Skip to main content

Hand 3-4 – Son 23 Nov 08

Handelinge 3 & 4

Prediking
Hierdie kwartaal reeks: hulle het hulle heelhartig toegelê…” Oor geestelike groei.

Begin vra:  waar is jy?
Dit is God wat transformasie / geestelike groei bring.
Deon navorsing verduidelik (stoele),
Mense op hierdie verhoudingspad met Jesus Christus kan op dieselfde wyse val in 4 voorspelbare segmente opgedeel word:

  • Ontdekkingstog van die boodskap van Christus (Exploring Christianity)
  • Groei in Christus
  • Naby aan Christus
  • Christus-gesentreerd

Toe begin vra:  wat help geestelike groei, van een segment na ander beweeg?

Eerstens:  Christus volg.
Maar daar is ‘n geestelike ontwikkelingspad (spiritual continuum) wat baie voorspelbaar en kragtig is – ‘n groeiende verhouding met Jesus Christus.  ‘n Groeiende naby verhouding met Christus = geestelike groei!
o    Dit gaan oor Jesus!
o    Dit gaan oor ‘n groeiende verhouding.
o    Dit is ‘n gawe van die Heilige Gees.

Daarna gesels oor die “Vanilla faktor”,
Een ding wat weet meeste help geestelike groei, is Bybel, sesifiek refleksie oor Bybel.

Ander ding rol speel in geestelike groei, genoem “Connect faktor”.Die meeste van die groot dinge wat met die eerste kerk gebeur, gebeur waar hulle saam is, waar hulle saam bid, waar hulle saam eet, waar hulle saam bedien.
Dit klop met die bevindings van die navorsing oor geestelike groei:
Een van die belangrikste behoeftes wat mense aan die begin van hulle
• geestelike reis het, is om te connect. Daar moet ‘n verbondenheid wees met Jesus, EN ‘n verbondenheid met ander wat die pad saam kan loop.
Daarom is kleingroepe en geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet en
• leer ken, so belangrik. Want as dié behoefte ontmoet word, groei mense,
skuif hulle van ontdekkers na gelowiges,

Deon Binneman gesels oor Plato’s:  Grootste struikelblokke geestelike groei, gewoon dat groei nie prioriteit is!

Verlede week Deon Loots oor Trampolien faktor – Lewe weggee, belangrikheid van diens & betrokkenheid in geestelike groei.

Vanoggend: momentum faktor – Hoe hierdie geestelike groei volhoubaar voortgaan, impak het.

Reflekteer laaste paar weke – barometer:
Momentum barometer
Dink na oor wat die Here vir jou in die afgelope 7 weke oor geestelike groei gewys het.  Lys tien verhoudings, aktiwiteite, geleenthede of ervarings wat vir jou die meeste beteken het.
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Hoe kan jy jou lewe verander om meer tyd te gee aan dié mense, aktiwiteite, geleenthede en ervarings in jou lewe?

Laaste paar weke,
Dinge ons help,
Maniere geskuif,
Vanoggend:  hoe seker maak voortgaan,
Momentum behou?

Beeld swaai:
Aanvanklik harde werk,
Heen-en-weer swaai,
Op stadium neem momentum oor,
Swaai amper vanself,
Gemaklik hoër en hoër.

So dis vraag vanoggend.
As hierdie kwartaal gesê geestelike groei vir ons prioriteit,
Onderneem Jesus volg,
Gewoonte van refleksie woord,
Verhoudings mede-christene,
Betrokke kerk –
Wat impak daarvan?

Dink i.p.v. momentum,
Dalk eerder praat van rimpel-faktor.

Want dis hoe geestelike groei werk –
Soos klip in dam water gooi,
Rimpels uitkring,
Al verder en verder,
Groter…

Wanneer praat van momentum in geestelike groei,
Praat van impak van groei in jou lewe,
Impak wat dit – of jy – op wêreld om jou het,
Van rimpel-effek van geestelike groei.

o    Dit is die eerste een van die twee belangrikste bevindinge van die Willow ondersoek: (Die ander een is: die Bybel is die “vanilla”-faktor in alles!)
§    Christus-gesentreerde mense het ‘n enorme kapasiteit om ‘n groter koninkryk impak te hê

o    Daar is egter ‘n enorme gaping van 50% by dié segment, tussen liefde vir God (80% van die segment se mense) en liefde vir ander (30%), die meetinstrument vir geestelike groei wat Willow gebruik.
o    Die mees volwasse Christus volgelinge ervaar ‘n groter afstand tussen hulle liefde vir God en hulle liefde vir ander as die ander segmente.
§    40% dien nie in ‘n kerk bediening een keer ‘n maand nie.
§    50% dien nie ander “on my own” een keer ‘n maand nie.
§    70% dien nie behoeftiges via die kerk een keer ‘n maand nie.
§    17% van Christus-gesentreerde mense dien nie in enige van dié kapasiteite een keer ‘n maand nie.
§    40% gee nie ‘n dankoffer nie.
§    20% bid nie daagliks vir leiding in hulle lewe nie.
§    50% het minder as 6 geestelike gesprekke met nie-gelowiges per jaar.

Lyk asof klip van geestelike groei soms in dam val,
En dan sonder enige werklike effek afsak na bodem!

Maar geestelike groei kring uit,
Het rimpel effek,
Nie net op jou as mens,
Maar ook op omgewing rondom jou.

Arabiese gesegde:
Die grootste oortreding in die woestyn
Is om water te vind
En dan oor jou fonds te swyg.

Geestelik groei het ‘n rimpel effek.

Dink aan teks vanoggend gelees,
Hele verhaal van Handelinge,
Is verhaal van momentum,
Van rimpel-effek van evangelie,
Wat al verder en verder uitkring.

4  Tog het baie van die mense
 wat hulle prediking gehoor het,
 gelowig geword;
en die getal gelowiges het aangegroei
 tot omtrent vyf duisend.

Al dikwels vertel,
Sosioloog Rodney Stark,
Boek “The Rise of Christianity”,
Vra hoe en hoekom die kerk so vinnig gegroei?

Vir Christenskap om so groot te word in so kort tyd,
Moes dit elke dekade,
Vir 3 eeue lank,
Met 40 % gegroei het!

Hoe gebeur so iets?
Stark som dit as volg op:
Die vroeë volgelinge van Jesus het meer omgegee as die mense rondom hulle.
“They outloved others;
They outserved others.”

Hulle geloof het ‘n werklike rimpel-effek gehad.  

Stark noem aantal voorbeelde:
In 165 n.C. het epidemie (moontlik waterpokkies)  
Soos vuur deur Romeinse Ryk versprei.
Binne 15 jaar het ‘n kwart na een derde van die bevolking gesterf.

Selfde gebeur in 251 n.C., weer epidemie (die keer moontlik masels),
Hele dorpe uitgewis.

Maar anders as die nie-Christene,
Het die Christene die mense om hulle versorg,
Ook die ongelowiges!

Biskop van tyd, Dionisus,
Skryf:
Christene het ongebreidelde liefde en lojaliteit getoon,
Nooit aan self gedink,
Maar eerste aan die ander.
Nie bekommer oor gevaar,
Hulle omgesien na siekes,
Na hul elke behoefte gekyk
En hulle bedien.

Waar die ongelowiges gevlug het,
Siekes weggejaag,
Soms selfs in straat gegooi,
Christene mense versorg,
Soms selfs siek geraak,
Maar sterwende mense versorg,
Sodat gelukkig en met vrede gesterf.

Eeu later het Romeinse keiser Christene optrede bevestig.

Stark:
To cities filled with the homeless and impoverished,
Christianity offered charity
As well as hope.

To cities filled with newcomers and strangers,
Christianity offered an immediate basis for attachments.

To cities filled with orphans and widows,
Christianity provided a new and expanded sense of family.

To cities torn by violent ethnic strife,
Christianity offered a new basis of social solidarity.

And to cities faced with epidemics,
Fires
And earthquakes,
Christianity offered effective nursing services.  

Hele verhaal van Handelinge,
Verhaal van momentum van evangelie,
Van rimpel-effek wat dissipels het op omgewing.  

Wanneer God ons innooi in verhouding met hom,
Wanneer ons ons heelhartig toelê
En geestelike groei,
Dan is God se uitnodiging nie:
Bly stil en luister!  Nie.
God uitnodiging eerder:
Stap saam met my
En dien ander.

God het ons lief,
Sodat ons kan
En ander mense
Kan liefhê.
Here ons God met hele hart,
En naaste soos onsself.  

Geestelike groei het ‘n rimpel effek,
Wanneer ons deel raak van die Gees se lewe in ons lewens,
Draai dit ons om,
Dat ons buite onsself kyk,
En ander dien.  

Om saam met Jesus te wandel,
Vra dat ek ander die fokus van my lewe sal maak.

As ek self die fokus van my verhouding met God is,
Dan natuurlik maklik,
Kan ontspan,
Sekere maak dat aan eie behoeftes voldoen,
Bybel lees,
Omgeegroep my rustig versorg.

Maar werklike geestelike groei
Is nie net na binne
Maar het effek na buite.  

Wanneer ons God volg,
Neem hy ons altyd na ander,
Om ander te gaan dien.  

Ons word nie geroep om soos Moeder Theresa te wees nie.
Ons word geroep om soos Jesus te wees.
Jesus wat ander se voete gewas het.
Wat gasvry was,
Wat sondaars aanvaar en liefgehad het,
Jesus wat sy lewe afgelê het ter wille van sy vyande.  

“‘Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart
en met jou hele siel’
en met jou hele verstand.
38  Dit is die grootste
en die eerste gebod.

39  En die tweede,
wat hiermee gelyk staan, is: ‘
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
40  In hierdie twee gebooie
 is die hele wet
 en die profete saamgevat.”

Ons wil ons heelhartig toelê op die dien van die Here.
Maar ons voete en ons hande moet ook wees waar ons harte is.  

‘n Geseënde lewe,
Volgens Jesus,
Is ‘n lewe van diens,
Gewy daaraan om God se beloftes en sorg
Te deel met dié wat dit die nodigste het.  

Bang,
Sendeling word,
Kan nie getuig,
Weet nie hoe.

Interessant,
13  Die Joodse Raad
was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien,
 want die Raad het geweet
dit is maar ongeleerde
en eenvoudige mense.
Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.

In teks – ook res van Handelinge,
Rol van gebed:
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
 u woord sal verkondig.

Dink geloof het momentum,
Rimpel-effek,
Hoef nie vreeslik ingewikkeld te wees.
Almal kan sendelinge wees,
Kan evangelie uitdra,
Kan gee wat het.

2 Maniere uitlig:
Gasvryheid.

Gasvryheid natuurlik 2 maniere:
Abraham,
Mense in huis ontvang,
Engele.

Hebr 13:2
2  Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves

Gasvryheid natuurlik mense in huis verwelkom,
Versorg.

Mar gasvryheid met meer te doen as jou huis –
Gasvryheid te doen met jou persoon.

Engelse woord “hospitality”
Latyn Hospes – vreemdeling
En potentia, waar ons idee van bemagtiging vandaan kom.

So gasvryheid is om vreemdeling te bemagtig,
Te aanvaar en te respekteer.

Sien dit so mooi in verhaal vanoggend gelees.
Petrus en Johannes tempel,
Bedelaar.

My eerste reaksie bedelaars,
Nie raaksien,
Wegkyk,
Maak asof nie bestaan.
Hoe dikwels regkry om werklik nie raak te sien!

Gasvryheid is om mense raak te sien –
Vir wie hulle is,
Vir waar hulle is.

Mense by jou werk –
Eensaam,
Worstel iets in lewe,
Aggressief….

Raaksien,
Blaamloos aanvaar,
Liefhê,
Dien.

Gasvryheid iemand aanvaar,
Ruimte skep self te wees,
Ruimte skep tot rus te kom,
Ruimte skep genees te word.

Kan verskillende goed vir jou prakties beteken.
Iemand Here nou op jou hart lê?
Hoe gasvryheid bewys teenoor daardie persoon?
Hoe aanvaarding, liefde bewys?
Hoe persoon help om by jou tuis te kom,
So ook by God tuis te kom?

Ons gemeente,
Hawe.
Beteken jy hawe –
Werk, buurt.

Hoe kan jy hawe (gasvry) wees by jou werk,
Vir mense saam wie werk?

Hoe hawe wees in buurt?
Mense nie kerk toe kom,
Geen kerk,
Ander geloof?

Hoe gasvryheid teenoor hulle bewys,
Hawe wees?

Dink net, Kersfees, straatbraai.
Aanvaar, stilstaan, raaksien.

So kring rimpels uit.

Tweede manier,
Gereeld ook in Handelinge sien,
Is gebed.  

Eerstens natuurlik gebed om vrymoedigheid
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
 u woord sal verkondig.

Maar een van maniere waarop geloof uitkring,
Is deur gebed vir ander.

Dink soms sê “sal vir jou bid” maklike antwoord,
Uitkoms.

Maar gebed is kosbare ding te doen,
Is werklikheid
Wat reële effek het.

God is werklikheid,
Wanneer ons vir mense bid,
Werk Here in hul lewens.

Deur ons gebede bly die momentum,
Styg die evangelie al hoër en hoër,
Kring die rimpels al verder uit.

As dink Zimbabwe,
Wêreld ekonomiese krisis
Dinge eie land wat bekommer…
Kan iets werklik daaraan doen:
Kan bid!

Wanneer besig Bybel,
Ander gelowiges,
Betrokke kerk…

Kan ook gasvry wees,
Kan ook deur gebede God na wêreld neem.  

Voorbidding  
Here Jesus, hoor ons gebed:
Lied 278 (sit)
·    Wêreld
·    Zimbabwe
·    SA:  Armoede & Vigs
·    SA:  Regering
·    Somerstrand
·    Huise
·    Stilgebed

Hebr 4:12-15 en 6:11 en 12 – So 9 Nov 08

Ons leef oop en bloot voor God se oë

Ons ken almal die fotograwe se jag op die blink en bekende mense van
ons dag.  Dit is die paparazzi wat lang
telefoto lense wag om ’n foto te neem wat die wêreld graag sal wil sien.  Gewoonlik is dit ’n foto wat geneem is toe die
bekende onbewus daarvan was en glad nie verwag het dat daar ’n fotograaf in die
nabyheid is nie.

Maar nou lees ons in ons teks dat ons oop en bloot voor God se oë leef!  Die Here sien dus alles wat ek doen.  Die Here weet van alles wat ek dink, Hy weet
hoe ek voel!

Nou dit kan vir ’n mens ’n wonderlike ding wees om te hoor as  jy voel dat God ver van jou af is, of as jy
voel jy het sy hulp nodig.  Dis wonderlik
om te hoor dat die Here alles van jou weet as jy bruis van entoesiasme oor jou
verhouding met die Here, as jy groei in jou geloof beleef, as jy die kerk as wonderlik
en warm ervaar,  ens.

Maar as jy nie meer so entoesiasties voel nie?  As jy begin wonder oor baie dinge waaroor jy
nog nooit gewonder het nie?  As jy  begin voel die kerk help jou nie meer
nie?  Nog erger, as jy begin dink die
kerk en die gemeenskap van die gelowiges is nie vir jou nie?  Is dit dan nog so wonderlik om te hoor dat
die Here alles van jou weet?  Dat jy oop
en bloot voor sy oë leef?

Continue reading

Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08

 

Dit strook met die bevindinge van Willow Creek:

  • Die behoeftes wat mense aan die begin van hulle geestelike reis het, is om te connect.  Daar moet ‘n connection wees met Jesus, en ‘n connection met ander wat die pad saam kan loop.  
  • Daarom is kleingroepe en geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet en leer ken, so belangrik.  Want as dié behoefte ontmoet word, groei mense, skuif hulle van ontdekkers na gelowiges, skuif hulle van beginners na groeiendes.

En dié connection het met geloof in Jesus te make, en veral met ‘n besig wees met die Bybel, die vanilla faktor in geestelike groei.

Is dit nie ook wat nou onlangs hier gebeur het met oom Angus Buchan se byeenkoms nie?  21 000 mense by die atletiekstadion wat connect aan Jesus en ‘n besondere band met mekaar ervaar.

Maar dit is lewensbelangrik dat die connection in die gemeenskap van gelowiges in die kerk voortgesit sal word, met die Bybel en met die gemeenskap van gelowiges.  Want die plek waar Christene begin om geestelik te groei, veral aan die begin van hulle reis, maar eintlik regdeur die reis, is in die saam, heelhartige toelê op die leer van die apostels, en die onderlinge verbondenheid, die saam-eet en die saam-bid.

Ek het met ‘n hele paar mense in die week gesels wat by Angus se byeenkoms was.  En daar was baie positiewe kommentaar, sommige met ‘n paar konstruktiewe opmerkings.  Die volgende stap is nou om in te skakel, om met jou hele hart deel te raak van die gemeenskap van gelowiges, hier by ons, of waar die Here jou ook al lei.

Kyk, ons kan nie agter Angus aan toer nie – al sal dit lekker wees om 200 000 of 300 000 mense volgende jaar in Natal bymekaar te sien.  En as jy dit kan doen – “by all means”.  Maar die bergtop ervaring van so ‘n byeenkoms moet in geestelike groei oorgaan, wat te make het met die dissipline om saam te wees, saam te lees, saam te eet, saam te bid, en saam te bedien.

Ek wil jou uitdaag – as Jesus vir jou belangrik is, en jy ‘n nuwe commitment aan Hom maak, skakel dan in die gemeenskap van gelowiges in.  Raak deel van ons saam-lees, saam,-wees, saam-eet, saam-bid.

En as jy ingeskakel is, reik uit na dié wat nog nie in ‘n groep is nie.  Doen moeite!  Dit is die evangelie!

Connect!

TWEEDE FASE: INOEFENING

Die tweede fase is INOEFENING. 

Dis interessant – die volgende hoofstuk in die verhaal van die eerste kerk – het te make met ‘n genesing wat sterk teenstand uitlok.  Petrus en Johannes gaan saambid by die tempel, bid dat die Here ‘n verlamde man genees, en die Joodse raad kom in aksie, dreig hulle en probeer hulle stil maak.
En die vraag vir die gelowiges onmiddellik is: wat doen ek wanneer ek teenstand kry as ek goed doen?

En die antwoord kom as hulle die dissipline van gebed beoefen.  As die gelowiges saambid en vir die Here vertel van die vroeëre sameswering van Herodes, Pilatus en die huidige groeiende teenstand Joodse Raad teen die boodskap van Jesus, en hulle verbind aan die Here om Hom te dien al is daar ook hoe baie dreigemente, dan skud die plek waar hulle saam is, en word hulle met die Heilige Gees vervul en met vrymoedigheid om die Woord van God verder te verkondig.

Hulle beoefen dus die geestelike dissipline van intersessie, wat hulle geestelik versterk.  Hulle geloof skuif al hoe meer van ‘n passiewe ontvang van God se gawes, na ‘n aktiewe betrokkenheid by wat met die evangelie gebeur in die wêreld.  Hulle doen saam die dinge wat ‘n aktiewe persoonlike en intieme verhouding met Christus voed.

En let op, dit is toenemend ‘n twee-rigting verhouding.  Hulle praat nie net met God nie, maar hulle luister ook na Hom en ervaar gebedsverhoring en die vrymoedigheid om verder getrou en gehoorsaam aan God te bly.  En as ‘n mens die gebed gaan ontleed (4:24-30), kom jy agter dat hulle gebed deurspek is van Skrifverwysings.  Hulle bid die Woord, hulle reflekteer daaroor, hulle bring dit in verband met wat so pas by die Joodse Raad gebeur het, en dit bring transformasie by hulle.  Hulle denke en hulle lewe verander.

En die jong gemeente se mense groei deur hierdie inoefening.  ‘n Mens sien hulle worstel met die dissipline van rentmeesterskap, meer spesifiek, die verkoop van grond.  Josef, of meer bekend as Barnabas, van Siprus, wat later in Egipte saam met Johannes Markus ‘n groot rol sou speel, verkoop ‘n stuk grond en skenk dit.  Baie meer as ‘n tiende (terwyl dit ook vandag tiende maand dankoffer is).  En Ananias en Saffira, wat so graag ook soos hy offervaardig wil wees, verkoop ook ‘n stuk grond, maar jok oor hulle bydrae, en dra die prys.  En die gemeente raak bewus van die erns van hulle commitment en van die dissipline van rentmeesterskap.
En dieselfde gebeur met die dienslewering aan die weduwees, waar hulle moes leer om struktuur te gee aan hulle omgee vir mekaar.

Oefen, oefen, oefen. Nog steeds natuurlik ge-connect aan mekaar.  Maar nie as ‘n eenmalig ervaring nie.  Aan mekaar en aan mekaar, treetjie vir treetjie, saam met mekaar.

Sonder hierdie inoefening van die geestelike dissiplines kan ‘n gemeente, kan ‘n gelowige, nooit volwasse word nie.  En dit is nooit te laat om te begin nie.
Kom ons vul sommer nou die Gemeenskaps barometer in:

Waar is jy nou, op hierdie oomblik in jou connecting aan Jesus en jou connecting aan jou medegelowiges?

GEMEENSKAP BAROMETER

Dink na oor wie of wat in die gemeenskap met ander gelowiges vir jou die meeste beteken.  Lys tien verhoudings, aktiwiteite, plekke of ervarings met ander gelowiges wat aan jou lewe betekenis gee.
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Watter hiervan het in die laaste drie maande, ses maande, jaar gebeur?

Hoe kan jy jou lewe verander om meer tyd te gee aan dié lewe-gewende verhoudings, aktiwiteite, plekke en ervarings met ander gelowiges?

“Jesus never wrote a book; He formed a community”  Lesllie Newbigin

DERDE FASE: BEDIENING

Maar dit is nog lank nie al nie.

Die geestelike pad se fokus is nie op die begin nie.  Dit is op die eindpunt.  Dit is nie op die ervarings per se nie.  Dit is om die krag van die Gees, die belofte wat Jesus gegee het reg in die begin van Handelinge, om ‘n getuie vir Jesus te wees, in Jerusalem en Judea, in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld te gaan verkondig.

Dit gaan nie om jou nie, hoe moeilik dit ook al is om te verstaan.  Die koringkorrel moet ‘n koringplant word.  Die ontdekker moet ‘n beginner word.  Die beginner moet ‘n groeiende word.  Dit groeiende moet ‘n Christus-gesentreerde word.

Die derde fase van geestelike groei is dat gelowiges Christus-gesentreerd word en met oorgawe begin dien in ‘n bediening.

Baie keer is dit op hulle eie of met ‘n klein groepie super-committed (connected!) mense rondom hulle. 

Jy sien hulle by die Joodse Raad (hfst. 7) – ‘n Stefanus wat getrou bly ten spyte van die klippe wat op hom reën.

Jy sien hulle by die gemengde ras van die Samaritane (hfst. 8) – ‘n Filippus wat groot blydskap vir ‘n veragte volk bring, al is daar ouens wat wil geld maak daaruit.

Jy sien hulle by die Ethiopiese man (hfst. 8) – weereens Filippus  wat die ras-grens oorsteek en ook nog ‘n ontmande, en die evangelie aan Afrika bring.  Afrika is eerste, voor Sirië, en Turkye, en Griekeland en Rome en die res van Europa, al met die evangelie bedien, en elke nuwe biskop van Ethiopië sou vir eeue deur die woestyn na Alexandrië reis vir ‘n aanstellingsprosedure.  Geen wonder dat baie kerke in Afrika hulleself Ethiopiese kerke noem nie, want hulle wil die band met daardie eerste kerstening beklemtoon.

Jy sien hulle by die Romeinse soldate – ‘n Petrus wat sy vooropgestelde idees oor wie in is en wie uit moet laat vaar, sodat Christus ook van sy lewe die sentrale punt kan word.

En so kan ‘n mens die hele Handelinge deurblaai: Paulus, Barnabas, Silas, Timoteus, Lukas, Markus, Petrus ensovoorts, ensovoorts.

Dit is asof die geskiedenis vir ons leer – dit is hoe dit werk in die koninkryk.

  • Mense connect aan Jesus en aan mekaar.  
  • Hulle groei saam en leer saam en eet saam en dan …
  • dan begin die bediening, van mense wat eenvoudig hulle lewens nie meer as so belangrik beskou nie, maar hulle lewens weggegee vir die saak van Christus.  En geen geld of eiendom is ontsien nie, en geen opoffering was te groot nie, en geen grens te ver om oorgesteek te word nie.
  • Insiggewend hoeveel keer die grense sosiale en kultuur grense was.  Die kerkhistorici wys juis uit dat gemeentes wat dit regkry om Christus-gesentreerd te begin lewe, wat grense van kultuur en stand en klas oorsteek, dié gemeentes is wat gegroei het.  En dié wat dit nie gedoen het nie, maar laer getrek het om hulle eie kultuur en stand en klas het gekwyn en doodgegaan.

Ek sluit af:

Jy hoef nie nou te wees waar Filippus was nie.

  • Miskien is dit vir jou net nodig vandag om te connect.  Jesus is jou antwoord.
  • Miskien het jy met Hom ge-connect, miskien by Angus.  Dan is inskakeling, connection, met ander gelowiges jou antwoord.  En moet jy die dissiplines van lees, en bid en eet saam met ander en natuurlik op jou eie begin beoefen.
  • Miskien het jy al ge-connect met Jesus en met jou medegelowiges en oefen jy al jare … dan is dit tyd vir bediening.  Die kerk kan jou nie daarmee regtig help nie. Dit is iets wat jy by die Here moet hoor.  Maar die kerk het ‘n rol – dit is een van afrigting, van begeleiding, van mentorskap, van ‘n platform gee vir die uitlewe van jou bediening.

Dit is tyd om te kies: Jesus, jou Gemeente, jou Bediening.

Laai die joernaal hier af.

1 Pet 2:1-2 – Son 26 Okt 08

(Hervormingsondag, Matriek Stuurdiens)

Ons is besig met ‘n reeks oor geestelike groei, getiteld:  “hulle het hulle heelhartig toegelê”.  Vandag se tema fokus spesifiek op Hand 2:42a:  “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels…”  Daarom is vanoggend se tema: “Die Vanilla Faktor”.
“Vanilla Faktor”

Toetrede Lied 209 (Temalied van reeks)
Votum (Ps 1:1-3)
Seëngroet
Lof 
Lied 471 x2 & Lied 477 (Hervormingsondag)

Kindertyd

Wie van julle kan onthou waaroor Oom Chris verlede week met julle gesels het?  Oor die maak van ‘n geestelike joernaal.  [Wys eie eerste geestelike joernaal]

As ‘n mens hier deurblaai, sien mens ‘n interessante ding:  God praat veral met my deur die Bybel.  Hy praat op baie ander maniere ook, maar verál deur die Bybel.

Onthou julle hoe julle twee weke gelede agter Oom Deon aangeloop het.  Hy het gesê dis hoe ons vir Jesus volg.  Maar hoe weet ons waar en hoe om vir Jesus te volg.  Die Bybel is ons padkaart wat vir ons wys waar om te gaan.

[Laat kinders Hebreeuse Bybel probeer lees.]  Voorheen het mense nie hul eie Bybels gehad wat hulle kon lees en verstaan nie.  Vandag het ons almal Bybels wat ons kan verstaan.  Selfs as jy nog nie kan lees nie, kan jy jou ouers of boetie/sussie vra om hulle elke aand vir jou te lees.
[Wys verskillende tipes Bybels.]

Gebed   Lied 442:1 (sit)
Skriflesing  (Heelhartig toegelê op leer van apostels…)
1 Petrus 2:1-2 & Openbaring 10:9

Preek

Vandag is ‘n spesiale diens:  eerstens is dit Hervormingsondag.  Ons vier vandag veral die Woord en die feit dat ons elkeen dit kan lees.

Maar dit is ook die Matriekstuurdiens.  Die eksamen begin volgende week en ons wil graag vir julle bid.  Ons wil julle spesifiek ook stuur.  Ons weet dat baie julle weggaan,  nou die grootmenslewe ingaan.  Ons weet ook julle gaan nie weg-weg nie.  Maar as ons julle met een laaste boodskap moet stuur, wat sal dit wees?

Daar was ‘n paar jaar gelede ‘n liedjie (wat ek toe ook vir die matrieks gebruik het), waarin die ou gesing het “Wear sunscreen”.  Hy het begin: “If I could offer you only one tip for the future, sunscreen would be it.” Dan gee hy allerhande raad oor verskillende goed, maar sluit steeds af met die raad:  “But trust me on the sunscreen…”

So wat sal die “sunscreen” wees wat ons vir julle wil saam gee vir die lewe?

Die een boodskap waarmee ek julle vandag wil stuur – ons almal wil stuur – is:  lees Bybel.

As ons praat oor geestelike groei, dan is dit die belangrikste ding wat ons kan sê: Lees Bybel!  Soos babatjies smag na melk, moet ons smag na die suiwer geestelike melk – na die woord van die Here.

Die navorsing waarop ons reeks gebaseer, het gewys dat die enigste faktor uit die meer as 50 wat ondersoek is (wat elke keer in top 5 eindig), wat konsekwent bydra tot geestelike groei, is die Bybel.  Dit is die “vanilla faktor” van geestelike groei.

Wat bedoel ons met “vanilla faktor”?  Kom ons doen gou ‘n oefening: Wie hou die meeste van aarbei roomys?  Sjokolade? Vanilla?

Vanilla roomys is blykbaar 2 keer meer gewild as sjokolade, terwyl sjokolade 2 keer meer gewild is as aarbei.  So vanilla het die grootste impak.  As jy wil roomys verkoop,  is vanilla ‘n goeie idee.  Ons wéét vanilla gaan werk.

As ons dan praat oor geestelike groei, oor hoe ons kan aanhou geestelik groei, dan is Bybel die vanilla faktor van geestelike groei.   Dis nie om dowe neute dat Jesus die Woord en die Alfa en die omega – die begin en die einde van die alfabet – genoem word nie.  As jy wil geestelik groei –
lees Bybel.

Barometer (Joernaalblad)
Dink na oor wie of wat in jou lees van die Bybel vir jou die meeste beteken.  Lys tien tekste, ervarings van Bybel.  Watter hiervan het in die laaste 3 maande, 6 maande of jaar gebeur?  Hoe kan jy jou lewe verander sodat dit meer gereeld gebeur?

Die Bybel is die Vanilla Faktor.

Dit was natuurlik deel van die groot waarde van die reformasie:  die Bybel in die hand van elke gelowige.  En tog voel ons dikwels dat ons nie die Bybel verstaan nie, dat ons nie genoeg teologiese agtergrond het om dit te lees nie. 

Maar dit woord werk! Dit ís die Vanilla Faktor.

2 Timoteus 3: 16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 17  sodat die mens wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Daar is baie verhale wat dit bewys, mense wat self kan getuig dat die Bybel hul lewens verander.  Dink maar aan die Gideons se getuienisse, waar hulle graag sulke stories vertel.

Iemand staan eendag in ‘n kerk op en vertel van die bekeerlinge van sy sendingpoging in Indië.  Die mense het gedink hy maak ‘n grap, want hy was nog nooit in Indië nie.  Toe vertel hy sy storie:  Hy was nog ‘n  seuntjie toe ‘n bekende sendeling in hulle kerk kom preek.  Die sendeling het die mense aangemoedig om betrokke te raak.  Die man het ‘n pennie (dit was in die tyd van engelse pennies) in sy sak gehad – sy sakgeld.  Na die preek loop hy ewe dapper na die sendeling en vra of die sendeling iets met die pennie kan doen.  “Ja”, sê die sendeling.  ‘n Klein NT kos ‘n pennie.
Die seuntjie skryf toe bewerig, maar in sy mooiste handskrif, sy naam voor in die Bybel.  Met dié Bybel is die sendeling toe daar weg.

Baie jare later kom die res van die verhaal van dié Bybel toe weer by die seuntjie uit:  Mense was baie nuuskierig om uit te vind hoe daar ‘n gemeentetjie in ‘n veraf dorpie in Indië ontstaan het waar daar nog nooit ‘n sendeling was nie.  Toe hulle gaan navraag doen, wys ‘n ou man vir hulle ‘n klein Bybeltjie.  Hy het jare gelede baie kilometers geloop om ‘n Bybel te kry en toe gee die sendeling vir hom die Bybel as ‘n geskenk.  “Die Woord van God het ons verander”, sê hy en wys na die verslete Bybel.  Toe hulle voor in die Bybel kyk,  is daar in bewerige blokletters die naam van ‘n Engelse seuntjie geskryf.

Jan van der Watt vertel dat hy ‘n paar jaar gelede ‘n martelare-museum in Suid-Korea besoek het.  Dis ‘n groot monument en museum net buite Seoel.  Blykbaar het die Koreaanse kerk, die vinnigste groeiende kerk in wêreld, uit die bloed van martelare gegroei.  Toe die eerste sendelinge daar aankom,  is die Christene vervolg.  Die verhaal word vertel van een van die eerste sendelinge watt nie baie ver gevorder het nie.  Toe hy van die skip afklim, wag die Koreane vir hom.  Op die strand kap hulle sy kop af.  Een van die teregstellers het die Bybel gevat en, aangesien die papier van hoë kwaliteit was, dit gebruik as plakpapier vir sy huis.  Tot sy slaapkamer en eetkamer plak hy vol bybelbladsye.  Soos die uitdrukking sê, met die sit en met die opstaan, lees hy toe net Bybel.  Deur die lees van die Bybel, kom hy tot bekering en word een van die kragtigste getuies vir die Here in Korea!

Die Bybel is eenvoudig die vanilla faktor!

En die rede waarom dit die vanilla faktor is, is omdat dit ons verander.  Die Bybel is nie net vol inligting wat ons vertel van onsself en van God nie, dit is ook vormend.  In die lees daarvan word ons verander, gevorm tot God se eer.  Soos wat die Bybel vir God openbaar, word ons in hierdie openbaring ingetrek en word ons deel daarvan.  Verander ons.

Eugene Peterson (die skrywer van die “Message” vertaling vand ie Bybel) vertel hoe hy, op 35-jarige ouderdom, weer begin draf het.  Hy het uitgegaan en regte klere en skoene gaan koop.  Hy ontdek dat daar ‘n revolusie in hardloopskoene was sedert hy ‘n student was!  Hy het heerlik begin hardloop en vinnig aan wedlope deelgeneem.  Sy drawwery het vir hom ‘n ritueel geword, ontspanning.  Teen dié tyd was hy al ingeteken op nie minder nie as 3 hardlooptydskrifte!  Hy het ook gereeld boeke oor hardloop by die biblioteek uitgeneem.  Hy het nooit moeg geraak van lees oor draf nie.  Dieet, strekoefeninge, oefenmetodes, beserings versorg, rustende hartritmes, endorfiene, elektrode vervanging – as dit oor draf gegaan het, het hy dit gelees.

Maar hoeveel is daar nou wat jy oor draf kan skryf?  Daar is nie ‘n oneindige hoeveelheid maniere wat jy kan draf nie. Hoofsaaklik gaandit  maar net daaroor om een voet voor ander te sit.  Meeste van die gehalte skryfwerk was ook nie vreeslik briljant nie.  Maar Peterson sê dit het nie saak gemaak dat hy dieselfde ding omtrent 20 keer oor gelees het nie – hy was ‘n drawwer en hy het dit alles gelees!

En toe beseer hy ‘n spier en kon vir paar maande nie draf nie.  Na 2 weke kom hy agter dat hy in daardie tyd nie een keer ‘n draftydskrif oopgemaak het nie!  Hy het nie gelees nie, want hy het nie gedraf nie!  Die oomblik toe hy weer begin draf, het hy weer begin lees.

Die storie kan ons help om ons frustrasies met die Bybel te verstaan.  Die Bybel is die vanilla faktor.  Dit is so.  Maar hoekom beleef ons dit dikwels nié? Hoekom is ons nie so opgewonde oor Bybellees nie, beleef ons God nie deur die woord nie?

Dit kan gebeur, omdat ons die Woord verkeerd lees.

Vandag is Hervormingsondag.  Ons weet dat voor die hervorming,  nie almal mag Bybel gelees het nie.  Die Bybel was net in Latyn beskikbaar.  Hulle het geglo dat gewone mense nie Bybel kán lees nie, dat hulle dit nie sal verstaan nie.  Daar het allerhande bygelowe ontstaan rondom die Bybel. (Baie daavan bestaan vandag nog, selfs onder ons, miskien net in ‘n ander vorm.)  Die Bybel word amper soos ‘n gelukbringer met magiese krag behandel.  As mense deur donker moes stap,  is ‘n sekere Psalm opgesê of ‘n stukkie Bybel om die nek gehang.  Party mense slaap met ‘n deel van die Bybel onder hul kopkussing.  Die Bybel is selfs as medisyne geëet, asof daar krag in die boek self sit, nie in God wat homself deur die boek openbaar of in die Gees wat deur die boek werk nie.

Vir amper 1600 jaar kon mense nie self Bybel lees nie.  Luther en Calvyn-hulle het egter gesê dat die Bybel nie agter dik deure gebêre moet word nie, maar dat elke mens, elke man en vrou, fabriekswerker, kind, dit moet kan lees.  Luther het onmiddellik begin om die Bybel in Duits te vertaal.  Hulle was oortuig dat die Bybel verstaanbaar is vir alle mense,  dat ons nie ‘n pous of professor nodig het om dit uit te lê nie.  Daarom is een van die basisse van die reformasie, die sola Scriptura” – slegs die Woord, die vanilla faktor.

So is die Reformasie natuurlik tot ;n groot mate aangehelp deur die boekdrukkuns.  Dit was ‘n produk van die verligting.  Die modernisme begin groei.  En hier sit mense met die Bybel in hulle hande! Die Woord van God, in jou hand!  Jy kan dit oopmaak, dit bestudeer… dit analiseer.  En wat die Woord van God was, word ‘n objek van studie.  Die sogenaamde Lectio (lees) word Questio (ondersoek).  Die lees van die Bybel uit ‘n liefde vir
en verhouding met God, is al meer vervang met die gebruik van die teks as ‘n bron vir teologiese leerstellings. Die gebed deel van lectio divina is vervang met debat.  

Die Bybel is verdeel in hoofstukke (voor reformasie) en later in Parys opgedeel in verse.  Dit het tot gevolg gehad dat mense die Bybel anders gesien en hanteer het as voorheen. In plaas daarvan om ‘n boek as geheel te lees, kon mense nou makliker fokus op individuele verse om dogmatiese standpunte te beklemtoon, eerder as om deel te raak van die openbaring van God.  

Daar word vertel van die Prins van Grenada, die erfgenaam van die Spaanse kroon, wat gevonnis is en lewenslank in afsondering toegesluit is in Madrid se antieke tronk.  Die aaklige aard van die tronk het bygedra dat dit die bynaam “Plek van Skedel” gekry het.  Almal het geweet dat as jy daar ingaan, kom jy nooit weer lewendig uit nie.

Die prins is een boek gegee saam te neem, om hele tyd te lees… ‘n Bybel.  Met net hierdie een boek om te lees, het hy dit natuurlik honderde, duisende kere gelees.  Die Bybel was sy enigste geselskap.

Na 31 jaar in hierdie tronk, sterf hy. Toe die mense kom om sy sel skoon te maak, vind hulle dat hy notas met sy naels gemaak het in die sagte klip van die sel.  Notas soos:
•    Ps 118:8 is die middelste vers van die Bybel.
•    Esra 7:21 bevat al die letters van alfabet behalwe “J”,
•    Ester 9 vers 8 is die langste vers in die Bybel,
•    Daar is geen woord of naam in die Bybel met meer as ses lettergrepe nie.

Vir 31 jaar kon hy die Bybel bestudeer.  En al wat hy kon vind, was trivia.  Vir al wat ons weet, het hy nooit vir Christus ontmoet nie.  Hy het gewoon ‘n kenner van die Bybel geword, sonder om die God van die Bybel te leer ken.

Willem Nicol gebruik die voorbeeld van ‘n man wat op pad was na ‘n vergadering naby sy kantoor.  Hy stop gou in sy kantoor, lees vinnig sy e-pos.  Daar is onder andere ‘n brief van verloofde.  Hy lees dit vinnig.  sy vra dat hy die naweek kom kuer.  Sy is seker laf, dink hy.  Dis 5 uur ry en hy was verlede naweek daar.  Hy maak die boodskap toe en vertrek na vergadering, net betyds.

Na die vergadering is hy terug op kantoor.  Hy maak tee en lees weer sy verloofde se brief.  ierdie keer rustig. Hy besluit om tog die naweek te gaan.

Kan jy die verskil hoor?   Ons het die Bybel begin gebruik, asof dit ‘n produk tot ons voordeel is.  Die Bybel raak ‘n hulpmiddel vir ons behoeftes.  Kyk wat is die boodskap van Bybel,  sodat ons die hart van ‘n teks kan vasgryp en uittrek, verkieslik in so kort as moontlik soundbites.  Ons gebruik dit, soek antwoorde vir ons vrae, lees op ons voorwaardes, ons agenda.

En natuurlik het die Bybel ook min invloed, omdat ons dit eenvoudig nie lees nie! Ons neem ons eie ervaring as gesag vir die lewe, in plaas van die Woord van die Here.  Dit is die boek wat die meeste verkoop word van alle boeke, maar – het iemand gesê – die minste gelees word.  Iemand het gesê as ons gelyk die stof van al die Bybels in die wêreld af blaas, ons een van die grootste storfstorms van alle tye sal hê!

As die Bybel die Vanilla Faktor in ons geestelike lewe is, dan moet ons dit lees!

Calvyn het gepraat van twee basiese betekenisvlakke van die Bybel:  die gewone betekenis, wat ons bestudeer met historiese agtergrond, grammatika, genres, ens., asook die praktiese betekenis van die teks, die formatiewe en transformatiewe lees daarvan.

So, hoe moet ons die Bybel lees dat dit die Vanilla faktor vir geestelike groei kan wees?

Eers ‘n paar algemene beginsels:

Len Sweet vertel die storie van ‘n dogtertjie, Amanda, wat op 6-jarige ouderdomhaar eerste Bybel by ‘n kerk in Colorado persent gekry het.  Na die tyd, tydens tee, het iemand vir haar geluk gesê en gevra of hulle die Bybel kan sien.  “Goed, maar moenie dit oopmaak nie.” was haar antwoord.  “Nie oopmaak nie?  Hoekom nie?” wou hulle weet.  “Jy gaan God uitlaat,” was haar antwoord.

Dis natuurlik die punt – om die Bybel oop te maak en God uit te laat.

Geestelike lees

‘n Geestelike boek verg geestelike lees – lees wat weet dat die woorde heilig is, dat dit ‘n manier is waarop die verhouding tussen mense en God gevorm word. Dit is oop om God se stem te hoor, om deur hom aangeraak te word, in ‘n verhouding met hom te staan.  Dit erken sy gesag, lees nie op eie voorwaardes nie, is oop om te hoor wat God wil sê.  Dis nie net geïnteresseerd in meer wéét nie, maar in meer wórd.

Dis hier waar Openbaring 10 inkom, waar die engel sê:  eet die boek.  Dis hoe ons die Woord lees – soos ‘n leeu wat ‘n been kou, dit bêre, terugkom.  Dit is om toe te laat dat dit deel raak van jou wese, jou atome, dat dit energie is vir jou reflekse, jou verbeelding vorm.  Smag daarna soos ‘n baba smag na melk.  Om die Woord te eet, is om deelnemend te lees.  Nie net objektief te bestudeer nie, maar die woorde te laat insink, soos ‘n teesakkie wat trek.  Dit is om dit te laat deel word van lewens, dit proe, kou, insluk, verteer.  Rustig, nie soos McDonalds Fast Food nie.  Eerder soos ‘n spesiale ete wat lank gevat het om voor te berei.  Dis kKeurig en spesiaal genoeg dat jy jou tyd neem, elke smaak te geniet.  [Slow Food Movement.]

Onthou dat die Bybel persoon-lik is.  Dis nie net woorde wat ons lees nie, dis God self wat hom openbaar, wat ons inneem in ‘n verhouding met hom.
Ek self, as persoon, is betrokke by die persoon van God. God praat met jou deur die woord.  Daar’s niks onpersoonlik, gewoon funksioneel aan so ‘n lees van die woord nie.  

‘n Paar praktiese voorstelle:

Lectio Divina – Woensdag-aande 18:30
Volgende jaar
Webtuiste (Beskryf verskil tussen manier gewoond te lees en lectio.)

Daar is ook die eenvoudige manier wat deur Coenie Burger ontwikkel is, wat ook op die Joernaalblad gedruk is:

Venster: Woord openbaar God:
•    Wat sê die gedeelte oor God?  Wie is hy of wat doen hy?
•    Wat is die goeie nuus (evangelie) van die gedeelte?
•    Wat skenk God vir ons volgens die gedeelte?

Spieël:  Die Woord Onthul die Mens
•    Watter tipe menslike gedrag word hier onthul?
•    Watter tipiese sondige neigings van die mens word hier onthul?
•    Watter stuk lewe kom hier na vore?

Deur:  Die Woord Eis
•    Wat eis God van die mens?
•    Watter opdrag gee hy aan ons?
•    Watter reaksie verlang hy van ons in antwoord op die Venster en die Spieël?

So: Wear sunscreen.  Maar vertrou my oor die Bybel… Lees die Bybel.

Stil gebed (Dank woord, reformasie, commitment)

Matrieks
Dankoffer
Afk
Lied 255

Seën  
Lied 313

 

Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08

 

‘N KORINGKORREL WORD ‘N KORINGPLANT

En dan gebruik Jesus ‘n diepsinnige beeld om dit te bevestig, en sy offer aan die kruis te beskrywe, ‘n offer wat Hy ook van almal vra wat sy voorbeeld wil navolg, nog dieper, wat Hom wil volg.  Hy praat oor die feit dat as ‘n koringkorrel nie geplant (begrawe) word nie, kan dit geen koringare, wat op hulle beurt ‘n oorvloed koringkorrels dra, voortbring nie.

Dit is met die begrafnis van ‘n lewe vir jouself, wat die krag van ‘n nuwe oorvloedige lewe ontkiem en begin groei en begin vrug dra.

Nou ons moet dit goed hoor.  Dit is ‘n sterf aan ‘n lewe vir jouself, om ‘n lewe vir ander te kan lewe.  ‘n Mens moet hierdie woord, apothnēskō, “as die koringkorrel nie in die grond val en STERF nie” nie in ‘n wetenskaplike sin verstaan nie, asof die “sterwe” sou beteken dat daar letterlik doodgegaan moet word nie (EP Groenewald).

Dit is in elk geval ook nie wat met ‘n koringkorrel gebeur nie.  Die bedoeling is dat die gestalte, die uiterlike vorm van die saadkorrel vergaan, maar die kiem van die lewe bly behoue en spruit voort (pherō) in ’n nuwe gestalte.

Die bedoeling is dat Jesus in sy aardse gestalte ‘n offer moes bring, waardeur God se krag in werking gestel kon word, en die oes van God sigbaar kon word.  Deur Jesus se opstanding uit die dood in ‘n ander gestalte kon God nou die ewige lewe gee aan elkeen wat in Hom glo, en wat Hom navolg om nie meer vir hulleself te lewe nie, maar vir God.

En dit is die punt – Ons is koringkorrels!  En ‘n koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om vir jare sy kragte te spaar vir homself ( en dit kan hy suksesvol doen deur in die skuur te bly en te sorg dat die boer hom nie in die hande kry nie).  Of ‘n koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om sy lewe vir ander te gee, deur in die grond geplant te word en in die transformasie van homself ‘n koringplant te word wat are het en koringkorrels lewer wat op hulle beurt geplant kan word om die lewe aan te gee dat ander kan lewe en so die lewe wat in hulle opgesluit is, te kan vermenigvuldig.

Koringkorrels moet koringplante word.

Soos Beasley-Murray in die Word kommentaar op Johannes sê: “The law of life through death in v 24 has in view making life possible for others, whereas in v 25 it is to gain life for oneself.”

Om te sterwe aan ‘n lewe vir jouself, en ‘n lewe te begin lewe vir ander – dit is wat dit beteken om Jesus te volg.  Om ‘n koringkorrel te wees wat ‘n koringplant word.

DIE BEGEERTE NA MEER

Nou waar begin dit alles?  Hoe kan ek dit prakties begin doen?

Wel jy begin waar jy is!  Maak nie saak watter stoel nie (Deon se vier stoele van laasweek wat die verskillende segmente van geestelike groei verduidelik)!

En jy maak ‘n keuse: Ek wil Jesus volg.

Want dít is die begin, en dit is die resep selfs vir die vêrste gevorderde, mees geestelike volwasse kind van God, om Jesus te volg.  Om Jesus te volg, is waar verandering begin (soos die storie van die 6 jarige Len) en waar verandering uitgebou word.

Die begeerte is die begin.

Hoekom?  Want Jesus werk met ons begeerte.  Die begeerte na Hom trek Hom in die kern van ons bestaan in.
Daarom die fokus die kwartaal op die teks van Handelinge: hulle het hulle HEELHARTIG toegelê op die lering van die apostels, die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.

GEESTELIKE DISSIPLINES

Hoekom is dit so belangrik?

Want, reg deur die eeue het gelowiges hierdie behoefte aan en na God gekoppel aan sekere geestelike dissiplines of gewoontes of praktyke.

Die navorsing van Willow Creek Community Church in Chicago bevestig dit.  Een van die vier katalisators van geestelike groei is persoonlike geestelike praktyke.

Die vier katalisators is:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite (formeel)
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander (informeel)

Want elke keer as ‘n mens ‘n geestelike dissipline doen, skep jy ruimte in jou lewe vir Jesus.  Soos Adele Calhoun sê: dit gee die Gees: “space to brood over our souls.”

As jy ‘n behoefte aan verandering het in jou lewe, dan is die eerste stap om dié behoefte na die Here toe te bring.  En vir elke behoefte is daar ‘n dissipline of ‘n aktiwiteit wat jy kan beoefen om vir Hom tyd te maak om dié behoefte te vervul.

En deur dit stap vir stap te doen, treetjie vir treetjie, begin die verandering in jou lewe kom.

HOU ‘N JOERNAAL

Een van die beste maniere om Jesus te volg, as die Here vandag hierdie begeerte om Jesus te volg in jou hart weer aangeblaas het, is om die dissipline van stiltetyd te laat herleef, en meer spesifiek ‘n joernaal te hou sodat die pad wat jy met Hom stap met tyd vir jou meer sin kan begin maak.

Kom ons dink ‘n bietjie na oor ons lewe – op die blaadjie is ‘n Stiltetyd barometer.  Vul dit in om ‘n waarderende blik te kry op wat in jou stiltetyd al gebeur het met jou.  En dink na oor hoe jy meer van die goeie dinge kan doen.

Wat doen ‘n mens met ‘n joernaal (scrapbook)?

Adele Calhoun sê: dis om jou in te stel “to be alert to my life through writing and reflecting on God’s presence and activity in, around and through me”.

‘n Joernaal help jou om jouself in te stel om raak te sien wanneer God opdaag in jou lewe.  Hy is natuurlik altyd daar, maar omdat ons nie onsself instel om Hom raak te sien nie, sien ons Hom nie raak nie!  In ‘n sekere sin help ‘n joernaal ons natuurlik eintlik om die waarheid oor onsself raak te sien … dat ons in God se hande is, dat Hy met ons ‘n pad stap … en dit gebeur wanneer ons ruimte maak in ons lewe om te kan agterkom wat aangaan.

En onthou: daar is eintlik niks waardeur God nie met ons praat nie!    Jy kan skryf oor dinge buite jou en dinge binne in jou.  Jy kan jou gebede neerskryf.  En soos wat ons herhalende temas, sondes, gevoelens, behoeftes, beperkings, bekommernisse, verwagtinge begin raak sien, kom ons in aanraking met die genesende teenwoordigheid van God.  En ons joernaal word ‘n reis van ons siel na God toe.

Daar is nie ‘n regte of verkeerde manier vir ‘n joernaal nie.  Daarom het ek die voorbeeld van ‘n scrapbook gekies om met die kinders te behandel.  Jy kan teken, skryf of plak.  Jy kan sleutel woorde onderstreep om agter te kom watter dinge by herhaling vir jou betekenis het.  En baie gou sal jy agterkom dat jy met jou joernaal in ‘n gesprek met God betrokke raak waar jou joernaal nie net jou kreatiwiteit ten toon sal stel nie, maar ‘n getuienis van God se teenwoordigheid in jou lewe sal wees.

Jy moet jou eie ritme vind, daagliks, weekliks, maar verseker gereeld.  En dit is absoluut noodsaaklik as daar veranderinge in jou lewe is, of jy besluite moet neem, of jy worstel met goed … asof dit nie elke dag is nie!?

En dit help as jy plek en tyd maak vir ander om saam met jou die pad te stap.  Veral vir ons families: die dissipline van huisgodsdiens kan bestaan in die deel met mekaar van ons joernale.  Dit kan ook ‘n welkome afwisseling vir kleingroepe wees om vir ‘n tyd spesifiek hierop te fokus.

Laat elkeen kom met dié een ding wat die week in stiltetyd duidelik geword het, en dit met mekaar te deel.  Dit kan soms ook ‘n vraag wees, of ‘n gebedsversoek, of ‘n stuk leed en hartseer waarmee geworstel word.

Maar dit begin by stiltetyd … en ‘n joernaal.

UITDAGING

Ek sluit af.

Christen wees is Volgeling wees.

Volgeling wees is om ‘n Koringplant te word.

Die koringkorrel moet in die grond val, en dit moet ‘n koringplant word, lewe ter wille van ander.

Begin met ‘n joernaal om dié reis neer te pen, sodat dit ‘n getuienis vir jouself kan wees van die proses waarin jy ‘n volwasse volgeling van Jesus Christus word.

“Hulle het hulle HEELHARTIG toegelê …”

KINDERTYD (vooraf)

Wat is dié?

‘n Scrapbook.

Ja – dit is ‘n verjaardag maatjie s’n.

Maar daaroor so ‘n bietjie later.

IN JESUS SE VOETSPORE

Die sesjarige Len was gedurig op sy ma se hakke, so veel so dat sy selfs amper op ’n keer oor hom geval het!  Sy raas toe en vra hom of hy nie liewers buite wil gaan speel nie.  Sy antwoord aan haar was dat hy liewer saam met haar wil wees!

Toe sy egter die hoeveelste keer op sy tone trap, het sy haar geduld verloor en gevra:  “Hoekom tree jy so vreemd op?”

Toe kyk Len sy ma in die oë en antwoord:  “Wel, juffrou het gesê ek moet in Jesus se voetspore loop.  Maar ek kan nie vir Jesus sien nie, so nou loop ek maar in Mamma s’n!”

Mooi storie nê?!

VOLG MY!

Want die Bybel sê mos: ons moet in Jesus se spore loop. 

Onthou julle nog hoe julle laasweek agter oom Deon aangeloop het.

Die Bybel sê ons moet vir Jesus volg.

Hoe doen ‘n mens dit?

Bid, Lees, Dien, Praat, Lief, ens.

Ek wil vandag vir julle iets voorstel wat julle nog baie in julle lewe gaan help om Jesus te volg.

‘n Mens kan nie vroeg genoeg daarmee begin nie!

Kom ons kyk nou in hierdie Scrapbook.

Ons hou ‘n Scrapbook van alles in ons lewe – van jou geboorte, van jou verjaarsdae, van plekke waar ons vakansie gehou het, van groot partytjies of feeste wat ons hou.

  • Hier is Jan se geboorte – hy is sowaar 19 jaar oud vandag.
  • Hier is Jan se doopdag 31 Desember 1989.  
  • En hier is sy kamer.
  • En hier sy eerste verjaardag.
  • En hier sy matriekafskeid.

Nou ons kan ook ‘n Scrapbook hou van hoe ons Jesus volg in ons lewe.

Wat sit ‘n mens daar in?

  • Jy kan foto’s van jou ma en pa daar sit – want as Hy nie vir hulle bymekaar gebring het nie, was julle nie hier nie!  Dit sê iets van wat Jesus vir jou gedoen het.
  • Jy kan foto’s van jou doop daar sit – want toe het God gesê, Hy is baie lief vir jou en Hy maak jou sy kind.
  • Jy kan daarin skryf van gebedsverhorings.
  • Jy kan daarin skryf van ‘n Bybelteks wat jou vir mooi is.
  • Jy kan daarin skryf van kere wat die Here vir julle baie goed was.
  • Jy kan daarin skryf van tye wat die Here julle uit gevaar gered het.
  • Jy kan daarin skryf van ‘n tyd wat jy gehoorsaam was en vir Jesus gevolg het en wat toe gebeur het.
  • En jy kan plak, teken, skryf – enige manier!

En so kan ‘n mens in die Scrapbook alles sit wat vir jou sê: Jesus is in my lewe. Ek volg Hom.

En as ‘n mens eendag twyfel, of dit gaan swaar, of jy wil weet wat moet ek nou doen, dan kan jy kyk in jou Scrapbook.

Julle gaan nou begin met ‘n Scrapbook by die toepassing – maar miskien moet julle vir julle ma’s en pa’s vra vir ‘n groter boek wat julle langs julle bed kan hou sodat dit sommer vir die res van jou lewe gebruik kan word.

By die SKRIFLESING

U weet nou al heel goed, die tema van ons kwartaal is die woorde van Handelinge 2:42: “Hulle het hulle HEELHARTIG toegelê …”  Dit verwoord die reaksie van die 3 000 nuwe volgelinge van Jesus wat met die eerste Pinksterdag hulleself aan Jesus en aan die gemeenskap van gelowiges verbind het. 

In die Grieks word die woordjie proskartereō gebruik. 

Dit beteken ‘n toewyding en fokus van gedagtes en gedrag, van volharding en deursettingsvermoë, van aanhou ten spyte van, van onafgebroke jouself te gee vir iets, om vas te byt en deur die pyngrens te breek, om alles te doen wat dit van jou vra. 

Paulus gebruik die woord op ‘n punt in sy mentorskap teenoor Timoteus, waar hy vir hom sê hy moet aanhou om die Bybel in die openbaar te lees (1 Tim 4:13), hom toe te lê daarop, daarin te leef … want daardeur sal hy homself red EN dié wat na hom luister.

Dít is die Christelike weg.  Dít is wat dit beteken om ‘n volgeling van Jesus te wees.  Dít is wat dit beteken om Sy afdruk op jou lewe te hê.

Maarten Luther het mos gesê: “God se Woord is nie ’n Leeswoord nie, maar ’n Leefwoord!”

Johannes 12:22-26; Handelinge 2:42

EKSTRA STOF
DIE MERK VAN CHRISTUS IN ONS LEWE

Die Griekse woord wat gebruik word in die Bybel vir “voorbeeld” is ook gebruik vir wanneer ’n merk agtergelaat is deur ’n harde hou  (byvoorbeeld wanneer ’n motief op ’n muntstuk geslaan is).  Om Jesus as voorbeeld na te volg, beteken dus dat ons toelaat dat Christus ons lewe merk, soos ’n muntstuk geslaan word, of soos ’n bees gebrandmerk word.  Ons is gemerk deur Christus en ons lewe word bepaal deur Christus.  Alles word bepaal deur die beeld wat op ons ingeslaan is!  Die beeld bepaal die waarde van die muntstuk! 

Dit geld natuurlik ook van alle gelowiges.  Die Heilige Gees het ons lewe gemerk met die lewe van Christus. Wat sien mense in ons lewe raak –  vir ons of Christus wie se voorbeeld ons uitleef?

OM JESUS TE VOLG

Ons toewyding om Christus na te volg moet só sterk wees, dat ons bereid sal wees om ons idee van hoe ons lewens gelewe moet word, en wat belangrik is, en waarvoor ons moet werk, prys te gee. En te luister na wat God wil hê, Hom te dien, soos wat Jesus hier sê, en dit met ons hele hart te doen. 

Jesus gebruik eintlik twee woorde wat mekaar komplimenteer hier in Joh 12:22-26, om God te dien (diakoneō), en om Hom te volg (akoloutheō). Die woord om te volg, is saamgestel uit die eerste letter van die alfabet a wat ‘n deelwoord van eenheid is, en keleuthos (‘n pad) – d.w.s. ‘n mens kan daarin die idee inlees van agter iemand aan te loop, dieselfde pad as hy te volg. 

Dit beteken dus nie dat ons moet of graag sal wil sterf nie, maar dat ons bereid moet wees om enigiets: posisie, besittings, gerief, op te offer – sodat ons God kan dien, en agter Jesus aan kan stap, Hom kan volg, kan doen wat Hy vra, kan gaan waar Hy wys, sy wil en wens te gehoorsaam.  Dit kan selfs beteken dat ons ons lewens verloor om Christus te verheerlik, hoewel vir die meeste van ons dit meer van belang is dat ons bly lewe, maar vir Christus.

IGNATIUS SE STORIE

Ignatius, ‘n biskop van Antiochië in die begin van die eerste eeu n C, was op pad na Rome.  Hy was ter dood veroordeel weens sy geloof in Christus.  Op pad deur Turkye word hy besoek deur gelowiges uit Rome wat hulle invloed wou gebruik om hom van sy vonnis te onthef.

Sy hele lewe het hy geleef vir die Here Jesus en hy was gereed om sy getuienis met sy lewe te beseël.  Daarom het hy nie gedink dat die Romeinse Christene hom ‘n guns sou bewys nie.  Inteendeel.  Dit sou hom verhinder om Jesus te volg tot die einde toe.

Daarom skryf hy in sy brief aan die Christene in Rome, interessant genoeg uit die stad Smirna, hedendaagse Izmir, waar ons sendelinge op ‘n tyd gedien het, die volgende aangrypende woorde: 

“I fear your kindness, which may harm me.  You may be able to achieve what you plan.  But if you pay no heed to my request it will be very difficult for me to attain unto God.”

Al wat hy wil hê van sy mede Christene is dat hulle sal bid dat hy getrou bly, met sy hele hart, aan die pad wat die Here vir hom gegee het:

“If you remain silent about me, I shall become a word of God.  But if you allow yourselves to be swayed by the love in which you hold my flesh, I shall again be no more than a human voice.” (Letter from Ignatius, Romans 1,2-2.1)

Geen wonder dat Ignatius bekend geword het as die “Draer van God” en dat die legende ontstaan het dat hy die jong kind was wat Jesus gebruik het om te illustreer hoe ‘n mens die koninkryk van die hemele binnegaan (Matt 18).

PROSKARTEREŌ IN DIE WOORDEBOEKE –“HEELHARTIG TOEGELÊ”

Enhanced Strong’s Lexicon AV translates as “continue” four times, “continue instant” once, “continue steadfastly” once, “attend continually” once, “give (one’s) self continually” once, “wait on” once, and “wait on continually” once. 1 to adhere to one, be his adherent, to be devoted or constant to one. 2 to be steadfastly attentive unto, to give unremitting care to a thing. 3 to continue all the time in a place. 4 to persevere and not to faint. 5 to show one’s self courageous for. 6 to be in constant readiness for one, wait on constantly.

The New Strong’s Dictionary of Hebrew and Greek Words: to be earnest toward, i.e. (to a thing) to persevere, be constantly diligent, or (in a place) to attend assiduously all the exercises, or (to a person) to adhere closely to (as a servitor):— attend (give self) continually (upon), continue (in, instant in, with), wait on (continually). 

Vine’s Complete Expository Dictionary of Old and New Testament Words:  “to take heed, give heed,” is said of the priests who “gave attendance at the altar,” Heb. 7:13. It suggests devotion of thought and effort to a thing. In 1 Tim. 4:13 (in the exhortation regarding the public reading of the Scriptures), the RV translates it “give heed,” for the KJV, “give attendance.” In Acts 16:14, “to give heed” (for KJV, “attended). See BEWARE, GIVE, No. 17, REGARD.
2. proskartereo (προσκαρτερέω, 4342), “to be steadfast,” a strengthened form of kartereo (pros, “towards,” intensive, karteros, “strong”), denotes to continue steadfastly in a thing and give unremitting care to it, e.g., Rom. 13:6, of rulers in the discharge of their functions. See CONTINUE, WAIT. In the Sept., Num. 13:21.¶

OOR VOLGELINGE

Terloops: Joh. 12:26 wys daarop dat baie mense, onder andere Jesus se dissipels, gedink het dat Jesus net vir die Jode gekom het. Maar Jesus verkaar dat almal wat opreg na Hom soek, welkom is as sy volgelinge, wie hulle ook al is. Sy boodskap is vir almal. Ons mag dus nooit toelaat dat sosiale en rasseverskille struikelblokke word as dit by die verkondiging van die Evangelie kom nie. Die Woord moet na alle mense uitgedra word en alle mense moet welkom wees in die gemeenskap van die gelowiges.

NAVORSING VAN WILLOW WAT OP DIÉ WOORDVERKONDIGING BETREKKING HET (UIT DIE BOEK: FOLLOW ME)
1.  WAT MENSE VAN DIE KERK EN SY LEIERS VERWAG

Gelowiges verwag transformasie en wil die vertroue hê dat die kerk en sy leiers hulle daarmee sal help.

Een van die sleutel verwagtings van gelowiges wat uit die navorsing gekom het, was: “Challenge me to grow and take the next step in my spiritual life.”
Reveal – Where are you? (die eerste boek in die reeks) en Follow Me werk met die “vision gap” tussen 1) waar mense nou is (werklikheid) en 2) waar hulle graag wil wees (visie) op voetspoor van Peter Senge (Fifth Discipline) se navorsing.  Sy tese is dat die gaping tussen werklikheid en visie ‘n “creative tension” veroorsaak wat as sodanig die energie voorsien om die gaping te oorbrug.  Dit is soos ‘n rubberband wat jou vorentoe trek.

Vir verandering om te gebeur, moet die kerk ‘n werkbare plan voorsien om die gaping te oorbrug. 

En dit is die hooffokus van die Follow Me boek se refleksie as opvolg van die vorige boek Reveal – Where are you?:

om te verstaan hoe werklike mense prakties te werk gaan om die geestelike gapings in hulle lewens te oorbrug, sodat die kerk werkbare planne daarvoor kan voorsien.

Die kerk moet dus die gapings in geestelike groei identifiseer en spesifieke stappe aanbied sodat mense die gapings in hulle geestelike groei kan oorbrug.

Uiteraard wil hulle nie ‘n honderd stappe gee nie, maar net die eerste 3 of 4 om ‘n beweging te begin om die gaping te oorbrug.

Leiers moet dus die rol van geestelike breiers inneem om mense te help met die werklikheid (waar is ek?) en die visie (waar wil ek wees?) om hulle eie gapings te kan identifiseer.

  • Dié gapings moet nie te groot gedefinieer word nie, anders sal dit demotiverend wees.
  • Die stappe moet ook verpersoonlik word, sodat mense ingeligte keuses kan maak – “one size does not fit all”.

Wat gelowiges (en leiers) hiermee help is die bril van segmentering. 

Dit word in detail in die eerste boek Reveal – Where are you? bespreek, gebaseer op die navorsing van Copeland en Arnson oor predictiveness.  Dit is ‘n meetinstrument wat in verbruikersnavorsing gebruik word om vas te stel: “the degree to which we can predict whether or not someone is likely to behave in a certain way or to try a new product.” 

‘n Hoë korrelasie tussen houdings en gedrag is “predictiveness”, waaruit segmente (groepe mense met gemeenskaplike eienskappe) geëkstrapoleer kan word.
Die segmente wat uit hulle navorsing na vore gekom het, is:

a.    Ontdekkingstog van die boodskap van Christus (Exploring Christianity)
b.    Groei in Christus
c.    Naby aan Christus
d.    Christus-gesentreerd

Die behoeftes wat mense in dié segmente het, is die volgende:

a.    ONTDEKKERS: Soeker eredienste en geleenthede om met ander te connect
b.    BEGINNERS: Kleingroep geleenthede en basiese persoonlike geestelike praktyke
c.    GROEIENDES: Diensgeleenthede en gevorderde persoonlike geestelike praktyke
d.    CHRISTUS-GESENTREERDES: Mentor geleenthede en ‘n wye reeks van diensgeleenthede

Benewens die metafoor van ‘n rubberband wat jou vorentoe trek, gebruik hulle ook die metafoor van water wat vloei – ons is soos water wat na God toe wil vloei en diep intieme gemeenskap met Hom wil hê – en die kerk moet mense hiermee help.

2.  KATALISATORS

In hulle aanvanklike ondersoek van 200 kerke en 80 000 mense (met die skrywe hiervan het 500 kerke en 157 000 mense al deelgeneem) is vier kategorieë van geestelike katalisators gevind wat mense help om van een fase van geestelike groei na die volgende te beweeg.

Die vier kategorieë is afgelei uit die meting van die impak van meer as vyftig faktore op geestelike groei.

Die vier katalisators is:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander

In die bespreking van dié katalisators fokus hulle op drie bewegings wat mense van een segment na ‘n volgende laat beweeg:

  1. Beweging Een: die vroegste fase van geestelike groei (Ontdekker na Beginner) – veral die aanvaarding van Jesus as die enigste weg tot saligheid (laerskool).
  2. Beweging Twee: die intermediêre fase van geestelike groei (Beginner na Groeiende) – veral waar mense begin om meer aktief in hulle persoonlike geestelike ervarings te word (hoërskool). 
  3. Beweging Drie – die meer gevorderde fase van geestelike groei (Groeiende na Christus-gesentreerde) – veral waar mense begin skuif van ‘n daaglikse bewussyn van Christus se teenwoordigheid en betrokkenheid na ‘n herdefinisie van ‘n persoon se identiteit as Christus-gesentreerd (universiteit).

Die vyf hoof behoeftes is dieselfde vir al drie geestelike groei bewegings:

  1. Help my om die Bybel in diepte te verstaan,
  2. Help my om ‘n persoonlike verhouding met Christus te ontwikkel,
  3. Voorsien stewige programme vir kinders,
  4. Daag my uit om te groei en “next steps” te neem, 
  5. Voorsien “compelling” eredienste.

Belangrike ander bevindinge:

  • ‘n Begeerte dat Jesus ‘n prioriteit in my lewe sal wees (first in my life), is ‘n betekenisvolle katalisator in al drie bewegings, sowel as ‘n groeiende oortuiging van die outoriteit van die Bybel.
  • Die impak van die kerk, soos reeds in die eerste rondte van hulle navorsing bevind, is die hoogste in die eerste twee bewegings van geestelike groei: Ontdekkers na Beginners, en Beginners na Groeiendes.
  • ‘n Verstommende ontdekking is dat diensgeleenthede meer betekenisvol is in geestelike ontwikkeling as georganiseerde kleingroepe!
  • Verdere leer-ervarings oor geestelike temas het ook ‘n betekenisvolle impak in beweging twee (Beginner na Groeiende).
  • Verdere leer- en aanbiddings dienste het ook ‘n betekenisvolle katalisator effek in beweging drie Groeiende na Christus-gesentreerde).
  • Refleksie oor die betekenis van die Bybel vir my lewe is die nommer een faktor in al drie bewegings.
  • Geestelike gemeenskap is ‘n kritiese katalisator vir geestelike groei in al drie geestelike groei bewegings.  Dit skuif wel van meer spontane vriendskappe na sterker mentor verhoudings wat meer verantwoording asook meer risiko’s impliseer.
  • Alle segmente sê dat geestelike vriendskappe hulle mees belangrike bron van geestelike gemeenskap is.

Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08

 

IETS KAN VIR JOU MEER WAARDE KRY

Maar is dit nie ook so nie, dat as jy iets anders kry wat meer vir jou beteken as iets wat jy voorheen gewaardeer het, dit vir jou meer waarde het.

Ek onthou aan die begin van my blootstelling aan rekenaars hoe ek Computer tydskrifte met CD’s gescan het vir die nuutste “gratis” sagteware.  Want ek kon nie die kommersiële sagteware bekostig nie.

Elke maand as nuwe tydskrifte hier onder by CNA verskyn het, het ek met opgewondenheid deur hulle geblaai, en gekyk watter nuwe sagteware kan ek daaruit kon kry.  En dit het vir my groot waarde gehad.

Totdat … ek ‘n paar jaar later die woordverwerkingsprogram Word in die hande kon kry en nog later Photoshop, Acrobat, Indesign en ‘n hele boel ander sagteware met die tyd … en die tydskrif fase van my lewe agter gelaat is.  Die kommersiële goed het vir my meer waarde gekry.

Ek stap nou nie eers meer in by CNA nie … behalwe as ek van tyd tot tyd ‘n pen nodig het.  Dié behoefte het nog nie verander nie!

PAULUS SE JOODSHEID

‘n Mens sien iets van hierdie waarheid in Filippense 3, hoe Paulus as’t ware die tydskrif fase van sy lewe afgelê het, en op beter dinge gefokus het.

Paulus was ‘n Jood en tot die einde van sy lewe het hy dit gebly.  Op ‘n tyd in sy lewe het hy baie peil getrek op hierdie Joodse afkoms.  Dit was vir hom kosbaar.  Hy het dit verdedig op allerhande maniere.  Hy het selfs so ver gegaan om Christene in die tronk te stop en geen vinger verroer as hulle doodgegooi is voor sy voete nie (Hand. 8 – Stefanus).

JESUS VERANDER ALLES

Maar daar het ‘n wonder in sy lewe gebeur.  Jesus het aan hom verskyn en sy hele perspektief het verander.  Van ‘n teenstander van die Christene het hy hulle grootste voorstander geword.  Van ‘n geswore vyand van Jesus het die ontmoeting hom een van Jesus se getrouste vriende verander.

Nou vat ‘n klomp Jode hom aan in Filippi oor sy Joodsheid, of dan sy gebrek aan Joodsheid.

JOODSE CV

En Paulus laat nie op hom wag nie – en hy sê: as julle oor Joodsheid wil gesels, laat ons gesels.  En dan gee hy sy Joodse CV in verse 5-6. Hy lig sewe dinge van sy agtergrond uit, wat sy Joodsheid verwoord.  Vier het hy met geboorte ontvang en drie deur sy eie toedoen.  By sy geboorte is:

  1. Paulus besny op die agste dag (en dus nie ’n heiden nie);
  2. Hy was dus ’n Jood uit die Joodse volk (en nie bloot ’n proseliet nie);
  3. Hy was uit die stam van Benjamin (en nie uit een van die minder belangrike stamme nie)
  4. En ’n Hebreër uit die Hebreërs (Hebreër het na Aramees sprekende Jode verwys in kontras met die wat Griekssprekend was.  Paulus was dus nie uit ’n familie van Jode wat die Hellenistiese gebruike oorgeneem het nie.  Hulle het as suiwer Jode geleef.).

As volwassene het Paulus sy Joodse geloof opreg uitgeleef en ‘n paar Joodse dinge by gedoen.  Hy het gekies:

  1. om die wet soos ’n Fariseër te interpreteer (d.w.s. streng en konserwatief);
  2. om die Christene vervolg
  3. en boonop was hy volgens die Joodse wet sonder fout gewees.  Dit beteken nie dat hy voor God sondeloos was nie (Paulus se teologie stel dit immers dat almal gesondig het – sien Rom. 2-3), maar dat niemand ’n bewese klag teen hom sou kon indien omdat hy nie die wet nagekom het nie (vers 7).  Nie eens die Fariseërs sou met ander woorde met sy lewe kon foutvind nie.  Hy was, soos die ryk jongman in Lukas 18:21, iemand wat die wet, volgens sy volksgenote se standaarde, nougeset gevolg het.  

Maar nou …

BATES EN LASTE

Paulus beskou al hierdie uiterlike dinge soos afkoms, opvoeding en oorgeërfde godsdienstige deugde, asook eie godsdienstige prestasies en aktiwiteite nie meer as geestelike bates nie, maar as geestelike laste. 

Volgens Paulus het sy teenstanders hul Joodse herkoms in die verkeerde kolom in hulle balansstaat, die Geestelike Grootboek, ingeskryf (verse 7-8). 

Paulus gaan so ver as om te sê dat dit vir hom verwerplik – skybala – “riool, mis” – is (vers 8). 

Ons moet mooi hoor wat Paulus hier sê: Alles waarop hy as Jood geroem het, was nie net niks werd nie – dit was eerder laste. 

Hoekom? 

Omdat dit hom blind gemaak vir die feit dat hy ook verlossing deur genade nodig gehad het.  Hy het soos sy teenstanders gedink dat hy geestelik skatryk was, terwyl hy intussen geestelik bankrot was. 

Interessant hoe Paulus hier boekhoukundige terme gebruik, vir wins (kerdē) en verlies (zēmia).

Hiermee sluit hy aan by hoe Jesus self gesê het in Matteus 16:26: “Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry (kerdaínō), maar sy lewe verloor (zēmióō), of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?”. 

Paulus verklaar hiermee dus dat hy vroeër geleef het op die Joodse manier.  En hy het al die getuigskrifte wat wys hoe goed hy dit gedoen het.

Maar nou, nou leef hy volgens die woorde van Jesus in Matteus, want om Jesus te volg het meer waarde as om sy Joodse herkoms te volg.

  • Joodsheid is nou vir hom ‘n las, dit het oorgeskuif na die laste kant van die balansstaat, hy gee dit prys, hy laat dit agter, hy is verby met dit, hy sal nie weer terugkeer daarheen nie, hy is klaar daarmee.  
  • Hy het Jesus gevind, dit is nou sy enigste bate, en dis al waarop hy vir die res van sy lewe wil konsentreer.

Soos Marius Nel sê: “Paulus volg hier die beleggingsadvies van die gelykenisse van Jesus oor die skat en die pêrel (Matt.13: 44-46)”, waarop ons vroeër die jaar gekonsentreer het.

Jesus is die enigste bate wat regtig waarde het.  Alles anders is laste.

Ek herhaal en onderstreep dit:  Ter wille van hierdie Jesus, is Paulus bereid om alles, vrywilliglik, as waardeloos te ag, as laste, sodat hy Jesus ten volle kan ken, as enigste bate.  Hy wil letterlik in Jesus gevind word op die laaste dag (vers 9).

Dít is die evangelie ….

JESUS VERANDER ALLES

Nou – Vers 12 is seker een van die belangrikste verse in die brief.  Paulus skryf hier dat al het hy nog nie alles ontvang nie – letterlik “gegryp” nie, is sy troos dat hy reeds deur Jesus gegryp is.  Vers 12 lees in die OAV – “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.”  In die NAV – “ek streef daarna om alles myne te maak omdat Christus my reeds Syne gemaak het.” 

Uiteindelik is dit die grond van ons sekerheid dat Christus ons gegryp het voor ons Hom probeer gryp het!  Al is ons dus soms onseker van ons greep op Hom, (“geloofsekerheid” as sekerheid van ons geloof) kan ons seker wees van sy greep op ons (“Christus sekerheid” vs “Geloofsekerheid”).

Daarom is Paulus se strewe om Christus te ken, Hom na te volg en om alles te doen waartoe Christus hom roep.  Daarom het hy het hom ingespan om hierdie oogmerk te bereik (3:12–14).  Hy vergelyk in 3:13–14 die geestelike lewe van ’n gelowige met ’n wedloop.  Hy sê naamlik hy hardloop soos ’n atleet wat net die skopus – letterlik die eindpaal wat die einde van ʼn wedloop aangedui het – in die oog het (vers 14).  Met brandende longe en beurende spiere pyl hy op die eindpaal af.  Hy hardloop letterlik sy liggaam stukkend.  Paulus sê dat geestelike volwassenheid is om só te hardloop (vers 15).

APPÈL

Die vraag is of ons bereid is om geestelik so te hardloop? 

Tony Campolo vertel hoe hy as jong hoërskoolseun die myl gehardloop het om meisies te beïndruk (waarom sou ʼn mens dit anders doen?).  Op ʼn dag het hulle afrigter hulle geneem om na Roger Bannister te gaan kyk toe hy in Philadelphia gehardloop het.  Op die dag het Bannister weer die myl onder 4 minute afgelê.  Hy het gehardloop soos ʼn besetene – net om na die wedloop soos ʼn dooie vis by die wenpaal neer te val.  Hulle moes hom letterlik met ʼn draagbaar wegdra. 

Na die wedloop het die afrigter na Campolo gedraai en vir hom gesê “Tony, só wil ek hê dat jy moet hardloop.” 

Campolo het egter by homself gedink dat geen meisie dit werd was nie.  Nadat hy die half dooie Bannister gesien het, het Campolo homself nooit weer ʼn “myl atleet” genoem nie.  Hy het wel die myl gehardloop, maar hy was nie ʼn myl atleet nie.  Hy het doodgewoon nie kans gesien vir dit wat dit van hom sou vereis nie.

Is ons atlete vir Christus of mense uit op ’n pretdraf?  Span ons onsself werklik geestelik in of is ons so geestelik onfiks dat 1 minuut se bid en 2 se Bybellees ons geestelik uitasem laat?

Paul Tillich het iewers hierdie waar ding gesê:  “Whatever our ultimate concern is, that is our God.”

SLOT

Hierdie kwartaal gaan ons die baan open vir die atlete, vir die fikses, maar verseker ook vir die onfikses!  Jy het vier opsies:

  1. Jy kan jou vaardighede om na God te luister en in voeling met Hom te kom en te bly, in Bly in Voeling.  
  2. Jy kan jou vaardighede om die breë lyne van die boodskap van die Bybel te verstaan opskerp, sodat jy in jou refleksie daaroor geestelik kan groei, in die Bybelskool.
  3. Jy kan insak in ‘n spesifieke perikoop van die Bybel en leer om dit deeglik geestelik te lees, in Lectio Divina.
  4. Jy kan jou vaardighede om in ‘n vennootskap saam met jou maat voor God te kan lewe opskerp, in die Alpha huwelikskursus.

Skryf in – dit begin Woensdag die 15de Oktober – en daar is ‘n ete beskikbaar om 18:00 vir die besiges onder ons.  Bespreek net vooruit, teen volgende Sondag vir die daaropvolgende Woensdag.