Vyande word vriende – Matt 5:17-48
Wat bedoel Jesus wanneer hy sê ons moet ons vyande liefhê? Beteken Jesus se woorde dat ons onreg moet verdra? Hoe lyk liefde vir die vyand? Klik om Sondag-oggend se preek te lees:
Verwelkoming & Afk.
Toetrede
Lied 523 Ons Vader neem ons hande (staan)
Votum
Ps. 133
Lied 526 Waar daar liefde is (sit)(gemeente, Koor, Gemeente)
Seëngroet
Omdat God hier is,
is hier liefde.
En omdat hier liefde is,
is God hier.
Groet daarom Naam van God wat seën:
Genade & VREDE.
Lofsang
Ps. 33 vv 1 & 7 (staan)
Vonkk 110 Saam wil ons die Here prys sit (Koor 1x, gemeente 2x)
Lied 164 Ons is almal hier tesaam (sit)
Dankoffer
Koor: Heer, ons dink aan Afrika (Vonkk 159)
Fokus verhoudings – gebed
Voorbidding
Onderwysers
Dosente
Ouers
Kindertyd
Matteus – Jesus self preek.
Vandag teks, Matteus 5, sê moet vyande liefhê.
Soos gesing:
Als wat jy wil hê die mense aan jou doen,
moet jy ook aan hulle net uit liefde doen.
Storie: Die Simpel eekhorings.
Partykeer mense lelik met jou.
Boetie knyp skelm, knou jou af.
Iemand by skool skinder van jou.
Dan maklik kwaad te wees,
uit te skel.
Jesus sê:
jy sy kind.
Daarom daarom,
as mense lelik met jou,
nie terug skel,
maar vir hulle bid,
hulle probeer help.
Skriflesing & Preek
Reeks: Berigte van goeie nuus
Matteus.
Verlede week: sout en lig
Vandag: HOE sout en lig wees –
prakties.
Vanoggend ding doen
nie gewoonlik doen.
Preek en Skriflesing kombineer,
eintlik hoofsaaklik skrif-uitleg.
Eers sê:
dis nie nodig mens graad in teologie het om Bybel te verstaan,
alles van agtergrond moet weet.
Maar soms kan ekstra inligting mens help teks beter te verstaan.
Teks meer as 2000 jaar terug, in wêreld en kultuur dag en nag van ons s’n verskil.
Wanneer iets van daardie wêreld en kultuur verstaan,
verstaan ook teks beter,
verstaan beter wat vir ons wêreld en kultuur beteken.
So wanneer Jesus met volgelinge praat
oor wat beteken sout en lig te wees,
begin sê:
Matthew 5:17
Volle betekenis –
sodat NOU kan verstaan wat werklik beteken,
wat God werklik daarmee bedoel.
Dus: vervul,
maar ook voltooi,
Engels: “Fill up”.
18-20
So Jesus gaan nou verduidelik wat beteken sout en lig te wees.
Beteken –
ook vir ons –
dat wet nie minder geld,
maar méér geld.
Dat as gelowiges
groter erns maak
met wil van God.
21-22
Kan tog nie wees Jesus sê ons mag nie kwaad raak nie!
Jesus self by tye kwaad.
God soms kwaad.
En ons weet dat ongesond is woede ontken –
toksies.
Woede soms gepaste reaksie!
Woord vir “kwaad” hier
nie vererg, woedebui.
Dui op diepgewortelde,
innerlike,
sluimerende
haat,
eerder as skielike gevoel van kwaad wees.
Dis woede (of eerder haat)
wat daartoe lei dat jy iemand uitskel
vir gek (raka!)
of idioot.
Term vertaal gek – raka
Arameese term,
wat sê mens eintlik niks werd.
Meer geluid as woord –
geluid wat maak net voor spoeg –
so woord wat op punt staan in iemand gesig te spoeg.
Dis ’n begrip wat sê jy’s waardeloos,
’n suurstofdief.
Moes eintlik nooit gewees het nie.
Selfde “idioot”.
Tas persoon se karakter,
in hul wese en waarde,
aan.
Nie dat onnosel is,
of selfs net verkeerd is,
maar minderwaardig.
Weereens:
waardeloos.
Nie werd om as mens gesien te word.
So woede hier nie gewoon kwaad,
maar menswaardigheid van ander ontken.
Helse vuur = Gehenna,
kloof buite Jerusalem.
Rommelterrein
konstant aan die brand was.
23-24
Hierdie gedeelte herinner aan wat profete oor en oor gesê:
om God te dien,
gaan nie oor regte godsdiensbeoefening,
gaan oor regte verhoudings.
Jesaja 1:10–17 (AFR1983)
11Wat het Ek aan julle baie offers?
vra die Here.
Ek is sat van die brandoffers van ramme
en die vet van voerbeeste;
die bloed van bulle en lammers en bokke
staan My nie aan nie.
Ek het ’n afsku van julle wierookoffers.
Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings,
die uitroep van feesdae:
Ek verdra nie feesviering
met onreg saam nie.
15As julle julle hande in gebed uitstrek,
sal Ek my oë vir julle toemaak.
17Leer om weer goed te doen,
sorg dat daar reg geskied,
gaan die verdrukker teë.
Laat reg geskied aan die weeskinders,
behartig die regsake van die weduwees.
Selfde Jeremia 7,
Amos 5
Is belangrik kerk toe kom,
Bybel lees –
maar daardie goed moet effek hê op verhoudings,
op hoe ander sien en behandel.
Jesus gaan voort selfde trant:
25-26
27-30
Nou hierdie een weer tricky soos woede –
beteken mag nooit dink iemand aantreklik?
Hoe sal dan ooit lewensmaat kry
as nooit iemand anders begeer?
Party mense deur geskiedenis hierdie teks baie letterlik opgeneem.
Kerkvader derde eeu Origenes, self kastreer.
Beginsel hier ter sprake,
eintlik selfde as vorige een by woede:
menswaardigheid.
As iemand kyk,
nie sien as mens,
skepsel van God,
maar as objek van jou eie begeerte.
Nie met respek en Christelike liefde na iemand kyk,
maar op manier wat hul menslikheid, waarde aantas.
Raak nog interessanter:
31-32
Fassinerende een.
Ons oor jare:
mag nie skei,
behalwe as een ander een verneuk.
eerste plek vertaling “owerspel” nie so eenvoudig –
porneia,
mense verskil –
dalk owerspel,
dalk huwelike verhoudings misluk (Bv. Herodes broer se vrou getroud).
Hier eintlik iets heeltemal anders aan gang.
Wette van Jesus tyd,
slegs mans van vroue skei.
Vrou mag nie van man skei.
Egbreek iets wat vrou doen –
dink maar Juda en Tamar –
probleem nie hy by prostituut geslaap,
probleem sý.
Vrou egbreuk betrap,
met klippe wou doodgooi:
twee getuies,
moes sien.
Straf net vrou,
nie man.
Jesus sê hier
man kan egbreker wees.
Ook in vorige deel,
wanneer na vrou kyk en begeer,
pleeg egbreek.
Dis radikale goed!
Jesus se gehoor het dit eenvoudig nie so verstaan nie!
En om dan te sê mag net skei in geval van owerspel (wat ook al is),
weereens vrouens beskerm.
Wette verskillend toegepas,
maar was rabbi’s wat geleer kan van vrou skei
as sy nie lekker kos maak
of as ander vrou aantrekliker vind.
Deur te sê mag net skei hierdie een rede,
Jesus vroue beskerm.
So weer selfde ding:
menswaardigheid.
Om ander mense met respek te behandel,
te erken dat waarde het voor God.
Hartseer hoe gedeeltes soos hierdie
oor jare – ek weet van sulke gevalle in my eie leeftyd –
gebruik op manier presies teenoorgestelde as bedoeling.
Waar Jesus hier mense se waarde,
verhoudings bevestig,
tekste soos hierdie dikwels al gebruik
wet bo mense te stel.
33- 37 oorslaan
38-42
Nog een waar help om Jesus leefwêreld te verstaan.
(Ek het al hieroor gepreek – gaan net vinnig)
Ons dikwels dink
beteken toelaat mense op jou trap,
moet bv. ONREG vat wat na jou kant toe kom.
Maar iemand jou klap op regterwang
(hoekom spesifiseer Jesus?)
oorveeg.
Nie regte klap –
is minagting,
sê maak nie saak,
is nie klap werd.
Ontken menswaardigheid.
Ander wang draai
nie sê ek kruip,
kan my maar pap slaan.
Sê:
sien dat mens is
sien my menswaardigheid raak.
Kleed:
net twee lae klere,
as onderkleed gee – nakend.
Beskaam persoons wat sien.
Tweede myl:
Romeinse soldate mag dwing wapens een myl dra –
merkers op pad.
Nog myl – dan hulle moeilikheid.
Weereens:
nie sommer ding langs pad kry,
dwing wapens te dra.
Mens.
Sien mens raak,
erken menswaardigheid.
Julle sien nou al,
al hierdie goed Jesus sê,
sê eintlik selfde ding.
Saamvat in volgende deel,
kern van wat Jesus sê:
43
Naaste liefhê = Bybel (Lev. 19:18)
vyande haat nie,
maar wel praktyk geraak.
2 Sam 19 Joab verwyt Dawid na dood van Absalom met woorde:
“U het mos nou u haters lief”
44-48
Die “sodat” hier kan nogal verwarring veroorsaak.
(v45: sodat julle kinders van God kan wees)
Asof voorwaarde:
moet vyande liefhê,
dan sal kind van God wees.
Maar gaan nie hier oor verdienste of beloning.
Gaan nie oor hoe kind WORD,
maar oor God se kind OPTREE.
Belangrike onderskeid.
Ons doen nie hierdie goed om God se liefde te verdien.
Nie reëls wat van buiteaf op ons afgedwing word.
Is reëls wat vanuit God se liefde vir ons,
vanuit sy verhouding met ons,
gemaak word.
Laat dink aan John Irving se “Cider House Rules”.
Homer Wells,
hoofkarakter boek,
eindig op stadium op appel plaas
appels pluk saam met migrasie werkers,
woon in cider house.
Teen muur lys reëls.
Niemand kan lees,
niemand gee om.
Op dag Homer lees:
3. Please don’t go up on the roof if you’ve been drinking–especially
at night.
6. Please don’t take bottles with you when you go up on the roof.
7. Please–even if you are very hot (or if you’ve been drinking)–
don’t go into the cold-storage room to sleep.
9. There should be no more than half a dozen people on the roof at
any one time.
volgende dag almal van hulle op die dak.
Want sinnelose, belaglike reëls.
Reëls gemaak deur mense niks weet van lewe in cider house.
Die wet waarvan Jesus praat
is nie cider house rules.
Is reëls gemaak uit liefde,
deur God ons liefhet,
wil hê ons moet leef op manier
sy liefde reflekteer,
op manier ons daardie liefde belééf.
Daarom:
liefde vir vyand.
Teks gebruik spesifiek woorde wat die aktiewe keuse om lief te hê onderstreep.
Hierdie liefde nie gevoel.
natuurlik nie!
Hoe kan fuzzy voel oor iemand jou haat,
jou slegmaak,
jou waarde en menswaardigheid ontken,
jou nie respekteer?
Liefde laat dink Don Francesco liedjie 80’s:
Love is not a feeling,
it’s an act of your will.
Duidelik in manier Jesus sê ons aan hierdie liefde uiting gee:
deur te bid vir vyand.
Sommige manuskripte – en Lukas –
voeg by:
vyande seën
goeddoen aan hulle.
Dis aktiewe daad.
Weereens daad wat hulle raaksien,
nie as vyande,
maar as mense:
mense met waarde
met eie worstelinge.
Om vyande lief te hê,
is om vir hulle te bid.
Moet mooi hoor:
Jesus sê nie ons moet onreg goedkeur nie.
Liefde is nie goedkeuring van die kwaad nie.
Jesus sê nie ons moet dit maar verdra
wanneer mense verkeerd optree nie.
Liefde vir vyand
is om téén die gees van minagting
en uitsluiting,
te kies vir insluiting,
omarming.
Henry Nouwen:
Solank as wat daar afstand tussen ons is
en ons nie in mekaar se oë kan kyk nie,
ontstaan allerhande valse idees en beelde.
Ons gee hulle name,
maak grappe oor hulle,
bedek hulle met ons vooroordele
en vermy direkte kontak.
Ons dink aan hulle as vyande.
Ons vergeet dat hulle lief het
soos ons lief het,
dat hulle vir hulle kinders omgee
soos ons vir ons s’n omgee,
siek word en sterf –
net soos ons.
Ons vergeet dat hulle ons broers en susters is
en behandel hulle as voorwerpe
wat sommer net vernietig kan word.
Dit is wat Jesus sê die kern is van die wet:
nie om kwaad goed te keur nie,
maar om die méns agter die kwaad raak te sien
en jou te beywer vir hul bekering
en vir herstelde verhoudings.
Walter Wink vertel
tydens Civil Rights beweging in VSA,
onstuimige week in Selma, Alabama.
Groot skare swart en wit aktiviste
voor Ebenezer Baptistekerk saamgekom.
Skielik swart begrafnisondernemer opgedaag
van dorpie Montgomery.
Hy vertel groep swart studente betoog daardie middag.
Omring deur polisie op perde,
kon nie wegkom –
opdrag om weg te gaan
of gevolge te dra.
Berede polisie tussen hulle ingevaar
en net begin slaan.
Polisie ambulanse vir twee ure lank verhoed
om by beseerdes te kom.
Die begrafnisondernemer wat die verhaal vertel het,
was een van die ambulansbestuurders.
Het direk deurgery na Selma
om hierdie aaklige storie te vertel.
soos kan dink,
skare buite kerk begin kook van woede.
Oproepe opmars.
Terwyl skare voor kerk,
oorkant pad,
ry op ry,
Alabama State Troopers
en plaaslike polisiemag van Sheriff
Jim Clark.
Plofbare situasie.
Jong swart dominee voor mikrofoon gaan staan,
gesê tyd sing.
Ingesit bekende lied –
ander interpretasie:
“Do you love Martin King?”
Aangesien lied bekend,
mense sing reaksie:
“Certainly Lord!”
Do you love Martin King?
Certainly, certainly, certainly Lord!”
So aangehou,
dwarsdeur leierskap van Southern Christian Leadership Conference,
met skare wat reageer,
aangevuur raak:
Certainly, certainly, certainly Lord!”
en toe sing hy:
“Do you love Jim Clark?”
die einste sheriff wie se mense oorkant die pad staan.
die skare het met ’n geskok,
huiwerig gereageer:
Cer… certainly Lord.
“Do you love Jim Clark?”
Met ’n sterker reaksie: certainly Lord.
“Do you love Jim Clark?”
en nou het die skare verstaan.
certainly, certainly, certainly Lord.
Ene Ds. James Bevel het toe die mikrofoon gevat
en gesê nie genoeg Jim Clark te oorwin –
wil hom bekeer.
“We cannot win by hating our oppressors.
We have to love them into changing.”
Jim Clark het op die ou end tot bekering gekom,
selfs bely dat hy verkeerd was.
Weet nie wie jou vyand is.
Soms in huise:
eggenoot, familie
Iemand te nagekom, besigheid
breër samelewing: regering.
Jesus sê dat ons God se kinders is.
Dit beteken nie ons vloermatte hoef te wees,
onreg hoef goed te keur.
Beteken wel
dat ons na vrede streef,
dat vyande lief het
deur vir hulle te bid,
love them into changing.
Stil gebed:
dink vyand –
dalk iemand verontreg.
Dink ook: waar jy haat, iemand gek uitskel,
menswaardigheid miskyk.
Vra Jesus help lief te hê.
Stil gebed
Bid saam
Wy toe aan God –
responsories
Voorganger: Here, maak my ‘n instrument van u vrede.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
V: Waar daar haat is,
laat my liefde saai.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
V: Waar daar onreg is,
vergifnis.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
V: Waar daar twyfel is,
geloof.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
V: Waar daar wanhoop is,
hoop.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
V: Waar daar duisternis is,
lig.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
V: Waar daar droefheid is,
vreugde.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
V: O goddelike Meester,
gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie,
as om te troos;
om verstaan te word nie
as om te verstaan;
om liefgehê te word nie
as om lief te hê.
Want dit is deur te gee
dat ons ontvang;
dit is deur te vergewe
dat ons vergewe word;
dit is deur te sterf
dat ons tot die ewige lewe gebore word.
Gemeente: Gee wat U vra en vra dan wat U wil
Slotsang
Lied 284 Laat, Heer, u vrede deur my vloei (staan)
Seën
Mag die Here
julle liefde vir mekaar
en vir alle mense
laat groei
en oorvloedig maak
Respons
Vonkk 144 Vrede van God
Koor v1, gemeente v2-3
goeie nuus, liefde vir vyande, Matteus, matteus 5:17-48, oog vir 'n oog, preek, vyande, vyande liefhê