Skip to main content

Dag 3 – Wie ons is – 28/10/09

Lees Eksodus 20:1-17

Die wet is een van die helderste opsommings van God se waardes vir sy mense.  Dit druk ook sy eie karakter by uitnemendheid uit.  Let op hoe die wette begin met ons verhouding met God en eindig met ons verhouding met ons medemense.  Geregtigheid kom altyd in verhoudinge tot sy reg.  Die wet is egter nie iets wat ons uit ons eie kan nakom nie.  Vra die Gees om hierdie waardes in jou lewe ‘n werklikheid te maak.

Dag 2 – Wie God is – 27/10/09

Lees Jesaja 1:10-20

God is bewus van die waardes wat ons aksies bepaal.  Hy verwerp godsdienstige handelinge wat vir die verkeerde redes gedoen word.  Daarom moet ‘n mens telkens vra hoekom? Dit help jou om te kan onderskei tussen die inhoud van en die motivering vir ‘n besluit.  En hoe suiwerder jou motiewe, hoe sterker jou karakter, jou habitus.

Let op die uitnodiging van die Here en sy belofte.  Dit geld steeds vir jou vandag.

Dag 1 – om met die regte waardes te leef – 26/10/09

Lees Psalm 15

Waardes is waarhede wat jou gedrag bepaal.  Dit is primêre motiveerders.  Dit verklaar hoekom ons dinge doen.  Dit trek ook grense en beperk ons in wat ons doen.  Dit is soos ‘n huis waarin ons woon, ‘n habitat.

Lees elkeen van die 10 beskrywings in vers 2-5a.  Watter waardes dink jy sit daaragter, wat verklaar hoekom ‘n mens dit sou doen?  Dink dan na oor watter waardes jou lewe rig?