Matt 6 – Jesus – Om in afhanklikheid van God te leef – Son 11 Okt 09
Almal ontvang ‘n blom, skryfding en papiertjie soos wat inkom
Speel video van blomme wat oopgaan. CD “African Forests” speel, Snitte 1, 3 & 9
Verwelkoming
Votum
Kyk na blommetjie in hand,
bestudeer in detail.
Jesus sê in Matt 6:
Let op hoe groei die veldlelies:
hulle swoeg nie
en hulle maak nie klere nie.
Maar Ek sê vir julle:
Selfs Salomo
in al sy prag
was nie geklee soos een van hulle nie.
As God dan die gras van die veld,
wat vandag nog daar is
en môre verbrand word,
so versier,
hoeveel te meer
sal Hy dan nie vir julle sorg nie?
Dink daaraan God sorg.
Seëngroet
Lied 509 Op Berge en in dale (staan)
Gebed
Skriflesing Matteus 6:25-34
Preek
Matriek stuurdiens –
aan Here opdra tyd voorlê – eksamen, res van lewe.
Boodskap stuur.
Vandag teks goeie boodskap:
31 “Julle moet julle dus nie bekommer
en vra:
‘Wat moet ons eet
of wat moet ons drink
of wat moet ons aantrek?’ nie.
33 Nee,
beywer julle allereers
vir die koninkryk van God
en vir die wil van God,
dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Laat nou maar eerlik wees:
lewe vol bekommernisse.
Matrieks:
(nog nie gehad): Matriek-afskeid, date, klere
eksamen
Ons almal bekommer oor goed:
of gewild genoeg is
hoe lyk
of genoeg geld het
gesond genoeg
werk gaan kry – werk gaan hou
Iemand gesê:
• mense wat nie weet nie, bekommer omdat nie genoeg weet
• mense wat weet, bekommer omdat te veel weet
• ryk bekommer gaan verloor wat het
• arm bekommer omdat nie genoeg het
• ou bekommer omdat dood in gesig staar
• jong bekommer omdat lewe in gesig staar
Navorsing (VSA, natuurlik) grootste bron van bekommernis:
• 36% werk
• 22% geld
• 10% kinders
• 7% gesondheid
• 5% huwelik
• 5% ouers
• 19% min bekommernis
• 5% niks bekommernis
Jesus teks: moenie bekommer
Kyk na lelies – veldblomme.
Na voëls.
Gaan vlieg-vlieg,
fluit-fluit deur lewe.
Klink amper soos liedjie gewild was toe ek kind:
“don’t worry, be happy” (ken?)
1988 – Matrieks vandag nog nie gebore?
(Bobby McFerrin, plaat gekoop)
Here is a little song I wrote
You might want to sing it note for note
Don’t worry be happy
In every life we have some trouble
When you worry you make it double
Don’t worry, be happy……
Ain’t got no place to lay your head
Somebody came and took your bed
Don’t worry, be happy
The land lord say your rent is late
He may have to litigate
Don’t worry, be happy
Lood at me I am happy
Don’t worry, be happy
Here I give you my phone number
When you worry call me
I make you happy
Don’t worry, be happy
Ain’t got no cash, ain’t got no style
Ain’t got not girl to make you smile
But don’t worry be happy
Cause when you worry
Your face will frown
And that will bring everybody down
So don’t worry, be happy (now)…..
There is this little song I wrote
I hope you learn it note for note
Like good little children
Don’t worry, be happy
Listen to what I say
In your life expect some trouble
But when you worry
You make it double
Don’t worry, be happy……
Don’t worry don’t do it, be happy
Put a smile on your face
Don’t bring everybody down like this
Don’t worry, it will soon past
Whatever it is
Don’t worry, be happy
Klink regtig asof Jesus in teks sê: don’t worry, be happy.
Klink alles baie oulik,
lekker liedjie te hop,
maar dis tog nie realisties nie!
Lewe werk nie so.
Ons moét vooruit dink,
vooruit beplan.
Mens moet tog eet, drink, aantrek.
Dan kan nie ander bekommerd wees,
as skeinat handboek oopmaak,
koste van universiteit sien,
statistieke van werk.
Kyk na die voëltjies en lelies
en moenie worry oor die eksamen nie?
Moenie bekommer oor sales target,
kind wat …
Amper alles Jesus in bergpredikasie
(waarvan teks deel)
klink só.
Want Jesus praat manier van lewe vir ons totaal vreemd,
heeltemal verskil van werklikheid óns gewoond.
Praat nie van Bybelse tyd vs ons tyd –
praat van lewenshouding van
geloof en ongeloof,
ten minste geloof en kleingeloof.
Waaroor Jesus praat,
is lewenshouding –
manier waarop lewe,
waarop kies te fokus.
Sport: “extreme skiing”.
mense ski by lang, gevaarlike berge af –
hellings van 45-60+ grade
teen geweldige spoed.
Kan allerhande goed in pad wees: rotse, bome.
Sommige mense al dood tydens sport,
baie ernstig beseer.
Een van gunsteling goed doen,
is om op vars, diep sneeu
deur woud te ski.
Baie gevaarlik,
baie mense dood.
Een van ski-ers verduidelik,
wat lewensbelangrik is wanneer so deur woud jaag,
is waarop jy jou oë fokus.
Kyk na spasie tussen bome, nie bome,
kyk na spasies waar hoop om te ski.
Die geheim, sê hulle, is om nie te staar na dít wat jy nie wil tref nie.
Is wat Jesus hier sê.
Nie: don’t worry, be happy,
maar: moenie staar na dit wat jy nie wil tref nie.
Hou jou oë op die regte ding.
Bekommernis amper soos mis.
Hoeveel water is daar in mis?
Mis sewe blokke,
100 ft diep,
minder as 8 oz water!
Dis hoe bekommernis is:
dis soos digte mis oor lewe neersak,
maak niks anders kan sien,
net in mis vaskyk,
terwyl dit eintlik niks is nie!
Dis nie dat daar niks is nie –
as ski, is bome daar!
Gaan oor waarop jy fokus:
Gaan jy jou bekommer
of beywer?
Jesus sê moet in alledaagse bestaan
beywer vir koninkryk
om wil van God te doen.
Gaan oor prioriteite:
waarmee hou besig,
waarop fokus,
wat wil bereik,
wat maak program vol?
Fokus op wil van God vir lewe,
God se wil nommer een,
staan voorop.
Allereers.
Wat is allereers in jou lewe?
Wat maak jou dagboek vol?
Wat is dryfveer vir doen en late?
Kan natuurlik baie dinge wees:
finansiële sekuriteit,
pret.
Edele sake:
A-simbook,
prestasie…
Al hierdie goed kan lewe oorheers,
denke so vol maak,
dat net dit sien,
net daarmee besig,
eintlik afgod word.
Jesus niks teen A-simbole,
of begeerte A te behaal –
minstens deurkom.
Inteendeel.
Dis juis verrassing in teks:
Jesus sê:
God sal vir jou al hierdie dinge gee!
En ook nie effentjies,
snoep of suinig nie,
maar oorvloedig.
Let op die lelies!
Kyk na die voëls!
Is ons nie meer werd as hulle nie?
Is ons nie vir God belangriker as die gras van die veld,
wat vandag nog daar is en môre verbrand word nie?
Hoeveel meer sal hy nie vir óns sorg nie!
Jesus sê:
Julle Hemelse Vader
weet tog dat julle dit alles nodig het!
êrens anders sê hy:
Julle Vader weet wat julle nodig het,
nog voordat julle dit van hom vra (Matt 6:8).
Daarom gee hy vir ons
oneindig meer…
as wat ons bid of dink! (Ef. 3:20)
Hy bewaar ons só
dat selfs geen haar van ons kop kan val
sonder die wil van die Vader nie (Matt 10:30)
Getuienis – Sarita Nell
Vertel vir mekaar hoe God vir jou sorg / gesorg het.
Wie van ons kan,
deur ons te bekommer,
ons lewe met 1 uur verleng?
Inteendeel:
43% van alle volwassenes
gesondheidsprobleme a.g.v. bekommernis en stress.
75-90% van alle besoeke aan dokters
stress-verwante siektes.
Bekommernis maak jou siek.
Fil. 4:6
Moet oor niks besorg wees nie,
maar maak in alles
julle begeertes
deur gebed
en smeking
en met danksegging
aan God bekend.
1 Petrus 5:7
Werp al julle bekommernisse op Hom,
want Hy sorg vir julle.
Skryf bekommernisse neer op papier wat aan begin ontvang.
Gee kans om bekommernisse op Hom te werp,
vir God te gee,
laat gaan,
verbind eers koninkryk te soek –
gooi in sakkie.
Neem 10c –
lelie,
elke keer lelie – of voëltjie sien,
onthou:
moet julle nie bekommer nie . . .
beywer julle allereers
vir die koninkryk van God
en vir die wil van God,
dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
• Charel sing: Ek kyk op na die berge
Sakkies met bekommernisse word onder kruis neergesit.
• Johan McFarlane bid vir verskillende bekommernisse,
• Spesiale gebed vir matrieks – Morag – matrieks staan.
Soos Hannah van ouds klein Samuel na die tempel gebring het, bring ons vandag hierdie jong gelowiges terug na U sodat U hul kan uitstuur vir die taak waarvoor U hulle voorberei het gedurende hul tyd in hierdie gemeente.
Ons staan vandag nederig voor U, oorweldig deur U vertroue in ons, as ouers en gemeentelede, dat U dit goedgedink het om ons met hierdie taak te vertrou. Sommige van hierdie kosbare kinders is al 18 jaar deel van ons gemeente, ander ‘n korter rukkie.
Here, ons vertrou dat hul hier, in hul hawe, U liefde en verlossingsboodskap hul eie gemaak het. Hul staan, soos ‘n jong Samuel, op die drumpel van hul volwasse lewe en vra: “hier is ek Here, wat wil U hê moet ek doen?”
Ons harte skree nee, hoe kan ons hul laat gaan. Hul is nog so broos en jonk! Ons weet egter en glo dat elkeen van hierdie kinders deur U gevorm, gemaak en geroep is om deel van U liggaam op aarde te wees. U het hul toegerus met baie talente en gawes, spesifiek vir daar waar hulle U koningryk op aarde gaan uitbou.
Vir sommige van die besondere jong mense sal die gemeente steeds ‘n hawe wees, vir ander sal hul ‘n nuwe geestelike tuiste moet gaan vind, daar waar hul lewensboodjies in vreemde, vêr plekke ‘n hawe gaan soek om vas te anker.
Ons vertrou op U, Heilige Gees, dat U met hul elkeen sal wees. Ons weet ons kon hul slegs die basiese beginsels van U liefde, genade en verlossing leer. Onmoontlik om hul vir elke toekomstige situasie voor te berei. Versterk hul met die wete dat hul nooit alleen sal wees nie. Herinner hul dat daar, wanneer hul alleen voel, dat hul nooit verlate is nie en dat U soos ‘n vertroude skaduwee, vasgebind aan hul voete, elke tree van die pad met hul loop, die pad wat U hul voor geroep het.
Die laaste fase van hul skoolloopbaan, die eind eksamen, is op hande. Wees met hul, versterk hul sodat hul ook hierdie groot taak as waardige Gods kinders kan voltooi. Ons is hartseer om hul te laat gaan maar kan ook juig omdat U getrou is en ons weet dat hul elkeen vir U kosbaar is en dat niks hul nooit, ooit, uit U beskermende hande kan ruk nie. Daarvoor loof ons U. Amen.
Dankoffer – Gr 11’s neem op
Lied 471 Soek allereers die koninkryk van God (sit)
(terwyl dankoffer opgeneem word.)
Slotlied Lied 286 Here God van liefde
• Eers staan net matrieks, vervang “ons” met “hul”, daarna sing weer, almal staan.
Seën