Skip to main content

Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem

Oorgawe

1aOns is besig met ‘n reeks Volg.  Ons leer uit die evangelies hoe om Jesus te volg.  Vanaand is die tema Oorgawe.  Ons tel die verhaal van dissipelskap op in Matteus 16. English (Word)

Jesus is in die streke van Sesarea-Filippi in die noorde van Juda, so 40 km noord van die See van Galilea.  Petrus het so pas bely dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God (16:16).  Jesus het hom daarmee gelukgewens en gesê dit is ‘n openbaring van God self:

“dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.”

Jesus was so opgewonde daaroor dat Hy verder gegaan het, en daarby gevoeg het:

“Jy is Petrus, en op hierdie rots – Petrus se belydenis sowel as sy leierskap – sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”

Jy sit ook miskien vanaand hier en kan getuig van dieselfde wonderlike besef dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God.  En jy weet dit is iets wat van God af kom. Iets wat jy nie noodwendig kan verklaar nie, maar iets wat jou binnekant tot rus gebring het voor God.

En onthou, as dit nie jou ervaring is nie, dít is waarvoor ons as gemeente daar is, om jou in ‘n ervaring met die lewende God te begelei.  Ons word deur die twee woorde op die baniere hier voor gekenmerk: Ons luister na en ons leef vir God.

Continue reading

Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf

PP-liefhe2Ek wil na die verhaal kyk op drie maniere.

  1. Eerstens die gewone feite van die verhaal – die landscape of action soos dit bekend staan in die narratiewe praktyk.
  2. Tweedens die dieper betekenis van die verhaal – die landscape of consciousness or identity.
  3. Derdens hoe ons God hierin raaksien en ons Hom kan navolg – die landscape of transcendence (Monteleone).

Dit is ‘n metodiek wat jy met enige verhaal in die Bybel kan volg om die betekenis daarvan vir jouself te ontsluit.

Hier volg die hele erediens: (Afrikaans; English; PowerPoint)

Continue reading

Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.”

omarm1Ek onthou uit my jeug die impak wat Alexander Solzhenitsyn se One Day in the Life of Ivan Denisovich – Die Dag van Ivan Denisowitsj – op my lewe gehad het (Haum: vertaal deur Leo van der Westhuijzen).   Met die beskrywing van dié een dag kom jy agter hoe hy dag vir dag die hoop behou, een dag op ‘n slag.

Ivan is in een van Stalin se strafkampe gesit in die koue Siberië omdat hy van drostery uit die weermag aangekla is, ‘n valse klag, maar daarvoor moes hy harde handarbeid verrig in die strafkamp.  ‘n Uitmergelende verhaal van ontbering, maar ook van die triomf van die gees.

Ek onthou hoe Ivan – meesal Sjoekof, sy ander naam, genoem in die boek – dié dag besonder honger was, en met middagete gehoop het dat hy twee bakkies pap sou kon bewerkstellig vir homself deur iets vir die ondervoorman van die gevangenes, Pavlo, te doen.  En ek onthou soos gister die angs wat hy ervaar as hy die eerste bakkie pap te vinnig eet, nie genoeg vertroetel in sy mond nie, en dan agterkom dat hy miskien die tweede bakkie pap gaan mis.  Die eerste bakkie pap voel dadelik vermors.

En ek onthou die vreugde as daardie tweede bakkie pap voor Ivan neergesit word, en Pavlo vir hom omgee, ‘n hart vir hom het, genoeg om vir hom ‘n ekstra bakkie pap te gee.  Ivan het besonder lank aan dié bakkie pap gesuig-eet, elke mondjievol vertroetel in sy mond, die helfte van sy brood in sy sak gebêre om die aand in die bed verder aan te suig-kou.

Só het Ivan dit gemaak regdeur die tyd in Siberië in een van die koudste bewoonde dele wat ons op hierdie aardbol het, deur dag vir dag te lewe, elke dag uit te kyk vir die bietjie omgee wat selfs in dié godverlate plek beskikbaar was, ook soms self ‘n bietjie omgee uit te deel, en wat sy hoop brandende gehou het.

Hier volg die hele erediens (Afrikaans) – (English)

Continue reading

Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig

Bloemendal 13 Maart 2016

Pa- en Ma-Koedoe moes vir twee dae na ‘n ver plek vir noodsaaklike sake vertrek.  Hulle roep hulle koedoe-kindertjies bymekaar en vra mooi dat hulle by die ander koedoes in die ruigtes moet bly.  Die kinders mag onder geen omstandighede naby die rivier gaan nie, want daar skuil gevaar.  Koning Leeu is in die omgewing en ‘n hele klomp luiperds het hulle by die rivier tuisgemaak.  Dis doodsake.  Die klein koedoetjies beloof hand en mond hulle sal gehoorsaam wees.

Toe pa en ma terugkom, is die kinders skoonveld.  Dit gee ‘n vreeslike soektog af.  “Moet ons nie by die rivier gaan kyk nie?” vra Oupa-koedoe, ‘n ringkop in die koedoe-familie.  Einde ten laaste, toe dit al amper donker was, soek die koedoes rivier langs.  Hulle kom op ‘n klomp klein koedoe-ore af wat daar teen die rivier se wal lê.  Leeu-spore lê die hele wêreld vol. Die oortjies is al wat van die ongelukkige koedoes oorgebly het.

“Nee,” sê pa- en ma-koedoe, “dis beslis nie ons kinders se ore nie, want ons kinders hét nie ore nie!”

Continue reading

Johannes 20:19-23

Johannes-20_19-23Die verhaal van die eerste opstandingsdag vind die dissipels in die bovertrek besig om die gebeure van die dag te oordink.  Die nuus het vinnig versprei dat Maria vroeg die oggend by die graf was en dit leeg gevind het.  Petrus en Johannes het gaan kyk en selfs ingegaan om self te sien dat dit leeg is. Verder het twee wat op pad na Emmaus was, ook kom vertel dat hulle die opgestane Jesus ontmoet het.

Terwyl die dissipels hieroor diep in gesprek was, staan Jesus meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” En skielik is alles anders!

Laai die Afrikaans hier af; Download the English here

Hier volg die hele erediens:

Continue reading

Die ding wat ons doen

Die-ding-wat-ons-doenThe Air I Breath

Ons begin vanaand met ‘n nuwe reeks: The Air I Breath.  Dit is gebaseer op Louie Giglio se boek met dieselfde titel.  Dit handel oor aanbidding.

Die titel van sy boek laat my dink aan die liedjie van die Hollies in die vroeg sewentigerjare, laerskool vir my, “All I need is the air that I breath, yes, to love you.” (Mike Hazlewood en Albert Hammand).  ‘n Mens hoor dit nog baie oor die radio.

Ons is wat ons liefhet

En dit is nogal gepas, want hulle liedjie onderstreep ‘n baie belangrike ding van die lewe.  Ons is wat ons liefhet.  Ons word bepaal deur wat ons liefhet. Al wat ons nodig het, is die ding, of die mens wat ons liefhet.  Meer as ons denke, meer as ons kennis, word ons bepaal en beïnvloed deur wat ons in ons diepste wese liefhet.

Ons aanbid wat ons liefhet

Want, ons aanbid wat ons liefhet.  Of dit nou ons behoeftes is aan seks, of mag, of geld.  Enigeen van dié drie basiese dinge kan die dinge raak wat ons aanbid, wat ons lewens stempel.  Soos Maarten Luther gesê het: “Whatever your heart clings to and confides in, that is really your god.”

Ons is wat ons liefhet.  Ons aanbid wat ons liefhet.  Ons lewens word bepaal deur wat ons liefhet.

Laai die Afrikaans hier af; Download the English here

Hier volg die hele erediens:

Continue reading