Skip to main content

Bou en breek die aarde

Hulle en Ons

Ons dink baie keer dat die bekommernis oor die ekologie ’n groen saak is.  Dit is iets vir HULLE, nie vir ONS nie.

Ons kyk na die Sea Shepherd van kaptein Paul Watson wat die Japanese skepe probeer keer om walvisse te jag in die bekende Whale Wars, en dink dit is ’n gevaarlike speletjie, real-time TV, nie iets waarby Christene betrokke behoort te raak nie. 

  • In wese gaan dit in die Whale Wars daaroor dat alle kommersiële jag op walvisse wêreldwyd reeds in 1986 verbied is, want ’n kwart van die walvis spesies (en dolfyne) is op die rand van uitwissing. 
  • Drie lande het hulle egter deurgaans nie daaraan gestuur nie: Ysland, Noorweë, en Japan.  Sedertdien is nog 25 000 walvisse van kant gemaak, kwansuis vir wetenskaplike navorsing. 
  • Die TV program bestaan om die aandag van mense reg oor die wêreld te monster, om iets daaraan te doen, nie met die Sea Shepherd nie, maar met enige inisiatief om hierdie wêreld in die breë op ’n volhoubare manier te beveilig en beskerm.
  • Gelukkig het die Sea Shepherd al 9 van dié jagskepe uit diens uit gestel, onder beskerming van die Verenigde Nasies saam met wie hulle werk, maar dit is ’n druppel in die emmer.  Die bio-diversiteit van die aarde is onder skoot, maar ons sukkel om regtig ’n verskil te maak. Dink maar net plaaslik aan die renosters …

’n Fliek wat ’n onuitwisbare indruk op my gemaak het, is An Inconvenient Truth van Al Gore (2005).  ’n Mens steier letterlik terug voor die feitelike gewig van sy argumente, waarvan ek net een hier kortliks wil deel, oor aardverwarming:

  •  In wese, koolstofdioksied, die goed wat ons uitasem, is ’n goeie ding, want dit keer dat ons te koud kry.  Die koolstofdioksied in die atmosfeer hou die hitte gevange, sodat alle hitte nie uitstraal soos op die maan nie. 
  • Die probleem is, te veel koolstofdioksied in die atmosfeer laat die aarde warmer word as dit moet wees vir die behoud van lewe, die pole se ys smelt byvoorbeeld, die oseane se vlakke styg, die seestrome gaan staan stil, en ons stuur waarskynlik op ’n volgende ice-age af.  Dit so in kort. 
  • Boonop, deur steenkool te verbrand, sit ons meer koolstofdioksied in die lug in, en die aarde raak nog warmer.  Deur petrol en olie te verbrand vir enjins en kragopwekking gebeur dieselfde.  Selfs met ’n houtvuur gebeur dieselfde.  En dan het ons nog nie eers oor ander skadelike gasse nie, en die effek wat cfc’s (chloorfluoorkoolstof) op die osoon het, gepraat nie.  En daar is net te veel daarvan op die oomblik in die atmosfeer, met ernstige gevolge vir die aarde.
  • Vyf lande het al Al Gore se kurrikulum by hulle skole se leerplanne geïnkorporeer – Engeland, Skotland, Tsjeggiese Republiek, New Zeeland, en Duitsland, sowel as die Kanadese provinsie van British Columbia, maar soveel meer is nodig.

Sentrale waarheid van ons geloof

Die diep probleem in die kerk, en in jou persoonlike lewe, is dat ons as Christene hierdie feite nie so maklik verbind aan ons geestelike lewe nie.  Ons dink te maklik, dat dit net vir die groenes is om daarby betrokke te raak.  Dit is vir HULLE!  Dit is ’n boodskap nie vir ONS nie.  Ons dink om geestelik te wees, is nie om terselfdertyd groen te wees nie.

Feit is dat ons daarmee een van die sentrale waarhede van ons geloof verloën, iets waarvan ons meesal onbewus lewe.  Kom ons lees daarvan in die eerste twee hoofstukke van die eerste boek van die Bybel, daar waar ons bely dat alles ontstaan het.

Skriflesing

God het alles gemaak

Gen 1:1-2 – “In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: ‘Laat daar lig wees!’ En daar was lig.”

Genesis 1:3-25 (met baie raakpunte met die Big Bang teorie en die evolusie van lewe op die planeet aarde, hoewel dit ’n gedig is, en daarom baie eerder iets oor God se rol in die skepping wil deurgee, en dat dit perfek was, as om uit te wy oor hoe presies dit gebeur het.  Die idee van dae is metafories en digterlik bedoel):

  • Dag 1 – Lig
  • Dag 2 – Heelal
  • Dag 3 – Aarde en Plante
  • Dag 4 – Seisoene
  • Dag 5 – Seediere en voëls
  • Dag 6 – Diere en die Mens

Wat is die opdrag van die mens?

Gen 1:26-31 – “26Toe het God gesê: ‘Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.’ 27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. 28Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.’ 29Verder het God gesê: ‘Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees. 30Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.’ So het dit gebeur. 31Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.”

Ons is God se verteenwoordigers, en Sy opdrag is (vers 28) – bewoon, bewerk bewaar (heers regverdig).

En net om die laasgenoemde punt nog helderder te maak – Gen 2:15 – “15Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas (bewaar).” – BEWOON, BEWERK, BEWAAR.

Woordverkondiging

Bewoon, bewerk en bewaar

God het ons gemaak om die aarde te bewoon, bewerk en bewaar.  Dit is die onomwonde boodskap van Genesis, die begin van ons geloof.  En dit is baie belangrik om te verstaan, dat hierdie idee van bewoon, bewerk, en bewaar van die begin af deel was van ons geloof.  Om die waarheid te sê, ek dink dat ons die afgelope paar dekades grondig gefouteer het om eensydig te fokus op die vraag hoe ons hemel toe gaan, eerder as om oor hierdie aspekte van God se opdrag aan ons te fokus: bewoon, bewerk , bewaar. 

Ons verlossing is daarop gemik, dat ons herstel sal word om te bewoon, bewerk en bewaar.  Natuurlik het dit ook te make met die lewe hierna, waarvoor die Here ons voorberei, maar bewoon, bewerk, en bewaar is die fundamentele opdrag aan ons as mense EN as Christene.

God maak ons Christene sodat ons beter mense kan wees, aan ons doel kan beantwoord.

God en die ekologie in die Bybel

Ek wil jou op ’n toer neem deur die Bybel om die plek van die ekologie, die sorg en bewaring van die aarde, in die verlossingsplan van God uit te wys:

  1. Die grondoortuiging wat ons in terme van die ekologie rig, is dat die aarde God se skepping is (Gen 1; Ps 8; Ps 104).  Die aarde behoort aan God en alles daarop en daarin.  Dit is fundamenteel.
  2. God se bedoeling met die aarde is dat almal ‘n plek daarop vind, ‘n habitat, ‘n tuiste – mens, dier en plant.  Dit sien ons reeds in die feit dat die Bybel diere en plante nie klassifiseer volgens hulle anatomie en morfologie nie, maar volgens hulle ekologie, hulle habitat, die plek waar hulle bly (Gen 1-2), die voëls in die lug, die visse in die see.  Dit wys hoe fundamenteel alles wat leef, verbind is aan waar hulle leef. 
  3. God se bedoeling met die mens is nou hieraan verbonde.  God het mense gemaak om Hom in die aardse ekologie te verteenwoordig (Gen 1:26), om die “tuin” met alles daarin te bewoon, te bewerk en te bewaar (Gen 2:15).  Dit is waarom God die mens in die tuin van Eden plaas en seën.  Dit beteken ook dat bewoon,  bewerk en bewaar fundamenteel is tot die mense se bestaansdoel en werk in hulle tuiste op aarde.
  4. Interessant genoeg word mense op dieselfde wyse in die eerste plek volgens hulle ekologie geklassifiseer, hulle habitat,  die plek waar hulle bly (Gen 2-4) – selfs voor die sondeval – en voordat dinge soos afkoms en die nageslag ter sprake kom (Gen 5).  En wanneer die nageslag van Jafet, Gam en Sem beskryf word, is dit weereens in terme van die plekke waar hulle en hulle nageslag gebly het (Gen 10).
  5. Die opdrag om die aarde vol te maak (Gen 1:28), het dus te make met ’n tuiskoms, ’n habitat, vir almal: mens, plant en dier.
  6. Nou belangrik: hierdie bedoeling van God is deur drie goed bedreig.
  7. Die eerste bedreiging was deur ongehoorsaamheid aan God (Adam en Eva – Gen 3) wat nie net die verhouding tussen Adam-Eva en God verbreek het nie, ook nie net die verhouding tussen Adam en Eva vertroebel het nie, maar hulle ook in konflik met hulle omgewing gebring het – “die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit” (Gen 3:18).  Ongehoorsaamheid verbreek dus die verbintenis met die land en die tuiste wat God vir ons geskep het, en Adam en Eva word daarby uit die tuin geban, die plek waar werk ’n vreugde was.  Ek hanteer hulle bestaan as metafore vir die ontstaan van die mens in terme van ’n persoonlike verhouding met God.  Wie hulle was en presies hoe dit gewerk het, is ’n onderwerp vir ’n ander dag.
  8. Die tweede bedreiging was deur geweld teenoor medemense (Kain wat Abel doodmaak – Gen 4).  Let op dat Kain tot swerwer verdoem word, dat sy verbintenis met die grond totaal afgesny word.  Hoe ontstellend klink daarom nie Kain se uitroep na hy Abel van kant gemaak nie: “My straf is te swaar om te dra.  U verdryf my nou van my grond af” (Gen 4:13-14).  Hy sou nou nie meer kon bydra tot enige een van die drie kernopdragte aan die mens nie: bewoon, bewerk, en bewaar.
  9. Die derde bedreiging was deur die aarde aan homself oor te laat.  Dit sou een van die gevolge wees van die poging om in die vlakte van Sinar ’n tuiste vir almal te vind (Gen 11).  Die aarde sou nie bewoon, bewerk en bewaar word nie.  Die taalverwarring was dus ’n doelbewuste manier om ’n tuiskoms te verseker, vir mense, plante en diere.
  10. Aldrie hierdie bedreigings bestaan vandag nog – om die verhouding met God, medemense of die natuur na te laat, of af te skeep.  En die gevolge is steeds dieselfde – om jou tuiste by God, jou tuiste by ander, en jou tuiste op die aarde in gevaar te stel.
  11. Dit is ook hoekom die land so belangrik is in terme van mense se pogings om ’n ruimte vir hulleself op die aarde te vestig, baie keer egter tot nadeel van ander se
  12. Die wortels van die revolusie van ons land (en ander) kan dus ook in hierdie ekologiese wanbalans gevind word – waar ons nalaat om in liefde teenoor God, ons naaste en ons omgewing te leef.  Die gevolge van dié wanbalans lê in die ervaring van mense dat hulle hul verbintenis met die land verloor, en dan praat ons nie eers van die effek op plante en diere nie.  Dit vorm die hart van die diskoers wat tans die voorblaaie van ons media haal, selfs met die onlangse hartverskeurende gebeure by die Lonmin myngemeenskap.
  13. Die diepste rede vir die klem op bewoon, bewerk en bewaar, is natuurlik ten diepste in God self.  God werk regdeur die Bybel in sy verhouding met mense self met ’n ekologiese bewussyn.
  14. Dit gebeur wanneer Hy oordeel.  Dink bv aan sy voorskrifte vir oorlogmaak, deurdat vrugtebome eksplisiet uitgesluit word van die tipe bome wat afgekap kan word wanneer ’n stad beleër word, en beleëringswerke gebou moet word (Deut 20:19-20).
  15. Dit gebeur gelukkig ook wanneer Hy ons seën.  Reg deur die Bybel word God se seën uitgespel as iets wat ’n impak het op die omgewing en die ekologie.  Ons vind dit bv in die wet (Lev 26:2-13).  Die seën is allesomvattend wanneer ons aan Hom gehoorsaam is: “Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap … Julle sal nie eens ‘n vorige seisoen se graan kan opgebruik nie, julle sal dit moet weggooi om plek te maak vir die nuwe oes … Ek sal by julle woon …”
  16. En dit is waarheen God ook op pad is met die heelal, ’n herskepping.  God gaan die wêreld laat herleef en nuut maak.  Dit sluit alles in: mens, dier, plant, en aarde (Matt 19:28).  Dit is ook die droom van Johannes (Open 21:1-8).
  17. En dit is een van die take waarby die Gees ons intrek (Rom 8:18-30).  Soos die skepping sug om van die verganklikheid verlos te word, en dit sluit die hele ekologie in – die habitat van die mens, dier en plant – so sug die kinders van God, bygestaan deur die sug van die Gees, om volledige verlossing.
  18. En dit is waaraan ons ons lewe wy, aan God, ons medemense en die omgewing.

Daarom kan ons nie langer terugsit dat die groenes die debat voer namens ons nie.  Ons het ’n dure plig as verteenwoordigers van God om betrokke te raak.  Christene se kleur is groen.

Drie primêre verhoudings

Martin Buber praat van drie primêre verhoudings waarin elke mens staan:

  • ek-God
  • ek-jy
  • ek-dit

En aldrie is belangrik. 

  • Jou verhouding met God draai om Sy betrokkenheid by jou.  Hy is voorsienend, verlossend, vertroostend in jou lewe betrokke, as die Drie-enige God, Vader, Seun, Gees. 
  • Jou verhouding met jou medemens is om as Sy verteenwoordiger teenoor hulle op te tree, deur te fokus op saamwees in al sy fasette, wat ingesluit is in die oeropdrag van bewoon, bewerk en bewaar.  ’n Mens kan dit uitbrei om te sê dat jy mense moet help om te behoort, dat jy hulle moet beskerm, dat jy hulle moet bemoedig, sodat hulle met oorgawe hulleself aan God se betrokkenheid by hulle kan gee, en hulle opdrag kan nakom. 
  • Jou verhouding met die aarde is om dit te bewoon, te bewerk, en te bewaar.

En laat ons maar erken, waar ons nog aan die eerste twee verhoudings aandag gee, is ons maar swak met die derde verhouding, ons verhouding met die aarde en alles wat daarop woon.

Jou kleur is groen!

Ek wil jou vanaand dus uitdaag om te wees wie God jou gemaak het, en gehoorsaam te word aan Sy opdrag: bewoon, bewerk, bewaar.  Jou kleur is groen!

Maar dan sal ons ook moet besef dat die debat oor bv klimaatsverandering lankal nie meer gaan oor die vraag óf dit gebeur nie, maar hóé die mensdom op die gevolge daarvan gaan reageer. 

  • Die Noordpool se see-ys smelt die afgelope ruk teen ’n reuse spoed weg.  Die kanse is 50:50 dat daar vir die eerste keer in die geskiedenis dié somer geen ys op die see by die Noordpool sal wees nie. 
  • Amerika se kosmandjie streke beleef vanjaar die ergste droogte in die onlangse geskiedenis, terwyl dele van China sulke hoë reënvalsyfers het dat daar grootskaalse verspoelings was. 
  • Selfs Port Elizabeth het nou na die vorige droogtesiklus alreeds die natste jaar in 30 jaar se opnames.

Ons moet daadwerklik dinge begin doen.

Wat kan ons doen?

Ons denke moet verander

Christus se koms het dus nie net ons liefde vir God en ons naaste kom herstel nie, maar ook ons liefde vir die aarde.  Geen wonder dat daar nie net ’n belofte aan kinders van God van ’n nuwe hemel gegee word nie, maar ook dié van ’n nuwe aarde.  

Dit is waarom ons betrokke is by die debat oor die ekologie in al sy fasette.  Wat ons egter moet hoor op die oomblik, is dat die debat oor bv klimaatsverandering, lankal nie meer gaan oor die vraag óf dit gebeur nie, maar hóé die mensdom op die gevolge daarvan gaan reageer. 

Ons denke moet verander:

  • Woude filtreer die water wat ons drink – daarom moet ons dit oppas, nie net omdat dit as sodanig verkeerd is om ’n boom te gebruik nie.  Dit is tot ons almal se voordeel dat daar woude in die wêreld is.
  • Die bye en voëls bestuif ons plante en flaura ekosisteme.  Dit het groot ekonomiese waarde deur hulle te beskerm, nie net ’n biologiese waarde nie.  Dit is tot ons almal se voordeel dat gifstowwe verminder en habitat beskerm word, sodat bye en voëls kan gedy.

Profeet, priester, en koning

  • As profete moet ons die dinge afwys wat die lewe van die mens bedreig en mense aanspoor om die wêreld en die ekologie te beskerm.   Bv, daar is 5 keer meer steenkool, olie en gas beskikbaar as wat ekologies veilig sal wees om te verbruik.  Sommige navorsers sê dat 80 % van daardie bronne sal moet bly net waar hulle is – ondergronds.  Sal ons die moed hê om dít as ’n Christelike oortuiging te begin sê?
  • As priesters moet ons mense bystaan wat bv deur besoedeling en aardverwarming en die horde ander dinge wat verkeerd gaan, beïnvloed word, benadeel of beskadig word, en hulle daadwerklik bystaan en help.  Ons moet pastoraal praat, met deernis en respekvol, maar ook met oortuiging.
  • As konings moet ons stry teen besoedeling en uitbuiting van die aarde in die besonder teen gierigheid en praktyke van mense wat ter wille van eie voordeel en gewin nie omgee dat die lewens van ander mense deur besoedeling benadeel word nie.

Voorbeeld uit Duitsland

Ons kan leer by die Rappenecker Hütte – restaurant in Duitsland, gewilde hiking bestemming:

  • Bestaan 350 jaar lank al!
  • Hulle is 25 jaar lank al op son energie, sedert 1987.  Sonpanele verskaf 65% van hulle energie behoeftes, windlaaiers 10% en 25% van ’n waterstof sel, wat ’n diesel generator sedert 2003 vervang het.  Hulle is totaal onafhanklik van die nasionale elektrisiteitsnetwerk.
  • Duitsland se besighede is al vir 25% van hulle energie behoeftes op hernubare bronne.  Dit wys wat kan gedoen word.  Hulle wil teen 2050 op 80% wees.

Voorbeelde plaaslik

Daar word al baie dinge gedoen.  Bv in Kirkwood se Wildsfees was daar verlede jaar ’n Growing Green Expo: Ethical and Sustainable Agriculture and Gardening.  Ons moet net oë ontwikkel om dié goed raak te sien en betrokke te raak.

Persoonlike keuse

Ons moet self ook optree en iets begin doen, anders begin leef.  Hersirkulering, water, elektrisiteit, lug-motors (Tata Airpod).

En gemeentes?

Ons het in ’n onlangse Kruisgewys, wat aan 3000 predikante en geestelike leiers gestuur word, gefokus op die ekologie en wat in gemeentes aangaan daaromtrent.  Gaan kyk by http://gemeentes.co.za/kruisgewys/kruisgewys-maart-2012.  Dit is gratis en kort insiggewende artikels:

  • Ernst Conradie – sistematiese teoloog van UWK en skrywer van verskeie boeke oor die ekologie, onder andere die Andrew Murray-pryswenner vir Waar op dees aarde vind mens God? in 2007 – gee ’n ontleding van die verbruikerskultuur ten grondslag van die feit dat welvarendes die slagoffers van hulle eie begeertes raak. Hulle dra swaar aan die beroepsdruk en besittingslas, en toon die simptome van verbruikersgriep. Hy maak ’n onderskeid tussen welsyn en welvaart en rykdom en lewensverryking wat jou sal help om jouself te vind in iets wat groter is as jyself.
  • Willem Nicol – doyen van kontemplatiewe spiritualiteit en spirituele begeleiding – fokus op ’n spiritualiteit van eenvoud wat een van die min maniere is om die greep van die verbruikerskultuur te ontsnap. Hy help ons verstaan dat die genieting van jou bestaan alreeds genoeg rede is om vervuld te lewe, en dat die verdieping van jou geloof in die vryheid van uiterlike voorspoed lê.
  • Fay van Eeden – die leraar vir Nuwe Generasie, Lynnwood se jeugbediening – gee ’n teologiese sowel as ’n praktiese perspektief op hoe ’n “groen”-bediening in ’n gemeente kan werk. Die feit dat die Skepping die “groot boek” van God is – soos die Bybel die “klein boek” is – is vir haar al genoeg motivering dat ’n gemeente by versorging en bewaring betrokke sal raak.
  • Frans Hancke – Uitvoerende Direkteur van diePLAN, wat gemeentes in verskeie lande help om hulle missionale karakter uit te leef – fokus op twee verhale wat wys dat die evangelie ook met ’n groen kleur kan werk. Die een verhaal wys hoe die opruim van rommel en die geskik maak van grond vir plante en struike ’n voertuig raak vir die evangelie om in mense se lewe aan te kom. Die ander verhaal wys die teenoorgestelde, met die appèl aan almal van ons om die moontlikhede te ontgin wat ’n ekologiese bewussyn vir ons gee in die evangelie bediening.
  • André van Niekerk – gemeentedominee van Pretoria en gewilde rubriekskrywer – fokus op hoe leraars in God se gemeentes hulle kan help om meer soos ’n beweging van God self te laat optree. Geloof hoef nie ingekleur te word nie. Dit is alreeds groen. Ons kan mekaar aanmoedig tot ’n groen leefstyl, waarvan hy ’n hele aantal voorbeelde opnoem. Ons is geroep om saam met alle mense nuut op hierdie aarde te leef.
  • Diek en Marthie van der Zel – ’n lidmaategpaar wat in Morelettapark ’n groot herwinningsprojek begin het en tans op die Wes-Kaap Sinode se ekologie-taakspan dien – wys hoe ’n mens met die regte visie en passie ’n groot verskil kan maak. Op sy hoogtepunt het die “papier vir kos” projek 144 ton herwinbare materiaal ’n jaar opgelewer, waarvan die wins ingeploeg is in verskeie opheffingsprojekte.  Kyk by http://www.omgee.org.za/.
  • Dawid de la Querra – ’n prokureur wat as tentmaker by die Sakkrappers-en-Karwas-bediening in Kimberley betrokke is – vertel hoe die leiding van die Here ervaar word as ’n mens iets begin doen, al is dit aanvanklik net uit jou eie aanvoeling van die nood. Wat as ’n barmhartigheidsprojek begin het, het in ’n verhoudingsbou-geleentheid oorgegaan wat uiteindelik nie net werk aan die sakkrappers verskaf het nie, maar ook die omgewing positief verander het.

Skakels vir meer inligting:

Huis Vernuwing Josua 24 19 Aug 2012

Radikale vernuwing:  Geloof begin by die huis

Huis vernuwing:  Josua 24

Somerstrand 19 Aug 2012

ð Video:  Home construction

Verwelkoming & Afk

Toetrede

Flam 2 Met ons lewens wil ons U eer (sit)

Votum

Nav Spreuke 9

Seëngroet

Lofsang

Ps 29 (staan)

Lied 212 Loof die Heer, Hy is goed (sit)

Doop

Vonkk 82:2 Laat ons skyn vir Jesus (sit)

Lied 543:1 Here Jesus, [hy] is klein (sit)


Kindertyd

Fliek Brave gesien?

Gaan oor familie,

prinses nie wil doen wat ma sê,

met baie dramatiese gevolge!

(gaan nie vir julle spoil)

Maar een toneel wys – kyk na eerste boetie:

ð Video:  Brave – quot…

Sien pa verstel storie,

kan sien pa verstel storie gereeld –

en dit al uit kop uit,

maak pa na.

Here jou mamma en pappa

en ouma en oupa – en ons gemeente –

spesiaal vir jou gekies.

Wil graag hê julle moet saam sy kinders wees, hom dien.

Hoe doen julle dit? (noem)

so saam doen, dat naderhand ken soos wat seuntjie pa storie ken.

Hoe kan JY jou gesin help Here dien?

vra Bybel lees, bid vir hulle, ete bid…

Gebed

Preek

Skriflesing Jos 24 –

deur loop van preek

Lank gelede iewers gelees

een van mees stresvolle goed mens kan deurgaan –

meeste druk op huwelik –

bou.

Eers saamstem wat moet gebeur,

dan begroting,

dan kontrakteurs,

gemors…

Storie op TV:

Extreme Makeover:  Home Edition.

Vat huis,

dikwels heeltemal vervalle,

in week –

bou heeltemal oor!

Van satste huis in dorp

na beste huis in dorp!

Begin vandag nuwe reeks –

so ‘n “Extreme Make-over:  Home Edition” reeks.

Om dit te doen,

eers paar dinge duidelik maak:

1.  Lewe is nie soos op TV

Lewe is dikwels moeilik,

dinge kompleks, nie eenvoudig –

kan nie huis in week oorbou!

Maar kan begin,

kan werk doen,

daarmee deurdruk,

sodat pragtige

blink splinternuwe huis na tyd het.

2.  Sê geloof begin by huis.

Sleutel denkfout maak,

dink ons praat daarmee net van gesinne ma & pa, kinders.

Paar jaar gelede artikel in USA Today,

28 verskillende tipes families geïdentifiseer.

Het enkel-ouer families,

afgetrede mense, geen kinders in huis,

gesinne sonder kinders

enkellopende…

Maak nie saak hoe jou gesin lyk,

ons almal het huise.

En ons almal se geloof

begin by die huis.

Bybel praat ook van gelowiges as familie –

broers en susters van mekaar.

Beteken ons ook verantwoordelikheid vir mekaar –

ons volwassenes veral verantwoordelikheid kinders.

Eerste plek – primêr – ouers,

maar almal van ons,

saam een gemeente.

Dis hoekom doop in kerk,

erediens – nie privaat seremonies,

hoekom kind aan gemeente voorstel –

want deel van een gemeente,

getuies,

verantwoordelik.

So vandag,

wegspring radikale vernuwing,

begin:  Huis vernuwing.

Extreme Makeover,

begin deur huis stap,

sien waar werk nodig.

Hartseer realiteit is,

wanneer deur geloofshuis stap,

sien werk nodig.

By afgelope Sinode

navorsing gedeel (SA – verskil nogal VSA)

Praat van GELOWIGE gesinne:

  • Praat met kinders oor geloof:  (raai) 13%
  • Geen geloofsgesprekke: 59,32%
  • Gesinne lees gereeld Bybel:  (raai) 6,89%
  • Gesinne lees nooit Bybel: 68,96%
  • Gesinne doen diens: 50% & Gesinne doen nooit diens: 50%
  • Gesinne bid saam: (raai) 8,47%
  • Gesinne bid nooit saam: 74,57

Is GELOWIGE gesinne!

Dan mos geen wonder so baie jongmense

 verdwyn na belydenisaflegging

geen wonder godsdienstigheid so radikaal afneem

(hoewel ernstige navorsing oor onlangse Gallup navorsing).

Sê nie om te laat skuldig voel –

kyk hoe sleg is ons!

Sê om uit te wys dat ons in nood is,

dat ons hulp nodig het.

As so deur huis gestap,

dan soos Ty Pennington van Extreme Makeover sê:

Let’s do it!

Begin Josua 24.

Josua hier al baie oud –

eintlik besig afskeid neem volk.

Hele reis,

bevry Egipte,

Moses dood,

onder leiding van Josua in beloofde land.

Wanneer Josua hier met praat,

God beloftes aan volk nagekom –

is vervul.

Israel in beloofde land

vyande oorwin…

Lewe is goed!

Het kos,

klere,

huise,

vryheid,

voorspoed.

En dis juis in hierdie omstandighede,

juis waar God seën beleef,

wat volk radikale vernuwing benodig.

Lees eerste deel Josua afskeidsboodskap:

24 Josua het al die stamme van Israel

bymekaargebring

in Sigem.

Hy het die leiers van Israel,

die hoofde,

die regters

en die ampsdraers

geroep,

en hulle het hulle plekke kom inneem

in die teenwoordigheid van God.

2Toe sê Josua vir die hele volk:

“So sê die Here

die God van Israel:

 Lank gelede het julle voorvaders—

onder hulle was Tera,

vader van Abraham en Nahor—

anderkant die Eufraat gewoon

en hulle het ander gode gedien.

 3Ek het julle voorvader Abraham

anderkant die Eufraat geneem

en hom die hele Kanaän laat deurgaan.

Ek het hom baie nakomelinge gegee.

 Aan hom het Ek vir Isak gegee,

 4aan Isak vir Jakob en Esau.

 Aan Esau het Ek die Seïrberge gegee

om in besit te neem,

maar Jakob en sy nageslag

 is af na Egipte toe.

5“Ek het vir Moses en Aäron gestuur

 en Ek het Egipte met rampe getref

soos Ek dit goedgevind het.

Daarna het Ek julle uitgebring:

6Ek het julle voorvaders uit Egipte gebring,

 en toe hulle by die Rietsee kom,

het die Egiptenaars hulle agtervolg

met strydwaens en ruiters.

7Julle voorvaders het na My geroep om hulp,

en Ek het dit donker laat word

tussen julle en die Egiptenaars

en die see oor die Egiptenaars laat kom

sodat dit hulle bedek het. J

ulle eie oë het gesien

wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het.

Daarna het julle lank in die woestyn gebly.

8“Toe het Ek julle gebring

na die land van die Amoriete

wat oos van die Jordaan gewoon het.

Hulle het teen julle oorlog gemaak,

 maar Ek het hulle in julle mag oorgegee

sodat julle hulle land in besit kon neem.

Ek het hulle uitgeroei om vir julle plek te maak.

9“Toe Balak seun van Sippor en koning van Moab

teen Israel oorlog wou maak,

het hy vir Bileam seun van Beor laat roep

om ’n vloek oor julle uit te spreek.

 10Maar Ek het nie na Bileam geluister nie,

 en hy moes julle teen wil en dank seën.

So het Ek julle gered uit die hande van Balak.

11“Julle het deur die Jordaan getrek

 en by Jerigo gekom.

Die mense wat in besit was van Jerigo,

die Amoriete,

Feresiete,

Kanaäniete,

 Hetiete,

Girgasiete,

Hewiete en

Jebusiete,

het teen julle oorlog gemaak,

maar Ek het hulle in julle mag oorgegee.

12Ek het al vantevore die twee Amoritiese konings

 laat moed verloor,

en dít het hulle voor julle uit verdryf,

 nie julle swaarde en julle pyl en boë nie.

13“Ek het julle ’n land gegee

 wat julle nie bewerk het nie,

stede

wat julle nie gebou het nie,

maar waar julle kon gaan woon;

julle eet van wingerde en olyfboorde

wat julle nie geplant het nie.

Is nie maar toevallig dat God se gesprek met volk

begin met geskiedenisles. 

Want sien,

as lewe goed gaan,

is maklik God vergeet.

Wanneer deur woestyn,

deur rivier,

nou gewone lewe

van elke dag kos maak

werk

kinders skool toe vat…

maklik te vergeet wat Here gedoen,

vergeet dat aan hom behoort,

eintlik,

vergeet hom te dien.

Want lewe gebeur.

Klomp goed ons gedagtes oorneem,

ons aandag verg…

sodat ons fokus verloor.

Wat Here vir volk sê –

en vir ons –

is ONTHOU.

Onthou van God.

Onthou dat dit hy is wat jou hier gebring het,

hy is wat alles vir jou gegee het.

Jy behoort aan hom.

Maar dan gaan teks verder:

14“Betoon dan nou eerbied aan die Here

en dien Hom

met opregtheid

en met trou.

Sien af van die gode

wat julle voorvaders anderkant die Eufraat

 en in Egipte gedien het,

en dien die Here.

15Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie,

 kies dan vandag wie julle wil dien:

die gode wat julle voorvaders gedien het

anderkant die Eufraat,

of die gode van die Amoriete

 in wie se land julle woon.

Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

God gee deur Josua vir die volk ‘n keuse –

soos wat ook vir ons keuse gee:

  • Kan vir God dien
  • of kan gode van tyd dien.

Kan nie albei doen.

Kan ook nie effens doen.

Dien God HEELTEMAL

of glad nie. 

Maar wat my hier uitstaan,

is dat keuse by JOU begin.

Interessant Josua:

Wat my en my familie aanbetref.

Mens voel half:

kan vir self kies,

natuurlik –

maar kan nie namens jou familie kies!

En tog.

Kan.

Een van redes hoekom ons babatjies doop,

glo in verbond –

dat ons aan God behoort,

God ons insluit in verbond,

ook kinders insluit in verbond.

As dit jou keuse is –

om Here te dien –

dan het effek op familie.

Dink bietjie jou familie – jou ouers.

Gewoontes gehad,

vandag nog invloed jou.

My pa nie gehou van groenpepers (of rooies of geeles).

Ek kan dit tot heden en vandag nie verdra nie!

Ek hou nie van groenpepers nie.

Want pa nie daarvan gehou.

Sien helder in ons eie gesin,

ek en Henry.

Henry grootgeword:  Sondag middagete

My pa predikant – preek, uitgedroogde waslappie – brood, watookal.

Nou:  Henry groot eet, aansit…

ek wil net hê moet verby.

Keuses wat ouers maak,

het invloed.

As ons wil hê kinders Here dien,

dan moet ons Here dien.

Maar mens kan tereg vra:

het regtig vandag nog so groot invloed?

Met TV en internet en vriende –

het ouers regtig so groot invloed?

Baie navorsing hieroor,

syfers verskil nogal baie (eerlik wees),

maar wat sê,

bly selfde.

Een studie VSA (is soortgelyk gedoen SA)

wie grootste invloed kinders geloof.

                                                 Seuns       Dogters

  • •Ma                                 81%            74%
  • •Pa                                  61%            50%

Verskil enkel-ouer gesinne – as pa teenwoordig, invloed selfde.

  • •Ouma/oupa               30%            29%
  • •Kategese                     26%            26%

Derde kerk-vriende – LW NIE ander vriende –

wys nie eers op lys!

  • •Youth Group               24%            25%
  • •Church Camp            20%            28%
  • •Retreats                       11%            17%

 

Wat ons as volwasse gelowiges kies,

het ‘n blywende,

belangrike invloed

op jonger gelowiges.

Ouers veral,

maar almal van ons.

dink besluite jou voorgeslagte geneem,

invloed vandag.

Boetie trou vroeër vanjaar,

bly Riebeeck-Wes,

huis – was oupa grootjie s’n,

borg geteken, alles verloor –

wys wingerde,

hierdie was plaas…

Oupa vertel,

toe jonk was

erwe strandfront in strand 1 pond elke –

gedink net bosse.

Keuses ons maak

geslagte lank invloed.

Goeie nuus:

nie te laat!

Nooit te laat.

Altyd tyd te sê:

Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.

Maak nie saak hoe oud jy is,

maak nie saak hou oud jou kinders.

Maar interessante ding gebeur in teks:

16Die volk het geantwoord:

 “Ons dink glad nie daaraan om die Here te verlaat

en ander gode te dien nie.

Volk voor keuse,

sê:  natúúrlik gaan ons die Here dien!

Hoe dan nou anders?!

Maar Josua reaksie baie vreemd:

19Maar Josua het vir die volk gesê:

“Julle kan nie die Here dien nie.

Hy is ’n heilige God,

Hy is ’n God wat onverdeelde trou eis

[en julle opstandigheid en sonde nie sal vergewe nie. 20As julle die Here verlaat en julle dien vreemde gode, sal Hy wat aan julle goed gedoen het, teen julle draai en rampe oor julle bring en ’n end aan julle maak.”]

Keuse Here te dien,

is nie keuse ligtelik neem.

Is keuse wat lewe bepaal,

ernstig moet opneem.

Jesus sê koste bereken (Luk 14)

Volk reageer dan:

21 Die volk het vir Josua gesê:

“Nee, ons sal die Here dien!”

22Toe sê Josua vir die volk:

“Julle is self getuies daarvan dat julle gekies het

om die Here te dien,”

 en hulle antwoord:

“Ons is.”

23Toe sê Josua:

“Verwyder dan die vreemde gode tussen julle uit

en wy julle heeltemal aan die Here die God van Israel.”

24En die volk sê vir Josua:

“Ons sal die Here ons God dien,

 ons sal na Hom luister.”

Wil jy nie vandag die keuse maak nie?

Geloof begin by die huis –

nie by wat jy vanoggend hier in die kerk doen nie,

maar by wat jy vanmiddag om die braaivleisvuur doen,

by wat jy vanaand doen,

by wat jy môre by die werk doen.

Ouers vanoggend doop,

daardeur sê dat hierdie keuse gemaak.

Almal van ons reeds keuse gemaak.

Kom bevestig dit,

hernu dit,

kies God te dien.

Stil gebed

Aan einde Josua 24,

Josua rig klippilaar op,

as getuie,

herinner volk:

gekies Here dien.

Jou uitdaag –

of alleen,

of gesin –

as vandag hierdie keuse maak,

maak plakkaat:

ons sal die Here dien.

Versier saam,

gesels oor wat beteken,

plak êrens op waar gereeld sal sien.

Blykbaar,

as mens voorneme maak,

nie binne 3 dae doen,

nie doen.

So sommer vanoggend nog,

tee by kerk,

gaan huis toe,

bou “altaar”,

bevestig verbintenis Here dien.

Gebed

Dankoffer

Slotlied

Lied 275 God van Jakob vv 1-3 (staan)

Seën

Respons

Lied 314

Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree

Verwelkoming

Louise Bam neem by Senta Jacobs oor as kategesehoof.  Dankie!  En Welkom!

Faith begins at Home – Mark Holmen.  Skaf die boek aan.

GOD NOOI ONS IN EN ONS KOM TOT RUS

Toetrede

Liedboek 222 (x4 – Afr/Eng/Afr/Eng) – “Loof die Here God en prys sy heil’ge Naam” – sit

Votum

Seëngroet

Lofsang

Liedboek 220 “Met ons harte sing ons, Here, van u liefde meer en meer” – staan

Liedboek 196 “O kon ek jubel, Hemelvader, met duisend stemme tot u eer” – sit

Doop

Liedboek 290:1 en 4 “Dit is my troos dat ek gedoop is, dat ek gedoop is in u Naam” – sit

* Ruaan en Ronel (dogter van Gerda Louw) Verster – Ameli Verster

* Emil (seun van Gerhardt en Esmé Goosen) en Adel Goosen – Lana Goosen

* Luaré le Roux en Liné Wasserman – Lian Christophe le Roux

Verootmoediging

Gebed

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Skriflesing

Hierdie hoofstuk kan in drie dele opgedeel word wat die volgende drie “lewenslesse” is, les 5-7, wat die pa besig is om sy seun(s) te leer ( onthou die eerste vier was: 1) Luister na jou ouers, 2) Soek wysheid met gespitse ore, 3) Vertrou God en ken Hom in alles, en 4) Leer uit 5 voorbeelde van ‘n ryk en vol lewe):

  • Lewensles 5 – 4:1-9 – Neem jou ouers (rolmodelle) se opvoeding ter harte.
    • Die pa spel die voordeel van die pad van wysheid uit: “jy werklik kan lewe” (4:4).   Wysheid is nie ’n straf nie, maar sal jou beskerm (4:6), aan jou betekenis gee (4:8), jou sosiale aansien verleen (4:8) en jou lewe versier (4:9).
    • Wysheid moet daarom soos ’n metgesel vir hom/hulle wees, soos ’n bruid wat jou lewenspad met jou deel, wat jy kan liefhê en wat jou lewe kan verryk en versier (4:6).
  • Lewensles 6 – 4:10-19 – Kies die pad van wysheid en nie die pad van goddeloosheid nie.
    • Dit is lewensbelangrik dat dié pad, die pad van wysheid, gekies word, en die pad van goddeloosheid vermyDie twee paaie laat dit óf donker óf lig word in jou lewe.  Om die waarheid te sê, die pad van goddeloosheid is verslawend – jy kan later nie meer daarsonder nie (lê wakker)!  Dit beïnvloed jou hele lewe, en stel jou bloot aan die verydeling wat met boosheid en slegte mense saamgaan. “Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is” (4:18)!
  • Lewensles 7 – 4:20-27 – Hou koers deur te fokus op jou binnekant en jou bakens.
    • Die sewende lewensles van die pa aan sy seun is om koers te hou op die pad vanIn die proses is sy ore (4:20), hart (4:23), mond (4:24), oë (4:25), en voete (4:26) belangrik, almal metafore vir aspekte van sy soeke na en uitlewe van die wysheid. 

Spreuke 4:20-27

Woordverkondiging

“Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree “

Ons het verlede week baie tyd spandeer om oor ons binnekant te gesels.  Dit is waar alles begin.  Dit is waar jy met God begin.

Vandag kyk ons na vers 26-27 wat sê, dit is nie net vertroue op God, ‘n luisterende gesindheid en die fokus op jou manier van dink, jou binnekant, wat jou pad bepaal nie.  Jy moet ook die pad stap wat God wys.  Soos Spreuke sê: “Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree” – 4:26. 

Die OAV vertaal: “Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,” en vers 27: “wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.”

Deur vir jou bakens op te rig op jou pad, en daarvolgens koers te hou, sal jou nie net op die regte pad hou nie, maar dit ’n vreugde maak, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander.

Baken jou koers af

Letterlik staan daar: “laat jou weë vas wees.”  Die woordjie vir vas in die vers is koen in Hebreeus –  כּוּן .  Laat jou weë koen wees. 

Die woord koen word gebruik om vastigheid, stewigheid, en onwrikbaarheid uit te druk.  Van die aarde word gesê dat dit koen is: stewig, vas, onwankelbaar, geanker (Ps 93:3).  Van ’n huis of tempel word gesê dat dit koen is: vas en stewig (Rig 16:26). 

Maar dit word ook in ’n abstrakte sin as ’n metafoor gebruik om koersvastheid aan te dui.  Dit is die tipe betekenis wat ons hier in Spreuke aantref.  Laat jou weë, jou lewenstyl en jou beplanning vir die toekoms koen wees, vas wees, geanker, onwrikbaar, koersvas.

Hoe kry ’n mens dit reg?

  1. Eerstens moet jou hart reg wees – daaroor het RethieJou binnekant moet aan God verbonde wees en tot rus gekom het by Hom.  Begin met God.
  2. Tweedens moet jou houding teenoor die lewe uitgesorteerJou ingesteldheid moet ’n soeke na en ’n waardering van wysheid wees.  Jou ore en jou lewe moet ingestel wees daarop.  Dit is wat Spreuke in sy geheel sê: vrou Wysheid en vrou Dwaasheid praat met jou oral waar jy besluite moet neem, en jy moet jou instel om vrou Wysheid se stem te hoor en na te volg.
  3. En in die derde plek moet jy koers hou op die pad van wysheid.  Jy moet die pad van wysheidJy moenie net daaroor dink nie.  Jy moenie net daaroor gesels nie.  Jy moet die pad stap. 

En daarvoor het jy bakens nodig, dinge wat jou kan help om koers te hou.

Bakens uit die verlede

Sommige bakens lê in die verlede.  Geestelike ervarings, uitkomste wat die Here vir jou bewerk het, wyshede en lewenswaarhede wat jy geleer het, ’n roeping wat jy ontvang het, gawes en geleenthede wat deel van jou menswees geword het.

Gaan sit vandag en maak ’n lys van al die wonderlike dinge uit die verlede wat jy met jou kan saamdra, en wat vir jou bakens kan wees.

Natuurlik is daar ook dinge wat sleg was in die verlede.  Een van die probleme wat ons as ’n gemeenskap het, is dat ons steeds swaar dra aan dinge wat verkeerd gegaan het in ons regverdiging van minagting vir menswaardigheid.  Maar, ons het twee goed nodig om van daardie deel van ons verlede te hanteer:

  1. erken dit was verkeerd en maak reg wat jy kan;
  2. soek vir ’n bruikbare toekoms in jouKry weer ’n greep op die waardevolle dinge wat wel deel van jou verlede was, en bou ’n toekoms daarop.  Deernis – visie – moed – dapperheid – eerlikheid – alles dinge wat Spreuke hoog aanslaan.

Bakens in die toekoms

Sommige bakens lê in die toekoms.  Verwagtinge wat jy het, beloftes waarvoor jy bid en werk, drome wat jou beetgepak het, en wat dit vir jou die moeite werd maak om voor op te staan elke dag. 

En as jy nie het nie, lees die Bybel, en lees jou koerant – in die visie vir ’n nuwe wêreld wat God regdeur die Woord met ons deel, en in die nood in ons omgewing waarvan jy elke dag in die koerant lees, lê die bakens van die Here, die pad wat Hy wil hê dat jy moet stap, opgesluit.

Rig vir jou bakens op vandag

Maar – die verlede het sy waarde; die toekoms daag jou uit; waar dit alles bymekaar kom, is hier en nou.  Dit wat jy nou doen, bepaal hoe jy die toekoms tegemoet gaan.

En Spreuke sê, rig vir jou bakens op,

  1. onthou dié dinge uit die verlede wat jou vas en stewig laat staan – vier dit, sê gereeld dankie, praat daaroor, deel dit met jou geliefdes;
  2. koester dié drome wat nog in die toekoms vir jou lê en wag, en
  3. beplan hoe jy daar gaan uitkom.

Drie versoekings om te vermy

Soos reeds vroeër in die reeks genoem, praat Spreuke van drie hoof afdraaipaaie wat vermy moet word op dié wyse pad: “easy money” (veral in 1:10-19), “easy sex” (2:16-19 maar ’n hele paar keer verder aan!) en “easy power” (veral 3:27-35). 

Dit is die drie oer-versoekings, waaroor al baie boeke geskryf is deur die loop van eeue, die versoekings van money, sex en power. 

Dit is dan ook die dinge waarvan ons gesuiwer moet word.  En let op dat dit eintlik metafore is vir dinge wat jou fokus weg van God af op jou eie belang plaas:

  1. Die versoeking van “easy money” het met gierigheid teDit  gaan oor ’n obsessie met besittings, sonder om God daarin te ken, sonder om volgens sy reëls te speel. 
  2. Die versoeking van “easy sex” of wellus, gaan oor ’n fiksasie op plesier, nie net diekant daarvan nie.  Die verleidelike vrou van Spreuke is ’n metafoor vir gesteelde genot, vir verborge genot, vir plesier sonder plig, vir verleiding sonder verantwoordelikheid.
  3. Die versoeking van “easy power” gaan oor hoogmoed,  ’n pre-okkupasie met jouself en jou status, jou voorsprong bo ander, en hoe jy die voordeel bo ander kan kry en hou, wat natuurlik pas by hoe jy jouselfNatuurlik het almal van ons mag, maar wat ons onderskei, is wat ons daarmee maak, en hoe ons dit bekom, veral hoe ons ’n onregverdige voorsprong bo ander soek, en hoe ons daaraan vashou.

Drie geestelike dissiplines om te volg

Daar is ook drie dinge kan jou help om dié versoekings nie net te bowe te kom nie, maar jou weë vas en seker te maak.

Dit is die drie eeu-oue geestelike dissiplines, die sogenaamde “threefold way”[1] waarin ’n mens nie net op die verlossing van versoekings konsentreer nie, maar ook op die lewe wat God gee.

Hier is ’n kort beskrywing daarvan waarvan die eerste dissipline met die drie versoekings te make het, en die ander twee dissiplines met God en die lewe:

  1. Die Via Purgativa of Katarsis het te make met die dimensie van self-ondersoek in die lig van die evangelie, waardeur die krag van die boosheid wat in ons lê, en waardeur ons versoek word, ontbloot is, om deur die lig en krag van God gesuiwer en getransformeer teDit is waarmee ons die verleiding van easy money, easy sex, en easy power voor God bring en daarvan verlossing kry.
  2. Die Via Illuminativa of Fotosis het te make met die dimensie van verligting wat God bring deur die waarheid en liefde wat Hy in ons lewensDaardeur kom daar groeikrag om al hoe meer Christus-gesentreerd te lewe.  Dit is wanneer ons die Woord ontdek as God se lewende stem vir ons, en begin om in die lig daarvan te lewe. Dit is soos met die proses van fotosintese, wat die son op die blare van ’n plant val en die energie wat die plant indrink, dit laat groei en floreer.  Só raak die Woord vir ons, ’n lig vir ons pad, ’n lamp vir ons binnekant!
  3. Die Via Unitiva of Theosis het te make met die dimensie van verenigingvervulling met God, Sy wil en strewe, sonder dat dit beteken het dat die mens daarmee ophou bestaan het, of die self genegeer is, maar eerder geheilig is.  Dit is wanneer God se wil vir ons belangriker raak as ons eie wil, wanneer ons só passievol raak oor God se roeping dat Hy as’t ware deur ons begin skyn.

Jy sal seker wees van elke tree

Ek sluit af.

As jy nie vandag seker maak jy is op die regte pad nie, as jy nie seker maak jou weë is vas, jou koers is afgebaken nie, kan jy net moontlik uitkom waarheen jy op pad is.

  • Daar is miskien paaie wat jy vandag moet toemaak, afsluit, omdat hulle jou nêrens gaan lei nie.  Doen ’n bietjie selfondersoek vandag, en sluit sekere hoofstukke in jou lewe af.
  • En daar is miskien ’n pad wat jy moet oopmaak.  Verdiep jou in die Woord, dit is die beste plek waar jy die verligting gaan kry om God se pad te begin stap.  En laat Hy jou vervul met Sy drome vir hierdie wêreld.

Dit is só dat die mens wik, maar God beskik.  Maar as jou hart God s’n is, as jy soek na die wysheid en probeer om dit te onderskei, as jy jou koers af baken – sal jy seker wees van elke tree.  God sal daarvoor sorg! Dit is die belofte, die evangelie , in hierdie vers.

Natuurlik moet jy sorg dat jy nie links of reg afdraai nie, en daar is baie afdraaipaaie!  Maar, die belofte is, jy sal seker wees van elke tree, so lank jy loop op die afgebakende koers, wat jy van God ontvang het.

Gebed

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Dankoffers

Slotsang

Liedboek 524 “God roep ons om met woord en daad vir Hom te leef en werk” – staan

Seën

Amen

Liedboek 524:3 (laaste 4 reëls) “Waar kan ‘n groter vreugde wees, o Vader, Seun en Gees?” – staan


[1] Jy sal goed doen om Richard Foster se boek Money, Sex and Power (Hodder Christian Books: 1999) hieroor te lees óf die boek van Brian McLaren Finding our Way Again: The Return of the Ancient Practices (Thomas Nelson: 2008) wat van die “threefold way” praat.

Spreuke 4:23 Waak oor jou hart

Waak oor jou hart – Spreuke 4:23

Somerstrand 5 Aug 2012

 

Verwelkoming & Afk

Toetrede

Flam 318 Nader tot die Here (sit)

Votum

Psalm 19:8-15

Seëngroet

Lofsang

Ps 119: 7, 8, 26 (staan)

Lied 209 x2 Heer, met my hele hart (sit)

Lied 550 x2 Twee ogies om Gods werk te sien (sit)

Kindertyd

Storie Max Lucado: “Omdat ek jou liefhet”  (Deel III)

Wet

Spreuke 3:1-10

Skuldbelydenis en Genadeverkondiging

Toewyding

Flam 353 Here, Heilige Here (sit)

Gebed

Skriflesing

Spreuke 4:20-27

 

Preek

Tilla stuur in week video,

gedink nav Musiektrivia aand Vrydag

gepas:

 Video: Commercial

As so stetoskoop kon kry

wat nie hartklop hoor,

maar hoor wat in hart aangaan –

wat sal hoor?

Teks sê

hart belangrikste van alles –

moet bitter versigtig wees met wat in hart aangaan.

Spreuke praat omtrent 80 keer van hart –

in NAV vertaal met gedagtes of wil.

OT meer as 800 keer.

Interessante navorsing gelees week,

ons dink brein setel van bewussyn, denke,

navorsing wys hart info verwerk,

saam met brein werk.

Interessant, onseker hoe waar.

Maar tog iets oordra van wat teks sê:

Wanneer Bybel praat van hart,

praat van denke,

wil –

van regte jy,

wie jy is.

Want jy is wat jy dink.

Ons ken uitdrukking: You are what you eat.

Bybel ons leer:

Jy is wat jy dink.

Teks: dis die oorsprong van die lewe.

Wat in jou hart aangaan, maak saak.

Week interessante boek gelees,

titel: You are what you think (David Stoop) –

sê ons geneig dink

oorsaak gevolg –

iets gebeur, lei tot reaksie, emosie.

Praat van ABC –

A = Activating Event

C = Consequences.

maar sê ons vergeet van B –

Belief Systems.

Is nie gebeure wat bepaal hoe jy voel of optree –

is wat jy glo oor gebeure wat bepaal.

Gebruik vb ou nie meisie terugbel –

hy hou nie van my

hy besig, sal later bel.

Ons by selgroep lekker gesels hoe mate jy kan beheer hoe voel,

hoe reageer.

Maar feite is,

twee van ons kan na presies selfde situasie kyk,

heeltemal verskillend interpreteer

en reageer –

want glo verskillende goed oor situasie.

Jy is wat jy dink.

Jy doen soos jy dink.

En ons dink baie!

Selfs die van ons nie noodwendig intellektuele reuse.

Gemiddelde mens praat 150 na 200 woorde per minuut.

Dink ong 1300 woorde per minuut.

Byvoeg dat gedagtes dikwels beelde is,

soveel meer betekenis dra as net woord,

beeld kan breukdeel van sekonde deur gedagtes flits,

gelaai wees met betekenis en emosie.

Wat is ons harte aangaan,

is lotsbepalend.

Ons is wat ons dink.

Dit is hoekom so ontsettend belangrik dat hart sal bewaar –

versigtig wees met wat in hart aangaan.

Want jy is wat jy dink.

So hoe bewaar jou hart?

Eerstens deur hart vol te hou van regte goed.

Iemand sê probleem met oop kop

is dat almal heel tyd goed daar wil in druk.

Is natuur –

wil vakuum volmaak!

So as wil hê hart moet veilig wees,

sorg dat hart vol is –

vol van regte goed!

Fil 4:8:

alles wat waar is,

alles wat edel is,

alles wat reg is,

alles wat rein is,

alles wat mooi is,

alles wat prysenswaardig is –

watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees –

daarop moet julle julle gedagtes rig.

En hoe dit doen,

heel eenvoudig:

Rom 12:2a:

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,

maar laat God julle verander

deur julle denke te vernuwe

Ek het groot invloed op eie denke –

meer wat ons bereid is te erken.

Maar kan nie altyd bepaal hoe dink,

hoe voel.

Kan waak oor my hart

deur seker te maak vol van Woord van God.

Want wanneer hart vol van Woord van God,

dan nie plek vir ander goed.

Gees werk deur Woord,

verander ons van binne af

vernuwe ons denke.

Eerste manier waak oor hart

is deur besig te wees met Woord –

dit te verslind,

soos jong leeu te kou

soos Chris tydens Pinkster gesê.

Dis stap een,

heel belangrikste.

Maar wanneer dit gedoen,

dan waak ook oor wat toelaat in hart.

Miskien dit tipe ding te min oor praat in kerk –

dalk juis omdat vroeër jare te veel gepraat.

Maar ons nie net verantwoordelik eie hart,

ook – as geloofsgemeenskap –

verantwoordelik vir mekaar,

verantwoordelik mekaar harte aangaan,

VERAL verantwoordelik in kinders harte aangaan.

En ding is,

wanneer ander goed in hart inkom,

nie oornag:

wham, nou hart vol ander goed.

Soos die cholesterol wat in jou are aanpak:

stadig,

stukkie vir stukkie,

kom nie agter.

Tot eendag hart laat toets,

agter kom heeltemal verstop

deur gemors jy ingeprop.

So ons moet waak.

Bewus wees waaraan ore uitleen…

Liedjie:

pasop kleine voetjies waar jy gaan

pasop kleine oortjies wat jy hoor

pasop kleine ogies wat jy kyk.

Dalk moet ons dit juis nog méér vir mekaar sê as vroeër jare,

omdat pornografie beskikbaar op elke rekenaar en selfoon,

gemorskos elke TV stasie,

elke koerant,

elke tydskrif.

Ons mekaar waarsku,

nie om te oordeel,

maar om mekaar te ondersteun,

mekaar te versterk.

Moet bewus wees waarna kyk –

op TV

op internet

op selfoon

Bewus wees van wat lees –

in koerante

in tydskrifte

in storieboeke

Bewus wees van geselskap waarin bevind,

tipe vriende

Spr 27:17

Yster slyp yster,

vriende vorm mekaar.

Soms loop in bos rond,

dink:

ag nee wat,

dis nie so erg!

Waaroor al bohaai gegaan!

En as weer kom kry,

kan nie pad terug vind.

God het vir ons muur gebou,

nie omdat spoil-sport,

maar omdat liefhet.

Bewaak jou hart

meer as alles wat bewaar moet word,

want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Gebed

Dankoffer

Gebed

Slotlied

Lied 489:1 en 3 Waak, Christen, staan in die geloof (staan)

Seën

Respons

Lied 314

Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

Verwelkoming

Toetrede

Liedboek 577:1,5 – Die Heer, my herder, sorg vir my – sit

Votum

Seëngroet

Lofsang

Liedboek 510 – Genade, onbeskryflik groot – staan

Liedboek 512 – Nader, my God, by U, nog naderby – sit

Kindertyd

Episode 2 van Omdat ek jou liefhet van Max Lucado

Terugflits

Lank, lank gelede in ‘n ver land het ‘n wyse man met die naam Shaddai gewoon.  Shaddai was ‘n groot man wat lief was vir kinders.  Hy het ’n pragtige dorpie vir die kinders gebou.  En die beste van alles was dat Shaddai  vir al die kinders ewe lief was. 

Dit is hoekom hy die muur gebou het reg rondom die kinders se dorpie.  Want, buite hierdie dorpie was daar ‘n gevaarlike bos. Hy het vir die kinders gesê: “Daar is gevaar buitekant die muur.  Julle is gemaak vir hierdie dorpie binne die muur.  Bly by my.  Dit is veilig hier.”

Shaddai by sy werksbank

Die dag toe hy die laaste klip op die muur pak, gaan hy terug na sy werksplek, sit voor sy werkbank en sny ‘n kierie uit ‘n lang boomtak.  Shaddai sit die kierie toe in ‘n hoek neer en sê vir homself:  “Ek sal gereed wees.”

‘n Rukkie later hardloop ‘n seuntjie met rooierige hare Shaddai se werksplek binne.  Die kind met die soekende oë en rustelose energie maak die skepper bly én bekommerd.

“Shaddai.”

In ‘n oogwink het die skepper sy hamer laat val en omgedraai.  “Wat is dit, Palladin?”

Palladin ontdek die gat in die muur

Die seun het met rukke en stote gepraat terwyl hy na asem  hyg:  “Die muur … ek het … ‘n gat ontdek.  Dit is ‘n groot gat!” Die seun het sy hande gerek om te wys hoe groot die gat is.  “Iemand kan dalk daar deurkruip.”

Shaddai het ‘n stoel nader getrek en daarop gaan sit.  “Ek het geweet dit sal jy wees, Palladin, my kind.  Sê vir my, hoe het jy dit gekry?”

“Ek het al langs die muur geloop op soek na – “

“Gate?”

Palladin aarsel, verras dat Shaddai geweet het.

“Ja, ek het na gate gesoek. “

“Sodat jy die bos kan sien?”

“Ek was nuuskierig, Shaddai.  Ek wou weet hoekom jy nie wil hê ons moet soontoe gaan nie.  Hoekom is dit so gevaarlik?”

Shaddai praat ernstig met Palladin

Shaddai beduie toe vir die seun om na hom toe te kom.  Toe Palladin nader kom, vat die skepper die klein gesiggie in al twee sy hande en lig dit op sodat die seun reguit in sy oë kon. kyk.  Shaddai se ernstige gesig het Palladin se maak sommer so hol laat voel.

 “Palladin, luister na my.  Die wêreld daar buite is nie die plek vir jou nie;  ook nie vir my nie.  As jy na die bos toe gaan, sal jy seerkry.  Jy is nie gemaak vir daardie plek nie.  Laat jou voete jou dra na al die plekke waarnatoe jy mag gaan, nie na die een plek waarheen jy nie mag gaan nie.  As jy hier weggaan, sal jy nie die pad terug kry nie.”

Palladin wonder hoekom die gat nie toegemaak word nie

Palladin het saggies gevra:   “Sal jy dan die gat toemaak?”

“Nee, Palladin, ek het juis die gat gemaak omdat ek julle so liefhet.”

“Maar jy het dan gesê jy wil nie hê ons moet weggaan nie.”

“Ek wil nie hê julle moet weggaan nie.  Ek wil hê julle moet hier by my bly, maar ek het die opening gemaak toe ek die muur gebou het.”

“Maar as jy dit nie toemaak nie,” sê Palladin, “sal die kinders dalk weggaan, Shaddai.”

“Ek weet, Palladin.  Maar ek wil hê die kinders moet hier bly omdat hulle wíl, nie omdat hulle móét nie.”

Palladin verstaan nie mooi nie

Palladin kon dit nie verstaan nie.  Hy het ongemaklik gevoel en omgedraai om te loop.  Hy moes gaan dink oor wat Shaddai gesê het.  Toe hy uitstap in die sonlig, kyk hy om na die werkswinkel.  Shaddai het nog steeds op sy stoel gesit en  na Palladin gekyk.

Kom luister volgende week verder …

Gebed

Skriflesing

Spreuke het drie belangrike boodskappe:

  1. Begin met God,
  2. Soek na wysheid
  3. Loop die regte pad – wat natuurlik insluit om die drie hoof afdraaipaaie te vermy – “easy sex, easy money, easy power”.[1]

In tien lewenslesse leer ‘n pa sy seun hoe dit werk. 

  1. Verlede week het ons gekyk na watter rol God in die seun se lewe moet
  2. Vandag kyk ons na die rol wat die soeke na wysheid in die seun, en natuurlik in elkeen van ons, se lewe moetDie kern-boodskap is in Spreuke 2:2: “Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.”

Woordverkondiging

Luister in die diereryk

Dit is verstommend hoe goed sommige diere kan hoor.

  • Olifante het nie net baie groot ore nie.  Hulle kan geluid hoor wat 20 keer dieper is as wat ons ore kan optel.  En hulle gerommel kan 6 kilometer ver opgetel word deur ander olifante.  Dit is een van die maniere waarop hulle aangepas is om te kan oorleef en met mekaar te kan kommunikeer oor lang afstande.
  • Uile het van die skerpste ore wat bestaan. Interessant is dat hulle ore nie op dieselfde vlak sit nie – een is net bo die ooglyn, en die ander net daaronder – sodat hulle met absolute presisie die rigting van ’n geluid kan bepaal.  Maar uile kan nie net goed hoor nie.  Hulle reaksietyd is ook verstommend.  Binne ’n 100ste van ’n sekonde kan hulle reageer op die geritsel van ’n muis in die bos.  Dit is waarom uile in die donkerste donker – hulle het natuurlik goeie oë ook – hulle prooi kan vang en só kan oorleef.
  • Vlermuise se gehoor is miskien nog beter ontwikkel, hoewel hulle ’n tipe sonar gebruik om te kan hoor.  As jy ’n muskiet is, en só 15-20 voet van ’n vlermuis af, al is dit stikdonker, en jy piepklein, is jy geskiedenis.  Interessant, vlermuise beskerm hulle ore deur dit toe te maak met elke vlerkklap, sodat hulle gehoor nie verminder met die geraas van hulle eie vlerke nie.  Hulle is eintlik totaal afhanklik van hulle gehoor om te kan oorleef.
  • Dolfyne, wat ook sonar gebruik, kan tot op 70 meter ’n voorwerp opspoor al is dit net so groot soos ’n vyfrand muntstuk.  En soos walvisse kan hulle geluide oor groot afstande onder water optel.

Hoekom?  Want al hierdie diere is afhanklik van hulle ore om te kan oorleef.  Hetsy of dit is om te kan kommunikeer, of om hulle kos op te spoor of om gevaar te kan ontwyk – ore is lewensbelangrik.

Die tweede lewensles

Dié voorbeelde gee ons ’n bietjie dieper begrip vir die tweede lewensles wat die pa in Spreuke 2 aan sy seun gee. 

Die pa weet dat die belangrikste ding in die lewe is om met God te begin.  Sonder om God te ken en te erken in alles wat jy doen, loop jy die gevaar om sy sorg en voorsiening te mis.

Maar, hy weet ook die seun kan dink dat hy dan maar agteroor kan sit, en bid, en wag vir God, en dan verder niks doen nie.  En die lewe werk nou eenmaal ook nou weer nie só nie.

Maar, let op, hy probeer hom nie in die tweede plek net ’n klomp reëls of kennis inprop nie.  Hy gee nie net vir hom ’n handboek wat hy moet lees nie.  Hy raai hom selfs nie aan om sekere goed sommer net te begin doen omdat dit goed vir hom sal wees nie.  “Doen soos ek sê en daarmee basta.” 

Nie dat hy niks gaan sê vir die seun oor wat hy moet weet nie.  Nie dat boeke nie belangrik is in die pa se oë nie.  En nie dat die pa nie tog vir hom gaan aanraai om op sekere paaie te loop en te waarsku om op ’n paar ander nie te loop nie.  Kennis is belangrik, en die regte pad is belangrik.  En die pa gaan vir sy seun ’n hele klompie dinge daaroor in die res van die boek sê. 

Maar, hy begin by ’n ander plek.  Hy raai sy seun in die tweede plek aan om sy ore te gebruik, om sy ore te spits, en te luister. 

Gebruik jou ore

En waarvoor moet hy sy ore gebruik? 

Hy moet as’t ware met gespitste ore soek en luister vir wysheid (2:1-4), nie net vir kennis nie, nie net vir dinge om te weet nie, maar vir wysheid, vir toegepaste kennis, vir kennis wat vir jou werk, vir kennis wat iets beteken.  Want sonder dié tipe wysheid, vir kennis in aksie, kan jy moeilik die uitdagings van hierdie lewe hanteer, sal jy moeilik oorleef.

Kyk, jy kan al die kennis hê wat bestaan, jy kan weet hoe alles werk in die lewe, en dit met baie kundigheid kan beskryf, maar as jy nie weet wat jy daarmee moet maak nie, wat die beste manier is om jou kennis toe te pas nie, hoe jy dit kan inspan ter wille van oorlewing of ter wille van sukses nie, dan baat dit jou nog maar min. 

Jy het wysheid nodig, jy het toepassings nodig, jy moet weet wat dinge beteken, jy moet dit verstaan, jy moet dit begryp, sodat jy dit tot jou eie en ander se voordeel kan inspan.  Eers dan sal kennis vir jou die moeite werd wees.  Dit is benewens die feit dat ’n mens eintlik eers regtig die wysheid het, as jy begin het om daarvolgens op te tree, maar dit is vir die res van die Preekreeks …

Ek wonder baie keer of dit nie die probleem is vandag met die kennis-ontploffing nie.  Ons weet só baie, sommige van ons dínk natuurlik ons weet so baie (glimlag), maar ons is eintlik in ons kinderskoene in die toepassing van dié kennis, in die wysheid wat nodig is om dit vir mense en die omgewing te laat werk.

Daarom, sê die pa vir sy seun, moet jy luister vir die wysheid, nie net vir die kennis nie, maar vir die wysheid, vir die maniere hoe om kennis toe te pas, sodat jy kan weet wat kennis vir jou en vir ander kan beteken.

Soek wysheid met gespitste ore

Nou, daar is twee maniere waarop die Bybel oor die verkryging van hierdie tipe kennis, hierdie wysheid, praat. 

  • In die eerste plek: God gee wysheid vir dié wat Hom vertrou.  God werk vir hulle selfs wanneer hulle slaap (Ps 127:2 – ’n Psalm van Salomo!).   Uiteraard is dit ’n belangrike klem, en is dit iets waarop ’n mens ook kan staatmaak.
  • Maar, belangrik, in die tweede plek: God gee wysheid in die doelgerigte soeke na wysheid, ‘n verantwoordelikheid wat ons nie kan ontwyk nie.   Om die waarheid te sê, dit is meermale hoe dit werk.

Dit is van hierdie doelgerigte soektog na wysheid, na toegepaste kennis, wat Spreuke praat.  Daarom sê die pa vir sy seun: hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in, roep en vra, soek … en jy sal dit opspoor. 

God gee wysheid vir dié wat daarna soek

Want sien, wysheid ís ’n gawe van God.  Hý is wysheid.  En Hy wil gráág wysheid vir ons gee.  Maar, God weet ook dat wysheid wat sommer net so uitgedeel word, te maklik op dowe ore kan val, onwerksaam in ons lewe kan lê, en dan tot niks kom nie.

Daarom het Hy ingebou dat vir die wysheid gesoek moet word.  Dit is in die soektog self wat ’n mens agterkom dat wysheid ’n gawe is van God, dat jy waardering kry vir hoe ragfyn God goed beplan, jy begrip kry vir hoe goed werk, en hoekom dit so is, te same met die sukses en beskerming wat met die wysheid saamgaan. Wanneer die seun só soek, dit is dan wanneer hy ook op die regte pad sal bly en kán bly. 

Dit is iets wat Jesus ook later sterk sou beklemtoon in sy bediening en onderrig, soos pragtig geïllustreer in die bekende uitspraak in die Bergrede: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”  (Matt 7:7-8). 

God wíl gee, maar Hy wil ook hê dat die gawe iets vir ons beteken, dat dit ons help om te kan lewe, en daarom dat Hy gee vir dié wat daarna vra, vir dié wat daarna soek, vir dié wat klop aan die deur.

Interessant is dat Jesus hierdie gawe van wysheid ook met die gawe van die Heilige Gees verbind,  die goeie gawe van God (Luk 11:13).  En Jakobus sê dat ’n mens wysheid van God kan afbid (Jak 1:5).  Watter belofte!

Jy sal met vreugde en oordeel kan lewe

Liewe gemeente, dit is ook hoe God se beskerming werk. Dit is nie net iets wat God gee sonder jou medewerking nie.  Beskerming kom ook deur die manier waarop jy lewe. Dit is nie net ’n gevolg van God se wonder ingrype nie – hoewel Hy Goddank dit ook soms doen.

God gee beskerming deur toegepaste kennis, deur wysheid waar met insig op die verloop en beloop van die lewe gereageer word.  Wanneer kennis op só ’n manier, met wysheid, in die toepassing daarvan, begin om jou lewe te vorm en te verryk, dit is dan wanneer oordeelkundigheid en verstandigheid begin om jou lewe te beskerm en begelei.  Dit is dan wat God jou in staat stel om die verkeerde dinge en mense te vermy en Hy jou lei na die goeie, regverdige, opregte en onberispelike paaie wat volhoubare en vreugdevolle lewe moontlik maak.  Dít is hoe God beskerming en begeleiding gee – deur die wysheid waarvoor jý jou ore spits en waarop jý jou luister fokus.

En maak geen fout nie.  Dit is iets wat jou eie verantwoordelikheid is. Dit is nie iets wat iemand anders vir jou kan doen nie. Dit is selfs nie iets wat God sommer sonder jou medewerking kan doen nie, hoewel daar natuurlik ook ’n genade-kant van Sy betrokkenheid by ons is.  Die Bybel sê mos in Psalm 25:8 dat hy selfs vir sondaars die pad aanwys.  Dit is waar, maar ook net een kant van die saak.  God gee vir dié wat soek, vir dié wat nood het, vir dié wat heel wil word.

Wysheid is dus aan die een kant ‘n gawe van God wat jy uit Sy hand ontvang en ontgin in al sy fasette, maar ook iets aan die ander kant wat jy persoonlik moet toepas en ontplooi in jou praktiese lewe. Dit is in die ontvangs en in die ontplooiing, die vertroue op God en die persoonlike verantwoordelikheid neem, wat die beskerming en begeleiding gebeur.

Jy sal die pad van slegte mense kan vermy

Dit het aan die een kant te make met die tipe mense na wie jy moet luister, veral na gesagsfigure en rolmodelle in jou lewe wat goeie mense is, regverdig, opreg en onberispelik (2:1,9,20,21). Sulke mense moet jy uitkies, na hulle luister, en hulle navolg. 

Natuurlik sluit dit ook mense in na wie jy nie moet luister nie: mense wat verkeerde dinge verkondig (2:12), mense wat die regte paaie verlaat (2:13), mense wat slegte dinge doen, en wie se paaie krom is (2:14-15), sowel as die “slegte vrou” wat ’n simbool van enige buite-egtelike verhouding is, en natuurlik ook op ’n “slegte man” van toepassing is (2:16-20).

Aan die ander kant sluit dit ook dinge in waarna jy moet luister, die inhoud wat Spreuke aanbeveel. 

En let op, hoewel tyd my ontbreek om meer hieroor te sê, hoe Spreuke nie net ’n eenmalige luister na die wysheid aanbeveel nie, maar ’n onderskeidende proses, om jou in te span om te verstaan (2:2), om insig en gesonde begrip (common sense) te soek (2:2).  En dit saam met mense wat saam met jou na die wysheid soek.

Maar Spreuke wil ook hê dat die lewenstyl van mense wat hierdie inhoud uitleef, nagevolg moet word (eerlikheid – 2:7; onberispelikheid – 2:7,21, getrouheid – 2:8; regverdigheid en billikheid – 2:9,20; oordeelkundigheid en verstandigheid – 2:11; goedheid – 2:20; opregtheid – 2:21).  Dit is die inhoud van die tipe wysheid wat nagevolg moet word.  Só word jyself natuurlik ’n voorbeeld wat ander kan navolg.

Ons sal leer om met mekaar saam te kan lewe

Ek sluit af.  Ons kan leer by die uile van die diereryk, ook van die olifante, vlermuise en dolfyne, veral in hoe hulle staatmaak op hulle ore om te oorleef in die lewe.

Maar ons moet vir meer luister as die diere.  Ons moet luister vir die wysheid, vir dié toepassings van kennis wat nie net nodig is om te oorleef nie, nie net vir ons kos in ons mae sit nie, maar vir dít wat ons gaan help om mekaar te kan verdra, om mekaar te kan akkommodeer, om met mekaar te kan saamleef, om mekaar te help om by selfverwesenliking uit te kom.

Dit is miskien die grootste wysheid wat ons nodig het, hoe om dit te kan regkry om met mekaar te kan saamlewe, hoe om te sorg dat mense die ervaring het om te behoort, om tuis te kom, om tot hulle reg te kom, om iemand te voel, en iemand te wees, vir ander, vir jou, vir my, vir God.

Hou jou ore dus oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan, en begin om dit met ander te deel, begin om dit uit te leef.  Ons almal het dit nodig.  Ons almal moet daarop fokus.  Dit is hoe ons dit gaan regkry om mekaar nie uit te wis nie, maar die beste in mekaar na vore te bring.

Gebed

Verootmoediging

Liedboek 299:1 – Laat ons, Heer, u dood verkondig – sit

Nagmaal

Dankoffers

Slotsang

Liedboek 529 – Dank, dank die Heer.  Ons dank die Heer – staan

Seën

Amen

Respons

Liedboek 228 – Halleluja!  Halleluja! – staan


[1] Interessant: die luister-siklus van die Seisoen van Luister werk met ‘n soortgelyke skema: RUS, HOOR, LEEF.  Die luister-siklus is eintlik ‘n manier van luister-leef wat in die wysheidstradisie van die OT inpas!

Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys

Bostaande is net 'n uittreksel uit die inleiding van die preek.  Hier volg die volle Liturgie.

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Toetrede

Lied 176 Halleluja, U is Koning (x2) – sit

Seëngroet en Votum

Lofliedere

Lied 100 Juig almal tot Gods lof en eer – staan

Lied 205 Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun – staan

Verootmoediging

Lied 186 Ons kom loof U as ons Vader – sit

God praat met ons en ons luister

Gebed

Skriflesing

Die evangelie van Markus  is waarskynlik geskrywe deur Johannes Markus, nefie van Barnabas, seun van Maria, die vrou in wie se huis die kerk van Jerusalem baie keer vergader het.  Markus, ’n latere metgesel van Petrus, vertel die verhaal van Jesus van sy doop tot sy opstanding.  Twee derdes van die boek gaan oor Jesus se bediening in Galilea en die laaste derde van sy boek oor Jesus se finale week in Jerusalem.

Ons Skrifgedeelte val in die tweede deel van Markus (3:7-8:21) waar die impak van Jesus se bediening van gesprek en genesing op drie belangrike groepe beskryf word:

  • die skares wat steeds verwonderd staan oor wat Jesus alles doen en sê;
  • die dissipels wat al dieper in die geheim van Jesus ingelei word, en self ook in hierdie bediening gebruik begin word, maar stadig van begrip is;
  • die groeiende teenstand wat Jesus se bediening uitlok.

’n Mens moet eintlik van vers 7 af lees, waar die dissipels uitgestuur word om deel van Jesus se bediening te word.  Dit beteken dat die verskillende menings waarvan ons gaan lees, iets sê van die dissipels se kontak met wat die mense oor Jesus gesê het.  En die ontstellende verhaal van Herodes en Johannes die Doper onderstreep die feit dat dissipelskap altyd ’n prys kos.

Markus 6:14-29

Verskillende menings oor Jesus

14Koning Herodes het van Jesus gehoor, want sy Naam het bekend geraak. Party mense het gesê: “Johannes die Doper is uit die dood opgewek. Daarom werk die kragte in hom.”

15En party het gesê: “Dit is Elia.” Ander het gesê: “Hy is ’n profeet soos een van die ou profete.”

16Toe Herodes dit dan hoor, het hy gesê: “Die Johannes wat ek onthoof het, is uit die dood opgewek.”

Die dood van Johannes die Doper

(Matt 14:3–12; Luk 3:19–20)

17Vroeër het Herodes self gestuur en Johannes laat vang. Hy het hom in die tronk opgesluit op aandrang van Herodias die vrou van sy broer Filippus. Herodes het met haar getrou, 18en Johannes het vir hom gesê: “U mag nie u broer se vrou vat nie.”

19Herodias het daarna ’n wrok teen hom gekoester en wou hom laat doodmaak, maar sy kon nie, 20want Herodes was bang vir Johannes omdat hy besef het dat hy ’n opregte en godvresende man is. Hy het vir Johannes onder sy beskerming geneem en elke keer wanneer hy hom aangehoor het, het hy in ’n ernstige tweestryd geraak. Tog het hy graag na hom geluister.

21Op ’n dag het Herodias ’n goeie kans gekry. Toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy hoofamptenare en die opperbevelhebbers en die hoëlui van Galilea ’n feesmaal gegee het, 22het die dogter van Herodias daar ingekom en vir hulle gedans. Dit het groot byval by Herodes en sy gaste gevind. Die koning het toe vir die meisie gesê: “Vra my net wat jy wil hê, en ek sal dit vir jou gee.”

23Daarby het hy dit herhaaldelik met ’n eed vir haar bevestig: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee, tot selfs die helfte van my koninkryk.”

24Sy het toe uitgegaan en vir haar ma gesê: “Wat moet ek vra?”

Dié het gesê: “Die kop van Johannes die Doper.”

25Sy het haastig reguit na die koning toe geloop en vir hom gevra: “Ek wil hê u moet vir my dadelik in ’n skottel die kop gee van Johannes die Doper.”

26Die koning was baie verslae, maar omdat hy dit voor die gaste met ’n eed belowe het, wou hy haar dit nie weier nie. 27Hy het dadelik iemand van sy lyfwag opdrag gegee en hom gestuur om Johannes se kop te gaan haal. Hy het hom in die tronk gaan onthoof, 28sy kop in ’n skottel gebring en dit vir die meisie gegee, en die meisie het dit vir haar ma gegee.

29Toe Johannes se volgelinge daarvan hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en begrawe.

Dissipelskap vra altyd ‘n prys

Die West Memphis Three

Miskien ken julle die verhaal van die West Memphis Three.  Dit is die verhaal van drie tieners wat in 1994 aangekla en gevonnis is in West Memphis, Arkansas, vir die moord op drie jong 8 jarige seuns. Damien Echols is ter dood veroordeel, Jessie Misskelley en Jason Baldwin is lewenslank tronk toe gestuur.  Daar is ‘n hele paar dokumentêre daaroor gemaak.  Ek het een daarvan onlangs gekyk.

Van die begin af was daar kontroversie oor die saak teen hulle.  Die kontroversie het ook baie aandag getrek.  Vermaaklikheidsterre met hulle geld, en forensiese kundiges en ander regslui met hulle kundigheid het betrokke geraak. 

Maar met elke nuwe stukkie inligting wat na vore gebring is oor die saak wat die oorspronklike skuldigbevinding in twyfel getrek het, het die oorspronklike hof geweier om enige nuwe inligting te heroorweeg.  Hulle beroep was op ‘n tegniese interpretasie van die wet, wat uiteindelik verkeerd geblyk het.

Die nuwe getuienis het ingesluit:

  • dat die saak duidelik byna uitsluitlik op omstandigheidsgetuienis berus het,
  • dat daar mettertyd bewys is hoe swak die polisiewerk gedoen is,
  • dat die getuienis van verskeie eksperte vir die staat later as totaal onvanpas en verkeerd bewys is,
  • dat daar met latere DNA toetse duidelik gewys is dat die drie nie op die misdaadtoneel was nie en gevolglik onskuldig moet wees,
  • dit ook duidelik geword het dat die jurie ernstig bevooroordeeld was, met die leier van die jurie wat voor die saak begin het al van oordeel was dat die drie skuldig is,  soos latere getuienis uitgewys het,
  • en dat selfs 2 van die ouerpare wie se kinders doodgemaak is, mettertyd die tieners se onskuld erken het op grond van die nuwe getuienis (die een man wou dit nie doen nie, maar uit die verloop van die verhaal blyk dit dat die man eintlik self as ‘n verdagte hanteer kon word).

Maar steeds wou die hof nie bes gee nie.  Die moontlikheid van onskuld het vir hulle nie so swaar geweeg as hulle beperkende interpretasie van die wet nie – geen nuwe getuienis mag ondersoek word nie.

Vir meer as 18 lang jare het die drie onskuldige tieners in die tronk gebly, totdat die Supreme Court van Arkansas in 2010 eintlik nie anders kon as om die laer hof se interpretasie van die wet ter syde te stel nie – gegewe die openbare belang van die saak – en ‘n ooreenkoms met die drie veroordeeldes vir vrylating aan te gaan.

Maar selfs in daardie omkering, het die hoër hof steeds geweier om regtig te erken dat die vorige hof ‘n fout begaan het.  Hulle het gekies om die drie vry te laat as hulle twee dinge doen: 1) skuldig pleit, en 2) onskuldig pleit – ‘n sogenaamde “Alford pleit”, ‘n baie obskure reëling, wat eintlik ‘n volledige paradoksale kontradiksie is.  En die drie onskuldiges het gekies om dié pleit te doen, omdat een van hulle die hele tyd met die swaard oor sy hoof geleef het van die doodstraf wat voltrek kan word, en die saak nog baie jare vorentoe uitgerek kan word.

Die staat het na die tyd erken dat hulle die ooreenkoms gemaak het, onder andere om die staat te vrywaar van siviele eise wat die drie met reg teen hulle sou kon instel.

Vry, maar skuldig onskuldig, of onskuldig skuldig.

Nou, ek is nie ‘n regskenner nie, maar mensig! 

Dit lyk vir my darem te veel na die triomf van mag, wat selfs as dit verkeerd is, reg is. 

Maar voor ons die regstelsel te veel veroordeel.  Dit is nie net in die regswêreld wat sulke dinge voorkom nie, dit is ook in die politiek so, in die ekonomie, selfs ook in die kerk – en ek gaan nie voorbeelde noem nie, anders raak dié diens te morbied. 

Die triomf van mag oor onskuldiges.  Dit is oënskynlik wat ook hier in ons teksgedeelte gebeur.

Jesus trek Herodes se aandag

Herodes is baie bewus van Jesus se gesprekke en genesings.  Soos die mense, wonder Herodes ook waar Jesus die krag vandaan kry dit te doen.  Soos sommige van hulle dink Herodes dat Jesus eintlik Johannes die Doper is wat uit die dood opgewek is.  Daarom is hy bang vir Jesus, nie net vanweë die gewaande opstandingswonderwerk nie, maar veral vanweë die moontlikheid van politieke teenstand in Jesus se bediening.  Hy dink dat dit Johannes in die gestalte van Jesus is wat opgedaag om hom terug te betaal en van sy troon te beroof.

Net so bietjie inligting: Herodes Antipas, die Herodes van ons teks, was die seun van Herodes die Grote, die een wat die kindermoord gepleeg het by Jesus se geboorte.  Na sy pa se dood het hy koning oor die landstreke Galilea en Berea geword.  Dit is dié gebied waarin Jesus sy dissipels uitgestuur het en waarin twee-derdes van die evangelie van Markus afspeel.  Daarom is Herodes as heerser van dié gebied baie bewus van alles wat Jesus doen.

Herodes red sy eer en maak ‘n onskuldige dood

Ons word dieper ingelig waarom Herodes bang was.  Op ‘n meesterlike manier verduidelik  Markus Herodes se vrees met die herinnering aan die dood wat Johannes die Doper as martelaar aan Herodes se hand gesterf het.  Herodes het met sy broer se vrou, Herodias, getrou, en toe Johannes hom daaroor betig, is hy opgesluit.  Herodes was egter bang vir Johannes, omdat hy ‘n opregte en godvresende man was.  Hiervoor het Herodes respek gehad.  Herodes kon egter nie sover kom om sy moreel korrupte verhouding met Herodias te beëindig nie.

Maar, Herodias was nie bang nie.  Deur haar listigheid kry sy dit reg om Johannes dood te maak.  Herodes kies om eerder sy eer voor sy gaste te handhaaf as om ‘n belofte teenoor Herodias se dogter, Salome (volgens Josefus), te verbreek, al moet hy ‘n onskuldige aan die pen laat ry.  Die tragiese uiteinde is dat Johannes die Doper sterf.  Onskuldig.

Mag triomfeer oor onskuld.

God se koninkryk kom deur selfopofferende diens

Maar, is dit werklik so?

Ons moet erken Johannes die Doper en ook later Jesus self, delf op ‘n menslike vlak die onderspit teen die owerhede van die dag.  Johannes aan die hand van Herodes, Jesus aan die hand van die Romeinse owerhede, Pilates, en die Joodse leiers.  Mag triomfeer oor onskuld.

Maar die triomf van hierdie mag is net op die oog af so. 

In die eerste plek: mag wat só uitgeoefen word, boemerang altyd tog maar weer op die onregverdige maghebber.

Die geskiedenis leer ons dat die dood van sowel Johannes, as wegbereider, en Jesus se eie kruisdood die voorspel was tot die einde van juis die mense en koninkryke wat die mag teenoor hulle misbruik het. 

  • Herodes Antipas word later deur keiser Caligula verban na wat vandag Lyon in Frankryk is.  Sy heerskappy word dus beëindig.
  • En, die Romeinse ryk, waarvan Pilatus die maghebber in Jerusalem was, loop hom binne vier eeue te pletter teen die kruis van Jesus.  Die Romeinse ryk bestaan eintlik ironies genoeg net voort in die Rooms-Katolieke kerk, by wyse van spreke.

In die tweede plek: die verhaal leer ons dat die koninkryk van God nie deur mag en geweld kom nie, maar deur selfopofferende diens en gehoorsaamheid aan God.

Dit is so, profete word doodgemaak wanneer hulle bediening hoë aandag trek.  Die magte hou dit nie uit met die waarheid nie.  Johannes het gesterf.  En sy dood, aan die hand van politieke mag, is natuurlik ‘n profesie van Jesus se eie dood.  Onskuldig.  Albei.

Maar, in die onskuld van hulle dood, word die misterie en styl van God se regeermag openbaar.  God se oorwinning word in die teendeel geopenbaar.  God se ryk wen deur die kruis en die opstanding, en deur die gesante van die kruis en opstanding wat hierdie gebeure lewend en teenwoordig hou deur hulle lewe en woorde.

Dit is waar die bediening van die versoening, van ‘n lewe met mekaar en ‘n lewe met God sy impetus gekry het.

God is uiteindelik in beheer

In die derde plek: die verhaal help ons verstaan dat God uiteindelik in beheer is, en dat die magte hulle knieë voor God moet buig en God moet gehoorsaam. 

Dit geld alle vorme van mag en alle soorte gesagsdraers.  Waar regeerders en maghebbers hul eie koers inslaan, sonder ontsag vir God en sy gebod, is hulle op dun ys.  Konings en presidente, eerste ministers en premiers moet die knie voor God buig.  Kerkrade en dominees moet die knie buig.  Skoolhoofde, voorsitters, kommissarisse, noem maar op.

En in die vierde plek: dit is waar van ons almal.  Die meeste van ons is iewers in ‘n gesagsposisie.  Ons het verantwoordelikhede by die werk.  Ons dien op komitees en kerkrade.  Ons is die ouers van kinders.  Ons is klaskapteins of dien op leerlingrade.  En ons moet buig voor die gesag van God en God dien.

Dit laat my dink aan Psalm 2:10-12, wat so ‘n sentrale tema in die Psalms aanroer, iets wat ook in die NT weerklink:

“Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees,  sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie,  want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.”

Ironies genoeg het koning Herodes Antipas ontsag vir God gehad.  Én vir God se gestuurde, Johannes die Doper.  Hy het egter nie die wilskrag en moed van sy oortuiging gehad om die regte ding te doen nie.  Hy misbruik sy mag.  Hy veroorsaak ellende en lyding.  Daarmee bou hy sy huis op sand.

God se werk trek publieke aandag

God se werk trek altyd publieke aandag.  Dit was regdeur die Ou Testament so.  Die oortuiging dat God regeer, is ‘n oortuiging wat in die publieke ruimte uitgeleef word.  Dit het altyd implikasies vir die openbare lewe.

Konings en vorste van alle tye is bekend daarvoor dat hulle nie van inmenging hou nie.  Tog is die kerk in die breë, gemeentes en individuele gelowiges geroep om profete te wees wat – soos Johannes – God se Woord vir die openbare lewe bedien.  Daar is ‘n ryk profetetradisie in die Bybel wat die verkondiging van God se Woord aan openbare figure en instellings verteenwoordig.  Johannes se protes oor Herodes se optrede is nie uniek nie, dit is die weg van geloof in die wêreld.

Die eerste Christene het dit goed verstaan.  Hulle noem Jesus sonder skroom Here.  “Here” is ons vertaling van die Griekse woord “kurios.”  Kurios is die ekwivalent van die Latynse “Caeaser,” die titel van die Romeinse diktator in Rome.  Daarom het die Christelike geloof van die begin af die aandag van politieke maghebbers getrek, en is Christene deur die Joodse owerhede en die Romeinse ryk vervolg.

Geloof word nie onder ‘n maatemmer versteek nie.  Geloof is soos ‘n stad op ‘n berg waarvan die lig die wêreld verlig.

Natuurlik maak ons publieke getuienis die wêreld daarom dikwels warm vir ons.  Daarom het Jesus gesê ons moet ons kruis opneem en hom volg.  Dissipelskap vra altyd ‘n prys.

En ons as gemeente kan gerus in die komende kwartaal nadink oor wat ons publieke verantwoordelikheid en ons getuienis in ‘n tyd soos hierdie behels.  In terme van die onderwys, gesondheid, werkskepping, armoede, die metropool, noem maar op.

Jesus bly die inhoud van ons getuienis

Natuurlik het Christene nie carte blanche oor die wyse waarop hulle hul getuienis lewer nie.  Jesus die Gekruisigde is die inhoud van ons getuienis.  Christus se diensbaarheid en nederigheid is ons styl.  Te veel Christene is wysneuse wat na niemand luister nie en bloot voortdonder en hul persoonlike voorkeure in ander se kele afdruk.  Te veel Christene maak partypolitieke lojaliteite hul getuienisvoorkeur.

‘n Voorbeeld hiervan is die wyse waarop talle evangeliese kerke in die VSA hulself belyn met die Republikeinse Party en eintlik ‘n partypolitieke ideaal nastreef in plaas van radikale gehoorsaamheid aan Jesus Christus.  Vroeër het die NG Kerk ook sy getuienis uitverkoop aan die politieke ideale van die Nasionale Party.  Vandag nog probeer die SA regering kerklike instellings koöpteer by sy politieke agenda.

Jesus is die Here, Jesus bepaal ons getuienis, nie ons eie voorkeure nie.

Mag en maghebbers het verlossing nodig

Ons profetiese getuienis teenoor almal in gesagsposisies is gemik op die verlossing en heiliging van mag en gesag.  Johannes die Doper het teenoor Herodes Antipas getuig om hom op die regte weg te begelei.  Herodes het sy broer se vrou afgeneem.  Herodes het op die magtelose getrap, en sy mag misbruik.  Hy en sy magsuitoefening het verlossing nodig.

Dit is iets wat die Arkansas regstelsel ook sal moet leer.  Ten spyte van die status van die drie tieners – al drie kom uit haglike omstandighede en twee van hulle het voorheen met die gereg gebots, dus nie noodwendig voorbeeldige mense nie – moet die weerloosheid van tieners (een van hulle het ‘n IK van 72 en is aan ‘n onmenslike marteling van ‘n ondervraging onderwerp waar hy uiteindelik net gesê het wat die polisieman vir hom voorgesê het, wat ‘n skulderkenning onder dwang ingesluit het) nie gebruik word om ‘n vooropgestelde perspektief te bevestig, uiteindelik om jou eie beeld en standpunte te verdedig nie.

Ons getuig nie om die magte en ampsbekleërs ten gronde te rig, te vernietig of te oorwin nie.  Ons getuig om te reinig, te heilig en te verlos.  Dit is ten diepste wat Gereformeerdheid ook beteken – die heiliging van die lewe.  Ons is sout en suurdeeg wat bederf keer en die wêreld vernuwe.  Ons doen dit vanuit ‘n posisie van nederige onmag en diens.  Ons doen dit terwyl ons luister en insig ontwikkel in die komplekse besluite wat maghebbers moet neem, en beide hulle voorbidders en hulle gewetens word.

Tragedie of Triomf?

Dis ‘n tragiese verhaal wat in ons teksgedeelte afspeel, meer tragies as die verhaal van die West Memphis 3.  Die wegwyser na die Messias, Johannes die Doper, kom tragies en voortydig aan sy einde.  Hoe anders sou mens nie wou hê Johannes se lewe moes eindig nie!

Tog was Johannes getrou as getuie van die Here, en het hy sy taak voltooi, ‘n belangriker taak as enige ander profeet voor hom, die aankondiging van die Messias self, soos Jesus self aan Johannes erkenning sou gee.  Daarvoor kan ons Johannes onthou en sy voorbeeld navolg, al leer dit ons dat dissipelskap altyd ‘n prys kos.

Deur Johannes is die vaandel van die koninkryk hoog gehou, triomfeer God se koninkryk uiteindelik oor die mag van hierdie wêreld.  Nie deur mag en geweld nie, maar deur diensbaarheid en opoffering.

God stuur ons om te leef

Gebed

Dankoffers

Lied 286 Here God van liefde, waar ons ook mag gaan – staan

Seën

Amen

Respons

Lied 286 Heer Jesus , laat ons nooit alleen  … (laaste 4 reëls) – staan