As ons regtig tot stilstand gekom het in ons aanbidding en wag op die Here, is dit vanselfsprekend dat ons bewus kan raak van ons eie sonde. Dit is die derde element van ons gebed.
Wat het ‘n selfoon, ‘n rekenaar en ‘n pen en stukkie papier in gemeen? Wel, hulle kan almal praat!! Of altans, mense gebruik dit om met mekaar te praat. Jy bel iemand, tik vir hulle ‘n epos of skryf ‘n briefie en pos dit! Maar, kan ons so maklik met God praat? Hy het dan nie ‘n selfoon nommer, epos of posadres nie?! Dis makliker as wat jy dink! Jesus leer ons om te bid en ook hoe om dit te doen. Ons lees Joh.17:6-11, sing saam en doen ‘n aktiwiteit wat ons help om te onthou vir wie of waarvoor om te bid.
Ek lees die hele teks van die Hemelvaart in Handelinge 1 sodat jy vandag daaroor kan nadink. Ek gaan kortliks sewe aspekte van die Hemelvaart uitlig om jou leiding te gee oor waaroor om oor na te dink. Jy kan een daarvan kies en die betekenis daarvan vir jou bepeins. Ek plaas ook die teks van die Heidelbergse Kategismus aan die einde vir verdere leeswerk.
En dan gaan ek jou aanmoedig om jou op gebed toe te lê. Dit is immers wat die dissipels daardie tyd gedoen het. Dit is ook waaroor die Pinkstertema gaan: Waak en Bid.
Ons begin met die eerste element van gebed: Aanbidding.
Om jou daarvoor voor te berei, wil ek eers iets sê oor die plek waar jy bid.
‘n Alleenplek
Almal van ons het ‘n plek nodig, ‘n plek waar jy alleen kan wees met God. ‘n “Binneste kamer”.
6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon. (Matt 6:6).
Ek het al baie oor gebed gepreek. Ook verskillende Pinksterreekse oor gebed gehou. Maar, hierdie reeks is anders.
Hierdie reeks is vir gelowiges wat dieper in die praktyk van gebed wil ingaan. Wat wil leer hoe om beter te bid.
Ek is in my voorbereiding getref deur hierdie stelling van Dick Eastman:
“Where there is an absence of prayer there will be an absence of power. Where there is frequency of prayer there will be a continuing display of God’s power.” (Dick Eastman, The Hour That Changes the World).
Daar is diep in my ‘n behoefte om jou bloot te stel aan hierdie krag van gebed. Aan die werklikheid dat gebed dinge verander. Hoekom? Want God stel Homself oop om op ons versoeke en behoeftes te reageer. Gebed ontsluit God se krag in ons lewe.