Hooglied 8 – Die gawe van die liefde
Verwelkoming & Afk
Toetrede
Lied 154 vers 1 Kom nou tesaam (staan)
Votum
Ps 103
Seëngroet
Lofsang
Lied 184 v 1-3 Lofsing die Here (staan)
Lied 444 Kom kyk! Kom kyk! Koor 2x, gemeente 2x (sit)
Vonkk 132 (2x) Soos Mamma my liefhet (sit)
Kindertyd
Verwelkoming & verjaarsdae
I’d choose you deur John Trent
God elkeen van julle gekies –
lief vir julle!
Spesiaal mamma en pappa vir jou gegee.
Gebed
Lied 442 Gees van God wat in my woon Koor v1, gemeente v2 (sit)
Skriflesing & Preek
Besig mini-reeksie Hooglied,
vandag afsluit.
Weer sê:
baie bewus verskillende plekke in lewe –
enkellopend,
geskei
weduwee/wewenaar
Selfs getroud:
rasend gelukkig
ploeter voort
vasgekeer
Praat Hooglied,
spesifieke fokus huwelik
tog oortuig woord van God vir almal van ons.
Verlede week oorsig Hooglied,
gepraat gawe van liefde:
verhoudings
seksualiteit
bevestiging
beskerming
Nie vantevore besef hoe radikaal Hooglied is!
Nie net oor wat en hoe beskryf,
maar in ag neem wêreld waarin ontstaan –
opgeneem in Bybel –
in wêreld vrouens besittings,
poligamie
huwelik politieke en ekonomiese transaksie,
maak Hooglied radikale keuse vir
liefde (…)
eksklusiwiteit (…)
wederkerigheid (elkeen sê, gelykheid…Bybelskool.com)
As ek moes sê
wat basiese beginsels Hooglied neerlê –
eintlik viering, sê gawe –
as beginsels:
liefde, eksklusiwiteit, wederkerigheid.
Wanneer praat intieme verhoudings,
dan dit riglyne/basis Hooglied ons gee.
Verlede week gesê Hooglied wonderlike,
romantiese
viering van liefde.
Deel van Hooglied wonderlik maak,
is hoe realisties –
vier wonder van liefde,
maar nie op manier wat realiteit ontken.
So verlede week warm, fuzzy, romantiese –
natuurlik ook realiteit,
vandag moeiliker deel van realiteit.
Weer hele boek,
gaan verwys,
kan volg as wil.
lees Hooglied 2:15:
15“Vang vir ons die jakkalse,
die klein jakkalsies
wat die wingerde verniel,
ons wingerde wat al bot.
Natuurlik poësie,
baie moontlike betekenisse,
een genoem:
ander mans by vrou aanlê.
Ons uitdrukking bekend,
klein jakkalsies simbool alles liefde bedreig.
Interessant vrou dit sê
nie terwyl van konflik en misverstand in verhouding beskryf –
juis in warm wolkie van romantiese liefde!
Sê vang jakkalsies,
bevestig (2:16)
dat hulle by mekaar hoort.
Verlede week oorsig.
Beskryf romantiese ontstaan verhouding,
bewus word van mekaar,
aanlê,
verlief raak,
aangetrokkenheid.
Maar dan daar misverstand!
Sommer vroeg al.
Hoofstuk 3,
vrou beskryf man nie daar –
soek,
redelik vinnig vind.
Deel van vroeg in verhouding,
ons mekaar verkeerd verstaan,
mekaar mis –
moet mekaar nog eers behoorlik vind.
Dan beskryf hoe liefde groei,
dan hoofstuk 5 gebeur interessante ding –
kan verskillende maniere interpreteer,
maar duidelik weer
hoe mense by mekaar verby beweeg,
bedoel goed,
maar mis mekaar.
Selfs dan allerhande speletjies met mekaar speel,
mekaar manipuleer,
sin probeer kry,
ander probeer bykom nie sin kon kry.
Een interpretasie gebeur
(hoe ook al interpreteer,
beginsel bly dieselfde):
Man bly laat uit!
vrou wag,
gaan bad,
gaan slaap naderhand.
man wil inkom,
sy nee,
gaan nie nou weer opstaan –
jy laat in nag wil uitbly,
dan moet maar op eie bly.
Man probeer wit voetjie soek,
besluit naderhand genoeg gehad.
In proses vrou weer onthou hoe lief hom het,
nooi in – weg!
Beskryf hoe blootgestel voel deur konflik.
Ander vroue spot,
jou man nes alle ander mans.
Wanneer praat verhoudings,
veral konflik,
dan baie komplekse saak –
kan nie sommer sê:
Ons moet so en so en so wees,
dan alles okay.
Besef konflik in verhoudings
kan ontsettende pyn veroorsaak.
Maar verhoudings bedoel as gawe,
vreugde
vervulling bring.
Sommige mense sê verhoudings deur sekere fases –
(het al aanddiens verduidelik)
nogal kan sien in Hooglied:
Begin verlief
dan magstryd – ons twee is nou een, maar watter een?
dan commitment –
ontdek nie altyd alles maanskyn en rose,
maar dis okay,
gaan by jou bly.
Dan eers kan verhouding begin groei.
Maar dis dikwels seer
en harde werk –
soms voel makliker te los,
eerder gaan volgende verhouding,
kyk dit nie makliker sal wees.
Iemand sê
liefde soos koeksister –
mense in verhouding
in mekaar geweef –
is morsig
taai.
Maar as tande behoorlik in kan sink,
is heerlik soet.
Model huweliksvoorbereiding & terapie
(ek kan ongelukkig nie opleiding doen)
maak vir my baie sin –
kan ook in Hooglied sien.
Die van julle sielkundiges
baie beter weet as ek,
maar ons breine mos verskillende dele.
Iewers in middel agter,
sit reptiel brein –
primitiewe brein.
Daardie deel van brein nie baie logies.
Kan nie redeneer.
Kan allerhande teorieë verduidelik,
gaan niks help.
Maar veral vormingsjare het groot invloed op hierdie deel van brein –
daardie keer niemand langs jou wou sit,
almal vir jou gelag,
niemand jou wou kies.
Voorbeeld ek graag beruik:
keer toe 4 jaar oud was,
ma laat was kom haal by skool.
Daardie goed ontwikkelingsjare,
gaan sit in jou menswees.
Is wond.
En kan deur lewe gaan
as iemand gewond is,
seerkry met saam dra.
Maar God lief jou,
gee om,
wil graag beste uit lewe kry,
volledig mens word wat kan wees –
heel kan word.
Een maniere God ons daarmee help,
verhoudings.
Verhouding jou help heel te word.
Is daardie ou wysheid:
opposites attract.
Is heeltemal waar.
Ons geneig te dink beteken:
ek sekere (kom noem) tekortkominge,
nou trou iemand dit voltooi,
so miskien ek nie heel,
maar geheel is heel.
Is sekerlik aspekte daarvan in verhoudings –
een van ons goed beplan,
ander laat goed sommer net gebeur.
Maar is nie heeltemal hoe werk.
Jy’t hierdie wond,
deel van jou menswees afgehandel moet word.
gestel ma by skool vergeet toe 4 was
(vrou Hooglied,
heel tyd:
kwessie van beskerming,
verlating.)
Ma skool vergeet,
nou’t jy – onbewustelik, onderbewussyn –
vrees vir verlating.
Is jou wond.
Here ons so gemaak,
ons iemand gaan kies verhouding
ons gaan dwing wond in gesig te staar.
Maar beteken NIE iemand verhouding
altyd betyds
altyd vroeg…
Gaan juis iemand trou
altyd laat
soms nie afsprake nakom.
(oorvereenvoudig)
Jou wond heel tyd sigbaar.
Hoekom?
Omdat God vir jou omgee!
Omdat God wil hê jy moet heel wees,
moet volheid van seën ervaar!
Kan nie doen
as nie seer uit verlede afhandel.
Maar JY moet dit doen –
saam met God.
Kan nie iemand anders verwag dit vir jou te doen!
Beteken goed in verhouding jou irriteer,
kwaad maak,
seer maak –
daardie klein jakkalsies,
daardie ding jou maat doen
jou teen mure uitdryf –
sê vir jou meer oor jouself
as oor jou maat.
Mense dikwels geneig iemand in verhouding as probleem te identifiseer.
As hy net sal ophou hiermee
as sy net so of so sal wees
dan sal alles wonderlik gaan.
Maar om te groei,
om volheid van gawe van verhouding te beleef,
moet eerstens na self kyk.
Ook maklik sê,
ek nie probleem.
Hy’s een met probleem.
Ek’s maar soos ek is,
goed, nie altyd so betyds –
maar jy’t nou net gesê,
is sy probleem.
Maar Here ons so geskape
ons mense kies by ons pas,
by ons wond pas –
albei van julle.
Jy gaan nie,
as emosioneel heeltemal uitgesorteer
(asof so iets bestaan)
in verhouding met iemand emosionele tuimeldroër.
Verhoudings wederkerige goed.
Kies mense selfde vlak,
kies mense by ons pas.
In verhoudings
het ons gewoonlik
ewe veel onafgehandelde sake
ewe veel wonde.
Net omdat nie alles ewe sigbaar,
beteken nie is nie daar.
Daarom stap een altyd eers na jouself te kyk.
Kan natuurlik kies nie te doen.
Wanneer verhouding deur fases gaan,
verby verliefdheid,
seer…
kan sê:
nee, dis te seer
dis te veel moeite.
Dan of in verhouding bly,
soortvan langs mekaar leef,
niks van morsigheid verhouding,
ook nie veel van soet.
Of kan sê nee,
te seer,
gaan los –
gaan aanbeweeg volgende verhouding.
Maar weet jy wat?
Gaan selfde ding weer doen.
Is hoekom dikwels sien
tweede huwelike
patroon van eerste huwelike herhaal:
want werk gedoen moet word,
bly dieselfde.
Kan beweeg van verhouding na verhouding –
of kan werk doen.
En dan is dit iets wat ons sáám doen.
Dan gee die Here vir ons verhoudings,
nie net om ons bewus te maak van wond,
maar ook iemand te gee
pad saam te stap,
iemand op te leuen,
iemand jou beskerm,
saam met jou
te groei
gevorm te word.
Natuurlik kan jy mos nou ook kies
in verhouding iemand te bly
hul seerplek uitbyt
juis omdat self seer het.
Of kan maat respekteer,
sensitief wees vir hulle,
bewus van jou eie default,
wat uit jou eie wond uit kom.
Sê:
ek weet dis hoe ek natuurlik reageer.
Maar omdat ek weet dat dit jou seermaak,
weerhou ek my daarvan.
Kies ek saam met jou koeksister te wees
morsige werk saam te doen.
En dan kom weer terug waar verlede week was:
watter wonderlike gawe
die Here vir ons mense gee lewe mee te deel,
hierdie pad mee te stap.
Hooglied begin hierdie wonderlike
romantiese droom huwelik.
Dan klein jakkalsies
dan sommer groot drama
Maar eindig
mense op mekaar leun,
mekaar ondersteun
beskerm
(8:6-7):
6Hou my teen jou
soos die seëlring op jou bors,
soos die seëlring aan jou arm.
Die liefde is sterker as die dood,
die hartstog magtiger as die doderyk;
dit brand en vlam soos vuur.
7Strome water kan die liefde
nie blus nie,
riviere kan dit nie afkoel nie.
Al wil iemand vir die liefde
al die rykdom in sy huis betaal,
hy sal daaroor uitgelag word.”
As ons kies vir ons verhoudings,
die commitment maak
ons daartoe verbind –
ook tot die werk,
dan wag daar vir ons die wonderlikste geskenk!
Nie net om in onsself heel te word nie,
maar om ook daardie pad saam met iemand anders te stap.
Wanneer jy kies
om iemand anders te respekteer
om werklik na hulle te luister
sensitief te wees vir hulle
om nie net jou pad van heel word
saam met hulle te stap nie
maar om hulle hand te vat
ook in hul eie pad van heel word,
om te sê:
ek kies jou,
dan gaan hierdie wonderlike geskenk vir ons oop.
Dis ‘n risiko.
Verhoudings is altyd ‘n risiko.
En in die proses gaan ons seer kry.
Maar dit bring ons by ongekende dieptes
van menswees
van vreugde
en seën uit.
Wanneer ons deur die misverstande
en die jakkalse
en die seerkry deur
die pad saam stap
die werk doen waarvoor die Here vir ons die geleentheid gee,
kan dit tot die grootste vreugde lei.
Afsluit,
die van julle getroud,
herinner belofte by huwelik maak:
Voor God en sy gemeente
Beloof ek liefde
en trou
vir altyd
en in alle omstandighede.
En dít
is van die grootste voorregte
ons hierdie kant van die hemel kry.
Gebed
Dankoffers
Pinksterlied: “My gees, my siel, my liggaam wy ek aan U, o Heer”
Slotlied
Lied 530 “Praat ek mense-, eng’letale” (staan)
Seën
Amen Lied 313