Skynheiligheid Ontbloot – Matt 6:1-18
Ons het almal ‘n photoshop weergawe van onsself wat ons vir die wêreld wys. Maar wat as ons binnekant en buitekant dieselfde lyk?
Verwelkoming & Afk.
Toetrede
Koor: Vonkk 226 Neem, Heer, my hart
Votum
So sal ek kom (Koos van der Merwe)
Seëngroet
Kom vanoggend saam voor God –
weet God diep binne jou sien,
sien wat verborge is,
hart sien.
Wees dan gegroet,
so, net soos jy is,
in Naam van God:
genade en vrede vir jou.
Lofsang
Lied 542 Jesus, ons loof U (Staan)
Psalm 111 vv 1 en 3 gemeente keervers, koor Psalmvers, v4 almal (sit)
Gebed
Skriflesing
Matteus 6:1-18
Reeks – Berigte van Goeie Nuus:
Jesus waardes van koninkryk,
sout en lig
hoe waardes leef –
vandag voort
Kindertyd
Ons Vader
Jesus geleer bid –
eintlik sê kan met God gesels oor enige iets.
Ons leer graag gebed Jesus ons geleer.
Ken?
Gaan deur – wys prente, verduidelik vinnig
Weer – onthou?
- Ons Vader wat in die hemel is,
- laat u Naam geheilig word;
- laat u koninkryk kom;
- laat u wil geskied
- soos in die hemel, net so ook op die aarde,
- Gee ons vandag ons daaglikse brood;
- en vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe
- en lei ons nie in die versoeking nie
- maar verlos ons van die Bose.
- want aan u behoort die koninkryk, die krag en die heerlikheid
- tot in ewigheid. Amen.
Preek
Fliek 80’s – Blink Stefaans.
(Nie self gesien, vat so bietjie kans)
Gaan oor ou genaamd Fanus –
vaal sukkelaar.
Alter-ego: Blink Stefaans:
dapper, arrogant, vir niks bang.
Blink Stefaans gee selfvertroue,
kan leef soos altyd gedroom.
Maar toe regtig saak maak,
laat Blink Stefaans vir Fanus in die steek.
Weet nie fliek aanleiding gegee tot uitdrukking,
of uitdrukking tot fliek:
Blink Stefaans – iemand vol van self.
Maar dis waarvan Jesus hier praat:
Wanneer ons binnekant en buitekant nie selfde lyk.
Wanneer eintlik Fanus is,
maar vir wêreld probeer maak asof Blink Stefaans.
Vandag dalk beter beeld,
soveel kontroversie,
elke af en toe die internet laat ontplof:
photoshop.
Foto van gewone mens vat,
so dokter,
soms byna onherkenbaar.
Op manier ons almal eintlik maar besig onsself te photoshop,
vir wêreld prentjie voorhou net effens beter,
bietjie blink gevryf,
effens beter as die ware produk.
Binnekant effense sukkelaar,
sondaar,
twyfelaar.
Maar glo uitdrukking “fake it ‘till you make it”,
hou alter-ego aan wêreld voor
vol selfvertroue,
gelowig,
goeie Christen,
al regte goed doen.
Baie maniere hoe dit prakties lyk:
Geen binne-kamer lewe,
bid nooit, lees nooit Bybel –
elke Sondag in kerk,
nie om God te ontmoet,
maar deur mense gesien te word.
Of betrokke kerk,
help armes –
maar behandel eggenoot en kinders liefdeloos,
dodgy besigheidspraktyke.
Gebruik een woordeskat wanneer saam mekaar by kerk,
ander woordeskat om braaivleisvuur.
Praat hier oor een ding,
om braaivleisvuur verander onderwerp.
Of dalk dit by kerk en by werk en by huis en by braaivleisvuur
presies dieselfde –
maar wat binne is,
anders.
Net jy weet presies hoe baie daar aan beeld geskaaf is,
hoe baie photoshop weergawe
van regte ding verskil.
Of maak dat asof alle antwoorde,
nooit met God worstel,
nooit vrae oor geloof,
oor Bybel,
oor goed wat ma en pa en ouma en oupa ons vertel.
Dalk selfs met self oneerlik oor worsteling
met God en geloof.
Teks Jesus praat van lewe van gelowiges –
verlede week uitgepak.
Basiese goed gelowiges doen:
geregtigheid / hulp armes
gebed
vas
Jesus nie probleem dat die goed doen.
Dis basiese van godsdiensoefening.
Probleem is nie WAT doen,
Probleem is HOEKOM doen.
Wat Jesus basies sê,
is dat jou binnekant en buitekant dieselfde moet lyk:
jou on-ge-photoshop-te self
lyk persies soos die photoshop weergawe.
So Jesus noem basiese goed
hoe godsdienstigheid in sy dae sou lyk.
Getroue dienaar van God sal armes help.
Maar publieke daad –
mense gehelp waar ander kan sien.
SODAT ander kan sien.
Aankondigings in sinagoge gemaak:
so en so het hierdie week soveel gegee vir die armes.
As baie groot ding gedoen/gegee,
beweer sommige geleerdes,
selfs met trompetgeskal aangekondig.
Bid sommer op straathoeke,
waar mense kan sien.
Vas: skeur klere,
swaar gesigsuitdrukking:
sodat almal kan sien.
Niks fout met goed wat doen!
Maar doen om verkeerde redes:
doen om ander te beïndruk,
sodat eer en status in gemeenskap kan toeneem.
Jesus sê rede verkeerd.
MOET goed doen aan armes,
bid,
goed wat met gewone godsdiensbeoefening assosieer.
Maar nie sodat mense dit sien,
maar gebore uit binnekamer:
uit lewe met God.
Ek dink ons soms verkeerd verstaan:
niemand mag weet wat doen.
Self worsteling #reknomination –
video maak van hoe goed doen.
Moet tog juis nie!
wil eintlik donker video maak,
sê gaan nie vir julle wys hoe goed doen!
Maar Jesus sê nie
alle geloof beoefening
alle goeie dade
NET in geheim mag gebeur,
niemand ooit van mag weet.
Dis hoekom NB groot prentjie onthou.
Twee weke terug:
Sout en lig.
Moet leef op manier
ander God in lewe kan sien.
Geloofsdade moet sigbaar wees,
dis hoe evangelie verkondig.
Eerder as sigbaarheid van godsdiens
is vraag hier nie sigbaarheid,
maar motief.
Lewe na buite sigbaar
nie TER WILLE VAN mense nie,
maar AS GEVOLG VAN
binnekamer,
verborge wandel met God.
Beide belangrik:
jou lewe na buite
én jou lewe na binne, met God.
Regte jy
en photoshop weergawe
selfde lyk.
Binne en buite belangrik,
want kan ook na ander kant toe te vêr gaan:
so op binnekant konsentreer,
dat niks buitekant.
Jesus in Matt. 23 met Fariseërs praat:
Matthew 23:23 (AFR1983)
23“Ellende wag vir julle,
skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars!
Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander,
maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg,
laat julle na:
geregtigheid,
barmhartigheid
en betroubaarheid.
Juis hierdie dinge moet ’n mens doen
en die ander nie nalaat nie.
Binnekant en buitekant moet dieselfde lyk.
Interessante ding Jesus hier in teks doen,
wanneer praat oor hoekom regte goed doen.
Praat telkens van beloning.
Sê nie dat geen belonging.
Wel beloning ter sprake!
Beloning deur God,
nie mense.
Hier een van daardie plekke waar dit help
as mens fyn luister na wat Jesus sê.
Gebruik oor en oor term “Vader”.
Beklemtoon liefdevolle teenwoordigheid van God,
persoonlike aard van verhouding tussen God en gelowige.
Willie Jonker skryf fassinerend oor loon wat van hierdie Vader af kom.
Sê is nie loon van verdienste nie.
Loon is “verrassende geskenk
van God se genadige toewending tot ons
in ’n verdiepende geestelike gemeenskap met Hom.”
As nou Willie Jonker in eenvoudiger,
moderne taal moet vertaal,
dan sê hy
dat loon hier ter sprake
verhouding met God –
ervaring van God teenwoordigheid,
ervaring dat God na jou uitreik,
met jou praat,
jou vorm,
jou bevry.
Baie keer ons binne en buitekant nie dieselfde,
nie omdat ons sulke aaklige bose mense is,
maar omdat na buitekant wys
wat eintlik regtig graag wil wees!
Smag na ervaring van God teenwoordigheid,
hoor hoe ander oor God praat –
wil self ook beleef.
Soek daarna in uiterlike godsdiensoefening.
En soms gelukkig,
beleef wel.
Ander kere bly gefrustreerd.
Maar wanneer hierdie twee in balans is:
uiterlike godsdiens,
innerlike motief, getrouheid aan God,
dan, soos Jonker teks verklaar,
beleef ons dat al nader aan God groei,
al meer sy stem hoor –
“verdiepende geestelike gemeenskap”.
Daar’s nog een laaste ding moet sê
oor binnekant en buitekant selfde lyk –
oor ware weergawe
en photoshop weergawe
selfde lyk.
Droom is mos nou natuurlik
dat ware weergawe
soos photoshop weergawe sal lyk.
Dat régte jy
een is wat leef met God,
in alles God se eer soek.
Net vir God wil eer met alles wat doen,
geen waarde heg aan wat mense dink.
Lewe van ware piëteit,
gereeld,
lank Bybelstudie doen,
innige, opregte gebedslewe.
Nooit enige twyfel,
enige worstelinge met geloof,
met God opdragte,
met Bybel.
Lewe na buite
wat uit hierdie innerlike lewe gebore word
gekenmerk selfloosheid,
hele lewe oorgee diens ander.
Maar ek dink
eerlike realiteit is
dat as buitekant soos binnekant lyk,
photoshop weergawe
eerder soos regte weergawe sal lyk –
met vratte
en plooie…
en onsekerheid
en twyfel
en worstelinge
en vrae
en sonde
en selfsug…
Weereens NB groot prent kyk.
Herinner aan Luk. 18:9-14.
Gelykenis Fariseër en Tollenaar.
Fariseër bid:
Luke 18:11–12 (AFR1983)
11Die Fariseër het gaan staan
en by homself so gebid:
‘O God, ek dank U
dat ek nie soos ander mense is nie:
diewe, bedrieërs, egbrekers,
en ook nie soos hierdie tollenaar nie.
12Ek vas twee keer in die week
en ek gee ’n tiende van my hele inkomste.’
Tollenaar:
Luke 18:13 (AFR1983)
13“Maar die tollenaar het daar ver bly staan
en wou selfs nie na die hemel opkyk nie.
Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê:
‘O God, wees my, sondaar, genadig.’
Wat NB is,
is dat binnekant en buitekant selfde lyk.
Beteken nie
dat ons nou binne en buite
perfek moet wees.
Beteken dat eerlik moet wees
oor worstelinge,
oor feit dat nié perfek is.
Want dis wanneer ons eerlik is daaroor,
dat ons kan groei.
Wanneer eerlik oor worstelinge,
oor goed waarmee ons sukkel,
dat ons –
sonder die hulp van photoshop –
al meer en meer
die waardes van die koninkryk kan leef.
En as ons kan slaag daarin om so ’n gemeenskap te wees –
- van wie die binnekant en buitekant dieselfde lyk
- wat streef daarna om God te eer, eerder as om mense te beïndruk,
- maar wat ook eerlik is daaroor dat ons nog nié gearriveer het nie –
dan is ons ook sout en lig.
dan kan ons ook ’n gemeenskap wees waar ander mense
wat ook worstel en sukkel
en nie altyd alles regkry nie
welkom is
en tuis voel by ons.
Iemand vertel hoe vir 7-jarige dogtertjie gesê kamer regpak.
5 minute later klaar –
kan TV kyk?
Pa stap na kamer –
skoon,
niks uit plek.
Maak kas oop,
alles kom uit getuimel.
Pa vat stoeltjie,
gaan sit in middel van vertrek,
lees boek terwyl dogtertjie kamer regpak.
Speelgoed op rak
skoon klere opvou
ophang
vuil klere in kas.
toe klaar,
stap na pa,
drukkie:
Pappa is die beste pa! Dankie dat pappa my gehelp het.
Ek dink dit pragtige beeld van teks vandag:
dat God by ons sit
terwyl ons ons kamers regpak.
Kamer soms maar nog deurmekaar,
goed lê rond.
Maar leef met God.
Daar is binnekamer lewe met God
én uiterlike lewe
van regte ding doen.
Gebed
Reageer sonder aankondiging:
Vonkk 118 U wil geskied (Matteus 6:10) koor 1x, gemeente 1x (sit)
Dankoffer
Koor: Flam 21 In die hemel is die Heer
Slotsang
Lied 266 Ons Vader (staan)
Seën
Respons
Vonkk 118 U wil geskied (Matteus 6:10)
blink stefaans, Matteus, matteus 6, matteus 6:1-18, Onse Vader, photoshop, preek, skynheiligheid