Skip to main content

Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek

Begeesterd

Die Gees gee die moed om onreg aan te spreek

Ons dink baie keer aan die werk van die Gees in ons lewe uit die perspektief van die troos wat Hy bring asook die vrug wat Hy in ons lewe dra. En dit is baie relevante perspektiewe. Jesus noem die Gees die Trooster (Joh. 16). Die Gees is die Voorspraak, die Een wat nie net in ons is nie, maar vir ons intree by God (Rom. 8). Die Gees gee vir ons gawes (1 Kor. 12). En Hy dra vrug in ons lewe: liefde, vrede, selfbeheersing (Gal. 5:22).

Maar, dit is nie hoe Miga in die eerste plek dink aan die Gees nie. Hy dink aan vervulling met die Gees as die krag om op te tree teen onreg, soos hy in hfst 3:8 sê. Hy dink aan die Gees as die Een wat vir hom ‘n sin gee vir wat reg is, wat die moed gee om te praat oor die geweld, en onreg en gierigheid wat hy in die samelewing van oud-Israel raaksien.

Dit is dinge wat nie soseer jou geestelik bevestig en tot rus bring nie. Dit is dinge wat jou ontwrig, en ontstel, en wil laat optree. Die krag om op te tree, die sin vir wat reg is, wat jou teen alle onreg in opstand bring, wat jou die moed gee om te praat oor wat verkeerd is. Dit is soos ‘n vuur wat in jou brand waaroor jy nie stil kan bly nie.

Die Gees werk bevestigend en ontwrigtend

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees

BegeesterdDaar is baie op die spel in die stad Jerusalem. Die profeet Haggai het ‘n nuwe motivering gebring om die tempel te herbou met sy vier profesieë ‘n skrale ses maande tevore in 520 v.C. Net die fondamente van die tempel is egter nou al gelê. Die werk was nog baie en die pad na die einde nog lank en swaar.

Daarom gee die Here vir die profeet Sagaria agt visioene Donderdagnag die 15de Februarie 519 v.C. Hierdie vyfde visioen se boodskap is bedoel vir die politieke leier, goewerneur Serubbabel, en die volk.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander

flyer“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Dit is eintlik só uiters eenvoudig, maar ook só uiters belangrik. Jou eie ervaring van die Heilige Gees begin by die Here Jesus self.

John Taylor noem die Heilige Gees, die “Go-between-God” in sy boek met dieselfde naam. Die Heilige Gees is die een wat tussen ons en Jesus staan, die een wat in ons bly sodat ons aan Jesus verbind kan bly. John noem die Gees die koppelteken in die U-ek verhouding, die een wat sy hand op God lê en op my en ons aan mekaar verbind.

Maar, omdat Hy tussen ons staan en sy doel eintlik is om ons by Jesus en by God uit te bring, is Hy natuurlik ook die onsigbare God, die deus absconditus, die verborge God. Lossky, ‘n ander teoloog, sê: “The Holy Spirit, as Person, remains unmanifested, hidden, concealing Himself in His very appearing.” (aangehaal in Michael Welker se The Work of the Spirit). Daarom is God se Gees die Een wat anoniem is: “working anonymously and on the inside; the beyond in the midst.”

‘n Mens raak dus van die Gees bewus wanneer jy stil word en aan die verborge dinge dink, dinge waarvoor jy waardering het (troos), of dinge wat jou ontstel (ruk).

‘n Mens kan terugdink aan die dinge waaroor jy dankbaar is – dít is “heilige momente” in jou lewe waarin jy God se seënende hand in jou lewe kan raaksien. Soos ek in die begin gesê het: “Being grateful is a way of listening, a way of noticing God in the story of your life. And that gratitude will lead us to joy.” (Kerry Kent – Listen: finding God in the story of your life).

Of jy kan terugdink oor dié dinge wat jou ontstel het, wat jou binneste op hol jaag. Só raak ‘n mens bewus van jou behoefte aan God … en van hoe Hy daardie behoefte kan bevredig.

En in dié terugdink – begin die Gees met jou praat! Les Jesus jou dors. “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!”

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1

7 Junie 2015

1 Johannes 1:1-10

Inleiding

Die hart van die Christelike evangelie gaan oor die vergewing van sondes.  Dit is wat ons bely met die 10de artikel van die geloofsbelydenis: “Ek glo aan die vergewing van sondes.”

The heart of the Christian gospel is the belief in the forgiveness of sins.

Ons bely daarmee dat God die mag het om die gebroke verhouding met Hom en met ons naaste te herstel.  Hy het nie net die mag om ons skuld weg te neem nie, maar die mag om die verhouding tussen ons te herstel, nuut te maak.

We confess that God has the power to heal the broken relationship with Him and our neighbout.  He can heal and restore, make us new.

Continue reading

Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5

14 Junie 2015 Aanddiens

“Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe

Ons praat oor die toekoms in simbole en prentjies.  Daarin praat ons natuurlik die Bybel na. Dié prentjies kom uit die Bybel voort.  Dit is prentjies wat vir ons bekend is, wat ons help om die onbekende in bekende en vertroude beelde voor te stel.

Daarom praat die Bybel van die ewige lewe as ‘n bruilofsfees, as ‘n groot maaltyd, as ‘n stad met goue strate, as ‘n plek waar daar vrede sal wees tussen roofdiere en ander wilde diere.

Dit is dieselfde oor die opstanding van die vlees.  Die beste prentjie wat ons daarvoor het, is die opstanding van die Here Jesus self.  Nie dat ons dit perfek verstaan nie, maar daarmee het Johannes immers sy eerste brief begin. Hulle kon aan Hom vat en Hom sien, sê Johannes.  Hy het aan hulle verskyn, ook ná sy dood, ná sy opstanding uit die dode.

Ons vertrou die Here dus dat Hy op dieselfde wyse vir ons die opstanding van die vlees sal skenk, omdat ons in die Here Jesus, die opgestane Here, glo.

En dit is belangrik dat ons dit só sê.  Ons “siele” staan nie alleen op uit die dode nie. Ons “vlees”  staan daarmee saam uit die dode op.  Dis wat ons bely.  Ons hele menswees is vir God belangrik.  En dít is ‘n nuwe liggaam, bevry van swakheid, ouderdom, siekte, verminktheid, verkragting en kwesbaarheid.

Ek hou baie van die beskrywing in die boekie Geloof van die Eeue se beskrywing hiervan.  Hulle sê: “Wanneer iemand sterf, word die persoon se hele geskiedenis (nie net die vervalle liggaam wat gesterf het nie) “op”-geneem in God se ewige teenwoordigheid.” Mooi nê?!

Maar, ons moet ook onthou, die opstanding van die vlees is ook maar net een prentjie.  Ons glo nie net die opstanding van die vlees nie, maar die opstanding van alle vlees, van die herskepping van die hele skepping.  Daar kom ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde, só oortuig Johannes ons in die Openbaring.

Paulus sê immers in Romeine 8 dat ons sug saam met die skepping dat ons van die verganklikheid sal vrykom, dat God bekend sal maak dat ons sy kinders is, en dat ons vir ewig saam met Hom sal lewe. Want dit is wat die ewige lewe is.  Om die Here te ken en vir ewig saam met Hom te wees (Johannes 17:3).

Jesus se opstanding was die eerste teken daarvan.  En dit was ‘n groot teken.  Die Fariseërs en Sadduseërs het gestry of daar ‘n opstanding was of nie.  En toe staan Jesus op uit die dood, en beslis sommer die sakie daar en dan!  Hy het nie gewag vir die einde van die wêreld nie.  Hy het sommer na drie dae opgestaan!

Continue reading

1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê

Twee gebeure in die nuus staan vir my uit dié week.

Die een is die regering se flagrante ignorering van die hofbevel wat hulle opdrag gee om president Omar al-Bashir van Soedan in hegtenis te neem.  Daarmee het die regering sy eie aanvaarde wetgewing oortree, sowel as die grondwet en die internasionale verbintenisse wat die regering tevore aangegaan het.

Die ander is die tragiese moord van nege swart Christene deur die 21-jarige Dylann Roof in Charleston, South Carolina.  Volgens die polisie was Dylann se motivering om ‘n rasse-oorlog te ontketen.  Daarmee het hy die mees fundamentele beginsel van die liefde, spesifiek die gebod tot naasteliefde oortree.

Nou, ek weet, dinge is op politieke vlak nie so eenvoudig nie, en daar is ‘n konflik van belange tussen diplomatieke immuniteit vir staatshoofde en die handhawing van die reg, maar die feit bly dat die grondwet oortree is.  Die uitsprake van ‘n hof is doelbewus geïgnoreer.  En die impak daarvan kan ‘n groot invloed uitoefen op die pad wat met ‘n hele paar ander sake in ons land gevolg sal word.

Daar is alreeds groot moeilikheid met ons kragvoorsiening, met die verskaffing van basiese dienste, met onderwys, met grondsake.  Lees maar net RW Johnson se How long wil South Africa survive? The looming crisis, om te weet hoe beroerd sake werklik is.  Hy skryf oor die rasgebaseerde nuwe klassifikasie van mense wat juis die nie-rassigheid van die nuwe Suid-Afrika bedreig.  Hy skryf oor die effek van regstellende aksie wat ‘n oorlog van kulture op alle terreine van die samelewing veroorsaak en ons terugdwing in die loopgrawe van ons eie kulture.  Hy skryf oor die groeiende ekonomiese ongelykheid wat eintlik net ‘n klein elite groepie bevoordeel en nie die onregte van die verlede regstel nie.

Waar die reg nie meer gehandhaaf word nie, is ons uitgelewer aan die grypsug en selfsug van dié wat die mag in die hand het.  En dit kan die dood in die pot wees vir harmonie in ons land.

Hier volg die hele erediens:

Continue reading