Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13
Ek fokus vandag op die vyf voorregte wat ons het in die gemeenskap van die Gees.
- God het uitnemende projekte vir ons voorberei.
Ek sluit eers aan by vers 10 se boodskap wat ek met ons toewyding gelees het. Noudat ons van ons sondeskuld bevry is, en ons ons toelê daarop om in gehoorsaamheid aan God en sy Woord te leef, wag daar vir ons ‘n paar wonderlike dinge in die vrygemaakte lewe saam met God.
Die eerste voorreg wat ons het, is in vers 10. ’n Mens kan vers 10 ook as volg vertaal: “Want ons is sy meesterstuk, geskep in Christus Jesus vir uitnemende projekte, wat God voorberei het, dat ons dit sal uitvoer.”
Dit is ’n baie belangrike perspektief op die geestelike lewe. Ons doen nie maar wat ons wil, of wat een of ander geestelike leier vir ons voorsê nie. Ons hoor by God in Sy Woord en deur Sy Gees watter dinge Hy wil hê ons by betrokke moet raak – en dit is die dinge wat ons dan doen. Dit is presies wat Jesus bedoel het, toe hy aan sy dissipels gesê het (in die verhaal van die Samaritaanse vrou by die put van Jakob): “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (Joh. 4:34).
Dit het direkte persoonlike implikasies. God het vir my ‘n werk om te doen. God het ‘n werk vir jou om te doen. Uitnemende projekte. Dinge wat pas by ons as God se meesterstukke. Ravi Zacharias sê in sy inspirerende boek The Great Weaver dat God met ons besig is soos ‘n Meesterwewer.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS – Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2; The fellowship of the Spirit – Ephesians 2

