24 Feb – 2 Mrt – Nuwe Wyn! – Matt 26
OMGEE GESPREKKE
Ouers vertel vir die kinders van julle ervaring van die Nagmaal. Hoe het dit gewerk toe julle kinders was, die eerste keer dat jy Nagmaal gebruik het, ’n spesiale Nagmaal wat jy onthou, wat Nagmaal vir jou beteken, ens.
BYBEL LEES
Lees Matteus 26-26-30
- Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die gedeelte. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
- Gesels oor die Nagmaal en wat dit beteken. Laai die boekie met riglyne oor hoe om met kinders oor die Nagmaal te gesels, hier af.
GEWOONTES EN GEBRUIKE
Die Nagmaal is een van twee gebruike – sakramente – wat God vir ons gegee het: goed wat ons kan sien en voel waaraan ons kan vashou in ons geloof. Vier hierdie week saam Nagmaal! As een van julle Sondag vir die eerste keer gaan Nagmaal gebruik, kontak die kerkkantoor vroegtydig sodat ons spesiaal vir julle kan welkom sê.
GESEËN OM TE SEËN
- As een van julle ’n musiekinstrument kan speel, kan julle Sondag in die erediens saam met die groepie speel! Kontak vir Janneke Jacobs of die kerkkantoor 041 583 5115.
- Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.