Skip to main content

Jesaja 36 tot 36 – Erediens: God verlos sy volk deur gebed – 27 Februarie 2011

Hierdie gebeure – Hiskia nou koning Juda.

Beste koning ooit –

selfs met Dawid vergelyk.

Een van eerste goed gedoen,

godsdienstige herstel.

Hoogtes waar mense aanbid,

laat verwoes –

óók hoogtes God aanbid.

Sentraliseer aanbidding Jerusalem.

Natuurlik nie suiwer godsdienstig –

ook politieke skuif.

Gevolg opbloei nasionalisme,

opstand onderdrukkers –

spesifiek Assirië.

Uiteraard nie goed afgegaan Assirië,

reageer met ystervuis.

Beleër Samaria,

voer Israel in ballingskap weg.

Begin dan Juda aanval.

Sit hier in Jerusalem,

hoor een vir een hoe ander vestingstede val.

Hier in Jerusalem,

maak gereed oorlog.

Dan stuur koning Assirië – Sanherib –

afvaardiging

Juda verteenwoordigers te praat.

Kan indink:

troepe staan hier op muur,

as Assiriërs se spottery moet glo,

nie eers 2000,

kyk uit oor leër mag van meer as 185 000.

Groot hek van Jerusalem gaan stadig oop,

kom 3 verteenwoordigers uit,

loop Assiriese verteenwoordigers tegemoet.

Assiriërs:

“Sê vir Hiskia:

Waarop berus hierdie vertroue van jou?

Jy dink woorde alleen is genoeg

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Jesaja 30 – Erediens: God gee krag deur stil wees en vertroue – 20 Februarie 2011

Nie lief sport – kan wel ysskaats kyk.
wie lief?
Kinders: wie al gaan ysskaats?
Voorheen baan, nou moeiliker.

Lief manier wat lyk asof gly oor ys,
amper gewigloos beweeg.
Lyk eenvoudig,
natuurlik baie moeilik.

Kinders:  opdrag:
kyk agterkom hoekom praat van ysskaats,
heel tyd prente wys –
einde sê hoekom.
(Ouers mooi luister – moet verduidelik as verkeerd!)

Eers gou terug teks.
Nou al tydjie besig Jesaja,
al bekend weerbarstigheid volk –
nie na God luister,
oordeel oor hulle aangekondig.

Hierdie nogal erg!
Wil nie God vertrou,
wil eie planne maak.
so erg, dat sê:  Laat God uit ons teenw. verdwyn! (v11)

Kan nie dink enigiemand ooit so iets sê!

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Jesaja 30 – Erediens: God gee krag deur stil wees en vertroue – 20 Februarie 2011

Verwelkoming

Toetrede

Lied 162 U self het ons geroep – Koor = voorsangers; orrel (staan)

Votum

Ps 130

Seëngroet

Kindertyd

Aanbidding:

Hemel Vader (gebare; staan – klavier)

Lofsang: 

Vonkk 42 Jubilate – Koor 1x, gem 3x (staan) klavier

Gebed

Skriflesing

Jesaja 30

Lied 519 vv 1 & 4 Wees stil en weet (sit) [klavier]

Preek

  • Video Adiemus

Klank aan totdat name begin wys, dan klank stadig af, video steeds aan
Nie lief sport – kan wel ysskaats kyk.
wie lief?
Kinders: wie al gaan ysskaats?
Voorheen baan, nou moeiliker.

Lief manier wat lyk asof gly oor ys,
amper gewigloos beweeg.
Lyk eenvoudig,
natuurlik baie moeilik.

Kinders:  opdrag:
kyk agterkom hoekom praat van ysskaats,
heel tyd prente wys –
einde sê hoekom.
(Ouers mooi luister – moet verduidelik as verkeerd!)

Eers gou terug teks.
Nou al tydjie besig Jesaja,
al bekend weerbarstigheid volk –
nie na God luister,
oordeel oor hulle aangekondig.

Hierdie nogal erg!  
Wil nie God vertrou,
wil eie planne maak.
so erg, dat sê:  Laat God uit ons teenw. verdwyn! (v11)

Kan nie dink enigiemand ooit so iets sê!

En tog,
doen gereeld!
Elke keer nie God vertrou,
nie God wil soek,
eie planne maak,
besig sê God uit teenw. verdwyn.

Groot goed:
as dink oor toekoms, wat na matriek doen, besluit self, sonder God wil soek,
as kinders grootmaak, gedoop, belofte – nie vb, nie lei, leer as Christen leef,
as enige krisis in lewe, nie God wil soek, eie planne maak –
dan sê nie God nodig,
moet uit teenw. verdwyn.

Gebeur dikwels dat deur motions gaan,
kinders laat doop, belydenis aflê, kerk toe kom…
selfs Bybel lees,
bid…
maar nie eintlik God wil soek,
doen want dis wat mens doen,
wil graag hê God moet help,
versorg,
seën,
dat suksesvol sal wees …
maar wil nie regtig hê God inmeng my planne.

My lewe,
ek leef,
ek besluit –
God net sorg alles reg verloop.

Is selfde volk in teks vir profete sê:
vlei ons liewer!
Wil eerder mislei word,
as om werklik God se wil te soek.

Is dalk net moontlik ek nou hou van wat hoor,
inmeng my planne –
so vertel eerder jy’s okay,
gaan voort wat doen,
moenie praat gevolge.  

Want feite is,
wanneer eie planne maak,
wanneer leef vir self,
dan is daar gevolge –
wanneer ander goed as God vertroue,
resep vir moeilikheid.

Ysskaats:  lyk lekker, maklik,
maar soms foute,
met soms rampspoedige gevolge!  

  • Video – fall

Waar vir ons almal –
julle belydenis aflê,
kinders nog moet,
volwassenes elke dag probeer oorleef in wêreld  –
wanneer nie op God vertrou,
eerder ander goed
(teks afgode – ons:  self, ander mense,  planne…)
dan is daar gevolge.  

Wonderlike ding hierdie teks natuurlik,
God ons nie sommer net laat gaan.
My pa:  neuk aan.
Weet bedoel mag nie, nie lus vir fight,
maar neuk elkgeval aan.

God nie sê – man, doen wat wil.
Oorlaat aan self,
maar gevolge dra.

v 18-19:
Tog is die Here gretig
om julle genadig te wees
en wil hy hom oor julle ontferm:
die Here is ‘n God wat reg laat geskied,
en dit gaan goed met elkeen wat op hom vertrou.  
…
Die Here sal jou genadig wees
as jy na hom roep om hulp,
hy sal jou gebed verhoor
sodra hy dit hoor.

God wil ons lei,
wil ons beskerm.

Pragtige beeld teks:
21  Wanneer jy die regte koers verlaat,
sal jy agter jou ‘n stem hoor sê:
“Hier is die pad,
loop hierlangs.”

Lewe dikwels nogal scary –
veral as huis verlaat,
wye wêreld in,
gaan studeer:
eerstejaarskamp: niemand ken,
koshuis
vakke – gaan mas opkom
gaan werk kry…

As lewe ingaan,
beloof Here:
sal jou lei.

Hierdie nie statiese leiding:
bloudruk van lewe,
uitgespel,
kaart:
gaan hierdie rigting.
Is dinamiese,
in die oomblik,
leiding –
soos wat lewe leef,
soms Here vir jou sê:
nee, nou op verkeerde pad –
gaan ander rigting.

Hier ysskaats perfekte voorbeeld!
Pare skaats,
moet perfek gesinkroniseer,
tot op breukdeel van sekonde!

Een lei,
ander een volg.
maar nie net volg,
reageer op leier,
ten volle in sync,
ten volle in verbintenis –
amper soos een mens.  

Leier sleep nie net ander een oor ys,
ander een volledig deel van dans.

So met God leiding –
belangrik dat daar verhouding is,
soos skaats-pare mekaar styl ken,
so God stem ken,
in sync God wees.  

Maar hoe?
Maklik sê God praat jou,
waarsku verkeerde rigting gaan,
min van ons al stem uit hemel gehoor!

Hoe hoor God stem?

Weer teks:
stil wees & vertroue.

Vertroue:
is lewe heeltemal oorgee God.
Sy wil soek,
nie vir self leef, vir hom leef.

Is wat beteken Christen, dissipel, te wees.

Beteken God wil soek,
nie net krisis,
groot besluit –
elke dag van lewe.

Hele lewe God jou skaatsmaat,
doen wat hy wil,
gaan waar hy wil,
maak nie eie planne vir lewe,
soek syne.  

Dis vertroue:
om lewe oor te gee aan God,
vir hom te leef.

Maar modder water word net helder as dit vir ‘n tyd lank stil staan.

Ons lewens modderig.
So baie gemors,
so baie geraas,
sukkel stil raak,
sukkel God stem hoor.

Op skool, baie besig.
Matriek – vol jaar, eindeksamen lê voor.
Werk:  spanning, werkgewers, werknemers.
Landsituasie bekommer.
Diepe bekommernis kind, huweliksmaat, familielid.

En hierdie goed staan en raas.
Ons so besig,
dan nie kan hoor –
en omdat nie kan hoor,
kan nie vertrou.  

Survivor:
Een persoon stellasie,
res van span in kampie,
opdrag uitvoer –
geblinddoek.

Moet stem van een op stellasie luister.

Roep opdragte uit,
praat ander, loop solank.
Luister ander stem.
Chaos.

Ons so besig,
so baie geraas,
strompel geblinddoek voort.

Stem agter moet skree gehoor te word –
God skree selde.
Fluistering in windstilte.

So manier God stem hoor,
in God wil bly:

Hom vertrou, lewe hom oorgee.
Twee – stil word, luister.

Beteken bid.
Nie vinnig op pad werk toe,
op pad skool toe.

Beteken konsekwent tyd afsondering,
stil raak,
bid,
(nie net praat – luister)
Bybel lees.

En dan,
wanneer hierdie lewe lei,
lewe in afhanklikheid van God,
waarin hy eerste kom,
sy wil bepalend is,
gereeld stil raak, luister –
dan sal stem hoor,
dan sal hy ons lei.

Kinders – ysskaats?  (vertel ouers)

Formulier vir die Openbare Belydenis van Geloof

Belydenis aflê:
sê wil God skaatsmaat wees,
het lewe reeds God oorgegee,
wil hom vertrou,
in sy wil lewe.

Die openbare belydenis van geloof is ingestel
om aan verbondskinders – kinders wat gedoop is –
geleentheid te gee om persoonlik
voor God
en die gemeente
te getuig van hulle geloof.

So antwoord hulle op God se beloftes in hulle doop.
Die doop verseker ons dat ons aan God behoort.
Dit beteken:
•    Dat hy ons Vader is wat ons liefhet en vir ons sorg.
•    Dat Jesus Christus ons Verlosser is
•    Dat die Heilige Gees in ons woon, van ons nuwe mense maak en ons lei.  

Om belydenis van geloof af te lê,
beteken dat jy met jou mond bely
wat jy ook met jou hart glo,
naamlik dat Jesus die Here is.

Dit is ‘n belofte wat jy maak om:
•    alleen op hom te vertrou,
•    te lewe volgens sy Woord
•    getrou deel te neem aan die erediens
•    en al die aktiwiteite van die ker
•    om te volhard in gebed
•    en om God op alle terreine van die lewe te verheerlik deur wat jy sê en doen.  

Deur jou geloof so te bely,
sê jy ook dat jy vir altyd so wil leef
en steeds in jou geloof wil groei.  

Lied 292 My enigste troos (staan) [klavier]

Roep belydenisgroep vorentoe –
ouers staan, bly staan tot almal voor.

Hannes Bezuidenhout           
Jacques Cilliers                     
Janiké Du Plessis                 
Karyn Ferreira                    
Jastelle Hugo                        
Egbert Koen                        
Solané Meiring                    
Willene Moolman                 
Ivan Mülder                      
Micke Schaefer                   
Ruan Van Jaarsveld           

•    Ouers sit                                       

Belydenisaflegging

Aangesien julle die kerkraad oortuig het
van julle genoegsame kennis
van die Bybel
en die leer van die kerk
en van julle persoonlike geloofsvertroue,
het die kerkraad toestemming gegee
dat julle in die openbaar julle geloofsbelydenis mag aflê.

Luister nou mooi na die volgende vrae en antwoord opreg daarop:

(1)  Glo jy dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament
en in die artikels van die Christelike geloof vervat is
en in hierdie kerk geleer word,
die ware en volkome leer van die verlossing is?

(2)  Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus
deur sy genade
in die belydenis van die leer
tot aan die einde van jou lewe te volhard,
en alle leringe wat daarvan afwyk,
te verwerp?

(3)  Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlik Verlosser is
en dat jy hom liefhet?  
Beloof jy om hom te dien,
sy Naam getrou te bely voor die mense
en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?

Ten slotte:  Beloof jy dat jy jou onderwerp aan die kerklike opsig en tug?

(Laat elkeen afsonderlik hardop hierop antwoord).

Verklaring

Op grond van die genadeverbond,
soos verseël deur die doop,
en kragtens die belydenis wat julle so pas afgelê het,
word hiermee verklaar dat julle belydende lidmate is
van die Nederduitse Gereformeerde gemeente van Somerstrand

Vermaning

Mag julle in die goeie wedloop van die geloof
al julle kragte inspan,
soos God julle geroep het
en julle die belydenis voor baie getuies aflê (1 Tim 6:12, Hebr 10:24).  

Liewe gemeente,
ontvang hierdie jongmense as deel van die gemeente –
sien om na hulle,
sorg vir hulle,
bid vir hulle.  
Moedig hulle aan
en leef in liefde met hulle saam –
sodat God se Naam verheerlik word
en Jesus se liefde uitgedra word.
Ons is almal lede van die liggaam van Christus –
kom ons verheerlik hom
deur ons lewe as heilige offers vir hom te gee.

Geloofsbelydenis

Gebed

Gelukwensing

Seënbede:  

Revelations Song (soliste) –
Lied 286 Here God van liefde (sit) [klavier]

•    Belydenisgroep gaan sit

Dankoffer

Offering of Worship (soliste) – terwyl sing, video:  Pairs figure skating

Lied 280 Here Redder, Groot & Magtig (staan) [orrel]

•    Belydenisgroep & familie bly vir foto’s – tee in Ark

Seën

Lied 311 Wat ons hier ontvang het-  Koor is voorsangers (staan) [orrel]

Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011

Hier volg die teks van die hele erediens

Verwelkoming

  • Bibles for Believers

Toetrede

Lied 154 – Kom nou tesaam, laat ons vergader, één as sy Kerk, één in sy Naam – Gemeente v1 en 3, Koor v2 sit – Lirieke deur Elsabé Kloppers

Votum

Seëngroet

Lofsang

Lied 203 v1 en 3 – Loof die Here, al wat lewe, wil Hom dank en hulde bring – staan – Attie van der Colf lirieke.

Psalm 89 v1 en 2 – Vir ewig staan u trou, dis sonder wankeling – staan – lirieke deur TT Cloete, oor wie daar Saterdag ‘n artikel in die Burger was.

VONKK 80 – Ek is bly!  Ek verbly my in die Heer – Koor 1x , Gemeente 1x sit – Lirieke deur Malan Nel wat Jesaja 61:10 gebruik het, getoonset deur Awie van Wyk vir die Jeug-tot-Jeug-aksie van 1974.

Kindertyd

Hallo maats, my naam is Josef (handpop).

Ek wil julle vandag iets vertel wat baie belangrik is.

Weet julle wat is dit om hoogmoedig te wees?

  • Dit is wanneer jy dink jy is beter as ander mense.
  • Jy dink jy is hoog en ander is laag.
  • Jy dink jy is goed en ander is sleg.

Nou, ek het geleer dat dit baie sleg is om hoogmoedig te wees.
Toe ek nog by my ma en pa in Israel gebly het, was hulle baie lief vir my.
My pa, Jakob, het vir my ‘n mooi lang rok gemaak met sulke pragtig moue.
En ek was nie bietjie trots daarop nie.
Nie een van my ander 11 broers het so ‘n mooi rok gehad nie.
Selfs nie my susters het so mooi gelyk soos ek nie.
Sien, my pa het my liewer gehad as vir my broers en susters.
En ek het gedink, as hy my so liefhet, is ek beter as my broers en susters.
Daarom het ek slegte stories oor hulle by my pa kom vertel.
Goed wat hulle nie wou hê dat hy weet nie.
Slegte goed wat hulle gedoen het.
En ek was baie hoogmoedig.  Ek was nie soos hulle nie.
En weet julle wat doen hulle toe?
Hulle gooi my in ‘n put, ‘n gat in die grond.
Ek was baie bang.
Ek kon hoor hoe my  broers gesels en allerhande lelike dinge van my sê – dat ek so hoogmoedig is, dat ek ‘n les geleer moet word.
Toe hoor ek daar kom ‘n klomp Egiptenare verby.
En na ‘n tydjie kom haal my broers my uit die put uit.
Ek dog nog hulle het my jammer gekry.
Moenie glo nie; hulle verkoop my net daar aan die Egiptenare.
En so het ek in Egipte moes gaan bly.
Dit was baie swaar.
Maar ek het begin besef, ek was verkeerd.
Hoogmoed is ‘n lelike ding.
Dit is eintlik leliker as die slegte dinge wat my broers gedoen het.
En ek het die Here gevra dat Hy my moet vergewe.
En ek dog toe dit sal nou met my weer goed gaan.
Moenie glo nie – die volgende oomblik is ek in die tronk, want die vrou van Potifar, vir wie ek in Egipte moes werk, het slegte stories oor my vir hom vertel.
In die tronk het ek baie tyd gehad om te dink.
En daar in die tronk begin die Here weer met my praat.
En Hy help my om drome van ander mense te verstaan.
Toe die koning, hulle noem hom die farao, dit hoor, laat hy my roep.
Hy het ‘n droom gehad, en ek kon hom toe help.
Die Here het vir hom gesê dat daar ‘n groot droogte kom, en dat hy kos moet wegsit vir die droogte.
En weet julle – nie net het Egipte toe kos gehad nie.
My pa hulle kon ook in Egipte kom kos koop.
Want die droogte was orals.  Niemand het kos gehad nie.
En ons was baie bly om mekaar weer te sien.
Ek en my broers het alles tussen ons reggemaak.
En toe het ek nog iets geleer.
Die Here hou nie van hoogmoed nie.
Hy hou nie daarvan dat jy dink jy is beter as ander nie.
Dit is waarom ek in Egipte beland het.
Maar, as ‘n mens jammer sê, dat maak Hy dinge weer reg.
‘n Mens kan Hom daarvoor vertrou.

Gebed

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

God bring vreugde deur oordeel

Skriflesing

Die orakel boodskappe van hoofstuk 13-23 word opgevolg in die “Apokalips van Jesaja” in hoofstukke 24-27 waar die oordeel van die Here universeel uitgebrei word na die hele aarde toe.  God gaan oor begin, waarin grootskaalse kosmiese ontwrigting ervaar gaan word (24), hemelse en aardse magte geoordeel sal word (24:21-22) en die oorwinning oor die dood behaal sal word deur die opstanding van die dode, een van die min plekke in die OT waar dié perspektief oopgebreek word (26:19).

Dit word geskryf in taal wat herinner aan die ander apokaliptiese gedeeltes in die Bybel (Daniël, profetiese redes in die evangelies en Openbaring).  Apokalips beteken “om die sluier te lig” en kan daarom ook met die woord openbaring vertaal word.

Dit sluit die wonderlike heilsboodskap in dat God aan die einde ’n feesmaal vir die volke sal voorberei, hoewel dit steeds sommige se vernietiging sal insluit, soos bv. Moab, ’n heuwelagtige gebied in die hedendaagse  Jordanië, oos van die Dooie See (25), maar deurgaans ’n totale lotsverandering vir sy volk inhou (26-27).

Lees Jesaja 25

Woordverkondiging

Ek sou nie graag deel wou wees van die nageslag van Moab nie.

1.       Gebore uit bloedskande.  Na die ramp van Sodom en Gomorra, met Lot se vrou wat in ‘n soutpilaar verander, het Lot en sy twee dogters in ‘n grot in die berg gaan woon.  Omdat die twee dogters se verloofdes ook gesterf het in Sodom en Gomorra – hulle wou nie vlug nie; gedink dit alles was net ‘n grap – besluit Lot se dogters om hulle pa dronk te maak en kinders by hom te verwek.  Die oudste dogter het die voorbeeld gestel, en die jongste dogter het haar voorbeeld gevolg.  En  die Moabiete is die nageslag van Lot en sy oudste doger – soos Gen 19 ons vertel (die Ammoniete was die nageslag van Lot en sy jongste dogter).

2.       ‘n Volk van ongasvry vervloekers – ‘n Volk met leiers wat geen gevoel het vir mense in nood nie.  Toe Israel – en onthou hulle was bloed-familie, Lot se nageslag, die broerskind van Abraham – toe Israel op pad was deur die woestyn na Kanaän toe om die Beloofde Land in te neem, wou hulle nie eers vir die Israeliete brood en water gee nie.  Let op hulle was nie ‘n bedreiging nie, net maar honger en dors, maar Oosterse gasvryheid gee die leiers van Moab nie vir hierdie swerwers deur die woestyn nie.

Om die waarheid te sê, hulle voel so min vir Israel, dat hulle ‘n profeet huur, Bileam, om die volk in die naam van die Here te vervloek.  Praat van arrogansie, ‘n God wat hulle nie dien nie, word ingeroep om hulle vuilwerk vir hulle te doen – soos Numeri 22-24 ons vertel.

3.       En op die koop toe was hulle ‘n volk van verleiers, soos hulle oermoeder.  Numeri 25 vertel die gru verhaal van Moabitiese vrouens wat die Israeliete verlei het met seks om vir Baäl-Peor te dien, wat ‘n ramp oor die Israeliete gebring het.

Geen wonder die Here het die reël gemaak, geen Moabiet se kind, of sy kleinkind, of dié se kind en dié se kleinkind, of dié se kind, en dié se kleinkind, 10 geslagte ver, mag in Sy teenwoordigheid verskyn nie.  Dit beteken eenvoudig – NOOIT!  Bloedskandelik, Ongasvry, Verleiers – nie welkom in die geloofsgemeenskap van Israel nie (Deut 23).

Soos ek sê, ek sou nie deel van die nageslag van Moab wil wees nie.

Want, kyk, hier in Jesaja 25 is ‘n feesmaal, God het oorwinning gegee vir sy volk, Hy het die aanval van die Assiriërs afgeweer, en in ‘n aanbod wat eintlik die grense van die aardse tyd oorskry, nooi Hy alle nasies om te kom aansit – goeie kos, geurige wyn.

En Hy doen drie goed:

1.       Hy neem die doek van onbegrip weg – Hy bring kennis, wysheid, ‘n diep insig in hoe dinge werk, en Hy gee dit vir almal;

2.       Hy vee die trane af van dié wat huil oor hulle verlies en hulle nood, en Hy neem die smaad weg wat oor sy volk gelê het, weens hulle eie dwaasheid en,

3.       Hy vernietig die dood, die toppunt van vrees, dié ding waarvoor almal bang is, en niemand oor praat nie, totdat jy dit deur siekte of ouderdom nie anders kan as om in die oog te staar nie.

Deur die oordeel wat God bring oor die aarde, skep Hy weer vreugde.  Deur die straf, bring Hy weer ‘n verhouding tot stand tussen Hom en die mense.  En dit is ‘n bron van ewige blydskap.  God bring vreugde deur die oordeel.

Maar Moab word uitgesluit – met ‘n grusame-grillerige beeld, een wat jou van skok wil laat lag, word hulle uitgebeeld as in ‘n mishoop ingetrap … en as hulle verward probeer uitswem uit die mis, soos ‘n swemmer wat sy hande uitsteek om net bo te kom om asem te skep, swem hulle elke keer in God vas, wat hulle keer, en hulle vernederend terugdruk in die mis (vers 10-12).

Grusaam, grillerig, spottend.  Laat my dink aan die kinderboekie Die storie van die molletjie wat wou weet wie het op my kop gedinges? – dit is net baie erger.  Want die WIE is niemand anders as God nie.

Ek wil nie deel wees van die nageslag van Moab nie.

Maar, dit is ook ‘n prentjie van God wat ek moeilik my kop om kry.

Hoe kan God so genadeloos, amper wraakgierig wees?

En hoe pas dit in die NT prentjie van Jesus in?

Daar is vier dinge wat ek dink ons sal help om dit te verstaan.

1.       God haat hoogmoed.  Dit is die oersonde, die diepste vergryp, die boosheid self (soos uitvoerig in Jes 15-16 reeds geskrywe oor Moab). God kan nooit vrede maak met hoogmoed nie.  Daar is baie dinge wat Hy kan oorsien.  Hy kan onkunde hanteer – Hy haal immers die doek van onbegrip van sy mense se oë af.  Hy kan sonde hanteer – daarom was daar die offerkultus in die OT en het Jesus aan ‘n kruis gesterf.

Maar hoogmoed is ‘n spesie van sy eie.  Dit is die primêre fout in die menslike geestelike DNA, die idee dat jy beter weet as God, dat sy riglyne vir die lewe nie vir jou geld nie (Adam en Eva), dat jy nie verantwoordelik is vir jou broer of jou suster se lewe nie (Kain en Abel), dat jy nie na God hoef te luister hoe om op hierdie aarde te lewe nie (Noag en sy tyd, Sodom en Gomorra en talle voorbeelde daarna).

Hoogmoed is die oersonde, die diepste vergryp, die boosheid self.

En Moab het ten spyte van alles, hulle in hoogmoed verset teen God, en wou net nie buig voor sy ingrype, sy teenwoordigheid, sy aanbod vir die lewe nie. Jeremia skryf ook hieroor en sê: “Moab het hom groot gehou teen die Here” (48:26).  Eintlik is dit die geestelike gene van hulle oermoeder, wat alle konvensies oorboord gegooi het, bloedskande met haar pa gepleeg het, en ‘n nasie in die lewe gebring het wat moeilik sou buig voor wat God voorskryf en self ongasvry en verleidelik geleef het.

2.       Moab is ‘n simbool.  Moab is ‘n simbool vir enigiemand wat hulle teen God verset.  Dit gaan nie in die teks net om Moab nie.  Dit gaan oor enigiemand wat hulle teen God verset, wat God se aanbod tot die feesmaal in sy teenwoordigheid, nou en hierna, verwerp.

En ek dink ons sien iets van hierdie teks regdeur die geskiedenis ontvou.  Jesaja help ons verstaan dat God op die wêreldverhoog speel.  Agter alles, deur alles, in alles, werk Hy sy beplanning uit.

John Watts het my nogal laat nadink oor aspekte van ons leefwêreld, waar hy in sy kommentaar op Jesaja 3-4 die volgende sê:

“All society is held together by invisible bonds—common concerns that have a moral base. When these disappear, the body politic disintegrates. Judgment on a people may be passive. It does not have to come by external invasion. It may, and often does, come through internal atrophy. The passage suggests that God is responsible for this deterioration. It is his judgment on those who forget that they are all ultimately dependent on him.”

En hoewel ‘n mens moeilik in detail dit kan beskryf, juis omdat dit so verborge gebeur, kan ‘n mens een ding sien – regerings of mense wat hulle verhef bo ander, word tot ‘n val gebring.  Ons sien dit in ons eie land, en sal dit weer sien, indien mense nie tot inkeer kom nie, en ons sien dit in die wyer wêreld – Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog en die Kommunistiese muur se val in die 80er jare is resente voorbeelde.

En ek vermoed wat in die Midde-Ooste gebeur is heel moontlik die begin van ‘n volgende fase in die vernedering van hoogmoediges, wat ‘n wet vir hulleself geword het – Mohammed Hosni Said Moebarak kon nie staande bly in sy hoogmoed en afkeur van die massas in Egipte nie (ongelooflik, Wikipedia is reeds opgedateer met die datum vir die einde van sy termyn as president, 11 Februarie).

3.       God se hart kerm oor Moab.  Daar is ‘n roerende kykie in God se hart in hoofstuk 15-16 waar God ‘n oordeel oor Moab uitspreek.  Ten spyte van God se onwrikbare oordeel oor hulle – hulle vlug uit hulle land na Edom, en dié kan hulle nie help nie; en dié wat agterbly in die land word deur leeus verskeur – sê God steeds “My hart brand oor Moab”(15:5).

Ten spyte van die ondraaglike verwoesting wat Hy oor hulle bring – oor hulle hoogmoed, hulle hovaardigheid, hulle grootpratery wat tot niks gely het nie (16:6) – kerm dit in God se hart oor Moab, dit kerm soos ‘n lier (16:11), dat hulle nie die opsie om tot God te bid, aangryp nie, maar tevergeefs hulle eie gode aanroep.  Onversetlik in hulle hoogmoed en opstand teen die Here, spoel die verwoesting oor hulle – maar tot God se verdriet.  Hy wou dit nie so hê nie.  As hulle maar net wou luister.

4.       Rut kom uit Moab.  Dit is die evangelie in die verhaal van Rut – enigiemand, selfs ‘n Moabiet, wat die Here aanroep, word deur Hom aanvaar.  Die verhaal van Rut, die Moabiet, bewys dit.  Sy word nie net opgeneem in die koninklike geslag nie, maar uit haar word die Verlosser van die wêreld gebore.  Jesus het ‘n Moabiet as voorouer!

En Jesaja se profesie maak dit nie ongedaan nie.  Soos Paulus jare later sou skrywe: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie” (Rom 10:11).  En hy haal – sowaar – uit Jesaja 28:16 aan!  “Dit maak dus geen verskil of ’n mens ’n Jood of ’n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Rom 10:12).

Is dit nie ongelooflik wonderlik nie?!  Is dit nie rede om uit te bars van lof vir God nie?!  Daar is nie iemand soos Hy nie.  Sy weë is hoër as ons s’n, baie keer onsigbaar, soms selfs moeilik om te verstaan.  Maar dit werk altyd ten goede mee.

Wat my laat besef: daar is hoop vir ‘n Moabiet … ook hoop vir die Moabietiese gene wat ook in my geestelike DNA sit …  vir almal!

Dit beteken – ek mag maar ‘n Moabiet wees, want die feesmaal is ook vir Moabiete wat luister en in God glo.

Gebed

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Dankoffers

Koor: Lied 210 (Prys God, Hy is groot!) – Elsabé Kloppers

Zithulele – Thomas Stewart

Slotsang

Lied 284 (Laat, Heer, u vrede deur my vloei) staan – Jacques Louw se Afrikaanse lirieek op voetspoor van Franciskus van Asissisi se Make me a channel of your peace.

Seën

Amen Lied 314

Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011

Die orakel boodskappe van hoofstuk 13-23 word opgevolg in die “Apokalips van Jesaja” in hoofstukke 24-27 waar die oordeel van die Here universeel uitgebrei word na die hele aarde toe.  God gaan oor begin, waarin grootskaalse kosmiese ontwrigting ervaar gaan word (24), hemelse en aardse magte geoordeel sal word (24:21-22) en die oorwinning oor die dood behaal sal word deur die opstanding van die dode, een van die min plekke in die OT waar dié perspektief oopgebreek word (26:19).

Dit word geskryf in taal wat herinner aan die ander apokaliptiese gedeeltes in die Bybel (Daniël, profetiese redes in die evangelies en Openbaring).  Apokalips beteken “om die sluier te lig” en kan daarom ook met die woord openbaring vertaal word.

Dit sluit die wonderlike heilsboodskap in dat God aan die einde ’n feesmaal vir die volke sal voorberei, hoewel dit steeds sommige se vernietiging sal insluit, soos bv. Moab, ’n heuwelagtige gebied in die hedendaagse  Jordanië, oos van die Dooie See (25), maar deurgaans ’n totale lotsverandering vir sy volk inhou (26-27).

Hier volg die teks van die hele erediens

Continue reading

Jesaja 7 – Erediens: God vra geloofsmoed in krisisse – 6 Februarie 2011

Jesaja 7:
Begin inleiding,
vertel wat gebeur het – ook uitkoms
1 In die tyd toe Agas,
seun van Jotam
en kleinseun van Ussia,
koning van Juda was,
het die Aramese koning Resin [aan die een kant]
en die Israelitiese koning Peka seun van Remalja [aan die ander kant]
‘n veldtog teen Jerusalem onderneem.
groot bedreiging!
Net ingeval jy dink dis waaroor storie gaan –
politieke bedreiging –
sê teks:

Die veldtog het egter op niks uitgeloop nie.
[so gaan nie oor bedreiging, oorlog –
ons weet reeds uitkoms,
so sê gaan eintlik oor spelers reaksie,
eintlik geloofskwessie.
Val ook sommer deur in huis,
ongeloof, vrees:]

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading