Skip to main content

Dag 3 – Wie ek is – 21/10/09

Lees weer Rigters 5:1-11a

Goeie leiers maak reg wat verkeerd is.  Groot leiers maak reg wat (nog) nie verkeerd is (in die oë van ander) nie.  Israel se probleem was nie net te wyte aan politiese onderdrukking en militêre gebreke nie.  Dit was veral omdat hulle ander gode gekies het.  Debora het dus nie net ‘n fisiese oorlog gevoer nie, maar ook ‘n geestelike een.  Deur God se wil vir die volk uit te lê met haar profesieë en regspraak, en hulle weer in voeling te bring met die God wat sy beloftes kan waar maak, het sy Israel ook geestelik herstel.  Daarom kon daar hierna 40 jaar lank vrede heers.  Watter geestelike nood moet aandag kry in jou lewe en jou mense s’n?

Dag 2 – Wie God is – 20/10/09

Lees Rigters 5:1-11a

Is daar ooit so iets soos ‘n gewaarborgde uitkoms?  In hierdie wêreld lyk dit of niks vas en seker is nie.  Ons idee dat ons in beheer is, is baie keer net ‘n illusie.  Ons kan nie eers een dag se uitkoms totaal bepaal nie.  Daar is net Een wat soewerein is, en die uitkoms van alles finaal kan bepaal.  Lees hieroor in Debora en Barak se lied n.a.v. die oorwinning wat hulle behaal het.  Skep vandag moed uit ingrypinge van die Here in jou verlede deur ‘n paar daarvan in herinnering te roep.

Dag 1 – om met moed en oortuiging te leef – 19/10/09

Lees Rigters 4

Leiers het moed en oortuiging nodig om risiko’s te aanvaar en moeilike besluite te kan neem.  Debora tree op in só ‘n krisistyd.  Nie net is Israel 20 jaar lank oorheers deur die Kanaäniete en het die volk wanhopig weggekruip vir hulle vyand nie, maar moes sy die onsekerheid van Barak die hoof bied.

Deur haar gee God vir Barak en die volk moed met 1) die belofte van oorwinning, sowel as 2) die strategiese plan om die oorlog by die Kisonspruit te voer: “Ek sal hom na jou toe laat optrek …” en 3) die belofte van sy persoonlike teenwoordigheid: “Die Here gaan voor jou uit.”

God gee dieselfde beloftes en voorsiening vir leiers vandag.  Vir watter situasie roep die Here jou vandag? Laat hierdie verhaal jou die moed en oortuiging gee om dit onder God se leiding aan te pak.