Jesus-verhale van Menswaardigheid Johannes 13:1-20
Jesus was die voete van sy dissipels – Johannes 13:1-20
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Annelet Slazus, Jesus-verhale van menswaardigheid. No Comments on Jesus-verhale van Menswaardigheid Johannes 13:1-20
Jesus was die voete van sy dissipels – Johannes 13:1-20
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Jesus-verhale van menswaardigheid. No Comments on Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.”
Ek onthou uit my jeug die impak wat Alexander Solzhenitsyn se One Day in the Life of Ivan Denisovich – Die Dag van Ivan Denisowitsj – op my lewe gehad het (Haum: vertaal deur Leo van der Westhuijzen). Met die beskrywing van dié een dag kom jy agter hoe hy dag vir dag die hoop behou, een dag op ‘n slag.
Ivan is in een van Stalin se strafkampe gesit in die koue Siberië omdat hy van drostery uit die weermag aangekla is, ‘n valse klag, maar daarvoor moes hy harde handarbeid verrig in die strafkamp. ‘n Uitmergelende verhaal van ontbering, maar ook van die triomf van die gees.
Ek onthou hoe Ivan – meesal Sjoekof, sy ander naam, genoem in die boek – dié dag besonder honger was, en met middagete gehoop het dat hy twee bakkies pap sou kon bewerkstellig vir homself deur iets vir die ondervoorman van die gevangenes, Pavlo, te doen. En ek onthou soos gister die angs wat hy ervaar as hy die eerste bakkie pap te vinnig eet, nie genoeg vertroetel in sy mond nie, en dan agterkom dat hy miskien die tweede bakkie pap gaan mis. Die eerste bakkie pap voel dadelik vermors.
En ek onthou die vreugde as daardie tweede bakkie pap voor Ivan neergesit word, en Pavlo vir hom omgee, ‘n hart vir hom het, genoeg om vir hom ‘n ekstra bakkie pap te gee. Ivan het besonder lank aan dié bakkie pap gesuig-eet, elke mondjievol vertroetel in sy mond, die helfte van sy brood in sy sak gebêre om die aand in die bed verder aan te suig-kou.
Só het Ivan dit gemaak regdeur die tyd in Siberië in een van die koudste bewoonde dele wat ons op hierdie aardbol het, deur dag vir dag te lewe, elke dag uit te kyk vir die bietjie omgee wat selfs in dié godverlate plek beskikbaar was, ook soms self ‘n bietjie omgee uit te deel, en wat sy hoop brandende gehou het.
Hier volg die hele erediens (Afrikaans) – (English)
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Jesus-verhale van menswaardigheid. No Comments on Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf
Ek wil na die verhaal kyk op drie maniere.
Dit is ‘n metodiek wat jy met enige verhaal in die Bybel kan volg om die betekenis daarvan vir jouself te ontsluit.
Hier volg die hele erediens: (Afrikaans; English; PowerPoint)
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Jesus-verhale van menswaardigheid, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Markus 5 – Menswaardigheid
Jesus maak mense heel deur na hulle te luister…
’n Klassieke gereformeerde liturgie is ’n tweegesprek: ons luister na God, God luister na ons ons reageer oor en weer. Daarom wil ek jou nooi: wees vanoggend bewus van hierdie wederkerige gesprek, van God wat na ons luister en ons wat ons na God luister.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Jesus-verhale van menswaardigheid. No Comments on Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom?
Ons wil behoort en van betekenis wees
Ons het almal twee sterk en baie algemene menslike behoeftes. Ons wil êrens behoort en ons wil iemand van betekenis wees. Ons wil inpas in ‘n netwerk van verhoudinge en iets in daardie netwerk beteken. Ons het dus mense nodig wat ons aanvaar soos ons is. En ons het mense nodig vir wie ons belangrik is, in wie se lewe ons ‘n rol kan speel – en omgekeerd.
Dit is waarskynlik die kern van die probleem van ons land – dat mense, weens ons geskiedenis sowel as weens die vooroordele wat ons teenoor mekaar het, sukkel om te behoort, en om van betekenis te wees. Ons sukkel om ‘n gemeenskaplike identiteit te ontwikkel. Ons sukkel om ‘n ruimte te skep dat mense voel hulle hoort by mekaar, en dat hulle bydrae van betekenis geag word, van watter kant van die spektrum hulle ook al af kom.
Dit is nie anders in die kerk van die Here Jesus Christus nie. Ons wil aan ‘n geloofsgemeenskap behoort en ons wil iemand van betekenis in daardie gemeenskap wees. Ons wil saam die Here aanbid en saam die Here dien. Om dit op jou eie te doen, is moontlik, maar altyd ‘n bietjie van ‘n alleenpad.
Dit is immers waarom ons vandag hier in die erediens is. Ons is hier omdat ons voel ons hoort hier, of ten minste dat ons soek daarna om hier te behoort. En ons wil van betekenis wees hier, die idee kry dat ons gawes en ons talente en ons bydrae ‘n verskil maak.
Hier volg die hele erediens: Afrikaans (Word); English (Word); PowerPoint …
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Jesus-verhale van menswaardigheid, Rethie van Niekerk. No Comments on Markus 7: Respekteer
Die vreemde verhaal van Jesus se ontmoeting met die Siro-Fenisiese vrou beklemtoon drie verskillende vlakke van menswaardigheid: etnisiteit, gender en sosio-ekonomiese verhoudings.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.