Skip to main content

Preek: Vreugde, twyfel & advent – Matteus 11:1-12 – 12 Des 2010

Verwelkoming

Adventkers

Dankie

Votum

Jesaja 35:1-10

 

Seëngroet

Lofsang

• Lied 344:1 & 3 (staan)
• Lied 352 (sit)
• Lied 366: 1 & 3 (sit)

Gebed

Skriflesing

Matteus 11:2-11

Preek

Kinders vorentoe –
Crackers – wat dink gaan binne wees?
Soms verwag een ding, kry iets anders.
Johannes gebeur – gedink Jesus gaan een ding doen, doen iets anders –
gaan gesels wat gedink – fyn luister.

Eers vertel van Charles Templeton.
Was in 1940’s nabye vriend,
kollega
legendariese evangelis Billy Graham.

Formidabele prediker,
groot skares evangelie verkondig.

Maar begin worstel vrae Christelike geloof.

So erg geraak,
uiteindelik rug op geloof gekeer.
Billy Graham probeer oortuig selfde te doen.
Uit aard van saak opgehou evangelis te wees,
skrywer en joernalis geword.
Kritiek op Christelike geloof verwoord in boek
“Farewell to God: My reasons for rejecting the Christian faith”

Toe hy 83 was, iemand onderhoud gevoer,
gevra waarom rug op geloof gedraai.
Ek het begin nadink oor al die plae wat oor ons planeet swiep
en sonder aansien des persoons mense doodmaak –
dikwels pynlik.
Alle soorte mense ly,
die gewones,
die goeies,
en die slegtes.
Dit het kristalhelder geword
dat geen intelligente mens
kan glo dat daar ‘n God bestaan
wat mense liefhet nie.

Oor Jesus het gesê dat Jesus nie God is nie,
maar die grootste mens wat ooit geleef het,
‘n morele genie.

Sy etiese aanvoeling was uniek.
(het hy gesê)
Hy is die mees wyse persoon wat ek ooit in my leeswerk ontmoet het.
Sy lering is die kosbaarste aspek van my lewe.
Ek weet dit mag vreemd klink,
maar ek eer Jesus.
Hy is die belangrikste mens wat ooit geleef het.
En, as ek dit so mag stel,
ek mis hom”
Het hy gesê.

En op hierdie punt –
so vertel die onderhoudvoerder –
het Templeton se oë vol trane geskiet.
Hy het hardop begin huil.
en geweier om enige iets verder te sê.

Matteus 11 vertel an ‘n soortgelyke worsteling.

Johannes die doper is in die tronk.
Hy hoor alles wat Jesus gedoen het
en stuur van sy volgelinge om vir Jesus te vra
of hý die een is wat sou kom –
of moet hulle nog vir ‘n ander een wag.

Een kant Johannes twyfel baie vreemd –
het as baba in baarmoeder al Jesus erken,
het Jesus gedoop,
moontlik selfs stem uit hemel gehoor
(hoewel natuurlik baie moontlik net Jesus dit gehoor).

Maar op manier kan mens ook verstaan Johannes twyfel.

Eerstens sy omstandighede.
Johannes kondig God groot werke aan,
verkondig koms van Messias,
en beland as gevolg daarvan in die tronk.

Hoekom gebeur dit?
Hy’t tog gedoen God van hom vra.

Tweedens natuurlik nie self Jesus optrede gesien (is in tronk),
hoor wat mense sê.
En wat Jesus doen,
nie wat Johannes verwag het!

Johannes het oordeel gepreek.
Jesus het vergewende liefde gepreek
en God beskryf as gasheer
wat wonderlike partytjie hou
of vader
wat nie oor hard kan kry kinders weg te jaag –
selfs al draai rug op hom.

Johannes gesê mense moet lewe in orde kry voor te laat.
Jesus sê God red –
selfs as al geld op drank en seks mors soos verlore seun,
nog nie te laat.

Terwyl Johannes saam met kerkmense
sprinkane en heuning
in woestyn geëet,
het Jesus saam met skuim van samelewing partytjies gehou –
‘n vraat en ‘n wynsuiper, het die mense van hom gesê.

Johannes gedink Messias oordeel,
mense bevry van sosiale, ekonomiese, politieke onderdrukking.
Buitelandse oorheersers
en korrupte godsdienstige leiers
het God se geduld tot die uiterste beproef.

Nou, nou’s dit tyd.
Nou gaan hulle leer waar Dawid die wortels begrawe het.
Die byl lê klaar teen die wortels van die boom.

Maar Jesus se bediening is nederig,
diensbaar.
Van die heerlikheid van Jesus sien mens amper niks.
Dis nie wat Johannes verwag het nie.
Hy worstel daarmee dat hy nie Jesus se koninklike mag sien nie.

Daarom die vraag:
Is U die Een, of moet ons vir ‘n ander wag?

Ons hoef nie vir Johannes hieroor te veroordeel nie.
Twyfel is deel van die geloofslewe – lees maar net die Psalms.

Iemand het gesê dat mense wat nie twyfel nie,
nog nooit geglo het nie.

Moeder Teresa het geweldige twyfel ervaar.
Maartin Luther het dikwels geworstel met sy geloof.

Almal wat Jesus ernstig neem,
wat werklik glo dat Jesus die seun van God is,
worstel met wie Jesus is
en wat hy doen.

Albert Schweizer skryf:
Dis nie die mens
wat met twyfel worstel
wat struikel nie.
Nee, dit is die mens
wat nie langer worstel
met wie Jesus is nie,
wat struikel.

So Johannes laat stuur sy geloofsvrae na Jesus.
Jesus se antwoord
help almal wat die boodskap van Jesus hoor
en wonder
of hulle regtig in Jesus kan glo.

Jesus beskaam nie vir Johannes omdat hy twyfel nie.
Jesus nooi Johannes uit om te sien, te hoor en te glo.

Eerstens verwys hy terug na die OT profesieë,
wat Johannes ongetwyfeld sou ken.
Onthou, sê Jesus,
die profete het gesê die tyd van die Messias
sal ‘n tyd wees
waar blindes kan sien,
lammes wat loop,
melaatses wat gereinig word,
dowes wat hoor,
dooies wat opgewek word
en armes wat die evangelie ontvang.

Dís wat die profete, o.a. in Jesaja,
oor die Messias voorspel het.
Johannes kan maar rustig wees.
Jesus is die Messias.
Wat hy sê en doen,
is presies wat die profete voorspel het.

Tweedens word Johannes genooi om dieper te kyk.

Dis opvallend hoe belangrik die woord “sien” in hierdie teksgedeelte is.
Word aanmekaar gebruik.
Johannes “hoor” van Jesus in die tronk.
Nou word hy uitgenooi om dieper, meer te “sien”:
Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien (v4).

Johannes se persoonlike omstandighede is sleg.
En ons weet dit gaan nie beter raak nie.
Maar hy moenie in sy omstandighede vaskyk nie.
Hy moet verby die tronk kyk,
en die groter prentjie van Jesus se werk sien.
Boosheid word oorwin,
Genesing word bewerkstellig.

Wat Johannes moet leer,
is dat die koninkryk soms anders kom as wat ons verwag.
God kom in nederigheid en diens.

Jesus het sy koninkryk kom vestig
te midde van die werklikheid van die lewe,
van lyding
swaarkry
gevangenskap
armoede
en pyn.

Jesus verkondig nie –
soos Johannes verwag het –
die finale oordeel van God nie.

Dit gaan nie oor oordeel,
oor mag nie,
maar oor medelye en liefde
vir hulle wat uitgestoot is na die rand van die samelewing.

die goeie nuus is vir hulle wat nie gewoond is aan goeie nuus nie.
Geloof is om op God te hoop,
selfs al gaan dit teen jou verwagtinge in,
al is jy in die tronk.

En dit is geluk –
om Immanuel te ken,
om God by jou te sien,
ten spyte van jou persoonlike omstandighede.
Jesus belowe nêrens vir ons dat dit altyd met ons sal goed gaan nie.

Johannes sterf in die tronk.
Maar sy oë het die grootheid van God in Jesus gesien.
Sy ore het die getuienis van die wonderlike werk van die Messias gehoor.

Vreugde is om Jesus aan die werk te sien,
ten spyte van,
of eerder: te midde van,
jou omstandighede.

Wat maak ons vandag met hierdie teks?

Ons vier nou Advent –
tyd van afwagting, koms van koninkryk.
As om ons rondkyk,
dan is daar werklike spanning
tussen wat sien
en wat verwag van Jesus.

Saam met Johannes moet ons leer
dat God se koninkryk dikwels anders lyk as wat ons verwag.
Saam met Johannes word ons genooi om dieper te kyk,
om te sien dat Jesus se koninkryk nou reeds,
elke dag,
hier is.

Saam met Johannes kan ons Jesus se teenwoordigheid raaksien,
ook onskuldig in die tronk.

Tweede ding ons met hierdie teks moet doen,
is Johannes voorbeeld ernstig opneem.

Wanneer begin twyfel,
neem twyfel na Jesus,
vra vraag.

Jesus leef.
Hy leef elke dag met ons.
Net omdat nie kan sien,
beteken nie minder werklik.
Ons mag hom enige iets vra.
Ons mag worstel.

En ons sal ook genooi word om te glo.
Miskien sal ons nie altyd ‘n rasionele antwoord kry nie,
dalk sal ons nie verduideliking kry wat help om omstandighede te verstaan.
Ons kyk in ‘n dowwe spieël.

Maar Jesus is hier.

Laaste reaksie ek wil noem,
God woord ons vra,
is om Jesus te volg.

Beteken wegkyk persoonlike omstandighede,
betrokke raak by wat Jesus doen.

Jesus het God se werk gedoen.
Genesing vir dowes, siekes, armes, lammes.

Kan ons dan ook,
in navolging van hom,
van onsself wegkyk
en lewe lei
wat genesing vir ander bring?

Gardner Taylor is ‘n professor in teologie in VSA.
Vertel in jong dae,
preek Louisiana,
dae van Depressie.

Destyds net begin elektrisiteit Louisiana aan te lê.

Gepreek in plattelandse,
Afro-Amerikaanse gemeente.
Net enkele gloeilampie in die middel van die plafon gehang.
Net-net genoeg gebou te verlig.

Terwyl nog so preek,
gaan krag af.
Alles pikdonker.
As jong, onervare prediker,
Taylor nie geweet wat doen of sê.

Terwyl onbeholpe staan en mompel,
roep een van bejaarde lidmate kliphard
van agter uit kerk uit:
Preek dominee, preek!
Ons kan Jesus steeds in die donker sien!

Gebed
Dankoffer

Lied 355
Seën
Lied 314

Ons reaksie op Kersfees

Hierdie erediens fokus op reaksies op God se koms na ons wêreld.  Maniere waarop ons God verwelkom.  Maniere waarop ons gasvry is teenoor Hom.  Reaksies op Sy gasvryheid aan ons. En ons het ’n aantal karakters, meesal uit die Bybel, wat ons meer gaan vertel oor hulle reaksies.  En ons hoop dat in hulle reaksies ons almal weer nuut ons eie reaksie op God se koms in Jesus Christus na hierdie wêreld toe sal kan oordink.

Preek: Leef Waarderend – Joh 12:1-8 – 28 November 2010

Votum

Matt 12:17-21

Seëngroet

Lofsang

Lied 334 (staan)

Lied 329 Koor 1x, gem 1x (sit)

Toewyding

Flam 108 (sit)

GOD PRAAT EN ONS LUISTER

Gebed

Kindertyd

Die Heel belangrikste werk – Wendy Hartmann

Lied 526 3x: Afr, Latyn, Afr (sit)

Skriflesing

Johannes 12:1-8

Preek

Teks vreemd,

ongemaklik.

Eintlik meer vrae as antwoorde.

 

Begin eers paar goed oor teks sê.

 

Verskillende weergawes al 4 evangelies (sien joernaalblad)

Verskille (ook joernaalblad):

net 2 uitlig:

 

Matt & Mark: vrou

Luk:  sondige vrou.

Joh – Maria

Dalk hoekom vandag dink Maria prostituut,

terwyl geen geskrif op te baseer.

 

Luk:  vrou wil Jesus salf,

trane op voete,

met hare afvee.

 

Teoloë,

ook ander bronne in ag neem,

hier eintlik 2 gebeure verwar in oorvertelling:

1)  Insident in Galilea in huis van Fariseër:

‘n Sondaar tot bekering gekom

huil in Jesus teenwoordigheid.

Trane val op sy voete,

sy vee vinnig met hare af.

Hierdie skandelike optrede van vrou –

hare in openbaar losmaak –

pas by vrou se karakter,

verduidelik omstanders ontsteltenis,

vorm ook draad van Lukas argument.

 

2) Insident in Betanië

by huis van Simon melaatse,

waar ‘n vrou liefde vir Jesus uitdruk

deur duur parfuum oor kop te gooi.

 

In Johannes dan vermenging hierdie twee insidente.

 

Nog baie vrae, nuanses in teks.

Maar spilpunt van teks,

Maria se vreemde gedrag.

Dink nie enige plek in wêreld hierdie optrede NIE wenkbroue sou laat lig.

Meer nog haar wêreld.

 

Weet vandag nog Midde-Ooste voete vieslike deel van liggaam.

Bush skoen gegooi – grootste belediging.

Evelyn – mans hulle nie gedra – slaan skoen.

 

Gewoonte mense self voete gewas, dalk olie ingevryf.

 

Gasvryheid:

voorsien vir gaste na reis bak met water.

Sien daardie groot verhaal voorbeeld gasvryheid,

Engele Abraham besoek:

Gen. 18:4:

Laat ek eers ‘n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was,

 

Soms ook olie.

Maar gaste smeer self.

 

As gasvrou/heer ryk was,

slaaf dit doen.

Voete was daad geïdentifiseer slawerny.

 

Feit Marta kos bedien,

kan aanneem nie ryk.

(Hoewel sommige kommentare:

woord Marta bedien sinspeel Diaken,

dus tipe Nagmaal,

Marta liturg).

 

Hoe ook al sy,

mens nie eintlik jou gaste voete gewas of gesalf.

 

Tweedens duur olie.

Moontlik oor van Lasarus begrafnis,

maar verander nie saak bitter duur parfuum.

 

Gemaak plan Himalayas gegroei

hoogtes 7000 tot 14000 ft.

Verskillende somme gelees wat vandag sou kos,

wissel van R120 000 tot R300 000.

Genoeg te sê:

duur.

Spekuleer prys, beslis weet:  jaar se loon.

Bitter baie geld.

 

Sy gooi dit op Jesus se voete uit.

 

Maar sy hoop skande op skande,

want sy staan en vee af met hare.

 

Vrou nie man geraak,

behalwe eie man of kinders.

Nie in openbaar.

 

Vrou hare bedek.

niemand anders hare sien.

 

Maria maak hare los voor almal,

vat aan Jesus,

vee voete met hare af.

 

Dalk geen wonder dat vandag nog effens slegte naam het.

 

Ook geen wonder dat mense ontsteld was!

Want as logies daarna kyk,

as in kultuur van dag sien,

was skandalige ding te doen!

 

Vandag weet Maria optrede hier

profeties was.

 

Salf Jesus as koning – hierna intog Jerusalem.

Berei voor (vooruitskouing) vir dood, soos Jesus self hier sê.

 

Wonder natuurlik,

Jesus kort hierna (13:15)

haar voorbeeld volg,

sy dissipels voete was,

sê hulle ook moet doen.

 

Dink ons moeilik in te leef,

in te dink Maria se gevoel vir Jesus.

Weet sy was lief vir Jesus,

weet Jesus lief vir haar.

Kort voor hierdie insident haar broer uit dood opgewek.

 

Hier insident waar

oordadig

liefde vir Jesus betuig.

 

Iemand beskryf as:

The shocking intimacy of loyalty,

trust

and bonding

with Jesus

that over-rides cultural norms.

 

Ons mense dikwels lief,

waardeer.

Maar darem steeds waardig –

durf sê statig? –

in manier waarop betoon.

Effens teruggehoue.

Hoef nie oorboord te gaan!

 

Maar Maria gaan oorboord.

Heeltemal, totaal en al oorboord.

 

En dan kan mens verstaan dat Judas ontsteld is.

Nie net oor verkwisting,

maar oor hierdie totaal eerlike,

intieme bewys van liefde.

Dis darem te erg.

As ons eerlik moet wees,

verstaan Judas goed.

 

Leef ook kultuur waar nie sommer liefde en waardering uitspel.

Hele kultuur daarop ingestel ons te beskerm teen sulke – wat ons noem soetsappige (LW) – uitdrukkings van liefde.

Troues (en rituele daarrondom) goeie vb.

Een plek waar moontlik kan gebeur,

bruidegom toespraak vir bruid.

So ons vorm spannetjie bruidegom te beskaam,

sodat ons darem nie te erg blootgestel hoef te wees aan liefde en waardering nie.

 

Miskien voel jy ek oordryf bietjie,

lees meer in situasie in…

maar dink bietjie daaroor:

ons vier oorgange,

spesiale oomblikke van liefde,

deur mense te beskaam.

 

Ons sal veel eerder kritiseer as waardeer.

En ons dink ook dis reg en goed so!

  • Mens moet nederig wees.
  • Ons doen wat ons doen tog vir God, nie vir mense se erkenning nie.
  • Netnou kry hy grootkop.

 

Maar Jesus reageer heeltemal anders as Judas.

En miskien vir Judas onverwags.

Kon sekerlik logies verwag Jesus Maria aanspreek

(soos Marta destyds verwag het),

want haar gedrag IS onvanpas.

 

Maar Jesus reageer met liefde,

met waardering.

Hy bevestig vir Maria in haar optrede.

 

Waar sy iets gedoen het

wat ons nie verstaan nie

en met reg kan veroordeel,

waardeer Jesus.

Bewys hy liefde en waardering

eerder as veroordeling.

 

Baie belangrik hier hoor:

God se stem is ‘n stem van liefde.

 

God praat ALTYD in liefde

en met liefde

met ons.

 

Dink maar aan Judas.

Selfs wanneer Jesus sê gaan verloën –

SELFS DAN praat nié beskamend van Judas.

Dissipels vra “wie?”

Jesus nie:  (vinger wys)  “Hy! Judas!”

Selfs dan:  een wat hand saam my in bak steek.

 

Nooit, ooit beskaam God sy kinders nie.

 

God is liefde.

Kan sê God het lief, bewys altyd liefde.

Maar meer as dit,

is God wese,

is wie God is:

God is liefde.

 

Natuurlik God ons soms aanspreek,

teregwys,

reghelp.

Maar nooit ooit op manier wat ons beskaam.

 

Wanneer verdruk word deur skaamte,

ondergaan van skande,

kan jy maar weet:

dit is nie God nie.

Want God se stem is ALTYD ‘n stem van liefde.

 

Hoor jy my?

Weet jy dit?

Onthou dit!

God se stem is ‘n stem van liefde.

 

En wanneer ons dit weet,

wanneer ons sy stem leer ken –

soos wat Maria dit leer ken het –

dan kan ons ook waarderend leef,

kan ons ook vry kom van ons kultuur se beskamende voorkeure –

en soos Maria begin om waardering te wys.

 

Weereens deel van wese van gasvryheid.

Gesê gasvryheid liefde vir vreemdeling.

Maar gasvryheid nie net vreemdeling verdra,

is vreemdeling waardéér.

 

Soms tree mense vreemd om,

doen goed anders ons wou gehad,

self sou doen,

soms gewoon verkeerd.

 

Gasvryheid beteken ons vir mekaar ruimte gee:

ruimte foute te maak,

ruimte anders te wees.

 

Andersheid juis as geskenk ontvang.

Nie dink mense anders as ons is verander soos ons te wees,

juis toelaat self te wees,

anders te wees –

Wanneer ons sáám anders kan wees,

en mekaar se andersheid kan waardeer,

dan werklik gasvry.

Natuurlik verskillende maniere waardering wys.

(Joernaalblad en kg mat voorbeelde),

maar eerste tree bewus te wees hoe dink oor

en praat met ander.

Om wanneer self betrap kritiseer (hetsy gedagtes of woorde)

eerder te waardeer.

 

Nie geveins –

maar opreg

ander as geskenke van God ontvang

en as sodanig waardeer.

 

Ek natuurlik heel week besig gedagte in kom,

as mens Sondag preek,

minstens hele week vooraf besig preek te skryf,

of op pad is of opstaan of gaan slaap:  skryf preek.

 

In week personeel saam tee,

afskeid die 4 weggaan.

Onverwagse Godsoomblik.

Charel begin op ry,

spreek waardering teenoor almal uit.

 

Amper soos Maria,

Charel soos wat net hy kan,

oordadig waardering uitgespreek.

 

Dink nie hy het geweet wat doen,

of dalk selfs bedoel,

maar in woorde oor elkeen van ons uitgespreek,

ons verstaan van onsself verander.

Ons verstaan van ons roeping verander.

Ons verstaan van ons as groep

en elkeen se rol in groep

verander.

 

In daardie oomblik eerste keer besef

hoe belangrik hierdie beginsel werklik is.

Hoe kragtig dit is om mekaar te waardeer.

Wat ‘n voorreg mense te kan saam werk dit vir my leer.

 

Wat ook laat dink het aan ander mense mee saam werk,

aan julle, gemeente, mee saam werk.

 

In week praat dominee elders in Oos-Kaap lidmaat ontmoet,

wat wonderlike gawe vir kerk.

Besef:  dis ons gemeente.

Weet nie van een ander gemeente wat geseën sulke lidmate soos ons.

 

Vaardige mense,

kundig,

maar ook mense wat werklik omgee,

wat uitreik –

oor grense heen –

werklik verskil maak.

Wat tyd afstaan ander uitreik.

 

Herinner iemand eenkeer by Ringsvergadering gesê,

(nie lidmaat gemeente)

reis oral Oos-Kaap,

sê waar ookal kom,

loop vas in lidmaat NGK Somerstrand,

besig om ‘n verskil te maak.

 

Wat ‘n voorreg vir my om deel te kan wees van hierdie gemeente,

om in jul lewens te kan deel

om saam met julle te kan werk.

 

Weet julle hoe lekker my werk as dominee,

wanneer werk met mense soveel gawes,

EN soveel passie.

 

Mense wat regtig

met vreugde lewe

en met liefde dien

vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus.

 

Ons het hierdie kwartaal baie gepraat oor gasvryheid –

nie net in eredienste,

maar ook in huise,

gewonde alledaagse gesprekke.

 

Kon sien hoe dit by ons begin grond vat,

hoe dit nog meer realiteit word as wat was.

 

My gebed Here ons steeds op hierdie pad sal neem,

sal aanhou oor grense beweeg,

liefde bewys,

dat waarderend sal doen:

waarderend van mekaar.

Waarderend van mense anders as ons.

 

Want elke mens met wie in kontak kom,

geskenk van God af.

Gebed

Dankoffers

Lied 332 (staan)

Seën

Gaan dan nou

en leef met God se liefde en aanvaarding,

met die oneindige genade

liefde

& teenwoordigheid

van God

Amen.

Lied 189

Preek: Leef Gasvry: Gaan vertel … 2 Kor 3:3 21 November 2010

Leef Gasvry:  Gaan vertel …

Lukas 24:13-35 en 2 Kor 3:1-3
Deon Binneman
21 November 2010

 

Ek onthou hoe in die narratiewe terapie-opleiding ons geleer is om refleksiewe vrae te vra – dit is vrae wat jou in jou nadenke laat inbuig na jouself toe.  Dit is ʼn vraag soos:  Wat doen dit aan jou as …  Die soort vraag laat jou dink aan dit wat ʼn situasie of iemand anders aan jou doen.

Maar daar is ook ʼn anders soort refleksiewe vraag.  Jy sou ook kan vra:  Wat dink jy doen dit aan ander (of aan die situasie) as jy sus of so maak.  Wat doen jou doen aan ander?  Hierdie vraag laat ʼn mens krities na jou eie optrede en die effek daarvan kyk.  Die konsep ubuntu beteken:  Ek is wat ek is vanweë wat ons almal is.  Maar dit is nie wat die vraag Wat doen my doen aan ander, in die oog het nie.  Wat doen my doen aan ander, hou in dat ons mekaar maak.  Ek is wat ek is omdat ander dit van my maak.

Dit is dieselfde gedagte wat ons in 2 Korintiërs 3 kry.  Paulus het nie formele geloofsbriewe, of aanbevelingsbriewe soos sommige ander mense nie.  Dan sê hy egter dié mense wat tot die geloof gekom het, is eintlik sy aanbevelingsbriewe is.  Dit wat hy vertel het, het hulle lewe verander.  Daarom het hy nie eintlik ʼn geloofsbrief nodig nie.  Hulle wat tot geloof gekom het na aanleiding van sy verkondiging, hulle veranderde lewens is genoeg bewys van die legitimiteit van Paulus se apostelskap.

Continue reading