Skip to main content

Die karakter van Dawid

Passie vir God

Uit die Psalms van Dawid kan ‘n mens agter kom dat hy ‘n passie vir God gehad het, soos min ander van sy tyd, trouens soos min voor of na hom.  So as hy in Psalm 15 skryf, ” Wie mag op u heilige berg vertoef?”  dan is dit met ‘n diep eerlike soeke en begeerte na God.

Hy was lief vir die Here en selfs in sy donkerste uur het hy telkens teruggekeer na die grond van sy bestaan, om God met sy hele wese lief te hê en te dien.

Kunssinnige streep

Daarby het hy kunssinnige streep gehad, wat in musiek en veral lirieke die wêreld verryk het.  Nie net kon hy koning Saul kalmeer met sy lierspel (1 Sam 16:23 – voorloper van die ghitaar, sonder ‘n sleutelbord, wat met ‘n plektrum gespeel is) nie.  Hy kon ook met passie woorde inspan om God te loof met sy digkuns (in tientalle Psalms).

  • “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre … wat is die mens dan dat U aan hom dink?” (Ps 8:4)
  • “‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.” (Ps 16:6)
  • “Ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.” (Ps 23:6).

Met net soveel passie kon hy ook die donkerte van die lewe beskryf en voor God se troon bring:

  • “Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het, het my in die rug gesteek.” (Ps 41:10).
  • “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?” (Ps 22:2)
  • ” U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink!” (Ps 22:4)

Dapper vegter

Maar Dawid was ook ‘n dapper vegter, wat lief was vir ‘n uitdaging, veral waar hy hoë risiko’s moes neem.  Dink maar aan die keer dat hy nader gekruip het na Saul in die grot, terwyl dié besig was om ‘n draai te loop, en ‘n deel van sy klere afgesny het, om hom die boodskap te gee, dat hy nie vir Saul wil kwaad aandoen nie (1 Sam 24).

Maar sy dapperheid het uiteindelik oorgegaan in ‘n liefde vir bloed, en het Dawid ‘n hele paar gruweldade gepleeg.  Op ‘n keer het hy die Moabiete in groepe op die grond laat lê, en vir elke groep wat hy laat lewe het, het hy twee groepe doodgemaak (2 Sam 8:2).  En ‘n ander keer het hy toegelaat dat 7 seuns van Saul se nageslag doodgemaak word (2 Sam 21), al het hy anders aan hulle belowe (1 Sam 24:21).

En tog kon hy met deernis optree teenoor manne saam met hom wat nie die pas in die oorlog kon volhou nie.  Op ‘n keer wou die manne wat enduit teen die Amalekiete geveg het, nie die buit deel met dié wat agter geraak het nie, en Dawid het net besluit almal kry gelykop van die buit (1 Sam 30:24).  ‘n Ware komplekse volronde karakter!

Maar dapper was hy beslis.  Geen wonder dat Israel gaande was oor hom nie.  ” U is soos tien duisend van ons”, sê die leër op ‘n keer, toe hulle wou keer dat hy teen Absalom uittrek (2 Sam 18:3).

Net vir Joab en sy broers, die seuns van Seruja, Dawid se half-suster, d.w.s. sy susterskinders, was hy versigtig (2 Sam 3:39), al was hulle blind-lojaal aan hom.  Hulle sou enigiets doen om Dawid se posisie te verstewig, al kos dit ook wat, en al is dit boos.  En Dawid het die voordeel daarvan gehad, hoewel hy nie altyd saamgestem het met hulle metodieke nie.  Eers op sy sterfbed het Dawid vir Salomo opdrag gegee om Joab te straf vir sy wandade, toe dié al oud was (1 Kon 2:5-6, 28 vv.).

Wyse man

Maar die belangrikste kenmerk van Dawid was dat hy wys was.  Hy het geweet om meer vriende te maak as vyande.  En hy kon ongelooflik strategies dink.  As Absalom hom laat vlug uit Jerusalem, dan maak Dawid planne soos hy uit die stad saam met sy mense stap, om die raad van Agitofel, die een wat Absalom gehelp het, en self ‘n strateeg van formaat, te verydel.  En ook dié opstand word die hoof gebied, al is dit met baie pyn en skade.

En sy keuse van hoofstad was in die kol – 3 000 jaar later is dit nog steeds die hoofsentrum van sy volk.

Dag 5 – om met moed en oortuiging te leef – 23/10/09

Lees Rigters 5:24-31

Jael is vir ons ‘n kragtige voorbeeld van die moed om risiko’s te neem.  Die moed kom uit ‘n diep oortuiging en verbintenis aan die God en die mense van Israel.  Sy dra by daartoe dat hulle weer kan wees “soos die son wat in sy volle krag skyn”.  Sy leer ons ook dat om risiko’s te neem geensins roekeloos is nie.  Let op die berekende wyse waarop sy Sisera op sy gemak stel, meer doen as wat hy vra, totdat sy uiteindelik die risiko neem om hom dood te maak.  Vandag sal ons nie meer sulke dade pleeg nie.  Maar die oproep om met moed jou oortuigings na te streef, bly dieselfde.  Wat is die oortuigings waarvoor jy vandag die moed het om jou lewe te waag?

Dag 4 – Hoe dit werk – 22/10/09

Lees Rigters 5:11b-23

Leierskap is per definisie die inspirasie om mense in ‘n rigting te beweeg wat hulle nie andersins gewillig sou wees om te neem nie.  Van tyd tot tyd vra goeie leierskap van mense om onbekende terrein te betree en verg dit baie moed.  Lees hier hoe die verskillende stamme van Israel hierdie situasie, wat hulle as heeltemal onmoontlik gesien het, hanteer het, sommige met groot onderskeiding (Wes van die Jordaan: Efraim [ook dié wat in Amalek in die suide woon], Makir [deel van die Manasse stam wat wes van die Jordaan gebly het], Benjamin, Sebulon, Issaskar en Naftali ) en ander weer nie (Oos van die Jordaan: Ruben, Gilead [ deel van die Makir groep wat oos van die Jordaan gebly het!]; Langs die see: Dan, Aser).  Wat moet jy vandag doen om jou roeping na te kom?