Skip to main content

Vreesloos 03: Wat as ek nie saakmaak nie? Sondagaand

Volgens God is jy op ’n wonderbaarlike wyse geskep (Ps. 139:14).  Kunstig aanmekaargeweef (Ps. 139:15) – interessant, dis nie eers in die N.A.V. vertaal nie!    God kan nie ophou aan jou dink nie – sy gedagtes oor jou is meer as wat daar sand is (Ps. 139:18).

Jou waarde is nie gegrond in hoe mense jou behandel nie.  Jou waarde is gegrond in hoe God jou behandel.  God, wat die hare op jou kop tel. Wat vir jou SÊ dat jy kosbaar is, dat hy lief is vir jou.  Wat dit vir jou wys deur sy lewe af te lê.

Hier is vanaand se YouVersion Geleentheid.

Intro

Ek sal nie bang wees nie

Gebed

Psalm 118

Lofsang

Let it be Jesus

Simple Pursuit

Oceans

Gebed

Preek

Evert herinner my in die week weer aan Postsecret – waar mense poskaarte met hul geheime maak en instuur.  Dit het baie jare gelede as ’n kunsprojek begin, maar daar is nou al verskeie boeke uitgegee met mense se geheime op poskaarte.  Ek het lanklaas daarna gaan kyk.  Maar toe ek die week gaan kyk, het ek sommer vinnig hierdie gekry:

Hierdie poskaarte vertel van ’n vrees waarmee baie mense onderliggend loop:  Sê nou ek maak nie saak nie?  Sê nou niemand is regtig lief vir my nie?

Wie van julle is goed daarmee om name te onthou?  Dis natuurlik hoekom dit so lekker is as mense jou naam onthou!  Dit sê dat jy saak maak.  Of as iemand jou verjaarsdag vergeet – of erger, jul herdenking vergeet!  Hoekom is jy dan in sulke groot moeilikheid?  Wat maak dit tog saak of julle die dag waarop julle ontmoet het of begin uitgaan het of getrou het, vier?  Dit maak saak, want dit sê:  jy maak saak.  As mense dan vergeet, bevestig dit jou ergste vermoedens:  dat jy nie regtig saak maak nie.

So ons trek die regte klere aan.  Hang met die gewilde mense uit in die hoop dat hul gewildheid so bietjie sal afvryf.  Ons bly in die regte buurt in die regte huis met die regte dekor.

Mens sien hierdie vrees dikwels helder in verhoudings:  jou geliefde moet jou heeltyd verseker moet jou heeltyd vertel jy lyk pragtig, hulle is lief vir jou.  Sodat jy kan weet dat jy maak saak – hoewel jy nooit eintlik regtig oortuig is.  So laat hulle dan net nie raaksien dat jy jou hare gedoen het nie!

As student werk jy jou oor ’n mik sodat jy net goed genoeg kan wees.  As jy ekstra spesiaal is, slaag jy dalk cum laude, sodat almal weet jy maak saak.  En die hele tyd die vrees:  sê nou my lewe maak nie saak nie?  Wat as ek al hierdie tyd op universiteit spandeer, voorberei vir die lewe – en dan was dit die verkeerde rigting, of ek kry nie werk nie, ek maak nie ’n verskil nie, ek is nie suksesvol nie?

Dan kry jy daardie werk, jy werk jou oor ’n mik om suksesvol te wees sodat mense kan sien jy maak saak.  Of die ergste:  jy gaan in die akademie en onderwerp vir altyd jou werk aan peer-review.  En daar is altyd ’n reviewer 2.

In hierdie lewe sal daar altyd ’n reviewer 2 wees.  Iemand wat sê:  Jy is nie goed genoeg nie.

En dan kom Jesus.  En Jesus sê:  Matt. 10:29-31

Regtig?  Die hare op jou kop getel?  Selfs die van ons wat die meeste onseker is, verwag nie van ons geliefdes om rekord te hou van ons hoeveelheid hare nie.  Maar dis hoeveel God omgee.  Selfs die hare op jou kop is almal getel.

Of wat van die mossies?  Jesus praat van die kleinste geldeenheid van sy tyd.  Een so ’n sent kon twee mossies koop.  Enige iemand kon ’n paar mossies besit.  Maar vir wat?  Wat wil jy met twee mossies doen?

In Lukas gaan Jesus selfs verder:  Lukas 12:6 Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie.

Een sent = twee mosies.  2c = 5 mossies.  Die vyfde mossie is gratis.

Ons wêreld is vol vyfde mossies.  Ons praat hierdie kwartaal by ons aanddiens oor menswaardigheid.  En ons ontdek ons wêreld is vol vyfde mossies.  Sommige van hulle slaap onder karton op ’n straathoek, ander onder vere duvet sin Somerstrand.  Sommige stap, ander ry flashy karre.  Hulle het een ding in gemeen:  hulle voel waardeloos.  Soos ’n vyfde mossie.

Die Chinese sendeling John Bentley vertel ’n pragtige storie.  China se wet dat gesinne net een kind kan hê, beteken dat swakkes verwerp word.  Mense kies seuntjies eerder as dogtertjies.  Gesonde kinders eerder as sieklik.  Kinders wat nie kan hoor of praat nie,  het min kanse in die lewe.  Die hele wêreld vertel vir hulle:  jy maak nie saak nie.  Jy is ’n vyfde mossie.

So vertel Bentley dat hulle vir ’n paar dowe weeskinders in Henan provinsie China Mandarynse kopieë van Max Lucado se “You are special” gegee het. Dis die storie van Pinkenolsie, ’n hout mense in ’n dorpie van hout mensies.  In die dorpiehulle hul sterretjies op sterre en kolle op die wat nie goed genoeg.  Pinkenolsie het so baie kolle, mense gee sommer vir hom kolle omdat hy so baie kolle het!  Dan ontmoet hy vir Eli, die maker van die hout mensies.  Eli sê hy moet hom nie steur aan wat ander sê nie:  “Ek het jou gemaak en ek maak nie foute nie.”  Wanneer Pinkenolsie dit hoor, begin sy kolle afval.

Die kinders in die Chinese weeshuis het nog nooit sulke woorde gehoor nie.  Bentley sê:

When they first distributed these books to the children and staff of the deaf school, the most bizarre thing happened. At a certain point everyone started crying. I could not understand this reaction. . . Americans are somewhat used to the idea of positive reinforcement. . . Not so in China and particularly not for these children who are virtually abandoned and considered valueless by their natural parents because they were born “broken.” When the idea came through in the reading that they are special simply because they were made by a loving creator . . . everyone started crying— including their teachers! It was wild.

Ons het ook soms nodig om herinner te word dat ons nie vyfde mossies is nie, dat ons saak maak.  Want sien, as jy dink dat jy nie saak maak nie, word dit ’n klassieke self-vervullende profesie.  Bv. werksonderhoud, of ’n “date”.  Onsekerheid dryf mense om liefde te probeer verdien en hou met hul lywe – en dit hou nooit lank nie.  Dan word jy weggegooi en voel jy presies so waardeloos soos wat jy gedink het jy was.

Die vrees vir nietigheid skep presies die resultaat wat dit vrees.  Dis soos ’n rugbyspeler at doel moet skop, maar oor en oor vir homself sê:  “Ek sal nooit die doel geskop kry nie, ek sal nooit die doel geskop kry nie…”

Die ergste van alles is, jy gee daardie gevoel van waardeloosheid aan.  Soos hulle sê:  hurt people hurt people.  As jy dink dat jy nie liefde verdien nie, gaan jy mense wegstoot en ook nie liefde en aanvaarding gee nie.

Weet jy wat heel heel ergste van alles?  Jy verskil van God!  Jy bevraagteken sy oordeel, sê hy het swak smaak.    Want volgens God is jy op ’n wonderbaarlike wyse geskep (Ps. 139:14).  Kunstig aanmekaargeweef (Ps. 139:15) – interessant, dis nie eers in die N.A.V. vertaal nie!    God kan nie ophou aan jou dink nie – sy gedagtes oor jou is meer as wat daar sand is (Ps. 139:18).

Jou waarde is nie gegrond in hoe mense jou behandel nie.  Jou waarde is gegrond in hoe God jou behandel.  God, wat die hare op jou kop tel. Wat vir jou SÊ dat jy kosbaar is, dat hy lief is vir jou.  Wat dit vir jou wys deur sy lewe af te lê.

Wanneer jy vrees dat jy nie goed genoeg is nie – kyk na Jesus.  Hoor wat hy sê.  Sien wat hy doen dit.

Gebed

Weet jy?

Slotsang

No longer slaves

Seën

pinkster, Rethie van Niekerk, vreesloos

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.