Skip to main content

Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09

Verwelkoming

Nederlanders

Toetrede

Lied 154:1,3 – Kom nou tesaam, laat ons vergader – sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 84:1,5 – Hoe lief het ek u woning, Heer – staan

Lied 185 – Kom alle volke (sing 3x in kanon, Groep I: middelblok; Groep II: gallery; Groep III: syblokke) – sit

Toewyding

Lied 200:1 – U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie – sit

Doop

Vincent en Lezan Calonne se twee dogters, Viné en Zanel

Lied 293:1,3

Kindertyd

Wie is julle leiers?

  • In Summerwood is dit die hoofmeisie en die hoofseun en die prefekte.
  • Wil julle ook graag leiers wees?
  • Maar net een meisie en een seun kan elke jaar hoofmeisie en hoofseun word en so ‘n paar ander wat prefekte word.
  • Elke jaar is daar groot teleurstelling, want baie wil graag leiers wees, maar min word verkies.
  • Dit is maar swaar nê?

Ons lees in die Bybel van ‘n leier.

  • Sy was nie ‘n man nie. Sy was ‘n vrou!
  • Vir daardie tyd was dit sommer ‘n groot ding gewees – dat ‘n vrou ‘n leier was.
  • Haar naam was Debora.
  • Ken julle iemand wat Debora genoem word?
  • Wie van julle se naam begin met ‘n D?
  • Nou sy was Debora.
  • En sy was ‘n leier.
  • Maar sy was nie ‘n hoofmeisie nie. Sy was die leier van die volk van Israel.

Nou hoe het dít gebeur?

  • In Rigters 4 in die Bybel lees ons dat die volk van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here.
  • En die Here het hulle oorgegee in die hand van koning Jabin.
  • Ken julle iemand wie se naam Jabin is?
  • Wie se naam begin met ‘n J?
  • Nou hy was Jabin.
  • En hy het negehonderd ysterstrydwaens gehad.
  • En die Israeliete niks nie.
  • En vir twintig jaar het hy vir hulle sleg behandel.
  • Hy het hulle geld gevat.
  • Hy het hulle oeste gevat.
  • Hy het met hulle geveg en hulle jong seuns doodgemaak met sy ysterstrydwaens.
  • En almal in die land het later die Here gesmeek dat Hy tog iets moet doen.
  • Hulle het nie net gebid nie. Hulle het sommer hardop geskree dat die Here tog iets moes doen.
  • En nou sê die Bybel – daar was iemand wat al dié dinge gesien en gehoor het. Debora.
  • Sy het gesien dat Jabin slegte goed aan die Israeliete doen.
  • Sy het gehoor hoe die mense kla en roep dat die Here tog iets moet doen.
  • Om die waarheid te sê: sy het by ‘n boom gesit, so ‘n groot palmboom en daar het die mense met haar kom praat en vir haar gesê hoe erg dit vir hulle is.
  • En dit het haar harsteer gemaak.
  • En wat het sy dan gedoen?
  • Sy het vir hulle getroos en vir hulle gesê wat die Here sê.
  • Een dag het sy weer so geluister en toe sy met die Here praat, sê die Here vir haar: Ek wil vir Jabin ‘n les leer. Roep vir my vir Barak.
  • Het julle al van só ‘n naam gehoor?
  • Wie se naam begin met ‘n B?
  • Nou hy was Barak.
  • En Debora het vir Barak geroep en vir hom gesê die Here wil vir Jabin ‘n les leer.
  • Maar Barak was ‘n bietjie bang.
  • Toe sê Debora – kyk die Here het ‘n wonderlike plan. Jy moet vir Jabin by ‘n rivier gaan aanvat dat sy waens nie vir julle kan seermaak nie.
  • Maar Barak wou nog steeds nie. Hy wou hê Debora moet saamgaan. Want sien – sy was die leier en Barak wou vir haar volg!
  • Toe sê sy – dit is goed. En toe gaan sy saam oorlog toe – en hulle wen. Die Here gee vir hulle die oorwinning. Hulle verwoes vir Jabin.

Wat leer ons uit dié verhaal?

  • Dat ‘n leier iemand is wat iets raaksien wat verkeerd is.
  • En wat hoor as dit sleg gaan met mense.
  • En wie se hart brand van hartseer vir sulke mense.
  • ‘n Leier is iemand wat dan met die Here daaroor praat.
  • En as die Here ‘n plan gee, besluit om dít te gaan doen.
  • Dit is wat Debora gedoen het.
  • Sy het gesien hoe swaar die Israeliete kry. Sy het gehoor hoe hulle roep. En toe het sy met die Here daaroor gepraat en gedoen wat God vir haar gesê het. Sy het selfs saam met die mans gaan oorlog maak!

Ons kan dieselfde doen!

  • Maar dit beteken elkeen van ons wat iets raaksien wat verkeerd is en hoor as dit sleg gaan met mense, en wie se harte begin brand van hartseer vir hulle, kan mos dieselfde doen!

Ons kan ook met die Here daaroor praat en dan gaan doen wat Hy sê.

Is daar nie dinge wat julle raaksien wat verkeerd is nie?

  • Hoor julle nie ook as dit sleg gaan met mense rondom julle nie?
  • En wat dink julle wil die Here hê dat julle moet doen?
  • Gaan julle dit doen?

Dan is julle leiers

  • Selfs al word julle nie êrens in ‘n skool tot ‘n prefek gekies nie. Dan is julle net soos Debora!

Bid vir hulle as leiers

Skriflesing

Die Bybel beskryf karakter as ‘n manier van leef , ‘n pad wat jy loop, en die vrug wat jou lewe gevolglik dra.  En daar is baie beskrywings van karakter: bv.  1) eerbaarheid, d.w.s. mense wat hul beloftes nakom 2) regverdigheid, d.w.s. mense wat reg oordeel, reg lewe en reg laat geskied aan ander, 3) integriteit, d.w.s. waar mense nie onregverdige voordeel uit hul posisie of vermoëns sal trek nie .  Karakter is dus ‘n morele begrip, waar jou lewenswyse gemeet kan word aan jou lewensbeginsels.

Die wonderlike is dat dit prakties geïllustreer word in die diverse stories van menslike karakters.  Hierdie karakters word in al hulle fasette geteken, die goeie en die slegte. Ons word telkens daarmee uitgenooi om in hulle voorbeeld ons eie pad, ons eie manier van leef te vind, ‘n lewe van karakter.

Ons neem dus ons invalshoek by hierdie stories van menslike karakters.  Ons gaan kyk na mense wat karakter getoon het in hulle manier van leef.  Ons wil deur hulle iets leer van God se karakter en hoe ons karakters kan word na God se hart.

Lees Rigters 4

Woordverkondiging

Laurie Beth Jones skryf in Jesus CEO dat Bybelse leiers gewoonlik een van drie vure in hulle lewe ervaar het, wat van hulle leiers gemaak het.

  • Die eerste is die brandende bos ervaring – ‘n bonatuurlike ervaring waar iemand soos Moses geroep is.
  • Die tweede is die brandende hart ervaring – iemand wie se hart aan die bloei gegaan het vir ‘n land in nood soos Nehemia.
  • Die derde (wat nou aansluit by die tweede) is die brandende land ervaring, soos hier in Rigters 4 met Debora.

Jare lange verdrukking

Israel is gekonfronteer met ‘n formidabele vyand.  Sisera, die aanvoerder  van die Kanaänitiese leër, het 900 ysterstrydwaens gehad waarmee hy die Israeliete kon intimideer.  Dit was aan die begin van die Yster tydperk in die Midde-Ooste, wat beteken dat die Kanaäniete regtig tegnologies gevorderd was vir die tyd.  Hulle kon wapens van yster maak, wat baie beter was as die brons waarvan Israel se wapens gemaak is.  Met hulle skaarste aan goeie sterk wapens, laat staan nog ysterwaens, was Israel menslik gesproke nie opgewasse teen Sisera nie.

Dit het die Israeliete baie bang gemaak.  Hulle het traag geraak om te reis.  As hulle êrens gereis het, as hulle nie anders kon nie, het hulle ompaaie gebruik.  Die lewe buite die stede van Israel het gekwyn en agteruitgegaan.  Die boere het in sulke omstandighede swaar gekry en kon nie hulle lande bewerk soos hulle wou nie.  Hulle het langs bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke gaan bly (6:2).  Hulle het regtig wegkruip-lewens gelei.

Debora, moeder van Israel

Debora was ‘n formidabele vrou.

  • Sy was die leier van die volk.
  • As regter het sy geskille tussen die volk bygelê, daar waar sy onder die Deborapalm in die Efraimsberge tussen Rama en Bet-el gesit het. Die palm is inderdaad na haar vernoem, vanweë haar besondere regspraak.
  • As profeet het sy God se wil vir die volk uitgelê.
  • En in hierdie swaar tyd, wat twintig jaar lank geduur het, ‘n tyd waar vrees en wanhoop geheers het, tree sy na vore as “‘n moeder in Israel” (5:7), en lei hulle na rus en vrede. Met moederlike sorg hou sy die wag oor die volk, en sorg sy dat God se belofte van oorwinning waar word.

Haar naam beteken letterlik by (heuningby), en soos ‘n koninginby het sy alles beïnvloed rondom haar.  Sy was die eerste werkende ma – die vrou van Lappidot – waarvan ons in die Bybel lees.

Let net op hoe sy te werk gaan, waaruit ‘n mens die kaliber van hierdie vrou agterkom:

  • Haar vertroue in God het die mense om haar met geloof gevul. Sy het gewerk met die visie wat God haar gegee het dat dinge anders kon wees. En hierdie visie het lewenskrag ingeblaas in ‘n volk wat vasgevang was in ‘n wanhopige siklus.
  • Sy kon aanpas by ‘n weifelende Barak en hom die moed gee om ten spyte van sy vrees, die Israeliete in die oorlog te lei.
  • Sy kon strategies dink, onder leiding van die Here, deur die Kisonspruit te kies as die plek waar die geveg sou plaasvind. En so, sonder dat sy ‘n swaard optel, bewerk sy ‘n klinkende oorwinning vir Israel.

Die veldslag

Die veldslag het plaasgevind by die Kisonspruit.  Interessant is dat in die verhaal in hoofstuk 4 self, net gesê word dat die Here Sisera en sy hele leër baie bang laat word het.  So bang dat sommige van die strydwaens afgespring het en te voet gevlug het.

Maar uit die lied wat Debora en Barak sing (hfst. 5), wil dit voorkom of daar iets baie ongewoons gebeur het, iets wat hulle groot vrees verklaar.  Hulle sing in vers 4-5 dat die aarde gebewe het, die hemel reën gegee het, die wolke strome water gegee het, en dat die berge weggesmelt het voor die Here.  En in vers 20-21 word vertel van die sterre wat uit hulle bane gewyk het en die Kisonspruit wat die vyand meegesleur het.

Nou, dit is ‘n gedig waarin met beeldspraak gepraat word.  Maar dit kan wees, dat iets daarvan ook letterlik gebeur het.  Miskien was daar ‘n geweldige wolkbreuk, en ‘n aardbewing by die Kisonspruit, wat ‘n groot vloed veroorsaak het.  Moontlik was daar selfs een of ander kosmiese gebeure, hoewel sterre ook op engele kan dui.  Nietemin, dit het die leër van Sisera onkant gevang, sodat hulle gevlug het.

Daarom dat die lied so sterk en duidelik stel, dat hierdie oorwinning van God af gekom het.  Die Israeliete het hulle hart uit baklei, hulle het die leër van Sisera afgemaai, sodat daar nie eers een oorgebly het nie.  Maar die oorwinning het aan die Here behoort.

Jael maak Sisera dood

‘n Tweede vrou speel egter ook ‘n groot rol, Jael, wat uiteindelik vir Sisera doodmaak.

Nou haar storie is ook interessant.

Op sy halsoorkop vlugtog kan Sisera skaars sy “geluk” glo toe hy die tent van Jael, Geber die Keniet se vrou, sien. Geber se familie en koning Jabin, Sisera se koning, was ou vriende. Maar Sisera was salig onbewus daarvan dat Geber intussen weggetrek het van sy familie af … (:11)

Jael is die vriendelikheid self, en volgens die gasvryheidsgebruike van daardie tyd, nooi sy die vreemdeling in haar tuiste in. Met haar uitnodiging bied sy aan hom ‘n veilige hawe. Wat meer is, sy versteek horn van die buitewereld wanneer sy die tentdoek oor die opening laat sak …

Met die woorde wat ‘n moeder vir haar kind sou sê, troos sy hom: Moenie bang wees nie (:18).  Dorstig ná sy vlugtog, vra Sisera water om te drink. Jael bied horn meer aan as wat hy vra. Sy gee vir hom dikmelk van haar bokke.  As ‘n mens tussen die lyne lees, wonder jy of hier nie dalk iets seksueels gesuggereer word nie. Die toe tentdeur, die feit dat Jael hom boonop agter ‘n gordyn wegsteek; dat hy water vra en heelwat meer kry …?

Sisera – doodmoeg na die geveg en die vlug te voet, emosioneel afgetakel deur die skande van nederlaag – val in ‘n diep slaap.

Dit is presies waarvoor Jael gewag het.  Sy tel ‘n tentpen en ‘n hamer op, en sy sluip suutjies na Sisera toe … Sy lig die hamer, en kap die tentpent dwarsdeur die slaap van sy kop met soveel krag dat sy sy kop in die grond vasslaan. En Sisera sterf in sy slaap …

Wat Jael se motivering was, weet ons nie. Bes moontlik was daar onmin tussen haar man en sy familie wat sy toe oorgedra het op hulle vriende: koning Jabin en sy generaal Sisera. Of miskien was sy lojaal teenoor Barak en sy manskappe. Dalk het sy vir Debora geken. Miskien het sy bedreig gevoel … wie sal weet?

Die hoogtepunt van die verhaal is wanneer Barak daar aangehardloop kom, steeds besig om na Sisera te soek. Jael, die onbekende vroutjie iewers in ‘n tent op die vlakte, kan na die “dapper” generaal toe gaan,  en ewe koel aankondig dat sy die man het wat hy soek! En toe Barak by die tent instap, sien hy Sisera daar dood lê met ‘n tentpen deur sy slaap.

Debora se woorde (4:9) was profeties. God het inderdaad vir Sisera in die hand van ‘n vrou gegee …

Ware leierskap

1. Sulke leierskap is onontbeerlik vir die kerk van die Here.  Ons het mense nodig wat kan luister na God en begin doen wat Hy op hulle hart lê.

Rigters 4 wys vir ons hoe Debora deur die brandende land aangevuur word om leierskap te openbaar.  Wat sy gesien het en wat sy gehoor het van haar land terwyl sy as profetes vir hulle opgetree het, het haar oortuig dat iets gedoen moes word.  Dit laat haar vir Barak roep en aan hom die opdrag van die Here oordra.  Dit laat haar strategies betrokke raak om met wyse raad die gang van die oorlog te bepaal.  Dit laat haar saamgaan toe Barak dit van haar vra.  En dít laat haar sing (Rigters 5) van die oorwinning wat God gebring het.

En let op: wat Rigters 4 vir ons sê oor leierskap, is dat dit niks met posisie of aanstellings of vermoëns in die eerste plek te make het nie.  Dit is ook heeltemal geslagsloos.  Dit is iets wat suiwer afhang van wat gehoor word, wat gesien word en hoe daarop voor die Here gereageer word.  Dit is wanneer die hart se vuur aangesteek word om die Here se wil in ‘n krisissituasie te doen, dat ware leierskap na vore kom.  En dít is onontbeerlik.

God gee dieselfde beloftes en voorsiening vir leiers vandag.  En die vraag is: Vir watter situasie roep die Here jou vandag? Wat laat jou hart brand?  Watter goed wat jy raaksien laat jou dink die land is aan die brand?  Of is dit iets in die gemeente wat jy dink aan die brand is?  En is dit nie miskien die stem van die Here wat met jou praat en jou oproep om iets daaraan te doen nie?

Hierdie verhaal is bedoel om jou die moed en oortuiging gee om dit onder God se leiding aan te pak.

2. Leierskap is per definisie die inspirasie om mense in ‘n rigting te beweeg wat hulle nie andersins gewillig sou wees om te neem nie. Van tyd tot tyd vra goeie leierskap van mense om onbekende terrein te betree en verg dit baie moed.

En dit gaan baie keer gepaard met konflik op grondvlak, mense wat wil saamgaan en mense wat nie wil saamgaan nie.   Debora en Barak moes die apatie van die mense Oos van die Jordaan hanteer: Ruben, Gilead (deel van die Makir groep uit die stam van Manasse wat oos van die Jordaan gebly het) sowel as dié wat langs die see gebly het: Dan en Aser.

Dit was net dié Israeliete Wes van die Jordaan wat saam geveg het: Efraim, Makir [deel van die Manasse stam wat wes van die Jordaan gebly het], Benjamin, Sebulon, Issaskar en Naftali.

Maar Debora het haar nie daardeur laat afsit nie.  Sy het drie dinge gedoen: 1) sy het na God se stem geluister en dit vir die volk as profeet geïnterpreteer.  2) Sy het gekonsentreer op dié mense wat sy kon connect en saam met haar neem, Barak en die 6 stamme wat die oproep gehoorsaam het. En 3) sy het gesorg dat die planne wat die Here haar gegee het, geïmplementeer is, deur Barak na die Kisonspruit te begelei.

Twee dinge wat ek by Bill Hybels in dié verband geleer het: Make the big ask en Don’t say other people’s NO for them.

As die Here jou ‘n visie gee, is dit baie keer so dat jy mense moet vra om dit saam met jou waar te maak.  Die raad wat hy gee, is dat jy die konteks en agtergrond moet uitspel, dit duidelik en bevatlik moet kommunikeer, en dan voorstel dat dit voor die Here besluit word.  Hy maak die volgende stelling:

The nature of human beings is such that we tend not to drift into better behaviors.  We usually have to be asked by someone to consider taking it up a level. (axiom p 23)

Bill maak darem ook die volgende stelling wat ‘n mens hoop gee daarvoor:

When handled properly, people are actually quite flattered to be asked to do significant things for God.

So die uitdaging is: 1) Hoe lees jy die situasie wat die Here op jou hart lê? 2) Wie moet dit saam met jou aanpak? 3) Wat is die beste manier om dit reg te kry?

En die tyd is nou, vandag, selfs nie eers môre nie, vandag, om te doen wat die Here van jou vra.

3.  En laat ons eerlik wees.  Dit kos jou alles wat jy het!

Jael is vir ons ‘n kragtige voorbeeld van die moed om risiko’s te neem.  Die moed kom uit ‘n diep oortuiging en verbintenis aan die God en die mense van Israel.  Sy dra by daartoe dat hulle weer kan wees “soos die son wat in sy volle krag skyn”.  Sy leer ons ook dat om risiko’s te neem geensins roekeloos is nie. Let op die berekende wyse waarop sy Sisera op sy gemak stel, meer doen as wat hy vra, totdat sy uiteindelik die risiko neem om hom dood te maak.

Vandag sal ons nie meer sulke dade pleeg nie.  Maar die oproep om met moed jou oortuigings na te streef, bly dieselfde.  Wat is die oortuigings waarvoor jy vandag die moed het om jou lewe te waag?

Slot

Ek sluit af.

Ons moet onthou, leierskap word nie gebore in gemak of in gemaklike of beheerbare situasies nie.  Leierskap word gebore in pynlike oomblikke van ‘n gemeenskap of ‘n gemeente se geskiedenis.

Wat dan nodig is, is leiers, soos Braam Hanekom sê: ” wat ‘n brandende passie het om van die wêreld ‘n beter plek te maak … wat geen steen onaangeroer laat om dit waar te maak nie.” (Gebede wat leiers bid).

Ek weet nie wat jy op die oomblik raaksien of wat jy op die oomblik hoor nie.  Dit kan goed in jou omgewing wees – kinders op ons strate, geweld teen ons ouer mense, verskeurdheid tussen kerke wat dieselfde Here dien.  Dit kan dinge in die gemeente wees – die jongmense wat geestelike leiding in die kategese en ander aktiwiteite nodig het, die behoefte aan ‘n groei in ons omgee groepe, die behoefte aan pastorale uitreik na families wat onder druk verkeer.

Dalk voel jy die hand van die Here op jou skouer om iets daaraan te doen.  Of dit nou ‘n brandende braambos, ‘n brandende hart of ‘n brandende land is.

Die tyd om te antwoord daarop is nou.

Gebed

Dankoffer

Aankondigings

Didage – Make the big ask, Don’t say other people’s no for them – my Big ask is, raak betrokke hierby – dít is spesifiek gemik op geestelike groei, waarsonder ons as gemeente en jy as gelowige nooit volwassenheid sal bereik nie.  Ons gaan binnekort navorsing in die gemeente doen om beter te bepaal wat die tipe dinge is wat hierdie gemeente se mense op die tafel sit, hulle geestelik laat groei, maar kan dit eers met die oog op volgende jaar implementeer.  Skakel dus solank in by die een wat die naaste is aan jou behoefte.

Slotlied

Lied 286 – Here God van liefde, waar ons ook mag gaan – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

 

Matt 6 – Jesus – Om in afhanklikheid van God te leef – Son 11 Okt 09

Almal ontvang ‘n blom, skryfding en papiertjie soos wat inkom
Speel video van blomme wat oopgaan.  CD “African Forests” speel, Snitte 1, 3 & 9

Verwelkoming
Votum
Kyk na blommetjie in hand,
bestudeer in detail.
Jesus sê in Matt 6:
Let op hoe groei die veldlelies:
hulle swoeg nie
en hulle maak nie klere nie.
Maar Ek sê vir julle:
Selfs Salomo
in al sy prag
was nie geklee soos een van hulle nie.
As God dan die gras van die veld,
wat vandag nog daar is
en môre verbrand word,
so versier,
 hoeveel te meer
sal Hy dan nie vir julle sorg nie?
Dink daaraan God sorg.

Seëngroet

Lied 509 Op Berge en in dale (staan)

Gebed

Skriflesing  Matteus 6:25-34
Preek
Matriek stuurdiens –
aan Here opdra tyd voorlê – eksamen, res van lewe.
Boodskap stuur.
Vandag teks goeie boodskap:
31  “Julle moet julle dus nie bekommer
en vra:
‘Wat moet ons eet
of wat moet ons drink
of wat moet ons aantrek?’ nie.
33  Nee,
beywer julle allereers
vir die koninkryk van God
en vir die wil van God,
dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Laat nou maar eerlik wees:
lewe vol bekommernisse.

Matrieks:
(nog nie gehad):  Matriek-afskeid, date, klere
eksamen

Ons almal bekommer oor goed:
of gewild genoeg is
hoe lyk
of genoeg geld het
gesond genoeg
werk gaan kry – werk gaan hou

Iemand gesê:
• mense wat nie weet nie, bekommer omdat nie genoeg weet
• mense wat weet, bekommer omdat te veel weet
• ryk bekommer gaan verloor wat het
• arm bekommer omdat nie genoeg het
• ou bekommer omdat dood in gesig staar
• jong bekommer omdat lewe in gesig staar

Navorsing (VSA, natuurlik) grootste bron van bekommernis:
• 36% werk
• 22% geld
• 10% kinders
• 7% gesondheid
• 5% huwelik
• 5% ouers
• 19% min bekommernis
• 5% niks bekommernis

Jesus teks:  moenie bekommer

Kyk na lelies – veldblomme.
Na voëls.
Gaan vlieg-vlieg,
fluit-fluit deur lewe. 
Klink amper soos liedjie gewild was toe ek kind:
“don’t worry, be happy” (ken?)
1988 – Matrieks vandag nog nie gebore?
(Bobby McFerrin, plaat gekoop)
Here is a little song I wrote
You might want to sing it note for note
Don’t worry be happy
In every life we have some trouble
When you worry you make it double
Don’t worry, be happy……

Ain’t got no place to lay your head
Somebody came and took your bed
Don’t worry, be happy
The land lord say your rent is late
He may have to litigate
Don’t worry, be happy
Lood at me I am happy
Don’t worry, be happy

Here I give you my phone number
When you worry call me
I make you happy
Don’t worry, be happy

Ain’t got no cash, ain’t got no style
Ain’t got not girl to make you smile
But don’t worry be happy
Cause when you worry
Your face will frown
And that will bring everybody down
So don’t worry, be happy (now)…..
There is this little song I wrote
I hope you learn it note for note
Like good little children
Don’t worry, be happy
Listen to what I say
In your life expect some trouble
But when you worry
You make it double
Don’t worry, be happy……
Don’t worry don’t do it, be happy
Put a smile on your face
Don’t bring everybody down like this
Don’t worry, it will soon past
Whatever it is
Don’t worry, be happy

Klink regtig asof Jesus in teks sê:  don’t worry, be happy.

Klink alles baie oulik,
lekker liedjie te hop,
maar dis tog nie realisties nie!
Lewe werk nie so.

Ons moét vooruit dink,
vooruit beplan.
Mens moet tog eet, drink, aantrek.

Dan kan nie ander bekommerd wees,
as skeinat handboek oopmaak,
koste van universiteit sien,
statistieke van werk.

Kyk na die voëltjies en lelies
en moenie worry oor die eksamen nie?
Moenie bekommer oor sales target,
kind wat …

Amper alles Jesus in bergpredikasie
(waarvan teks deel)
klink só.

Want Jesus praat manier van lewe vir ons totaal vreemd,
heeltemal verskil van werklikheid óns gewoond.
Praat nie van Bybelse tyd vs ons tyd –
praat van lewenshouding van
geloof en ongeloof,
ten minste geloof en kleingeloof.

Waaroor Jesus praat,
is lewenshouding –
manier waarop lewe,
waarop kies te fokus. 

Sport:  “extreme skiing”.
mense ski by lang, gevaarlike berge af –
hellings van 45-60+ grade
teen geweldige spoed.
Kan allerhande goed in pad wees:  rotse, bome.

Sommige mense al dood tydens sport,
baie ernstig beseer.

Een van gunsteling goed doen,
is om op vars, diep sneeu
deur woud te ski.

Baie gevaarlik,
baie mense dood.

Een van ski-ers verduidelik,
wat lewensbelangrik is wanneer so deur woud jaag,
is waarop jy jou oë fokus.
Kyk na spasie tussen bome, nie bome,
kyk na spasies waar hoop om te ski.
Die geheim, sê hulle, is om nie te staar na dít wat jy nie wil tref nie.

Is wat Jesus hier sê.
Nie:  don’t worry, be happy,
maar:  moenie staar na dit wat jy nie wil tref nie.
Hou jou oë op die regte ding. 

Bekommernis amper soos mis.
Hoeveel water is daar in mis?
Mis sewe blokke,
100 ft diep,
minder as 8 oz water!

Dis hoe bekommernis is:
dis soos digte mis oor lewe neersak,
maak niks anders kan sien,
net in mis vaskyk,
terwyl dit eintlik niks is nie!

Dis nie dat daar niks is nie –
as ski, is bome daar!
Gaan oor waarop jy fokus:
Gaan jy jou bekommer
of beywer?

Jesus sê moet in alledaagse bestaan
beywer vir koninkryk
om wil van God te doen.

Gaan oor prioriteite:
waarmee hou besig,
waarop fokus,
wat wil bereik,
wat maak program vol?
Fokus op wil van God vir lewe,
God se wil nommer een,
staan voorop.
Allereers.

Wat is allereers in jou lewe? 
Wat maak jou dagboek vol?
Wat is dryfveer vir doen en late?

Kan natuurlik baie dinge wees:
finansiële sekuriteit,
pret.

Edele sake:
A-simbook,
prestasie…
Al hierdie goed kan lewe oorheers,
denke so vol maak,
dat net dit sien,
net daarmee besig,
eintlik afgod word.

Jesus niks teen A-simbole,
of begeerte A te behaal –
minstens deurkom. 

Inteendeel.
Dis juis verrassing in teks:
Jesus sê:
God sal vir jou al hierdie dinge gee!

En ook nie effentjies,
snoep of suinig nie,
maar oorvloedig.

Let op die lelies!
Kyk na die voëls!

Is ons nie meer werd as hulle nie?
Is ons nie vir God belangriker as die gras van die veld,
wat vandag nog daar is en môre verbrand word nie?

Hoeveel meer sal hy nie vir óns sorg nie!

Jesus sê:
Julle Hemelse Vader
weet tog dat julle dit alles nodig het!

êrens anders sê hy:
Julle Vader weet wat julle nodig het,
nog voordat julle dit van hom vra (Matt 6:8).

Daarom gee hy vir ons
oneindig meer…
as wat ons bid of dink!  (Ef. 3:20)

Hy bewaar ons só
dat selfs geen haar van ons kop kan val
sonder die wil van die Vader nie (Matt 10:30)

Getuienis – Sarita Nell

Vertel vir mekaar hoe God vir jou sorg /  gesorg het.

Wie van ons kan,
deur ons te bekommer,
ons lewe met 1 uur verleng?

Inteendeel:
43% van alle volwassenes
gesondheidsprobleme a.g.v. bekommernis en stress.

75-90% van alle besoeke aan dokters
stress-verwante siektes.

Bekommernis maak jou siek. 

Fil. 4:6 
Moet oor niks besorg wees nie,
maar maak in alles
julle begeertes
deur gebed
en smeking
en met danksegging
aan God bekend.

1 Petrus 5:7 
Werp al julle bekommernisse op Hom,
want Hy sorg vir julle.

Skryf bekommernisse neer op papier wat aan begin ontvang.

Gee kans om bekommernisse op Hom te werp,
vir God te gee,
laat gaan,
verbind eers koninkryk te soek –
gooi in sakkie.
Neem 10c –
lelie,
elke keer lelie – of voëltjie sien,
onthou:
moet julle nie bekommer nie . . .
beywer julle allereers
vir die koninkryk van God
en vir die wil van God,
dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
• Charel sing:  Ek kyk op na die berge

Sakkies met bekommernisse word onder kruis neergesit.
• Johan McFarlane bid vir verskillende bekommernisse,
• Spesiale gebed vir matrieks – Morag – matrieks staan.

Soos Hannah van ouds klein Samuel na die tempel gebring het, bring ons vandag hierdie jong gelowiges terug na U sodat U hul kan uitstuur vir die taak waarvoor U hulle voorberei het gedurende hul tyd in hierdie gemeente.

 

Ons staan vandag nederig voor U, oorweldig deur U vertroue in ons, as ouers en gemeentelede, dat U dit goedgedink het om ons met hierdie taak te vertrou. Sommige van hierdie kosbare kinders is al 18 jaar deel van ons gemeente, ander ‘n korter rukkie.

 

Here, ons vertrou dat hul hier, in hul hawe, U liefde en verlossingsboodskap hul eie gemaak het. Hul staan, soos ‘n jong Samuel, op die drumpel van hul volwasse lewe en vra: “hier is ek Here, wat wil U hê moet ek doen?”

 

Ons harte skree nee, hoe kan ons hul laat gaan. Hul is nog so broos en jonk! Ons weet egter en glo dat elkeen van hierdie kinders deur U gevorm, gemaak en geroep is om deel van U liggaam op aarde te wees. U het hul toegerus met baie talente en gawes, spesifiek vir daar waar hulle U koningryk op aarde gaan uitbou.

 

Vir sommige van die besondere jong mense sal die gemeente steeds ‘n hawe wees, vir ander sal hul ‘n nuwe geestelike tuiste moet gaan vind, daar waar hul lewensboodjies in vreemde, vêr plekke ‘n hawe gaan soek om vas te anker.

 

Ons vertrou op U, Heilige Gees, dat U met hul elkeen sal wees. Ons weet ons kon hul slegs die basiese beginsels van U liefde, genade en verlossing leer. Onmoontlik om hul vir elke toekomstige situasie voor te berei. Versterk hul met die wete dat hul nooit alleen sal wees nie. Herinner hul dat daar, wanneer hul alleen voel, dat hul nooit verlate is nie en dat U soos ‘n vertroude skaduwee, vasgebind aan hul voete, elke tree van die pad met hul loop, die pad wat U hul voor geroep het.

 

Die laaste fase van hul skoolloopbaan, die eind eksamen, is op hande. Wees met hul, versterk hul sodat hul ook hierdie groot taak as waardige Gods kinders kan voltooi. Ons is hartseer om hul te laat gaan maar kan ook juig omdat U getrou is en ons weet dat hul elkeen vir U kosbaar is en dat niks hul nooit, ooit, uit U beskermende hande kan ruk nie. Daarvoor loof ons U. Amen.

 

Dankoffer – Gr 11’s neem op
Lied 471 Soek allereers die koninkryk van God  (sit)
(terwyl dankoffer opgeneem word.)

Slotlied Lied 286 Here God van liefde
• Eers staan net matrieks, vervang “ons” met “hul”, daarna sing weer, almal staan.

Seën

Dag 5 – om afhanklik van God te leef – 16/10/09

Lees Genesis 15:9-21

Ons het prokureurs en kontrakte nodig om ons van mekaar te beskerm.  Dis moeilik om enige iemand se woord te vertrou, daarom moet ons seker maak dat alle “loopholes” toe is.  R.C. Sproul herinner ons dat daar Een is op wie ons altyd kan vertrou.  In sy kommentaar op hierdie gedeelte skryf hy:  As God passed between the pieces His message was:  ‘Abraham, if I fail to keep my promise to you, may I be cut asunder just as those animals have been torn apart.’ God put His eternal being on the line.  It was as if He was saying:  ‘May My immutable deity suffer mutatuion if I break My promise.  May My infinite character become finite, My immortal essense suffer mortality.  My the impossible become possible if I lie.’ The author of Hebrews reflected on this event when (s)he wrote, ‘Since there was no one greater for him to swear by, he swore by himself’ (Heb. 6:13).  The surety of God’s promise is God Himself.  All that He is stands behind His promise. 

Dag 4 – Hoe dit werk – 15/10/09

Lees Sagaria 4:6

Serubbabel het die oorweldigende taak om die groep te lei wat die tempel moet herbou.  Salomo het onbeperkte bronne gehad om die tempel te bou.  Serubbabel sit met sterk opposisie en moedelose werkers.  Hy moes in lang vergaderings sit en na klagtes luister.  Sagaria se boodskap aan hom is egter dat alles uiteindelik van God afhang, nie van Serubbabel se krag nie. Ons moet ons bronne verantwoordelik bestuur, maar uiteindelik is ons afhanklik van God vir die uitkoms.