07 – Om vir God te LEEF
RUS
Prentjie
Dit is hoe God oor jou voel. En dit is wat Hy graag vir jou gee.
Ek gee so 2 minute dat jy net tot rus kan kom in God se liefde en sorg.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Pinkster 2012. No Comments on 07 – Om vir God te LEEF
RUSDit is hoe God oor jou voel. En dit is wat Hy graag vir jou gee.
Ek gee so 2 minute dat jy net tot rus kan kom in God se liefde en sorg.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on 07 – Om vir God te LEEF
Dit is hoe God oor jou voel. En dit is wat Hy graag vir jou gee.

Ek gee so 2 minute dat jy net tot rus kan kom in God se liefde en sorg.
Flam 48 – Hemelvader, ek aanbid U
Lied 519 – Wees stil en weet: Ek is die Heer
Ek wil baie graag hoor wat julle geleer het die week by: What’s in the Box?
Wil julle nie vir my teken wat julle geleer het nie?
Dan kom wys julle vir my na die tyd hier voor.
Ek wil vandag iets illustreer met die lees van Psalm 40 wat ek dink lewensveranderd is.
In die boekies p 16. Aantekeninge p 17. Onthou wat ek daaroor gesê het dié week:
Ons gaan dit nou beoefen




Ek gee eers ‘n paar perspektiewe op die Psalm se boodskap vir ons.
Die Psalmis is in die knyp, en sê dat hy nie self regkom nie. Sy enigste hoop is dat die Here aan hom sal dink en hom sal help. En hy hoop dat die Here nie te lank sal vat nie (vers 18).
Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:
Dit is daarom’n Psalm wat ’n mens vir jou eie gebede kan gebruik, as ‘n gebedsraamwerk. En jy kan dieselfde drie goed doen:
En as julle ‘n korter Psalm wil gebruik wat net die smeking gedeelte bevat, dan kan julle Psalm 70 gebruik, wat net 6 verse lank is, en uit Psalm 40:14-18 gehaal is, waarskynlik om as ‘n kort skietgebed in ‘n krisis gebruik te word.
En nou wil ek graag die verhaal van Jesus en die Samaritaanse vrou vertel soos ons dit in Johannes 4 kry as illustrasie van hoe ‘n mens ‘n Skrifgedeelte LEEF, inkarneer.
Die Fariseërs maak dit vir hom moeilik. Hulle vergelyk hom met Johannes die Doper, en dit stel Johannes in ‘n slegte lig. Jesus sou dan meer mense doop as Johannes – en Johannes is dan die Doper, nie Jesus nie!
Jesus weet wel, dit is eintlik nie Hy wat doop nie, maar sy dissipels. Maar Hy wil tog nie dat die doop só ‘n groot kwessie raak nie, en wil veral nie dat Hy vergelyk word met iemand anders tot dié se skade nie. Daarom besluit Hy om weer na Galilea te gaan, na Kana waar hy so baie wyn gemaak het, en na Kapernaum waar hy saam met sy dissipels en sy ma gebly het.
Hy is op reis deur Samaria en hulle het al ver geloop. Jesus is moeg.
Jesus is honger. Daarom is sy dissipels na die dorp toe, Sigar, om kos te gaan koop.
Jesus is dors. Hy sit by die put in die warm son, en hy het nie ‘n emmer nie. Toe die Samaritaanse vrou daar by hom aankom, vra hy ‘n bietjie water van haar. En wat gebeur? Die vrou weier en begin met Hom stry
Wat sou julle gedoen het?
Kinders – honger is erg, maar dors! Hoe voel julle as dit warm is? Sê nou maar net dis na ‘n rugbywedstryd, of as jy ‘n lang ent gaan hardloop het, of net ‘n bal rondgeskop het. Jy is dors – en sê nou iemand wil nie vir jou water gee nie!
Wat doen Jesus?
Jesus ignoreer sy moegheid, ignoreer sy honger, ignoreer sy dors, ignoreer die druk waaronder Hy verkeer … en verdra haar, tree met haar in gesprek, antwoord geduldig haar vrae, en stel haar bekend aan die Een wat vir haar lewende water kan gee, die Een wat haar lewe kan verander, Hyself.
En dit verander nie net haar lewe nie, maar haar hele dorpie se lewe. Hulle kom na Hom toe en vind self uit dat Hy die Verlosser van die wêreld is, en kry dit reg om Hom twee dae lank daar te laat bly.om saam met hulle in hulle dorpie, Sigar, fees te vier.
Hoekom doen Jesus dit vir die vrou en die dorpie?
Hy gee vir ons sleutel in vers 34, en dit is nou hier waar jou ore moet spits: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.”
Nou, waar het ons al dié woorde voorheen gehoor?
O ja, in Psalm 40! Psalm 40:9: “Om u wil te doen, o God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe”.
Sien jy wat gebeur?
Jesus is in ‘n situasie – onder druk, moeg, honger, dors. Sy pad kruis die vrou se lewe, en sonder om twee keer te dink, tree Hy met haar in gesprek, antwoord geduldig al haar vrae, en stel haar bekend aan die Lewende water, dit is natuurlik, aan Homself.
En hoe kry Hy dit reg?
Want Psalm 40:9 het deel van sy lewe geword. Hy het dit nie net eenkeer gelees in sy stiltetyd nie. Hy het dit nie net met sy pa en ma, met die Skrifgeleerdes in die tempel, en met wie weet wie anders ook al deur sy lewe gelees nie. Nee, Jesus het Psalm 40:9 geleef!
Hy het die onderskeiding gehad dat dié teks vir Hom voorskryf hoe Hy moet lewe, vir Hom die roete uitstippel van hoe Hy keuses moet maak. Die geestelike behoefte van die vrou was belangriker as die druk wat Hy ervaar, die moegheid wat Hy ervaar, die honger en dors wat Hy ervaar. Om die waarheid te sê, die gesprek met die vrou was vir Hom kos, dit was vir Hom voedsel, dit was vir Hom die energiebron wat Hy nodig gehad het!
Ons lees nêrens dat Hy ooit water drink in dié hoofstuk nie.
Ons lees nêrens dat Hy ooit eet in dié hoofstuk nie.
Maar op hierdie moment, in die gesprek met hierdie vrou, in gehoorsaamheid aan die Here, is die gesprek met haar die kos wat Hy kies, en nodig het.
Dít is hoe ‘n mens die Bybel lees.
Jy lees dit vir die lewe. Jy leef dit voort in die gesprekke en die gebeure waarby jy betrokke raak. Jy leef die Bybel, soos Jesus vir ons met sy eie lees van die Bybel illustreer, waarvan ons ‘n hele klomp ander illustrasies kan aanhaal:
Die Bybel is nie net ‘n bron van inligting oor allerlei nie. Dit is nie net ‘n boek wat van hoogstaande literêre gehalte is nie, trouens, met van die beste stories en kortverhale wat ons ken nie. Dit is nie net ‘n boek wat vir ons oor God se wêreld en God se bedoelings inlig nie – en maak geen fout nie, daar is vele diepgaande perspektiewe oor alles wat leef en beef.
Nee, die Bybel is méér en vir méér bedoel. Die Bybel is veral vir die lewe, om ons te vorm, om ons manier van leef en dink en optree te verander en ons nuut te maak, nuut te laat lewe.
Die Bybel is primêr vir ons gegee dat dit ons lewe kan vorm.
Daarom is dit so nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Soos Jesus hier gedoen het. Hy het Psalm 40:9 geken, en Hy het dit uitgeleef teenoor die Samaritaanse vrou.
Dit is hoe ons ook met die Bybel moet omgaan. Ons moet dit lees met die oog op die lewe. Ons moet dit lees en onthou wanneer ons ‘n ontmoeting met iemand langs die pad het, by die put van Sigar. So begin ons regtig die stem van God in die Bybel nie net hoor nie, maar begryp, verstaan, en leer ons hoe om Jesus prakties te volg, deur die Bybel te leef en ervaar ons die wonderlikste seën moontlik, omdat die Heilige Gees ons in God se verhaal met die wêreld inskryf.
En is dit nie die grootste avontuur denkbaar nie!
Dink net aan die verhale wat ons sal kan vertel, van al die Samaritaanse vroue by die putte van die lewe, van al die bruilowwe by die Kanas van die lewe, van al die genesings by die bad van Batesda, van al die voete wat ons kan was aan die tafels van hierdie lewe – as ons begin om die Woord te leef, soos Jesus dit vir ons hier illustreer.
Dit is Lectio Divina, die geestelike lees van die Bybel, waar die teks ‘n poort raak tot God se werklikheid, tot sy teenwoordigheid in hierdie lewe. Waar ons van die beweging
Dit is wat dit beteken om ‘n persoonlike verhouding met Jesus en met God te hê.
Lied 303 Afr/Eng/Afr
Lied 541 – Ons bring aan U, Heer Jesus
Written by Chris van Wyk on . Posted in Pinkster 2012. No Comments on 06 – Om God te GENIET
RUS
Ons kom eers tot rus.
Hier is die prentjie van Nico Simpson wat die proses van stilword illustreer. Dit is om te ontspan in die arms van God.

Ek gebruik weer vanaand ’n variasie van gister se begeleide gebed, ’n vorm van die Daily Examen van Ignatius van Loyola. Ek wil regtig hê dat ons begryp dat God beleef word beide in die ervarings van desolasie – die gevoelens van God se afwesigheid of afsydigheid (angs, mismoedigheid, hartseer) – en konsolasie – die gevoelens van God se aanwesigheid en vertroosting (vreugde, dankbaarheid, vertroue).
Written by Chris van Wyk on . Posted in Pinkster 2012. No Comments on 05 – Om met God te PRAAT
RUS
Ons kom eers tot rus. Interessant: Listen het dieselfde letters as die woord Silent. Laat ’n mens dink, nê!
Hier is ’n prentjie van Nico Simpson wat die proses van stilword illustreer. Dit is om ’n ruimte van rus en vrede te vind, wat die gewoel van jou lewe en gedagtes terugdwing, laat bedaar, sodat jy kan luister. Na die luisterproses gaan jy uiteraard weer aan met jou lewe, sodat dit ’n ritme word, ’n balans tussen werk en wees, tussen stryd en stilwees.

Ek gebruik vanaand ’n variasie van gister se begeleide gebed, ’n vorm van die Daily Examen van Ignatius van Loyola. Hy het ons geleer dat God beleef word in die ervarings van desolasie en konsolasie, die gevoelens van God se afwesigheid of afsydigheid (angs, mismoedigheid, hartseer), sowel as in die gevoelens van God se aanwesigheid en vertroosting (vreugde, dankbaarheid, vertroue).
Written by Chris van Wyk on . Posted in Pinkster 2012. No Comments on 04 – Om te ONTVANG
Blaai na p 10-11 in die boekie.
Kom ons kom eers tot rus.
Ek gaan dit vanaand doen met ‘n begeleide gebed.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Pinkster 2012. No Comments on 03 – Om te LUISTER
Lectio DivinaEk wil eers ‘n bietjie meer sê oor Lectio, die lees of luister gedeelte van Lectio Divina.
Omdat ons reeds op soveel maniere geskool is in die wetenskaplike lees van die Bybel, konsentreer ek in hierdie Pinkster meer op die Bybel as die Woord van God aan ons, sonder om die ander maniere van Bybellees – eksegese, teologiese nadenke, literêre perspektiewe – heeltemal te ignoreer. Die fokus is nie op wat jy met die Bybel doen nie, maar op wat God deur die Bybel met jou doen … en deur jou met die wêreld wil doen.
Soos Peterson sê, Lectio fokus op: “receiving the words in such a way that they become interior to our lives, the rhythms and images becoming practices of prayer, acts of obedience, ways of love” (Eat this Book, 10).
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.