Skip to main content

Dag 2 – Wie God is – 13/11/09

Lees Klaagliedere 3:37-38

Die verskrikking van Jerusalem se vernietiging was nog helder in Jeremia se gedagtes toe hy hierdie reeks van 6 klaagliedere geskryf het.  Tog is dit woorde van hoop eerder as wanhoop.  Dit herinner ons dat ons enigste werklike hoop die karakter en beloftes van God is.   Kyk na die karaktertrekke van God wat hier beskryf word.

Ons het 2 opsies:  of ons sien God se karakter in die lig van ons probleme, of ons sien ons probleme in die lig van God se karakter.  Eg. laat ons wegkyk van God na onsself.  Oordink hoe jy gewoonlik geneig is om na God se karakter en jou probleme te kyk.

Dag 1 – om afhanklik van God te leef – 12/10/09

Lees Matteus 6:25-34

Ons het almal meer as genoeg rede om ons te bekommer.  Jesus gee ons egter 6 redes waarom ons nie bekommerd hoef te wees nie:  1.  Dieselfde God wat vir ons lewe gee, kan sekerlik vertrou word om ook in ons ander behoeftes te voorsien.  2.  Die God wat vir voëls sorg, sal vir sy mense sorg – ons is immers baie meer werd.  3.  Bekommernis vermors energie sonder om enigiets te    verander.   4.  Bekommernis ignoreer die sorg wat ons reeds van God ontvang het.  5.  Ons is God se kinders.  6.  Wanneer ons bekommerd is oor môre, mis ons uit op vandag se gawes.  Bid vir die genade om op God te vertrou wanneer jy onder druk is.

Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel

Ek begin op 21 Oktober 2009 met ‘n 7 weke Bybelskool oor die boek van 1 & 2 Samuel.

Ons gaan kyk na die verhaal van Samuel, Saul en Dawid aan die hand van 4 hoofperspektiewe.

1.  As ‘n verhaal van oorgange:

  • van die laaste rigter na die eerste koning;
  • van ‘n koning wat sy eie pad volg na ‘n koning wat aan God gehoorsaam is;

2.  As ‘n verhaal wat fokus op die ware aanbidding van God:

  • waarin Jerusalem en die Ark ‘n belangrike rol speel.

3. As ‘n verhaal wat fokus op ware leierskap:

  • Die storie van die konings is die storie van die volk. Wat met hom gebeur, het ‘n direkte impak op die volk.  Daar is maar net een manier  om leierskap te beoefen, en dit is om met God rekening te hou en in afhanklikheid van Hom te lewe.

4.  As ‘n verhaal wat wys hoe karakter werk:

  • Die karakters in die boek is soos spieëls waarin ons ons eie lewens afgespieël sien, en in wie se lewens ons lewenslesse leer.
    • Eli se reaktiewe leierskap in sy huis, kos nie net vir hom en sy huis hulle lewens nie, maar veroorsaak baie pyn en donkerte vir die volk van Israel. Hy kon wel vir Samuel aan die Here wy, maar sy blindekol in terme van sy eie seuns, het gekeer dat hy hulle dissiplineer voordat dit te laat was.
    • Samuel weer was ‘n man van integriteit, wat met moed en wysheid die Israeliete gelei het van die Rigtertyd af tot en met die oorgang na die koningstyd. Hy salf beide vir Saul as Dawid as koning, terwyl hy steeds waarsku daarteen dat God nie as die eintlike koning geeër word nie. En hy nooi Israel uit om sy integriteit as leier te toets. Daarbenewens tree hy op as leier van die eerste profeteskool.
    • Saul illustreer baie van die gevare van leierskap. Sy mislukking as leier is ‘n klassieke verhaal van ‘n leier wat opgehou het om te lei, en sy magsposisie begin misbruik het vir sy eie belange.
    • Dawid wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. En in die tweede boek sien ons hoe Dawid se lewe blom weens sy gehoorsaamheid en dit ‘n ongelooflike bate vir die volk is. Maar na sy ongehoorsaamheid in hoofstuk 10, staan die res van sy koningskap in die teken van dissipline, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n hard leerskool vorm. Die een reddende eienskap van sy karakter, is dat hy telkens terugkeer na God in berou en boetedoening.

Program

Week 1 – 1 Samuel 1-7
Week 2 – 1 Samuel 8-15
Week 3 – 1 Samuel 16-23
Week 4 – 1 Samuel 24-31
Week 5 – 2 Samuel 1-7
Week 6 – 2 Samuel 8-13
Week 7 – 2 Samuel 14-24

Ek beplan om self die teks in my stiltetyd te lees en my insigte hier te publiseer. Kom kuier elke weeksdag hier – vir 7 weke van die 22ste Oktober af – om saam te gesels.

Ps 8 – So 4 Okt 09

4 Oktober 2009
Teks: Psalm 8

Wat is die mens?

Volgens die Duitse filosoof Immanuel Kant is hierdie vraag een van die basiese vrae van die mens in sy soeke na die sin van haar bestaan.  Wat is die mens dat U aan ons dink?  Dié vraag wat Psalm 8 stel, is gebore uit ontsag vir die grootsheid van God se Naam oor die ganse aarde. As die skrywer van die psalm die hemel aanskou, die maan en sterre waaraan God ’n plek gegee het, dan kan hy nie anders nie as om onder die indruk te kom van die nietigheid van die mens.  Die antwoord op hierdie vraag:  Wat is die mens?, is:  Niks!  Dit vestig die grondtoon van die psalm, naamlik verwondering. Die wonder is dat God bemoeienis maak met ’n nietigheidjie in die groot heelal.

As Dawid vra: Wat is die mens? dink hy aan die mens in verhouding tot God. Hy laat nie die klem op die mens self val nie, maar stel sy fokus op die mens voor en in verhouding tot God. Hy weet van geen selfgenoegsame, onafhanklike, abstrakte en geïsoleerde mens wat sonder God kan bestaan nie. Vir Dawid bestaan die mens alleen maar deur die goedheid en genade van God. Daarom kan hy met verwondering vra:  … wat is die mens dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

En dan volg die verbasing van die psalmskrywer in die tweede helfte. Die mens is eintlik self ’n soort God.  Dit staan letterlik só in die Hebreeus.  Maar wanneer Dawid die vraag na die mens vra, wil hy nie die vermoë van die mens beklemtoon nie, maar wil hy uitdrukking gee aan sy verwondering dat die Here te midde van sy wonderbare skepping die mens kon aanstel as die kroon van dit alles. Daarom sê hy in vers 4:  As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het…  Die mens heers oor die werk van God se hande. Alles op aarde, selfs die wilde diere, die voëls in die lug en die visse in die see is aan die mens gegee om daarvoor te sorg.  Die nietige mens dra die kroon van ’n koning. Ons word met aansien en eer gekroon. 

Die verbasing van Psalm 8 het vandag omgekeer in ’n soort vanselfsprekendheid. Die skrywer van Psalm 8 kan dit amper nie glo dat God tog nog aan die mens dink nie, dat God oor kinders en suigelinge besorg is nie. Vir ons is die plek van die mens in die skepping veel meer vanselfsprekend.  Dit is eerder God wat vir ons onvanselfsprekend geword het. Psalm 8 kyk op na die hemel en wonder: Wat is die mens? Ons kyk op na die hemel en wonder:  Waar is God?

Met die vraag: Wat is die mens? het ons veel minder moeite. Die mens, so argumenteer ons graag, is immers die kroon van die skepping. Ons is na die beeld van God geskape. Ons is geroep om te heers oor die skepping.  Ons het eintlik in ons eie oë verskriklik belangrik geword.

Tog vreemd dat as ons soms die slegste wat in die mens te voorskyn kom, probeer vergoeilik deur die uitspraak:  Ook maar mens …  Dit is juis verkeerd!  Ook maar mens moet gebruik word vir die ons mees verhewe moontlikhede.  Want ons is mos net ’n klein bietjie minder as ’n hemelse wese …

Ons wat net ’n klein bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak is, wat God se verteenwoordiger op aarde moet wees, wat moet heers oor sy tuin, hoe het ons gevaar?  Ons was veronderstel om vir die diere, die plante en die grond te sorg, om die aarde soos ’n goeie tuinier te versorg. Maar wat het ons nie aangevang nie!  Ons moet sorg vir die skape en beeste – en die varke en hoenders. Maar baie van hulle word deesdae in klein kampies ingehok, vetgevoer met ’n chemiese dieet en uiteindelik geslag. Diere word wreed mishandel en gepynig.

Ons heers oor die wilde diere van die veld deur hulle in wildparke te bewaar. Maar al die orige grond het ons vir onsself opgeëis. So asof een enkele spesie, die mens, ’n goeie reg het op 90% van alle benutbare grond. Talle dier-  en insekspesies sterf uit sonder dat iemand ooit van hulle bestaan geweet het.  Ons moet ook vir die voëls in die lug sorg. Maar oor die lug self is ons minder bekommerd. Ons pomp die lug vol petroldampe, want ons wil graag in ons motors, taxi’s en vliegtuie ry. Ons verbrand elke jaar tonne steenkool per persoon omdat ons energie nodig het – sonder om aan die gevolge daarvan vir ons eie longe te dink. Ons is letterlik besig om die samestelling van die atmosfeer self te verander. Daar is al hoe meer koolsuurgas in die lug as gevolg van al die energie wat ons verbrand en die bome wat ons afkap.  Oor die gevolge daarvan vir ’n oorverhitte planeet moet ons ons maar later bekommer.

Hoe vaar ons in ons verhouding met ander wat soos ons die kroon op God se skepping vorm – die ander mense?  Doen mense nie die mees afskuwelike dinge aan en met mekaar nie? 

Ons verdedig al hierdie dinge deur te redeneer dat dit ons Godgegewe roeping is om oor die aarde te heers en dit te onderwerp. Ons is immers die kroon van die skepping. Maar ons vergeet dat ons grootsheid juis in ’n insig in ons eie geringheid lê.  Die geringheid en die grootsheid van die mens.

Die ontdekking van die geringheid en grootsheid van die mens word omraam deur die lof aan God: O Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde  (Ps 8:1, 10). Dit is pas wanneer die psalmis nadink oor die almag van God dat die insig in die geringheid van die mens gebore word. Dit is pas wanneer die psalmis nadink oor die sorg van God dat die insig in die grootsheid van die mens gebore word. Nóg die nadenke oor die hemelruim nóg die nadenke oor lewe op aarde lei die mens vanself na God.

In die Nuwe Testament word hierdie insig op Christus van toepassing gemaak.  Dit blyk nêrens beter nie as in Pilatus se beroemde uitspraak in Johannes 17:5:  Dit is die mens.   Dit is pas in Jesus Christus dat ons die geringheid en die grootsheid van die mens ten volle begryp.  Dáár, by die kruis, leer ons wat dit beteken om as mens voor God te staan te kom. Daar sien ons die gevolge van ons menslike arrogansie en hoogmoed raak, miskien vir die eerste keer. Miskien kan dit ons vandag ook help om die ekologiese gevolge van ons menslike arrogansie raak te sien. Dan sal ons dalk begin leer om ons verantwoordelikheid teenoor skape, beeste, wilde diere, voëls en visse, en ander mense, raak te sien.

Ps 124 – Son 27 Sept 09

Verwelkoming & Afkondigings

Toetrede   Lied 179 (sit)

Votum (ps 123)
Seëngroet

Lofsang
Lied 516 (staan)
Ps 125 (sit)

Gebed

Skriflesing  
Ps 124
Preek
Iemand sê twee gebede meeste deur mense gebid:
Help, Here, help!
&
Dankie, Here, dankie!

Hierdie “dankie” gebed,
na die desperate hulproep,
dankie sê vir verlossing toe tog –
op laaste nippertjie –
gekom het. 
soos voël in wip gevang,
losgekom,
toe eintlik gevoel al te laat.

Natuurlik weet nie watter spesifieke situasie hier ter sprake. 
Daar tog baie kere wat getuig God volk verlos
van sekere dood,
magte van wêreld lyk asof oorhand kry.

Een helder in gedagtes opkom –
veral ook omdat hierdie kwartaal baie gelees van Eksodus –
is volk se verlossing uit slawerny.

Sien hoe volk swaarkry as slawe,
God opdrag gee volk bevry word,
Farao weier. 

Dan bring God Egipte op knieë met plae.
uiteindelik gee Farao toe. 
Volk kan maar gaan. 

Sodra volk vertrek,
verander Farao van plan.
Gee opdrag sy weermag Israeliete agtervolg. 

Staan Israeliete by see,
sien Egiptenare aankom,
hoor klank van groot weermag.

Soos in nagmerrie,
sien strydwaens,
perde,
soldate.

En hulle het geen wapens nie.

Vasgekeer,
letterlik tussen duiwel en diepblou see.
Kies:
swaarde van Egiptenare,
verdrink in see.

Bloedige volksmoord lyk verseker.
Mense raak paniekerig.
Skel op Moses:
Is nie genoeg plekke in Egipte begrawe te word?
Hoekom woestyn toe bring dood te gaan?
En dan,
wanneer alles verlore lyk,
gryp die Here in.

Stuur groot wind wat see in twee verdeel.
Sy mense loop op droë land,
maar wanneer Egiptenare probeer volg,
verdrink.

Bedreiging heeltemal vernietig!
Israel verlos!

Volk juig, sing, dans. 

Sou sekerlik op daardie stadium heelhartig met woorde van Ps 124 kon saam stem. 
Geweet as God nie by hulle was,
hulle vernietig sou wees.
Maar God ingegryp,
skielik,
ongelooflik,
alles verander.
Vry soos voël uit wip.

Natuurlik nie enigste verhaal in Bybel
wat pas in getuienis van Ps 124.
Keer op keer,
OT & NT,
wanneer dinge hopeloos lyk,
lyk asof vyand wen,
gryp God in,
bring verlossing uit dood.

• Abraham en Sarah kry op hoë ouderdom kind.
• Daniël in leeukuil. Sekere dood. Engele maak leeus monde toe.
• Petrus in tronk, in kettings, deur soldate opgepas.  God stuur engel, Petrus stap uit tronk.

Gebeur dikwels dat God handel in ons lewens
juis wanneer dinge op ergste lyk,
wanneer alles vir ons hopeloos lyk,
niks anders as God sê, mag kan red.

Daar is tye mense sê:
As God nie ingryp nie,
is alles verlore.

En dikwels gryp God in,
juis dan –
wanneer al wat ons oor het,
ons hoop op die Here is.

En natuurlike reaksie
is God te loof,
liedere soos Ps 124 te sing.

Maar in agterkop,
kan mens nie help te wonder:
as God mense uit sulke desperate situasies uithelp,
dan hoekom nie situasie in eerste plek verhoed? 

As God hele Egiptiese weermag kon verdrink,
vir Sarah op 90 ‘n seun gee,
leeus se bekke toemaak,
Petrus uit tronk bevry…
hoekom dan nie krisis geheel en al verhoed?

Kon nie keer dat Farao weermag agterna stuur?
Sarah nie maar op 20 swanger raak?
Petrus nie gearresteer?

En natuurlik, glo ons,
kon God dit doen.
Maar hy doen dit nie.
In stede daarvan om die situasie te verhoed,
laat God toe dat sy mense in verskriklike situasies beland.

As God dan vooraf weet dat volk gaan help,
hoekom plaas hy hulle in sulke situasies
van vrees
en twyfel
en bekommernis?
Hoekom mense deur soveel geestelike worsteling gaan?

Ongelukkig so dat ons in sulke situasies,
wanneer rug teen muur,
God se bedoelings verkeerd interpreteer.
Kan bv. dink dinge verkeerd loop,
omdat ons iets verkeerd gedoen:
het sonde gedoen,
of op manier God se doel vir ons lewens gemis. 

Ouers van moeilike, rebelse tiener:
waar verkeerd gegaan as ouer?

Christen besigheidsman wat bankrot raak –
het dalk roeping gemis?
wou God dalk gehad iets anders doen met lewe?

Iemand werk verloor,
sien as straf vir een of ander sonde gepleeg.

Vrou wie se man nie saam wil kom kerk toe –
dink met verkeerde man getrou,
nie God se wil was.

As ons omstandighede so donker is,
so hopeloos lyk,
dan geneig te dink ons iewers fout moes maak,
anders sou nie in hierdie situasie wees.

Moes êrens Here se stem verkeerd gehoor.

Maar dis nie waar nie.
Moses en volk Israel presies gedoen God van hulle gevra het.
En tog staan hulle daar,
met Farao se weermag wat op hulle af jaag. 

Swaarkry nie altyd teken dat nie binne God se wil is.
Ook nie teken van straf vir sonde – wat Jesus aan kruis gedoen.

Soms swaarkry juis OMDAT Christus volg. 

En selfs ons sonde
en verkeerde keuses,
kan nie God se planne omvêr werp.
God almagtig –
selfs ons foute
kan deel word God se plan. 

So, maak nie saak hoe hier gekom,
wat oorsaak is dat met rug teen muur staan,
uiteindelik dit tog ook deel God handeling met ons. 

Belangrik dit onthou,
Johan Ackerman:
God is acting in all things upon you,
so respond to all things
as though responding to God.

Want as hopelose situasie bv. sou beteken
dat ons God se wil gemis,
dan het ons nodig te verander,
terug te keer na vorige situasie. 

Wat is wat Israel wou doen.

Staan op rand van beloofde land.
Moses stuur spioene.
Wanneer spioene terugkeer,
op een na,
sê hierdie situasie hopeloos.
Land is inderdaad wonderlik,
maar inwoners te groot,
te veel,
te sterk.

Weer begin Israeliete kla:
as ons maar in Egipte gebly het,
kon liewer daar doodgaan.

Verstaan omstandighede verkeerd.
Sien hoe groot vyande is,
so besluit dat fout moes gemaak het. 
Dalk was leiers te blameer – Moses en Aaron. 

Hoe dit ook al sy,
hulle redeneer moet teruggaan.
Sê vir Farao dat jammer is,
vra mooi dat sal terugneem.

Natuurlik was reg in beoordeling van situasie:
mense van land was sterk, baie.
Maar was reg dat fout gemaak het deur Egipte verlaat?
Nee. 

God natuurlik nie tevrede met volk ongeloof.
Wil vernietig.
Moses tree in,
volk tog beloofde land in –
maar, en dit moet ons ook van kennis neem –
eers nadat 40 jaar in woestyn geswerf. 

Maar punt probeer maak,
hulle in hopelose situasie gedink terugkeer,
terwyl God eintlik wou gehad het vasbyt,
glo,
vertrou.

Waarmee nie sê mens nooit moet omdraai,
van rigting verander.
Wat wel sê,
is dat dinge soms anders is as wat voorkom.
Weë van die Here nie altyd so voor die hand liggend.

Soms reageer mense natuurlik op ander manier op probleme:
besluit dat God hulle verlaat het,
nie meer liefhet.

Maar net soos wat dit nie waar was van Israeliete,
ook nie waar van ons.
Ook wanneer rug teen muur,
situasie hopeloos lyk,
God steeds nie verlaat.

Wat uit Israel situasie sien,
uit weermag vs see,
woestyn vs sterk Kanaäniete,
is dat God dikwels situasie voorberei,
juis om sy mag aan ons te openbaar,
ons wys dat sorg,
dat magtig is om te bevry,
om uit wip uit te ruk. 

En dis natuurlik wat aan die gang was met Moses en Farao.

God verhard Farao hart,
sodat God mag kan wys
en Egipte kan besef dat Hy Here is.

Die hele ding is platform,
sodat God mag bekend kan word,
sodat volk mag kan sien,
kan weet kan op hom vertrou.

Soms ons moeilike situasies,
juis sodat kan leer dat God uitkoms gee,
dat God sorg,
dat God kan vertrou.

In proses leer ons God beter ken,
leer ons sy liefde ken,
EN groei ons geloof.

Nou vraag wat swaarste weeg,
min gaan sê
(wou eintlik hele preek)
Red God dan altyd mense?

Antwoord, natuurlik,
nee. 

As het,
sou geloof nie nodig gewees.

Hebreërs 11:
36  Ander weer
het bespotting
en lyfstraf verduur,
selfs boeie
en gevangenskap.
37  Gelowiges is met klippe doodgegooi,
in stukke gesaag,
met die swaard vermoor.
 Hulle het rondgeswerf
in skaapvelle
en in bokvelle.
Hulle het gebrek gely,
is verdruk en mishandel.
38  Die wêreld was hulle nie werd nie;
 hulle het rondgeswerf in woestyne
en op berge
en het in grotte
en in gate in die grond gelewe.
39  En hoewel daar oor hulle almal
vanweë hulle geloof
met soveel lof getuig is,
het hulle nie verkry wat beloof is nie,
40  omdat God vir ons iets beters beoog het,
 sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie.

Hierdie mense het geloof gehad,
en tog nie ontvang wat beloof is nie.
Het God hulle verlaat?
Nee. 

Maar die toekoms nie gelyk soos wat hulle verwag het nie.

Want op die ou end kan God nie gemanipuleer word nie –
selfs nie deur gelowiges se volle oorgawe nie. 

En op ou end kan elkeen van ons bely
van God se sorg,
bevryding uit wip,
toe gedink te laat.

Maar al kan getuig van bevryding,
moet ook erken dat nie weet,
dan nie verstaan hoekom soms uit vloed gered,
sommige soms verdrink in tsoenami’s. 
Hoekom een van vyande bevry word,
ander vermoor word.

Ons weet nie. 

Wat belangrik is,
dat erken wanneer God verlos,
klein, alledaagse sorg raaksien,
God eer gee,
erken dit ook sy sorg.

En wanneer daar geen vaste antwoord is nie,
dat ons nie daarom ophou vra,
ophou God wil soek,
ophou vertrou op God nie. 

Want ook te midde van worsteling,
kan steeds bly vashou
aan God se teenwoordigheid by ons –
intieme, betrokke teenwoordigheid,
soos wat hierdie kwartaal gesien. 

Soos kunswerk Fritz Eichenberg (1950)
Christ of the breadlines,
beeld Christus uit saam met armes in ry by sopkombuis staan,
waarmee wys,
dat God teenwoordig is,
JUIS waar mense ergste swaarkry en lyding ervaar.

So dalk voel dat met rug teen muur staan,
tussen duiwel in diepblou see.
Situasie lyk hopeloos.
Verhoudingsprobleme.
Geldelike probleme.
Mediese probleme.
Werksprobleme.

Versoeking om aan moedeloosheid oor te gee.
Teks vandag sê,
dalk – dalk –
situasie nie hopeloos.

Waarskynlik wel van menslike oogpunt hopeloos.
Ook moontlik dat God hierdeur
vir jou gaan leer dat sorg,
iets van sy mag
of iets van sy liefde en teenwoordigheid
in jou lewe vir jou gaan wys.
Op ‘n onverwagse manier gaan ingryp.

En as dit waar is,
dan moet jy nog nie opgee nie.
Dan moet jy nog bid,
Nog op God vertrou,
nog op God wag,
aanhou soek,
aanhou klop. 

Want God het in die verlede gehelp.
En soms moet ons in die geloof leef.

Gebed

Dankoffer

Slotlied  Lied 500 (staan)

Seën

Amen   Lied 313

Eks 3 – Son 20 Sept 09 – God is méér

God is méér
In Verwondering oor God

Verwelkoming
Afkondigings
Toetrede
    Koor:  Ek kniel hier in die oggendlig

Votum Jes 44: 6&8
Seëngroet

Lofsang  
Lied 547 (staan)
Lied 184  (sit)

In verwondering oor God
Vandag eindig reeks “In verwondering oor God,
waar ou Godsbeelde nuut afgestof.
(Joernaalblad)

Ons het hierdie kwartaal gesien dat:
dit saak maak hoe ons oor God dink.
 Hoe oor God dink,
bepaal hoe oor lewe dink,
oor onsself dink,
oor mekaar dink.
 Gaan daarom ook bepaal hoe optree teenoor mekaar,
hoe reageer op krisisse van lewe. 

Tydens Nagmaal Ds. Fransman van Bloemendal VGK ons herinner
 God na ons toe uitreik in Christus.

Ons gesien God barmhartig & genadig is. 
Gehoor verband woord barmhartig & baarmoeder.
Sy barmhartigheid is soos ‘n baarmoeder
waar ons intiem veilig en versorg is.

Gesien God passievol is – God word kwaad,
maar huil ook saam met sy kinders
oor sy kinders.

 God se verlossing
konkrete bevryding behels. 
God homself beskryf as kryger of ‘n vrou in kraam,
intiem betrokke by bevryding van volk.

God se sorg sigbaar is in sy voorsiening
van manna soos moedersmelk.
Verband Rabyne getrek tussen manna en moedersmelk –
weereens weens verband tussen Hebreeuse woorde –
nie in prediking aangeraak,
tog onder indruk God voorsien.

God soos ‘n pottebakker skeppend in ons lewens werk.
Met klei gespeel,
gevoel hoe naby,
gesien hoe vorm.

Verlede Sondag God gelyk naby én ver is. 

Doop
Lied 200 v 1 (sit)

Epiklese

 Kindertyd
My naam Margeretha – pêrel, kosbaar vir iemand.
Van Niekerk – voorouers uit Europa.
Naam sê wie is,
waar vandaan kom.

Babatjie – Riley, dapper

Wat beteken jou naam?
Johan, Jan, John, Johanna, Hanna, Ann… God is genadig
Elizabeth, Elise, Lisa, Liesl, Lizette… God sorg oorvloedig
Carl, Karel, … sterk een
Andre, Andrew… dapper
Nico, Nicolas, Nic = oorwinnaar, wenner
Willem, William, Liam, Will, Willie = vasbeslote oppasser
Christo, Chris, Christien, Kristi, = Christen, volgeling van Jesus
Isak = lag
Zak = of lag van Isak of Sagaria = God het onthou
Inge = eiland

theron = jagter
van der merwe = iemand wat by meer woon
Ellis = afstammeling van God / God is redding
Louw = leeu
van Wyk = woon in dorpie
Koen = priester
du Plessis = woon hedge formed of interlace branches

Moses Egipte, vermoor Egiptenaar,
vlug Midian,
skape oppas,
brandende bos,
God roep Israel bevry,
vra wat God naam.
Wat sê God?
Ek is.
Nie naam soos ons,
kan nie weet van God,
kan sekere goed weet,
maar God altyd meer.

Toewyding  Luisterlied Koor v 1, 2, 3; Gemeente refrein (sit)

Skriflesing  Eksodus 3:1-15

Preek
Ons sluit af waar ons begin het…
Moses is ver van die huis af,
besig om skape op te pas.

En daar,
in die woestyn,
het hy ‘n ontmoeting met die lewende God.
Hierdie ontmoeting verander sy lewe ingrypend. 

En van hierdie ontmoeting af het ons die kwartaal aanbeweeg,
klomp goed wat altyd van God weet, bevestig,
paar nuwe goed geleer.

As in verwondering staan oor al hierdie goed,
dan moet altyd ook onthou:
God is méér.
Soos eerste Sondag gesê:
God pas nie in ‘n boks.
Wanneer gesê God is genadig & barmhartig,
passievol,
verlosser,
voorsiener,
skepper…
dan nog nie naastenby alles gesê.
En as lewe lank nét hiermee aangaan,
net praat oor wie God is,
sal steeds nie klaar wees.

Soos kamera met outomatiese fokus
wat nie wil fokus:
net as dink:  nou het ek prentjie vasgevang,
beweeg weer.
Beeld van God op manier altyd uit fokus,
sekere tye in lewe sekere gedeeltes sterker in fokus,
terwyl weet net een, klein stukkie.

God is altyd meer as wat ons oor hom dink of sê. 

Dink maar aan al kere wat in Bybel lees van ontmoetings met God.
Feitlik nooit kry mense God letterlik te sien nie.
Visioene, drome,
sien in geestesoog.

Hoor duidelik dat God praat,
maar sien nie. 

Ook hier in Eksodus 3,
wanneer aan Moses verskyn,
in vuur.
Die vuur verbloem God.
En vuur nie substansiële voorwerp,
kan nie vasgryp.

Wat duidelik van moet kennis neem,
al sien niemand vir God nie,
kan tog sy stem duidelik
en helder hoor.

Moses uit bos,
sien nie vir God –
hoor hom.

As ons vir God wil ontmoet,
hoef ons nie soseer te kyk nie.
Wat belangriker is,
is dat ons reg en goes sal luister.

God praat –
God praat steeds.
kan hom hoor.
En dis hoe ons vir God leer ken,
deur sy stem,
deur na hom te luister.

Ander interessante aspek van hierdie ontmoetings van God:
Wanneer God ontmoet,
word ons tegelyk bewus
van sy heiligheid
én sy liefde.

Sy heiligheid laat jou soms huiwer,
terugdeins,
maar sy liefde trek jou nader,
lok jou. 

Iemand praat van God se heiligheid wat ons tegelyk
boei én
laat bewe.

Waar God se liefde ons ander trek,
ons help om God te leer ken,
besef hoe intiem naby hy is,

help heiligheid ons onthou
God méér,
is nie ons,
al is lief vir ons,
intiem betrokke,
vriend,
vader,
steeds nie familiêr,
want God is heilig,
God is méér. 

Wat dit des te wonderliker maak
dat God ons duld –
dat God gesprek met Moses voer,
luister na Moses vrae,
bekommernisse,
verskonings –
én antwoord!

Teks wat gelees Nehemia,
volk kla,
Moses vra eerder doodmaak –
wonderlik intieme verhouding
waarin ook toys uit cot kan gooi,
al ís God heilig. 

Nog ding raaksien uit hierdie verhaal
en ander ontmoetings met God in Bybel:
Here loop ons selde direk van voor af tegemoet.

Gewoonlik gebeur dit om ‘n draai,
in iets wat op die rand van jou gesigsveld gebeur.

Jy sou dit kon mis!

Let op in teks gelees,
brandende bos nie reg voor Moses verskyn nie,
maar ver genoeg
dat moes besluit om nader te gaan,
te gaan kyk.

Hy sou natuurlik ook kon miskyk,
kon besluit om verby te stap.

Ook uit res van Bybel sien
daar iets geheimsinnigs en
ontwykend
in God se ontmoetings met ons. 

Beteken dat ons sulke ontmoetings sou kon misloop,
miskien anders sou kon verstaan of interpreteer
as ontmoeting met God,
heeltemal misloop. 

Moet kamera gerig hou.
Al is God meer,
ontmoet God ons tog.

Verlede week God gelyk naby én ver.
Maklik God ver,
kamera te bêre,
ophou soek.
Ons moet egter gereed wees vir daardie ontmoeting,
op die uitkyk wees daarvoor,
daarna soek en smag,
sodat kan raaksien
en aangryp
as verbykom.

In ons teks staan Moses nader wanneer God verskyn.
Vra vraag wat ons ook so graag wil vra:
Wat is sy Naam?

Weet Moses daarmee greep op God probeer kry,
kamera in fokus probeer kry,
sodat knoppie kan druk
in beeld kan vasvang,
kan sê:
só is God,
Dít is God.

Om iemand se naam te vra,
is ‘n gewigtige saak.
‘n Kerndeel van ‘n mens se identiteit sit in jou naam,
sodat iemand naam weet,
mag oor hulle het,
tot eie voordeel kan gebruik of misbruik.
En dan antwoord by ons net so bekend:
Ek is wat ek is. 
Ook vertaal word:  Ek sal wees wat ek sal wees.

Ontwykend.
God laat nie vasvang,
want God altyd meer as wat ons kan begryp.
Sy antwoord op Moses se vraag
bring eintlik nog meer vrae. 

Nogtans weet ons,
in die oomblik wanneer ons besef
dat ons nie vir God in ‘n naam kan vasvang nie:
Ons moet aanhou om oor hierdie God-wat-is
te praat.

Natuurlik uit God antwoord tog sekere goed kan weet:
• God van voorouers,
• wat beloftes doen en hou.
• God van toekoms.
• Reddergod wat Israel uit slawerny gaan bevry,
• God wat voorsien in land van melk en heuning.

So leer tog ietsie van God ken.
Maar bly ontwyk.
Heschel:
The deeper we search
the nearer we arrive
at knowing
that we do not know. 

Hoe meer ons vrae stel,
hoe meer ons na God soek,
hoe meer besef ons
dat daar op die ou end
perke is aan wat ons kan weet.

Dit keer egter nie dat ons bly soek nie!

Om mens te wees,
beteken om aan te hou vrae stel,
aan te hou soek,
aan te hou om vir God op nuwe maniere te leer ken.

En juis dít,
hierdie besef dat dit ‘n lewenslange proses is,
dat ons altyd, daagliks, nuwe goed van God kan leer,
en dat God dan steeds MEER sal wees,
wat ons met verwondering vul.

En dis die belangrikste stap van geloof:
verwondering.
awe.
Om te besef:
ek kan nie vir God vasgryp nie,
ek kan maar net in verwondering staan
en hom aanbid. 

Mag ons daarom met groot entoesiasme voortgaan
om vir God te bly vra wie God is.

Mag ons saam met mense deur die eeue heen
oor God nadink.
Mag ons by die Bybelskrywers leer
hoe hulle God ervaar het…
maar ook voortgaan om self vir God in ons daaglikse lewe te soek.

Mag ons altyd onthou dat ons stamelend praat oor God;
dat nie eens ons mooiste woorde
en kreatiefste beelde
God se volheid vasvang nie.

Mag ons soeke dus gekenmerk word deur nederigheid,
sodat ons met ywer
na die lewende God sal soek
maar terselfdertyd
ten diepste sal verstaan
dat menslike insig en kreatiwiteit beperk is.

Mag ons midde-in hierdie soeke na God
telkens verras word
deur die God wat belowe
om die pad saam met ons te loop.

(Julie Claassens)

Voorbidding

Dankoffer   Koor:  Laat my mense gaan

Lied 529

Seën
Lied 228