Skip to main content

2 Sam 5 – Son 5 Jul 09

Verwelkoming & Afkondiginge

Toetrede   Lied 158: 1 en 3   (staan)

Votum  (Ps 123:1-3a)

Seëngroet

Lofsang  
Psalm 48:1 en 4  (staan)
Lied 190   (sit)

Doop   

Epiklese

Skriflesing   2 Samuel 5:1-10

Preek

Die Stad

Vertel storie van stad, eintlik verder terug begin as teks vandag, waar stad gevestig word.

Stad in Bybel byna eksklusief Kanaänitiese verskynsel.
Israeliete was nomadies, stamme.

Kanaäniet dan ook nie etniese term,
maar ideologiese term,
almal teen Israel se verbondsgeloof
en sosiale praktyke.

Praat stad,
metafoor, meer as blyplek.
Stad plek waar:
verdeling van werk, so

  • dat verskillende sosiale rolle en gevolglik ook klasse
  • magsverdeling, koning en amptenare bo
  • ekonomie van surplus waarde, waar “hoër klas” het wat leef van produkte werkersklas, lg leef hand tot mond.  Ekonomie nie gebaseer gebruikswaarde, maar surplus waarde.

Natuurlik presies wat Israeliete in Egipte beleef:
onderdruk, swaar werk, stede bou.
Uittog Egipte ook uittog waardes van stad.
Meer egalitêre gemeenskap (hoewel nie ver-romantiseer)
sterk klem op gemeenskap, mekaar versorg
ekonomie waar iets se waarde onmiddellike gebruikswaarde. 

Onder leierskap Josua hierdie gemeenskap dan gevestig,
Tipiese nomadiese leierskapsisteem,
stamme,
saam kom in tyd van krisis
lees in Rigters hoe Here spesifieke leiers opgerig,
met Gees toegerus,
tot taak weer afgehandel.

Maar dan begin mense vra vir koning.
En dis Samuel,
laaste van Rigters,
se taak om koning aan te wys. 

Nie so vanselfsprekend!
1 Sam 7-15 konflik duidelik sigbaar.

1 Samuel 8:11-17

 

Dawid

In hierdie tyd word Dawid oorgangsfiguur.

Weet Israel opgebreek 2 ryke,
wanneer teks lees,
Dawid reeds 2 Sam 2 heerser oor Juda gesalf.

Hier kom leiers Israel nou na hom –
Hebron, hoofstad Juda,
vra ook hul koning wees.

Motivering:
etnies (gemeenskaplike herkoms)
polities (sonder leier)
teologiese

Dawid aanvaar,
sluit verdrag
word as koning gesalf.

Baie belangrike woorde in vers 2:
Die Here het vir u gesê:
Jy moet vir my volk Israel ‘n herder wees; ja,
jy moet heerser oor Israel wees!

Heerser is nie koning,
is prins.
Waartoe God Dawid geroep,
HERDER
en PRINS –

volk versorg, God bly koning.

Belangrik in agterkop hou.

Hoe ook al sy,
Dawid briljante oorgangsfiguur,
uitstekende strateeg.

Neem Jerusalem in.
(Jerusalem = politieke naam,
Sion = godsdienstige naam)

Stad waarin Jebusiete reeds 1000 jaar woon!

Vreemde deel in teks oor kreupeles en blindes.
Jerusalem terrein almal vermy.
Niemand naby gewaag – spookstories en bygeloof.
Niemand het as strategiese plek gesien.

Volgens Rabbi was “blindes en kreupeles”
mismaakselbeelde van Jakob wat met engel geveg, kreupel.
Beelde was op manier gemeganiseerd,
westelike en noordelike stadsmure geplaas,
beweeg,
aardige geluide.
Vandaar spookstories.

Die Rabbi beweer dan dat Dawid besef het vrees veroorsaak deur hidroliese ingenieurswese, daarom dat hy die watertonnel inneem.

Maar Jerusalem baie strategiese plek:
Maklik verdedigbaar.
Geen verbintenis met spesifieke stam, neutrale stad.
Op grens tussen Juda en Israel,
meer sentraal geleë as Hebron.

Maar beste verstaan hoe Dawid brug slaan tussen stad en stamme,
kyk na priesters.

Priester taak in paleis hoofsaaklik om koningskap teologies legitimeer.

Dawid 2 priesters!

Een Abjatar:
Pa, Agimelek en hele familie deur Saul vermoor,
Dawid Abjater gered,
enigste oorlewende van familie.

Abjatar verteenwoordig ou stam-kultuur,
waardes van tradisie,
gemeenskaplike belang,
godsdiens van Tora,
Sinai tradisie.

Van Sadok weet nie veel.
Geleerdes beweer hy waarskynlik reeds Kanaänitiese priester in stad voor Dawid dit inneem.
Verteenwoordig dus “establishment”,
stad-staat,
met al waardes daarmee saam.

Maar hierdie balans tussen Abjater en Sadok,
tussen die Tora se gemeenskaplikheid
en toe-eiening van stad,
kon nie vir altyd gehou word.

Salomo

Toe Dawid sterf,
ontstaan diep konflik.

Dawid seuns:
Adonia,
ondersteun deur militaris Joab
en priester Abjatar.

Adonia en ondersteuners verteenwoordig meer tradisionele,
godsdienstige – Tora, gemeenskaplikheid,
stam-idee.

Ander seun Dawid:
Salomo,
ondersteun deur Profeet Natan
militaris Benaja
Priester Sadok. 

Soos weet,
Salomo hierdie stryd gewen,
onmiddellik broer Adonia en Joab doodgemaak.
Kan nie priester doodmaak,
dus verban Abjatar na tuisdorpie Anatot.

Sommige teoloë beweer hierdie oomblik –
Abjatar verban na Anatot,
draaipunt in storie van Jerusalem.

Metafories gesproke,
word die Tora-gewete verban,
met besliste keuse vir die toekoms van die stad,
stad sonder die gewete van Tora,
vry om eie voordeel na te jaag.

Verhaal van Salomo wel bekend.
Niks klein gedoen:
groot oorwinnings
groot harem
groot weermag
groot wysheid
groot geld
groot boubedryf
groot mag. 

Maar verhaal van Jerusalem onder Salomo nie net een van sukses.
Drie keer toekoms van stad deurskemer,
een keer omdat nie Tora onderhou (1 Kon 11:29)
een keer toe werkersklas in opstand kom (1 Kon 12)
en een keer toe belasting verhoog sodat “jong manne” gemakliker kan leef (1 Kon 12:10)

Onder Salomo het dinge in Jerusalem goed gegaan.
Maar op kante,
kon die wat oplettend is,
die dreigende mislukking reeds sien.

Profete

En so gaan stad voort –
vir 400 jaar!
Enige standaarde lang tyd regering!

Word al meer saak van bevoorregte elite.
Konings begin al meer gesag vir self toeëien,
namens God begin praat. 

Leef oortuiging geliefde stad altyd veilig sal wees,
• want messiaanse belofte in stad gesetel,
• tempel in stad waarborg God teenwoordigheid,
• ideologie van koning en tempel,
• idee dat volk God wil dank of wil vertrou,
dit in Jerusalem moet doen.

Maar die stem van Abjatar, verban na die dorpie Anatot,
kon nie stilgemaak word nie.
Herhaaldelik hoor ons dit in die stem van die profete,
wat so sterk teen die ideologiese aansprake van die stad gepraat het. 

Net twee profete uitlig:
Miga,
plattelander,
stem van die tradisie,
wat na stad kom,
praat spesifiek begeerte om te versamel.
Hoe hierdie begeerte om meer en meer te hê,
tiende gebod oortree.
Gesien as begeerte te versamel
gemeenskaplikheid, goeie buurmanskap, vervang,
kom daar moeilikheid.

Voorspel vernietiging van stad,
sien ‘n nuwe leierskap,
nie uit stad,
maar uit platteland,
leier uit Bethlehem, (Miga 5:2-4)
weer tradisie van gemeenskaplikheid laat posvat.

Dan, 100 jaar later,
kom profeet Jeremia.
Ook hy buitestander wat as verraaier van stad gesien word. 

Sê groot “as” oor stad se toekoms hang.
As weer na vreemdelinge, weduwees en wese omsien –
kwesbare, uitgelewerde randfigure,
soos wat verbond vra.

Jeremia gearresteer, hofsaak.
Hele stad teen hom, wil doodmaak.
Dan kom daar “leiers van die land”,
paar oudstes uit platteland
herinner stadsleiers aan profeet Miga,
Jeremia lewe word gespaar.

Interessante ding van Jeremia:
(1:1)  priester uit Anatot.
Hy behoort aan lyn van Abjater,
Abjatar, wat verban was deur Salomo,
se stem kon nie stilgemaak word nie.
Praat weer,
herinner stad aan plek waar vandaan kom,
aan verbond,
aan opdrag om na bure om te sien,
aan gemeenskaplikheid van Tora. 

Die Stad Val

En dan gebeur die ondenkbare:
die stad val.
Die tempel- en monargiese ideologie van
selfbelang
en self-sekuriteit
en self-voldaanheid,
word vernietig. 

Oomblik word op mees dramatiese wyse deur Esegiël uitgebeeld.
God maak vir Esegiël stom, sal nie kan praat voordat stad val (24:25-27).
En dan val die stad,
en Esegiël kan weer praat!

Die verlies aan die stad
is ook die herwinning van ‘n stem,
maak die na wie niemand geluister het nie,
weer hoorbaar
sodat hulle die waarheid kan praat.

Volk reageer eerstens deur te treur oor val van stad –
belangrike deel van enige oorgang, Deon verlede week gesê.
Lees daarvan Psalms, Klaagliedere.

Maar in klag word saad van hoop gebore.
Israel onthou hoe God in verlede gesorg,
onthou God genade, liefde.
Keer terug na God,
na Tora,
na omgee vir mekaar,
onthou dat geseënd is, sodat volke kan seën.

En te midde van verlies,
begin belofte hoor dat stad herbou sal word. 

In die tyd herinner Esegiël volk dat God goeie herder is (34:11-16),
dat God hulle genadig sal wees.

Stad word herbou

En dan, uiteindelik,
begin die herbou proses,

Nehemia, ‘n amptenaar met goeie posisie,
hoor van toestand Jerusalem en huil.
Verkry ondersteuning Persië
en begin stad herbou.

Sekere dinge maak herbou van stad moontlik:
1. Ezra doen Tora.  Herwin identiteit as volk van God.
2. Nehemia stel ernstige finansiële hervorming in,
oa rykes wat rente vra vir armes.
3. Ezra stel Sabbat weer in, simbool afhanklikheid van God,
nie te veel versamel, net genoeg, God sorg.

Jesus

Nou lang tydperk in geskiedenis van stad oorslaan,
tot plek wat weer aan Miga profesie herinner:

 (5:2) Maar jy, Betlehem-Efrata,
 jy is klein onder die families in Juda,
maar uit jou sal daar iemand kom
wat aan My behoort
en hy sal in Israel regeer.
Sy begin lê ver terug,
in die gryse verlede!

Weer koning uit nageslag van Dawid.

Hierdie koning by uitstek Herder.
Nie regeer met mag,
maar met liefde en aanvaarding.
Nie blindes en kreupeles wegjaag,
maar genees.

Nie aandring op belasting en status,
maar volgelinge se voete was.

Hy regeer nie met mag nie,
maar deur te sterf aan ‘n kruis.

Jesus kom herinner die volk hoe koningskap werklik lyk,
wat die ware waardes van die koninkryk van God is. 

Hy kom draai die stad se idees oor wie in en wie uit is, om.
Prostitute, tollenaars, kindertjies.

Hy verwerp waardes van versameling,
herinner God sorg,
verkoop al jou goed en gee aan armes;
skatte in hemel. 

Herinner waardes van Tora,
naaste kan selfs Samaritaan wees.

Liefde, genade, geregtigheid, diensbaarheid…
dít is toe die hele tyd die waardes van die stad!

Jesus hele bediening stuur af op Jerusalem.
Heel tyd op reis – op reis na Jerusalem,
die stad waaroor sê:
Lukas 13
33  In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit,
want dit is ondenkbaar dat ‘n profeet op ‘n ander plek as Jerusalem omkom.
34  “Jerusalem, Jerusalem!
Jy wat die profete doodmaak
en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is,
hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak
soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke,
maar julle wou nie!
35  Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat.
Maar Ek sê vir julle:
Julle sal My sekerlik nie sien nie
totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep:
Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”

En die stad?
Hoe reageer sy op die koms van die koninkryk?
Sy reageer deur die herder en koning te kruisig!

Die Koninkryk van God

Wat my bring by ons,
gelowiges,
koninkrykstyd
burgers van koninkryk van God,
voor enige ander lojaliteit,
enigiets anders waardes bepaal,
eerste plek waardes van koninkryk van God,
soos geleef deur Jesus.

Belangrik dat verhaal van stad hoor,
kennis neem,
eie waardes in oënskou neem.

Dink waardes waarmee ons leef,
as gemeente,
as gemeenskap.
Waardes waarmee kinders grootmaak,
waarmee besigheid doen,
waarmee politiek bedryf.

Waardes van stad en van koninkryk helder sien,
en kies.

Stilte – oordink

Verootmoediging  Lied 479   (sit)

Gebed

Dankoffer

Slotsang   Lied 467   (staan)

Seën
Lied 312

2 Sam 1:1, 17 – 27

Normal 0 21 false false false AF X-NONE X-NONE

Teks: 2 Samuel 1:1, 17 – 27

Deon Binneman

Hoe het die helde geval!

Dit is die Derde Sondag in Koninkrykstyd. In hierdie tydperk in die kerklike jaar fokus ons op Christus as ons Koning wat oor ons regeer. In hierdie teks waar dit handel oor die oorgang tussen die mislukte regering van Saul en dié van Dawid, gaan dit oor Dawid se rousmart as hy verneem dat Saul en sy goeie vriend, Jonathan, in ’n veldslag teen die Filistyne, dood is.

Ek sou graag wou hê dat ons vandag aan hierdie twee aspekte wat in die teks aan die woord kom, sal vashou, naamlik aan die een kant rousmart en die gepaarde handeling van rou wat daarmee gepaard gaan, en aan die ander kant oorgange in die lewe en die geloof dat ons Koning met die geskiedenis op pad is.

1           1.  Rousmart en die gepaarde handelinge van rou:

Ek werk die afgelope tien maande met ’n jongerige vrou wat haar man skielik in ’n tragies ongeluk by sy werk verloor het. Hulle was kinderloos en het mekaar al ontmoet toe hulle nog baie jonk was. Hy was haar alles. Wat besonders is in my saamstap op hierdie pad van rou wat sy nou loop, is dat sy op ’n besondere manier in kontak met haar emosies is en baie geartikuleer daaroor kan praat en skryf. Die afgelope tien maande het sy haar die ruimte gegun om ten spyte daarvan dat dit vir haar moeilik was en by geleentheid baie hartseer, alle foto’s en video’s van hulle twee saam, te gebruik om hulle lewe en hulle saamwees op DVD vas te lê. Hierby het sy met groot sorg musiek wat vir hulle mooi was of spesiale betekenis gehad het, bygevoeg. Sy het ook baie bladsye vol geskryf oor haar herinneringe en gedagtes en emosies oor die afgelope tien maande. Verlede week het ek en sy weer ’n gesprek gehad. Toe ek haar vra of sy nog skryf, toe sê sy: Ek weet nie meer wat om te skryf nie. Ek is leeg geskryf. Ek kry die gevoel dat sy die pad van rou geloop het, dat sy op die drumpel staan om op te staan en weer die lewe in die oë te kyk.

Die Jode het ’n gebruik/ritueel om Shiva te sit, letterlik om vir sewe dae na ’n begrafnis te sit. Dan kom mense na jou toe om by jou as treurende te sit, hulle praat net as jy praat en natuurlik word kos gebring. Ek dink haar sewe dae kom nou tot ’n einde. Sy het haar die tyd gegun om Shiva te sit.

Dawid het hom ook die tyd gegun om te rou. Hy het oor Saul gerou, Saul wat as koning misluk het en wat hy as koning moes vervang. Ook oor Saul se dood is hy eg hartseer. En dan rou hy ook oor sy boesemvriend, Jonathan. Hy skryf ’n klaaglied, en hy gee die opdrag dat die lied aan die inwoners van Juda geleer moet word. Hy het geweet dat hulle as groep, as volk, dit ook nodig het om te rou. Want hier is hulle in die proses van oorgang tussen die regering van Saul en dié van Dawid. Al was Saul ’n slegte koning, het hulle hulle koning verloor. Hulle het ’n nuwe koning. Wat sal die toekoms inhou?

Ek onthou die dag toe ons gehoor dat die Eerste Minister, HF Verwoerd, vermoor is, baie goed. Dit was op 6 September 1966. Ek was 12 jaar oud. Ek onthou die verslaenheid, die onsekerheid. Ek onthou die koerante en die foto’s van die begrafnis … Die Movietone nuusprent in die dorp se rolprentteater van die kanonwa met die kis op, die militêre orkes, die stadige mars …

Die mense het gerou. Hoe lank hulle Shiva gesit het, weet ek nie. Dieselfde groepsuiting van die emosionele impak van verlies het ook met die dood van prinses Diana plaasgevind.

Tydens ’n gesprek wat deel was van ʼn GriefShare-kursus, loop die gesprek na die verliese wat die deelnemers al ervaar het. Hulle noem voorbeelde van die verlies van ’n huwelik en die beplande toekoms saam tydens ’n egskeiding. Hulle praat van die verlies van ’n mens se werk en die identiteitsverlies, die finansiële verlies, die verlies van ’n beplande toekoms wat daarmee gepaard gegaan. (In my eie lewe beleef ek die afgelope dertien maande wat ’n moontlike vroeë aftrede en die gepaardgaande verliese aan my doen – die komplekse emosies van hartseer oor drome wat moontlik nie gerealiseer gaan word nie, woede oor ’n mens se eie magteloosheid teenoor dit wat jy as onregverdig beleef, vrees vir onbekende toekoms, ensovoorts). Dieselfde gebeur dikwels met die hoor van die diagnose van ’n ernstige siekte. Mense ervaar die potensiële verlies van ’n lewe en dit wat jy aanvaar het die lewe vir jou inhou, ook as ’n rouproses. Ek wonder ook of ons nie soms die veranderde rol van die N G Kerk en die gebruike in die N G Kerk wat verander as ’n verlies ervaar waaroor ons behoefte het om te rou nie. Maar mense noem ook die onnoembare: die verlies van die bekende wêreld in 1994 tydens die politieke oorgang. Dinge wat verkeerd was, het skielik reg geword en dinge wat reg was, skielik verkeerd. Dinge wat seker was, het skielik onseker geword. Die bekende dinge was skielik weg. Nuwe dinge moes gewoond geraak word.

Het ons Shiva gesit? En hoe lank? Ek het ’n vermoede ons het dit nie openlik gedoen nie. Wat help dit ’n mens sit alleen, op jou eie, Shiva? Dit is moontlik waar dat ons in Suid-Afrika sit met opgehoopte ervarings van verliese en ontnugtering. Waar is daar ruimtes in ons samelewing waar dit vir ons verwoord word of waar ons ons eie pyn kan verwoord. Meestal beskou ons hierdie emosies as private aangeleenthede wat ons maar op ons eie deurwerk of meestal ontken.

Na 1994 het ’n deel van die land se bevolking die geleentheid gehad om te rou met die Waarheids- en Versoeningskommissie. Ek het baie gereeld na die radio-uitsendings van hierdie sittings geluister. Ek onthou die rou emosies wat gereeld na vore gekom het, van mense wat vir die eerste keer geweet het wat gebeur het en daaroor kon huil …

Wat gebeur as ’n mens nie jou rousmart tot uiting laat kom in handelinge van rou nie? Wel, mense ontvlug in die soeke na allerlei vorme van genesing vir die pyn. Hierdie ander maniere is dikwels nie suksesvol nie en dikwels destruktief.

2   .     2.  Ons geloof dat ons Koning met die geskiedenis op pad is:

Dit is baie maklik om na die wêreld se politieke situasie te kyk en te sê: Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. Ek moet bely ek is nogal geneig om so sinies te wees. Maar kan dit waar wees? Wat is die implikasie van so ’n uitspraak vir ons geloof in God? Indien ons met ’n Christelike oog na die gebeure om ons kyk, is die spreekwoord nie so waar nie. Want daar breek tog ’n nuwe era aan met Dawid as koning. En ’n nuwe era kom nie sonder hartseer en opoffering nie – Dawid moet afskeid neem van koning Saul en sy boesemvriend, Jonathan. Indien ons mekaar wil help om deur die pyn te werk sal ons ook in die publieke ruimtes soos eredienste moet praat oor die emosies van verlies. Dawid het die belang hiervan verstaan – self gerou, maar ook sy volk gelei om hulle ervarings van rou beter te verstaan en deur te werk.

Ons glo vas dat daar ook ’n radikaal nuwe era wat aangebreek het met die geboorte van die ander Een uit die geslag van Dawid: Christus die Here. En ons glo dat Hy ons Koning is. Ons glo dat Hy in beheer is, dat Hy regeer. Ons glo dat Hy weer kom, dat Hy alles nuut sal maak. Ons het ’n toekoms!

Kom ek lees vir u Psalm 130. Word stil, luister …

’n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here, 2 luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep. 3 As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? 4 Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien.

5 Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. 6 Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. 7 Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. 8 Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes.

Amen

1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09

Verwelkoming

Vadersdag – seuntjie beskryf dit as volg: “Dit is amper net soos Moedersdag.  Jy spandeer net minder aan die present vir jou pa.”

Om ‘n Pa te wees is vandag baie uitdagend.

Soos die 43 jarige Duitse pa wat van die tweede vloer van ‘n woonstelblok se balkon afgeval het en met ‘n helikopter hospitaal toe geneem moes word.  Hy was besig met ‘n spoeg-kompetisie met sy 12-jarige seun om te kyk wie die vêrste kan spoeg van die balkon af.  Om sy seun te wen, het hy te ver vooroor geleun en toe geval.

Twee stukkies raad:

  • Daar is net soveel plofstof in ‘n gemiddelde klapper (firecracker) as in ‘n geweerkoeël. Die klapper maak ‘n groot geraas, maar veroorsaak min skade. Die geweerkoeël maak nie net ‘n geraas nie, dit is ook dodelik. En die verskil is net: die koeël is in ‘n geweer se loop wat dit in ‘n sekere rigting fokus en die plofstof maksimaal aanwend. So – gebruik jou tyd vir gefokusde aandag aan jou kinders en konsentreer om een ding goed te doen.
    • Dit kan wees om ‘n rolmodel te wees vir jou kinders, waar hulle in jou teenwoordigheid kan sien hoe jy praat, ontspan, moeilike situasies hanteer, saam met jou vrou beplan en julle huislike verantwoordelikhede hanteer.
    • Of om hulle emosionele tenk vol te hou, deur met aandag te luister na hulle daaglikse uitdagings en daaroor saam met hulle te reflekteer.
  • En onthou in die tweede plek wat Jesus gedoen het. Hy het soms die skare weg gestuur om alleen by sy dissipels te wees en tyd met hulle te spandeer. Dit is dié tye wat die deurslag gegee het om die kerk te vestig en te laat groei, deur ‘n klomp manne en vroue wat in die nabye kontak met Hom lewensverandering ervaar het. Soms was dit so eenvoudig soos ‘n ete saam met hulle. Ander tye was dit ‘n stuk lering. Nog ander tye was dit die saamgesels oor wat belangrik is. Spandeer tyd saam met jou kinders, nie net deur saam met hulle te gaan kuier by ander mense nie, maar juis sonder ‘n klomp ander mense wat altyd ‘n mens se aandag verdeel.

Toetrede

Lied 158:1 – Bring my na u woning, Here – sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 185 – Kom alle volke (sing 3x in kanon, Groep I: middelblok; Groep II: gallery; Groep III: syblokke) – sit

Lied 198 – God is my lied – staan

Toewyding

Lied 200:1 – U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie – sit

Geloofsbelydenis

Kindertyd

Raaisel:  Wat lyk soos ‘n  olifant, is so groot soos ‘n olifant, maar weeg baie minder as ‘n olifant?

Antwoord:  Sy skaduwee.

Jou skaduwee is die een iets waarvoor jy nie kan weghardloop of wegkruip nie.  Jy kan dit nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie!

Raaisel 2:  Wat werk nog soos ‘n mens se skaduwee?

Die antwoord:  God.

Jy kan ook nie vir Hom weghardloop, of wegkruip nie.  Jy kan Hom nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie.

En die resultaat is – vreesloosheid.  Dis mos hoe jy is as jou pa by jou is!  Om alleen in die donker straat te loop, is vreesaanjaend, maar as pa saamstap, is jy vreesloos.

Daar is egter een plek waar dit vir jou lyk asof jou skaduwee nie meer by jou is nie en dit is as jy in die donker is!

Ja, om jou skaduwee te sien, het jy lig nodig en hoe skerper hoe beter.

Die Bybel beskryf die Here as die lig vir die wêreld (Joh 1).  As ons in sy lig lewe, dan  hoef ons nooit bang te wees nie, want dan is Hy soos ons skaduwee, digby ons.

Skriflesing

1 Samuel 17:57-18:5, 10-16

Woordverkondiging

Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid

Die skrywer sê vir ons in vers 16, dat die hele Israel en Juda was lief vir Dawid.

Hoekom?

1.  Die eerste rede was sy geveg met Goliat.

Abner bring hom juis hier na Saul toe, terwyl Dawid nog Goliat se kop in sy hand vashou.  Dit was ‘n defining moment in die lewe van Dawid en van die volk.  Die vrees vir die  Filistyne was verby – en Dawid was die man wat Goliat oorwin het.  Die volk kon weer kop optel, sonder vrees en vernedering, en met meer moed lewe.

2.  Die tweede rede was Jonatan se liefde vir hom.

Jonatan, die kroonprins, het Dawid omhels as sy boesemvriend.  Hulle het ‘n verbond gesluit, en Jonatan het sy mantel en uitrusting vir Dawid gegee, eintlik ‘n soort profetiese aksie, waarmee hy sy aanspraak op die troon en die weermag afgee. En ons moet onthou, Jonatan was self dapper en baie geliefd onder die volk, soveel so dat hulle hom op ‘n punt gered het, toe hy die koning se bevel verontagsaam het (hfst. 14). Jonatan se besondere band met Dawid het dus heel moontlik gelei daartoe dat die volk se agting vir Dawid gegroei het.  Dit is in elk geval heel onwaarskynlik dat Dawid dit sonder hierdie band met Jonatan sou gemaak het in die huis van Saul.

3.  Die derde rede was die verdere oorwinnings wat Dawid behaal het.

Saul het hom oral gestuur om te gaan veg, en Dawid was oral suksesvol.  Soveel so, dat hy die aanvoerder geword het van die manskappe, eerder as Abner.  En dit het twee gevolge gehad wat uiters betekenisvol vir die volk se toekoms was: 1) dat hulle van ‘n teokrasie na ‘n monargie kon skuif, wat natuurlik nie ‘n onbedekte sëen was nie, maar darem , en 2) ‘n eenheid tussen die 12 stamme kon smee.  Sonder Dawid se uiteindelike koningskap sou die volk moeilik ‘n eenheid kon word.

4.  Maar die belangrikste rede was die feit dat die Here by Dawid was, en nie meer by Saul nie.

Twee keer sê die skrywer: “Saul het bang geword vir Dawid omdat die Here by hom was” (:12) en “(Dawid het) in alles sukses behaal … omdat die Here by hom was.” (:14).

Wat leer ons uit Dawid se storie?

Een somernag was daar ‘n groot donderstorm terwyl ‘n mamma haar seuntjie in die bed sit. Sy was oppad om die lig af te skakel, toe die seuntjie in ‘n bewende stemmetjie vra:  “Mamma, sal jy nie die hele nag by my bly nie?” Die mamma het hom ‘n drukkie kom gee en saggies gesê: “Ek kan nie, skat. Ek moet in pappa se kamer slaap.”

Na ‘n lang stilte het seuntjie gesê:  “Die groot bangbroek!”

Vrese werk verlammend op mense van alle generasies in …

Vrees is ‘n lelike ding.  Ons het al almal vrees beleef. Dis ‘n natuurlike emosie, maar as dit jou lewe oorneem, werk dit negatief in op ‘n mens. Daarom bereik baie mense nooit hulle maksimum potensiaal in hulle lewens nie, omdat hulle nooit dit wat hulle die meeste vrees, oorwin nie.

“Vrees het ‘n groot skaduwee, alhoewel hyself maar klein is.” Ruth Gendler

“Vrees maak die wolf groter as wat dit is.” (Duitse spreekwoord)

Kyk Goliat was groot.  Hy was ook vir Dawid groot.  Maar in die oë van die volk het Goliat dimensies aangeneem wat buitensporig was.

Hoekom kon Dawid vir Goliat troef?

1.  Dawid het God raakgesien langs wie Goliat ‘n dwergie was.

Dawid was ‘n man van God, wat lewe in die groot wêreld van God en kan daarom die klein wêreld van bere en leeus en Goliat hanteer.

Ons moet leer om God raak te sien – volgende kwartaal gaan ons die hele kwartaal ons verwonder aan wie God is!

Dit het ‘n impak op ons ervaring van die gemeente, van ons finansies, van ons bediening, van die toekoms; en op ons ervaring van die kerk in die breë; en wanneer ons koerant lees of TV kyk oor die toekoms van ons land en wêreld.

Maar Hoe doen ons dit?

2.  Vrees word getroef deur naby God te lewe.

“Moed is net vrees wat begin bid het.” Anne Lamont

God moet so werklik vir jou raak soos jou skaduwee.

Jou ervarings in die gemeente en die gemeenskap moet met God deurgebid word.  Jou daaglikse lewe moet bepaal word deur jou daaglikse ontmoetings met God en met ander wat saam met jou die Here kan dien.

Vrees word getroef deur naby God te lewe!

3.  Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel.

“Hou jou vrese vir jouself, maar deel jou moed met ander.” Robert Louis Stevenson

Vir al die pa’s – dit kan ‘n ongelooflike fokus vir jou wees: deel jou visie op God met jou kinders.  Laat dít die ding wees wat hulle van jou sal onthou – want dit is ‘n legacy wat ruggraat gee in die moeilikste van omstandighede.

Daarom konfronteer hierdie bekende Bybelstorie ons met hierdie vrae:

  • Gaan jy gevorm word deur jou vrese vir die Goliats van die lewe óf deur God?
  • Gaan jy op jou knieë leef, naby aan God, gefokus op God?
  • Gaan jy jou visie op God deel, en so moed eerder as vrees versprei in hierdie wêreld?

Mag wie jy en ek is, bepaal word deur Wie ons in hierdie wêreld raaksien – God, want dis Sy plek dié én omdat ons Hom sien, gaan ons op ons knieë voor Hom en dit gee vir ons krag om daardie volgende tree in die rigting van Goliat te gee…

Gebed

Dankoffer

Aankondigings

Belydenisgroep kom HALF VYF (i.p.v. half 6) in KONSISTORIE (i.p.v. Women’s Club) bymekaar.    Ons gaan fliek “Luther” kyk.  Ander mense is welkom om by ons aan te sluit as hulle die fliek saam met ons wil kyk (maar moet hul eie springmielies en koeldrank bring).

Slotlied

Lied 286 – Here God van liefde, waar ons ook mag gaan – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Gemeentevergadering

Gemeente ete