Skip to main content

1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011

Verwelkoming

Ons is steeds in Epifanie tyd.  Epifanie beteken verskyning.  Dit is die tyd waarin ons Jesus se eerste koms na aarde vier.  Daarom sing ons steeds Kers- en Epifanieliedere.  Ons gebed in dié tyd is werklik dat hierdie jaar vol van Epifanieë – Godsverskynings – vir ons almal gaan wees.

Ons fokus dié kwartaal veral op twee sake:

1.       Die boodskap van die boek Jesaja wat vir ons perspektiewe op die Lewende God gaan gee.

2.       Om ’n gemeente van kleingroepe te word en nie net ’n kerk met kleingroepe te wees nie.

Alle inligting is op die middelste blaadjie van die aankondigings

GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

Votum

Seëngroet

Lofsang

  • Liedboek 344 – O die goeie tyding, o die blye tyding –helder klink dit met Kersfeestyd: Diep was ons verlore, Christus is gebore.  Juig dan, almal, jubel oor die saligheid. – sit
  • Liedboek 345 – Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde, o kom in die gees nou na Betlehem!  Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore – kom buig daar in aanbidding, voor Jesus, die Heer. – staan
  • Liedboek 350 – In die stad van koning Dawid, in die nederige stal, in ’n krip lê daar ’n Kindjie, Koning van die groot heelal.  Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer. – staan

Verootmoediging

Riglyn vir ons lewe is die saligsprekinge in Matteus 5.  Kom ons verbind ons daaraan met die sing van ’n lied wat Attie van der Colf vir ons geskryf het.

  • Liedboek 251 – Salig dié wat arm voor God is – sit

Doop

  • Liedboek 294 – Jesus roep die kindertjies

Jacques en Sanet Victor se dogtertjie Cayla.  Sanet het hier grootgeword, Alet Swanepoel se kind, belydenis afgelê, en trek sowaar nou terug, nogal in die huis wat haar broer Johan in Rubinsingel gebou het.

Gebed

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Skriflesing

Korinte was ’n belangrike handelstad ten tye van die Nuwe Testament.  Dit was die hoofstad van die Romeinse provinsie Agaje (min of meer die moderne Griekeland).  Agaje word deur die natuurlike geografie in twee dele verdeel.  Die suidelike skiereiland (die Peloponnesos) word deur ’n smal landstrook met die noordelike vasteland verbind.  Korinte is op die suidwestelike punt van hierdie landstrook geleë.  Om tussen noord en suid te reis, moes jy deur Korinte gaan.  Die stad het see aan beide die oostekant en westekant van die landstrook, sodat dit oor twee hawens beskik het.

Korinte was op ’n natuurlike kruispunt van belangrike handelsroetes geleë.  Handelaars uit Egipte, Italië, Israel, Sirië en die Ooste het aan die stad ’n egte kosmopolitaanse karakter gegee.

Dié kosmopolitaanse karakter is in die godsdienstige lewe weerspieël.  Daar was ’n tempel vir die Griekse god Apollo, terwyl die god vir genesing, Asklepius, ook aanbid is.  Afrodite, die godin van vrugbaarheid, Demeter en Persefone, godin van landbou en vrugbaarheid, het ook aanbiddingsplekke gehad.

Korinte was berug vir die morele verval in die stad.  Die Griekse woord “korinthiazesthai”, “om soos ’n Korintiër te leef”, het verwys na ’n lewe van dronk orgies.  ’n Griekse skrywer vertel dat wanneer ’n Korintiër op die verhoog uitgebeeld is, hy altyd dronk was.

1 Korintiërs 1:1-9

1 Van Paulus, wat deur die wil van God geroep is om ’n apostel van Christus Jesus te wees, en van die broer Sostenes. (Sostenus is waarskynlik die voormalige hoof van die sinagoge in Korinte [Hand 18:17], maar nou ’n gelowige en medebedienaar van die Woord.  Hy skryf nie net saam met Paulus hierdie brief nie, maar dit kan wees dat Paulus dit aan hom as sekretaris gedikteer het [1 Kor 16:21].)

2Aan die gemeente van God in Korinte, wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here.

3Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

Danksegging

4Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, 5want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. 6Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig 7dat dit julle nie aan ’n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus. 8Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. 9God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.

Tema

God laat ons enduit vasstaan

Woordverkondiging

Stel jou voor jy gaan lê besoek af by ’n plaaslike gemeente.[1] Jy stap by die deur in en iemand wag daar om jou welkom te heet.  “Ek is deel van die Paulus-groep. Hý is die ou om na te luister.”  Terwyl hy nog met jou praat, druk iemand anders in en sê: “Nee, Apollos se omgeegroepie is beter.  Vergeet van Paulus.” Skielik is daar nog ander wat die voriges wegstamp en sê: “Nee, Sefas!”

Teen hierdie tyd oorweeg jy dit al om pad te gee, net om uit te vind dat ’n prominente lid van die gemeente in ’n seksskandaal met sy stiefma betrokke is.  Die hele gemeente weet daarvan en is trots daarop.  “Ons is die beste gemeente,” hoor jy iemand sê.  “Ons weet dié ou leef in sonde, maar ons het hom nogtans lief.  Hier by ons is die geestelike belangriker as die beestelike.”

Jy stap die diens in en dis chaos.  Verskeie gemeentelede profeteer tegelyk, terwyl ander in tale spreek.  Omdat jy nie veel uit die diens kry nie, besluit jy om hulle leerstellige blaadjie by die besoekersbank te lees.  Hier lees jy dat die leerstuk oor die opstanding heeltemal deurmekaar is en dat sommige gemeentelede nie eers daaraan glo nie.

Terug in die kerkgebou, sien jy dat hulle ’n soort nagmaal hou, amper iets soos ’n gemeente-ete.  Party word dronk, ander ooreet hulle en dié wat regtig honger is, kry nie kos nie.  Teen die tyd dat alles klaar is en jy by jou kar uitkom, hoor jy van gemeentelede wat mekaar in die wêreldse howe gedagvaar het.  Ander besoek bordele en sê dis soos om kos te eet; jy bevredig net ’n liggaamlike behoefte.  Uit reaksie hierteen, bepleit sommige geheelonthouding.  Seks is lelik en sleg.  Getroudes wil hieroor skei en ongetroudes wonder of hulle moet trou.

Jy ry daar weg terwyl jy naar voel.  Die hele ervaring is vir jou onwerklik.  Dis jou eerste en laaste besoek aan dié kerk.

Jy het pas kennis gemaak met die gemeente van Korinte…

Die gemeente het die evangelie geglo.  Maar Korinte was vasgevang in die worsteling om die evangelie van Jesus prakties uit te leef.  Die verskillende faksies, beskouinge oor seksualiteit, die verhouding tussen die evangelie en die afgodediens, was van die probleme waarop die lig van die evangelie moes skyn, soos ons al in die Bybelskool verlede jaar kennis geneem het.

Korinte

’n Bietjie agtergrond.

Die gemeente in Korinte

Die gemeente van Korinte is deur Paulus gestig in 51-52 n C op sy tweede sendingreis.  Strategies was Korinte natuurlik geweldig belangrik, omdat die evangelie hiervandaan deur al die besige handelsroetes oor die bekende wêreld heen versprei het.  En die latere leraar Phoebe het ’n groot rol gespeel, soos ons uit die brief aan die Romeine aflei.

’n Brief aan die gemeente in Korinte

Op sy derde sendingreis bly Paulus in Efese vir meer as 2 jaar. Terwyl hy daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou het (Hand 19:1-20), ontvang hy op ’n keer ontstellende berigte van die huisgesin van Chloë (1:11) af oor die omstandighede in die gemeente van, moontlik oorgedra met die besoek van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus (16:17).  Dit is berigte wat veral te make het met die wyse waarop hulle as Christene lewe.  En hulle het probleme soos: verdeelheid (1:10-4:21), bloedskande (5:1-13), hofsake (6:1-11) en prostitusie (6:12-20).  Hulle wonder ook oor die hoofbedekking van vroue, wat saamhang met die vraag na die algemene rol van vroue in die gemeente (11:2-16) en hulle vra vrae oor die nagmaalviering (11:17-34).

En dan reageer Paulus met ’n aantal briewe (1 Korintiërs was sy tweede brief aan hulle – vgl 1 Kor 5:9 wat na die eerste brief verwys). Dit is ook moontlik dat hy Korinte hierna weer besoek het (Hand 19:21-20:6) om verder persoonlik op hulle vrae te reageer, voordat hy in Masedonië 2 Korintiërs geskrywe het.

In hierdie tweede brief van hom – waarskynlik geskryf in 54 n C –  verduidelik hy wat die betekenis van Jesus se sterwe en opstanding vir die lewe van ’n gemeente is.  Hy beklemtoon dit dat Jesus vir ons gesterf het en vir ons uit die dood opgestaan het.  Hierdie heilsfeite moet die deurslag gee in alles wat ons is en doen.

’n Aangrypende inleiding

Mens sou kon verstaan as Paulus die brief met ’n heftige uittrapsessie begin het.  Dalk sou ons dit so gedoen het.  Die gemeente moes kortgevat word, wil mens sê.  Hulle het opgesnork en moes reggesien word.

Maar Paulus doen dit nie, ten minste nie aanvanklik nie.

Hy begin deur hulle ter herinner aan hulle roeping.  Die gemeente van Korinte is geroep om aan Jesus Christus te behoort (1:2).  Te midde van al die gevegte, partyskappe, botsings, etiese kwessies ensomeer moet hulle hul roeping onthou en daarna strewe om te wees wat God hulle alreeds in Jesus Christus gemaak het.

Tweedens is die gemeente geroepe geheiligdes – klétois hagiois – 1:2.  Hulle is die gemeente van God (1:2) wat aan God behoort as sy eie, spesiale mense, toegewy aan Hom.  Omdat hulle geroep en heilig gemaak is, kan hulle nou vir God lewe en heilig wees.

Derdens beklemtoon Paulus die ryke gawes wat die gemeente van God ontvang het.  Hulle is ryklik geseën, dit ontbreek hulle nie aan ’n enkele gawe nie, en – wat my besonder getref het – Christus sal hulle help om vas te bly staan tot die einde toe (1:4-9).

Christus staan dus sentraal.  In ses verse verwys Paulus nie minder nie as vyf keer na Jesus Christus.  Christus is die Korintiërs se lewe.  Dit is Hom wat hulle verwag om aan die einde van die tyd weer te kom.  En dit is HY wat hulle enduit sal laat vasstaan.

Implikasies

Dit het belangrike implikasies vir ons lewe as Christene

Een:  Dit is God se werk

Paulus help ons verstaan dat die Christelike lewe nie by beskaming, blamering en menslike pogings tot selfverbetering begin of eindig nie.  Beskaming is die dood in die pot vir ’n Christelike geloofsgemeenskap.  Dit beteken dat ons mekaar teregwys op grond van wat ons dink goed en sleg is, en dan boonop van mekaar verwag om met ons eie krag ander se idees van wat reg of verkeerd is uit te voer.

Paulus help hulle en ons om eerder God raak te sien.  God wat deur Jesus Christus genade aan ons betoon, en nie beskaam nie.  God wat ons roep en red en nie blameer nie.  God wat ons die gawes gee waarmee ons Hom en mekaar moet dien en nie verwag dat ons dit met ons eie bronne moet doen nie.  God wat ons help en ons bemagtig om as heiliges te lewe en ons van binne af verander om dit reg te kry.

Twee: Daar is hoop

God help ons.  Daarom is daar hoop.  Wanneer ons op afgryslike maniere faal – soos die Korintiërs – is alles nie daarmee heen nie.  God is aan die werk, ook binne-in ons en deur ons.  Hy help ons. Hy voorsien die leiers (apostels)  om ons aan God en God se werk te herinner,  Hy fokus ons aandag op dit wat saak maak.  Hy help ons om te word wat ons reeds op grond van sy genade is.  Hy sal ons ook enduit laat vasstaan.

Drie: Ons is geroep en geheilig

Maar, dit beteken nie dat Hy nie insette maak om ons lewenswandel in lyn te kry met sy roeping vir ons nie.  Verre daarvandaan.  Daar is goed en daar is sleg.  Elkeen van die sake waaroor daar konflik en misverstand bestaan het, word deur Paulus aangeroer en God se pad vir hulle uitgespel.  En hy antwoord later in die brief spesifieke vrae en draai geen doekies om oor wat in God se oë reg en wat verkeerd is nie.  Maar dit het minder met absolute reëls as met ’n persoon te make; dit het minder met presiese wette te make as met ’n verhouding, ’n verhouding met God in Jesus Christus.

Maar, daar is ook meer.  Ons kultuur leer ons dat die self made man die een is wat bo uitkom.  Jy moet vir jouself sorg, en onafhanklik wees, jy moet jou eie belange bevorder, want niemand anders sal nie.  Ons sou goeie Korintiërs uitgemaak het!

Daarteenoor beklemtoon Paulus die feit dat ons deur God verenig is in die gemeente van God (1:2).  Ons is in Christus geskep om saam met ander en vir ander te lewe.  Daarom word daar in die inleiding deurlopend van “julle”, die gemeente, gepraat.  Paulus se dank is in die eerste plek ook nie vir wat Paulus self gekry het of nie, maar dank vir wat ander ontvang het. Trouens, geroepenheid tot diens aan die “ander”, kan eintlik beter verstaan word as diens met die “ander”.

Vier: God sal ons enduit laat vasstaan

Maar die belangrikste van alles: God sal ons enduit laat vasstaan!

Dit het persoonlike implikasie vir jou.  Ek het die sorg van die Here op ongelooflike wyses die afgelope paar maande ervaar.  Die Here is getrou.  En my gebed is dat jy dit ook so in hierdie jaar sal ervaar.

Maar, dit het ook implikasies vir ons gemeente.  Elke keer as ons in ’n krisis was – met die verband, met leiers wat weggaan, met besluite oor die bediening, soos rondom die kinderkerk, 1 of 2 eredienste in die oggend, Klema – het die Here ons daardeur geneem en visie en helderheid gebring, en op wonderlike maniere voorsien.

Ek is oortuig God sal ons ook enduit laat vasstaan.

Maar, dit beteken ook dat ons onsself aan Hom moet verbind.  Daar is geen plaasvervanger vir ’n lewende verhouding met God nie, wat jy in jou stiltetyd, in jou verbintenis aan geestelike gewoontes en in jou verbintenis aan een of ander vorm van diens met die gawes wat die Here jou gegee het, moet volhou.

En dit beteken ook dat jy jouself opnuut aan die gemeente moet verbind.  Dit sluit die eredienste in, ons kleingroepe, en die beskikbaarstelling van jou gawes en insette.

Gebed

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Dankoffer

Slotsang

  • Liedboek 492 – In U is vreugde, vrede en vreugde, Jesus Christus, U is Heer. – staan

Seën

  • Liedboek 228 – Halleluja


[1] Die Bybellennium (CUM, 1999)

Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011

Votum

“So sê God, die Here, Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het, Hy wat die aarde gevorm het en alles wat dit oplewer, Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee, die lewe aan alles wat op die aarde beweeg:

Ek is die Here.  Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou.” (Jes. 42:5-6)

Lofsang

  • Liedboek 221 – Loof die Heer omdat Hy goed is; daar’s geen einde aan sy liefde – sing dit 2 keer sittend.
  • Liedboek 353 – Die Heiland is gebore, soos eeue reeds voorspel.  Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel – staan.
  • Liedboek 364 – Herders op die ope velde het dié nag die eng’lekoor met die blye evangelie uit die hemel aangehoor – staan.

Gebed

God praat met ons en ons luister

Die Here praat met ons uit Jesaja 42:1-9, ’n boek waarop ons die hele eerste kwartaal gaan fokus.  Hoofstuk 42 bevat die eerste van vier Dienaar-van-die-Here-liedere in die boek Jesaja.  Die ander drie vind ons in Jesaja 49, 50 en 52-53.

42 Hier is my dienaar, Ek stel hom aan.
Ek het hom uitverkies,
hy geniet my guns.
Ek laat my Gees op hom kom,
hy sal my wil aan die nasies
bekend maak.
2Hy sal nie roep nie,
hy sal nie hard skree nie,
hy sal nie sy stem op straat
laat hoor nie.
3’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,
’n lamppit wat dof brand,
sal hy nie uitdoof nie.
Hy sal my wil bekend maak soos dit is.
4Self sal hy ook nie uitgedoof
of geknak word nie
totdat hy my wil op aarde gevestig het.
die eilande wag op wat hy hulle sal leer.
5So sê God, die Here,
Hy wat die hemelkoepel geskep
en dit oopgespan het,
Hy wat die aarde gevorm het
en alles wat dit oplewer,
Hy wat aan al die mense op aarde
die asem gee,
die lewe aan alles
wat op die aarde beweeg:
6Ek is die Here.
Omdat Ek getrou is aan my verbond,
het Ek jou geroep.
Ek hou jou vas,
Ek beskerm jou
en Ek maak jou my verbond
met my volk,
my lig vir die nasies. c7Jy sal blindes laat sien,
jy sal gevangenes uit die tronk bevry;
wie in die donkerte
van die gevangenis sit,
sal jy laat uitgaan.
8Ek is die Here, dit is my Naam,
die eer wat My toekom,
gee Ek aan geen ander nie,
die lof wat My toekom,
gee Ek nie aan gesnede beelde nie.
9Wat Ek vroeër aangekondig het,
het plaasgevind.
Ek kondig nuwe dinge aan.
Voor dit begin gebeur,
laat Ek julle al daarvan hoor.

Woordverkondiging

Jackie Pullinger het op 15 geweet sy is geroep om ’n sendeling te wees.  Aanvanklik voel sy geroepe om Afrika toe te kom.  In ’n droom ontvang sy die oortuiging om Hong Kong toe te gaan.  Sy skryf aan verskeie sendingorganisasies, maar word nie aanvaar nie.  ’n Predikant, Richard Thompson, adviseer haar om ’n kaartjie vir ’n bootreis na die Ooste te koop en te bid vir leiding waar sy moet afklim.  Sy volg dié advies en beland in 1966 in Hong Kong.

Hier kry sy werk as laerskoolonderwyser in die berugte Kowloon-buurt van Hong Kong.  Die area, ook bekend as die Vestingstad van Kowloon (Walled City of Kowloon), is ’n massiewe antieke militêre fort wat in die 1960’s onder beheer van kriminele Chinese bendes was, en een van die wêreld se grootste opium-produsente geword het.  Polisie het uit vrees nie die gebied betree nie.

In hierdie area, wat al ’n menslike rioolplaas genoem is, begin sy ’n jeugklub.  Die doel is om verslaafdes, prostitute en bendelede te help.  Op wonderbaarlike wyse geniet sy op kritieke oomblikke die beskerming van magtige Chinese warlords.  In haar bekende boek, Chasing the Dragon (uitgegee deur Regal Books), beskryf Pullinger haar roeping:

“My mission was to help the Walled City (Hong-Kong, Kowloon) people understand who Christ was. If they could not understand the words about Jesus, then we Christians should show them what He was like by the way He lived.  I remember He said: ‘If someone forces you to go a mile, go with him two miles.’ Those in need that I met seemed to need three.”

Jackie sê Christene het harde voete nodig wat die ekstra myle kan stap met mense wat genesing nodig het.  Maar Christene het ook sagte harte nodig wat maklik met deernis in beweging kan kom vir mense in nood.

Deur Jackie se bediening het daar teen 1990 meer as 500 opium-verslaafdes gerehabiliteer en nuwe lewe in Christus gevind.  Dit is so groot as ’n gemiddelde NG gemeente.  ’n Hele gemeente, bestaande uit mense wat onder die haglikste omstandighede denkbaar uit die greep van die mees verslawende dwelmmiddels tot bekering gekom het.  Te danke aan ’n vrou met harde voete en ’n sagte hart.

Agtergrond oor die teks

Jesaja 42 is ’n woord vir Israel se donkerste uur.  Die volk is in ballingskap.  Die wêreldheersers, Babilon, het hulle aangeval, die meeste van die bevolking uiters wreedaardig doodgemaak, en ’n klompie weggevoer na Babel om daar die toekomstige voorspoed van Babilon te help verseker.

Jesaja help hulle om in sulke donker omstandighede die teenwoordigheid en die dade van die Here raak te sien.  Kyk, dis een ding om te weet die Here is altyd en oral teenwoordig.  Dis iets heeltemal anders om Sy teenwoordigheid, hier en nou, te glo en daarmee rekening te hou.

Jesaja help ons op hierdie pad.  Hy leer ons:

•              om die Here en sy werke in tye soos hierdie raak te sien,

•              dat die Here ’n spesifieke roeping as opdrag in so ’n tyd gee,

•              om ons roeping soos nuwe klere aan te trek en uit te leef.

“Hier is my dienaar”

Die nuwe dinge wat die Here doen het ’n intense persoonlike kleur.  Dit gebeur deur die dienaar van die Here.

Jesaja lê die nouste verband tussen die Here en die dienaar.  Die dienaar is deur God gekies, aangestel en met die Gees toegerus.  Die Here is die Skepper, die troue Verbondsgod, wat spreek en dinge gebeur.  Die dienaar is die instrument van dié Here.  Die dienaar gaan sy taak dienend en op ’n sagte manier verrig, geen geknakte riet sal gebreek of dowwe lamp sal uitgeblus word nie.

Maar belangrik: die taak van die dienaar is nie beperk net tot Israel nie.  Die taak van die dienaar is om die wil van die Here oor die hele wêreld bekend te maak en te vestig.  Selfs die eilande wag op sy leer.  Die eilande is destyds as die eindes van die aarde gesien.  Tot in die wydste uithoeke van die wêreld sal die wil van die Here geleer en gedoen word.

En wat doen die dienaar?

•             Hy tree as tussenganger tussen God en sy volk op – verteenwoordig God by die volk en die volk by God (vers 6)

•             Hy is God se lig vir die nasies – “lig” is hier ’n sinoniem vir “verlossing” – die dienaar dra God se lig na die nasies (vers 6)

•             Hy laat blindes sien (vers 7)

•             Hy bevry gevangenes uit die donker van die gevangenis (vers 7)

Die dienaar bevry dus mense uit allerlei omstandighede van binding en inperking.  Dié bevryding het beide ’n geestelike en fisieke dimensie.

Wie is hierdie dienaar?

Israel is die Dienaar

Op ’n eerste vlak is die dienaar die volk Israel.  Die verskriklike pyn van die ballingskap is die smeltkroes waarin God Israel voorberei het om God se dienaar in die wêreld te wees.  Israel se God is die Skepper wat deur sy volk, sy dienaar, verlossing vir die hele wêreld bring.

Jesus is die Dienaar

Op ’n tweede vlak is die dienaar méér as die volk Israel.  Die wonderlike lig, verlossing en genesing roep om ’n geseënde Middelaar wat die volle inhoud van God se beweging na die wêreld in vervulling laat gaan.

Die Matteus-evangelie vertel van die woorde en dade van Jesus van Nasaret.  Hy maak die wil van God bekend en bring genesing vir alle mense.

In Matteus 12:15-21 word die lied van Jesaja 42 spesifiek op Jesus van toepassing gemaak:

So is vervul wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het:

“Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak.

Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

‘n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier.

En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

Jesus is die Gestuurde van God na die nasies.  Jesus is die beweging van God se liefde tot aan die uithoeke van die wêreld.  Jesus is die Epifanie.  Jesus is die verskyning van God se goedheid en genesing.

En interessant, Matteus plaas sy opmerking oor die vervulling van Jesaja 42 binne die konteks van verhale oor die genesing wat Jesus gebring het (11:15-16).  Want dit is inderdaad wat Jesus kom doen het, om Jesaja se visie waar te maak.

Die gemeente is die Dienaar

Maar, daarmee is nog nie alles gesê nie.  Jesus se liggaam, die gemeente, die wêreldwye kerk, is ook ingeskakel by hierdie goddelike beweging van liefde.  Ons is ook die dienaar van die Here.  In Johannes 20:21 blaas die lewende Here Jesus oor die kerk, stort die Heilige Gees oor ons uit, en sê: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle…”

Só moet ons oor onsself as die gemeente van God dink.  Ons is deel van God se beweging na die wêreld.  En ons doen dit, soos Jesus, op ’n sagte, dienende manier, waarin rokende lamppitte en geknakte riete bevestig en nie vernietig word nie.

Ons is te geneig om aan gemeentes as klubs te dink waar die bediening die gemeente se diens aan sy lidmate is.  Jesaja 42 daag ons uit om die nasies en die eilande (uiteindes van die aarde) raak te sien.

Kom ek toets julle bietjie.

  • Dink aan ons omgewing.
  • Hoeveel mense van ander nasionaliteite bly hier in ons onmiddellike omgewing?

Indien ons die gemeente van Somerstrand as deel van God se aksie na die nasies sien, om lig en genesing te bring, kan elkeen van ons maar net met oop oë en ore, tesame met dienende hande, by hierdie kerk se voordeur uitstap.  Die nasies is hier.

Kom ek toets julle nog ’n bietjie

  • Wie van julle het vriende wat nie meer hier in SA is nie, maar êrens regoor die wêreld woon?
  • Wie het kinders of familie wat regoor die wêreld woon?

Jesaja 42 bemoedig ons.  Die Christelike vorming wat tientalle, dalk honderde mense in ons gemeente en ander gemeentes ontvang het, word nou reg oor die wêreld, tussen die nasies, uitgestort.  Beide op ons tuisveld, en op talle plekke in ander lande, is Somerstrand deel van God se beweging na die nasies.

In plaas van mismoedigheid omdat ons lidmate na die buiteland verloor, kan ons eerder dankbaar en verras juig oor die manier hoe die Here sy kerk gebruik.  (En daarmee lewer ek sommer ook kommentaar op onlangse berigte oor getalle in die NG Kerk)

Maar nou wil ek verder gaan.

Hoeveel kragtiger kan God se sending van liefde deur sy dienaars geskied wanneer gemeentes hierdie rol doelbewus begin speel?  Tuis en in die internasionale arena is ons tussen die nasies.

Dit gaan van ons vra om ons klubmentaliteit te verloën.  Ons is nie net daar ter wille van ons bestaande lede nie.  Ons het bekering tot die nasies nodig om die dienaar-taak van Jesaja op ons te neem en uit te voer.

Ek is die dienaar

Dit beteken ek moet myself leer verstaan as ’n dienaar van die Here.  Dit beteken: Ek is God se aksie na die nasies.  Jesus het my deel daarvan gemaak.  Dit is die vierde vlak van betekenis van hierdie teks.

Hiervoor is daar bekering by my nodig.  My missie is nie om my eie toekoms finansieel te beveilig nie.  Ek is nie daar om dit vir my kinders bymekaar te maak nie.  Ek kan nie my huis, motor, beleggings en pensioen saamneem na God se nuwe hemel en aarde toe nie.  Natuurlik het finansiële rentmeesterskap en versorging van ons gesinne ’n plek in God se bedoeling, maar nie as hoogste doel van ons lewens nie.  Daarvoor is ons selfversorging en gepoogde onafhanklikheid hopeloos te selfgesentreerd en gaan dit as hoogste doel teen die grein van die evangelie in.  Dit word afgodery.

Ons het nodig dat die Here ons oë vir die nasies weer oopmaak.  Ons moet weer vra: Hoe kan ons deelneem aan God se beweging van liefde na mense rondom ons?  As God genesing bring – dan bring Hy dit spesifiek ook vir die nasies – deur elkeen van ons.

Bring genesing vir die nasies

En dit bring ons by die ware betekenis van Epifanie.  God verskyn ook deur my en jou, en ons gemeente, in die wêreld.  Hy raak sigbaar, Hy verskyn letterlik aan mense deur die wyse waarop ons leef en werk en uitreik na ander.

Kom ons onthou die voorbeeld van Jackie Pullinger en Kowloon City.  En kom ons vra onsself af:

  • Hoe hard is my voete?
  • Hoe sag is my hart?

Gebed

God stuur ons om te leef

Dankoffer

Slotlied

Liedboek 367 – Ere aan God – staan

Seën

“’n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, ’n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nie totdat hy my wil op aarde gevestig het. Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.” (Jes 42:3-4)

Amen

Liedboek 228 – Halleluja


c Vgl. Jes. 49:8

Preek: 2 Jan 2011 – Matt 2

Verwelkoming

Epifanie

Epifanie beteken verskyning.
Verwys na God wat in Jesus Christus verskyn het.

Fees veral sterrekykers,
Jesus doop,
eerste wonderwerk.

Drie gebeure waarin Jesus godheid
en koning-heerskappy sigbaar.

Soos Kersfees,
lig belangrike rol –
Jesus Lig vir wêreld,
duisternis kan dit nie uitdoof nie.

Later noem Jesus natuurlik ook dissipels
lig vir wêreld,
gee daarmee verantwoordelikheid
as volgelinge te leef.

 

Lied 488 vv 1-2, 4 (staan)

Aanvangswoord:

L: Laat skyn jou lig!
Vir jou het die lig gekom,
die magtige teenwoordigheid
van die Here
het vir jou lig gebring.

G: Die duisternis is verdryf!

L: Die hoop
van God se lig
oorspoel die aarde!

G: God se lig kom na ons almal!

L: Here,
berei ons harte voor
om na hierdie Lig
te reis.

G: Here, berei ons harte voor om hierdie Lig te ontvang!

Seëngroet

Lofsang

 

Voorstelling Ouderling

Lied 304:1-3 (staan)

Gebed

Die kameeltjie wat Kersfees gevind het.

Skriflesing

Matteus 2:1-12

Preek

Was kind – Graad 1 – Charles & Diana destyds getrou.
Oe, romanties.
Nie TV gehad, mense gekuier (ek’t buite gespeel).
Ouer geword,
prins gebore –
plakboek.

Nou koningshuis natuurlik weer in nuus –
William verloof Kate Middleton,
trou vanjaar.

Koninklike troue net-net verby,
gaan almal weer uitsien na volgende koninklike geboorte.

Want koninklike geboortes belangrike goed!
Lyn moet voortgaan.
Seker dat daar opvolger is.

 

KONINKLIKE GEBOORTE

Kersfees,
teks –
koninklike geboorte.

Maar hierdie geboorte nie so groot fees-geleentheid.
Hierdie koninklike geboorte slegte nuus vir die koning.

Sien, Herodes die Grote,
koning van Judea, Idumea & Samaria,
nie eintlik koninklike bloed –
beslis nie Joodse bloed.

Eintlik maar net omdat na Romeine pype dans,
hulle hom titel “koning van Judea” gegee.
Effens wankelrige posisie.

So nuus geboorte van koning,
hom en hele huishouding –
saam op soustrein –
hewig ontstel.

Herodes is bedreig,
gedisoriënteerd.

So hy gooi dadelik staatsmasjinerie in hoogste rat.
Priesterhoofde & skrifgeleerdes ingeroep:
moet nou kom verduidelik waar die Christus gebore sou word.

Jerusalem

Herodes belê vergadering van OT Skrifkenners,
want hier êrens misverstand.
Waar is die koning wat gebore is?

Herodes in agterkop –
Jesaja 60.

Jesaja 60 heerlikheid van Jerusalem besing.
Geskryf destyds toe Jerusalem, 6de eeu,
met ballingskap verwoes.
Wonderlike trooswoorde
vir ballinge wat terugkeer.

Voorspel dat konings en rykdom na Jerusalem sal kom.
rykdom van die see
en die skatte van die nasies
sal aan Jerusalem gegee word.
Jong kamele sal die land vul
en almal wat uit Skeba (die ooste) kom,
sal goud en wierook bring.

Sterrekykers waarskynlik hierdie teks geken.
So wanneer sterretekens sien,
weet plek te gaan soek,
Jerusalem.

Immers stad van belofte,
van welvaart
en voorspoed
en mag.

So pak kamele,
weet om goud, wierook, mirre,
volgens Jes 60 as geskenke te bring.

VERKEERDE TEKS

Wat is die storie met die kamele en goud en mirre?
wil Herodes by die skrifgeleerdes weet.
Waar is hierdie Koning wat gebore is?

Skrifgeleerdes kan eintlik nie anders
as Herodes verduidelik
hulle verkeerde teks beet het.

Jes 60 skets prentjie
van Jerusalem sentrum van wêreldwye ekonomie,
waar stedelike elite
en koninklike maghebbers
sal voortgaan
om mag en prestige te versamel.

Sien, Jes 60 goed en wel,
maar teks eintlik moet kyk,
Miga 5:
Maar jy,
Betlehem-Efrata,
jy is klein onder die families in Juda,
maar uit jou
sal daar iemand kom
wat aan My behoort
en hy sal in Israel regeer.
Sy begin lê ver terug,
in die gryse verlede!

Wat!?
kan mens Herodes en sy hof hoor dink.
Bethlehem?
Daardie agterlike ou plattelandse plekkie?

Maar die lewe is tog in die stad!
Die geld is hier,
almal wat iemand is,
is hier.

Moet ons dan glo
dat die Koning kom
uit hierdie armsalige ou plekkie?
Weet tog hoe werk meet konings,
koninklike geboortes:
prag en praal.
Koninklike geboortes gepaard met
geld
en mag.

Nie armoede
en stof
en agterlikheid nie!

Hierdie hele besigheid
ruk almal.
Koning gebore op verkeerde plek,
op verkeerde manier.
Verwag Jerusalem,
alles gepaard gaan Koning.

Maar feit in Bethlehem gebore,
voorspel ander tipe koning.
Beteken vereenselwig nie met maghebbers,
regering,
rykes –
maar met magteloses,
die mense,
die rank & file.

Dan gebeur interessante ding:

sterrekykers verander van rigting.

 

Was akademici van formaat.
Hul wysheid gebou op eeue
van kundige bestudering van sterre
en natuurverskynsels.

Verteenwoordig beste wat Ooste kon oplewer
in terme van kennis & kundigheid.

En hulle mis die teiken.
Raak pad byster,
eindig op verkeerde plek.

Hierdie nuwe inligting
vra van hulle af te sien
van al kennis
en insigte,
weg te draai van Jerusalem,
stofpad na Bethlehem.

Sterrekykers werklik wys,
kry reg om al kennis
en oortuigings
op te hef.

Vat kans om van rigting te verander,
sodat aan regte koning kan hulde bring.

Volg die ster,
eindig in Bethlehem.
En daar vind werklike koning.
Nie soos hulle verwag.
Nie met rykdom
en eer
en mag
wat hulle dink by koning hoort.

En tog,
tog buig voor hom neer,
in Bethlehem,
bewys aan hom eer,
gee grandiose geskenke van goud, wieroork, mirre.

Buitestanders herken Jesus

Belangrik ons raaksien wie is wat Jesus hulde bewys –
ook in Lukas, wie is aan wie geboorte aangekondig word in veld.

dis nie die establishment,
skrifgeleerdes,
regering van dag.
Is nie binnekring van Joodse samelewing,
die wat nog altyd op uitkyk vir koms van Messias.

Joodse leiers laat spat nie ewe skielik Betlehem toe nie.
Hulle het die teks,
hulle het die getuienis van die sterrekykers,
maar hulle sien nie die koning nie.
Hulle verstaan nie die Skrifopenbaring nie,
lei hulle nie tot eerbetoon nie.

Kan nie by verwagting
van prag en praal
en mag
verby kyk nie.

Maar die buitestanders kan!
Dis die buitestanders wat die koning raaksien,
vind
en in eerbetoon neerbuig.

Dis nie bloot toevallig nie.
Is storie van res van Jesus lewe.

Belangrik kennis neem,
want steeds storie vandag.

Ons as Christene,
gemeentes,
dikwels so besig eie belange.
eie voorkeure,
eie manier van doen.
Gebeur soms met afkeur na mense buite kerk kyk,
mense dinge anders as ons doen.
Dink as hulle net wil gedra,
net sien ons is reg,
sodat deel van ons gemeenskap –
gereddes –
kan word.

Maar weerlose baba in krip,
en buitestanders om hom vergader,
gee vir ons sleutel tot kerk-wees.
Christenskap nie oor mag,
maar weerloosheid.

Dalk minder aspireer in rigting Jerusalem,
meer leef in rigting Betlehem.

Beteken leer te gee soos sterrekykers,
eerder te versamel.

Kennis minder gebruik te bewys ons reg is,
meer bereid wees –
soos sterrekykers –
dat Gees ons op reis neem,
wat dalk wat ons gedink het ons weet
mag relativeer,
selfs verander.

Ons eie belange moet vervang
met verwondering
oor brose God
in ‘n krip.

Altyd seker maak ster volg,
nie ook pad byster raak,
verkeerde plek eindig nie.

Boosheid is ‘n werklikheid

Verhaal eindig natuurlik nie hier.
Gevolg skrikwekkende kindermoord.

Ook dit moet onthou.

Ons dikwels idealisties.
As net ster volg,
op regte plek is,
regte ding doen,
sal alles uitwerk,
alles goed gaan.

Maar boosheid is werklikheid,
ook nou.

Magte van die wêreld,
of dit politieke
ekonomiese
of godsdienstige magte is,
laat hulle nie maklik van koers af bring nie.
Herodes probeer alles in vermoë om mag te behou.

Wie die pad vat na Betlehem,
na Jesus toe,
mag seerkry.
Mag ly.

Die keuse om die ster te volg,
het ‘n prys.
Onthou:
die duisternis haat die lig.
Die keuse vir kwesbaarheid eerder as mag,
laat jou juis weerloos.

En langs pad
ontdek hoe duisternis ook in jouself woon.
Dat daar ook in jou deel is wat lig haat.
Dat weerstand is teen sterf in jouself,
kruis opneem
en Jesus volg.

Boosheid is ‘n werklikheid in elkeen van ons.

En boosheid
word nie met
mag
en geweld
en wilskrag beveg nie.

Die kindjie in die krip
oorwin die bose
in broosheid
aan die kruis.

Liefde,
selfoorgawe,
broosheid:
dit is die wapens wat boosheid oorwin.

Waarheen volg jy die ster?

Teks daag ons uit te kies,
keuse doen waarmee assosieer.

Dalk ek as kind so baie van Prinses Diana gehou,
omdat elke dogtertjie droom prinses te wees.

Dalk gryp koninklike geboortes ons so aan,
omdat graag met koninklikes –
of dan dit wat hulle verteenwoordig –
wil assosieer.

Wil ons ster volg na Buckham paleis?
Of na Langa,
Danville,
Sharpeville,
Triomf,
die bos buite Somerstrand?

Skepe navigeer –
Noorderster.
Beginpunt,
vaste punt,
waarop kaarte
en res van navigasie gebaseer.

Teks daag ons uit
begin van jaar
te oriënteer.
Bepaal wat noorderster is,
waarheen ons ster gaan volg:
Jerusalem
of Betlehem?

Gebed

Stil gebed – plek
 

Bid vir Zimbabwe.

  • Bid vir hulpverlening,
  • wyse leierskap en
  • ‘n einde aan onreg.
  • Bid vir almal wat swaar kry
  • en gebuk gaan onder armoede,
  • vir almal wat onderdrukking beleef.
  • Verkiesing later vanjaar – regverdig, sonder geweld.

Bid vir die Midde-Ooste

  • Vir ‘n verandering van hart vir Israel rondom settlements.
  • Bid dat hulle nie meer in die Wes Bank sal bou nie.
  • Vir die Palestyne vir wysheid oor om druk toe te pas.
  • Bid vir vrede sonder geweld.
  • Vir Fatah en Hamas om tot ‘n ooreenkoms te kom.

Bid vir spesifieke areas in gemeenskap
• Areas waar geweld hoog is
• Plakkerskampe en ander areas van armoede
• Spesifieke hulpverleningsorganisasies

Dankoffer

 

Halleluja 40 “Betlehem Ster” (staan)

Seën

Lied 348:2 “Stille Nag: Juig, die Redder is daar!” (staan)

Preek: 26 Des 2010 – Hebr 2

 

Verwelkoming

 

Lied 336:1, 3, & 5 (staan)

Votum

Ps 148

Seëngroet

Lofsang

Lied 353 (staan)
Vonkk 29 (sit)

Gebed

Skriflesing

Hebreërs 2:10-18

Preek

Kersfees viering Jesus gebore – is waaroor gaan.
Maar vir meeste van ons –
veral kinders –
gaan eintlik oor geskenke.

Kersvader bring –
tradisie Heilige Nicolaas,
arm kinders geskenke gegee.

Ek: belangrik regte geskenk elke mens uitsoek,
beplan heel jaar.

Draai in Desember alles toe.

Kinders: briewe Kersvader,
wat wil hê,
lang lyk,
kan nie wag alles te kry.

Maar tussen al geskenke deur
weet darem ook Kersfees eintlik oor Jesus geboorte gaan,
dat ware geskenk Kersfees Jesus is –
Jesus vir ons gegee.

Boek Hebreërs 2 bewegings:
1e beweging: van God af na ons toe.
God het vir Jesus na ons toe gestuur.

• God praat met ons deur die Seun, uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God (1:2-3)
• “Hy is ‘n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe” (2:9).
• Hy is die Leidsman wat ons “tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid bring” (2:10).
• “Ek sal u Naam aan my broers en susters bekend maak” (vers 12).
• Hy het net soos ons mens geword (2:14)
• Hy het in elke opsig aan ons gelyk geword (2:17).

Dis wat ons vier met Kersfees,
hierdie eerste beweging van God wat in die mens Jesus op aarde aankom.

Hy verbind die hemel en die aarde deur sy koms.
Hy word volledig mens,
kom loop ‘n myl in ons skoene,
soos wat Engelse uitdrukking sê.
Word een van ons.

In proses word ook pionier van ons verlossing.
Soos voortrekkers,
mense met waagmoed,
voor ander uit gegaan.

So Jesus voor ons uit gegaan,
inderdaad ook gely op reis,
deur lyding tot volmaaktheid gebring..

Maar daar ook tweede beweging in Hebreërs,
ek dink ons minder van kennis neem,
nie so ernstig opneem nie –
maar wel helder en duidelik moet hoor:
deur Jesus word ons vir God gegee.

Jesus het een van ons geword,
sodat:
• Hy ons na God kan neem,
• Hy ons kan insluit by God se volk,
• ons veilig opgeneem kan word in die heerlikheid (2:10), volmaaktheid (2:10) en heiligheid (2:11) van God,
• ons ‘n toekoms saam met God kan hê.
Dis wat teks bedoel sê Jesus Hoëpriester.

Priester verteenwoordig mense by God,
tree vir hulle in,
gaan staan namens hulle by God.

Jesus ons Hoëpriester.

Ons middelaar.
As middelaar tussenposisie:
van God na ons gestuur,
maar ook ons by God verteenwoordig,
wat ons na God neem,
wat ons insluit by God se familie.

Teks:
ons is Jesus broers en susters,
hy nie skaam ons so te noem,
want deur Jesus ons deel geraak God familie.

Mooi teologie,
maar besef jy wat dit beteken?
Radikale implikasies vir hoe ons oor redding dink.

Ons almal idee van geloof,
wat geloof is,
wat doel van geloof.

Maar manier waarop dink oor geloof,
kan toksies wees,
kan moedeloos laat.

Want sien,
as geloof oor jou gaan,
as die aksie in geloof by jou is,
dan is dit maar wankelrig.

As geloof gaan om jóú keuse vir God,
en dan eintlik ‘n wilsbesluit van jou kant is,
dan kan dit maklik uitmekaar uit waai
in stormwinde van lewe.
Alles hang af van energie waarmee JY aan God vashou.

Maar Hebreërbrief roep jubelend die teendeel:
Jesus het na ons toe gekom,
mens geword,
gely,
deur die genade van God
vir ons sonde gesterf.

HY red ons,
hy hou ons vas,
hy dra ons.

En hy tree vir ons in by God.

En dit is waarop ons geloof berus:
nie ons keuse vir God nie,
maar op die feitlike realiteit van wat Jesus reeds gedoen het,
op die feit dat ons deur Jesus vir God gegee het.

En dit realiteit nie net met verlossing,
maar elke dag van lewe,
wanneer kragte min raak:
hy begelei ons,
hy gee ons moed en krag.

So besonders wanneer Jesus vers 13 sê:
Hier is ek met die kinders wat God my gegee het.

Jesus nie net vir ons gegee.
Ons is deur God vir Jesus gegee.
En Jesus neem ons terug na homself, na God.

Ons is aan Jesus toevertrou.
Ons is syne.
Hy is verantwoordelik vir ons.

Groter troos en sekerheid kan daar nie wees nie.
Jy is vir Jesus gegee.
En Jesus is jou hoëpriester by God.

Gaan nie oor wat jy vir God gee.
Gaan ook nie eintlik oor wat God vir jou gee.
Gaan oor God wat jou vir Jesus gegee het.

Sien elke dag prakties,
wanneer mense verander,
teen verwagting,
teen eie bedoeling in,
deur God aangeraak,
God in hul lewens ingryp,
en hulle as sy eiendom bevestig.

Is hoekom ek so baie daarvan hou babatjies te doop.
Doop bevestig God:
hierdie kind vir Jesus gegee.
In sin elke doop Kersfees,
waar kind – deur God self – vir Jesus gegee word.

Sien dalk nie effek daarvan dadelik,
of selfs 16 jaar later.
Maar het reële effek in hemel.

Iemand verduidelik mooi,
toe vertel van 30 jarige skool reünie.

Vertel hoe verras was hoe klasmaats uitgedraai het.
Die kansvatters,
die losbandiges,
die leeglêers,
is nou respektabele mense.

Vertel aan belydenisaflegging,
hoe gevoel het baie van hulle hoort nie saam hom voor preekstoel.
Nie as hulle eerlik was nie.

Maar dis juis hulle wat verander het.
Een is betrokke kinderbediening in gemeente,
ander geestelike bediening onder mans,
een gee feitlik al inkomste weg om barmhartigheidswerk plakkerskamp te finansier –
leef 10%, gee 90% weg.

Selfde ouens wat hy as tiener gedink het gomtorre,
gedink jok toe sê het Jesus aanvaar.
Want sien,
is nie soseer ons wat vir God gekies het nie.
God het vir ons gekies.

Solank ons lewe,
bevestig God ons doop
en ons belydenisaflegging
in ons lewens.

Hy los ons nie.
Die proses gaan voort.
Want ons is Jesus s’n,
en hy sorg vir syne.

Gebed

Dankoffer

 

Lied 352:1-3 (staan)

Seën

Lied 313

Preek: Kersdag 2010 – Ps 97

Verwelkoming

Vonkk 68:1; Engels 10:2, Vonkk 68 3 (staan)

Adventkerse

Advent – dae afgetel,

Vandag kerse aansteek,

herinner wat Jesus gebring,

wat goeie nuus beteken.

  • Hoop
  • Vrede
  • Vreugde
  • Liefde

Jesus Christus is die grootste geskenke

wat alle ander geskenke moontlik maak.

Daarom steek ons hierdie kers aan

terwyl ons dink wat sy koms vir ons elkeen beteken.

Gebed

Ons dank U Here,

vir die geskenke van u Seun aan die hele wêreld.

Ons dank U dat Jesus se koms

hoop

vrede

liefde

en vreugde

moontlik maak

vir elke mens

in elke nasie.

Gee ons die genade

sodat elkeen van ons

welwillendheid en vrede

aan ons gesinne

ons gemeentes

ons gemeenskappe

en die wêreld sal bewys.

Laat u Gees, o Here, ons nou aan U,

die lewende God,

verbind

deur woord en lied

wanneer ons die geboorte van u Seun gedenk.

Seëngroet

Vrede vir ons mense,

in wie God ‘n welbehae het.

Geboorte van Jesus

Luk 2:1-7

Lied 345 vv 1 & 2 Kom alle getroues (staan)

Skaapwagters

Luk 2:8-20

Lied 364 vv 1 & 3 Herders op die ope velde (staan)

Wyse manne

Matt 2:1-11

Lied 340 vv 1 & 3 Kom ons loof die Jesuskind (sit)

Gebed

O kom, Jesus, Seun uit Dawidstam,

U, Vredebringer – U die Lam.

Van sonde kom U ons bevry

dat ons nou ewig in U bly.

Kom en praat met ons,

wanneer ons na U Woord luister.

Ons verbly ons in U

Immanuel, God met ons.

Die Eseltjie se droom

deur Barbara Helen Berger

 

Eendag was daar ‘n grys eseltjie.

Hy  het soos gewoonlik aangestap,

met ‘n vrag op sy rug.

 

‘n Man het hom gelei.

 

En soos hulle aanstap deur die nag

in die lig van die sterre,

begin die eseltjie droom:

 

Hy droom hy dra ‘n hele stad,

met stadspoorte

en torings

en tempels.

 

Hy droom hy dra ‘n skip

waarin mense in wit klere

saam met die geklots van die water

wieg.

 

Hy droom hy dra ‘n fontein.

Die water spuit

en ‘n tuin groei uit die woestynsand.

 

Hy droom hy dra ‘n roos.

Die blare rus saggies op sy rug

terwyl die heerlike geur deur die lug versprei.

 

Toe droom hy hy dra ‘n vrou wat die hemel ken.

 

Hulle het by ‘n dorpie aangekom.

Maar net die honde hardloop hulle tegemoet.

 

Die man klop aan ‘n deur.

Dit gaan nie oop nie,

hulle moet verder.

 

Hulle kom by ‘n plek wat na hooi ruik.

 

Daar is ‘n watertrog en ‘n grot vir ‘n stal.

 

Die man help die vrou van die eseltjie se rug af,

haal die saal van die eseltjie af

en gaan agter die vrou aan by die grot in.

 

Die eseltjie is alleen buite.

Hy het so ver gestap,

sy rug is seer

en sy bene pyn.

 

Een ster skyn in die watertrog voor hom

terwyl die moeë eseltjie van die water drink.

 

Die man kom by die grot uit

en lei die eseltjie die grot in,

waar die vrou op ‘n bed van strooi lê.

 

Die eseltjie se saal is haar kussing.

 

Sy glimlag.

“Kom,”

sê sy vir die eseltjie.

Kom kyk wat ons twee

al die pad gedra het,

jy en ek.

 

Dis net ‘n klein babatjie.

 

En tog,

toe die baba sy oë oopmaak,

is die hele grot vol lig.

 

Skielik is die eseltjie nie meer moeg nie,

al het hy

  • die hemelse stad

van hoop en belofte

  • die kerk

wat soos ‘n skip in die wêreld vaar,

  • die lewende water
  • die roos van Saron,

waarvan die liefde soos ‘n heerlike geur versprei

  • en die koning van die hemele

op sy rug gedra.

Lied 358 Welkom o stille nag van vrede (staan)

Skriflesing

Psalm 97

Preek

Die  Here het verskyn!

Jesus se geboorte verander die hele geskiedenis.

Verbeel jou die wêreld,

is soos groot meer

waarin almal wat leef

en al geleef het,

gelyktydig besig is om te swem.

 

Ons deel almal selfde menslike toestand,

swem in dieselfde water.

 

Maar Jesus se geboorte

in Bethlehem

het die water waarin ons swem

vir altyd verander.

 

Ons omgewing,

ons wêreld,

óns,

is nie meer dieselfde nie.

 

God is hier teenwoordig.

Soos Israel destyds wanneer Ps 97 gesing,

gewoonlik wanneer buite voor tempel staan,

wag dat Here verskyn

(soos ons in Advent gewag).

 

Geweet hy is daar –

al kon hom nie sien,

was deeglik bewus van sy teenwoordigheid.

 

Here was daar.

 

Daarom lees ons Ps 97 op Kersdag.

Want ons onthou weer:

Die Here het verskyn.

Jesus is gebore.

En ons almal is bewus van sy teenwoordigheid.

 

Ps 97 twee dele:

vv 1-7 vertel van God se verskyning.

Tweede deel, 8-12, beskryf effek van verskyning,

wat gebeur wanneer God verskyn.

 

Wanneer God verskyn,

sê eerste paar verse,

weet almal dit:

natuur weet dit –

eilande juig,

wolke, weerlig, berge bevestig dit,

hemel verkondig dit.

Selfs ongelowiges besef dat die ware God nou verskyn heet.

So sterk God teenwoordigheid.

 

Maar wat effek daarvan God verskyn?

 

(10a) Here is Koning wat slegte haat,

selfde van volgelinge verwag.

Hy is regverdig.

Reg en geregtigheid is waarvoor hy staan.

 

Is waardes wat Jesus kom uitleef het.

Korrupsie van sy tyd uitgewys,

Leiers van dag gekritiseer omdat hulle mense uitbuit,

Eindelose gelykenisse vertel waarin mense hunkering na mag ontbloot.

 

Met Jesus het God kom wys dat mens regverdig kan leef.

 

Tweede effek verskyning God:

mense se lewens word bewaar (10b).

Waar God is,

is daar veiligheid.

 

Ander soort koning as mense ou tyd koning geken

troepe uitstuur na hul dood

sonder oog te knip.

Van hulle verwag lewens vir hom te gee.

 

Maar Here verskyn,

verskyn as een ons lewens wil bewaar.

Ons is vir hom kosbaar.

 

So graag wil ons lewens bewaar,

dat hy sy Seun gee,

sodat ons ewige lewe kan hê.

 

Ook dit kan met Kersfees vier:

ons lewens vir God belangrik.

 

Derde effek verskyning God,

is wysheid –

want God red ons van die onnoselheid van goddeloos wees (10c).

 

God wil ons wys maak.

Wil hê ons moet wysheid hê wat uit verhouding met hom groei.

 

Toe God as Jesus gebore is,

het hy ons gered van moedeloosheid

en hopeloosheid.

 

Dit het ons gered van passief wees,

gered van dom wees en net vir onsself lewe.

 

Wysheid gebring

te weet wat God wil,

so te leef.

 

Laaste effek verskyning,

blydskap & lig.

 

Lig nie sommer so dingetjie.

Praat van tyd nie elektrisiteit,

huisies klein en donker –

onthou vrou lamp moes aansteek middel van dag om geldstuk te soek?

Nie glas en vensters.

 

God bring lig wanneer verskyn.

en blydskap.

Weet nie van Ortodokse Jode – lyk soms kwaai en stug –

maar lyk my asof meeste Jode wéét hoe fees vier.

Dans en sing wanneer bymekaar.

 

Dink hulle het dit by God geleer.

Want God se koms bring blydskap.

 

Vandag is Kersfees.

 

God het mens geword en onder ons kom woon.

 

Soos in Ps 97 het hy aan ons verskyn.

 

En daarom kan en moet ons fees vier:

want God se verskyning in Jesus het ‘n verskil gemaak,

‘n enorme verskil!

 

Dit het die geskiedenis kom verander.

 

Dit het redding en veiligheid,

lig en blydskap,

reg en geregtigheid gebring.

 

Orrelspel:

Verwerking van Lied 344 O die Goeie Tyding

– oordink effek verskyning Here/

Gebed

 

Lied 348:1-3 (staan)

 

Seën

Mag die God van die engele

wat Christus se geboorte aangekondig het,

vir ons vrede gee.

 

Mag die God van liefde

wat sy enigste seun vir ons gegee het,

se liefde in ons leef.

 

Mag Immanuel,

God met ons,

ons elke dag vergesel.

(sonder Amen)

Lied 367

 

Preek: 19 Des 2010 – Matt 1:18-35 – Die krisis in die middel van die storie

Verwelkoming & Afk

Adventkers

Vandag is die vierde Sondag van Advent –
die Sondag van liefde.
Werklike liefde is dít:
nie die liefde wat ons vir God het nie,
maar die liefde wat Hy aan ons bewys het
deur sy Seun te stuur
as versoening vir ons sondes.
(1 Joh 4:12)

Terwyl die kers aangesteek word,
sing die gemeente

Lied 329 (Want so lief het God die wêreld gehad) (sit)

VIDEO: N_CLIP_BELIEVEYOU_RESOURCES_N700_DL.MOV

Seëngroet

Mag julle sy liefde ken,
liefde wat ons verstand te bowe gaan,
en mag julle heeltemal vervul word
met die volheid van God. (Efe 3:19)

Amen

Lofsang

En ons ken die liefde wat God vir ons het,
en ons glo daarin.
God is liefde;
wie in die liefde bly,
bly in God
en God bly in hulle.
(1Joh 4:16)

Daarom loof:

Lied 336: 1, 2, 5 (staan)

Lied 342: 1-3 (sit)

 

Doopformulier

Lied 334:1-2 (staan)

Doop

 

Lied 334:4 (sit)

Gebed

Skriflesing

Matteus 1:18-25

 

Preek

Om 05:36 hardloop die vrou
teen die hang van Leeukop.
Sy is jonk,
beeldskoon,
Amerikaans,
beangs.
Want sy word soos ‘n dier gejag.

Om 05:37 bel hulle vir speurder-inspekteur
Bennie Griessel wakker.
Hy moet kom,
‘n jong meisie se lyk lê langs St. Martini,
die Lutherse kerk bo in Langstraat.

Om 07:02
ontdek die drankbenewelde voormalige sangsensasie
Alexa Barnard
haar man se lyk langs haar –
en die moordpistool net sentimeters van haar hand af.

Teen 09:00 begin Griessel vermoed
sy nuwe rol as mentor van die volgende geslag wetstoepassers
is dalk ietwat meer gekompliseerd
as wat hy gedink het.

Anderkant twaalfuur
is hy in ‘n wedloop teen tyd
om die mooi jong toeris se lewe te red.
En laat in die middag skiet hulle vir Bennie Griessel.
Reg in die hart.
Redelik normale dag,
jou tipiese 13 uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Dis hoe die flapteks Deon Meyer se speurverhaal,
13 uur,
beskryf.

Gestel sien in winkel,
lees flapteks,
klink iets sal geniet,
koop boek,
huis – begin lees.

maar begin sommer middel van boek lees,
sê bl 192:
“Bennie Griessel se asem jaag
en hy sweet
toe hy by John Afrika se kantoor instap –
van die hitte buite,
van die vier stelle trappe omdat huisbakke nie sonder … elektrisiteit kan werk nie,
en van die dringendheid in hom.”

Maak nie sin nie.
Want maak nie sin verhaal in middel te begin lees nie!
As jy nie plot van storie,
soos van begin af ontvou,
ken nie,
is sotrie onsamehangend.
Werk net uit as jy van begin af lees.

 

God se storie

God skryf ook ‘n storie.
Is verhaal van God betrokkenheid by wêreld.

Hierdie storie is rerig,
dis feite,
geskiedenis,
histories betroubaar.

Dit strek oor die eeue.

En ons is deel van hierdie storie,
karakters in die verhaal wat ontvou.

In teksgedeelte gelees,
kry stukkie God verhaal.

As mens flapteks moet skryf oor “gesk geb van Jesus Christus”,
kan dalk lees:
• Aankondiging van die geboorteverhaal (vers 18a)
• Maria is swanger deur die Heilige Gees (vers 18b)
• Josef wil die verlowing verbreek
 en verset hom teen die plek wat hy in die geboorteverhaal beklee (vers 19)
• God gee aan Josef deur ‘n engel ‘n opdrag oor hoe hy moet optree (verse 20-21)
• Josef voer God se plan gehoorsaam uit (verse 24-25)
• Die verhaal speel uit soos geprofeteer in Jesaja 7:14, wat nou in vervulling gaan (verse 22-23).

God het ‘n plan met die geboorte van sy Seun.
En Josef,
Maria,
die engel,
die profeet Jesaja…
almal karakters in God se storie.
Plot besig af te speel.

 

In die middel van God se storie.

Josef probleem natuurlik,
is dat iewers in middel van God storie ingesleep word.

Hy’s eensklaps op bl 192 van die storie,
sonder dat hy die verhaal verstaan,
sonder res van plot ken.

En omstandighede van plot so vreemd,
dat Josef God glad nie raaksien nie.

Moet verstaan:
Joodse gebruike verlowing bindende gevolge.
Daarom eintlik reeds man en vrou.
Owerspel deur verloofde is as egbreuk beskou.

So Josef kan Maria hof teo sleep.
Kies om haar –
dalk ook self –
skande en bespotting te spaar.
Gaan verlowing stil-stil verbreek.

En dan, hier,
openbaar God homself aan Josef.
Engel verskyn aan Josef in droom.
Josef ontdek:
• God is die outeur van die gebeure;
• Die Heilige Gees het die nuwe lewe in Maria verwek;
• Die Seun wat gebore sal word,
se Naam moet Jesus (verlosser) wees,
want sy lewensdoel is om verlossing van sonde te bring;
• Aangesien die swangerskap van God af kom,
sal die Seun Immanuel genoem word,
God by ons;
• Dit alles in die vervulling van ‘n eeue-oue profesie deur Jesaja.

God verduidelik vorige 192 bladsye aan Josef.
Verduidelik Josef plek in plot,
en maak hooftrekke van toekomstige verloop van plot aan Josef bekend.

God help Josef om goddelike storielyn te verstaan.

So waar hy vroeër uit storie wou klim,
van Maria wou skei,
verstaan nou wat aan gebeur is.

God nooi hom letterlik in verhaal in.
En Josef besluit om in storie te bly.
Word gewillige medewerker in uitspeel van God se verhaal.

 

Die krisis in die middel van die storie.

Josef krisis natuurlik ons almal krisis.
word almal in middel van storie gebore.
Lééf in middel van storie.

Kan nie self plot uitpluis.
Voel soms so bietjie in wêreld ingegooi,
is tydjie hier,
dan weer met dood uit storie verdwyn.

Wat gaan aan?

Daarom iemand nodig storie vir ons verduidelik.
Het openbaring nodig.

En Bybel is openbaring –
manier waarop God hooftrekke van sy storie vir ons vertel.

God het die wêreld geskep
en die wêreld is op pad na ‘n heerlike bestemming.

Daar is sonde en verset,
pyn en gebrokenheid.

Maar daar is ook ‘n verlosser
wat met boosheid afreken.

Die volle heerlikheid van hierdie verlossing
lê natuurlik nog in die toekoms.

Maar God se openbaring in die Bybel,
trek die gordyne so effens weg,
sodat ons die plot kan sien.

God se openbaring help ons,
wat in die middel van die storie gebore is,
om sin uit ons lewens te maak.

Dit help ons om te kies
om deel te wees van God se storie,
om medewerkers van God te word.

 

Kompeterende stories

In teks gelees,
twee kompeterende stories:

(1) Een moontlikheid:
Maria egbreek,
Josef behoort te skei.

(2) Ander storie regte feite:
Maria is swanger deur Heilige Gees,
Josef kan deelneem aan God se plan
om Verlosser vir wêreld te gee.

Vandag steeds, elke dag,
sulke kompeterende stories:

1. Ons is hier om finansieel vooruit te gaan,
goeie dinge te koop,
so geluk te kry.

2. Ons is hier as Afrikaners,
om oorlewing van volk en kerk te verseker.

3. Ons is toevallig hier,
produk van eindelose toevallighede,
geen werklike impak,
rol in verhaal.

4. Daar’s baie stories besig uit te speel.
Jou taak een te kies wat vir jou werk,
nie inmeng by ander stories,
solank joune nie ander seermaak,
kan eintlik maar enige storie kies.

Maar ons as Christene deel van ander storie.
Ons vind ons plek in openbaring van God.

So saam worstel met Bybel,
sodat saam o.l.v. Gees kan besluit
wat ons rol in storie is.

En hoe meer dit doen,
hoe meer saam ander gelowiges storie bestudeer,
leer verstaan,
hoe makliker kan lewe belyn met God se storie.

Slot

Jy is op bladsy 192.
Maar jy ken die plot.

Kies jy om deel te wees van God se storie, soos Josef?
En hoe gaan God dié verhaal verder met jou lewe skryf?

Gebed

Nadenke: Laat mense dink oor die stories van hul lewe.
Voorbidding

Dankoffer

 

Lied 365: 1 & 3 (staan)

seën

Lied 313