Skip to main content

Luk 15:11-24 – Son 15 Feb 09

Praat die waarheid –
BELYDENIS EN SELFONDERSOEK – een van die gewoontes om die valse self te laat
staan

1.    
Valse Self

Dra ons maskers?  Is ek na buite soos wat ek na binne is?  Natuurlik nie!  Dankie tog vir goeie maniere wat die filter
is waardeur my gedrag gestuur word sodat ek doen wat sosiaal reg is en nie soos
ek voel om te doen nie.  Hoe ek gaap en
kou is ook nou die belangrikste voorbeelde nie. 
Daar is ingrypender dinge wat ek na buite doen, wat miskien nie so eg ek
is nie.  Dink aan jou verhoudings met
ander mense.  Jou empatie met mense, voel
jy regtig so, of doen jy dit maar net omdat dit die regte ding is om te doen?

My selfversekerde
optrede:  voel ek na binne ook so, of
woel dit soms hier binne-in my van onsekerheid? 
My geneigdheid om geredelik my mening uit te spreek sonder om ruimte vir
’n ander se mening ruimte te laat, voel ek na binne ook so, of is ek net juis so
onseker, daarom het ek dit nodig om hierdie absolute sekerhede vir myself te
skep.

My vroom
geloofsverhouding met die Here:  hoe eg
is dit?  My dikwels belyde liefde vir
God, is dit leë woorde of deurleefde ervaring?

Die baie eise wat aan
ons gestel word, die baie komplekse situasies waarin ons geplaas word waarin
ons ’n optrede moet vind wat werk, wat doen dit aan ons?  Ek wonder soms oor die storie dat ’n mens
soveel verskillende lae kan hê soos ’n ui. 
Jy kan laag na laag afskil, en aan die einde bly daar niks oor nie.  Ek is ’n eggenoot, ’n dominee, ’n
verhoudingsterapeut, ’n kind, ’n oom,  ’n
….  Wat is ek in my kern regtig?

Dan vind ons dikwels
ons identiteit in verkeerde goed van verbygaande aard. 
Hierdie valse self
probeer om deur middel van minder belangrike goed soos sukses, status, familie,
beroep, voorkoms en reputasie, ’n begrip van wie jy is te skep.  Dan is ek ’n dominee of terapeut ook in my
optrede teenoor my vrou of my familie. 
Of ek is ook in persoonlike verhoudings die uitvoerende amptenaar, of
die hoogleraar.

2.    
Wie jy is
in God se oë?

Die Bybel gee ons ’n ander perspektief op onsself as
die wêreld.   In die Bybel kry ons God se
perspektief op ons.  Daar sou veel meer
wees wat ons kan aanhaal, maar hier is ’n paar gedeeltes wat tog help:

Ons uitgekies:   16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies
en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. (Joh 15:16)

Ons is geliefd:  Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy
noem ons kinders van God, en ons is dit ook.  (1 Joh 3:1)

Ons is vriende van Jesus:  15 Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n
ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat
Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.  (Joh 15:15)

Ons is ’n tempel van God:   16 Weet
julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon
nie? 
 (1 Kor 3:16)

Ons is geskep om die goeie te doen:   10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep
om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
(Efe 2:10)

Ons op ’n wonderbaarlike wyse geskep:   14 Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen
het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:
15 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon
sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. 
 (Ps 139:14 & 15).

3.    
Verlore
Seun

Is hierdie verhaal nie
aangrypend nie?  Na al die jare se
bekendheid daarmee, tref dit steeds. 
Moontlik omdat ons onsself daarin kan erken.  Die swaar wat hierdie jongman gekry het,
dwing hom om op ’n realistiese manier na homself te kyk.  Hy is tussen die varke, nie meer joviaal,
gewild, ryk, nie.  Slegter kan dit seker
nie met hom gaan nie.  Maar dit verskaf
die impetus vir hom om te besluit:  Ek sal na my pa toe teruggaan …

En dan die ontroerende
oomblik.  Hy kom met al sy verskonings
wat hy seker oor en oor  soos hy gestap
het, ingeoefen het.  Pa, ek het teen God en teen pa gesondig …  Maar dit lyk my hy kry nooit die
geleentheid om hierdie hele toespraak te lewer nie.  Sy pa soen sy woorde van sy lippe af.  Wat ’n mooi voorbeeld van ver-soen-ning, skryf ’n teoloog!  En ook aangrypend:  Sy pa sien hom toe hy nog ver was …  Hy moet dag vir dag vir hom staan en wag het!

So is die God wat ek
en jy aanbid!

4.    
Ken
jouself

En daarom, voor
hierdie God, kan ek dit waag om myself te probeer vind.  Voor so ’n God kan ek myself eerlik
verootmoedig, kan ek my swakhede en valshede erken en bely.  Want Hy veroordeel nie, Hy het lief, Hy wag
vir my, Hy dink baie van my, ek wil my juis op ’n egte wyse voor Hom laat leef.

Daarom kan ek die
Heilige Gees vra om my hart oop te maak oor dit wat waar is van my.  Ek kan myself voor God oopstel omdat ek
veilig by Hom is.  Daarom kan ek bely en
sy vergifnis vir myself toeëien, wat die begin van ’n pad van vernuwing en
verandering is.

5.    
Hê jouself
lief

Aanhaling uit Shirley Valentine.

Ek mag myself maar
liefhê.  Ek mag myself maar aanvaar.  Want hoe sal ek julle kan liefhê as ek nie myself
liefhet nie.  Ons moet dan mekaar liefhê
soos ons onself liefhet.  Maar dit beteken
dan nie dit is ’n onrealistiese selfliefde wat nie ruimte benodig vir bekering,
vergifnis en groei nie!  Dit is juis ’n
sober oordeeloor jouself met jou sterkpunte maar ook jou swakpunte.

6.    
Vrug
hiervan

Jy behoort in jou
verhouding met die Here te kan groei.  Hy
behoort jou op hierdie pad te kan oortuig van verkeerde dinge in jou lewe.  Want jy het ’n nuwe blik op jouself.

Jy behoort ook nuwe
verhoudings met ander mense te kan kom. 
Jy behoort groter deernis met hulle swakpunte te kan hê ….

 

 

Kol 1:9-14 – Son 8 Feb 09

Sondag 8 Februarie:  Tema:  Uiters waardevolle gisters (daaglikse ondersoek).

Votum:  Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos n leerling moet luister. Die Here my God het my geleer om te luister. (Jes 50:4b-5a).

Wet: Lees Ef 3:14-19.

Ons ken die wet, dat ons God en ons naaste bo alles moet liefhê. In die gedeelte bid Paulus vir sy lesers dat hulle die vermoë sal ontvang om te begryp hoe groot die liefde van God is. Dit is alleen wanneer ons God toelaat om ons lief te hê en wanneer ons gereeld op Hom wag om sy liefde vir ons aan ons te openbaar, dat ons ook self gevul word met sy liefde. Dan kan ons ook vir Hom en vir mekaar opreg liefhê.

Respons:  Sing – Waar daar liefde is en deernis, daar is God die Heer.

Prediking:

Om in die kerk groot te word, het baie voordele, maar daar is ook nadele aan verbonde. Een van die groot nadele is dat mens so gewoond raak aan alles, so gewoond aan die manier waarop daar oor God gepraat word, so gewoond aan ons manier van dink oor God, praat met God en luister na God, dat ons nie regtig oop is daarvoor dat God werklik deel word van ons totale lewe nie.

Want sien, my ervaring daarvan is dat meeste van ons aan God `n sekere plek toeken, `n plek en tyd waar Hy met ons kan praat en waar ons na Hom wil luister. Maar dan is daar ook baie plekke en tye, miskien meer as eersgenoemde, waar God glad nie `n rol speel nie. Daarom is dit maklik om van God iemand te maak aan wie ons net aandag gee wanneer dit ons pas, inroep wanneer dit ons pas. Dit kan maklik gebeur met mense wat in die kerk opgroei, dat hulle nie werklik besef wie God is en wat dit beteken dat Hy Here van ons totale lewe word wat altyd en oral by ons betrokke is nie.

Ek glo dit is wat Paulus ook in gedagte gehad het met sy gebed vir die Kolosense. Lees Kol 1:9-14.

Luister mooi waarvoor bid hy: dat julle deur al die wysheid en die insig wat die Gees gee…
Dit is verskriklik belangrike woorde – want sien die Gees van God kom maak woning in ons as sy kinders, Hy word deel van ons totale lewe. En as sodanig, is Hy voortdurend besig, van jaar tot jaar, van maand tot maand, van week tot week, van dag tot dag, van oomblik tot oomblik om met ons te praat; om vir ons wysheid en insig te gee. Dit is sy werk, dit is hoekom Hy in ons kom woon het. Hy is nooit passief nie, nooit ledig nie, los ons nooit alleeen nie, hou nooit op om met ons te praat nie. Daar is nooit `n oomblik waarin Hy nie probeer om ons aandag te kry om ons te vul met Goddelike wysheid en insig nie.

Jy sê: “maar dis nie waar nie – ek ervaar dan niks daarvan nie.” Dan is dit juis omdat jy té gewoond geraak het aan God, en daarom aan Hom `n sekere plek en rol toegeken het, soos wat jy Hom verstaan. En met die plek en rol wat jy aan Hom toegeken het, is daar by jouself geen openheid om na Hom te luister nie, word daar nie aktief opgelet waarmee Hy besig is nie, word daar nie werklik aandag gegee aan dit wat Hy sê of doen hier binne jou van oomblik tot oomblik nie. Moontlik nie omdat jy nie wil luister nie, maar net omdat jy nie verwag dat Hy met jou praat nie, omdat dit nie inpas in jou verwysingsraamwerk nie.

Kom ek deel `n voorbeeld.
`n Paar jaar terug was ek met `n groepie studente in Zambië vir `n uitreik. Net nadat ons daar aangekom het, deel die Zambiërs ons mee dat hulle die naweek een of ander feesgeleentheid in `n groot sokker stadion het. Almal van hulle moet daar wees en ons word ook genooi om te deel in die feesgeleentheid.
Ons het dus die volgende oggend vroeg van die Jeugsentrum af (waar ons tuisgegaan het) begin stap na die stadion toe, wat so ongeveer 6 km van die Jeugsentrum af is. Dit was `n winderige dag, grondstrate (of eerder stofstrate). Almal het windverwaai en vol stof by die stadion aangekom. Al die verrigtinge was in die Zambiërs se moedertaal, so die studente het niks verstaan van wat gesê word nie. Die middag laat het ons weer teruggestap na die Jeugsentrum. Teen daardie tyd het ek agtergekom die meeste van die studente is maar redelik geïrriteerd. Hulle kon nie enige sin in die bywoning van die geleentheid sien nie en die stap deur die “township” met die wind wat die stof aanmekaar in ons oë waai was dit nie `n aangename ervaring nie.

Daardie aand het ons as span saam stilgeraak (soos ons gewoonte is tydens sulke uitreike). Ek vra toe vir hulle om terug te dink aan die dag, aan alles wat gebeur het en dan vir hulleself die vraag af te vra: “Wat wou God vandag vir my leer of wys deur dit wat ek ervaar het?”. Na `n paar minute se nadenke, het ons met mekaar gedeel. Dit was regtig verassend om te hoor wat toé alles uitgekom het. Skielik het hulle bewus geword van sake wat hulle vroeër glad nie aan gedink het nie. `n Dag wat aanvanklik as baie negatief beleef is, het skielik `n dag van baie dieper betekenis en lering geword. Almal se gemoedstemming oor die dag het ook verander. Wat was die verskil? “Aandag.” Die feit dat hulle tyd geneem het om aandag te gee aan dit waarmee God in hulle lewens besig is. Die feit dat hulle `n paar oomblikke geneem het om na die wysheid en die insig te luister wat die Gees gee.

Weet jy wat? Jy kan dit elke dag ervaar. Jy kan elke dag op die wyse leer van God die Heilige Gees. Al wat nodig is, is om te leer om te luister, om aandag te gee, om te weet dat Hy in jou woon en met jou praat. Die enigste ding wat dit verhinder is waarskynlik dat jou aandag vasgevang word deur ander goed; goeters wat in jou verstaan van die werklikheid waarin jy leef waarskynlik belangriker is. Dinge wat in jou gemoed dringend is. Dinge wat nie kan wag tot later nie. Hierdie dinge put jou gewoonlik uit en veroorsaak allerhande worstelinge, moegheid, vrae, bekommernis, vrese, ens. Intussen is die Gees in jou wagtend om vir jou lig te gee, leiding te gee, wysheid en insig te gee; wagtend dat jy net na Hom sal draai en sal luister, sal aandag gee. Maar ongelukkig is jy té besig of té moeg. Kan jy sien hoé dom dit is?

Hoekom is dit só belangrik? Paulus sê:  “sodat julle tot volle kennis kan kom van wat sy wil is.” Kan daar enigiets wees in die lewe van God se kinders wat belangriker is as dit? Ek bedoel as jou gestoei om `n bestaan te maak, om geld te maak, om jou geld goed te belê, om planne te maak vir jou toekoms, of wat ook al gedoen word, gedoen word sonder die sekerheid dat dit wat jy doen in God se wil is – watter betekenis het dit dan? Dit gaan tog vir ons as kinders van die Here daaroor dat ons die kuns wil aanleer om vir Jesus Christus in alles na te volg, dat ons in sy wil wil lewe. Dat ons graag sal wil sê:  “Alles wat ek doen, doen ek omdat ek oortuig is dat dit die wil van God vir my lewe is. Dit is die rigting wat die Gees nou vir my aandui; dit is soos ek dit verstaan volgens die wysheid en die insig wat die Gees gee.”

Indien ons so `n manier van lewe kan aanleer, dan glo ek dat dit sal lei tot die lewe waarvan Paulus in vers 10 praat: “dat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang; dat ons vrugte sal dra deur goeie werke en dat ons sal toeneem in ons kennis van God.” Dit is eintlik logies dat so `n manier van lewe sal meebring dat ons kennis en ervaring van God dramaties sal toeneem. Ons sal soveel meer bewus word van God in ons alledaagse lewe, soveel meer leer van wat Hy doen, van wat op sy hart is, van wat Hy vir ons wil leer, van hoe Hy oor ons voel. Wanneer dit gebeur, het dit weer tot gevolg dat mens se liefde vir God toeneem.

Dan sal ons ook begin ervaar wat in vers 11 staan, dat God ons sal versterk om in alle omstandighede met geduld te volhard. Dan is omstandighede nie meer `n vyand wat buite ons beheer is en wat ons so maklik onderkry nie. Dan word omstandighede iets waarin God altyd teenwoordig is met sy wysheid en insig, met sy vertroosting en bemoediging, met sy krag en liefde wat ons dra.

Die geestelike dissipline wat ons help om so `n lewe aan te leer, word genoem die daaglikse ondersoek (daily examen).
WAARVANDAAN KOM DIT?
St Ignatius, stigter van die Jesuit Society (of Society of Jesus).Gebore 1491 in noorde van Spanje. As jong man, hou van wyn, vroue, verslaaf aan dobbel. Op 30 gewond in `n geveg. Terwyl herstel lees stories van Christus se lewe. Was aangetrek na Jesus deur die effek wat Jesus op sy volgelinge gehad het. Terselftertyd ook aangetrokke gevoel tot `n vrou, roem en glorie. Kom agter dat sy dagdrome oor die vrou, tot rusteloosheid lei, terwyl sy nadenke oor Jesus vrede gebring het. Was begin van sy bekering, ook van sy lering oor geestelike onderskeiding deur middel van `n ondersoek van emosies, gevoelens en denke.

Hy het geleer dat die werk van die HG nie net aan die intellek openbaar word nie. God word in alles gevind, ook in ons gevoelens en emosies. Kom agter deur aandag aan dit alles te gee, word meer en meer bewus van wat God hom roep om te wees. Later het daarop aangedring dat almal wat aan die Jesuiete orde behoort, elke dag hierdie ondersoek moet doen. Ook aanbeveel vir enigeen wat ernstig is daaroor om `n geestelike lewe te lei. Dit is `n baie sekere manier waarop ons bewus kan word van God se leiding in ons lewe.

Watter voordele hou dit vir ons in?
Dit leer jou om jou aandag te fokus op waarmee God besig is.
Dit werk – mense pas dit al eeue toe en die wat dit doen se lewens word daardeur verander.
Dit leer jou hoe God ook deur jou emosies, gevoelens en gedagtes werk.
Dit sal jou baie meer bewus maak van dit wat God besig is om in jou lewe te doen.
Dit help jou om te ontdek wat dit is waarvoor God jou geroep het, wat sy wil vir jou lewe is.
y sal die krag van God sien werk in en rondom jou as jy dit getrou doen.

HOE WORD GEDOEN?
Geskikte tyd – Deel van daaglikse roetine, soos tandeborsel. Elke dag dieselfde tyd.

Word rustig, raak bewus van God se teenwoordigheid in jou. Vra God om jou te wys wat Hy besig is/was om jou te leer deur die gebeure van die dag.
Dink terug aan die dag, vandat jy opgestaan het. Laat dit voor jou afspeel soos `n video wat jy kyk.
Ø Dink aan alles wat gebeur het en hoe dit jou laat voel het.
Ø Let op die oomblikke in die dag wat jou nader aan God getrek het. Jy kan dit ontdek deur te let op die ervarings wat jou meer vrygewig, meer hoopvol, meer lewendig en kreatief, tye wat jy vrede ervaar het, opgewonde of tevrede. Soms kan pynlike ervarings jou ook nader aan God laat voel. Ignatius noem dit: “moments of consolation.”  Wat wil God vir my daaruit leer?
Ø Gebruik `n paar minute om vir God dankie te sê hiervoor, bêre die ervarings in jou hart sodat jy bewus kan bly van God se betrokkenheid in jou lewe.
Ø Dink nou aan tye deur die dag waar jy vervreemd van God, ander of jouself gevoel het. Tye wanneer jy gefrustreerd, ongemaklik, angstig of vasgevang gevoel het. Tye waar jy minder openhartig en minder oop vir God gevoel het. Ignatius noem dit: “moments of desolation.” Wat wil God vir my daaruit leer?
Ø Gebruik `n paar minute om daardie tye na God te bring. Vra dan vir die genesing, krag en vergifnis wat jy nodig het.
Ø Dink dan aan die dag wat voorlê en die genade wat jy daarvoor nodig het. Bring dit na God toe en vra vir sy leiding in dit.

Deur dit te doen, erken ons eenvoudig dat God die Here van ons lewe is, dat Hy lewend en aktief betrokke by ons is, dat Hy in ons woon en besig is om deur sy Gees vir ons wysheid en insig te gee. Sodoende word alles wat in en rondom my gebeur deel van God se gesprek met my. Dit kan ook nie anders nie, want God is totaal en al deel daarvan – dit is nou as jy werklik glo wat die Bybel van Hom sê en nie net `n godsdienstige lewe leef volgens tradisie nie. As jy dit wat jy op die manier leer, elke dag dan ook in `n joernaal aanteken, en dan weer op `n maandelikse basis gaan kyk wat God die afgelope maand vir jou geleer het, sal jy oor `n paar maande verbaas staan om te sien hoé aktief God besig is om in en rondom jou te werk.

Dit beteken dat ek erken dat God ook met my praat deur dit wat in my liggaam gebeur. Ek word al meer bewus van liggaamlike reaksies soos hoofpyne, migraine, maagpyn, gespanne skouer- en nekspiere, neerslagtigheid en skuldgevoelens. Die maklikste manier om daarvan “ontslae te raak”, en wat deur die samelewing rondom ons voorgeskryf word, is natuurlik medikasie. Drink `n pilletjie en voel beter, of eet `n sjokolade, of koop `n tydskrif, of gaan fliek. Alles maklike ontsnaproetes wat ons aanleer wanneer ons die dinge ervaar.

Dit sou baie meer van waarde wees as ons kan leer om ook hieroor by God stil te raak en vir Hom te vra: “Here waar kom hierdie kopseer vandaan?, Wat is die oorsaak daarvan?” Moenie dink dat dit net `n belaglike oefening is nie. Hy is `n lewende God en kan aan ons insig gee – dit is wat die werk van die Gees is, om vir ons wysheid en insig te gee. Ek het dit al so baie voor my oë sien gebeur, dat iemand na my toe kom met een of ander probleem en sê: ek weet glad nie waarvandaan dit kom nie. Dan sê ek, kom ons vra dat die Here dit vir jou sal wys. Dan bid ons en vra daarvoor, bly stil en wag op Hom. Na `n paar oomblikke dan sê die persoon: “Ek dink ek weet nou waarvandaan dit kom.” Dan het die Gees insig gegee deur iets na vore te bring, `n gedagte, `n herinnering.

Die manier waarop ons leer om so in afhanklikheid van die Gees te lewe, is deur dit in te oefen. Deur dit te doen, kan jy moontlik agterkom waarom jou liggaam op sekere maniere reageer in sekere omstandighede. Die Gees bring sekere ervarings terug in jou geheue, soms is dit nodig dat daar genesing moet plaasvind, dat jy verlos moet word van sekere vrese of angstigheid. Wanneer dit gebeur, dan reageer jou liggaam nie meer soos altyd nie.

Ek bid regtig dat jy sal hoor en verstaan watter tipe lewe vir ons as kinders van God moontlik is; sal insien watter moontlikhede van groei dit inhou; watter moontlikhede dit inhou om God beter te leer ken, om nader aan Hom te kom, om te groei in die verstaan en doen van sy wil. Dit is die lewe wat God vir sy kinders bedoel het, dat Hy werklik `n verskil in ons lewens sal maak, `n rol sal speel ons Herder sal word, ons Raadsman, ons Geneesheer en Verlosser, ons Vader, ons God!  Verlang u daarna?  Begin dan om op die manier te leef.

 

 

 

Neh 8 – Son 1 Feb 2009

Verwelkoming & Afkondigings
Votum (Hummel “Mass in E flat – Sanctus”; Ps 111:1-4)
Seëngroet
Lofsang (sonder aankondiging)

  • Psalm 111:1-2 (staan)
  • Lied 184: 1 & 4 (staan)
  • Lied 224 x 3: Afr, Latyn, Afr (sit)

Kerkraadsvoorstelling

  • Lied 212: 1 & 3 (staan)

Kindertyd

  • Lied 163 (sit)

Gebed
Skriflesing & preek

Esra / Nehemia aanvanklik een boek ,
Eers 3e eeu n.C. geskei,
Esra / Nehemia / Kronieke vorm eenheid.  

Jode weggevoer Ballingskap,
Mettertyd, nadat Perse Babilon oorwin,
 begin stuk-stuk terugkeer.  
Terugkerende ballinge nie met oop arms ontvang     .

Omtrent 70 / 80 jr. na terugkeer eerste ballinge,
Esra terug na Israel,
Om wet volk te leer –
Wet beteken Torah, nie net wet as sodanig, God stem.  

Maar omstandighede so sleg,
Esra nie veel sukses behaal.

12 jr. later kry Nehemia toestemming,
Goewerneur aangestel,
Terugkeer Jerusalem,
Mure herbou.    

Her-opbou en ontwikkelingsprogram van Nehemia nie sonder teenstand –
Etlike ekonomiese en sosiale probleme.  
Teenstand van Samaritane,
Selfs vanuit Jerusalem,
Mense saboteur,
Iemand gesê jakkals been teen muur lig, omval.
Verskeie terugslae,
Selfs komplot Nehemia te vermoor.

Dan, uiteindelik, Nehemia 7, muur voltooi. ,
Sensus ballinge teruggekeer.
Dan:
                               
Nehemia 8:1-12

Res van hoofstuk, verder aan,
Nog meer feesvieringe,
Herontdekking ou tradisies van aanbidding & fees.

Chris verlede week gesê begin reeks geestelike gewoontes,
Verlede week dors na God,
Behoeftes kom van God,
Gees manier om in gewoontes in te lei.  

Natuurlik baie gewoontes / dissiplines.
Die meeste van ons bekend Richard Foster.
Kwartaal verdeling van Adele Calhoun,
Ook Didage geestelike gewoontes –
Verdeel gewoontes in:

  • Aanbidding
  • Oopstel vir God
  • Vals self verstaan
  • Lewe met ander te deel
  • Luister na God Woord
  • Christus liefde beliggaam
  • Gebed

Gaan al groeperinge aandag gee eredienste,
Didage detail.

Vandag:  Aanbidding
(Insluit

  • Viering,
  • Dankbaarheid
  • Nagmaal
  • Lewensreël
  • Sabbat
  • Lofprysing)

Mense is gemaak vir aanbidding.
Ons almal gaan iets of iemand aanbid.  
Bob Dylan – You’re gonna serve somebody.  

Iemand gesê as ons nie kan aanbid,
Is ons stom,
As nie kan kniel,
Is in kettings.

Gaan altyd aan iets hoogste waarde toeken.

Beteken natuurlik nie almal aanbid God
Kan geld
Sukses
Mens
Tuin
Belydenis
Saak ens.

Maar uiteindelik gaan dit wat ons dien / aanbid, ons lewens vorm.
Gebeur soms dat selfde goed as kultuur aanbid:
Kulturele identiteit,
Huise
Geld
Pensioenfondse
Vakansies
Gemak.

Niks hiervan sleg!
Maar wanneer hierdie goed vir ons meer waarde het as God,
Dan aanbid ons tweederangse dinge.  
Gaan nooit bevredig –
Slegs God aanbid bevredig.  

Aanbidding help onthou wat is eintlik belangrik,
Waaroor lewe werklik gaan.
Gewoontes van aanbidding plaas res van lewe in perspektief,
Goed ons insuig, opslurp,
In opgaan,
Asof hele lewe daaroor gaan…
Oomblikke van aanbidding tree terug,
Sien waarom lewe werklik gaan,
God eer,
Lewe in lyn met hom kry.

Ek dink Chris praat van in 60 gewoontes –
Ek nie lus te tel –
Maar op die ou end is aanbidding waaroor elkeen van die dissiplines gaan.

En aanbidding is nie net wat op Sondag in erediens doen.
Elke geestelike gewoonte,
Hele lewe,
Loop uit op aanbidding.
Dit is einddoel van lewe –
Om God te aanbid!

Interessant hierdie viering Neh 8,
Uitloop in deel met ander.

Hebr 13:15-16
Laat ons dan onophoudelik
Deur Jesus aan God ‘n offer van lof bring,
Dié lof wat aan hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely.
Moenie nalaat om goed te doen
En mededeelsaam te wees nie,
Want dit is die offers wat vir God aanneemlik.

So gewoontes ook inmekaar gevleg,
Oorvleuel –
Daarom nie vandag aandag gee aan gemeenskaps-aspek van aanbidding,
Later weer by self deel met ander;
Christus liefde beliggaam.

Elke geestelike gewoonte wat daar is,
Bestaan om ons oop te maak vir God.
Gaan nie oor gewoonte in sigself –
Gaan oor God, hóm aanbid.  

God het ons geskape om deel te wees van die goddelike gemeenskap,
Ons is nie vryskut siele nie.
Lank gelede gepreek,
Antieke manier drie-eenheid verduidelik,
Dans.

Ons geskape te dans in arms van drie-eenheid.  

Geestelike gewoontes manier om dans te leer,
In te val by ritme van drie-eenheid.

Aanbidding is om in God se arms te val en sê:
Nie my wil nie, maar u wil geskied.
Ek is die klei, u is die pottebakker.  

Aanbidding natuurlik nie gelykstaande aan kerk toe gaan.
Profete in OT telkens,
Leë aanbidding,
Offers,
Deur motions gaan,
Hart nie daarin,
Bedoel nie.

Jesus geweet mense kan sinagoge toe gaan,
Maar in kop besig wees met transaksie wat Maandag sluit,
Werk wat Dinsdag aan huis gaan doen.  
Matt 15:8
Hierdie volk eer my met hulle mond,
Maar hulle hart is ver van my af.

Daarom belangrik onthou dat aanbidding
Daaroor gaan om God eerste in lewe te sit.
Die hart van aanbidding
Is om God beter te leer ken
Om hom lief te hê op jou eie unieke manier.

Aanbidding nie afhanklik van omstandighede.
Dink God aanbid net as ons behoeftes voldoen,
Net vir aspekte van God natuur waartoe ons aangetrokke.
Israeliete moeilike omstandighede,
Hoewel Neh 8 muur herbou,
Nie einde van probleme –
Weet lê nog voor.

Aanbid God,
Nie omdat goed gaan,
Gelukkig voel,
Maar omdat weet God in beheer,
Erken dat hy beste weet,
Dat afhanklik van hom,
Dat ons aanbidding verdien.  

Daarom God aanbid te midde van teleurstelling,
Ook in tye van hartseer,
Verlatenheid,
Teenstand (Psalms)

Gesê Calhoun noem verskeie onderdele van gewoonte van aanbidding,
Net vinnig iets oor een sê:

Een manier aanbid,
Deur danksegging:
Dankbaarheid te erken alle goeie gawes van God af kom,
Om lewe van liefde en dankbaarheid te lei
In reaksie op God se teenwoordigheid in jou lewe.  

Mense met dankbaarheid leef,
Weet dat God ‘n God van oorvloed is,
Leef nie met mentaliteit van tekort,
Maar weet wat God gee,
Genoeg,
Daarom dankbaar.  

Nie natuurlik vir baie van ons.  
Almal ken bitter mense,
Net swaarkry,
Toetse in lewe raaksien,
Daaroor top,
Daarin opgaan.  

Almal geneig tot ontevredenheid,
Wil nóg hê.
Sommige van ons verslaaf aan
Kritiseer
Analiseer
Negatiwiteit.  

Dankbaarheid is om God se genade raak te sien,
Ook te midde van goed waaroor kon kritiseer of kla,
Vertrou dat hy in beheer,
Sy wil beste.  

(Prakties – didage & blog)

Saamvat spitsvondigheid week ontdek:
Waarde van aanbidding:

  • Rest,
  • Relate
  • Remember
  • Rejoice.

Aanbidding,
Soos bv. in Sabbat,
Help ons om te stop,
Sodat kan fokus waarop werklik neerkom,
God kan sien.

Help om ons te verbind met ander,
Met geloofsgemeenskap.
Groot feesdae, wêreldwyd,
Saam vier:
Paasfees,
Kersfees,
Pinksterfees…
Eredienste

Ander feeste,
Miskien meer wêrelds,
Verbind aan mekaar:
Moedersdag,
Vadersdag
Valentynsdag
Wanneer God aanbid,
Ook in feeste,
Verbind aan God
En aan mekaar.

Derdens help aanbidding ons om te onthou.
Wat in Neh 8 gebeur:
Saam kom, aanbid, fees vier,
Proses van onthou,
Van identiteit wat verloor het,
Herwin.  

Elke Sondag,
Elke tyd opsy sit vir aanbidding,
Help onthou wie is,
Wat belangrik is.  
Vorm ons,
Maak ons wie is.

Laastens:  
Verheug.
Wanneer God goedheid vier,
Hom aanbid,
Rus,
Verhoudings herstel,
Onthou waar in God verhaal inpas,
Dan vier fees.

Israeliete in Neh 8 –
Aanbidding loop uit in feesvieringe:
Die hele gemeente het, gaan eet,
Lekkernye uitgedeel
En groot fees gevier.

Ook verder in hoofstuk,
Huttefees.

Aanbidding maak ons vry,
Sodat fees kan vier.

Verskillende maniere van aanbid genoem,
Daar’s nog.
•    Aanbidding barometer...

Aanbidding gaan nie oor styl –
Stil, hande in lug, musiek…
Gaan daaroor dát aanbid.  

Dis hoekom vandag hier.  

Uitnooi die gewoonte van aanbidding hierdie week in te oefen –
Deur dankbaarheid
Lofprysing
Rus
Viering.
Dinge op barometer genoem.

Joernaalblad nog voorstelle,
Persoonlik,
Kleingroepe,
Families.

Deel met ons –
Blog, vertel,
Bring na kerk,
Gemeentebrief –
Toekoms – kanselkleed, kerk opmaak.  

Wat ook al manier waarop jy God aanbid,
Kom sit hierdie week spesiaal opsy,
Fokus op God,
Aanbid hom.

Gebed
Dankoffer

  • Lied 201 (staan)

Seën

  • Lied 189 (staan)

Joh 4 – Son 25 Jan 09

VERWELKOMING

Daar is by baie van ons ‘n begeerte na meer: meer tyd vir die belangrike dinge in die lewe, meer insig in wat mense by ‘n regtig betekenisvolle lewe uitbring, en veral om meer van God in ons lewe te hê. 

Die wonder is, hierdie begeerte na meer val nie uit die lug nie.  Die begeerte na meer in ‘n mens se lewe is alreeds ‘n getuienis dat God aan die werk is in ons lewe.

Wat ons nodig het, is maniere om hierdie werk van God nie net agter te kom in ons lewe nie, maar veral om ruimte daarvoor te maak, daarby aan te sluit en daarmee saam te werk.

Een van die wonderlike maniere waarop ons ruimte vir God kan maak, is deur Geestelike Gewoontes of dissiplines.  Geestelike Gewoontes is soos druppels water vir ons dors na God.  Dit skep ‘n ruimte waarin ons dors na God geles kan word: druppels vir die dors.  Dít is waarop ons dié kwartaal fokus.

Al die inligting is in die brosjures asook in die Joernaal wat u soos verlede kwartaal elke Sondag sal ontvang.  Dit is nie net vir gebruik in die kerk nie, maar veral ook in kleingroepe en saam met vriende.

Kom ons begin met ‘n lied wat van ons behoefte na God praat wat ook ons verootmoediging voor die Here is:

VEROOTMOEDIGING

Lied 163: “Soos ‘n wildsbok wat smag na water, smag my siel na U, o Heer.” – sit

VOTUM

Psalm 36:8-11:
“Hoe kosbaar is u trou, o God!
U beskerm die mense wat by U skuil.
In u huis geniet hulle oorvloed,
U laat hulle drink
uit die strome van u goedheid.
U is die bron van die lewe,
deur u lig lewe ons.
Laat u liefde bly by dié wat U erken
en u trou by dié wat opreg is.

SEËNGROET

Jesaja 55:1:
“Kom, almal wat dors is,
kom na die water toe,
selfs ook dié wat nie geld het nie, kom,
koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld
en sonder om te betaal,
wyn en melk.”

LOFSANG

Lied 154:2,3 “Hier is die Heer by ons teenwoordig, Hy skep die ruimte vir sy werk” – staan
Lied 484:1,3 “Almal wat dors het, kom geniet, die grootste gunsbewys, neem wat die Here gee, verniet.” – staan

DOOP

Lied 289:1 “Jesus, Heer, op wie ons hoop, ons maak soos U ons beveel het: Ons bring kinders hier ten doop.” – sit
Lied 288:3 “Gee aan ons kroos u hulp en troos; gee aan ons wysheid, Here.” – sit

KINDERTYD

Lied 541:1,2,3 “Ons bring aan U, Heer Jesus, ons lof en dank en eer.  Ons wil U met ons lewe, terwyl ons jonk is, eer.” – sit

Was julle al regtig dors?

Wat doen julle as julle dors is?

En help dit?

Hier is ‘n paar diere – kom ons kyk wat hulle doen?

Hoe lank help dit?

‘n Mens raak altyd maar weer dors.

Een keer het die Israeliete in die woestyn só dors geraak.  En hulle het gekla.

Wat het toe gebeur?  Kan julle onthou?

Moses het gebid en die Here het vir hulle water gegee.

Moses het op ‘n rots geslaan, en toe het daar water uitgevloei.

En hulle kon hulle dors les.

Dink julle dit was genoeg?

Nee, want hulle het weer dors geraak.

Net soos ons.

En ons kan ook vra vir God vir ons behoeftes, water, kos, klere, al die dinge wat ons nodig het.

Nou ons gaan netnou die storie lees van Jesus by ‘n put.

Weet julle wat is ‘n put?

Hier is ‘n prentjie van ‘n vrou by ‘n put.

Nou Jesus was ook dors.

En daar kom toe ‘n Samaritaanse vrou aan wat ‘n kruik het waarmee sy water kan skep.

En Jesus vra vir haar vir water.

En as sy wonder hoekom hy vir haar vra, dan begin Jesus praat van ‘n ander dors.

Die dors na God.

Want julle weet, ons sal altyd weer water wil drink as ons dors is.

En dit is reg so.  Ons is so gemaak.

Maar, Jesus kan ons dors na God regmaak.

Weet julle wat dit is as ons dors is na God?

Dit is as ons sleg voel oor iets wat ons verkeerd gedoen het, en ons wil hê Hy God moet ons vergewe, dan het ons ‘n dors na God.

En as ons bid en ons vra Hom om ons te vergewe, en ons weet mos Hy doen dit as ons dit bedoel, dan voel ons asof ‘n lekker glas koue water of ‘n glas koeldrank gedrink het.

God gee vir ons geestelike water!

En Hy les ons dors.

GEBED

SKRIFLESING

Net iets oor die put van Jakob – dit is ‘n put wat Hy gekoop het van Hamor (Gen 33) en aan Josef gegee het op sy sterfbed (Gen 50), hoewel Josef dit nooit in besit geneem het nie.  Net sy bene is daar begrawe (Jos 24).

Lees Johannes 4

WOORDVERKONDIGING

Jesus is die enigste een wat jou lewe kan verander.  Hy is die enigste een wat jou begeerte na God, daardie behoefte na sin en betekenis, na heelheid en tevredenheid kan bevredig.

En die beste manier om dit reg te kry, is om, soos Eugene Petersen dit noem, ‘n aptyt vir God te ontwikkel, ‘n dors na Hom.  Hoekom sê hy so?  In The Message, vry vertaal, sê hy dit as volg: “God is die kos en wyn van die beste ete wat jy ooit sal eet.” (Matt 5:6).

Nou die interessante van God se manier, is dat Hy ons ontmoet waar óns is, in ons behoeftes en begeertes.  Hy sit nie eers jou begeertes af en begin dán met jou werk nie.  Hy vra nie eers dat jy darem net só ‘n bietjie meer volwasse moet raak in jou begeertes nie.  God is nie ‘n askeet, een wat die vreugdes en genietinge van die lewe afsit, nie!

Nee – Hy is maar te bly as ons behoeftes het, want dan kan Hy daarby aansluit, dit bevredig, en ‘n geleentheid skep dat ons dieper dors na meer van Hom bevredig kan word.

Hoekom?  Want verborge in ons behoeftes en begeertes is ‘n aptyt, ‘n dors vir God, die een wat ware lewe gee.

KOM ONS KYK EERS VAN JESUS SE KANT AF NA DIÉ VERHAAL:

Jesus is op reis na Galilea in die noorde.  Hy vat die kortpad deur Samaria en nie die gebruiklike langer roete aan die oostekant van die Jordaanrivier om die Samaritane te vermy nie.

Nou ons moet onthou: Jode het nie met Samaritane geassosieer nie.  En dit was wedersyds.  Hulle onderlinge stryd het reeds 7 eeue tevore begin, toe die noordelike ryk, met Samaria as hoofstad, deur die Assiriërs verower is.  ‘n Klomp Assiriërs het daar kom bly, wat tot grootskaalse ondertrouery tussen die Jode en Assiriërs gelei het.  Dit het tot ’n gemengde godsdiens en ‘n gemengde rasse groep in daardie gebied gelei. Die Jode van Juda, die suidelike ryk, het die Samaritane dus as ’n onsuiwer groep mense beskou en hulle gehaat omdat hulle, volgens die Jode, hulle volk en godsdiens verraai het. Daarom het die Jode uit hulle pad gegaan om Samaria en die Samaritane te vermy.

Jesus laat Hom egter nie deur dié eeue lange stryd van stryk bring nie, en as hy by die fontein ‘n Samaritaanse vrou kry, vra Hy vir haar water.

Daarmee het Jesus twee grense oorgesteek.  Hy steek 1) die rasse en sosiale grens oor, én Hy steek 2) die geslag- of gender grens oor – Hy as man praat met ‘n vreemde vrou op ‘n publieke plek.

En die interessante van sy gesprek met haar, is dat Hy haar baie spesifiek vra om sy dors te les.  Daardeur erken Hy haar behoefte aan waardigheid, en Hy gee haar die mag om iets vir Hom te beteken.

As sy met Hom terug begin praat, bied Hy vir haar die lewende water aan, iets waarin sy onmiddellik belang stel, hoewel sy dit eers verkeerd verstaan.

En op haar vraag na die regte plek van aanbidding, lei Jesus haar na ‘n nuwe manier om God te aanbid, nie meer in Jerusalem of Samaria nie, maar op enige plek, solank dit in Gees en in waarheid geskied.

Daarmee steek Jesus natuurlik saam met haar ook 3) die godsdiens grens oor na ‘n nuwe plek waar almal voor God gelyk is en met Hom in ‘n geestelike verhouding kan leef.

Die afloop van die verhaal is treffend – die vrou wat ‘n verstoteling in haar eie gemeenskap was, dié dat sy op die middag kom water skep het, gaan terug na die Samaritaanse gemeenskap, bring hulle na Jesus toe, en herstel eintlik die gemeenskap nie net met God nie, maar ook tussen Jode en Samaritane.

Jesus bevredig dus haar behoefte aan menswaardigheid, aan gemeenskap met haar mense, maar ook aan die regte verhouding met God.

MAAR KOM ONS KYK NOU NA DIE VERHAAL UIT DIE VROU SE HOEK:

Sy gaan skep water op die warmste tyd van die dag, 12:00.  Vroue het twee keer ‘n dag gaan water haal vir hulle huise in daardie tyd, soggens en saans, wanneer dit koeler was.  Hierdie Samaritaanse vrou vermy dus die ander vroue van die dorp, miskien omdat sy verwerp gevoel het, of meer waarskynlik inderdaad ‘n verworpene was.  En verwerpte mense weet ons mos, het ‘n behoefte aan aanvaarding en gemeenskap met ander mense – al sal hulle dit wegsteek of ‘n front voorhou. Die feit dat sy saamgebly het met iemand op dié stadium verraai dat sy ‘n behoefte aan mense gehad het, al was dit dan nou ‘n opeenvolging van mans.

As Jesus vir haar by die put vra na water, is haar eerste reaksie om Hom weg te stoot met die verweer dat Jode nie met Samaritane gepraat het nie, en mans weer nie met vroue in die openbaar nie.

Maar ‘n interessante ding gebeur.  As Jesus vir haar antwoord en begin om God by haar behoefte uit te bring: “As jy geweet het wat God gee …” (vers 10) dan raak sy geïnteresseerd en wil sy by hierdie vreemdeling leer, haar behoefte na meer bevredig.

Eers toets sy nog ‘n laaste keer sy vermoë: “Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob nie …” (vers 12), maar soos Jesus haar al hoe dieper inlei in alles wat God haar kan gee, ‘n fontein van water wat in haar binneste kan opborrel en vir haar die ewige lewe kan gee, dan raak sy leerbaar.

En haar leerbaarheid lei haar tot ‘n oorgawe aan Jesus se perspektief op God en die wyse waarop Hy aanbid moet word.

En as Jesus vir haar sê dat Hy die Christus is, raak sy ‘n getuie, wat nie net teruggaan na die dorp en die waarheid oor haarself vertel nie, maar nog meer belangrik, Jesus as die Christus aan hulle voorstel.

Dit is asof die ruimte in haar lewe vir God progressief groter word deur vier fases:
•    Sy raak leerbaar.
•    Sy gee haarself oor aan Jesus
•    Sy vertel die waarheid oor haarself
•    En sy raak ‘n getuie.

En nou moet u mooi luister, want ons leer ongelooflik baie hieruit: Jesus sluit aan by haar behoefte aan aanvaarding, haar behoefte om mens in eie reg te wees, haar behoefte om ingesluit te word in die gemeenskap waar sy bly, en Hy bevredig ál die behoeftes, oor en oor … maar sy leer ook die Messias ken, dié Een wat haar diepste begeerte na God kan bevredig.

En God laat water opborrel uit die fontein binne in haar, sodat sy in die dorpie gaan getuig van die lewende water wat Jesus bring.  En haar getuienis maak die deure van die dorpie oop vir Jesus.  Hulle reageer in gasvryheid, nooi Jesus om vir ‘n paar dae daar oor te bly, en raak op hulle beurt getuies: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vir ons vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.” (vers 42).

BETEKENIS

En dit gee ons ‘n diep insig in hoe die geestelike lewe werk:

Van God se kant af sluit Hy by die behoefte aan wat dié vrou het na aanvaarding, en selfs in die geval van die dorpie.  En Jesus nooi haar uit, daag haar uit, moedig haar aan, vertoef by haar totdat sy kan reageer op die geskenk wat Hy gee.

En in die proses kom daar ruimte vir Hom in haar en in die dorpie se lewens.

Wat sien ons in die vrou?
•    Leerbaarheid
•    Oorgawe
•    Getuienis!
•    Praat die waarheid

En by die dorpie Sigar?
•    Gasvryheid
•    Getuienis

Van die vrou en die dorpie se kant af, maak hulle ruimte vir God in hulle lewe deur leerbaar te word, deur hulle oor te gee aan wat God deur Jesus vir hulle wys, deur nie stil te bly oor die geskenk van lewende water wat God deur sy Gees gee nie, deur die waarheid te begin omhels as die enigste manier waarop gemeenskap herstel word, deur gasvry te wees en deur te getuig.

En omdat dié dinge so kragtig gewerk het in hierdie mense se lewens, het dit deel geword van die geestelike wysheid van die kerk.  Die kerk het agtergekom, mense wat leerbaar word, mense wat hulle aan God oorgee, mense wat die waarheid begin praat, mense wat gasvryheid begin leef, is mense wat die lewende water wat God gee, ervaar as ‘n fontein wat in hulle binneste opborrel.

Én … het die kerk geleer deur die eeue, as jy meer van God in jou lewe wil ervaar, is dit dié dinge wat jy as geestelike gewoontes of dissiplines kan aanleer, sodat dit jou gedrag kan bepaal en jy ruimte vir God kan maak in jou lewe.  Dws, as jy leerbaar is, as jy jou oorgee aan God op ‘n daaglikse basis, as jy die waarheid praat, as jy gasvry lewe, dan gee jy God kans om sy werk te doen. 

En dit is wanneer dié dinge ‘n lewenswyse word, wat jou lewe regtig vrug begin dra, dat jou behoeftes bevredig word, dat jy ‘n fontein van lewende water vir ander word.

Só word ‘n mens met jou volle menswees en met jou spesifieke behoefte ingetrek in God se werk en kom daar ‘n ruimte dat Hy ons lewens kan transformeer.

Natuurlik is die dieptepunt van al ons begeertes eintlik ‘n begeerte na God, maar jy begin op die plek waar jy is, soos die vrou, by haar verworpe ervaring, die middag by die put, en deur die ruimte wat daar in haar kom vir God se werk,  in haar geval deur leerbaarheid en oorgawe aan Jesus lei dit haar tot ‘n lewe in waarheid en getuienis … En haar diepste begeerte na God word bevredig.  Sy ontmoet die Messias.

Dít is waarmee geestelike dissiplines ons hierdie kwartaal gaan help.  Om in ons begeertes ons behoefte aan God raak te sien, en in die beoefening van spesifieke geestelike gewoontes ruimte te skep dat Hy ons lewe kan volmaak met die lewende water, vir ons, en vir ander.

Elke week gaan ons daarom een geestelike gewoonte neem, dit verbind aan ‘n behoefte na meer, die Skrif perspektiewe daarop uitspel, en dan maniere om die gewoonte te beoefen ondersoek en voorstel vir inoefening in die daaropvolgende week.  Rethie gaan ook ‘n groep Woensdagaande met Didage op ‘n dieper reis met die geestelike gewoontes neem.  Daar is plek vir 20 mense.

VOORBIDDING

DANKOFFER

SLOTSANG

‘n Mens kan baie woorde vir die dissiplines gebruik: om Hom te aanbid, om sy Naam aan te roep, om Hom te loof, om tot Hom te bid. En ‘n mens kan dit op baie maniere doen – Adel Calhoun noem 62 sulke dissiplines wat ons vandag nog kan beoefen, en daar was en is nog meer.

En hoe ‘n mens ook al dink oor die doel van die geestelike dissiplines, ten diepste is dit telkens om met God gemeenskap te hê.  Om Hom lief te hê, om Hom te dien, om na Hom te luister, om van Hom te leer, om deur Hom vertroos te word, om deur Hom tot rus gebring te word, om deur Hom vergewe te word, om ‘n antwoord op gebed van Hom te ontvang.

Lied 601:1,4,5 “Elkeen wat dors het, mag kom; drink die fontein se water.  God kom dan self by ons woon.” – staan

SEËN

AMEN

Lied 313 – staan

1 Sam 3 – Son 18 Jan 09

Die gevaar om in die kerk te slaap
Iemand het voorgestel dat ’n goeie titel vir ‘n preek oor hierdie episode in Eli se lewe, sou wees – “Die gevaar om in die kerk te slaap”. 
Dit laat dink my aan die ou storie van ’n man wat baie lief was vir slaap in die kerk.  Die predikant was later so gefrustreerd met die man se geslapery tydens sy preek dat hy besluit het om die man ’n lessie te leer.  Die predikant se eentonige manier van preek het die man gou-gou gesus tot in ’n diepe slaap.  Die predikant het hierna vir die gemeente gesê:  “Almal wat hemel toe wil gaan, staan op!”  Almal het opgestaan behalwe die slapende man.
Die predikant het almal laat sit en toe gevra:  “Almal wat hel toe wil gaan…” hy het sy vuis op die kansel hard geslaan en hard geskreeu:  “… Staan op!”
Die slapende man het met ’n gesnork wakker geskrik en penorent gespring – en die res van die gemeente het omtrent gegiggel.  Die man het rondgekyk na al die mense wat bly sit het en toe na die predikant gekyk en gesê:  “Dominee, ek weet nie waarvoor ons stem nie, maar dit lyk of ek en jy die enigstes is wat ten gunste daarvan is!”
Maar … Samuel het net soos Eli in die kerk, dit is nou letterlik in die tempel geslaap … en anders as Eli, het hy daar God se stem gehoor.  
Agtergrond: 
U ken die verhaal goed.  
Net om die breër prentjie eers te skets: 
  • Die eerste boek van Samuel vertel die verhaal van die eerste koning van Israel, Saul. 
  • Die tweede boek vertel die verhaal van Dawid, die tweede koning.  En die boeke word na Samuel vernoem omdat hy hierdie twee konings gesalf het.  
  • 1ste Konings vat die verhaal dan verder met Salomo en so aan met die res van die konings van Israel en later die Suid-ryk en die Noordelike ryk.
Hoofstuk 1-7 van 1 Samuel vertel die begin van die verhaal, die verhaal van Samuel en later die verhaal van die ark. Samuel is ‘n unieke karakter, gelyktydig priester, profeet en rigter (leier-koning), gebore uit ’n vrou wat nie kinders kon hê nie, wat uit dankbaarheid teenoor die Here, hom in die sorg van die priester Eli gelaat het om voltyds in diens van die Here te staan.  
Waar Eli se seuns ’n goddelose spul was, het Samuel die guns van die Here geniet.  
Hoofstuk 3 vertel nou hoedat die Here hom geroep het om as ’n betroubare profeet op te tree. 
Uitleg: 
In die eerste vers word dit duidelik gemaak dat die Here nie meer gereeld met Sy volk deur profete of priesters gekommunikeer het nie.  Waarskynlik is die rede hiervoor die sonde van Eli en sy familie, soos bekendgemaak in hoofstuk 2.  In die sewe, agt jaar wat Samuel onder toesig van Eli in Silo was, het die woord van die Here net een keer tot iemand gekom.   
Soos talle kere in die heilsgeskiedenis, sou God dan ook hier nie deur Eli, die ervare priester, met Sy volk praat nie, maar deur die geringste – die jong seun Samuel.
Die verhaal van God se roeping van Samuel begin toe hy in die tempel by die ark geslaap het, en die bejaarde Eli (sy oë was al swak – in 4:15 is hy basies blind en 98 jaar oud) op sy beurt in ’n kamer langs die tempel geslaap het.  Die priesters se slaapplek was in vertrekke langs die tempel sodat hulle ook snags kon toesig hou (vgl. Eks. 33:11).   
Vroeg in die môre het die Here na Samuel geroep.  Die lamp waarna hier verwys word (vers 3) moes deur die nag in die tempel brand en is eers in die môre, wanneer dit lig word, geblus (sien Eksodus 27:21).  
Nadat God drie keer na Samuel geroep het – en hy Eli gaan pla het – besef Eli dat dit God is wat na die jong seun roep.  
Gevolglik gee hy aan hom leiding, eintlik ‘n soort liturgiese stukkie raad, oor hoe hy moes antwoord (Praat, Here, u dienaar luister) indien die Here hom weer sou roep.  
Interessant is dat in die oorspronklike Hebreeuse manuskrip, Samuel die vierde keer antwoord sonder om die woordjie “Here” te gebruik, hy sê net: “Praat, u dienaar luister” – dalk omdat hy nog onseker was of dit werklik die Here was wat met Hom gepraat het.  Die woord is in die Afrikaanse vertaling bygevoeg.
Dit is dus duidelik dat Samuel op die stadium nog nie die Here waarlik geken het nie.  God kies iemand wat as’t ware van onder af kan begin om ‘n pad met Hom te loop.  En dit is ook interessant dat dit wil lyk asof daar nie net ‘n stem was nie, maar een of ander verskyning van die Here.  Die skrywer vertel dat die Here gekom het (vgl. Deut. 33:2; Ps. 50:3), gaan staan het (vgl. Eks. 34:5; Num. 22:22) en dan vir Samuel twee keer op sy naam (amper soos met Moses in Eks. 3:4) geroep het.
Die eerste boodskap wat Samuel as profeet moes bring, was ’n harde boodskap.  Eli se seuns wat die offerdiens by die huis van die Here oneer aangedoen het, sou sterf.  Die Here maak dit duidelik dat geen versoeningsoffer hulle sondes kon uitwis nie, want hulle het die offers ontheilig.
Eli word ook nie gespaar nie.  Omdat hy hulle laat begaan het, word hy saam met hulle veroordeel.  Tot Eli se krediet aanvaar hy God se oordeel oor sy versuim om sy seuns te straf in geloof (vers 18).
Die gedeelte sluit af met ’n oorsig van Samuel se grootword jare.  Die belangrikste is dat die Here by hom was en dat Hy nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat het nie.  En waar die Here se woord in die begin afwesig was in die land, het dit nou “van Dan tot Berséba” (so in die Hebreeus) onderskeidelik die noordelike en suidelike grens van Israel – weerklink. 
Hoe klink God se stem?
 Dit laat dink my aan die storie …
’n Jong kind het ’n spontane vraag tydens ’n erediens gevra.  Dit het gebeur toe die kinders almal kansel toe gekom het vir die kindertyd.  Voor die predikant haar eerste woorde kon sê, het die seun gevra:  “Hoe klink God se stem?”
Almal in die gemeente het gewag op die predikant se antwoord op die vraag “Hoe klink God se stem?”
Sy het stadig begin praat:  “God se stem klink soos …” terwyl sy ’n skietgebed bid:  “Here, help asb!” 
Sy het weer begin: “Die stem van God klink soos jou beste vriend, soos iemand wat vir jou lief is, soos iemand wat jy vertrou, iemand met wie jy dinge kan deurpraat. Die stem van God klink soos jou ma of pa of gunsteling “baby sitter” wat jou troos as jy in die nag ’n slegte droom gehad het. Jy hoor hoe hulle langs jou bed praat:  “Alles is okei.  Alles is reg.  Ek is hier langs jou.” 
En ons kan ‘n paar ander maniere byvoeg, God praat deur Die Bybel, deur ’n boek, deur ‘n fliek, deur musiek en die natuur. 
Herkenning
Soms is dit maar moeilik om God se stem te herken; soos in Samuel se geval.  Samuel was besig om te leer hoe om na ‘his Master’s voice’ te luister.  Dit is ons probleem ook.  Dan het ek en jy vriende of ander mense nodig om ons daarmee te help – soos Eli vir Samuel gehelp het.   
Versigtig vir die komitee in jou kop!
Jan Johnson waarsku dat ‘n mens in jou luister na God versigtig moet wees vir die stemme van die “komitee” in jou kop! Sy noem hulle “your worst interrupters” (Savoring God’s Word p 76). Hulle maak God se stem na, maar is eintlik deel van een of ander gebrokenheid in jouself.
Die een komitee-lid wat my tref in haar lysie is “The rescuer” – die een wat voorstel dat jy betrokke raak by alles en almal … sodat hulle jou kan waardeer! “As a result, busyness is next to godliness.”
Daarom sê sy: “If you think you hear God saying in every passage, ‘Help people until it exhausts you. Make people happy.’ that is not God but your rescuer sabotaging your meditation.”
Sy stel ook voor dat ‘n mens nie die stemme moet probeer uitdoof nie, maar moet herken vir wat hulle is. En dan: “gently escort (them) to the door of your heart”, terwyl jy bv. vir die “rescuer” sê: “God shows up in every catastrophe. Sometimes God asks you to come along; other times, you stay behind.”
Mense maak dit ook nie altyd maklik met hulle skeptisme nie.
Lili Tomlin, die Amerikaanse komediant, het ’n pittige opmerking gemaak:  “Why is it when we talk to God, we call it prayer, but when God talks to us, we say you’re schizophrenic.” 
God praat vandag nog met mense. God praat nie net met ons op een manier nie, wees oop vir Sy metodes!  Ons kan dus elke môre vra, “Here, laat my vandag U stem hoor.”
Hulp dié kwartaal
Didage gaan aan – en elkeen van die aanbiedinge het in ‘n mindere of meerdere mate iets oor die herkenning van die stem van die Here. 
Gehoorsaamheid
Maar nou vir iets baie kosbaar.  
C.S. Lewis het gesê:  “There are two kinds of people in the world: those who respond to God saying, ‘Thy will be done, God, have it Your way’ and those to whom God says, ‘All right, then, have it your way.’”
As ‘n mens die Here se stem hoor, en jy doen nie wat Hy sê nie, dws jy is nie gehoorsaam nie, dwarsboom jy jou herkenning van die Here se stem.  Dit is wat met Eli gebeur het – Hy het die stem van die Here geken … maar met tyd ongehoorsaam geraak daaraan … en toe die herkenning van die stem van die Here verloor (have it your way).
Gehoorsaamheid herstel nie net jou verhouding met die Here nie.  Dit is die enigste wyse waarop jy sal voortgaan om die stem van die Here te hoor. 
Hoe kan ons gehoorsaam?
 Nou wat vra die Here van ons?  Wat is die dinge waaraan ons gehoorsaam moet wees?  Wat is die dinge wat ons moet doen, sodat ons die woord van die Here kan hoor en herken?
Wel ons hoef net te doen wat Samuel gedoen het.  Hy illustreer wat elke kind van God moet doen.  Hy was ’n koning (reg laat geskied – in die uitvoering van sy pligte), Hy was ’n priester (liefde en trou bewys – in sy omgee vir mense) en Hy was ‘n profeet (bedagsaam gelewe voor God – wat ingesluit het dat hy die woorde van God met sy mense gedeel het). 
En dit is wat Miga in hfst. 6:8 verduidelik:

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dis God se BTW vir die lewe:
• Beoefen regverdigheid en billikheid.
• Toon liefde en trou.
• Wandel met God.
Micah 6:8 The Message:

But he’s already made it plain how to live, what to do, 
what God is looking for in men and women.
It’s quite simple:  Do what is fair and just to your neighbour,
be compassionate and loyal in your love,
and don’t take yourself too seriously – take God seriously

Miga 6 : 8 se kinder parafrase

Play fair (reg sal laat geskied) – Koning
Be nice (liefde en trou sal bewys) – Priester – Wounded & Gentle Healer
Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) – Profeet

1.  Om Koning te wees – het te maak met jou daaglikse lewe – jou werk, skool, universiteit , wat ook al. Hoe pak jy dit aan? Is ‘play fair’ deel van jou aanslag? Die aksent is op play & fair – speel én regverdig.  Dit beteken dat ons die wêreld aan die kant sal maak sodat mense daarin kan speel!
Luther was lief om te sê:  “God melk die koeie deur jou.”  M.a.w. alles wat jy doen, is potensieel ’n roeping van God.  God wat deur jou wil werk.  Somtyds kan dit moeilik wees om in ons daaglikse doen en late te sien dat dit ’n roeping van God af is.
2.  Be nice (liefde en trou sal bewys) – Priester 
Beoefen liefde in alles wat jy doen!  Gee liefde vir mense, maar as jy dit nie kan regkry nie, sal jy dan ten minste probeer om niemand seer te maak of kwaad aan te doen nie?
Dit was Winston Churchill wat die wyse woorde kwyt geraak het:  “We make a living by what we get, but we make a life by what we give.”
3.  Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) – Profeet
Lees die Woord daagliks (Deut. 29:29) – leer meer hoe God is, en wat vir Hom belangrik is.  Hoe beter ons God se denke, motiewe en maniere leer, hoe meer sensitief sal ons wees om Sy wil te gehoorsaam.
Lees My woord, Hê My Woord lief, Leef my Woord.
Die gevolg van sulke optrede?
As ‘n mens dié dinge doen, as jy só gehoorsaam raak, dán kom daar meer spesifieke opdragte van die Here, wat maar net meer spesifiek uitvoering gee aan play fair, be nice en hold God’s hand.
Om jou roeping na te kom, jou spesifieke roeping as gelowige (en dit is ook waar van ons as gemeente), begin by die algemene goed, en dan word dit meer spesifiek.
Ek sluit af – wat kan ‘n mens verwag as jy begin om te luister en regtig te doen?
Die volgende storie verduidelik iets daarvan:
’n Klomp teologie studente is in die studie lokaal deur hulle dosent betrap waar hulle sit en Dambord speel – in plaas van om die Bybel te bestudeer soos hulle veronderstel was om te doen.  Baie verleë is hulle toe gou agter die boeke in.  Maar die dosent  glimlag en sê hulle hoef nie skaam te wees nie, want as hulle mooi kyk, sal hulle God se wette kry waar hulle hulleself ook al mag bevind.
Hy vra hulle toe of hulle die drie reëls van Dambord ken.  Natuurlik, het hulle gedink, hulle ken die reëls van die spel wat hulle speel!  Maar nie een was so voorbarig om te lyk of hy die dosent wil leer nie.  Daarom gee die dosent, ’n student van die  Bybel en teologie, vir hulle die reëls van Dambord deur:
• Eerstens, sê hy, ’n mens mag nie twee skuiwe tegelyk maak nie.  
• Tweedens, ’n mens mag net vorentoe skuif.  
• En Derdens, as ’n mens die laaste ry  bereik het, kan jy skuif net waar jy wil.
Dit, sê hy, is wat die Bybel ook leer. Toe stap  hy weer uit.
Eers baie later het die studente besef wat hulle daardie dag deur Dambord geleer is:  
1. Hulle moet nie hulle lewens versmoor deur meer as een skuif op ‘n slag te probeer maak nie, 
2. Hulle moet hulle doel, dit waaraan hulle werk (in Miga se woorde: play fair, be nice, hold God’s hand), duidelik voor oë hou,
3. en dat hulle eers waarlik vry gaan wees as hulle by die laaste ry uitkom. As hulle God en hulle naaste liefhet soos hulleself.