Skip to main content

Tag: Huisgodsdiens

26 Aug – 1 Sept – Nie ‘n gewone mens nie

OMGEE GESPREKKE

In vandag se storie gaan ons lees van ’n probleem wat onmoontlik gelyk het, wat Jesus reggemaak het.  Vertel vir mekaar van probleme wat jy het of al gehad het wat vir jou onmoontlik lyk.

BYBEL LEES

Lees Hoofstuk 24 van Die Storie of Johannes 6:5-13 (Die verhaal van die vermeerdering van die brood en vissies)

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Wat leer hierdie storie vir jou oor Jesus?
  • Verbeel jou jy was die klein seuntjie.  Vertel die storie asof jy die seuntjie was en sê hoe jy gevoel het.

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Kyk gou weer in vers 11 wat Jesus doen voordat hy die kos uitdeel.  Ons volg Jesus se voorbeeld en bid ook voordat ons eet.  Wie bid gewoonlik by julle?  Maak julle beurte?  Hou julle hande vas?  As julle nie gewoonlik bid voor ete nie, gesels oor hoe julle dit graag sal wil doen.

GESEËN OM TE SEËN

  • God kan enige iets en enige iemand gebruik!  Niemand is te klein en niks is te min nie.  Dink saam oor hoe God julle elkeen dalk hierdie week wil gebruik.  Hoe gaan julle hierdie week ’n seën wees?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

12-18 Aug – Die geboorte van die Koning

RUS

  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
  • Vertel vir mekaar hoe die Here julle die afgelope week geseën het.

HOOR

Lees Hoofstuk 22 van Die Storie of Lukas 2:1-20 (Die geboorte van Jesus)

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Hoekom het God vir Jesus aarde toe gestuur?  Wat beteken dit vir jou lewe?
  • Wat sê dit vir ons oor Jesus dat hy in ’n stal gebore is?  Hoe sou dit anders gewees het as hy in ’n groot, blink paleis gebore is?

LEEF

  • Sê almal vir Jesus dankie dat hy aarde toe gekom het.
  • Hoe gaan julle hierdie week ’n seën wees?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

5-11 Aug – Herbou die muur

RUS

• Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
• Ons lees vanjaar die hele Bybel saam deur. Sondag maak ons klaar met die Ou Testament. Gee kans dat elkeen in drie sinne (of minder) vir mekaar vertel waaroor hulle dink die Ou Testament gaan.

HOOR

Lees Hoofstuk 21 van Die Storie of Nehemia 4:1-15 uit ’n kinder-vriendelike Bybel (hierdie week se gedeelte gaan oor die herbou van die muur om Jerusalem – Esra 7, Nehemia 1-2, 4, 6-8, Maleagi 1 -4) of hierdie uittreksel uit “Die Bybel vir Almal”:

Continue reading

29 Jul – 4 Aug – Ester

RUS

  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
  • ’n Mens wil gewoonlik soos jou helde wees.  Vertel vir mekaar wie jou helde is soos wat aan hulle jy ook wil wees?

 HOOR

Lees Hoofstuk 20 van Die Storie of die verhaal van Ester in ’n kinder-vriendelike Bybel.

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Het jy al ooit gewonder wat jy hier doen?  Hoekom het God jou in jou spesifieke familie, skool, werk gesit?  Help mekaar om te dink hoe God jou daar wil gebruik.
  • Ons sien in Ester dat God in beheer is.  Selfs al lyk dit nie so nie en al is omstandighede sleg, is God besig om te werk.  Vertel vir mekaar hoe jy dit al beleef het – of waar jy sukkel om te sien dat God werk.

LEEF

  • Hoe het God vandag deur die storie met jou gepraat?  Vertel vir mekaar hoe jy daarop wil reageer.
  • Hoe gaan julle hierdie week ’n seën wees?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

22-28 Julie – Terug Huis Toe

RUS

  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
  • Vertel vir mekaar van projekte of stokperdjies wat jy begin het, maar halfpad mee opgehou het.

HOOR

Lees Hoofstuk 19 van Die Storie (dit is die verhaal van die volk se terugkeer uit ballingskap en die begin van die herbou van die tempel – Esra 3:7-6:22

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Die mense spring vol energie weg en begin die tempel bou, maar later hou hulle op en begin op ander goed fokus.  Natuurlik werk dit so met ons verhouding met God ook:  partykeer leef ons naby aan God, maar ander kere word ons aandag afgetrek deur ander goed.  Vertel vir mekaar van tye wat jou lewe saam met God vir jou baie spesiaal was.
  • Wanneer hulle ’n ent gevorder het met hul bouwerk, kyk hulle wat hulle reggekry het en is baie teleurgesteld.  Ten spyte van hul harde werk, is die tempel nie naastenby so pragtig soos die vorige een nie.  Vertel vir mekaar van tye wat jy ook so gevoel het:  dat jy jou beste gedoen het, maar die resultate was nie soos jy gehoop het nie.
  • Die tempel was vir die volk ’n teken dat God by hulle is.  Ons dink nie meer so oor die kerk nie – dit is nie “die huis van God” nie.  God woon in ons.  Maar hoekom gaan ons kerk toe?  Hoekom is kerke vir ons belangrik?  Vertel vir mekaar wat kerk toe gaan vir julle beteken.