Skip to main content

“Hoor tog” – 2 Konings 19

Ek dink die versoeking is daar vir ons as kinders van die Here om te dink dat God ons moet seën, aan mekaar, sonder ophou.  Dit is tog hoe God is.  Hy is goed.  Hy is almagtig.  Hy wil vir ons die beste hê.  Ons dink “Life is beautiful” – soos daardie onvergeetlike fliek van Roberto Benigni onderstreep het – en wil graag hê, trouens verwag dit dat ons gehoorsaamheid vir ons voorspoed sal bring.

Maar ek dink ons vergeet dat die pa in die fliek moet sterwe om sy kind en uiteindelik sy vrou die gawe van die lewe te kan gee.  Ons leef mos ons lewe tussen die twee pole van “Life is difficult” – soos Scott Peck dit gemunt het in sy boek The Road Less Travelled – en “Life is beautiful” – soos Benigni dit vir ons interpreteer.  Die twee pole van die lewe vorm eintlik die Seisoene van die Siel, soos ek onlangs in ’n nuwe ongepubliseerde boek van Riaan van der Merwe gelees het.

Continue reading

Geloof in die smeltkroes – Daniël 3

Dit is onvermydelik dat ons geloof van tyd tot tyd in die smeltkroes kom van die lewe se uitdagings.

Ek lees die week in die Huffingtonpost die verstommende statistiek dat vervolging van gelowiges eerder toeneem as afneem.  Dit berus op die Pew Research Center se wêreldwye navorsing, wat veral erge vervolging in die Midde-Ooste en Noord-Afrika uitwys.  Daar is ’n wydverspreide vyandigheid teenoor mense van ander godsdienste, soos nou onlangs weer in Egipte teenoor Koptiese Christene.  En die omvang van regerings se inperking van godsdiensvryheid bly verstommend hoog.  Om die waarheid te sê, die plekke in dié wêrelddele waar daar sektariese of gemeenskapsgeweld is, het verdubbel in 2011, dié jaar wat ons sal onthou as die Arabiese Lente.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4

Dit is die 5de eeu voor Christus (486-465 v.C.).  Xerxes (Ahasveros) is koning in Susan en heers oor die Persiese ryk.  127 provinsies is aan hom onderdanig, van Indië tot by Egipte.  Hy is ’n magtige, wrede, en wispelturige koning.  ’n Mens glimlag as jy lees dat die koning dink ’n wêreldwye bevel “dat elke man baas moet wees in sy eie huis” (1:22) sommer outomaties sal werk – die skrywer gee hiermee ’n klein stekie na die bravade van die patriargie.  Maar dit is dié koning, wat waarskynlik nie eers kan lees nie, wat met een bevel jou doppie kan laat klink, sommer ’n hele volk kan uitwis.  Iemand om deeglik mee rekening te hou.

Hier volg nou die hele erediens …

Continue reading

Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal)

God se verhaal in die OT

Die Bybel vertel vir ons een groot verhaal – van die skepping van alles af, tot by die herskepping met die nuwe hemel en aarde.  Dit is die verhaal van God se betrokkenheid by die wêreld.  Sy liefde veral vir mense in al hulle fases en fasette.

Hierdie verhaal van God met mense strek oor eeue en eeue, soos ons in Die Storie gesien het.  Elke persoon waaroor ons in die Bybel lees, vervul ’n rol in dié verhaal – van Adam af, regdeur Abraham tot by Esra en Nehemia.  Selfs die skarminkels in die verhaal, speel ’n rol.

God werk soms onsigbaar agter die skerms in die oorwegings van konings en amptenare en soms op kwalik onbedekte wyse deur wonders en buitengewone omstandighede.

Wat vir my egter veral wonderlik is van die verhaal van God is dat mense só ’n belangrike rol daarin speel. Ons sien God IN mense en hulle keuses en lewens:

HIER VOLG NOU DIE HELE EREDIENS – Klik op Continue Reading …

Continue reading

Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering)

Hy sou dit net meer gemaak het!

’n Ma  het  die laaste sny sjokaladekoek aan haar 6-jarige seun  gegee. Net toe kom haar 8-jarige seun ingestap en wil ook hê. Daar ontstaan ’n “mondgeveg” tussen die twee broers. Na ’n hele paar onsuksesvolle pogings om dit op te los, besluit die ma om die geloofspad te volg in ’n poging om die 6-jarige te oortuig om te deel met sy ouer boetie: “Seun, wat sou Jesus in hierdie situasie gedoen het?”

Die 6-jarige jonger boetie het dadelik geantwoord: “O, mamma, Hy sou dit net meer gemaak het!”

Ja, dis presies wat Jesus sou doen. Hy sou dit net meer gemaak het! Dis wat hierdie wonderwerk (wat die enigste wonderwerk is wat in al vier evangelies oorvertel word) vir ons leer.

Dít is hoe God is – Hy maak goed meer!

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)

Inleiding

Ons lewe mos in ’n wêreld wat behep is met kos.  Twee van die beste verkopers in enige boekwinkel, is kookboeke én dieet boeke!  Kookboeke vertel hoe om kos te maak en dieet boeke hoe om dit nie te eet nie!

Daar is ’n Joodse stukkie humor oor ’n ou man wat elke dag by ’n restaurant die sop van die dag bestel het.  Op ’n dag vra die bestuurder hom of hy dit geniet het.  Die ou man antwoord: “Ja, dit was goed, maar twee snytjies brood is nie genoeg nie.” Die volgende dag gee die kelnerin vir hom vier snye brood.  “Hoe was jou maaltyd?” vra die bestuurder.  “Dit was goed, maar jy kon meer brood gegee het,” antwoord die ou man.  Die volgende dag gee die kelnerin hom toe agt snye brood.  “Hoe was jou maaltyd, meneer?” vra die bestuurder.  “Dit was goed, maar jy kan meer brood gee,” kom die antwoord.  Die volgende dag sny die bestuurder ’n hele brood op in sestien snye en gee dit saam met die sop vir die ou man.  “Hoe was jou maaltyd, meneer?” vra die bestuurder.  “Dit was goed, maar jy kan meer brood gee,” kom die antwoord van die ou man.  Die bestuurder is nou gedetermineerd om dié kliënt van hom tevrede te stel en laat bak ’n 2 meter lange brood, sny dit in twee dele, botter dit en bedien dit aan die ou man saam met sy bakkie sop.  Die ou man is ook nie links nie en eet die twee helftes van dié twee meter lange brood smaaklik op.  “Hoe was jou maaltyd vandag, meneer?” vra die bestuurder met verwagting.  “Dit was goed, soos gewoonlik, maar ek sien julle is terug by net twee snytjies brood.”

Sekere mense kan jy nooit tevrede stel nie.

Continue reading