Jeremia teken ‘n skerp kontras tussen dié wat op menslike krag vertrou en dié wat op die lewende God vertrou. Hy maak dit duidelik dat ons nie op albei kan vertrou nie. In watter areas van jou lewe (werk, finansies, gesondheid, familie) vertrou jy meer op mense as op God?
Die verskrikking van Jerusalem se vernietiging was nog helder in Jeremia se gedagtes toe hy hierdie reeks van 6 klaagliedere geskryf het. Tog is dit woorde van hoop eerder as wanhoop. Dit herinner ons dat ons enigste werklike hoop die karakter en beloftes van God is. Kyk na die karaktertrekke van God wat hier beskryf word.
Ons het 2 opsies: of ons sien God se karakter in die lig van ons probleme, of ons sien ons probleme in die lig van God se karakter. Eg. laat ons wegkyk van God na onsself. Oordink hoe jy gewoonlik geneig is om na God se karakter en jou probleme te kyk.
Ons het almal meer as genoeg rede om ons te bekommer. Jesus gee ons egter 6 redes waarom ons nie bekommerd hoef te wees nie: 1. Dieselfde God wat vir ons lewe gee, kan sekerlik vertrou word om ook in ons ander behoeftes te voorsien. 2. Die God wat vir voëls sorg, sal vir sy mense sorg – ons is immers baie meer werd. 3. Bekommernis vermors energie sonder om enigiets te verander. 4. Bekommernis ignoreer die sorg wat ons reeds van God ontvang het. 5. Ons is God se kinders. 6. Wanneer ons bekommerd is oor môre, mis ons uit op vandag se gawes. Bid vir die genade om op God te vertrou wanneer jy onder druk is.
Ons het prokureurs en kontrakte nodig om ons van mekaar te beskerm. Dis moeilik om enige iemand se woord te vertrou, daarom moet ons seker maak dat alle “loopholes” toe is. R.C. Sproul herinner ons dat daar Een is op wie ons altyd kan vertrou. In sy kommentaar op hierdie gedeelte skryf hy: As God passed between the pieces His message was: ‘Abraham, if I fail to keep my promise to you, may I be cut asunder just as those animals have been torn apart.’ God put His eternal being on the line. It was as if He was saying: ‘May My immutable deity suffer mutatuion if I break My promise. May My infinite character become finite, My immortal essense suffer mortality. My the impossible become possible if I lie.’ The author of Hebrews reflected on this event when (s)he wrote, ‘Since there was no one greater for him to swear by, he swore by himself’ (Heb. 6:13). The surety of God’s promise is God Himself. All that He is stands behind His promise.
Serubbabel het die oorweldigende taak om die groep te lei wat die tempel moet herbou. Salomo het onbeperkte bronne gehad om die tempel te bou. Serubbabel sit met sterk opposisie en moedelose werkers. Hy moes in lang vergaderings sit en na klagtes luister. Sagaria se boodskap aan hom is egter dat alles uiteindelik van God afhang, nie van Serubbabel se krag nie. Ons moet ons bronne verantwoordelik bestuur, maar uiteindelik is ons afhanklik van God vir die uitkoms.
Jeremia teken ‘n skerp kontras tussen dié wat op menslike krag vertrou en dié wat op die lewende God vertrou. Hy maak dit duidelik dat ons nie op albei kan vertrou nie. In watter areas van jou lewe (werk, finansies, gesondheid, familie) vertrou jy meer op mense as op God?
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.