5-11 Mei Huisgodsdiens
OMGEE GESPREKKE
Grootmense vertel van kerk toe julle kinders was. Wat was anders, wat was dieselfde? Het julle gesin gereeld kerk toe gegaan, wat was julle “rituele”, wat onthou julle van kerk?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 5-11 Mei Huisgodsdiens
Grootmense vertel van kerk toe julle kinders was. Wat was anders, wat was dieselfde? Het julle gesin gereeld kerk toe gegaan, wat was julle “rituele”, wat onthou julle van kerk?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 28 April – 4 Mei Huisgodsdiens
Laat die grootmense vertel hoe hulle “tot bekering gekom” het. Party mense kan vir jou spesifieke dag en datum gee, ander het net altyd geweet, sommige het oor tyd agtergekom…
Lees Handelinge 2:38-39
Gaan na wanneer elkeen van julle gedoop is en merk dit op jul kalender. Dink hoe julle dit elke keer gaan vier.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 21-27 April Huisgodsdiens
Gesels oor die afgelope Heilige Week en Paasfees. Wat was vir julle die lekkerste daarvan?
Lees Handelinge 2:22-24
Hier is dit uit Die Nuwe Testament vir Kinders
Petrus het verder gepraat en vir die mense gesê: “Ek wil regtig hê julle moet mooi luister wat ek julle vertel. God het vir Jesus gestuur om wonderwerke by julle te doen. Julle onthou mos wat Jesus alles gedoen het. Jesus het sommer dowe mense laat hoor. Blinde mense kon ook weer sien. Maar julle het hierdie Jesus laat vang. Die slegte mense het toe vir Jesus met spykers aan ’n kruis vasgespyker. Jesus het toe dood-gegaan. Maar God het ’n goeie plan gehad. Hy het al lankal geweet wat Hy gaan doen. God het toe vir Jesus weer lewendig uit die dood laat opstaan. Jesus het regtig weer geleef
Sê hierdie week elke dag saam die Apostoliese Geloofsbelydenis op.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 17 Mrt – 17 Apr Huisgodsdiens
Druk ‘n kopie van die vakansie se huisgodsdiensmateriaal en bêre dit in jou Bybel – dis vir die hele vakansie.
Neem foto’s van waar julle reis en deel dit met ons op ons facebook blad of via Twitter.

Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 3-9 Mrt – Onverwagse Opbrengste – Matt 6:25-30
Vertel vir mekaar van ’n keer wat God vir jou gesorg het. Op watter maniere sorg die Here nog vir julle? Is daar dalk iets spesifiek waaroor een van julle op die oomblik bekommerd is en God se sorg nodig het?
Lees Matteus 6:25-30
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die gedeelte. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
Vertel hierdie week elke aand voor julle gaan slaap vir mekaar waarvoor julle vandag dankbaar was.
• Net soos wat God vir die voëls en die gras sorg, sorg hy vir mense – maar hy gebruik bv. vir ons om deur ons vir ander mense te sorg. Hoe gaan julle hierdie week vir iemand anders sorg? Maak bv. saam ekstra kos en sit dit Sondag na kerk in die vrieskas in die Ark. Of julle kan die babas by Ithemba Lam in Forest Hill help of die straatkinders wat gehelp word by Maranatha , ook in Forest Hill (onthou, as ons vir kinders by robotte geld gee, help ons hulle nie, maar hou ons hulle op straat, waar hulle aan baie gevare blootgestel is).
• Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 24 Feb – 2 Mrt – Nuwe Wyn! – Matt 26
Ouers vertel vir die kinders van julle ervaring van die Nagmaal. Hoe het dit gewerk toe julle kinders was, die eerste keer dat jy Nagmaal gebruik het, ’n spesiale Nagmaal wat jy onthou, wat Nagmaal vir jou beteken, ens.
Lees Matteus 26-26-30
Die Nagmaal is een van twee gebruike – sakramente – wat God vir ons gegee het: goed wat ons kan sien en voel waaraan ons kan vashou in ons geloof. Vier hierdie week saam Nagmaal! As een van julle Sondag vir die eerste keer gaan Nagmaal gebruik, kontak die kerkkantoor vroegtydig sodat ons spesiaal vir julle kan welkom sê.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.