, Joh 6:35, Mat 25:34 – 46

Deon Binneman

1. God se sorg in die Ou Testament

Dat die Ou Testament die beeld gebruik van ’n ma wat haar baba borsvoed om die sorg van God teenoor sy volk Israel uit te beeld, is vir ons besondere troosvol.  Wat ook al met jou gebeur, God sorg vir jou!  Dit was veral die geskiedenis van Israel na hulle verlossing uit die slawerny van Egipte in hulle 40-jarige trek deur die woestyn op pad na die beloofde land, dat hierdie pragtige beeld gebruik word.  God sorg vir hulle met manna en kwartels soos ’n ma haar baba versorg.  Die baba is volkome afhanklik van sy ma en die ma voorsien liefdevol dag vir dag aan al haar baba se behoeftes.

Ons teks in Numeri 11:11-15 sluit by hierdie gedagte aan.  Moses kla in hierdie gedeelte by God dat God hom die verantwoordelikheid vir hierdie volk gegee het.  Waarom het U die verantwoordelikheid vir hierdie hele volk op my gelaai?   Hy sê hy is nie hulle ma nie.  Het ek dan swanger geword en hierdie volk in die wêreld gebring, dat U vir my sê:  Dra hulle aan jou bors soos ’n oppasser met suigelinge doen …  Hy is nie hulle ma nie.  Hy kan hulle nie versorg soos ’n vroedvrou nie.  God is hulle ma, is die implikasie.  Hy weet hulle is op pad na die beloofde land wat oorloop van melk en heuning, maar iemand moet vir hierdie kinders padkos voorsien op die lang reis daarheen.  En volgens Moses is dit God wat die ma se taak moet verrig om hierdie baba te voed!

Dit is ironies dat Israel nie die gelukkige en tevrede baba is wat ons sou verwag nie!  Hulle kla gereeld oor baie dinge!  Die Here moes hulle maar in Egipte laat bly het.  Daar was daar ten minste genoeg water.  Die Here moes hulle maar in Egipte laat bly het.  Daar was daar ten minste genoeg kos.  Hulle het begin om hulle daaglikse versorging en kos as vanselfsprekend te ervaar.  Hulle het dit wat hulle het nie meer as God se sorg gesien nie, maar as iets wat maar vanself daar moet wees.

2. God se sorg in die Nuwe Testament

Maar dit is nie net die Ou Testament wat so oor God se sorg praat nie.  Die Nuwe Testament doen dit ook, en gaan selfs verder.  As Jesus Christus vir ons leer hoe ons moet bid, dan is een van die dinge wat Hy ons leer, is om te vir ons daaglikse versorging te vra:  Gee ons vandag ons daaglikse brood.  Hy is ons Voorsiener, Hy wil hê dat ons dit daagliks vir Hom moet vra.  Hy voed ons getrou sodat ons sterk en gelukkig deur die lewe kan gaan.

Maar Hy sorg nie net vir ons aardse brood nie.  Jesus maak nie die onderskeiding tussen die aardse brood en geestelike brood nie.  In Johannes 6 sê Hy: 
Dít verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee.  Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wêreld die lewe gee.”  Hulle sê toe vir Hom: “Meneer, gee ons tog altyd hierdie brood.”  Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

God sorg dus vir veel meer as net die aardse!  Hy sorg daarvoor ook.  Maar sy sorg is veel meer omvattend!  Hy sorg vir hierdie lewe maar ook vir die geestelike lewe en vir die lewe hierna!  Daarom is die Nagmaal in die kerk so ’n ryke simbool van God se sorg.  God sorg en voed, ook in die erediens tydens die Nagmaal, met die proebare en tasbare tekens van sy sorgende vergifnis – dit alles word opgeroep deur ’n klein stukkie brood en ’n klein slukkie wyn!

Maar die Nuwe Testament het ook baie ander mooi beelde en vertellings oor die sorg van God in Christus.  Dink aan die verhale wat vertel hoe Jesus vir honger mense kos gee – vis en brood.  Hy eet saam met sondaars, Hy vier die paasmaaltyd saam met sy dissipels.  God se voorsiening word voortgesit in Christus – Hy gee nie net brood nie, Hy IS die brood!

3. God se sorg is vir almal

Dit is belangrik dat Israel moes verstaan dat hulle nie God se voorsiening net vir hulleself kon toe-eien nie, maar dat God se sorg die hele skepping insluit.  Ook die diere is deel van God se skepping – Hy is ook hulle voorsienende God.  Dit sien ons duidelik in die skeppingsverhaal waar die aarde die opdrag kry kos vir mens en dier voort te bring.

4. Is dit ons ervaring?

Is die wêreld so ’n paradys waar almal, mens en dier, elke dag alles wat hulle nodig het maar net kry?  Of is dit eerder die beeld van luilekker land waar die gebraaide eend met die mes en vurk in die rug verbyvlieg en die ryp vrugte laag aan die bome hang sodat jy so op jou rug kan lê en ’n hap gee sonder om eers jou hand uit te steek?

Nee, ek glo julle ervaring is ook dat daar baie swaarkry, lyding en ontbering in die wêreld is, vir mens en dier.  Daar is ’n webwerf (http://www.globalrichlist.com/index.phpwat vir ’n mens ’n baie goeie aanduiding gee van die wye omvang van armoede in die wêreld.  ’n Mens sleutel jou jaarlikse inkomste in en daar word dan bereken hoeveel mense in die wêreld armer en ryker is as jy.  Hiervolgens is 99% van die wêreld se bevolking armer as ek en Sandra (’n dominee en ’n onderwyseres)!

’n Mens kan maar net ’n bietjie lees, jou oë so ’n bietjie oophou waar jy kom, dan sal jy sien dat daar baie mense in die wêreld is wat swaar kry.  Afrika, ons kontinent, is ’n goeie voorbeeld van ’n plek waar baie mense en diere honger en ontbering ken.

5. Waar is die voorsienende God dan?

’n Mens wil soms uitroep dat God moet verskyn om te sien wat met sy skepping gebeur!  Mense en diere gaan dood van die honger!  Mense en diere gaan dood van die dors!  Mense en diere gaan dood vanweë ander mense so optrede!  Die rykdom van die wêreld is so ongelyk verdeel.  ’n Klein groepie het so baie terwyl ’n groot groep so min het.

Waar is ons Voorsienende God wat die hele skepping kos gee in die praktyk?

6. ’n Ernstige gevaar!

Dit is riskant om ’n preek oor God se sorg in gemeentes te preek waar mense min of geen gebrek ken nie.  Wie van ons het al honger gaan slaap?  Die fiktiewe storie oor die laaste Franse koningin mag maklik op ons van toepassing wees.  Toe die gewone mense na die paleis opruk tydens die Franse rewolusie, het sy gevra hoekom hulle so kwaad is.  ’n Bediende het geantwoord dat hulle honger is, hulle het nie brood nie.  Waarop sy sou gevra het:  Hoekom eet hulle dan nie koek nie?  Sy kon die gepeupel se honger nie verstaan  nie!

Ook ons kan so maklik vir ’n honger mens sê God sal voorsien, maar jy troos eintlik maar net jouself.  Ek stuur die ander een met die belofte weg dat God sal voorsien sodat ek self nie iets hoef te doen nie.

7. Ons is God se hande!

Mat 25 is aangrypend!  Jesus gee hier die redes hoekom sommige die ewige lewe sal kry en ander  nie.  Hier staan:
 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.  Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei.  Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.  “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,  want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves;  Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’  Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?  En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee?  Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’  En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

As ons die ellende sien, is dit God wat afwesig is en nie sy belofte nakom nie, of is dit ons wat Hy sy hande en voete en oë en ore op aarde moet wees (letterlik sy liggaam!) wat afwesig is, of blind, of doof of so gewoond aan ander se nood geraak het, dat ons onbewus daarvan geword het?

Hoe dit in die praktyk gedoen moet word, moet elkeen vir homself in verantwoordelikheid voor God uitmaak.  As die antieke Egiptenare al besef het hoe belangrik geregtigheid, balans, moraliteit en ewewig in die samelewing is, hoeveel te meer moet ons as die liggaam van Christus wat sy sorg vir ons ken, hierdie beginsels nie soek en uitleef in ons wêreld nie?