Gr 2-3 Huisgodsdiens
Huisgodsdiens Gesinsbyeenkoms vir Gr 2-3 ouers
Deur Audrey van Wyk
Hoe DOEN ek huisgodsdiens sodat my 8/9 jarige leer om eindelik self Bybel te lees?
- Agtergrond
Wil jul huisgodsdiens doen en uiteindelik jou kind self laat bybel lees? Hoekom?
Eerstens moet ‘n mens vir jouself afvra: “is huisgqodsdiens hoegenaamd vir ons huis/kinders belangrik?” As dit nie vir jou as ouer ‘n prioriteit is nie, sal dit ook nie vir jou kind ‘n prioriteit wees nie. Rolmodel. HY of sy sal sien jy doen dit nie met toewyding en passie nie. Myns insiens is dit fundamenteel. Die Here is vir my belangrik, daarom wil ek hê my kinders moet die Here dien, hom ken en weet hoe lief hy vir hulle het. Sou hulle deur moeilike of goeie tye gaan moet hulle weet hulle kan vrylik na hom gaan.
Effektiewe huisgodsdiens kan lei tot kinders wat self wil Bybel lees en so God dien. Navorsing wys dat OUERS DIE EFFEKTIEFSTE IS VIR GEESTELIKE ONTWIKKELING en nie die kerk of skool nie. Dis ons taak.
Deuteronomium 6: 6,7:
“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slap en as jy opstaan”.
Hoe doen ons dit?
- Maak dit ‘n gewoonte. Kweek goeie huisgodsdiens/ of geestelike gesin groei of noem dit wat jul wil. Feit is ons as ouers moet huisgodsdiens ‘n gewoonte maak.
Huisgodsdiens is nie iets is wat van nature kom nie, maar moet aangeleer word soos tandeborsel, kamer aan die kant maak, aantrek en maniere leer.
Ons moet ons kinders die gewoonte aanleer om met God in gesprek te tree en Hom BEWUSTELIK deel te maak van ons lewens. maar om daardie verhouding met God te begin, daai Godsbesef wakker te maak en dit te kweek is ons as ouers se verantwoordelikheid. Verhoudings groei – dink maar aan die met jou man/kind wanneer mens tyd maak daarvoor en dit wil doen. As jul nooit tyd maak vir mekaar nie verloor jul insae in mekaar se gevoelswereld… en kort voor lank leef jul by mekaar verby. So moet ons tyd maak vir huisgodsdiens.
- Doen moeite om jaar na jaar na jou kind/kinders se ontwikkelings vlak/ intellektueel/geestelike vlak te ken.
Erikson: industry vs inferiority – begin self lees – begin kinderbybel/ action bybel
Piaget: Kognitief: Konkrete denkers
Kohlberg – moraliteit – konvensionele moraliteit. Ken reëls/reg en verkeerd/ goeie/ slegte
- Wees bewus van moontlike Slaggate/Uitdagings
TYD – is daar ‘n beste tyd? Ja ek weet tyd is ‘n vyand. Daar is skool, werk, sport, familie aangeleenthede, maar ons moet dit eenvouding in skeduleer by ons daaglikse planne. Tuis gryp ek die kinderbybel sommer by die ontbyt tafel, lees ‘n storie en bid, ander tye is dit laat middag en voor ons gaan slaap, bid ons saam. Maar soms gaan dit dol en ons lees hier en bid daar. By hook or by crook ek drukdit in soos hul vitamiene voor skool.
Emosionele welstand van ouer – indien daar onmin tussen ouers is/ finansiële/familie komplikasies mag dit stremming op huisgodsdiens plaas. Wees bewus daarvan, praat met iemand sodat jy as ouer optimum opereer en gebruik ook die huisgodsdiensgeleentheid om juis ook van hierdie problem (indien ouerdoms geskik) na die Here te bring.
Ouderdomme van kinders in huisgesin gaan bepaal watter stories julle lees, uit watter Bybel, of daar enige gesprek daarna is en hoe lank jul bid. Indien jul kinders se ouderdomme ver uit mekaar is, soos in ons geval, sou mens gesamentlike huisgodsdiens kort en tot die punt hou en dan eerder op ‘n ander tyd (ook gereeld) saam met jou ouer kind die storie uit ‘n meer gepaste Bybel lees en bid en dan selfs tyd vir bespreking hê.
Hulpmiddels:
- Kies die regte Bybel
- Nie alle stories is in die kinderbybel nie, dalk sal jul prente op internet moet soek as jul HG volg van S’Strand
- Bybel toepassings:
https://play.google.com/store/apps/details?id=cat.bcnmultimedia.paraboles&hl=en
http://www.notconsumed.com/2012/07/16/best-bible-apps-for-kids/
http://rachelwojo.com/bible-apps-for-kids/
https://play.google.com/store/apps/details?id=air.com.joelmckayhopkins.OTFull
http://www.kidsbiblestoryapps.com/
Bg is sinvol vir jou kind om Bybel kennis te prikkel, en so ook nuwe woordeskat aan te leer
- GETUIENIS
- OEFENING
Saam dink, ouers of enkel ouers, gryp ‘n pen en papier, hou ‘n dink skrum. Gebruik die storie van Ester, kies ‘n toepaslike Bybel en tyd vir jul huisgodsdiens en roleplay die gewoonte wat Somerstrand ( in die afkondigings/ webtuiste) voorstel:
RUS: hoe gaan dit met jul en jul kinders?
HOOR: Lees die storie
LEEF: Hoe is die storie van toepassing op ons lewens
Terugvoer – 5min
VRAAG:
S gemeente vir elke tweeny ‘n grootmens bybel gee,
Wil weet of jul dink dis ‘n goeie idee? Wanneer en watter sort Bybel.
Ek glo jul is nou bemagtig om met nuwe durf en daad HG aan te pak!
Sluit af met gebed.
Audrey van Wyk, gesinsbyeenkoms, graad 2, graad 3, Huisgodsdiens, ouers