Skip to main content

02 – Om tot RUS te kom

Kom ons kom tot rus, ’n rus in God.  Daar is baie maniere.

Ek gaan twee maniere gebruik, omdat ons vanaand ook meer spesifiek fokus op stilword – ’n prentjie en ’n aanhaling.

silencio

  • Fokus op die prentjie van Nico Simpson wat stilword illustreer.  Leef jouself in die prentjie in, deur bv jou te verbeel dat jy gewigloos in die water hang – 2 minute.
  • Fokus nou op jou asemhaling en haal ’n bietjie dieper as normaalweg asem, sodat jy ’n bietjie kan afskakel van die dinge wat op die oomblik deur jou gedagtes maal.  Laat dit vir jou voel asof jy afblaas.  Fokus op die aangename gevoel van rus wat dit jou gee.  Met elke uitasem is dit asof jy stukkie vir stukkie van die spanning in jou ontsnap.  Dit kan voel of jy stukkie vir stukkie in jouself afsak, in jouself tot rus kom – 2 minute.
  • Dit is natuurlik ook hoe ons in God tot rus kom.  Dink nou daaroor dat jy só in Jesus se teenwoordigheid tot rus kom.  Hier is vir jou hulp van Moeder Theresa wat gesê het:

“Jesus wag altyd vir ons in die stilte. In daardie stilte luister Hy na ons, daar praat Hy met ons siel en daar sal ons Sy stem hoor. In stilte vind ons nuwe krag en ware eenheid. Die krag van God om alles goed te doen, word ons s’n. Die eenheid van ons gedagtes met Sy gedagtes, van ons gebede met Sy gebede, ons dade met Sy dade, ons lewe met Sy lewe.” – 2 minute.

Continue reading

01 – Om God te BELEEF

RUS

Kom ons kom tot rus.  Daar is baie maniere. 

Ek gaan twee maniere gebruik – ’n prentjie en ’n koorlied.

  • Fokus op die prentjie van Alida oor Jesus en die Emmausgangers.  Leef jouself in die prentjie in, deur bv jou te verbeel dat jy een van hulle is.  En fokus dan op jou ervaring as jy agterkom dat Jesus hier by jou is.
  • Na so 2 minute, gaan die koor vir ons ’n Pinksterlied sing wat oor God se onsigbare teenwoordigheid by ons handel.  Jy kan met toe oë daarna luister.

Toetrede

Lied 443 – Wind kan jy nie sien nie – koor

Votum

“Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!” Sag 2:13

Seëngroet

Ek groet julle in die Naam van die Here wat hier is, Vader, Seun en Heilige Gees.

Lofsang

Die Here wil nie net hê dat ons stil sal wees nie, maar dat ons ook sal juig en sing tot sy eer.  “My tong sal nie stil word oor u trou nie, dag vir dag sal ek U loof”, sê Psalm 35:2.

  • Lied 444 – Kom kyk – koor x1, gemeente x2
  • Lied 436 – Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – staan

Gebed

Lied 442 – Gees van God wat in my woon, breek die Woord vir my – sit

HOOR

Die Bybel moet ons lewe VORM.  Dit is ‘n belangrike deel van God se gesprek met ons.

Daarom is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.  Alleen só kan ons die stem van God in die Bybel hoor, kan ons leer hoe om Jesus prakties te volg, en kan die Gees ons in God se verhaal met die wêreld inskryf. 

Kom ons kyk weer na ‘n prentjie wat dit illustreer (Nico Simpson):

beleef 

Dit is hoe ons God beleef deurdat ons die Bybel lees sodat ons Sy hart kan leer ken en met mekaar as lede van dieselfde familie vir Hom kan LEEF.

Hierdie Pinkster gaan ons leer hoe om dit prakties in te oefen.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Ons gaan elke keer dieselfde proses volg. 

  • Ons gaan saam ‘n Bybelteks lees wat ‘n aspek van Lectio Divina uitlig.  Ek gaan ietsie korts daaroor sê om jou te begeester. 
  • Dan gaan ons Lectio Divina beoefen – Rus, Hoor, Leef.  Ek gaan jou begelei, en dit is ‘n baie persoonlike proses, so jy gaan dit nie met iemand bespreek nie.  Jy skryf in jou boekie, en die inhoud is net vir jouself bedoel.
  • Dan gaan ons die proses bespreek, en dié wat wil kan deel wat met hulle gebeur het, vrae vra, en ek gaan my insette laat inzoom daarop.  Ek het baie te sê, maar ek gaan my beperk tot wat nodig is, wat gevra word, want ek wil hê dat jy in Gesprek met God kom, en as dít gebeur, is ek tevrede!

Skriflesing

Ons het nou reeds tot rus gekom, so ons gaan oor tot die lees van die teks self.

Net om die konteks van die verhaal te skets:

  • Die ontmande Etiopiër, ‘n minister van finansies, was so pas in Jerusalem.  Hy is ‘n belangrike man met ‘n groot invloedsfeer.
  • Maar, hy het familie nie, geen vrou of kinders nie.
  • Daarby is hy swart, en ‘n Jood, in Afrika – groot kulturele uitdagings.
  • Hy weet van die kruisgebeure – daarom dat hy lees in die boek Jesaja om sin te probeer maak van die gebeure rondom Jesus.
  • Hy was so pas waarskynlik ‘n getuie van wat met Pinksterdag gebeur het
  • Maar wat hy lees in die Bybel maak nie sin nie.  Hy verstaan dit nie.

Dink nou eers oor jou eie lewe:

  • Waar is jy nou in jou eie lewe?
  • Wat beleef jy op die oomblik van God?
  • Wat wil jy graag beleef?

Kom ons keer terug na die verhaal – ek gaan dit lees en julle begelei in die proses.  Jy kan jou ervarings en gedagtes neerskryf in die boekie.

Skriflesing

Lees Handelinge 8:26-40

Luister nou na wat die Here vir jou sê (die proses gaan 10 minute neem):

  • Lees die gedeelte miskien weer deur – ek gee 2 minute daarvoor.
  • Mediteer oor een gedagte wat jou getref het – ek gee 5 minute daarvoor.  Jy kan jou oë toemaak, maar dit is nie nodig nie.
  • Bid – ek gee 2 minute daarvoor.
  • Spandeer ’n minuut om nie soseer te praat nie, maar net bewus te wees van God en sy teenwoordigheid te geniet.

Bespreking

Die gehoor is te groot om hier terugvoer en bespreking te doen, maar ek wil dit graag vanaand en die res van die week probeer.  Daarom gaan ek self ’n paar goed sê wat ek dink julle sal help in die groei van julle eie Gesprek met God.

Wat my getref het in die gedeelte is die volgende:

  • Hoe God optree in die gedeelte
  • Hy stuur ’n Engel, Hy stuur Filippus, Hy werk deur die Gees.
  • Bring begrip – verstaan jy wat jy lees?
  • Bring belewenis – wat verhinder dat ek gedoop word?
  • Bring blydskap – sit reis voort met blydskap.
  • Dit is wat God vir my wil doen
  • Dit is waaroor Lectio Divina gaan

Lectio Divina is ‘n geestelike lees

Lectio Divina beteken letterlik goddelike lees of geestelike lees.  Dit is om God toe te laat om deur die Bybel jou lewe te infiltreer, jou lewe op te eis, jou lewe deur die lees van Sy Woord te verander.  Dit is iets anders as om die Bybel krities te lees, of om ‘n tesis daaroor te skryf.  Die fokus is nie op wat jy met die Bybel doen nie, maar op wat God deur die Bybel met jou doen … en deur jou met die wêreld wil doen.

Met Lectio Divina lees jy die Bybel soos ‘n jong leeu oor sy prooi grom (Jes 31:4).  Die Hebreeuse woord hagah wat hier vir grom gebruik word, word in die meeste ander kontekste vir  nadenke of mediteer gebruik!  Dit gee ‘n mens ‘n idee van wat dit kan beteken om die Bybel te hagah, nadenkend te lees of daaroor te mediteer.  Dit beteken dat jy deur die Bybel in beslag geneem moet word, soos ‘n leeu by sy prooi.  Dit beteken dat jy in vervoering moet raak oor die Bybel, dat alles anders moet vervaag en jou hele wese gefokus moet raak op wat die Here daarin vir jou wil sê.  Só maak die Bybel jou hele menswees vol met sy krag.

Lectio Divina is ‘n deelnemende lees

Lectio Divina is daarom deelnemende leeswerk.  Dit is om oorrompel te word deur die krag van die woorde van die teks, om daardeur in God se teenwoordigheid te kom, en die ewigheid te proe in die nuanses en perspektiewe daarvan.  Dit is om van die krag van die impak daarvan op jou hele lewe bewus te raak, om God se gedagtes daarin te hoor en te vertroetel, om Sy wil daarin te hoor, sodat jou hele lewe daardeur verander word.  Soos Peterson sê, Lectio Divina se uitwerking is: “receiving the words in such a way that they become interior to our lives, the rhythms and images becoming practices of prayer, acts of obedience, ways of love” (Eat this Book, 10).

Dit is immers wat taal aan ons doen.  Dit sluit vir ons wêrelde oop.  Dit steek ons verbeelding aan.  Dit bring ons in beroering.  Dit bring ons in beweging.  Dit stuur ons oor grense.  Dit neem ons oor ons bestaande horisonne.  Die Bybelse taal vervul ons dus met die asem van God self, die vuur van die Gees wat Hy in ons deur sy Woord aansteek.

LEEF

Lectio Divina is ‘n lewenswyse

Lectio Divina is soos ‘n spiraal waarin ons telkens dieselfde elemente herhaal: lees, mediteer, bid, geniet.  Só word dit  ‘n lewenswyse.  Soos Guigo, die 2de, in die 12de eeu gesê het: “Reading puts the solid food into our mouths,  meditation chews it and breaks it down, prayer obtain the flavour of it, and contemplation is the very sweetness which makes us glad and refreshes us.” (aangehaal in Peterson, Eat this Book, 91).

Die gesprek met God is baie persoonlik

Jy kan God nie hoor praat met iemand anders nie.  Jy kan Hom net hoor as Hy MET JOU praat (Wittgenstein). 

  • God se stem is persoonlik.  Dit is iets wat jy in verhouding met Hom hoor.  Ek kan nie namens jou luister na God nie.  Ek kan jou nie voorsê wat jy moet hoor nie.  Ek kan wel deel hoe God met my werk, en ek kan deel wat ek by God hoor, en hoe dit my lewe verander.  Maar ek kan nie vir jou luister nie.  Daarom is dit so belangrik dat jy dié Pinkster moeite doen om self na God te begin luister, om jou luister- en lees-vaardighede op te skerp.

Dit is nie net belangrik wat jy lees en hoe gereeld nie, maar veral ook HOE jy lees.

  • Wanneer Jesus praat met die skrifgeleerde in Lukas 10:26, vra Hy nie vir hom: WAT lees jy nie, maar HOE lees jy (ongelukkig sleg vertaal in die NAV)?  Die skrifgeleerde was heeltemal in staat om korrek die Bybel aan te haal, en hy doen dit ook perfek.  Maar, sy probleem was dat hy die Bybel gelees het om homself te regverdig.  Hy wou self bepaal wie sy naaste is, vir wie hy van hulp sou wees.  Dit is waarom Jesus vir hom die verhaal van die Barmhartige of Gasvrye Samaritaan vertel, omdat dit illustreer HOE Jesus wil hê ‘n mens die Bybel moet lees.  Jy moet dit lees om dit te leef, om dit te doen.  Jy moet ‘n naaste word, vir wie ook al oor jou pad kom.  Dit is hoe ‘n mens God se stem hoor, as jy jou leeswerk begin leef, en as jou lewe jou leeswerk begin beïnvloed.

Gebed

Dankoffers

Vonkk – Heilige Gees, U die Trooster – koor

Slotsang

Lied 439 – O Heil’ge Gees, o God in ons – staan

Seën

Amen

Respons

Lied 439 – laaste 2 reëls van vers 1

01 – Om God te BELEEF

beleefDie Bybel moet ons lewe VORM.  Dit is ‘n belangrike deel van God se gesprek met ons. Daarom is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.  Alleen só kan ons die stem van God in die Bybel hoor, kan ons leer hoe om Jesus prakties te volg, en kan die Gees ons in God se verhaal met die wêreld inskryf. Dit is hoe ons God beleef deurdat ons die Bybel lees sodat ons Sy hart kan leer ken en met mekaar as lede van dieselfde familie vir Hom kan LEEF. Hierdie Pinkster gaan ons leer hoe om dit prakties in te oefen.

Continue reading

In gesprek met God – Pinkster 2012

Die Bybel moet ons lewe vorm.  Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.  Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.  Hierdie Pinkster gaan ons leer hoe om dit prakties in te oefen.
  1. Om God te beleef– Hand 8:26-40 – Sondagoggend 20 Mei 09:00 – lectio divina
  2. Om tot rus te kom – Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio
  3. Om te luister – Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio
  4. Om te ontvang – 1 Konings 3:2-15 – Dinsdagaand 22 Mei 18:30 – meditatio
  5. Om met God te praat – 1 Konings 19 – Woensdagaand 23 Mei 18:30 – oratio
  6. Om God te geniet – Filippense 4:2-9 – Donderdagaand 24 Mei 18:30 – contemplatio
  7. Om vir God te leef – Psalm 40 – Sondagoggend 27 Mei 09:00 – incarnatio

Psalm 93 – Hemelvaart

God se heerskappy

Ek begin egter eers in die OT, met ‘n Psalm wat iets van hierdie heerskappy van God verwoord.  Dit is Psalm 93, ‘n teks wat baie kerke vandag regoor die wêreld saam met ons lees op hemelvaart:

1

Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie,

2

en vas staan u troon van ouds af: U is van altyd af daar.

3

Riviere het gedruis, Here, riviere het gedruis, riviere het gedreun,

4

maar hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.

5

U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae.

Woordverkondiging

Die opstanding

Ons het ‘n paar weke gelede Paasfees gevier, die opstanding van Jesus Chritus.  Die viering van die opstanding is vir ons die bevestiging van Christus se verlossing.  Ons juig daarmee oor die feit dat Hy die prys vir ons vrymaking betaal het.  In Hom word ons met God versoen; kan ons in die regte verhouding met Hom lewe; het ons die versekering van ‘n lewe wat uitreik tot anderkant die dood; bely ons ook ons eie opstanding van die dood.

Die hemelvaart

Ons vier vandag die hemelvaart.  Daarmee vier ons nie Christus se verlossing nie, van wat Hy vir ons gedoen het nie.  Nee, ons vier Christus se heerskappy.  Ons bevestig met ons vieringe dat Christus Here is.  Hy is Koning en Heer van die kerk en van sy Koninkryk.  Hy is Heer ook van die hele skepping. Ons bely dat Hy regeer aan die regterhand van die Vader, vanwaar die toekoms nie net sál kom eendag nie, maar reeds nou in Sy teenwoordigheid aanbreek.

God se heerskappy

Dié getuienis oor God se heerskappy kom al ‘n lang pad deur die Ou Testament. Dit word al gaande steeds duideliker …

  • Van ouds af is daar in Israel bely: Die Here is Koning! In die koningskap van Jahweh was vir Israel alle heil opgesluit. Hý heers oor Israel en oor die hele wêreld  en oor die skepping.
  • In Psalm 93 besing die Psalmdigter soos ‘n wafferse pryssanger die Here se grootheid en lof. Juis omdat Hy hom as die Getroue bewys het, wat sy heerskappy op vele maniere in die geskiedenis en die lewe van mense bewus, hou mense steeds aan Hom vas.
  • Die psalmis vertrou daarom vir God. Hy voel veilig onder dié Koning se heerskappy. Daarom kan hy Hom aanbid. In die tempel, waar hy glo dat die Here se troon is en Hy teenwoordig is, besing die psalmis sy lof.
  • En let op dat dié lofprysing gebeur midde in die ervaring van die onstuimigheid van die wêreld waarin die gelowiges daarbuite leef (vers 3-4). Die gedruis en gedreun van magtige waters kan mense met ontsag en vrees vervul. Maar die psalmis fokus hier op die magtige God wat bo dié gebeure uittroon. Hy hoor God se stem bó die gedruis.  Hy ervaar God se teenwoordigheid ín die gedruis.
  • Hierdie Here bring daarom vir hom hoop, Hy oorwin die magte van chaos in die lewe en die skepping. As Koning is Hy op Sy troon. Aan Hom kan mense hulleself met vrymoedigheid toevertrou. Daarom roep die psalmdigter alle gelowiges op om op die grootheid van God te fokus, om sáám ‘n loflied te sing.

Jesus se heerskappy

En dit is dié dimensie van God se heerskappy wat ons weer nodig het om te hoor in die belydenis van Jesus se hemelvaart.  Die belydenis van die Bybel is dat Jesus met sy hemelvaart as die Seun van God terug gekeer het na Sy troon. Hy regeer weer.  Midde in die chaos wat ons baie keer beleef, gee Hy ons nou, waar ons ook al is, die ervaring van God se teenwoordigheid.

Ek dink ons hoor die boodskap egter moeilik.  Ons hou nie gewoonlik rekening met ‘n teenwoordige Jesus en Here nie. 

Waar is Jesus nou?

Soms is ons eintlik doodgewoon ongemaklik met die hele idee dat Jesus liggaamlik weg is, effens verleë.  En fokus ons op “the next best thing”.  Soos Coenie Burger (Waar is Jesus nou?)  sê, vir die Katolieke is dit die kerk, vir die Charismate is dit die Gees, vir die Protestante is dit die Bybel.  Jesus is weg, maar ons het darem die kerk, die Gees, die Bybel.  Dit is genoeg om ons te laat uithou en aanhou totdat die nuwe hemel en aarde aanbreek.

Maar, dan mis ons ‘n wonderlike vertroostende en inspirerende deel van die evangelie.  Want, die hemelvaart is ‘n wonderlike gebeurtenis, met ‘n blik wat dit vir ons gee op wie Jesus regtig is, en waar Hy nou is, wat ‘n geweldige impak op ons lewens kan hê, as ons maar net die boodskap ordentlik hoor, en vir onsself toe-eien, en daarmee rekening hou in ons alledaagse lewe.

‘n Groot deel van ons misverstand oor die hemelvaart en die betekenis daarvan, het te make met hoe ons oor die hemel dink.

Waar is die hemel? 

Bo, onder, buite? 

Nee, eintlik nie een van die opsies nie, want die hemel is nie ‘n fisiese plek nie, in elk geval nie soos ons fisiese goed ken nie.  Die hemel is ‘n onsigbare deel van die Skepping (Barth).  Dit is die plek van God binne die skepping.  God is nie deel van die skepping nie, maar Hy is in die skepping teenwoordig, maar op ‘n onsigbare wyse.  Die hemel is sy woonplek, ‘n onsigbare dimensie van die skepping vanwaar af God sy heerskappy oor alles uitoefen. Dit is ook hoe Hy oral aanwesig en betrokke kan wees.

Onsigbare dimensie van God

As ons dan in Handelinge hoor dat Jesus sigbaar weg is, dat ‘n wolk Hom weggeneem het, dan moet ons nie dink dat Hy van een fisieke plek na ‘n ander fisieke plek weggeneem is nie – bo of buite of waar ook al.  Hy is in die onsigbare dimensie van God self opgeneem.  Dit word uitgedruk met die wolk, die simbool van God se onsigbare teenwoordigheid, wat Jesus uit die dissipels se sig uit laat verdwyn het.  Jesus is dus in God se teenwoordigheid opgeneem, vanwaar Hy op ‘n ander manier teenwoordig is.

Jesus is na sy Godheid by ons

Jesus is na sy liggaam dus uit die sigbare skepping weg na die onsigbare dimensie van die skepping.  Hy is weer deel van die Goddelike dimensie, binne in die skepping, vanwaar af Hy as deel van die Drie-enige God by ons en by die wêreld betrokke is.  Soos ons in die Heidelbergse Kategismus al 5 eeue bely oor Jesus se hemelvaart: dat Hy “wat sy Godheid, majesteit, genade en Gees betref, Hy nooit meer van ons weg gaan nie” (HK Sondag 18). 

Hierdie wonderlike waarheid sien ons onder andere in die verhale wat Lukas ons in Handelinge vertel, waar dit duidelik is dat die hemel doodgewoon die plek is waar Jesus by God is (Sleeman) en vanwaar Hy betrokke is by wat in die wêreld gebeur.

Jesus se teenwoordigheid in Handelinge

Ons sien die perspektief vele plekke in Handelinge:

  • Met die groot toesprake op Pinksterdag en die oortuigingswerk van die Gees, is dit die Here wat mense byvoeg by die gemeente; Lukas getuig daarvan, omdat dit die enigste manier is om reg te laat geskied aan die groot aantal wat tot bekering kom – Hand 2.
  • Wanneer Stefanus sy toespraak hou en die boodskap van Jesus aan die Jode verkondig, en hulle hul ore toedruk en Hom stenig, is dit Jesus wat Stefanus in die geopende hemel sien – Hand 7.
  • Wanneer Saulus soos ‘n besetene te kere gaan en die dissipels van Jesus vervolg, is dit Jesus self wat aan hom verskyn op die pad na Damaskus en tot bekering lei – Hand 9.
  • En wanneer Petrus die grense begin verskuif en in Judea begin werk, is dit Jesus wat Eneas gesond maak, soos Lukas baie duidelik skrywe – Hand 9:32-35.

Dit is waarom Matteus kan sê dat Jesus by ons kan wees al die dae tot aan die einde, nie net in terme van die Gees nie, nie net in terme van die Woord van God nie, nie net in terme van die kerk nie, maar by ons is as die Here, die Koning, die Christus (Matt 28:20 – onthou EK is by julle al die dae tot by die voleinding), die een wat by God is, en dié God is naby aan ons!

Die Gees vervang nie vir Jesus nie

Ons sien ook in Handelinge dat die Gees nie vir Jesus vervang nie.  Die Gees werk saam met Jesus.  Die Gees voer Jesus se opdragte uit.  Maar die Gees vervang Jesus nie.

  • Wanneer Paulus ‘n groot besluit moet neem, is dit die Gees van Jesus wat Hom keer om verder in Asië in te gaan, waarna hy die gesig kry om Europa te evangeliseer (Hand 16). 
  • Wanneer Paulus in groot aanvegting kom in Korinte, is dit die Here Jesus self wat aan hom in ‘n gesig verskyn (Hand 18) en hom vashou en bemoedig en versterk.

Jesus is intiem betrokke by ons

En reg deur die NT word só oor Jesus gepraat – bv in Hebreërs en Openbaring:

  • Jesus tree vir ons in by die Vader, nou, altyd – Hebr 7:25 (Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree), Rom 8:34 (Hy pleit vir ons).  Soos Coenie Burger sê, Jesus het ons verlos met sy dood en opstanding; Jesus hou ons nou vas met sy hemelvaart en hoëpriesterlike intrede by God vir ons.
  • Hy maak dit moontlik dat ons met die Vader kan praat – Hebr 10:19-25 (ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom … terwyl ons Hom ook a groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met ‘n opregte harte en met volle geloofsekerheid … laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou).
  • Hy is die Koning wat tussen die kandelare, die simbole van al die gemeentes, staan en intiem betrokke is by wat in hulle gebeur.  Dit is telkens Hy wat sê wat geskrywe moet word vir die gemeentes, want Hy weet intiem persoonlik presies wat aan die gang is en meer nog, weet presies wat nodig is om hulle getrou te hou aan Homself en die roeping wat Hy vir hulle het – Lees weer die 7 briewe in Openbaring 1-3 uit die perspektief van Jesus se teenwoordigheid en begeleiding:
    • Ek ken julle onvermoeide arbeid – julle het My net nie meer so lief soos in die begin nie – die gemeente van Efese;
    • Ek ken julle verdrukking – bly net getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee – die gemeente van Smirna.

Hy is immers die hoof van die kerk, nou, vir altyd – soos Paulus ons vele kere herinner: Ef 1:15-23; Kol 1:1-20:5.

Jesus is ons grootste Vriend

Jesus is met sy Hemelvaart op ‘n plek vanwaar Hy op alle plekke kan werk, die onsigbare deel van die skepping, die hemel, die plek van God.  Hy hou ons vas.  Hy lei ons.  Hy transformeer die wêreld deur ons.

En daarmee kan en moet ons rekening hou.  Ons moet ook fokus op die kerk, die Gees, die Bybel, ons roeping, maar veral ook op Jesus, die Here, die Christus, die Hemelvaarder, die Hoëpriester, die een wat ons vashou en vir ons intree, en ons die gawes gee wat ons nodig het om vir Hom te werk.

Hy is werklik ons grootste Vriend.  Hy is werklik teenwoordig, so naby soos die hemel, en dié is so naby soos God.

hemelvaart

Hooglied 8 – Die gawe van die liefde

Verwelkoming & Afk

Toetrede

Lied 154 vers 1 Kom nou tesaam (staan)

Votum

Ps 103

Seëngroet

Lofsang

Lied 184 v 1-3 Lofsing die Here (staan)

Lied 444  Kom kyk! Kom kyk!  Koor 2x, gemeente 2x    (sit)

Vonkk 132 (2x) Soos Mamma my liefhet   (sit)

Kindertyd

Verwelkoming & verjaarsdae

I’d choose you deur John Trent

 

God elkeen van julle gekies –

lief vir julle!

Spesiaal mamma en pappa vir jou gegee.


Gebed

Lied 442 Gees van God wat in my woon  Koor v1, gemeente v2  (sit)

Skriflesing & Preek

Besig mini-reeksie Hooglied,

vandag afsluit.

Weer sê:

baie bewus verskillende plekke in lewe –

enkellopend,

geskei

weduwee/wewenaar

Selfs getroud:

rasend gelukkig

ploeter voort

vasgekeer

Praat Hooglied,

spesifieke fokus huwelik

tog oortuig woord van God vir almal van ons.

Verlede week oorsig Hooglied,

gepraat gawe van liefde:

verhoudings

seksualiteit

bevestiging

beskerming

Nie vantevore besef hoe radikaal Hooglied is!

Nie net oor wat en hoe beskryf,

maar in ag neem wêreld waarin ontstaan –

opgeneem in Bybel –

in wêreld vrouens besittings,

poligamie

huwelik politieke en ekonomiese transaksie,

maak Hooglied radikale keuse vir

liefde (…)

eksklusiwiteit (…)

wederkerigheid (elkeen sê, gelykheid…Bybelskool.com)

As ek moes sê

wat basiese beginsels Hooglied neerlê –

eintlik viering, sê gawe –

as beginsels:

liefde, eksklusiwiteit, wederkerigheid.

Wanneer praat intieme verhoudings,

dan dit riglyne/basis Hooglied ons gee.

Verlede week gesê Hooglied wonderlike,

romantiese

viering van liefde.

Deel van Hooglied wonderlik maak,

is hoe realisties –

vier wonder van liefde,

maar nie op manier wat realiteit ontken.

So verlede week warm, fuzzy, romantiese –

natuurlik ook realiteit,

vandag moeiliker deel van realiteit.

Weer hele boek,

gaan verwys,

kan volg as wil.

lees Hooglied 2:15:

15“Vang vir ons die jakkalse,

die klein jakkalsies

wat die wingerde verniel,

ons wingerde wat al bot.

Natuurlik poësie,

baie moontlike betekenisse,

een genoem:

ander mans by vrou aanlê.

Ons uitdrukking bekend,

klein jakkalsies simbool alles liefde bedreig.

Interessant vrou dit sê

nie terwyl van konflik en misverstand in verhouding beskryf –

juis in warm wolkie van romantiese liefde!

Sê vang jakkalsies,

bevestig (2:16)

dat hulle by mekaar hoort.

Verlede week oorsig.

Beskryf romantiese ontstaan verhouding,

bewus word van mekaar,

aanlê,

verlief raak,

aangetrokkenheid.

Maar dan daar misverstand!

Sommer vroeg al.

Hoofstuk 3,

vrou beskryf man nie daar –

soek,

redelik vinnig vind.

Deel van vroeg in verhouding,

ons mekaar verkeerd verstaan,

mekaar mis –

moet mekaar nog eers behoorlik vind.

Dan beskryf hoe liefde groei,

dan hoofstuk 5 gebeur interessante ding –

kan verskillende maniere interpreteer,

maar duidelik weer

hoe mense by mekaar verby beweeg,

bedoel goed,

maar mis mekaar.

Selfs dan allerhande speletjies met mekaar speel,

mekaar manipuleer,

sin probeer kry,

ander probeer bykom nie sin kon kry.

Een interpretasie gebeur

(hoe ook al interpreteer,

beginsel bly dieselfde):

Man bly laat uit!

vrou wag,

gaan bad,

gaan slaap naderhand.

man wil inkom,

sy nee,

gaan nie nou weer opstaan –

jy laat in nag wil uitbly,

dan moet maar op eie bly.

Man probeer wit voetjie soek,

besluit naderhand genoeg gehad.

In proses vrou weer onthou hoe lief hom het,

nooi in – weg!

Beskryf hoe blootgestel voel deur konflik.

Ander vroue spot,

jou man nes alle ander mans.

Wanneer praat verhoudings,

veral konflik,

dan baie komplekse saak –

kan nie sommer sê:

Ons moet so en so en so wees,

dan alles okay.

Besef konflik in verhoudings

kan ontsettende pyn veroorsaak.

Maar verhoudings bedoel as gawe,

vreugde

vervulling bring.

Sommige mense sê verhoudings deur sekere fases –

(het al aanddiens verduidelik)

nogal kan sien in Hooglied:

Begin verlief

dan magstryd – ons twee is nou een, maar watter een?

dan commitment –

ontdek nie altyd alles maanskyn en rose,

maar dis okay,

gaan by jou bly.

Dan eers kan verhouding begin groei.

Maar dis dikwels seer

en harde werk –

soms voel makliker te los,

eerder gaan volgende verhouding,

kyk dit nie makliker sal wees.

Iemand sê

liefde soos koeksister –

mense in verhouding

in mekaar geweef –

is morsig

taai.

Maar as tande behoorlik in kan sink,

is heerlik soet.

Model huweliksvoorbereiding & terapie

(ek kan ongelukkig nie opleiding doen)

maak vir my baie sin –

kan ook in Hooglied sien.

Die van julle sielkundiges

baie beter weet as ek,

maar ons breine mos verskillende dele.

Iewers in middel agter,

sit reptiel brein –

primitiewe brein.

Daardie deel van brein nie baie logies.

Kan nie redeneer.

Kan allerhande teorieë verduidelik,

gaan niks help.

Maar veral vormingsjare het groot invloed op hierdie deel van brein –

daardie keer niemand langs jou wou sit,

almal vir jou gelag,

niemand jou wou kies.

Voorbeeld ek graag beruik:

keer toe 4 jaar oud was,

ma laat was kom haal by skool.

Daardie goed ontwikkelingsjare,

gaan sit in jou menswees.

Is wond.

En kan deur lewe gaan

as iemand gewond is,

seerkry met saam dra.

Maar God lief jou,

gee om,

wil graag beste uit lewe kry,

volledig mens word wat kan wees –

heel kan word.

Een maniere God ons daarmee help,

verhoudings.

Verhouding jou help heel te word.

Is daardie ou wysheid:

opposites attract.

Is heeltemal waar.

Ons geneig te dink beteken:

ek sekere (kom noem) tekortkominge,

nou trou iemand dit voltooi,

so miskien ek nie heel,

maar geheel is heel.

Is sekerlik aspekte daarvan in verhoudings –

een van ons goed beplan,

ander laat goed sommer net gebeur.

Maar is nie heeltemal hoe werk.

Jy’t hierdie wond,

deel van jou menswees afgehandel moet word.

gestel ma by skool vergeet toe 4 was

(vrou Hooglied,

heel tyd:

kwessie van beskerming,

verlating.)

Ma skool vergeet,

nou’t jy – onbewustelik, onderbewussyn –

vrees vir verlating.

Is jou wond.

Here ons so gemaak,

ons iemand gaan kies verhouding

ons gaan dwing wond in gesig te staar.

Maar beteken NIE iemand verhouding

altyd betyds

altyd vroeg…

Gaan juis iemand trou

altyd laat

soms nie afsprake nakom.

(oorvereenvoudig)

Jou wond heel tyd sigbaar.

Hoekom?

Omdat God vir jou omgee!

Omdat God wil hê jy moet heel wees,

moet volheid van seën ervaar!

Kan nie doen

as nie seer uit verlede afhandel.

Maar JY moet dit doen –

saam met God.

Kan nie iemand anders verwag dit vir jou te doen!

Beteken goed in verhouding jou irriteer,

kwaad maak,

seer maak –

daardie klein jakkalsies,

daardie ding jou maat doen

jou teen mure uitdryf –

sê vir jou meer oor jouself

as oor jou maat.

Mense dikwels geneig iemand in verhouding as probleem te identifiseer.

As hy net sal ophou hiermee

as sy net so of so sal wees

dan sal alles wonderlik gaan.

Maar om te groei,

om volheid van gawe van verhouding te beleef,

moet eerstens na self kyk.

Ook maklik sê,

ek nie probleem.

Hy’s een met probleem.

Ek’s maar soos ek is,

goed, nie altyd so betyds –

maar jy’t nou net gesê,

is sy probleem.

Maar Here ons so geskape

ons mense kies by ons pas,

by ons wond pas –

albei van julle.

Jy gaan nie,

as emosioneel heeltemal uitgesorteer

(asof so iets bestaan)

in verhouding met iemand emosionele tuimeldroër.

Verhoudings wederkerige goed.

Kies mense selfde vlak,

kies mense by ons pas.

In verhoudings

het ons gewoonlik

ewe veel onafgehandelde sake

ewe veel wonde.

Net omdat nie alles ewe sigbaar,

beteken nie is nie daar.

Daarom stap een altyd eers na jouself te kyk.

Kan natuurlik kies nie te doen.

Wanneer verhouding deur fases gaan,

verby verliefdheid,

seer…

kan sê:

nee, dis te seer

dis te veel moeite.

Dan of in verhouding bly,

soortvan langs mekaar leef,

niks van morsigheid verhouding,

ook nie veel van soet.

Of kan sê nee,

te seer,

gaan los –

gaan aanbeweeg volgende verhouding.

Maar weet jy wat?

Gaan selfde ding weer doen.

Is hoekom dikwels sien

tweede huwelike

patroon van eerste huwelike herhaal:

want werk gedoen moet word,

bly dieselfde.

Kan beweeg van verhouding na verhouding –

of kan werk doen.

En dan is dit iets wat ons sáám doen.

Dan gee die Here vir ons verhoudings,

nie net om ons bewus te maak van wond,

maar ook iemand te gee

pad saam te stap,

iemand op te leuen,

iemand jou beskerm,

saam met jou

te groei

gevorm te word.

Natuurlik kan jy mos nou ook kies

in verhouding iemand te bly

hul seerplek uitbyt

juis omdat self seer het.

Of kan maat respekteer,

sensitief wees vir hulle,

bewus van jou eie default,

wat uit jou eie wond uit kom.

Sê:

ek weet dis hoe ek natuurlik reageer.

Maar omdat ek weet dat dit jou seermaak,

weerhou ek my daarvan.

Kies ek saam met jou koeksister te wees

morsige werk saam te doen.

En dan kom weer terug waar verlede week was:

watter wonderlike gawe

die Here vir ons mense gee lewe mee te deel,

hierdie pad mee te stap.

Hooglied begin hierdie wonderlike

romantiese droom huwelik.

Dan klein jakkalsies

dan sommer groot drama

Maar eindig

mense op mekaar leun,

mekaar ondersteun

beskerm

(8:6-7):

6Hou my teen jou

soos die seëlring op jou bors,

soos die seëlring aan jou arm.

Die liefde is sterker as die dood,

die hartstog magtiger as die doderyk;

dit brand en vlam soos vuur.

7Strome water kan die liefde

nie blus nie,

riviere kan dit nie afkoel nie.

Al wil iemand vir die liefde

al die rykdom in sy huis betaal,

hy sal daaroor uitgelag word.”

As ons kies vir ons verhoudings,

die commitment maak

ons daartoe verbind –

ook tot die werk,

dan wag daar vir ons die wonderlikste geskenk!

Nie net om in onsself heel te word nie,

maar om ook daardie pad saam met iemand anders te stap.

Wanneer jy kies

om iemand anders te respekteer

om werklik na hulle te luister

sensitief te wees vir hulle

om nie net jou pad van heel word

 saam met hulle te stap  nie

maar om hulle hand te vat

ook in hul eie pad van heel word,

om te sê:

ek kies jou,

dan gaan hierdie wonderlike geskenk vir ons oop.

Dis ‘n risiko.

Verhoudings is altyd ‘n risiko.

En in die proses gaan ons seer kry.

Maar dit bring ons by ongekende dieptes

van menswees

van vreugde

en seën uit.

Wanneer ons deur die misverstande

en die jakkalse

en die seerkry deur

die pad saam stap

die werk doen waarvoor die Here vir ons die geleentheid gee,

kan dit tot die grootste vreugde lei.

Afsluit,

die van julle getroud,

herinner belofte by huwelik maak:

Voor God en sy gemeente

Beloof ek liefde

en trou

vir altyd

en in alle omstandighede.

En dít

is van die grootste voorregte

ons hierdie kant van die hemel kry.

Gebed

Dankoffers

Pinksterlied: “My gees, my siel, my liggaam wy ek aan U, o Heer”

Slotlied

Lied 530 “Praat ek mense-, eng’letale”  (staan)

Seën

Amen Lied 313