Jesaja 61 – Erediens: God maak ons ‘n blye boodskap – 27 Maart 2010

Votum

Wys video – Jesaja61withnarrator (+klank)

Seëngroet

Lofsang

• Vonkk 80 Ek is bly [ORREL] (staan)
• Flam 6 Heer Jesus, My Redder [BAND] (sit)
• Flam 108 Sonstraal [BAND] (sit)

Gebed

Skriflesing

Jesaja 61

Lukas 4:16-21

Kindertyd

Watter seisoen begin nou? (Herfs)
Wat gebeur bome? (Verloor blare)
Nie almal – immergroen.
Gaan vertel waarom bome blare verloor:
[storie]

Een dag,
lank lank gelede,
was baie koud – winter op pad.

Al voëls vlieg na suide, waar warmer,
te wag vir lente.

Een klein voëltjie vlerkie gebreek,
kan nie lekker vlieg.
Weet nie wat te doen.
Kyk oral rond,
sien of plek is waar kan warm bly.
Sien groot woud, bome.
“Dalk sal die bome my warm hou in die winter” vir self gesê.

So gaan na rand van woud,
hop en vlieg effentjies met een heel vlerk.
Eerste boom,
pragtige silwer berk.

“Pragtige berk, sal jy my toelaat om in jou warm takke te leef totdat lente kom?”

“Liewe aarde” antwoord berk, “wat ‘n ding om te vra!
Ek moet na my eie blare omsien in die winter,
dis genoeg vir my om te doen,
kan nie nog na jou ook kyk nie!
Gaan weg!”

Voëltjie hop tot volgende boom,
reuse, ou akkerboom.

“Liewe reuse akkerboom, sal jy my in jou warm takke laat woon tot die lente kom?”

“Liewe aarde” antwoord eik, “wat ‘n ding om te vra!
As jy heel winter in my takke woon,
sal jy al my akkers opeet!
Gaan weg!”

So klein voëltjie hop maar verder
tot by wilger langs stroompie kom.

“Liewe wilgerboom, sal jy my tussen jou warm takke laat woon totdat lente kom?”

“Nee, beslis nie!
Ek praat nie met vreemdelinge nie.
Gaan weg!”

Arme voëltjie weet nie meer waar te gaan,
hop tot by denneboom.

Denneboom sien voëltjie sukkel,
vra: “Waarheen is jy op pad, klein voëltjie?”

“Weet nie.
Bome wil nie dat ek tussen hulle takke woon,
vlerk gebreek,
kan nie vlieg.”

“Jy kan tussen my takke woon.
Dit is die warmste plek wat daar is!”

“maar kan ek die hele winter bly.”

“Ja sal lekker wees as jy by my bly.”

Sparboom was langs akkerboom,
sien voëltjie hop,
sê: my takke nie so warm,
Maar kan wind weghou,
want groot en sterk.”

So voëltjie in takke van akkerboom gaan sit,
terwyl sparboom wind weghou.
Toe besembos dit sien,
sê sal sorg dat voëltjie heel winterkos het,
kan haar bessies eet –
baie goed vir voëltjies.

Voëltjie was lekker warm en veilig,
met genoeg om te eet.

Ander bome op rand van woud gesê:
“Ek sal nie na ‘n vreemde voëltjie kyk nie!”
“Ek sal nie my akkers weggee nie!”
“Ek sal nie met vreemdelinge praat nie!”

Al drie het lank en trots gestaan.

Daardie nag kom Noordewind in die woud speel.
Blare geplaas met yskoue asem.
Elke blaar geraak, het op grond geval.

Wou elke blaar in woud blaas,
want hy het baie gehou van bome sonder blare!

Maar sy pa,
die Woudkoning,
het hom gestop.
“Die bome wat die voëltjie gehelp het,
mag hulle blare hou.”

Daarom het die Noordewind hulle uitgelos,
sodat hulle die hele winter lank hulle blare gehou het.
En vandag nog kan hulle elke winter hul blare hou.

Teks gelees, sê ons bome van Redding.
Gaan verduidelik wat beteken – luister.
Terwyl luister:
boom,
groen papier, skeur, plak blare
(gom deel)
prentjie: voëltjie in nes, eekhoring
Gee iets te doen, omdat weet kan luister & teken/plak

Video

 Practice Compassion – Narayan Krishnan_ a companion to the forgotten

Preek

Watter soort boom is jy?

Ek peperboom –
uitheems
karaktervol
geur aan lewe.

Lynette (Didage) Immergroen Ouerskap:
• Palmboom
• Roosboom
• Sierboom
• Denneboom

Ek nie gedoen,
vinnig verstaan –
as kursus doen, baie meer insig:

Van palmbome sê mense:
• jy is lewe van partytjie
• niks kry jou onder
• adrenalien-junky
• kan woestynsand aan arabier verkoop
• dink nie voordoen

Roosboom:
Mense sê:
• jy’s control freak
• vat nie “nee” vir antwoord
• is go-getter
• as jy dit nie kan doen, kan niemand nie
• draai nie doekies om
• rus nooit

Sierboom:
• gee vir jou die werk wanneer rég gedoen wil hê
• jy’s baie ernstig
• fokus op negatiewe
• georganiseerd
Denneboom:
• stabiel
• dra nie hart op mou
• liewer bang jan as dooie jan
• wat sien is wat kry

Teks:
ons is Bome van Redding.
(Dalk ander bome ook, maar)
God maak ons bome van redding.
HY plant ons –
om sy roem te vermeerder.

Paar weke terug ook hieroor gepraat:
hoekom hier,
wat doel op aarde –
God roem vermeerder.
Gaan oor God,
gaan nie oor boompie hier op aarde.

Ons is gered,
behoort aan God,
Gees van die Here is op ons –
elkeen gesalf met Gees.

Ons ongelukkig gawe van Gees –
Geesvervulling –
geprivatiseer.
Dink salwing van Gees
vir private doeleindes:
gebed
sing.

Deel van geesvervulde lewe.
Maar soveel meer as dit!

Dis hoekom NB dat onthou Jesus hierdie teks lees –
Jesus verstaan van roeping.

Jesus lees nie presies soos staan –
amper asof nog méér prakties,
meer konkreet lees.

Ons geneig evangelie vergeestelik:
goeie nuus armes –
nie mense fisies arm, ons almal.
Gevangenes – nie fisies tronk,
elkeen geestelik gevange.
ens.

Maar evangelie nie ideologie
Evangelie is “goeie nuus” –
goeie nuus van herstel
goeie nuus van genesing.

Jesaja: tyd waarop God genade betoon.
Jesus: genadejaar.
Jaar almal slawe skuld, vrygestel
Skuld afgeskryf.

Sien Jesus bediening,
letterlik verstaan:
blindes gesond gemaak,
mense van siektes genees,
uitgeworpenes verwelkom.

Nou interessante ding van God –
nie verstaan,
nie logies klink,
maar God gebruik mense!

God salf ons met Gees,
gee roeping –
sluit ons in by vestiging van koninkryk op aarde.

God laat nie arme van ashoop opstaan
deur bonatuurlik straal krag nie.

Kies anders te doen –
om Gees op ons uit te stort,
sodat ons hand kan uitsteek
armes kan ophelp.

Kanadese predikant, Mark Buchanan,
skryf kerk se bediening is
messy, costly, dirty.
Morsig, duur, vuil.

Vertel hoe saam met past Jim Cymbala van Brooklyn Tabernacle geëet het.
Tydens ete vra Jim vir Mark:
Weet jy wat nommer een sonde kerk in Amerika is?

Retoriese vraag,
Jim aangegaan antwoord:
is nie plaag internet pornografie.
is nie egskeidingsyfers wat net so hoog onder Christene as wêreld.

Wat is grootste sonde van kerk?
(Wat dink jy?)

Jim:
Nommer een sonde
kerk in Amerika
dat leiers
nie op knieë is,
uitroep tot God:
Bring vir ons dwelm-verslaafdes
bring vir ons prostitute
bring vir ons haweloses
bring vir ons bendeleiers
bring vir ons mense MIV-positief
bring vir ons mense wat niemand anders wil hê,
mense wat net u kan genees
en laat ons hulle liefhê
in u naam
totdat hulle heel is.

Wat sou gebeur ons,
wat sê dat hawe is,
begin bid:
Here,
stuur ons mense wat niemand anders wil hê,
mense wat U alleen kan heelmaak
en laat ons hulle in u Naam liefhê
totdat hulle heel is?

Sonde van kerk,
nie profetiese roeping ernstig opneem.

Jesaja 63,
skrikwekkende beeld,
God aankom,
klere rooi,
mense vertrap:
v3: niemand van die volke het my bygestaan nie.
v5:
Ek het rondgekyk,
maar daar was niemand om te help nie,
Ek was ontsteld toe niemand My bystaan nie.
Ek het self opgetree,
my woede het My bygestaan.

Storie vertel van vrou inkopiesentrum gegaan,
wandel by nuwe winkel in.
Sien Jesus agter toonbank.

Vra: Is u Jesus?
Ja
Werk u hier?
Nee, besit winkel.
O, wat verkoop?

Omtrent enigiets.
Kyk rond,
kyk wat wil hê,
maak lysie,
kom terug –
ek sal kyk wat vir jou kan doen.

Vrou stap tussen rakke,
sien wonderlikste goed:
vrede op aarde
niemand meer honger of arm,
vrede in families
geen dwelms
geen mensehandel
skoon lug.
Sy skryf naarstigtelik alles neer.

Teen tyd terug by toonbank,
lang lys.

Jesus kyk lys,
glimlag
“geen probleem”,
buk agter toonbank,
grawe bietjie rond,
gee klomp pakkies.

Wat die? wil vrou weet.

Pakkies saad, Jesus antwoord.
Hierdie saadwinkel.
Jy kom,
sien wat nodig het,
ek gee saad.
Jy plant,
versorg,
ek laat groei,
wêreld pluk vrug.

O, vrou gesê
en winkel verlaat sonder enigiets saam te vat.

Storie natuurlik nie heeltemal akkuraat –
God gee nie vir ons saad en sê: daar gaan jy.

God werk –
God laat groei, laat vrugte dra.

Maar God kies ons in te sluit in sy werk,
ons te gebruik.

Ons gesalf
blye boodskap te bring aan mense in nood,
gestuur die wat moedeloos is, op te beur
vrylating vir gevangenes aan te kondig.
Boom van redding gemaak,
sy roem te vermeerder.

Beteken nie ons almal alles doen.
Jy weet waar God jou geplant,
wat jou passie.
Dááraan kan iets doen,
daardie situasie boom van redding wees:
• Ondersteun Japan rampfonds
• Help mense van Chesire aanry kerk toe
• doen hare
• besoek siekes
• voorskool vistarus
• klere & produkte CMR
• Uitstappies kinders MTR Smit
• Barcelona Voedingskema
• Bosslapers sop
• ID’s
• Families ondersteun.
• ens

Wat nié kan doen nie,
is niks,
want God ons gesalf,
Bome van Redding gemaak,
om sy roem te vermeerder.

Wangari Maathai grootgeword Kenya.
Land toe onder bome.

Studeer VSA,
terugkeer Keny,
geskok land warm, droog, leeg –
bome so lief gehad as kind,
afgekap.

Begin in eie agterplaas,
plant bome.
Moedig ander vroue aan bome te plant.

Begin Green Belt Movement.
Sedertdien meer as 30 miljoen bome geplant,
2004 Nobelprys vrede ontvang.

“Die Gees van die Here
is op My
omdat Hy My gesalf het
om die evangelie
aan armes
te verkondig.
Hy het My gestuur
om vrylating
vir gevangenes
uit te roep
en herstel van gesig
vir blindes,
om onderdruktes
in vryheid uit te stuur,
om die genadejaar van die Here
aan te kondig.”

Hoe is jy ‘n boom van redding?

Gebed

Dankoffers

Musiek: Gekruisigde Hande – Louis Brittz

Slotlied

Flam 113 Here Jesus, U skyn oor almal [band] (staan)

Seën

Wys video – Jesaja61withnarrator (+klank)

Continue Reading

Jesaja 61 – Erediens: God maak ons ‘n blye boodskap – 27 Maart 2010

Votum

Wys video – Jesaja61withnarrator (+klank)

Seëngroet

Lofsang

• Vonkk 80 Ek is bly [ORREL] (staan)
• Flam 6 Heer Jesus, My Redder [BAND] (sit)
• Flam 108 Sonstraal [BAND] (sit)

Gebed

Skriflesing

Jesaja 61

Lukas 4:16-21

Kindertyd

Watter seisoen begin nou? (Herfs)
Wat gebeur bome? (Verloor blare)
Nie almal – immergroen.
Gaan vertel waarom bome blare verloor:
[storie]

Een dag,
lank lank gelede,
was baie koud – winter op pad.

Al voëls vlieg na suide, waar warmer,
te wag vir lente.

Een klein voëltjie vlerkie gebreek,
kan nie lekker vlieg.
Weet nie wat te doen.
Kyk oral rond,
sien of plek is waar kan warm bly.
Sien groot woud, bome.
“Dalk sal die bome my warm hou in die winter” vir self gesê.

So gaan na rand van woud,
hop en vlieg effentjies met een heel vlerk.
Eerste boom,
pragtige silwer berk.

“Pragtige berk, sal jy my toelaat om in jou warm takke te leef totdat lente kom?”

“Liewe aarde” antwoord berk, “wat ‘n ding om te vra!
Ek moet na my eie blare omsien in die winter,
dis genoeg vir my om te doen,
kan nie nog na jou ook kyk nie!
Gaan weg!”

Voëltjie hop tot volgende boom,
reuse, ou akkerboom.

“Liewe reuse akkerboom, sal jy my in jou warm takke laat woon tot die lente kom?”

“Liewe aarde” antwoord eik, “wat ‘n ding om te vra!
As jy heel winter in my takke woon,
sal jy al my akkers opeet!
Gaan weg!”

So klein voëltjie hop maar verder
tot by wilger langs stroompie kom.

“Liewe wilgerboom, sal jy my tussen jou warm takke laat woon totdat lente kom?”

“Nee, beslis nie!
Ek praat nie met vreemdelinge nie.
Gaan weg!”

Arme voëltjie weet nie meer waar te gaan,
hop tot by denneboom.

Denneboom sien voëltjie sukkel,
vra: “Waarheen is jy op pad, klein voëltjie?”

“Weet nie.
Bome wil nie dat ek tussen hulle takke woon,
vlerk gebreek,
kan nie vlieg.”

“Jy kan tussen my takke woon.
Dit is die warmste plek wat daar is!”

“maar kan ek die hele winter bly.”

“Ja sal lekker wees as jy by my bly.”

Sparboom was langs akkerboom,
sien voëltjie hop,
sê: my takke nie so warm,
Maar kan wind weghou,
want groot en sterk.”

So voëltjie in takke van akkerboom gaan sit,
terwyl sparboom wind weghou.
Toe besembos dit sien,
sê sal sorg dat voëltjie heel winterkos het,
kan haar bessies eet –
baie goed vir voëltjies.

Voëltjie was lekker warm en veilig,
met genoeg om te eet.

Ander bome op rand van woud gesê:
“Ek sal nie na ‘n vreemde voëltjie kyk nie!”
“Ek sal nie my akkers weggee nie!”
“Ek sal nie met vreemdelinge praat nie!”

Al drie het lank en trots gestaan.

Daardie nag kom Noordewind in die woud speel.
Blare geplaas met yskoue asem.
Elke blaar geraak, het op grond geval.

Wou elke blaar in woud blaas,
want hy het baie gehou van bome sonder blare!

Maar sy pa,
die Woudkoning,
het hom gestop.
“Die bome wat die voëltjie gehelp het,
mag hulle blare hou.”

Daarom het die Noordewind hulle uitgelos,
sodat hulle die hele winter lank hulle blare gehou het.
En vandag nog kan hulle elke winter hul blare hou.

Teks gelees, sê ons bome van Redding.
Gaan verduidelik wat beteken – luister.
Terwyl luister:
boom,
groen papier, skeur, plak blare
(gom deel)
prentjie: voëltjie in nes, eekhoring
Gee iets te doen, omdat weet kan luister & teken/plak

Video

 Practice Compassion – Narayan Krishnan_ a companion to the forgotten

Preek

Watter soort boom is jy?

Ek peperboom –
uitheems
karaktervol
geur aan lewe.

Lynette (Didage) Immergroen Ouerskap:
• Palmboom
• Roosboom
• Sierboom
• Denneboom

Ek nie gedoen,
vinnig verstaan –
as kursus doen, baie meer insig:

Van palmbome sê mense:
• jy is lewe van partytjie
• niks kry jou onder
• adrenalien-junky
• kan woestynsand aan arabier verkoop
• dink nie voordoen

Roosboom:
Mense sê:
• jy’s control freak
• vat nie “nee” vir antwoord
• is go-getter
• as jy dit nie kan doen, kan niemand nie
• draai nie doekies om
• rus nooit

Sierboom:
• gee vir jou die werk wanneer rég gedoen wil hê
• jy’s baie ernstig
• fokus op negatiewe
• georganiseerd
Denneboom:
• stabiel
• dra nie hart op mou
• liewer bang jan as dooie jan
• wat sien is wat kry

Teks:
ons is Bome van Redding.
(Dalk ander bome ook, maar)
God maak ons bome van redding.
HY plant ons –
om sy roem te vermeerder.

Paar weke terug ook hieroor gepraat:
hoekom hier,
wat doel op aarde –
God roem vermeerder.
Gaan oor God,
gaan nie oor boompie hier op aarde.

Ons is gered,
behoort aan God,
Gees van die Here is op ons –
elkeen gesalf met Gees.

Ons ongelukkig gawe van Gees –
Geesvervulling –
geprivatiseer.
Dink salwing van Gees
vir private doeleindes:
gebed
sing.

Deel van geesvervulde lewe.
Maar soveel meer as dit!

Dis hoekom NB dat onthou Jesus hierdie teks lees –
Jesus verstaan van roeping.

Jesus lees nie presies soos staan –
amper asof nog méér prakties,
meer konkreet lees.

Ons geneig evangelie vergeestelik:
goeie nuus armes –
nie mense fisies arm, ons almal.
Gevangenes – nie fisies tronk,
elkeen geestelik gevange.
ens.

Maar evangelie nie ideologie
Evangelie is “goeie nuus” –
goeie nuus van herstel
goeie nuus van genesing.

Jesaja: tyd waarop God genade betoon.
Jesus: genadejaar.
Jaar almal slawe skuld, vrygestel
Skuld afgeskryf.

Sien Jesus bediening,
letterlik verstaan:
blindes gesond gemaak,
mense van siektes genees,
uitgeworpenes verwelkom.

Nou interessante ding van God –
nie verstaan,
nie logies klink,
maar God gebruik mense!

God salf ons met Gees,
gee roeping –
sluit ons in by vestiging van koninkryk op aarde.

God laat nie arme van ashoop opstaan
deur bonatuurlik straal krag nie.

Kies anders te doen –
om Gees op ons uit te stort,
sodat ons hand kan uitsteek
armes kan ophelp.

Kanadese predikant, Mark Buchanan,
skryf kerk se bediening is
messy, costly, dirty.
Morsig, duur, vuil.

Vertel hoe saam met past Jim Cymbala van Brooklyn Tabernacle geëet het.
Tydens ete vra Jim vir Mark:
Weet jy wat nommer een sonde kerk in Amerika is?

Retoriese vraag,
Jim aangegaan antwoord:
is nie plaag internet pornografie.
is nie egskeidingsyfers wat net so hoog onder Christene as wêreld.

Wat is grootste sonde van kerk?
(Wat dink jy?)

Jim:
Nommer een sonde
kerk in Amerika
dat leiers
nie op knieë is,
uitroep tot God:
Bring vir ons dwelm-verslaafdes
bring vir ons prostitute
bring vir ons haweloses
bring vir ons bendeleiers
bring vir ons mense MIV-positief
bring vir ons mense wat niemand anders wil hê,
mense wat net u kan genees
en laat ons hulle liefhê
in u naam
totdat hulle heel is.

Wat sou gebeur ons,
wat sê dat hawe is,
begin bid:
Here,
stuur ons mense wat niemand anders wil hê,
mense wat U alleen kan heelmaak
en laat ons hulle in u Naam liefhê
totdat hulle heel is?

Sonde van kerk,
nie profetiese roeping ernstig opneem.

Jesaja 63,
skrikwekkende beeld,
God aankom,
klere rooi,
mense vertrap:
v3: niemand van die volke het my bygestaan nie.
v5:
Ek het rondgekyk,
maar daar was niemand om te help nie,
Ek was ontsteld toe niemand My bystaan nie.
Ek het self opgetree,
my woede het My bygestaan.

Storie vertel van vrou inkopiesentrum gegaan,
wandel by nuwe winkel in.
Sien Jesus agter toonbank.

Vra: Is u Jesus?
Ja
Werk u hier?
Nee, besit winkel.
O, wat verkoop?

Omtrent enigiets.
Kyk rond,
kyk wat wil hê,
maak lysie,
kom terug –
ek sal kyk wat vir jou kan doen.

Vrou stap tussen rakke,
sien wonderlikste goed:
vrede op aarde
niemand meer honger of arm,
vrede in families
geen dwelms
geen mensehandel
skoon lug.
Sy skryf naarstigtelik alles neer.

Teen tyd terug by toonbank,
lang lys.

Jesus kyk lys,
glimlag
“geen probleem”,
buk agter toonbank,
grawe bietjie rond,
gee klomp pakkies.

Wat die? wil vrou weet.

Pakkies saad, Jesus antwoord.
Hierdie saadwinkel.
Jy kom,
sien wat nodig het,
ek gee saad.
Jy plant,
versorg,
ek laat groei,
wêreld pluk vrug.

O, vrou gesê
en winkel verlaat sonder enigiets saam te vat.

Storie natuurlik nie heeltemal akkuraat –
God gee nie vir ons saad en sê: daar gaan jy.

God werk –
God laat groei, laat vrugte dra.

Maar God kies ons in te sluit in sy werk,
ons te gebruik.

Ons gesalf
blye boodskap te bring aan mense in nood,
gestuur die wat moedeloos is, op te beur
vrylating vir gevangenes aan te kondig.
Boom van redding gemaak,
sy roem te vermeerder.

Beteken nie ons almal alles doen.
Jy weet waar God jou geplant,
wat jou passie.
Dááraan kan iets doen,
daardie situasie boom van redding wees:
• Ondersteun Japan rampfonds
• Help mense van Chesire aanry kerk toe
• doen hare
• besoek siekes
• voorskool vistarus
• klere & produkte CMR
• Uitstappies kinders MTR Smit
• Barcelona Voedingskema
• Bosslapers sop
• ID’s
• Families ondersteun.
• ens

Wat nié kan doen nie,
is niks,
want God ons gesalf,
Bome van Redding gemaak,
om sy roem te vermeerder.

Wangari Maathai grootgeword Kenya.
Land toe onder bome.

Studeer VSA,
terugkeer Keny,
geskok land warm, droog, leeg –
bome so lief gehad as kind,
afgekap.

Begin in eie agterplaas,
plant bome.
Moedig ander vroue aan bome te plant.

Begin Green Belt Movement.
Sedertdien meer as 30 miljoen bome geplant,
2004 Nobelprys vrede ontvang.

“Die Gees van die Here
is op My
omdat Hy My gesalf het
om die evangelie
aan armes
te verkondig.
Hy het My gestuur
om vrylating
vir gevangenes
uit te roep
en herstel van gesig
vir blindes,
om onderdruktes
in vryheid uit te stuur,
om die genadejaar van die Here
aan te kondig.”

Hoe is jy ‘n boom van redding?

Gebed

Dankoffers

Musiek: Gekruisigde Hande – Louis Brittz

Slotlied

Flam 113 Here Jesus, U skyn oor almal [band] (staan)

Seën

Wys video – Jesaja61withnarrator (+klank)

Continue Reading

Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011

Verwelkoming

NG KERK SOMERSTRAND

PASTORALE BEDIENINGSFONDS

Doelstelling:

‘n Anonieme lidmaat het ‘n fonds in die gemeente begin, spesifiek vir Pastorale Bediening, oorwegend vir senior lidmate van die gemeente. Die doel van die fonds is om ‘n kapitale basis op te bou, waaruit die kostes van ‘n moontlike voltydse pastorale bediener gefinansier kan word. Die rente op die kapitaal sal aangewend word vir die bediening. Donasies aan die fonds kan gemaak word deur skenkings of in die vorm van ‘n lening aan die fonds, vir vyf jaar. Hierdie lenings, terugbetaalbaar aan die donateur, is gewaarborg.

Datums van inligtings sessies sal mettertyd aan die gemeente bekend gemaak word.

Befondsing:

Eenmalige of herhalende donasies per kontant inbetaling of per debietorder.

Bankbesonderhede:

Bank:                        ABSA

Rekeninghouer:          NG Kerk Somerstrand – Pastorale Bedieningsfonds

Rekeningnommer:      9259176740

Tipe Rekening:          Spaar

Takkode:                  632005

Verwysing:                Donateur se Naam

Alternatiewelik kan enige donasies by die kerkkantoor in betaal word.

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Liedboek 391:1,4 Vervul, o Heer, my hart met stille wyding – sit

Votum

Seëngroet

Verootmoediging

Liedboek 379 Jesus Christus, Lam van God – sit

Liedboek 384 (x3 – Afr, Eng, Afr) Jesus, o dink aan my – sit

Aanbidding

Liedboek 399:1,5 Aan die tafel met die Paasmaal – si

Lofprysing

Liedboek 400 Juig, juig in Hom, ons Heiland aan die kruis – staan

Gebed

God praat en ons luister

Skriflesing

Jesaja 56:1-8 – God trek ander mense by ons in

Woordverkondiging

Die Christelike lewe kan op verskillende maniere beskryf word.  ‘n Mens kan sê dat dit oor God gaan wat hierdie wêreld met sy liefde en genade wil oorrompel – die sogenaamde Missio Dei.  ‘n Mens kan sê dat dit gaan oor die koninkryk van God gaan waaraan ons as gemeente meewerk.

Maar, in die praktyk van elke dag gaan dit doodgewoon oor ‘n Christelike lewenstyl.  Dit is wat mense van ons raaksien.  Dit is die cutting edge van die Christelike lewe, nie wat ons sê oor God of oor die kerk of oor die koninkryk nie, maar wat ons leef.

Paulus sê op ‘n kol: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees” (Fil 1:27).

Een van die maniere waarop die kerk deur die eeue hierdie Christelike lewenstyl aangeleer en gekoester het, was deur praktiese geestelike gewoontes.

En dit is met dié bril wat ek na hierdie perikoop in Jesaja wil kyk, om agter te kom, wat se lewenstyl verwag God van ons?  Hoe wil Hy hê moet ons lewe?  Of anders gestel, wat wil God hê moet ander in my lewe raaksien?

En daar is drie dinge wat vir my hier uitstaan van die tipe lewenstyl wat God van ons vra, drie geestelike gewoontes wat ons moet beoefen – dit het met die onderhouding van die sabbat te make, met die insluiting van anderse mense, en met gebed.

EEN: Doen reg en onderhou die sabbat

God vra hier van Israel dat hulle reg sal laat geskied, self reg sal doen en eksplisiet tot die onderhouding van die sabbat verbind.

Nou voor ek oor die sabbat self gesels, een opmerking: Let op dat regdoen hier nie ‘n verdienstelike karakter aanneem nie, maar ‘n voorbereidende karakter.  Die sabbat berei die volk voor om God se uitkoms te kan verwelkom.   Dit help hulle om die redding wat die Here bring, te verwelkom.

Nou, waarom is die sabbat dan so belangrik vir Jesaja?

Ons moet eers ‘n entjie teruggaan in die geskiedenis om die betekenis reg te kan interpreteer.

  • Die sabbat (in Hebreeus beteken die woord: rus) was aanvanklik ‘n rusdag waardeur ‘n gesonde ritme van werk en rus gevestig is (Gen 1).  Dit was ’n noodsaaklike verposing in ’n harde week se werk, wat jou laat asem skep het, weer die lewe laat waardeer het, weer ’n lied in jou hart gebring het na die swaar van jou daaglikse arbeid.
  • Na die Uittog uit Egipte het dit ‘n ekstra betekenis gekry deurdat dit die volk moes laat terugdink aan die vryheid wat God hulle van hulle slawerny in Egipte gegee het (Deut 5).  Dit was dus die teken van die verbond (Eks 20:22).  Hulle het rus gekry van die swaar las wat in Egipte op hulle gelê is.  Dit het nes aan die begin weer ’n lied in hulle hart gesit.
  • Dit het ook ‘n kultiese betekenis gekry deurdat dit ‘n dag geword het waarop gewyde byeenkomste gehou is (Lev 23).  Hulle het die Here opgesoek, Hom geloof, na Sy Woord geluister, gebid om sy uitkoms vir allerlei, en hulle offers gebring waardeur hulle die ervaring van skuldvergifnis geniet het.  Dit het ook ’n lied in hulle hart gesit, deurdat hulle vryheid van hulle sondes kon ervaar.
  • Maar in Jesaja se tyd, en dan meer spesifiek in die tyd van die ballingskap, het die sabbat ‘n ekstra betekenis bygekry.  Die sabbat het ‘n gemeenskapskeppende funksie gekry, waardeur hulle as ‘n volk in die vreemde saamgebind is, en mense uit die onderhouding van die sabbat kon sien dat hulle Jode was wat God gedien het.  En laat ons vir geen oomblik dié funksie onderskat nie.  Dit het in ’n vreemde wêreld – waar hulle vreemd was, en min invloed in die samelewing gehad het – vir hulle ’n identiteit gegee, ’n samebindende krag wat hulle week na week kon laat volhard het in die geloof.
  • Daarom het die sabbat ook ‘n godsdiensbevestigende funksie gehad, deurdat die onderhouding daarvan gesorg het dat die ballinge nie van God afvallig raak nie.  Vandaar die baie belangrike opdrag in Jesaja hier rondom.

Die onderhouding van die sabbat het dus eintlik simbolies van die nakom van die hele wet geword. En dit het ‘n spesifieke lewenstyl gevestig by die Jode – hulle het ‘n gesonde ritme gehad tussen werk en rus, hulle het God se uitkoms in die verlede gevier, hulle het hulle eredienste op die sabbat gehou, hulle het hulle gemeenskap met mekaar gevier, en hulle het hulle geloof gevier en bevestig.

Die sabbat was hulle lewensreël, hulle lewenspraktyk, hulle lewenstyl.  Jy kon hulle uitken daaraan, en hulle is saamgebind daardeur.

Hoekom vier ons dan nie vandag die sabbat nie?

Wel, weer ‘n bietjie inligting:

Oor die volgende paar eeue na die ballingskap het die Fariseërs ‘n magdom wette vir die korrekte nakoming van die sabbat geskep.  Hulle het as’t ware oorboord gegaan en die vreugde uit die onderhouding van die sabbat geneem.  Dit het ‘n sware las geword, en nie meer iets wat lewe gegee het nie.  Jy mag net so ver loop, en nie dit of dat of die volgende doen nie.

Met Jesus se koms in die Nuwe Testamentiese tyd reageer Hy hierop en maak mense weer vry van die benepe reëlbeheptheid.  Hy herstel die oorspronklike betekenis van die sabbat deur te sê dat die sabbat ter wille van die mens gemaak is, nie die mens ter wille van die sabbat nie (Mark 2:27).  Hy genees bv. ‘n man wat 38 jaar lank siek was by die bad van Betesda op ‘n sabbatdag (Joh 5).  Hy herstel dus die oorspronklike betekenis daarvan as ‘n dag waar op God en mense gefokus kan word op vryword en vryheid, nie beperkings nie.

En omdat Hy self God was, en is, bring Hy in sy persoon die sabbat tot sy volle vervulling.  Hy is in ‘n sekere sin die sabbat van die nuwe bedeling.  Waar ons in sy teenwoordigheid lewe, ervaar ons die sabbat.

Daarom het die kerk na die opstanding begin om die sabbat as vervuld in Jesus self te vier.  En omdat Jesus op die eerste dag van die week opgestaan het, het hulle dié dag as ‘n besondere dag begin vier.  Die opstandingsdag het die sabbat geword.

Toe die kerk bv. moes besluit watter dinge die gelowiges uit die heidene moet nakom, was die Joodse sabbat op Saterdag nie een van die voorskrifte nie (Hand 15).  Dit sou immers van heidense gelowiges Jode maak, hulle ‘n Joodse lewenstyl aanleer en nie ‘n Christelike lewenstyl nie.  Daardeur sou die evangelie ingeperk en eksklusief gemaak word.  Jy sou eers ‘n Jood moes word, voor jy ‘n Christen sou word.

Daarom dat Paulus gelowiges in sy brief aan die Kolossense aanraai om nie te luister na mense wat die sabbat voorskriftelik wil maak  nie (Kol 2:19).  Hy gaan selfs so ver om te sê, dat as jy alle dae tot eer van die Here wil leef, voel vry om dit te doen, en dié wat een dag as belangriker as die ander wil vier, maak so, maar moet net nie die ander daaroor verag of veroordeel nie (Rom 14).

Wat vier ons dan?

Ons vier daarom nie meer die sabbatdag as die dag van die Here nie, maar wel die Sondag as ‘n rus- en aanbiddingsdag, onder andere op voetspoor van die eerste gelowiges wat op die eerste dag van die week, Sondag, begin bymekaar kom het om die opstanding van Jesus Christus op Sondag (Mark 16:2; Matt 28:1; Luk 24:1; Joh 20:1) te vier.

Terloops, Johannes het die eerste dag van die week die eerste keer “die dag van die Here”(Open 1:10) genoem, wat deur latere vroeg-kerklike geskrifte verklaar is as die eerste dag van die week (bv. die Didage), en wat later Sondag genoem is op voetspoor van die Romeine se name vir die dae van die week.

Die Christene het dus begin om die nagmaal op Sondae te vier (Hand 20:7) en die dankoffers in te samel (1 Kor 16:2).  Dit het die voorkeur dag vir hulle byeenkomste geword, ‘n gebruik wat tot vandag toe die hoofstroom keuse is.

Maar, dieselfde gedagtes wat deel van die sabbat was, is vandag nog deel van die Christelike lewenstyl wat ons op die Sondag, of ‘n ander dag soos die Here jou lei, of op alle dae, vier: ‘n gesonde ritme tussen werk en rus, om God te loof vir sy uitkomste, om ons eredienste te hou, om ons gemeenskap met mekaar te vier, en ons geloof te vier en te bevestig.

Dit is dus die eerste geestelike gewoonte wat hierdie gedeelte op die tafel sit, wat ons lewenstyl moet vorm.

TWEE: God gee uitkoms vir alle mense

Die tweede ding wat my tref van die gedeelte, is die verstommende hoopvolle belofte wat oor die nie-Israeliete sowel as die ontmandes uitgespreek word.

Nie-Israeliete is baie keer uitgesluit  van die volk en die tempelgemeenskap weens die gevaar van afgodsdiens (Esra 9:1; Neh 9:2), hoewel mense soos Rut en Ragab wel weens hulle verbintenis aan God toegelaat is in die volk.  Nou word hulle volledig toegelaat.

Ontmandes is egter altyd uitgesluit (Deut 23:1; Lev 21:20).  Teenoor die voorskrifte van die wet word hulle dus nou ingesluit in die verbond. In taal wat herinner aan wat Johannes veel later in Openbaring sou skryf (bv. 2:17; 3:5, 12; 20:15; 22:4) word hulle nou deel van die volk van God.  In die Nuwe Testament word die Etiopiese finansiële amptenaar dus sonder enige probleem ingesluit in die gemeenskap van die gelowiges (Hand 8).

Dit beteken dat God van ons vra om insluitend en akkommoderend te wees.  Ons moet die geestelike gewoonte van gemeenskap van die gelowiges, van insluiting, bemeester.  Ek is oortuig dat die insluiting van ander mense die belangrikste verandering is wat die evangelie bring.  Dit is immers iets wat God doen – Hy trek ander mense by ons in!  En dit verander die manier waarop ek na anderse mense, mense wat anders as ek is, kyk.

Wat nodig is, is dat ons mekaar as geskenke van die Here leer ervaar; dat ons in ware gemeenskap met mekaar leer leef.  En daarvoor moet ons doelbewus grense na mekaar toe oorsteek, met deernis en openheid, met leerbaarheid en vertroue.  En dit moet ‘n gewoonte word, iets waaraan ander mense my ook kan uitken

Don Browning sê dat daar eintlik net twee soorte geloofsgemeenskappe is:

  • Die een is waar jy binnekom en gevra word om in die teenwoordigheid van God te wees, maar jouself en dit waarmee jy tans in jou lewe besig is liefs buite moet laat.
  • Die ander geloofsgemeenskap is waar mense in die teenwoordigheid van God ingenooi word en waar hulle volle menswees óók teenwoordig mag wees.

Dit is natuurlik hierdie laasgenoemde soort geloofsgemeenskap waaroor dit in hierdie teksgedeelte gaan.  En dit is waaraan ons onsself moet toewy.  Dit is die tipe lewenspraktyk wat ons moet vestig.

DRIE: Die kerk se mense is ‘n huis van gebed

Die derde aspek van die Christelike lewenstyl, is gebed.

Dit tref my hoe die tempel – met al die nie-Israeliete en al die ontmandes daar – tot ‘n huis van gebed vir al die volke uitgeroep word, wat vreugde aan hulle sal verskaf.

Dit is God se droom vir sy mense.  Trouens, Salomo het alreeds hieroor gepraat in sy gebed by die inwyding van die tempel waar hy eintlik gebed as die primêre funksie van die tempel uitgespel het.

En ek kan nie anders as om te dink aan Jesus se woede met die tempelreiniging waar  hy die handelaars verkwalik het dat hulle dié droom van God in gevaar gestel het met die besigheid wat hulle op die templeplein bedryf het (Matt 21:13; Mark 11:17; Luk 19:46).

Ek kan baie hieroor sê, maar ek gaan oor gebed julle net herinner aan die eeue-oue gebruik van die daaglikse ondersoek (daily examen) as ‘n geestelike gewoonte wat ons kan beoefen om ‘n Christelike lewenstyl te ontwikkel.

Die daaglikse ondersoek is  die gebruik om God se teenwoordigheid in die alledaagse gebeure in my en ander se lewe te soek (Kol 1:9; Fil 1:9-10).  Dit word veral verbind met Ignatius van Loyola  van die Jesuïete wat ’n hele paar verskillende maniere daarvoor ontwikkel het wat ’n mens persoonlik en in ’n groep kan gebruik. Dit sluit in om:

  • van God se teenwoordigheid bewus te word;
  • die gebeure van die afgelope dag te deurdink;
  • op te let na jou emosies oor die gebeure – beide die positiewe en die negatiewe, wat jou getroos het en wat jou geruk het;
  • te vra na God se perspektief daarop;
  • na te dink oor waar jy die beste konneksie met God gehad het – en waar nie;
  • jou begeertes na Hom te bring met gebed en smeking sodat sy vrede jou hart en gedagtes tot rus kan bring (Fil 4:6-7).

Ons het al verskeie kere John Ackerman se bekende weergawe hiervan in die gemeente en in ons eredienste beoefen: “Stop, Neem waar, Luister” (Stop. Look. Listen). Jy kan gerus die preek gaan aflaai op die web – ek het aan die einde daarvan ‘n voorbeeld gegee wat jy kan gaan beoefen hierdie week.

Lewenspraktyk

Ek sluit af.  In die praktyk van elke dag gaan dit uiteindelik doodgewoon oor ‘n Christelike lewenstyl.  Dit is wat mense van ons raaksien.  Dit is die sigbare getuienis van die Christelike lewe, nie wat ons sê oor God of oor die kerk of oor die koninkryk nie, maar wat ons leef.

Soos Paulus sê: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees” (Fil 1:27).

Daar is natuurlik baie ander geestelike gewoontes, Bybelstudie, gasvryheid ensomeer.  Jesaja sit hier drie aspekte van só ‘n lewenstyl op die tafel en sê, die Here wil ons vorm deur hierdie spesifieke geestelike gewoontes:

  • onderhouding van die sabbat,
  • insluiting van anderse mense in jou gemeenskap,
  • om ‘n huis van gebed te word.

Gebed

God stuur ons om te leef

Dankoffers

Slotlied

Liedboek 406 Ons loof U, Vader, op die troon! – staan

Seën

Liedboek 228 Halleluja! – staan

Daaglikse Ondersoek

STOP:  Stop met wat jy besig is om te doen en te dink.  Probeer so sit dat jy na ‘n venster kyk of gaan sit of stap buite.  Jy kan ook kniel. Om jou te help stilword, kan jy fokus op jou asemhaling.  Wanneer jy uitasem, herhaal jy stilweg die woorde “ek gee oor aan U” en met elke inaseming, “ek wil luister”.

NEEM WAAR:   Dink terug aan die gebeure van die afgelope dag.  Het jy iets ontvang wat goed of onverwags was?  Neem tyd om daaroor na te dink en waarderend te wees.  Probeer, ten spyte van al die slegte nuus wat jy daagliks hoor en ervaar, die goeie in jou buurt, gemeenskap, land en in die wêreld raak te sien.  Herinner jouself daaraan dat jy nie in die sentrum van die heelal is nie.

Dink ook terug aan die pyn wat jy ervaar het.  Vir dele daarvan is jy verantwoordelik.  Vra vir vergifnis.  Ondersoek die aard van die seerkry.  Gaan dit regtig oor jou, is dit regtig so belangrik, of is jy vasgevang in iets waarvan die Here jou moet vrymaak?  As iemand jou te na gekom het, bid dat jy sal kan vergewe.  Dink ook aan die pyn in die wêreld.  Bid vir dié wat daardeur geraak is.

LUISTER: Fokus op insigte, ingewings, gewaarwordings, prentjies, ‘n lied of gedig wat by jou opkom.  Vra jouself af, of dit jou troos, seën of ontsteld laat.  Dink na oor wat God daardeur vir jou wil sê.  Bid om helderheid, oortuiging en vrede.  Skryf jou gedagtes in jou joernaal, sodat jy oor tyd kan agterkom hoe die Here besig is om jou te begelei rondom herhalende insigte en ingewings. Wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang.  Gaan leef dit!

Continue Reading

Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011

Die Christelike lewe kan op verskillende maniere beskryf word.  ‘n Mens kan sê dat dit oor God gaan wat hierdie wêreld met sy liefde en genade wil oorrompel – die sogenaamde Missio Dei.  ‘n Mens kan sê dat dit gaan oor die koninkryk van God gaan waaraan ons as gemeente meewerk.

Maar, in die praktyk van elke dag gaan dit doodgewoon oor ‘n Christelike lewenstyl.  Dit is wat mense van ons raaksien.  Dit is die cutting edge van die Christelike lewe, nie wat ons sê oor God of oor die kerk of oor die koninkryk nie, maar wat ons leef.

Paulus sê op ‘n kol: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees” (Fil 1:27).

Een van die maniere waarop die kerk deur die eeue hierdie Christelike lewenstyl aangeleer en gekoester het, was deur praktiese geestelike gewoontes.

En dit is met dié bril wat ek na hierdie perikoop in Jesaja wil kyk, om agter te kom, wat se lewenstyl verwag God van ons?  Hoe wil Hy hê moet ons lewe?  Of anders gestel, wat wil God hê moet ander in my lewe raaksien?

En daar is drie dinge wat vir my hier uitstaan van die tipe lewenstyl wat God van ons vra, drie geestelike gewoontes wat ons moet beoefen – dit het met die onderhouding van die sabbat te make, met die insluiting van anderse mense, en met gebed.

 

Continue Reading

Jesaja 49:1-7 – Erediens: God maak jou ‘n lig vir die nasies – 13 Maart 2011

Verwelkoming

Toetrede

Lied 164

Votum

(n.a.v. Jes. 44)
Luister, Israel
wat Ek uitverkies het:
So sê die Here wat jou gemaak het,
Hy wat jou gevorm het
in die moederskoot
en jou nou nog help:
Moenie bang wees nie.
Ek is die eerste
en Ek is die laaste,
buiten My is daar geen God nie.
Seëngroet

 

Lofsang & toewyding

Ps. 139: 1 & 3
Lied 528

Doop

Lied 308

Gebed

Kindertyd

Sendeling besoek skool, vertel wat doen.
Seuntjie – Sampie – wil ook sendeling wees, kan nie.
Aand ma vra hoekom so terneergedruk, vertel.

Mamma vertel kan nou reeds sendeling wees,
goed wat doen,
vertel vir ander van Jesus:

mond – vertel, nie lelike goed sê, nie skinder
ore – gehoorsaam, luister waar hulp nodig, gebruik mond ma/pa vertel
voete – kerk toe, kuier mense alleen
hande – help: gee toebroodjie, skryf briefie

Gemeente sendelinge –
drie van hulle kinders
(Wys afk. – vertel)
Skryf brief, teken prentjie –
kan e-mail, of bring vir ons, sal stuur (scan).

Sending-blikkies (net as volmaak)

Skriflesing

Jesaja 49:1-7

Preek

Teks Jesaja = sg kneglied – dienaar van die Here
Reeds baie gesels – wie dienaar.
Waarskynlik individu: elders geïdentifiseer Kores
Israel
Christene Jesus
Vandag ook breër – kerk van Christus,
dus elkeen van ons.
Fokus vandag.

Eers storie raakgelees in leeswerk oor teks.
Vertel van plek genaamd Great Dismal Swamp –
VSA North Carolina, Virginia.
Laat dink Vallei van Verlatenheid.
Great Dismal Swamp –
net water en moeras en modder.
Nie eers in brosjures vir toeriste.

Vertel jare gelede
kougom pakkies,
strokiesverhale vir kinders.
Boetie en sussie,
altyd een of ander gevaarlike situasie,
vind flits eveready batterye,
gered.

So skrywer een keer pakkie kougom gekoop,
terwyl kou,
lees storie van Johnny & Susie.
Die slag verdwaal in Great Dismal Swamp.

Duidelik baie gevaarlik –
bome soos arms wil gryp,
krokodille loer uit modder,
dreigende stormwolke.

Terwyl vreesbevange stap,
val Suzie oor iets.
Johnny tel ou, geroeste flits op,
toe onder modder.
Waardeloos, nutteloos.

Maar nee,
druk knoppie,
flits gaan aan,
skyn sterk, helder straal in lug op,
Johnny & Suzie gered deur weermag!
Hoekom?
Want flits het eveready batterye gehad!
Die Great Dismal Swamp
met al sy vreeslike,
vreesaanjaende gevare,
is oorwin
deur die krag van eveready!

God sê in teks –
vir volgelinge oor eeue,
ook ons vandag:
Ek maak jou ‘n lig vir die nasies.

Ons leef in Great Dismal Swamp –
in wêreld vol nood,
vol wreedheid
en pyn
en honger
en oorlog
en gevaar
en siekte.

Probleem is dat ons dikwels,
in die middel van moeras van sukkel,
ook verander in vreesbevange Suzies & Johnnies.

Ons dink ons is verdwaal,
vasgekeer in gevaarlike moeras.
Sien misdadigers soos krokodille vir ons loer,
sien korrupsie soos takke ons wil gryp,
sien ekonomiese onsekerheid dreigende stormwolke.
En ons is bang.

Maar ons vergeet van die flits met die eveready battery.
Ons is die lig vir die wêreld –
vir hierdie wêreld,
met sy misdaad en korrupsie en ekonomiese onsekerheid.

Flits dalk effens geroes,
stowwerig…
maar skyn steeds.

Want skyn nie uit eie,
skyn uit krag van battery.

Elke enkele een van ons –
ek dominee,
babatjie vanoggend gedoop,
elkeen hier sit –
is met roeping geskape.

God het met doel geskape –
teks so mooi:
voor geboorte al geroep.

Roeping nie domein dominees en sendelinge.
Roeping domein elke gelowige.

Daar is ‘n doel in elkeen van ons se lewe,
rede God ons elkeen geskape:
Sodat God sy mag deur ons bekend kan maak.

Of jy nou dominee of sendeling is
of onderwyser/lektor
of dokter
of pappa of mamma
of pensionaris
of rekenkundige
of wat ook al –
God jou geroep sy mag bekend te maak.

Maar nou kyk na flits,
wil nie eers probeer knoppie druk,
dink soveel modder op lens,
geen manier gaan skyn.

Maar teks sê helder:
die Here het my ‘n belangrike opdrag gegee
en my God gee my die krag om dit te doen.

Jy’s maar net die flits.
Nie battery –
skyn nie self.
God skyn deur jou.

Verskeie maniere skyn,
God mag bekend maak.
Nie net getuig,
mense evangelie verduidelik.

Manier waarop stampe stote van lewe hanteer,
maak God mag bekend.

Manier waarop teenstand en konflik hanteer –
by werk,
as burger van hierdie land,
in huis –
maak mag van God bekend.

Wanneer kos gee vir hongeres –
hetsy self,
of kos bring vir CMR,
sopkombuis bosslapers,
Barcelona sopkombuis …
maak mag van Here bekend.

Wanneer klere gee die wat naak –
hetsy self
of Thand’usana,
na gemeente bring,
reageer oproep in afk. –
maak mag van Here bekend.

Wanneer vir iemand vaardigheid leer –
al is net om te brei soos huishulpe tans
(of net wol skenk)
dan maak mag van Here bekend.

Wanneer siekes besoek,
nuwe mense in gemeenskap verwelkom,
draai gaan maak mense alleen is –
maak mag van Here bekend.

Kan aangaan –
lys nimmereindigend.

God elkeen van ons met doel geskape –
met roeping geskape,
sodat mense met wie elke dag kontak kom –
by huis, by werk, in dagtakies –
sy mag kan sien.

Dis een,
alles-omvattende doel van lewe.
Al die res is detail.
Elke ander ding wat ek doen –
man liefhê,
kinders versorg,
belasting betaal,
werk –
maak mag van die Here bekend.

Nou baie interessante ding in teks:
hierdie dienaar van Here
geskape om God mag bekend te maak,
van begin af daarvoor geroep,
ingespan…

doen wat God vra…
en raak heeltemal moedeloos.
Ek het my tevergeefs vermoei,
ek het my heeltemal verniet afgesloof.

Ek het die mense wat my verontreg het,
vergewe –
maar hulle gaan voort om my te verontreg.

ek het versoenend geleef,
versoening verkondig –
maar misdaad neem steeds toe.

ek is altyd eerlik –
ek probeer nie die verkeerskonstabel omkoop wanneer ek die wet oortree het nie,
ek betaal my TV-lisensie,
ek kroek nie op my belasting nie –
maar die korrupsie neem steeds toe.

Ek het teenoor my ateïstiese kollegas getuig,
maar hulle lag my uit.

Ek het eerlik besigheid gedoen,
maar ek word as gevolg daarvan verag en misbruik.

Lig geskyn,
maar die modder pak so saam om lens,
weet regtig nie…

Heel interessante ding in teks,
wanneer dienaar moedeloos is,
voel dat nie slaag opdrag God uit te voer…

Sal verwag God sê:
vertroue, ek gee jou krag.
Maar nie hoe God reageer.
God reageer deur opdrag uit te brei,
meer te maak!

Aanvanklik spesifiek Israel,
na moedelose klag,
God reageer:
Dit is nie genoeg
dat jy my dienaar is
om die stamme van Jakob te herstel
en om die Israeliete wat gered is,
terug te bring nie;
Ek maak jou ‘n lig vir die nasies
sodat die redding wat Ek bewerk,
die uithoeke van die aarde sal bereik.

Voel jy moedeloos,
asof jou flitsie skyn,
maar alles donker bly?

Dan is antwoord:
skyn selfs nog verder!
doen selfs nog meer!

Want uiteindelik hang sukses van jou skyn
nie af van jou
maar van God.
Jy skyn,
maar God wat lig bring.

Al kan nie sien,
al voel steeds moeras donker,
gevaarlik –
God besig om te handel,
besig te werk in wêreld.

Gebruik jou in daardie plan,
al kan nie sien hoe werk,
dink sou beter wees liewer iemand anders gebruik –
God gebruik jou.
IS besig sy plan tot uitvoering te bring.

Ons is lig vir die nasies –
spesifiek nou nasies, is lig vir almal –
waar met nie-Christene kontak het in lewe.

Ook lig vir nasies wanneer sendelinge ondersteun –
gebed (sien sendinggebedsgroep)
finansiële steun
emosioneel – besoeke, briewe.

Jy is deur God geroep.
Toe jy nog in jou moeder se liggaam was,
het hy jou op jou naam genoem.
Om lig vir nasies te wees.

 

Bid vir sendelinge – vanoggend veral Japan

Aardbewing & Tsunami
Stephan van der Watt, sendeling – okay. Vra bid handjie vol Christene (1%) – praktiese maniere evangelie van hoop deel. bid nood.
Tobie de Wet
Gebeds-items:
1) Dankbaar dat ons self veilig en ongeskonde is.
2) Bid vir ons broers en susters en kollegas in die geaffekteerde gebiede.
3) Bid vir die miljoene mense, veral in daardie gebiede maar ook oor die res van Japan, wat diep geraak is deur dood en verwoesting.
4) Bid vir soveel wat geliefdes verloor het.
5) Bid vir geestelik-emosionele heling.
6) Bid vir fisiese hulp vir mense wat beseer is en alles verloor het.
7) Bid vir die opbou van ‘n groot deel van die land en wat baie jare gaan neem.
8) Bid vir die rol en taak van die kerk.
9) Bid vir die evangelisering van Japan en die belangrike rol wat ook die kerk in SA in die verband speel.

Stuurgebed

Jy is lig vir nasies –
nie net Japan, midde-Ooste…
ook by huis,
by werk,
in alles wat jy doen.

Dus vanoggend ook elkeen van julle bid –
soos wat ons bid vir sendelinge,
soos wat sendelinge stuur –
ook julle stuur,
om sendeling – lig –
te gaan wees waar is.

Staan – uitgestuur soos sendeling,
uit kerk,
moeras in,
lig te laat skyn.

Dankoffers

Slotlied

Lied 488

Seën

Lied 313

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Hansie. Die Here is goed vir ons.

  • Avatar

    Hansie

    |

    Dankie Chris. Lanklaas so ‘n geestelik verrykende erediens bygewoon. Ek is skoon opgewonde. Alle seen vorentoe.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Boeta!

  • Avatar

    AntonvanWyk

    |

    Baie duidelik. Pragtige versterkende boodskap

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Diederiks, ek het self dit nou weer gelees. Dit is darem net só fundamenteel tot ons hele verstaan van die werklikheid. Ek is só dankbaar dat ek die waarheid ontdek het. Seën vir jou!