Skip to main content

Hooglied 3 – Die gawe van die liefde

Verwelkoming & Afk

Toetrede: 

Lied 536 Waar daar deernis is; Gem Afr, Koor Latyn, Gem Afr (sit)

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Seëngroet

Lofsang

Lied 529 Dank, dank die Heer Koor v 1, gem 1-4 (staan)

Koor Vonkk 197 Kom sing voor die Heer

Lied 334 God is liefde (sit)

God praat met ons en ons luister

Gebed

Kindertyd

Verwelkoming

Ek kind was, ma altyd vertel pa vir haar geval.

Nie lekker gevang – pa nie tipe val.

Ma vra hoe werk, gesê hy’t vir haar geval

Pa gevra, net gemompel.

Ma sê alle pappas vir mammas geval

fliek cowboy,

ry op perd

sien meisie baie van hou,

stop vinnig,

val van perd af.

Ma sê:

sien,

sê mos, alle mans val vir vrou.

Weet wat:

ek vermoed ma ook vir pa geval!

Intussen grootgeword,

uitgevind:  mammas en pappas val almal vir mekaar.

Vra na kerk hoe vir mekaar geval.

(Skei:  vergeet geval.  Soos toon stamp:  seer, seerder; niemand skuld)

Skriflesing

Mini-reeks Hooglied.

Preek graag Hooglied by troues,

maar nie vooraf besef presies hoe moeilik so konteks preek!

Sien, Hooglied poësie.

As sulks soveel moontlike interpretasies,

bykans enige iets sê,

gaan voorlopig wees,

gaan ‘N interpretasie wees.

Eerste plek metafore gebruik van tyd,

ons nie noodwendig sleutels.

As Afr gedig lees,

sal weet wat beteken,

want het sleutels wat vertaal.

Hoewel sommige sleutels vir hierdie gedig,

nie so maklik as sou gedig eie taal lees.

Vir my belangriker

is oorsig oor gedig –

hoe indeel,

sodat nie net vers vir vers verstaan,

maar geheel.

Bybel opgedeel (vrou, man, vroue, ens)

nie in teks,

interpretasie!

Plus,

wanneer preek oor Hooglied

in erediens soos hierdie,

weet dat almal verskillend,

verskillende omstandighede:

van ons getroud

van ons enkellopend omdat kies

omdat God vra

geen keuse van eie, smag na lewensmaat.

van ons geskei

van ons geliefde dood.

Maar Hooglied in Bybel,

Woord van God –

vir almal van ons.

In Bybel as wysheidsliteratuur,

praat oor hoe leef,

sinvol, vol leef

voor God.

Een moontlike indeling,

lens makliker verstaan:

1:1-11

Vrou se eerste droom:  Ek is nie die mooiste nie, maar ek droom dat hy tog vir my sal lief word.

Man se reaksie:  Jy is vir my die mooiste

1:12-2:7

Vrou se tweede droom:  Ek wil graag die liefde by hom wakker maak sonder dat hy dink ek is goedkoop.

Man se reaksie:  Jy is nie goedkoop nie.  Jou liefde behaag my.

2:8-17

Vrou se derde droom:  Hy sal nou ook deelneem aan die verhouding.

Man se reaksie:  Ek sal jou gaan haal!

3:1-5

Vrou se eerste nagmerrie:  Ek moet hom gaan soek en na my toe bring.

(Geen reaksie van man)

3:6-11

Vrou se vierde droom:  Ons troudag breek aan!

(Geen reaksie van man)

4:1-5:1

Vrou se vyfde droom:  Vreugde van eerste huweliksnag.

Man se reaksie:  Vreugde van eerste huweliksnag.

5:2-8

Vrou se tweede nagmerrie:  Sê nou daar’s ‘n misverstand en ek verloor hom.

(Geen reaksie van man)

5:9-6:3

Vrou se derde nagmerrie:  My vriendinne gaan my spot

(Geen reaksie van man)

6:4-8:4

Vrou se sesde droom:  Hy sal my vra om terug te kom, want hy wil nie sonder my lewe nie.

Man se reaksie:  Laat my jou stem hoor.

8:5-14

Vrou se sewende droom:  Die werklikheid is beter as die droom!

Vandag breë trekke droom,

volgende week nagmerries.

Hooglied 3:6-11

(Beskryf troue)

Romantiese,

sprokies-agtige begin van verhouding.

(Vooraf fantasie,

hofmakery).

Dan volg allerhande misverstande,

op en af van verhouding.

So droom, fantasie,

sprokies-agtige troue,

realiteit,

eindig –

na nou realiteit beleef

is DIT wat oor liefde sê:

8:5-7

Preek

Gaan nie poësie / simboliek uitlê,

breë trekke wat vir ons sê.

Groot vraag is:  hoekom in Bybel?!

God nie een keer in boek genoem.

Was tye kerk mense gedink gaan verhouding God,

kan so gebruik,

maar tog duidelik nie!

So wat wil God hierdeur vir ons sê?

Hooglied natuurlik oor huwelik,

maar nie enigste tipe verhouding waarvan Bybel praat –

Bybel bv baie oor vriendskap,

dink net liefde Dawid/ Jonatan.

Boek gelees een van grootste versoekings enkellopendes

oppervlakkige verhoudings.

Is nie net in huwelik

waar gawe van ander mense kry.

Hooglied onderstreep wel

intieme liefde man en vrou.

Wat Hooglied vir ons sê,

is dat intieme verhoudings gawe is,

geskenk van God!

Eers hier iets bely:

wou nie trou.

Buitestander, gelyk iets nie werk.

Grappies.

Raak lief Henry,

ontdek:

God ons op spesiaalste manier bederf

wanneer iemand gee ons lewe mee kan deel.

Maar Bybel sê

God IS liefde.

Is God natuur,

nie iets wat doen.

Is wie is!

En God gee vir ons kykie in self,

in sy natuur,

deur vir ons verhoudings met ander mense te gee.

Is nie iets wat kan koop.

Hoewel samelewing natuurlik allerhande vervalsings probeer verkoop –

spel Hooglied so duidelik uit dat nie kan koop.

Is iets wat geskenk word.

Beteken natuurlik ook iets wat moet ontvang,

erken vir wat is:

kosbare geskenk,

gawe van God.

Hanteer dikwels verhoudings soos ou lappe,

as vanselfsprekend,

praat oor mekaar

oor verhouding

op afbrekende manier.

Maar verhouding van kosbaarste goed wat God jou gee.

Vermoed selfde ouers:

kinders God vir jou gegee,

kosbaar

versorg

vertroetel

Selfde mense met wie in verhouding:

God vir jou gegee,

jou met hulle vertrou.

Wonderlike,

kosbare geskenk,

wat versigtig hanteer,

versorg,

beskerm.

In selfde asem moet praat oor seksualiteit –

kan nie Hooglied lees sonder daaroor te praat!

Interessant vrymoedigheid waarmee digteres Hooglied

oor liggaamlike

seksuele praat.

Mens eintlik half verleë,

gaan beslis nie in kerk lees!

En tog,

daar is dit.

In die Bybel,

spade a spade en al daai.

Want dis hoe God ons geskape het!

God ons geskape as seksuele wesens,

as mense wat begeer

en geniet!

Miskien daardie boodskap êrens langs pad modderig geraak.

Iemand eendag gesê seks is soos rivier:

by bron bo in berg

helder

skoon

soet…

maar hoe verder met rivier af loop,

sien hoe mense besoedel,

gemors in rivier gooi,

sodat al meer troebel raak,

totdat modderig.

Soveel taboes rondom seksualiteit,

dat iets geraak het vir donker –

donkerwerk is konkelwerk,

iets geraak oor skaam –

mense nie daaroor skaam,

dikwels mense die goedkoop vervalsing daarvan,

eerder as helder bron.

Hooglied ons sê,

is dat bron van seks

God is –

een wat ons geskape.

(My afleiding omdat Hooglied in Bybel)

En dat mense se begeerte na mekaar

en seks

goed is.

Sluit aan by wat afgelope weke Prediker geleer:

Dra jou beste klere

eet heerlike kos en drink heerlike wyn

en geniet lewe saam met persoon wat liefhet.

Kan nou baie sê oor manier waarop verwring word,

rolle mense ingedwing,

inhibisies,

wat ookal.

(Gaan dalk volgende week wanneer na nagmerries kyk)

Gaan nie,

want boodskap helder:

ons seksualiteit goeie gawe van God.

Nog wonderlike ding Hooglied sien,

is hoe verhoudings ons waarde bevestig.

Nou hier mens natuurlik versigtig wees –

kan nie eie waarde afhanklik maak

van wat ander mense van jou dink.

Baie gevaarlik.

Maar sien tog ook Hooglied

mense in verhoudings bevestig word –

vrou eerste droom:  is nie mooiste –

tog vir man van haar drome is sy mooiste!

Hoofstuk 8

praat van seël –

baie gebruike,

een is sê iets kosbaar.

Wonder van gawe van liefde:

iemand kies hulle lewe met jou te deel.

dink jy’s die beste.

As huwelik:  wil res van lewe met jou deel.

Geld vriendskappe ook:

mense nie nodig tyd met jou spandeer.

Kies.

Dink beste ding tyd kan doen,

nou met jou gesels.

Natuurlik ook realiteit:

persoon met wie in verhouding

dink nie noodwendig jy heel mooiste

of heel slimste

of heel snaaksste…

maar wel een

met wie hulle lewe wil deel.

Miskien nodig

bewustelik dink

hoekom ander persoon saam jou?

Raaksien daarin

dat hulle dit kies

dat hulle dink jy moeite werd mee saam te wees.

Dalk hier gou waarskuwing sit:

baie van ons nogal goed eie binnegesprekke,

woorde iemand anders mond lê –

soos wat vrou in Hooglied eie vrese uitdruk.

Die plooie is nou radikaal meer as toe ons aanvanklik ontmoet het.

die nukke ook.

Sê nou sy dink nie meer ek’s aantreklik nie

sê nou hy dink ek’s irriterend…

Moenie besluit wat ander van jou dink –

veral lewensmaat –

vra. 

Weereens:

ons geneig vra:

dink jy hierdie jeans laat my vet lyk?

Dink jy ek’s befoeterd?

Vra:

noem 3 goed aan my lyf wat jy aantreklik vind.

(sal dikwels verbaas wees hoe vinnig die lys genoem word – en hoe lank dit is!)

Noem 3 dinge van my waarvan jy hou.

En as jou maat dit nie vra nie,

sê dit sommer.

En sê dit oor en oor,

totdat hulle jou glo.

Raak nou so bietjie meegevoer hier,

weg van teks,

nou-nou terugkom:

Net vinnig oor liefdestale.

Soms ervaring dat sê en sê en sê,

maar maat hoor nie.

Hoe meer jy vir hom sê jy’s lief vir hom,

hoe meer raak hy oortuig jy gee nie om nie.

Dan dalk kyk HOE sê:

woorde van bevestiging

kwaliteit tyd

geskenke

liefdesdade

aanraking

Goed,

terug by teks:

Baie, baie kan sê,

laaste uitlig Hooglied sê,

is dat verhoudings daar is ons beskerm.

Interessant,

Hooglied my eie vooroordele huwelik uitgedaag die week!

Ek nog altyd gedink ons model van huwelik,

hierdie vreeslike romantiese ideaal,

eintlik baie onlangse beweging.

Ons maak asof reël,

voorvereiste,

maar wêreldwyd,

deur geskiedenis,

sien huwelike heelwat ander dinge:

ekonomiese transaksie

politieke transaksie

(hoekom Salomo 700 vroue)

gewoon voortbestaan van spesie!

Maar Hooglied duidelik

dat romantiese liefde

deel van God se plan is.

Dat eksklusiewe,

wederkerige liefde

deel van God se plan is.

Vroeërjare huwelike baie met versorging te doen:

man trou, vrou huis hou, kinders versorg

vrou trou, finansiële sorg.

(sê nie was nie liefde,

maar was deel van funksionering van huwelik)

Sien vandag baie,

word baie oor geskryf:

hoekom nog trou?

Vrou verdien eie inkomste,

het nie iemand nodig versorg,

beskerm.

Maar Hooglied sien,

is dat verhoudings steeds plek is waar mekaar beskerm  en versorg.

Troues – man staan regs,

swaard-arm,

as aangeval word,

kan bruid met linkerhand beskerm

terwyl vyande beveg met regter-arm.

Dalk versorging nie meer so konkreet,

beskerming nie meer teen booswigte wil doodmaak.

Maar mense het mekaar nodig.

Rede waarom troue egpaar mekaar regterhand gee:

simbool kragte bymekaar,

kombinering van gawes.

Teks:

Seëlring aan bors en arm:

mense vir mekaar sekuriteit,

gee mekaar houvas op lewe,

krag om buitewêreld aan te pak.

Natuurlik nog baie kan sê.

Regtig aanmoedig in kleingroepe

Stiltetyd

saam werk deur Hooglied –

kry goeie kommentaar bv Christina Landman.

Maar vandag moet hoor,

is dat verhoudings tussen mense –

alle verhoudings –

kosbaar is,

heilige geskenk van God.

Miskien vanmiddag

voor tradisionele middagslapie

mekaar herinner dat gawe is

God dank mekaar.

Weer sê,

hoewel Hooglied huwelik uitlig,

waar van alle verhoudings.

Gebed

Sing lied as gebed –

vir egpare,

maar ook elkeen van ons

elke tipe verhouding ons taan:

Lied 536 Heer, ons bid vir elke egpaar v 1 & 4 (sit)

 

God stuur ons om te leef

Dankoffers

Koor – gebed Afrika, ook verhouding ons staan

Gebed dankoffers

– Fin kommissie

Gebed Sinode

Biddag sinode

ð Afk:  As saam wil bid tydens sinode

Christine

Slotlied: 

Sinodelied

Kleingroepe vergadering

Seën

Respons: 

Refrein:  Hier tussen berg, Karoo en see, neem God ons in sy liefde mee

Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde

Verwelkoming

RUS

Toetrede

  • Liedboek 170 (x2) – sit

Votum en Seëngroet

Lofsang

  • Liedboek 84:1-2 – staan
  • Liedboek 415:1-3 – staan

Doop

  • Liedboek 293:1,2 – sit
  • Lua en Charl Posthumus – kinders van Charl en Emmie Posthumus

Gebed

HOOR

Skriflesing

Prediker 12:9-14

9 Die Prediker was nie net ’n man met wysheid nie, hy het ook die volk onderrig. Hy het nagedink, nagevors en baie spreuke gemaak. 10 Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken. 11 Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee. 12 Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie ’n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam. 13 Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. 14 God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.

Woordverkondiging

Wysheid is ’n gawe

Die wysheid is ’n wonderlike gawe – só sluit die boek Prediker af. 

  • Die wysheid is soos die skerp stokke wat die beeste aanjaag in die regte rigting (12:11a).  Die spreuke en voorbeeld-verhale is bedoel om jou op die regte pad te hou, sodat jy nie die verkeerde pad vat en afdwaal nie. 

“The words of the wise prod us to live well,” soos Peterson dit vertaal.  Die bedoeling is nie om die lewe vir jou swaar te maak nie.  Dit is om jou te help om met oorleg en met vreugde te lewe.  Dit is bedoel om jou moeite te spaar, om te keer dat jy nie dinge doen waarvan jy uiteindelik sal moet sê, dit kom tot niks nie, dit is sinloos, dit is hebel.  Dit help jou om jou self te verwesentlik, sonder om selfvoldaan te word, en sonder om oorgerus te raak met wat jou lewe vir jouself, vir ander en vir God beteken nie.

Maar dit dui nie net rigting aan nie. 

  • Die wysheid is ook soos spykers wat ingeslaan is om alles, gemeenskappe en hulle wêrelde, bymekaar te hou (12:11b).  Spreuke hou jou nie net op die regte pad nie.  Dit is ook soos ankers, soos vaste oriënteringspunte, wat jou help om die belangrike goed in die lewe raak te sien, en te waardeer. 

“They’re like nails hammered home, holding life together” (Peterson).  Die woorde van wysheid help jou onderskei tussen die belangrike dinge in die lewe, en dié wat minder belangrik is.  Dit help jou fokus, dit help jou die vloei van die lewe agterkom, sodat jy in ritme daarmee kan leef.

Geen wonder die wysheid word so hoog aangeslaan in die Bybel nie.  Want nie net gee dit rigting nie.  Nie net hou dit dinge bymekaar nie.  Die woorde en spreuke van die wyses is die woorde van God self, die een Herder, wat ons daarmee in die regte rigting stuur (skerp stokke) en beskerm van verydeling en verstrooiing (spykers). 

Elke keer wat ons ’n woord van wysheid hoor, en daarop reageer, het ons met God self te make.  Want, ’n woord van wysheid is ’n gawe van die Gees.  Die wysheid is die geskenk van God wat ons help om te kan sien wat God sien, om te kan hoor wat God sê, om te kan doen wat God graag wil hê.

Soos Jakobus, die broer van Jesus, later sou sê van die wysheid, dit help jou optree: “allereers sonder bybedoelings”.  Wysheid het nie ’n ander agenda as om dít wat heelheid bring vir jou en vir ander, te doen nie.  Dit is: “vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.” Dit bring jou in die regte verhouding met God (Jak 3:17).

Dit is ten diepste ook wat die boeke Prediker, Spreuke en Job en baie van die Psalms en die boek Hooglied – as die boeke van wysheid – vir ons beteken: dit stuur ons, dit anker ons, dit laat ons in die gemeenskap met God self leef.

Wysheid gee rigting

Om hierdie reeks oor die Prediker mee af te sluit, wil ek graag drie wyshede uitlig, wat ’n impak op myself gehad het.  Jy kon heel iets anders gehoor het.  Maar, dit is wat ek gehoor het, en wat ek graag vir jou wil saamgee op jou lewenspad.

Een van die skerp stokke in die Prediker wat my die regte rigting aangedui het, is die volgende:

  •  Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug – 11:1. 

Die brood verwys waarskynlik na koring wat vrygewig en oorvloedig op die modderwater van ’n akker gesaai is, nie na iets wat jy vir ander uitdeel nie, hoewel dié gedagte natuurlik op ander plekke in die Bybel voorkom.  Spreuke 19:17 sê bv dat om jou oor ‘n arm mens te ontferm, is om ‘n lening aan die Here te gee, wat Hy ten volle sal vergoed!

Dit is hoe die lewe werk.  Wie nie saai nie, sal nie maai nie.  Wie nie waag nie, sal nie wen nie.  Dit help nie jy kyk net na die natuurlike verloop van sake (hoe die wolke saampak al dan nie, na watter kant die bome val nie, of van watter kant die wind af waai nie), en probeer om jou planne daarna te skik nie, want dan sal jy nooit enigiets doen nie.  Daar sal altyd die moontlikheid van mislukking of verrassing wees (11:3-4).

Daarom gee die Prediker die raad in hoofstuk 11 vers 6 om net nooit op te hou om jou saad te saai nie – die saad waarvan hy al in vers 1 gepraat het – in die môre, in die laatmiddag, voortdurend, aanmekaar. 

Maar, die Prediker waarsku teen net saai en bestee.  Hy raai in dieselfde gedeelte jou aan om ook te belê, selfs jou besittings op 7 of selfs 8 plekke te hou, ter wille van voorsorg teen teëspoed (11:2).  ‘n Mens wonder of hy nie selfs plekke buite die land in gedagte gehad het nie!  So, hy praat van die risiko van waag en bestee en saai … terwyl jy ook tegelykertyd voorsorg tref, belê, verskillende opsies oorweeg … dít is die manier om te leef.  Dit is wys!

NT gesproke gee dit vir my insig in Filippense 2:12-13 wat dieselfde van ons geestelike lewe sê, dat ons ons moet toelê daarop om as verloste mense te lewe (belê en bestee) … want dit is God wat in ons werk om ons gewillig en bekwaam te maak om sy wil uit te voer.

Wysheid gee vastigheid

Maar dit is nie al nie … van die spykers wat vir my ingeslaan is deur die Prediker, wat vir my dinge bymekaar hou, is daardie pragtige gedeelte in hoofstuk 9, waar hy die volgende kwytraak:

  • Eet jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n bly gemoed …
  • Dra altyd wit klere, en versorg jou hare met olie, elke dag …
  • Geniet die lewe saam met die vrou wat jy liefhet …
  • Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen – 9:7-10

Die lewe word geleef in tafelgemeenskap.

Dit word die moeite werd in die feesgeleenthede wat ’n mens elke dag skep.

Dit kry ’n uitbundige karakter in die viering van die liefde (waaroor ons volgende week verder gaan gesels).

Dit kry betekenis in die passie en oorgawe waarmee jy doen wat jou hand vind om te doen.

Wysheid bind jou aan God, die één Herder

En van die woorde wat vir my die woorde van God is, woorde wat my aan Hom bind, is die volgende:

  • Die lewe is breekbaar – 12:6-7

Die tyd van die dood word met pragtige beelde beskryf.  Ons lewe is  is soos  ‘n goue kruik wat aan ‘n silwerketting hang en kan  breek, soos ‘n kruik wat by die fontein kan stukkend breek, soos ‘n wiel wat by die put kan stukkend val.

Die lewe gaan nie vir altyd aan nie.  Daar kom ‘n einde aan alles.  Wanneer weet ‘n mens nie.  Dit kan ‘n motorongeluk wees, of ‘n siekte, of die doodgewone normale loop van die lewe.

Wat my laat besef, die tyd wat ons het, moet ten volle benut word.  Ons moet doen wat die redakteur van die Prediker hier in hoofstuk 12 beklemtoon, as die somtotaal van alles wat hy van die Prediker opgeteken het, en vir sy seun as die belangrikste van alles wil deurgee.

  • Leef met ontsag vir God – Hy eis rekenskap.
  • Wees prakties in jou geestelike lewe – Christenskap is bedoel vir die lewe.

Kortom: Leef met oorleg en vreugde!

Ek sluit af met die woorde van Kidner, waarmee hy hoofstuk 11-12 opsom:

“Be bold!  Be joyful!  Be godly!” (Kidner). 

LEEF

Gebed

Dankoffers

Slotsang

  • Liedboek 492 – staan

Seën

Respons

  • Liedboek 492:1 se laaste 3 reëls

Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid

Verwelkoming

Toetrede

  • Koor:  Lied  403  “Christus het opgestaan”

Votum:  

Liturg: Die Heer het waarlik opgestaan.

Gemeente: Halleluja! Halleluja!

Liturg: Die dood se mag is nou verslaan.

Gemeente: Halleluja! Halleluja!

Seëngroet

Lofsange

  • Gemeente:   Lied 418 “Blye môre, blyste van die dae”  (staan)
  • Koor:  “Sing vir die Heer ’n nuwe lied tesaam”
  • Gemeente:    Lied 423 “Kom laat ons almal vrolik voor God die Here  sing” (staan)

Doop

  • Lied 293 v1 en 3

Kindertyd

  • Ironman – wat doen hulle? 
  • Is dit die vinnigste swemmer wat wen? 
  • Is dit die vinnigste fietsryer wat wen? 
  • Is dit die vinnigste hardloper wat wen? 
  • Nee, dit is die ou wat die langste kan uithou en aanhou wat wen.

Rensie en Raaitjie hardloop resies[1]

  • Slide 1:  Rensie was ‘n stil seun, maar as sy ma hom êrens gestuur het, was hy altyd gewillig en het dadelik gegaan.  Hy het nooit moed opgegee nie.
  • Raatjie was ‘n vinnige meisie.  Sy kon soos die wind hardloop. As haar ma haar wil stuur, dan is sy al so ver weg, dat sy niks hoor nie.
  • Sy het Rensie altyd gespot dat hy stadiger as sy was.  Eendag het hy moeg geword daarvoor.  Hy daag haar toe uit om resies te jaag.  Hulle moes tot by die rivier hardloop en terug.  Dis ‘n goeie grap het sy en die meeste van die ander kinders gedink.
  • Slide 2: Raatjie is dadelik voor.  Toe jy weer kyk is sy by die punt van die straat.  Rensie draf nog maar halfpad.  Al die straat se honde draf ‘n ent saam, en hulle blaf vrolik.  Dit lyk eintlik asof hulle vir Rensie lag.
  • Raatjie draf met die veldpaadjie deur die dennebome.  Sy verkyk haar aan die skoenlappers en die koeie in die kampe.
  • Slide 3: Raatjie gaan sit so bietjie in die bos.  Sy kyk vir die duiwe en die eekhoring.  En toe raak sy baie vaak.  En haar oë gaan toe en sy raak aan die slaap.
  • Slide 4: Rensie draf stadig aan, maar hy hou nooit op om te draf nie.  Hy sien ook die eekhoring, maar hy gaan staan nie.  Hy waai vir die eekhoring en draf aan, tot by die rivier en draai toe terug.
  • Slide 5: Rensie kom toe eerste terug in die dorp.  En hy kon lekker gaan sit en ‘n roomys eet.  Raatjie het egter te lekker geslaap, en al het sy soos die wind gehardloop om by die rivier te kom en weer terug, het Rensie haar gewen.  En al was sy baie kwaad, het sy die resies verloor. Kyk hoe lag die kinders nou!
  • Wat leer die verhaal ons? Dit is nie atyd die vinnigste een wat die resies wen nie.  Jy moet aanhou en uithou totdat jy by die eindpunt kom.  Dit is nie net waar van resies hardloop nie, ook van die lewe.  Ons moet alles wat ons doen so goed as wat ons kan doen, totdat dit klaar is.  Of ons nou eet of drink, of speel of ‘n fees hou.  Dan is ons gelukkig.  Dit is God se geskenk aan ons.

Na kategese en toepassing

  • Koor:    “Jesus sy ere, opgestane Heer”

Gebed

Skriflesing

‘n Handige manier om Prediker te lees, is aan die hand van drie aspekte van die Prediker se wysheid, soos RBY Scott dit in sy kommentaar opsom (Anchor Bible):

  1. One must face facts;
  2. One must learn to live with what cannot be changed;
  3. One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.

Probeer dus, soos jy lees, die dele in die teks te merk wat vir jou tref as:

  1. feite waarmee jy rekening moet hou – ‘n goeie skoot realisme;
  2. onveranderlikhede wat jy moet leer om te aanvaar, en – ‘n allernoodsaaklike wysheid;
  3. vreugdes wat jy deel van jou lewe moet maak. – ‘n allesbelangrike lewenshouding.

Lees Prediker 9:1-12

9 Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind:

God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie.

2Een en dieselfde lot tref almal:

die regverdige en die goddelose,

die goeie, die reine en die onreine,

die een wat offer en die een

wat nie offer nie.

Soos dit met die goeie gaan,

so gaan dit met die sondaar,

soos dit gaan met die een

wat ’n eed aflê,

so gaan dit met hom wat weier

om ’n eed af te lê.

3Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood.

4Solank jy onder die lewendes is,

het jy hoop.

’n Hond wat lewe, is beter

as ’n leeu wat dood is.

5Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan,

maar die dooies weet niks;

daar wag vir hulle niks meer nie,

hulle is vergeet;

6dit is klaar met hulle liefde,

hulle haat en hulle hartstog.

Hulle sal nooit weer deel hê aan wat

in hierdie wêreld gebeur nie.

7Eet dus jou brood met vreugde,

drink jou wyn met ’n bly gemoed;

God het lankal reeds goedgekeur

wat jy doen.

8Dra altyd wit klere,

versorg jou hare met olie.

9Geniet die lewe met die vrou

wat jy liefhet,

dié lewe wat tot niks kom nie,

maar wat God jou in hierdie wêreld

gegee het,

die hele lewe wat tot niks kom nie.

Dit is wat jou toekom in die lewe,

wat jou toekom vir al jou geswoeg

in hierdie wêreld.

10Doen met toewyding alles

wat jou hand vind om te doen,

want in die doderyk

waarheen jy op pad is,

is daar nie werk of insig of kennis

of wysheid nie.

11Verder het ek in hierdie wêreld gesien:

dit is nie die vinnigstes

wat die reisies wen nie,

nie die sterkstes

wat die oorlog wen nie,

nie dié met wysheid wat kos het nie,

nie die verstandiges wat ryk word nie,

nie dié met kennis

met wie dit goed gaan nie.

Alles word bepaal

deur tyd en geleentheid.

12Die mens ken selfs nie die tyd

van sy dood nie.

Soos visse wat gevang word in ’n net,

soos voëls wat gevang word in ’n wip,

so word die mens gevang

as die teëspoed kom,

as dit hom skielik oorval.

Woordverkondiging

Pasop vir selfvoldaanheid en oorgerustheid

Ons het van tyd tot tyd nodig om bestek op te neem van ons vermoë om dinge te laat gebeur.  Ons kan só maklik dink dat ons prestasies aan ons eie talente en vermoëns te danke is, hetsy fisies (vinnigste, sterkste) of intellektueel (wyses, verstandiges, kennisvrate).

Die Prediker herinner ons dat dit nie die vinnigstes wat die reisies wen nie.  Dit is asof ’n mens die verhaal van skilpad en hasie hoor in sy waarskuwing.  Spoed is goed, maar uithouvermoë nog beter.  Oor kort afstande kan spoed jou nog uithelp, maar as die afstand langer is, help spoed jou baie minder.

Dit is ook nie altyd die sterkstes wat die oorlog wen nie.  Hoeveel maal is dit nie al in die geskiedenis bewys nie.  Tegnologie, tegniek, toeval – is baie keer meer deurslaggewend in wié ’n oorlog wen.  Dink aan die Trojaanse perd wat die mag van Troje verbreek het, en aan die Grieke die oorwinning gegee het.  Die perd wat die simbool van Troje was, is op slinkse manier gebruik om ’n mag tot binne die stad te kry vanwaar hulle die oorhand oor die Trojane kon kry.

Dieselfde lot geld ons intellektuele kapasiteit.  Dit is nie noodwendig die wyses of die verstandiges of die kennisvrate wat die beste daaraan toe is nie.  Jou wysheid of verstand, jou kennis of vermoëns kan nie sorg dat tragedie of terreur jou nie tref nie.  Natuurlik is dwaasheid en onkunde nog slegter vir ’n mens, maar bose dinge kan enigiemand tref op hierdie aarde.

Onthou, alles gaan oor tyd en geleentheid

Dit gaan oor “tyd en geleentheid”, sê die Prediker.  Alles word daardeur bepaal.  Hoeveel maal in jou eie lewe was daar die één tyd, of die één geleentheid, wat iets na jou kant toe laat kom het, of iets vir jou moontlik gemaak het, vanwaar alles soos ’n pad voor jou oop gemaak het.  Dit is baie keer wie jy ken, of wie jy raakloop, of wat mense op ’n tyd nodig het, en waarvoor jy die nommerpas oplossing het, wat vir jou sukses en voorspoed bring, hoewel dit natuurlik ook te enige tyd van jou weggeneem kan word deur teëspoed, of tragedies, of die dood.  Oorgerustheid kan jou suur bekom.

Wees dankbaar en nederig

Dit is nodig dat ons ons eie vermoëns na waarde skat, nie minag, of verkleineer nie, maar binne konteks probeer sien.  Dit sal jou laat besef, aan die een kant hoe dankbaar jy moet wees vir watter geleenthede na jou kant toe gekom het, op ‘n tyd waar jy die beste gebruik daarvan kon maak, en aan die ander kant laat besef dat jy nie inherent beter is as jou medemense nie, wat sal keer dat jy oorgerus word of selfvoldaan sal optree. Uiteindelik is ons almal op een of ander manier weerloos, afhanklik van ander, afhanklik van God.

Dit is so, dat dit soms nodig is dat dinge van ons weggeneem word, voordat ons die waarde van dinge regtig kan besef, voordat ons God se hand in ons lewens na waarde skat.

Nou waarsku die Prediker ons om by voorbaat met meer dankbaarheid en nederigheid ons lewens te lei, nie op ander neer te sien omdat hulle minder as jy bereik het nie, en ook nie jouself te verhef omdat jy meer as ander bereik het nie.  En om veral nie ander se weerloosheid vir jou eie gewin uit te buit nie.

Ontwikkel jou kapasiteit vir genot

Dit is darem heerlik om hierdie opdrag in die Skrif agter te kom. 

Dit sluit die vermoë in om te geniet.

Dit sluit ook die vermoë in om tevrede te wees met wat jy het.

  •  “Eet jou brood met vreugde … drink jou wyn met ‘n bly gemoed” – Pred 9:7 – “Seize life! Eat bread with gusto, Drink wine with a robust heart. Oh yes—God takes pleasure in your pleasure!” (Peterson).
  • “Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie” – Pred 9:8 – “Dress festively every morning. Don’t skimp on colors and scarves” (Peterson).
  • “Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet” – Pred 9:9
  • “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen” – Pred 9:10 – “Whatever turns up, grab it and do it. And heartily!” (Peterson).

Waaroor dink die Prediker ?

TAFELGEMEENSKAP:

Hy het in die oog die gemeenskap van jou daaglikse ete saam met jou mense.  Brood en wyn is die voedsel wat jou nie net aan die lewe hou nie, maar wat die lewe die moeite werd maak.  Die eenvoudige plesier van die doodnormale – brood – en die bykomende plesier van die interessante – wyn – maak van enige maaltyd ‘n stukkie lewensgemeenskap.

Soms kan brood en wyn natuurlik ook ‘n simbool wees vir ‘n stuk geestelike gemeenskap wat om die tafel gebeur, soos wat ons by Melgisedek en Abraham in Gen 14 sien, ook met brood en wyn, en natuurlik ook in die nagmaal ervaar wat die Here Jesus ingestel het, wat van brood en wyn simbole van Sy teenwoordigheid maak (Mark 14; Matt 26; Lukas 22).  Geen wonder Peterson vertaal: “God takes pleasure in your pleasure!” God is teenwoordig waar ons brood en wyn geniet met ons mense.

FEESTELIKE GELEENTHEID:

Hy het ook in die oog die gemeenskap van ‘n fees saam met jou gemeenskap.  Wit klere was feestelike klere en om met welriekende olie gesalf te word, het ‘n geleentheid as baie spesiaal gekenmerk.  “Don’t skimp on colors and scarves”, sê Peterson. Wat besonders is van die Prediker se voorskrifte, is dat hy wit klere en olie vir elke dag voorskryf!  Elke dag moet eintlik as ‘n feesgeleentheid in die kleine gevier word! 

My suster het die woord gemunt, ons hou ‘n fesie, as ons skare kinders bymekaar was en ons van ‘n doodgewone maal of viering ‘n fesie gemaak het.  Dit bring kleur en opwinding in ons lewe.  Dit laat die sleur en verveling van die lewe vervaag, en laat ‘n mens weer mens voel.

LIEFDESGEMEENSKAP:

Hy dink ook aan verhoudings, veral die huweliksgenot en huwelikstrou tussen man en vrou.  Let op die enkelvoud waarin hy skryf – dit is een man, een vrou. 

Hoekom is dít so belangrik?  Want, dit is die een ding wat jou die frustrasies in die lewe die hoof kan laat bied, wanneer twee mense wat in ‘n lewensgemeenskap mekaar uitkies en opsoek en niks in die pad laat staan van hulle liefdesverbintenis nie. 

Verlede naweek het ek en Lynette The Next Three Days gekyk waar ‘n vrou verkeerdelik vir moord opgesluit word, en haar man, ‘n doodgewone onderwyser, “against all odds” haar uit die tronk ontvoer om weer ‘n lewe in ‘n vreemde land te begin. 

Nou, ek wil nie dieselfde optrede noodwendig aanbeveel nie … maar ek wil wel die ononderhandelbare van sy liefde aanprys en vir jou aanbeveel. 

En dit is vir altyd … ons het te gewoond geraak aan die gemak van egskeiding.  Dit is soos om jou gewig met liposuction te beheer.  Sny net ‘n stuk maag weg, en jy is weer dun.  Dit werk net nie so maklik nie!  En die effek daarvan is wydverspreid. 

En hoor wat hy sê, dit is nie jou man of vrou wat ‘n soort beloning vir al jou moeite in die lewe is nie, maar die effek wat só ‘n verhouding op jou lewensgenot het.  Dit is net saam met haar of hom wat jy die lewe sal kan geniet!

LEWENSVREUGDE:

En die Prediker sluit af deur te dink aan wat die hele lewe die moeite werd maak.  En hy sit op die tafel jou hele lewe, jou werk, jou belangstellings, jou roeping in die lewe, jou betrokkenheid in die gemeenskap, jou toewyding aan ‘n saak.  Dit is wat jy met oorgawe en absolute passie moet doen. 

  • Hy het in die oog deeglikheid (daar is min wat ‘n mens so ontstel as werk wat halfhartig en onbeholpe gedoen is),
  • die ontwikkeling van vermoëns (ek is besig om my ma te help om rekenaarvaardig te word, en ek word getref deur haar absolute commitment al moes ek haar eers leer waarvoor ‘n spasiebalk op die sleutelbord is),
  • en intensiteit (dít is baie keer wat sportmanne laat wen, die passie, die never-say-die houding). 

En dit is die Bybel self wat dit vir jou voorskryf!  Die lewe moet nou ten volle geleef word!  Wat God ook al vir jou gee – die goed of die sleg daarvan – moet met oorgawe en toewyding aangepak word. 

Veel later, sou Paulus sê, hoekom dit so belangrik is … want, dit is God wat in julle werk, om te wil sowel as om te werk (Fil 2:12-13). 

En daar is natuurlik ook die waarskuwing wat die Prediker ‘n paar keer uitspel, en dit is, dat God ook rekenskap eis van alles wat Hy aan ons toevertrou het (Pred 11:9; 12:14). 

Gebed

Dankoffers

  • Koor: Lied 420 “Daar klink ’n lied, daar juig ’n stem”
  • Ensemble: Lied 421  “Die Here Jesus lewe”
  • Koor: Lied 425 “Kyk die Heer het opgestaan”

Slotlied

  • Lied 422 “Die Heer, die Heer het opgestaan!”   (staan)

Seën

Respons

  • Lied 423 refrein: “Ons Heiland is oorwinnaar, Christus is oorwinnaar, Hy’t waarlik opgestaan!”


[1] Aangepas uit die verhaal van Pieter Grobbelaar  met illustrasies deur Nikki Jones

Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra

Moses by die Beloofde Land

Leef jou in die volgende prentjie in:

  • Moses staan in die woestyn oos van die Jordaan en kyk na Kanaän.
  • Hy weet dat die Here dié land belowe het vir Israel.
  • Hy het veertig jaar saam met die volk getrek om hier te kom.
  • Maar, hy weet ook, hy sal nie hier kan ingaan nie.
  • Hy sal kan sien, hy sal kan praat daaroor, maar hy sal die beloofde land nie kan intrek nie.  Dit is hom nie beskore nie, weens ‘n fout wat hy vroeër gemaak het, ‘n rots wat hy uit woede geslaan het, in plaas daarvan om net te praat.
  • Hy het baie dinge ervaar.  Wonderlike hoogtepunte.  Afskuwelike laagtepunte.

Maar, hy weet, in dit alles het die Here hom begelei.

  • Die Here het op besondere maniere vir hom van die biesiemandjie in die Nyl gelei tot hier by die Jordaanrivier, ’n lewe van rivier tot rivier. 
  • Op pad het hy die beste opleiding moontlik van daardie tyd in die paleis gekry, en in die woestyn by sy skape, en op die berg van die Here. 
  • Hy moes vlug vir sy lewe, omdat hy iemand vermoor het, en omdat die farao se mes vir hom in gehad het.  En hy het die lewe in oorvloed ervaar oral waar hy in God se teenwoordigheid gelewe het.
  • Hy het die braambos ervaring van God se teenwoordigheid gehad, en 40 dae en nagte aan die voete van die Here gesit. Soos min ander mense van sy tyd, eintlik soos geeneen van die mense van sy tyd! die Here van aangesig tot aangesig beleef, selfs God van agteraf gesien …
  • Hy het die 10 plae nie net aanskou nie, maar aangekondig, en die wonder van God se mag ervaar. 
  • Hy het met God gepraat soos ‘n mens met jou pel praat.  Hy het die volk begelei tot hier …

Maar, dit is die einde van sy pad.

Moses neem afskeid

Gelukkig … dit is ook die begin van ‘n nuwe fase vir die volk, ten minste vir dié wat oorgebly het, met die leier Josua, die een wat hy vir hoe lank nou al mentor.

En dan neem Moses afskeid van hulle met drie toesprake wat vir ons in die boek Deuteronomium opgeteken is.  Ek gee dit vir julle in omgekeerde volgorde, omdat ek op die begin gaan fokus:

  1. Hy gee ‘n prentjie van die toekoms, en moedig die volk aan om die Here te vertrou en Hom te dien – hfst. 31-34.
  2. Hy gee vir hulle riglyne hoe hulle kan doen wat die Here van hulle vra – hfst. 4-30.
  3. En hy herinner hulle aan die pad wat hulle gekom het – hfst. 1-3.

En dit is op hierdie eerste aspek van sy 3 toesprake in Deuteronomium wat ek wil fokus, meer spesifiek ook nog, op wat hy in Deut 1:31 sê.

“Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God julle die hele pad waarlangs julle tot hier toe gekom het, gedra het soos ’n man sy seun of sy dogter dra.”

God dra sy volk soos ‘n man sy seun of dogter dra

Ek kan aan vier maniere dink waarop God hulle gedra het:

1. Die Here het hulle beskerm van gevare op die Trek. 

  • Teen farao,
  • deur die Rietsee,
  • met water en kos,
  • deur hulle met ‘n ompad om die groot leërs van daardie tyd te lei,
  • deur leiers
  • Dit was ‘n epiese reis, waaroor boeke geskryf kan word, trouens waaroor baie boeke geskryf is, nie net Eksodus, Numeri en Levitikus nie, maar talle ander in die wêreld.  En die boodskap daarvan is, God het hulle gedra soos ‘n man sy seun of dogter dra deur hulle te beskerm.

2. Die Here het vir hulle Sy stem leer ken in die Tora. 

  • Sy stem op die berg,
  • Sy wet neergeskryf in die 10 gebooie,
  • Sy geskiedenis neergepen,
  • en nie net bewaar vir die nageslag nie, maar gegee om daagliks mee om te gaan, soos die Here vir Josua inderdaad begelei, om nie net in Sy fisiese teenwoordigheid te probeer kom nie, maar aandag te gee dat Sy Woord in sy binnekant kom deur dit te lees.
  • Só het die Here hulle gedra, soos ‘n pa sy seun of dogter dra, deur hulle Sy woorde te gee om van te lewe.

3. Die Here het hulle Sy teenwoordigheid gegee in die Tabernakel. 

  • Die wolk,
  • die vuur,
  • die offers vir vergifnis,
  • die raad deur leiers
  • Alles simbole van God se teenwoordigheid, ervarings van Sy nabyheid, motiverings vir die pad wat God vir hulleSó het die Here hulle gedra soos ‘n man sy seun of dogter dra, deur hulle lewens deur Sy teenwoordigheid vol te maak.

4. Die Here het hulle verantwoordelik gehou, sodat hulle geestelik volwasse kon word

  • Deur hulle nie te dwing nie, maar ook nie sonder meer te help nie. 
  • Dit is waarom die trek 40 jaar geneem het, en nie ‘n jaar nie;
  • dit is waarom hulle self moes veg teen ‘n verskeidenheid van kleiner volke, sodat hulle vertroue in God kon groei,
  • maar ook sodat hulle gereedheid kon groei om te doen wat hulle kan doen.
  • Een insident staan uit, waar hulle teen die Amalekiete (Eks 17) moes veg en Aäron en Hur Moses se arms moes stut sodat hy die kierie van die Here omhoog kon hou, en Josua die oorlog kon
  • Dié oorwinning moes opgeskryf word, sodat Josua en komende geslagte kon lees van wat God doen vir sy mense.
  • Dit sou hulle leer en inspireer, presies soos die Bybel vandag nog doen.
  • Só het die Here hulle gedra, nie net deur hulle op sy skouers te sit, of in sy arms toe te vou nie, maar hulle toe te laat om op hulle eie twee bene te staan en die pad te stap wat die Here vir hulle voorberei het.

God dra my soos ‘n man sy seun dra

In my lewe het ek ook al vier van dié maniere al ervaar, dat die Here my ook dra:

1. Verlede jaar het ‘n dronk ou @ 120 km/u oor ‘n stopstraat ons karEk kan elke detail helder onthou, maar die beste, dat die Here ons beskerm het.  God beskerm ons op plekke waar ons nie in staat is om onsself te help nie. 

God dra my dus ook soos ‘n pa sy seun dra.

2. Die Here se Woord kom op besondere maniere na my.  Elkeen moet leer hoe die Here met hom of haar praat, en ons gaan in Pinkster aandag gee daaraan, maar die besig wees met die Bybel is die primêre manier waarop die Here met my praat.   Net vanoggend het die Here vir my 4 dinge gesê wat eintlik my agenda vir die week bepaal – Prediker 9:

  • Maak van elke maaltyd ‘n kontakgeleentheid;
  • Sorg dat daar elke dag iets feesteliks in jou lewe is (of gee dit ten minste vir iemand anders);
  • Wees lief vir jou vrou/man/maat;
  • Doen alles met absolute oorgawe.

Die Here dra my soos ‘n pa sy seun dra.

3. Net Vrydag het ek gaan sit in die son vir ‘n bietjie Vitamine D en vir ‘n 20 minute net gemediteer oor God se vrede – en dit het my wese vol.  Die Tabernakel is natuurlik lank al nie meer net in die kerk nie.  Reeds in die NT het Jesus gesê dat God enige plek aanbid word, en dat Hy dus enige plek ervaar kan word. 

Die Here dra my soos ‘n pa sy seun dra.

4. Maar, die vierde manier is die moeilikste, waar die Here jou help om geestelik volwasse.  Ek onthou hoe moeilik dit vir my was om aan my doktersgraad te werk.  Male sonder tal wou ek ophou.  Ek het ‘n woord gesoek dat ek dit kan doen.  Al wat ek gehoor het, was werk rustig voort! (Ps 37)  Ek onthou hoe ek soms wou kniel om daaroor te bid, en dan sommer omgedraai en geloop het, omdat ek vooraf geweet het wat die Here gaan sê.

En hoe bly is ek dat die Here my nie uitgelos het nie.  My nie toegelaat het om die weg van die minste weerstand te volg nie.  Want dit het deure in die bediening oopgemaak wat ek daarsonder nie sou gesien het nie. 

Die Here dra my soos ‘n pa sy seun dra.

God dra jou soos ‘n man sy seun of dogter dra

Die Here is vandag nog dieselfde.  Hy is nog op dieselfde manier by ons betrokke.  Hy dra ons soos ‘n man sy seun of sy dogter dra.  Hy is betrokke by jou lewensreis.  Hy staan in vir jou op die plekke waar jy nie kan nie.  Hy praat met jou.  Hy gee vir jou riglyne vir jou lewe.  Hy gee vir jou ervarings van sy teenwoordigheid.  En Hy help jou om geestelik volwasse te word.

Hy sal jou nie los nie, selfs al luister jy op punte nie, selfs al faal jy op ander punte. 

Die Here dra jou soos ‘n man sy seun of dogter dra.

GINFWMY

Preek by Klema

PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk

PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk

Die Bybel moet ons lewe vorm.  Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.  Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.  Hierdie Pinkster gaan ons leer hoe om dit prakties in te oefen.
  1. Om God te beleef – Hand 8:26-40 – Sondagoggend 20 Mei 09:00
  2. Om tot rus te kom – Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30
  3. Om te luister – Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30
  4. Om te ontvang – 1 Konings 3:2-15 – Dinsdagaand 22 Mei 18:30
  5. Om met God te praat – 1 Konings 19 – Woensdagaand 23 Mei 18:30
  6. Om God te geniet – Filippense 4:2-9 – Donderdagaand 24 Mei 18:30
  7. Om vir God te leef – Psalm 40 – Sondagoggend 27 Mei 09:00

Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis

Verwelkoming

RUS

Votum

Lofsang

  • Liedboek 420
  • Liedboek 415

Gebed

HOOR

Kindertyd

Kom ek hoor by julle:

“Sê nou maar net …”

  • Jy eet net lekkers en glad nie kos nie – wat sal met jou gebeur?
  • Jy speel so lekker dat jy glad nie wil gaan slaap nie – wat sal met jou gebeur?
  • Jy speel so lekker by die huis dat hy glad nie skool toe wil gaan nie – wat sal met jou gebeur?

Dit is wat die Bybel ons ook leer:

  • “Daar is ‘n tyd vir speel en ‘n tyd vir slaap.” 
  • “‘n Tyd vir kos eet en ‘n tyd vir lekkers eet.”

Watter ander tye kan julle aan dink?

Waarvan hou julle? 

Ons is natuurlik lief vir speel, en minder lief vir slaap.  Ons is lief vir lekkers eet en minder lief vir ons kos.

Ons het egter sulke tye nodig in ons lewe.  As ons nie kos eet nie, sal ons later nie meer gesond wees nie.  As ons nie slaap nie, sal ons vaak wees in die dag. 

Ons het nodig om die roetine te volg van speel en slaap, van werk en rus, van by die huis wees en skool toe gaan.

As ons wil graag doen wat ons wil doen wanneer ons dit wil doen, dan werk dit nie so goed vir ons nie.  Daarom moet ons leer om in te pas by die roetines van elke dag, van tandborsel en eet.  As jy net eet en nooit jou tande borsel nie, sal niemand later met jou wil speel nie, en later sal jy nie meer tande hê om mee te eet nie!

Dit is ook so met ons verhouding met die Here.  Daar is ‘n tyd vir werk, maar ook ‘n tyd vir die Here.  Dit is waarom ons hier in die kerk is vandag.  Maar, dit is nie al plek waar ons die Here kan ontmoet nie.

Waar kan ons Hom nog ontmoet?

Dit maak sy hart bly as ons Hom onthou, want Hy dink altyd aan ons.

Skriflesing

Die Prediker was nie ‘n profeet, priester of geskiedskrywer wat oor die belangrike godsdienstige en historiese aspekte van Israel as Godsvolk praat nie. Waaroor die Prediker nadink, is die sin van die lewe en of dit enigsins te vinde is.  Hy dink na oor watter manier van lewe wys sou wees, en watter onwys, watter lewenstyl waarde het en watter nie. 

Hy staan dus in die tradisie van die wysheidsleraars, soos die skrywers van Spreuke en Job, wat oor die sin van die lewe nagedink het, gesoek het vir begrip en insig oor hoe dinge in die praktyk werk.  Hulle het gesoek na patrone en ordes in die werklikheid (of die gebrek daaraan!), om daaruit beproefde beginsels en wyshede af te lei, wat tot hulp kan wees in die lewenskuns.[1]

Die Prediker gee egter nie maklike antwoorde op moeilike worstelvrae nie.  En hy wys veral op die futiliteit om die lewe “onder die son” sonder God te probeer leef.  In hoofstuk  twee het hy geskryf oor twee eksperiemente: ‘n najaag van plesier en vreugde en ‘n ondersoek van wysheid versus dwaasheid.  En sy oorwoë mening is dat dit alles tot niks kom nie.

In hoofstuk 3 dink hy na oor die ritmes en roetines van die lewe:

Prediker 3:1-15

3Elke ding het sy vaste tyd,

elke ding in hierdie wêreld

het sy tyd:

2daar is ’n tyd om gebore te word,

’n tyd om te sterwe,

’n tyd om te plant,

’n tyd om plante uit te trek,

3’n tyd om ’n lewe te neem,

’n tyd om ’n lewe te red,

’n tyd om af te breek,

’n tyd om te bou,

4’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag,

’n tyd om te treur,

’n tyd om van blydskap te dans,

5’n tyd om klippe weg te gooi,

’n tyd om hulle bymekaar te maak,

’n tyd om te omhels,

’n tyd om weg te bly

van omhelsing af,

6’n tyd om aan te skaf,

’n tyd om te laat wegraak,

’n tyd om te spaar,

’n tyd om weg te gooi,

7’n tyd om te skeur,

’n tyd om toe te werk,

’n tyd om stil te bly,

’n tyd om te praat,

8’n tyd om lief te hê,

’n tyd om te haat,

’n tyd vir oorlog, ’n tyd vir vrede.

9Wat kry die mens vir die werk

waarmee hy hom vermoei?

10Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het om hom mee besig te hou. 11God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. 12Ek het tot die insig gekom dat daar vir ’n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. 13Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ’n gawe van God.

14Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is:

jy kan daar niks byvoeg nie

en jy kan daar niks van

wegneem nie.

God doen dit sodat die mens

vir Hom ontsag sal hê.

15Wat is, was reeds.

Wat kom, was ook alreeds.

God laat weer gebeur

wat vroeër gebeur het.

Woordverkondiging

Die soeke na meer is vrugteloos

Die Prediker sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Hy oorweeg ons soeke daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs dwaasheid.  Hy neem waar dat ons meer wil hê, meer wil voel, meer wil doen, meer wil bereik … of juis nie bereik nie, as ons die dwaasheid ondersoek, of die werklikheid deur dwelms of drank of degradering ontvlug om ons eie werklikheid te skep.

Maar hy wys uit, in sy eie ervaring daarvan, dat die probleem met die soektog na meer, na die buitengewone, is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks.  Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie (‘n woord wat hy 37 keer gebruik in die boek!) – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand. 

Die soeke na meer is wonderlik in die oomblik, maar die plesier daarvan hou nie.   Dit bly relatief.  Dit is nie absoluut nie.  Ons klim die hoogste berg – en dan is dit verby. Ons bereik die hoogste sport – en dan is dit verby.  Ons ervaar die hoogste plesier – en dan is dit verby.  Ons beywer ons vir ’n miljoen, of twee, of drie – en daar is altyd nog ’n miljoen wat wag.

Die Prediker weet, dit gee groot genoegdoening terwyl jy daarmee besig is, of vir ’n kortstondige oomblik as jy dit bereik het;  maar hy weet ook, daar is altyd weer iets, nog ’n berg, nog ’n mylpaal, nog ’n ervaring. Die soeke na meer hou nooit op nie. En enige “plus” in die lewe, word gekanseleer deur die sekerheid van die dood.

Sommige van ons gooi natuurlik gou tou op in dié soeke, kom gou agter dat die soeke na meer nie bevredig nie, of dat die soeke te veel van ons vra.  Ander hou verbete aan, “until by the time they die there is hardly enough humanity left to compose a corpse.” (Peterson).   Tog vind ons daardie meer … nooit nie.

Die Prediker getuig daarom, na hy self alles onder die son probeer het, selfs die dwaasheid, en waarsku ons almal dat dié soektog na meer na nêrens lei nie. In sy ervaring kom alles tot niks – alles! Die beste ervaring wat ons kan hê, die hoogste plesier, die beste avontuur, is en was vir hom soos die laaste rookwalm van ‘n doodgedrukte sigaret. “There’s nothing to anything—it’s all smoke.” (Peterson in The Message)

Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie

Die Prediker gee in hoofstuk 3 ‘n uitgebreide oorsig oor hoe die ritmes van die lewe mekaar opvolg, en afwissel, maar vind nie blywende sin daar in nie (gesien uit die hoek van die onafwendbaarheid van die dood).

  • Dit is wonderlik as daar nuwe lewe is, die dag dat jy gebore word … maar net so wonderlik as wat die lewe is, net so seker is die feit dat daar ook ’n tyd kom om te sterwe, waar dit wat in jou lewe tot stand gekom het, aan ander oorgelaat word, en jy nie meer daar is nie.  Dit kom dus tot niks.
  • Dit is heerlik om met ‘n nuwe tuin te begin en nuwe plante in die grond te druk en te kyk hoe hulle groei … maar daar kom ook ‘n tyd om plante uit te trek, om te snoei en selfs om te vernietig, en as dit groot bome is, dan is dit dubbeld so swaar.  Dit kom tot niks.
  • Dit is moeilik om te moet erken, maar daar is mense wat hulle lewens daaraan spandeer om lewens te neem, te vernietig … gelukkig is daar ook mense wat hulle lewens daaraan spandeer om lewens te red, maar die een gebeur net soseer soos die ander.  Dit kom dus tot niks.
  • Die beloop van die lewe is doodgewoon, daar is mense wat hulle instel om af te breek, al is daar gelukkig ook mense wat hulle tyd spandeer om te bou, hetsy aan huise, aan verhoudings, of aan gemeenskappe.
  • En daar kom tye wat ‘n mens huil, en treur, oor verlies, oor verydeling, oor verlangens, net soos daar die tye is om te lag, en te jubel, en opgewonde te wees oor wat die lewe bied, ‘n tyd om van blydskap te dans.  Die een tyd kom net so seker soos die ander, en jy kan nie altyd kies wanneer dit sal wees nie.  Dit kom dus tot niks.
  • Daar is mense wat hulle tyd spandeer aan klippe weggooi, net soseer as wat daar mense is wat klippe bymekaar maak, vir watter doel dit ook al mag wees.
  • Daar is ’n tyd om te omhels, om oorweldig te word deur jou passie vir iemand, en ‘n mens moet dit benut, want daar kom tye wat jy dit moet vermy en moet wegbly van omhelsing af, vir watter rede dit ook al mag wees.
  • Daar is ’n tyd om aan te skaf, en ’n tyd om te laat wegraak,
  • ’n tyd om te spaar, en ’n tyd om weg te gooi,
  • ’n tyd om te skeur,en ’n tyd om toe te werk,
  • ’n tyd om stil te bly, en ’n tyd om te praat,
  • Daar kom tye van liefde, en daar kom tye van haat,
  • Tye van oorlog, en tye van vrede.

En die punt is, dit is alles relatief, dit hou nie vir ewig nie – wat goed is as ’n mens dink aan die tye van haat en oorlog, maar sleg is as jy dink aan die tye van liefde en vrede.  Dit kom dus tot niks.

Dit is hierdie ongemak wat die Prediker laat uitroep: “Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?”  Dit voel vir hom “Alles kom tot niks.  Niks is blywend nie.”

En dan antwoord hy self in 3:11 wat as volg vertaal kan word: “Hy (God) het alles mooi/goed gemaak op sy tyd. Hy het ook die ewigheid in hulle hart geplaas.  Tog kan die mens nie God se werk van begin tot end uitvind/begryp nie.” 

Die Prediker sê hiermee eerstens dat daar wel ‘n plan of patroon is vir en met alles, maar dat dit God s’n is.  Die plan of patroon is daar, maar meesal nie binne ons bereik nie.  Ons kan dele daarvan verstaan, sommige minder, en ander meer.  Maar, niemand van ons kan dit van begin tot end volledig begryp of deurvors nie.  Maar, die plan is darem daar!

Dit beteken aan die een kant dat ons moet erken dat ons moeilik die patrone van die hede kan gebruik om die toekoms te bepaal.  Ons insig in die verloop van gebeure, soos die tyd aanstap, is net te min.  Om die waarheid te sê, selfs ons insig in wat reg voor ons oë gebeur, is gebrekkig!  Die toekoms kan nie volledig voorspel word op grond van goed wat in die hede voorkom nie, en kan veral nie voorskryf wat sal gebeur of wat sal nie gebeur nie. 

Maar, aan die ander kant ons darem gerustelling kry in die feit dat God die volledige insig daarin het.  Dit staan alles onder God se beheer, al is ons begrip van wat Hy doen, uiters beperk.  Ons kan Hom daarvoor vertrou.

Die tweede ding wat hy daarmee sê, is dat ons mense is wat die kapasiteit het vir die ewigheid.  Dit beteken dat ons nie deur enigiets “onder die son” tevrede gestel kan word nie, nie die tragedies nie, ook nie die triomf van die lewe nie.  Daardie soeke in ons na meer, is eintlik ’n soeke na God, na die eintlike werklikheid, na die eindbestemming, na die ewigheid.

En dit is wat die Prediker met sy boek wil doen.  Hy wil ons herinner aan die werklikheid van God, die enigste Een wat sin bring aan ons lewens “onder die son”, terwyl hy op vele wyses in die proses die soeke na meer, sonder God, aan die kaak stel, en wys dat daar niks is wat regtig uiteindelik bevredig nie, dat alles tot niks kom, as dit sonder God is.

Maar, dan sê hy in die derde plek ook dat daar een manier is waarop ’n mens tog sin in die lewe kan ervaar, wanneer jy die lewe as ‘n gawe uit Sy hand geniet.  Dit is dan wat die begeerte na meer in God sy vervulling vind.  Dit is dan wat jy besef dat die vreugde alreeds lê in die reis self, en die genot van die oomblik self.  Dit is die gawe van God.  Vreugde lê nie eers aan die einde daarvan, in die blywende waarde of uiteindelike betekenis van iets nie.  Nee, dit lê in die genot van iets as ’n gawe van God, soos jy dit ervaar, soos jy dit beleef.

Dit beteken ons meer op die reis van die lewe self en die ervaring daarvan en daarbinne moet fokus en ons daarop instel om dit te geniet, eerder as dat ons wag vir ‘n bestemming of ‘n vervulling of ‘n betekenis wat êrens in die toekoms op ons wag en wat ons na baie harde werk sal bereik.

En dit is hiervoor dat ons ’n kapasiteit moet ontwikkel.

Soos RBY Scott sê (Ancor Bible): “One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.”

  • Die Here kom jou dus vandag met die boodskap van die boek Prediker aan die een kant om jou soektog na meer te relativeer.  Daar gaan nooit genoeg wees nie.  Jy gaan dit nie bereik nie.  Alles kom tot niks.
  • Hy herinner jou aan die diepste behoefte wat jy het, en dit is aan Homself.  Hy het jou met ‘n besef van Hom gemaak, en slegs wanneer jy dit erken en omhels, sal jy by sin en betekenis in jou lewe uitkom.
  • En Hy kom herinner jou aan die vreugdes wat te vinde is in die lewensreis self, die oomblikke van plesier, van verrukking, van stilte, van oorweldiging, en om dit as Sy gawe aan jou te ontvang.
  • Liedboek 414

LEEF

Gebed

Dankoffers

Slotsang

Amen


[1] Terloops, soortgelyke wysheidstradisies het natuurlik ook in Mesopotamië en Egipte bestaan, waarvan ‘n hele paar geskrifte bewaar gebly het, bv die Mesopotamiese dialoog tussen die baas en sy dienskneg, ’n kostelike storie!