Skip to main content

Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05

7-Psalms-A5-flyerPinkster 5 – 11 Mei 2016

Psalm 81 is op Donderdae gebid met verwysing na die vyfde dag van die Skepping waarop die voëls en die visse gemaak is om sy Naam te prys.  Die titel kom uit die eerste vers: “Juig tot eer van God, ons krag“.

Psalm 81 is ’n “liturgiese preek” wat:

  • ’n oproep tot lof bevat vir God se krag (vers 2-6);
  • ’n openbaring (preek) wat handel oor God se voorsiening, die volk se koppigheid, maar ook God se gereedheid om te help as hulle sou luister (vers 7-15);
  • ’n appèl aan die einde om die Here te dien, omdat dit God se voorsiening vir hulle sal ontsluit (16-17).

Ek wil dié Psalm daarom gebruik om die erediens te struktureer.  Ek gaan die eerste deel lees en dan gaan ons die Here loof met sang.

Hier volg die hele erediens

Continue reading

Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06

7-Psalms-A5-flyerPinkster 6 – 12 Mei 2016

Die Psalm begin met die belydenis dat die Here regeer.  En sy regering is majestueus en omgord met mag.

  • Die plek waarin ‘n mens dit sien, is in die wyse waarop dié dinge wat Hy skep, vas staan.  Die wêreld staan van altyd af vas, dit wankel nie.
  • Dieselfde is waar van God se koningskap.  Dit is van ouds af vas en onwankelbaar: “U troon staan vas van vroeg af; U is van ewigheid af.”  God is omgord met krag en majesteit.  Sy skepping is onwankelbaar.  Sy regering is onwankelbaar.

Daarom is God meer as in staat om enigiets op sy plek, die aarde, en met sy mense, die nasies, te hanteer.  Die Psalmis praat die druising van die ”seestrome” en die gedreun van die “baie waters”, ook die “golwe van die see” wat waarskynlik staan vir beide die geraas van oerwaters van Genesis (vers 4; vgl. Gen. 1:2) wat die oerchaos waaruit God geskep het, in herinnering roep, sowel as vir die geraas van die nasies wat ons samelewing in herinnering roep, soos op ander plekke in die Bybel vermeld word (Jes. 17:12 – vgl. Ps. 2).

Dit is betekenisvol.  God troon dus oor die skepping sowel as oor die mensdom.  Hy bring orde in die omgewing rondom ons.  Hy bring orde in die samelewing rondom ons.  God is die God van die aarde en Hy is die God van die mense.  Hy voorsien vir die aarde en vir die mense.

Hier volg die hele erediens

Continue reading

Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07

7-Psalms-A5-flyerPinkster 7 – 15 Mei 2016

Ons begin met lof en dank.  Die Psalmis sê: “2 Dit is goed om die HERE te dank.”  Die Hebreeuse woord yā∙ḏā(h) kan ook met “loof” vertaal word.  Dit kan soms selfs bely beteken, wanneer dit in die konteks met negatiewe dinge gekoppel word.  Hier beteken die woord loof of dank weens die dinge waarvoor die Psalmis sê ons die Here moet dank.

Die Psalmis noem God se “troue liefde” en sy “trou in die nag”.   Hy wil dit uitjubel met verskillende instrumente: “Want U maak my bly met u werk, HERE,  oor u handewerk juig ek.”  Trouens, dit gaan ook nie net oor God se werk in die skepping nie, maar oor die gedagtes wat daaragter lê: “6 Hoe groot is u werke, HERE,  hoe diep u gedagtes.”

Daar is min dinge wat ‘n mens meer bewus maak van die teenwoordigheid van die Here as om in lofprysing en danksegging voor die Here te verkeer.

Hier volg die hele erediens

Continue reading

Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4

AthansiusTydmors?

Baie mense sê teoloë mors tyd en energie met hulle ivoortoring debatte.  Daarmee bedoel mense dat hulle moeg raak vir die oënskynlik sinlose teologiese debatte en die eindelose worstelinge met perspektiewe wat vir baie nie regtig met die werklike lewe te make het nie.

Is sulke debatte nie net tydmors nie?  Daar sal in elk geval nooit ‘n einde aan kom nie, nie waar nie?

‘n Mens sou vir Athanasius, die aartsbiskop van Alexandrië in die 4de eeu n.C. daarvan kon beskuldig, dat sy debatte met die kerk en met die vier keisers van sy tyd tydmors was.  Hy het vir vyf dekades lank hom beywer nie net vir ‘n frase of ‘n woord in die geloofsbelydenis van Nicea nie, maar om een letter daaruit te hou.  Een enkele letter.

Geen wonder dat die mense van hom gepraat het as “Athanasius Contra Mundum” – Athanasius teen die wêreld.

Die ding is net, as Athanasius ingegee het, as hy opgehou worstel het, as hy tou opgegooi het, was ons almal vandag in die moeilikheid.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9

KragtigWebsliderEk dink ons almal dink meesal oor die vervulling met die Heilige Gees – om “vol te wees van die Gees”, soos die BDV dit vertaal – dat Hy ons binnekant volmaak, dat Hy ons vervul, dat Hy ons met sy heiligheid en goedheid en waarheid volmaak en dan loop ons harte en lewens oor van wat die Gees in ons bewerk.

Ons dink op dieselfde wyse oor die vrug van die Heilige Gees.  As ons bid dat die Gees ons sal volmaak met Homself, dan sal Hy die liefde en die vrede en die vriendelikheid uit ons laat vloei, soos Gal. 5:22 daarvan praat.  Die Gees sal deur ons lewens die vrug van die Gees dra.

Daarom sal ons saam met Peterson die teks kan vertaal: “Drink the Spirit of God, huge draughts of him.” (The Message).  Want, as ons van Hom drink, groot teue van die Gees, by wyse van spreke, dan sal ons vol word van Hom en oorloop van sy goedheid en heiligheid.  Dit sal half outomaties gebeur, as ons in plaas van baie wyn te drink, baie van die Gees drink, dan sal ons onder die invloed van die Gees kom, en sal ons lewe deur Hom bepaal word.

Soos wat drank ‘n mens kan laat slinger van sy invloed, só sal die Gees ons lewenstyl in die wêreld bepaal.  Hoe meer Gees, hoe meer leef ons soos Hy dit bedoel. Hoe minder Gees, hoe minder leef ons soos Hy dit bedoel.

En dit is natuurlik presies soos Handelinge 2 daaroor praat. Die Heilige Gees het die 120 gelowiges volgemaak van Homself en hulle het in verskillende tale – die tale van die vyftiental nasies wat daar teenwoordig was – die boodskap van Jesus Christus aan die wêreld verkondig.

Nou, dít is ‘n wonderlike ervaring, en iets wat elke kind van God se deel is, die dag dat jy tot bekering kom.  En meesal is daar iets wonderliks verbonde aan die eerste ervaring daarvan in jou lewe.  En bring dit groot vreugde in jou wandel met die Here.

En as dít nog nie jou deel was nie, dan is dit nooit te laat nie.  Die Bybel belowe, as jy in die Here Jesus Christus glo en jou tot Hom bekeer, sal jy die belofte van die Heilige Gees ontvang (Hand. 2:38).  En sal Hy van binne af jou lewe transformeer.

Maar, dit is nie die enigste manier waarop die Gees in ons lewe werk nie.  Trouens, dit is ‘n vraag of ‘n mens hierdie vers só moet vertaal, en of dit nie beter is om eerder te vertaal: “Wees vol deur die Gees.”

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16

Ons aanbid wat ons liefhet

Air FB advertensie2Ons het verskeie insette gehad dié kwartaal oor aanbidding.  Dink ‘n bietjie terug aan alles wat julle dié kwartaal al gehoor het.  Ek onthou dat ek die reeks afgeskop het met die gedagte dat ons aanbid wat ons liefhet. Ek het gesê dat ‘n mens kan agterkom wat jy aanbid, deur te dink oor die dinge wat jy liefhet.   Of dit nou ons behoeftes is aan seks, of mag, of geld.  Enigeen van dié drie basiese dinge kan die dinge raak wat ons aanbid, wat ons lewens stempel.  Soos Maarten Luther gesê het: “Whatever your heart clings to and confides in, that is really your god.”

Ons is wat ons liefhet.  Ons aanbid wat ons liefhet.  Ons lewens word bepaal deur wat ons liefhet.

En ek het gesê dat jy baie vinnig kan agterkom wat en wie dit is wat jy aanbid.  Kyk net na wat jy elke dag doen, waarna jy luister, waarna jy kyk, waaroor jy dagdroom, waaroor jy wakker lê.  Volg die spoor van jou tyd.  Dink oor jou voorliefdes, jou energie, jou geld, jou lojaliteit. Aan die einde van dié spoor sal jy ‘n troon sien, en daarop sal dié ding of dié persoon wees wat vir jou van die hoogste waarde is, dié ding of dié persoon wat jy die meeste op prys stel, wat jy aanbid.

En ek het drie dinge uitgespel wat jou sal help om die regte dinge lief te hê, die regte God te aanbid: en dit is die Woord, die Heilige Gees en die gemeente.  En ek het die voorbeeld van Tomas gebruik wat nie daar was toe Jesus aan die ander dissipels verskyn het nie.  Dit het hom skepties en geïsoleerd gemaak, totdat hy die moeite gedoen het om saam met die dissipels te vergader, en die transformasie van Jesus se teenwoordigheid ervaar het.

Dit is steeds so – die Here praat deur sy Woord, Hy gebruik sy Gees om jou te begelei, en ons is as gemeente vir mekaar gegee om ons te transformeer.  Jy ignoreer jou gelowige vriende tot jou eie nadeel, en dit sal die aanbidding in jou lewe tot ‘n stilstand bring, en ander dinge, ander liefdes, vir jou belangrik laat wees, en dit sál jou van die pad af neem.  Jou lewe sál nie meer in aanbidding voor die Here kan wees nie.

Continue reading