Skip to main content

Pinkster Hand 1:1-14 Julle sal krag ontvang Son 16 Mei 2010

Verwelkoming & afk
Pinkster – bid, wag op Gees (Donderdag Hemelvaart – koor)
Waltonpark & Kinderpinkster
Besoeke
Toetrede
Koor
Votum
Jak 4:8:
Stilte
Seën
Sang
Lied 166 (Kom, Heil’ge Gees) Gebed Gees teenwoordigheid (staan)
Lied 439 (O Heil’ge Gees, o God in ons) Loflied fokus Gees (staan)
Kindertyd
Sang

Wag op Gees –
gebed Lied 442
(Koor v 1, gemeente v 1& 2)  (sit)
Gebed
Skriflesing
Handelinge 1:1-8
Preek
“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom…”

Baie konnotasies werk van Gees,
maar sterkste in Bybel uitstaan – van OT –
krag.

Belofte reeds Joël (2:28-29)
[lees 10 dae van dag-en-nag gebed Transformations & Jerigo Mure):
…sal Ek my Gees laat kom
op al die mense,
julle seuns en julle dogters sal as profete optree,
julle oumense sal drome droom,
julle jong mans sal visioene sien.

Hierdie belofte word in Handelinge kragtig waar!
Bekend “Handelinge van Apostels”-
eintlik Handelinge van Gees. 

In Handelinge sien hoe belofte van Gees waar word,
dag uitstorting van Gees, 3000 tot bekering,
kerk met krag tot uithoeke van aarde versprei.

Johan Cilliers:
Wanneer ‘n mens Handelinge lees,
hoor jy hoedat die doodsbeendere ratel,
sien jy hoedat hulle roer,
beweeg
en lééf!
Been na been na been,
vleis en vel en Gees
deur Jerusalem sowel as die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.
Na alle kante toe spat die vonke,
skiet dit soos ‘n weerligstraal oor die aarde heen.

So evangelie met krag van Gees deur eeue bly voortbeweeg –
feit ons hier sit, produk daarvan.

Was ook geleenthede Gees nuut gekom,
mense besondere manier krag van Gees beleef –
ons noem dit herlewings.

In 1857 so herlewing begin in New York. 

Tyd van ineenstorting van bankstelsel,
vervoer & handel belemmer,
moord,
algemene verval:
sosiaal, moreel, polities, geestelik & ekonomies. 

Maar toe, in Sept 1857, begin Nederduits-Gereformeerde dominee in New York middaguur gebedsgeleenthede. 
Eerste een,
konsistorie van Old Dutch Reformed Church in Fultonstraat,
6 mense bygewoon.
Gegroei,
wegspringplek geword vir herlewing NY,
versprei Amerika.

In twee jr. – 1857-1858 –
miljoen mense tot bekering
nog miljoen Christene nuwe ontmoeting met God,
hom voluit begin dien.
Totale VSA bevolking op daardie stadium 30 miljoen.
Op een stadium minstens 50 000 bekerings per week!

Res van wêreld hiervan gehoor,
begin bid,
ook herlewings beleef – o.a. Noord-Ierland, Skotland, Wallis.
Later ook SA –
nou-nou.
Eers minder bekende deel verhaal vertel:

In 1856 (dus jaar voor herlewing NY)
12-jarige Xhosa meisie,
Nongqawise,
profeteer dat al diere en voedsel moet vernietig.
Geprofeteer dat op 18 Februarie 1857
wonderwerk sou gebeur:
vee sou uit grond kom,
voedselbakke skielik gevul,
dooie krygers opgewek,
stamme van Afrika sou Europeërs in see dryf.

As geskiedenis van ons area ken,
weet Xhosa’s profesie gehoor gegee,
vee doodgemaak,
voedsel vernietig. 

Aanleiding gegee skrikwekkende hongersnood.
18 Feb. 1857 gekom,
profesie nie waar geword –
honderde duisende Xhosa’s omgekom.

Maar in 1857 –
terwyl herlewing New York aan gang –
selfde tyd! –
herlewing onder Zulu’s in KZN.

Geweldige nood,
massa-hongersnood onder Xhosa’s Oos-Kaap,
gemaak ontvanklik vir evangelie –
herlewing in Grahamstad uitgebreek.

So, terwyl herlewing NY aan gang,
herlewing Zulu’s & Xhosa’s OK. 
Groot skares mense elke aand kerk in Grahamstad –
op ou end alle rassegroepe,
invloed sovêr as PE & OL. 

Jaar na herlewing in NY,
nuus ook SA grense bereik. 
NGK begin bid herlewing.

In April 1860 konferensie Worcester,
kerk werklik begin smag herlewing.

En in Mei selfde jaar,
begin herlewing Montagu.
Versprei Suid- en Wes-Kaap,
later hele land –
ook hier by ons.

Dus 2 kante –
Xhosa-herlewing OK,
NGK herlewing WK. 
Herlewing Worcester uitgebreek gemeente Andrew Murray
en Jan de Vries werksaam. 

Vertel verhaal herlewing:
60 jongmense,
gewoonte:  vra spesifieke gesang, voorgaan gebed.
15-jarige kleurlingmeisie.
Hoe liefhet ek Jesus.
Gedreun.
Gekniel, gebid.
Murray: vorentoe de Vries:  wat gaan aan?
Verduidelik, Murray probeer stilmaak.
God is God van orde!
Ek is julle leraar wat deur God gestuur!
Begin sing – hou aan bid.

Ironies,
Murray,
gebid herlewing,
nie herken toe gebeur!

Maar gelukkig Gees werk herken,
skryf 250 boeke,
massiewe vormende invloed wie NGK vandag,
hieruit gebore gewoonte om 10 dae voor Pinsktersondag
gebedsgeleenthede te hou,
te wag, soos dissipels tussen hemelvaart en pinkster.

Natuurlik uitstaan,
gevolge van hierdie herlewing:

voor herlewing was geestelike doodsheid en louheid in baie gemeentes.
Aanbidding streng formeel,
gebedsbyeenkomste deur min mense bygewoon,
sonde gefloreer. 

Herlewing:
sterk sondebesef,
(rusies opgelos, versoening – bure, families, sakewêreld)
gebedsbyeenkomste
nuwe energie getuig & gedien

Begin van kwartaal,
40 dae gebed herlewing.
nou 10 dae Pinkster,
dag en nag gebed.
Hiervoor bid:
herlewing. 
‘n Besondere beweging van Gees
met besondere resultate.
Herlewing in heiligheid,
hele wese toewy aan God.

Julle sal krag ontvang wanneer die Gees oor julle kom.

Ongelukkig teendeel waar van baie van ons,
gelowiges,
wat Gees hét. 

Soos verhaal van vrou wat man by baba se wiegie sien staan,
staan lank stil en staar.
sê naderhand:
wonderlik, né?
Man antwoord:
Ja!  Kan nie dink hoe enigiemand so wiegie kan maak vir net R100 nie!

Gelowiges,
glo in Gees,
bely Gees het,
maar soos pa wat wiegie staan en bewonder.
Dink dis genoeg. 

Geloof gewoon futloos.
Gebedslewe power, indien enigsins.
Beleef nie krag in gebed.

Neem voor:  gaan Here voluit dien, bid…
maar na tydjie verflou.

Wat ons nodig het,
is KRAG van Gees. 
Die “dunamis” – selfde woord “dinamiet”. 

Wat is hierdie krag van die Gees?
Krag van Gees
is krag ons in staat stel om voluit vir Jesus te leef.

Almal so bekend stryd:
wil voluit vir Jesus leef,
konsekwent Christelik,
maar Paulus Romeine 7:
wat ek wil, doen ek nie,
maar wat ek haat, dit doen ek.

Gees is krag wat in staat stel om goeie te doen,
lewe vir Christus. 

Beteken Gees ons ook krag gee te bid,
futlose, lewelose gebedslewe vul met krag en passie.

Maak dit vir ons moontlik –
en maklik –
om tyd met God te spandeer,
te groei –
lewe te ervaar in gebedslewe.
Jy kan hemel toe gaan sonder kragtige werking van Gees in jou lewe.
Maar kragtige werking van Gees nodig om hier op aarde te leef!

Tweede plek gee Gees krag om te getuig.
Dis waaroor hierdie hele besigheid gaan.
Is waarom ons Christene is.
Is ons één opdrag –
vir ELKEEN van ons –
te getuig.

Iemand vertel dat 95% van 4×4’s nooit van gewone pad afgaan.
Dis daarvoor gemaak,
maar word bykans nooit gebruik.

Al hierdie krag tot beskikking,
maar word nie gebruik vir doel waarvoor gemaak.

Krag van Gees maak bewus van eerste opdrag,
bestaansdoel as kerk:
te getuig.

Maar ons sukkel,
dink nie geleerd genoeg,
belangrik genoeg –
soos dissipels:
vissermanne –
3000 mense kom tot bekering.

Gees gee krag te doen. 
Dissipels gedink krag ontvang te regeer,
vyande op plek te sit.
Krag wat ontvang,
was te getuig,
gehoorsaam te bly, self toe vervolg word.

Is jy moet vir futlose gebedslewe?
Vir selfde ou ding oor en oor?
Geloofslewe geen krag het?

Kom ons hou op om tevrede te wees met die minimum,
met Sondag na Sondag kerk toe kom en wonder waaroor eintlik gaan.

Kom bid gawe van Gees,
dat Gees sal vul,
krag van Gees sal ontvang.

Miskien jy nodig weer, opnuut, krag van Gees in lewe te beleef.
Miskien nog nooit beleef, nodig eerste keer.
Dalk Jesus nodig.

Praat nie van warm, fuzzy gevoel & hoendervleis,
maar van krag van Gees,
9  en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
 Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
20  wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek
en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:

Gebed
Stil
anneer ek in my gebede aan julle dink,
17  bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.
18  Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
19  en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
20  wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:
21  hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
22  Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.
Dankoffer
Tyd van toewyding
Koor lied
Slotlied
Gebed, herlewing, lewe deur Gees
Pinkster
As nie laaste paar dae,
nooi volgende paar dae saam my wag op Gees,
vanaand:  hoekom korporatiewe gebed,
daarna elke aand saam bid.
Seën

Pinkster Gebedsimfonie Sa 15 Mei 2010

Lof & aanbidding musiek vooraf

Verwelkoming
verduidelik wat gaan doen

Nader tot God
Stilte
Lied 163 (Soos ‘n Wildsbok)
Stilte
Skriflesing
Matteus 18: 19-20
[Jesus het gesê:]
As twee van julle op aarde
oor enige saak saamstem
en daaroor bid,
sal my Vader wat in die hemel is,
hulle dit laat kry,
want waar twee of drie in my Naam saam is,
daar is Ek by hulle.”

Jesus is hier.
Ons lewens is oop voor hom.

Skuldbelydenis
Lees Gal 5:13-25
Toets lewe aan Wil van God
(luister – op skerm as wil terugkeer)
oop vir sondes waarvan Gees bewus maak.
Wanneer bewus word, bely.

Stilte

Lied 247 paar maal

Genadeverkondiging
1Joh 1:9

Lofprysing
Lied 224 herhalend, verskeie kere

Ek gaan name van God lees. 
Na elke naam, dink:  wat beteken dit vir jou dat God dit is?
Vertel vir God. 

El Shaddai – Almagtige God
Stilte
El Elyon – Allerhoogste
Stilte
El Olam – Ewige God
Stilte
El Gaye – Lewende God
Stilte
El Kanna – Jaloerse God
Stilte
Adonai – Here, gebieder
Stilte
Ek is wat ek is.
Stilte
Ek is die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.
Stilte
Ek is die boord wat lewe gee.
Stilte
Ek is die lig vir die wêreld.
Stilte
Ek is die ingang vir die skape.
Stilte
Ek is die goeie herder.
Stilte
Ek is die opstanding en die lewe.
Stilte
Ek is die weg en die waarheid en die lewe
Stilte

Lied 214

Voorbidding
Voor hy opgevaar het na hemel,
het Jesus vir ons gebid.
Luister Jesus gebed,
ontvang dit.

Lees Joh 17:20-26 (Jesus se gebed)
Bid n.a.v. Joh 17:
• Lys dinge waarvoor jy wil bid.
Stilte

Geleentheid vir Gebed

na ‘n paar gebede:  Lied 278 (3x?)

Danksegging
Geleentheid vir hardop gebed, God dank.

Toewyding/uitstuur
(Staan) Lied 286 (Here God van liefde)
Seën
Lied 266

Pinkster Verootmoediging Vr 14 Mei 2010

Aankoms
Mense kom in stilte binne,
meditatiewe musiek speel
Op skerm:  sit rustig, word stil, fokus op die Here

Verwelkoming
Rethie verduidelik wat gaan gebeur.
Begeleide stilword
Sit gemaklik

Begin stadig, diep asemhaal.
Asem in deur neus,
uit deur mond.
Diep asemteue.

Terwyl voortgaan diep asemhaal,
laat jou gedagtes tot rus kom.

Steeds diep asemhaal,
draai palms na onder,
alle gedagtes,
alles vandag gebeur,
elke uitasem –
sien hoe jy alle gedagtes laat val,
vir God gee.

Wanneer alles laat gaan,
steeds diep asemhaal,
draai palms na bo –
bevestig jou gereedheid God se Woord te ontvang.
Wag op Here.

Sang
Lied 254:  Spreek Heer
herhalend, a-kapella

“Wie sê julle is ek?” – oordenking
Begelei inleef in te leef in verhaal van Matteus 16.

Verbeel jou saam met Jesus dissipels,
hang rond,
nie regtig besig met enigiets veel nie.

Jesus kom nader na julle,
vra vir julle:
Wie, sê julle, is ek?

Voor jy nog aan antwoord kan dink,
sê Petrus al:
U is die Christus, die Seun van die lewende God.

En dis maar dit.
Word nie veel verder daaroor gepraat,
aanbeweeg volgende onderwerp.

Maar jy kan nie die vraag uit jou kop uit kry nie.
Jy hou aan dink hoe jý vir Jesus sou antwoord.
Wie is Jesus vir jou?

Neem tyd en formuleer jou antwoord(e) op die vraag.
Probeer verby al die kerkerige antwoorde kom,
diep in jou hart:
wie, sê jy, is Jesus?
(Kan notas maak).

Stilte

Wanneer gereed,
verbeel jou Jesus vra vir jou:
Wie, sê jy, is ek?
Pouse

Antwoord vir Jesus.
Wees bewus van hoe jy voel terwyl jy hom antwoord.
Dink ook hoe hy reageer.
En hoe jy voel oor sy reaksie.

Stilte

Draai nou in jou verbeelding na Jesus en vra vir hom:
Wie sê u is u?
Luister terwyl ek ‘n lys lees van Jesus se beskrywings van homself. 
Watter beskrywings haak by jou vas, spreek jou aan?
• Ek is Immanuel – God met jou
• Ek is die Wonderbare Raadsman
• Ek is die Magtige God
• Ek is die Vredevors
• Ek is die Een wat deurboor en verbrysel is vir jou sondes.  Ek is die een deur wie se wonder daar vir jou genesing gekom het.
• Ek is die Koning
• Ek is jou vriend.
• Ek is die Dienaar van God.
• Ek is die Heilige van God.
• Ek is die groot Geneser.
• Ek is die Christus – die gesalfde – die Messias – die Redder van die wêreld.
• Ek is God wat mens geword het.
• Ek is barmhartig en genadig.
• Ek is simpatiek.
• Ek is die lewende Woord van God.
• Ek is die Skepper.
• Ek is die Lam van God.
• Ek is die Een wat eerder vir jou sal sterf as om sonder jou te leef.
• Ek is die brood van die lewe.
• Ek is die gewer van die ewige lewe.
• Ek is die lig vir die wêreld.
• Ek is God.
• Ek is die deur na God.
• Ek is die goeie Herder.
• Ek is die Een wat sy lewe vir jou aflê.
• Ek is die Opstanding en die Lewe.
• Ek is die Weg.
• Ek is die Waarheid.
• Ek is die Lewe.
• Ek is die ware wingerdstok.
• Ek is die Een wat aan die kruis gesterf en uit die dood opgestaan het.
• Ek is die rots waarop jy jou lewe kan bou.
• Ek is die een voor wie elke knie sal buig en elke tong sal erken ek is Heer.
• Ek is die een wat jou nooit sal verlaat nie, jou nooit in die steek sal laat nie.
• Ek is die Begin en die Einde.
Refleksie
Reageer nou weer op vraag:
Wie is Jesus?
Neerskryf
Praat met Jesus oor wat van Hom gehoor
Musiekstuk
Loof die Here God/ Bless the Lord my soul – sing herhalend, acapella.
Daarna speel CD van selfde lied.
Verlaat kerk in stilte

Hand 1:1-14 Wag op die Gees Don. 13 Mei 2010 Hemelvaart

Verwelkoming
Sang
Lied 163 x 2 (Soos ‘n wildsbok)
Gebed
Ps 130:5-7
Sang
Lied 425 vv 2 & 4 – hemelvaart (Kyk die Heer het opgevaar)
Gebed
Skriflesing

Handelinge 1
Preek
Interessant ons tradisie altyd effens ongemaklik Jesus hemelvaart.
Kruis aangrypend,
opstanding dalk minder,
tog vier.
Hemelvaart – weet nie lekker wat te doen.

Maar vanaand net een ding sê oor hemelvaart,
wel baie is:
Jesus moes weggaan
sodat God by ons kan wees.
In Jesus weggaan,
pad oopgemaak vir uitstorting van Gees.

Wil vanaand fokus op tyd tussen hemelvaart en pinkster –
tussen Jesus weggegaan en Gees uitgestort.
Tyd van wag –
wat ons ook gaan doen in volgende 10 dae.

Jesus opdrag dissipels:
voordat enigiets doen,
enigiemand vertel:
wag eers op belofte van Vader, op Gees.

Wat hulle dan ook doen.
Tradisie van wag op Here sterk tradisie hele Bybel –
interessante studie as wil doen,
konkordansie.

Bekende taal bv. in profete.
Wag, letterlik, op God stem of daad.
Taal waarmee ervaring met God uitgedruk
Ook gebruik as aanmoediging aanhou moeilike taak.

Wat jou wil nooi volgende 10 dae saam met te wag op Here –
wag op Gees.

Kan tereg vra:
het ons regtig nog nodig wag op Gees?
Pinkster-Sondag, Gees oor kerk uitgestort.
Gedoop, het Gees.

Is inderdaad so. 

Maar moet onthou –
ek dink soms vergeet –
Gees nie vir ons gegee as besitting
wat ons kan beheer,
maar as ons Heer –
wat ons lewens beheer en regeer.
Ons gebruik nie die Gees nie,
die Gees gebruik ons.

Wanneer ons dan wag op die Gees,
dan ons gebed dat God deur Gees in ons sal werk.
Ons het Gees.
Maar vervulling met Gees – heiligmaking – is proses,
van al meer onder beheer van Gees kom.

En ons net so min mag dit self te laat gebeur –
self vervul te word Gees, self heilig word –
as wat het om self te red.

Al ons geestelike dissiplines kan net sovêr gaan,
maar op ou end moet ons wag op die Gees
om sy werk in ons lewens – en in die wêreld – te doen.

Baie belangrik dat vir mekaar sê,
waarvoor wag – is God.
As sê wag vervulling Gees,
maklik dink wat vir my beteken,
wat ek kry.
Dink nodig in geestelike lewe,
Here gaan voorsien.

Wag op God dikwels geassosieer met wag op antwoord,
wag op seën,
uitkoms.

Maar wat as nie antwoord, seën of uitkoms kry?
Dan leer juis punt van wag op Here:
Dit gaan om die Here.
Die gewer is meer as die geskenk –
God is meer as net dít wat ons van hom ontvang. 

Ons wag nie op wat ons van God kan ontvang nie.
ons wag op God.
En dis genoeg.
Moet ook sê,
jou nooi volgende 10 dae saam met my te wag op Gees,
weet nie regtig waartoe jou nooi.

Ons dink ons weet.
Maar God is in staat daartoe
om soveel meer te doen as wat ons bid of dink.
Deur in ons gedagtes prentjie te skep
van waarop ons dink ons wag,
ons eintlik besig Gees te beperk. 

Ja, ons het die Gees.
Maar dit beteken nie ons het die volheid van God nie. 
Die Gees kom steeds.

En soos die dissipels daardie tien dae na Jesus se hemelvaart,
kan ons ook op sy koms wag. 

Volgende vraag:
Wat gebeur wanneer ons wag?
Nie nou wat gebeur wanneer klaar gewag,
wat is wat opdaag,
maar proses van wag self.

In proses van wag op Gees,
word ons prioriteite herrangskik.

Dink as dissipels terug is Jerusalem toe,
soos opdrag.
Maar gedink:
hierdie boodskap te goed,
te dringend.
Kom gaan vertel.

En terloops,
Jerusalem verdien nie vir hulle vertel,
hulle hom gekruisig!

Hulle taak was om te VOLG
nie om te lei nie. 

Deur in Jerusalem te wag,
word hulle gekonfronteer met hul vrese,
moontlik verkeerde verwagtinge,
taak wat voorlê.
Prioriteite word herrangskik. 

In proses word hulle natuurlik ook gereining,
gereed gemaak vir taak wat voorlê.

Binnekort moet hulle evangelie tot uithoeke van aarde neem.
Geweldige verantwoordelikheid voor hulle lê.
Groot dinge verwag,
groot dinge nodig.

Kan dink sekerlik gevaar dat trots sou raak,
soos wat bediening vorder,
vrugte afwerp. 
Meen, (hulle weet nog nie) maar binne paar dae 3000 mense tot bekering!

Maar sodat hulle nie kan dink alles van hulle afhang,
hulle goed gaan bereik,
laat God hulle wag.
Soos dae aangaan,
leer Gees nie gemanipuleer kan word,
nie deur menslike wil voorgeskryf kan word.

“Nie met mag en krag sal jy slaag nie,
maar deur my Gees.”

Derde ding wag doen,
nou hierby aansluit:
herinner ons dat Hy God is.
Ons is nie. 

Om te wag is nie noodwendig om niks te doen nie.
Dit is wel om ons te onderwerp aan God.
Om te wag op God
beteken dat ons lewens teruggebring word
onder die sambreel
van God se gesag en rigting. 

As ons vooruit hardloop,
gaan ons val en misluk.
Wanneer ons op God wag,
kom ons diep onder die indruk van ons eie onvermoë,
van hoe nodig ons vir God het.

Henry Nouwen skryf van ‘n sweefstok artiste
wat hom een keer vertel het dat ‘n vlieër
volkome vertroue in die vanger moet hê.

Gesê mense dink vlieër is ster van vertoning,
maar ware ster is vanger.
Hy moet daar wees in breukdeel van sekonde
met absolute presisie
om vlieër uit lug te pluk.

Geheim is dat vlieër niks doen nie,
vanger doen alles.
Gevaarlikste ding vlieër kan doen,
is om vanger te probeer vang. 
Vlieër moet vlieg,
vanger moet vang.

Vlieër moet,
met uitgestrekte arms,
vertrou vanger daar sal wees vir hom.

Laaste vraag dan:
hoe?
Hoe wag op Gees?

Ons wag op Gees hoofsaaklik deur gebed.
Wat dissipels gedoen terwyl gewag op Gees:  volhard in gebed.
Is deur gebed
en in gebed
wat wag op Gees.

Is wat volgende 10 dae gaan doen.
Behalwe vir Sondae,
gaan nie preek.
Môre-aand meditasie,
stilword, wag op Gees.

Verskillende dele gebed,
soos in een gebed op eie sou kom,
elke aand.

Korporatief – saam bid, wag.
Ook persoonlik, by huis.
Boekies – notas, Jerigo Mure 10 Dae van Dag en Nag Gebed.
(Of boekies buite.)

Maar saam met gebed,
ook gesindheid:
eerstens afwagting.

Gaan Junie Kgalagadi toe.
Kan nie wág nie. 
Stop kort duskant my kar begin laai.

Dis afwagting.

Soos dogtertjie vroeg oggend wakker word,
weet pa belowe sal vandag see toe vat.
Weet vanoggend, gaan nou-nou see toe.
Pa, word wakker, ons gaan see toe!
Kan jy dink hoe moes wees in bovertrek,
dissipels wag op Gees?

Weet iets op pad.
Ure en dae glip verby –
ons weet vandag was 10 dae, hulle nie geweet.

Ek dink nie moeg, moedeloos geraak.
Opgewonde afwagting aangevuur,
aanhou bid. 

Tweede gesindheid is om met aandag op Gees te wag,
gefokus.
Partykeer wag op God,
maar wag eintlik nie op hom.
Ander goed aandag aftrek,
eerder op wag. 

Daarom doelbewus volgende tien dae fokus,
aandag vestig op God,
wag. 

Laastens wag op Gees met sekerheid.

Lang worsteling wat hierdie Pinkster.
Hoewel oorsprong, aanvanklik, nie nou meer deel ons tradisie.
En sê nou niks gebeur?

Andrew Murray gesê,
wanneer op Here wag,
moet vooraf besluit,
dat dit met oortuiging gaan doen,
dat God ons gáán ontmoet.

Hieroor moet nou reeds helderheid kry,
dat niks so seker is,
dat om op God te wag,
ongekende
en onverwagse
seën sal bring.

My moeilik te sê.
Hoe kan ek – Pinkster lei – dit waarborg?
Antwoord is,
verwagting is nie in my –
of in jou wat saam met my wag nie.
Ons verwagting is in God. 

Murray sê dit so mooi:
O, do learn the lesson!
Jy gaan nie op jouself wag
om te kyk hoe jy voel
of hoe jy verander nie.

Jy gaan op GOD wag,
om in die eerste plek,
HOM TE KEN,
en daarná
te sien wat hy doen. 

En wie God IS,
is so ‘n geseënde wese,
dat ons nie enige kontak met hom kan hê,
enige tyd saam met hom – al is dit hoe eenvoudig
of onindrukwekkend,
sonder dat sy lewe
en krag
stil-stil,
miskien in die geheim,
in ons lewens insypel nie.
Gebed
Wat is jou gebed vir die komende tien dae?
Wat verwag jy gaan gebeur?

Stilte

(Vraag in boekies)
Sang
Lied 442
Wegsending

Selfs jongmanne
word moeg
en raak afgemat,
selfs manne in hulle fleur
struikel
en val,
maar dié wat op die Here wag,
kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop
en word nie moeg nie,
hulle loop
en raak nie afgemat nie.
(Jes 40:30-31)

Hand 13:4-12 Son 9 Mei 2010

 Verwelkoming & Afkondigings

Welkom
MTR Smit (ons ondersteun, genooi vandag kuier, julle gesiggies sien – hoop lekker kuier)
Moedersdag
(altyd jong ma’s, lag.  Moederskap nie ophou, nie altyd maklik – ma van verlore seun Alida.  Seën toebid, veral vir wanneer nie maklik…)

Sendelinge terugvoer

Pinkster

Besoeke:
eerste besoeke hierdie week –
Khayalethu Jeugsentrum
Mense daar was, aangrypend
Het 2 huise:  K1 = 24 skoliere, K2 = 4 (2 werk, 2 studente)
As uit skool, nie ondersteuning, val terug.
Het hotdogs & lekkers gevat.
Gebruik karate as voertuig, sport –
kan sien klomp pryse.
Ook gumboot danse!
Benodig stoof,
kan jongmens ondersteun – slegs 40% staat
As snr posisie by werk,
dalk Gr 10’s werk (van hulle werk by Butterfield bakkery) –
leer werksetiek.
Nog info – pamflette, DVD by Liésl –
besoek so aangrypend, as Deon Binneman vra, reël nog een.

Week wat kom, tussen Pinkster deur:
Vanoggend Chesire Homes
Bosslapers
Kamualethu Invalsentrum
Thand’usana
Kom saam – kyk flyers,
of maak bydrae – kyk ook flyers.

Week of bounty –
enigiets ekstra, deel.

Spesifiek Global Leadership Acadamy Jeffreysbaai.
Nie net curriculum oordra,
waardes vestig,
leiers oprig.
Marietjie McFarlane

Bring enigiets,
hulle wenslys:
Onmiddelike Behoeftes Rede
• R700p/maand borgskap vir leerder
• Mini Busse
• Rekenaars
• Laser Drukkers
• Poshokkies
• Liaseer kabinette
• Fietsstaander
• Matte
• Sporttoerusting Krieket, rugby, netbal, sokker, atletiek, skaak, ens.
• Mikroskoop, Maatsilinders, ens Wetenskap laboratorium toerusting
• Mikrofoon en mikrofoonkabel
• Bokse A4 papier
• Witbord merkers / penne en witborde
• Skryfbehoeftes, kramdrukkers, ponse, penne, ens Skryfbehoeftes vir personeel en kantoorgebruik
• Onderwysertafels
• Interkomstelsel
• Stoele
• Sitkamerstel of bank en stoele
• Lessenaars
• Skandeerder

Oók hierdie week, Klub 65 –
RSVP Sandra Pauw

Votum (Ps 99)

1  Die Here regeer:
die volke erken bewend sy gesag.
Hy troon oor die gerubs:
die aarde sidder van ontsag.
2  Groot is die Here,
Hy wat in Sion is,
hoog verhewe bo al die volke.
3  Hulle moet u groot
en gevreesde Naam prys:
“U is heilig!”

5  Prys die Here ons God.
Kom buig in aanbidding voor Hom:
Hy is heilig!

Seëngroet

Lofsang  Lied 169:1-2   (staan)

 

Wet

(Lev. 20:7-8)
Wy julle aan My.
Wees heilig,
want Ek is die Here julle God.
8  Gehoorsaam my voorskrifte
en leef daarvolgens.
Ek is die Here,
Ek heilig julle aan My.

Skuldbelydenis   Lied 231:1 & 3    (sit)

 

Genadeverkondiging / doop

Elke keer God wet herinner word,
opdrag heilig te wees,
herinner hoe aanmekaar misluk.

Daarmee saam ook herinner genade.
Geen beter herinnering,
helderder bevestiging genade,
as doop.

Want doop
is teken en waarborg
van inlywing in volg van God.

Christus het aan die kruis ge¬sterf
en met sy bloed eens en vir altyd vir ons sonde¬skuld betaal.

Toe Hy aan die kruis gesterf het,
het Hy so volledig vir ons elkeen gesterf
dat ons “saam met Hom” aan die kruis gehang het.
En toe Hy uit die dood op¬staan,
het ons “saam met Hom opgestaan” (vgl Rom 6).

In die doop neem God self die inisiatief –
Dit is sy “teken-taal” waarmee hy vir ons sê
dat Hy ook die inisiatief  neem ten opsigte van ons verlossing.
God sal vir ons ‘n God wees
En ons sal sy kinders wees
en Hom gehoorsaam.

Die doop is ook ‘n bevestiging dat die Here deur sy Gees in ons woon
en dat Hy ons lewens so wil regeer
dat ons al hoe meer sy beeld in ons lewens vertoon.

Nooi vanoggend doop bedien,
God genade hierdie dogtertjie bevestig –
ook aan jou doop dink,
herinner word dat genade ontvang,
skuld vergewe,
jy deur Christus aan God behoort.

Roep Ouers Vorentoe:
Die doop is deur God self ingestel
as ‘n waarborg van die verbond van genade
wat Hy met ons en ons kinders sluit. 

Julle weet reeds jul dogtertjie,
wat al so moes veg vir jong lewetjie
en reeds soveel van God genade en ingrype beleef het,
aan God behoort.

Bevestig julle glo
en jul voorneme haar as Godsvrou groot te maak,
antwoord vrae:

Eerstens:  Bely julle dat julle in die Here Jesus glo
en dat julle Hom liefhet?

Tweedens:  Glo julle dat God die inisiatief neem
in die verlossing van julle kind
en dat julle kind aan die Here behoort?

Derdens:  Beloof julle om julle kind in die weë van die Here te onderrig
en ook om die kerk toe te laat  om julle  in die onderrig by te staan?

Wanneer kind ingebring word:    
Flam 5   (sit)  Orrel 1x, gemeente 1x,
familie /  vriende vorentoe,
dan gaan oupa doop bedien.
Gebed

Voorstelling van gedoopte(s) aan gemeente
Aansteek van die doopkers
Gelukwensing & Lied as gebed

  • God wet gehoor,
    skuld bely,
    helder gesien God genade bewys –
    nou aan God toewy.
    Dankoffer toewydingshandeling,
    waarmee sê hele lewe behoort aan God.
    Vanoggend dankoffer in bord gooi,
    sê vir God lewe aan hom wy,
    Flam 2 – orrel speel een keer,
    dan sing 3 verse.

 

Gebed

 

Skriflesing 

  
Handelinge 13:4-12

 

Preek

“Duiwelskind!
Deurtrapte skelm
en bedrieër!
Vyand van alles wat reg is!
Sal jy ophou
 om in die pad van die Here te staan!
11  Die Here gaan jou nou straf.
Jy sal blind word
en die son ‘n tyd lank nie sien nie.”
Onmiddellik het alles vir hom
vaag
en donker geword,
en hy het rondgetas
na iemand om hom aan die hand te lei.

Reeks:  gestuur deur Gees
Vandag:  God bring publieke figure tot geloof.

Bieg, toe program opgestel, gedink Chris hierdie teks en tema kry.
Nogal geskrik sien ek moet hieroor preek.
In so geval, beskou uitdaging,
aanhou worstel tót boodskap / stem van Here hoor.

Wat my gehelp,
reeks verlede jaar.
Onthou:  reeks oor Godsbeelde.

Sedertdien,
enige teks,
vra:  wat sê teks oor God?
Hoe vorm ons Godsbeeld?
Of meer nog,
hoe daag Godsbeeld uit?

Saam dit, lees onlangs artikel van Prof. in teologie – Scot McKnight.

Vertel dat elke jaar,
eerste dag van klas oor Jesus,
studente gestandaardiseerde sielkundige toets gee.
Toets in 2 gedeel.

Eerste deel oor Jesus.
Vra studente te dink hoe Jesus persoonlikheid was,
vrae soos: 
Verkies eie ding te doen of reëls te volg?
Iemand wat bekommer?

Tweede deel vra selfde vrae van studente,
in stede van:  Jesus iemand bekommer?
Vraag:  JY iemand wat bekommer?
Gaan nie oor regte en verkeerde antwoorde,
of selfs om studente help Jesus verstaan.

Wat toets wys,
eenvoudig verstommend:
ons dink almal Jesus is soos ons.
Introverte dink Jesus is ‘n introvert,
ekstroverte dink Jesus is ‘n ekstrovert.

Wil graag dink studente soos Jesus,
maar toets wys eintlik teenoorgestelde:
studente vorm Jesus om soos hulle te wees.
Op een of ander manier almal beeld van Jesus
soos ons is.

Daarom goed soms tekste te lees
wat effens omkrap,
idee van Jesus – dus van God –
bietjie rondskommel.

Ek wil graag verkondig God almal liefhet – want hy het.
Wil graag verkondig God liefde is – want hy is.
Vertel van God se oneindige genade – want dit is oneindig.

Maar daar is óók tekste soos hierdie
iemand in God se pad staan,
weggevat.

Hierdie nie eers ergste.
Res van Handelinge.

Eintlik net voor gedeelte ons gelees,
Handelinge 12,
vertel Herodes se dood:
Mense begin Herodes ‘n god noem,
staan vers 23:
Op dieselfde oomblik het ‘n engel van die Here hom getref,
omdat hy nie die eer aan God gegee het nie.
Herodes is deur wurms verteer,
en het gesterwe.

Lyk asof dit volgorde was:
deur wurms verteer,
toe gesterwe.

Nie enigste gruwel-verhaal in Handelinge.
Judas – deur God gebruik,
moes Jesus verraai God plan realiseer,
Handelinge 1:18
Met die geld
wat Judas vir sy misdaad gekry het,
het hy ‘n stuk grond gekoop.
Daar het hy vooroor geval
en oopgebars,
en al sy ingewande het uitgepeul.

Tipe ding mens OT verwag.

Verhaal eerste gelowiges,
lees van Ananias & Saffira,
eiendom verkoop,
gedeelte vir self gehou –
albei voor Petrus dood neergeval. 

As dan verder teruggaan,
nie eerste gemeente Handelinge,
Jesus self:
Manier Fariseërs gepraat,
Tempel gereinig – mense en diere met sweep uit tempel gejaag, tafels omgekeer, geld op grond gegooi
Sê van mense kinders afvallig maak:
vir hom is dit beter
as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek
in die diep see verdrink.

Wat ons hieruit leer,
is dat God niemand in sy pad laat staan nie.
Elimas wou nie dat goewerneur tot bekering kom –
en God haal hom uit die pad uit.

God is genade en liefde en ons vriend en ons broer…
maar hy laat ook nie met hom mors nie.

Daar het jy dit nou –
ek het dit gesê –
nooit gedink sal so iets van preekstoel af sê,
maar is deel van waarheid van God:
God laat nie met hom mors nie.

Maar wat ook mooi moet sien,
is dat God self handel.

Soms sien ons iemand,
dink staan in pad van God se plan,
begin self planne maak –
hoor selfs soms CHRISTENE praat van mense uit weg geruim word!

Wat sien uit (gru)verhale in Handelinge,
is dat God self met mense wat in sy pad staan,
handel.

Wat beteken hierdie effens ongemaklike prent van God vir ons?
As so iets hoor –
God niemand in pad laat staan,
self met hulle handel –
dan eerste reaksie sekere name in agterkop kry.
As troos sien:
Ja, God self sal met jou handel!
Here sal uit weg ruim.
Boontjie kry sy loontjie.

Maar ek dink,
wanneer hoor dat God niemand in pad laat staan,
dan eerste ding moet doen,
is balk uit eie oog haal.

Enige van ons kan enige oomblik in pad van God plan staan,
ons eerste taak,
is voortdurende selfondersoek,
Here wil soek,
seker maak ek self staan nie in pad van God se plan.

En eers DAN kan kom by ander –
publieke figure, soos tema vanoggend,
ook ander mense,
dalk in ons privaat lewe,
ons dink in pad van God plan staan.
Natuurlik nie so eenvoudig –
want hoe weet ons tog op ou end regtig wie in pad van God plan staan?

Kan bid,
verdiep in woord,
God wil soek –
maar op ou end nie een van ons beskore
te besluit wie in pad van God plan staan.

God kan vir Babilonië gebruik as hy wil!
Volk se slawerny,
volk se wegvoering in ballingskap,
seun se marteling en kruisiging –
kan alles deel wees van God se plan.

Maar kan weet daar by gelowiges geen ruimte vir fatalisme.

Dink dis gevaar baie van ons in gesig staar:
dinge buite beheer,
stuur op afgrond af,
dink kan sien slegte gaan gebeur:
een opsie NIE vir ons oop is nie, is fatalisme.

Kan nooit sê:  daar is geen hoop nie.

Want God het ‘n plan wat hy self deurvoer.
En God laat NIEMAND in die pad van sy plan staan nie.

Maak nie saak wat situasie,
wat openbare of private omstandighede,
kan nooit ophou hoop nie,
want ons weet dit van God –
sy wil sál geskied.

Maar goed,
ons kan nie regtig sê wie in pad van God plan staan,
is ook nie ons taak,
maar in menslikheid wil tog graag paar figure identifiseer.

Figure ek identifiseer waarskynlik nie selfde as die jy identifiseer.
Maar daar is mense wat voel:
Dit kan darem eenvoudig nie so aangaan nie.
Hierdie mens doen nét skade.
Dit kan nie Here se wil wees nie.

Dan is daar vir ons twee opsies:
ons kan vir hulle intree
en ons kan hulle engage.

Eerstens intree.
Beteken gewoon vir hulle bid.

Dink mense woede in jou laat opvlam:
het al vir hulle gebid?

Jesus gesê moet vyande liefhê,
óók gesê vir vyande bid.

Nou as sê bid vir vyande,
natuurlik paar opsies:
Psalms:  vyande vernietig
Ons graag:  tot bekering kom.

Jesus sê:  seën.
Wanneer bid vir vyande –
en het werklik lief –
dan bid dat Here hulle sal seën.

Natuurlik bekering deel daarvan,
want om Here te volg is seën –
maar ook meer.

Tweede ding kan doen wanneer mense optree manier ons dink pad van God plan staan, is deur hulle te engage.

Nie so eenvoudig,
veral publieke figure,
nie altyd toegang,
deesdae openbare moddergooiery,
oor en weer beskaming –
ook nie Christelike manier. 

Daar moet ernstig bid en besin hoe mense kan engage –
veral publieke figure.

Kan vir hulle bid by kantoor.

Kan vriende maak met mense,
werklik leer ken.

Ons dikwels vriende maak – uitreik –
ons voorwaardes.
Werklik engage beteken ander ruimte gee self te wees,
probeer verstaan,
aanvaar nie soos jy.

Ander manier ons wat vanoggend hier sit,
publieke figure kan engage,
is deur publieke kwessies te engage:

droogte:
hoe spaar ons water? 
hoe kan help, ander leer, bydra tot besparing van water?

sokker:
iemand in week sê hoekom sokker t-hemp dra,
omdat onthou hoe gevoel toe Mandela met rugbytrui op baan loop.
Iemand anders onthou hoe gevoel toe swartmense in strate dans nadat gewen.

Wonderlike geleenthede rondom sokker,
jongmense lewensvaardighede leer –
gesels Hannes & Pieter Theunissen.

Groot publieke kwessie is armoede –
grootste kwessie in land.
Een van VGK dominees geskryf probleem in land tans nie ras,
maar armoede.

Elkeen van ons kan met armoede engage
op manier wat werkbare verskil maak.

Besoeke plekke tans,
wys manier kan betrokke raak –
ek hoop gewoonte raak,
ons in toekoms elke week besoeke,
nie net plekke waar betrokke,
nog breër. 

Audrey, Thand’usana gestig:
hierdie mense leiers wees wanneer haar dogter eendag groot.
Sy gaan belê in leiers, sodat hulle leiers kan wees sy graag wil hê haar dogter moet hê.

Elkeen van ons kan iets aan armoede doen.
Dalk nie babahuis stig soos Audrey,
kan iets gee.

Selfs kwessie van buitelanders – Nigeriërs – in eie stad.
Kan daarmee engage.
Sentraal NG Gemeente lewendige, aktiewe bediening onder Nigeriërs,
dwelmhandelaars.
Maar kry baie swaar,
sukkel mas op te kom –
ons kan ondersteun.

En in proses
engage ons publieke kwessies
maar ook publieke figure wat op hierdie kwessies reageer –
hoewel soms op manier reageer wat ons voel nie gepas is. 
God handel self.
En God laat niemand in sy pad staan nie.

Maar ek wil tog afsluit God genade.
Want selfs wanneer God dít in sy pad staan,
uit weg ruim,
genade steeds sigbaar:

Elimas kon doodgemaak word,
maar Elimas blind –
‘n tyd lank.

Want God se plan,
op ou end,
is plan van liefde.

Ons roeping hierdie liefde te leef –
uit te leef,
teenoor almal,
ook ons vyande
sodat God se koninkryk kan kom.

Gebed

*  Die opstandingshoop wat die Evangelie van Christus ons bied
*  Gebede om vrede
*  weer na God te luister oor wat Hy van ons as kerk in die dae vra
*  Gebede dat God werklik van die NGK ’n instrument van eenheid, geregtigheid en versoening in ons land sal maak.

Lied 267 1-2    op 422 se melodie    (staan) 
Seën
Lied 313

Dag 27: Gebedsfokus op herlewing: Jesus se trane

Sondag 9 Mei 2010

Hebreërs 5:7-8 Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Alhoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.

OORDENKING: Wat Jesus vir ons wou doen, moes hy eers vir Homself doen. Om te kwalifiseer vir die werk om ons te heilig, moes Hyself eers geheilig word. Hy moes leer om as ‘n menslike wese in ‘n verhouding met God te staan. Die feit dat Hy met ‘n luide stem en trane gebid het, dui op Sy geweldige worsteling met die swakhede van mense. Hy het Sy eie wil tersyde gestel en die angs vir die dood deurgemaak omdat Hy die beloftes van God verstaan en gehoorsaam aan God se wil was.

PERSOONLIK: Die toets vir Jesus was gehoorsaamheid. Wat Hy gedoen het, wil Hy ons ook leer doen. Hy weet wat dit kos om jou eie wil prys te gee. Hy ken ook die krag wat vrygestel word as ‘n persoon dit kan doen. Sy dood en opstanding stel ons in staat om Sy voorbeeld te volg omdat Sy hemelse krag tot ons beskikking is. Vertrou jy Christus genoeg om bereid te wees om Hom die hele pad te volg? Kom dan na Hom toe en praat met Hom oor jou gehoorsaamheid.

GEMEENTE: Bid dat die Kerk die waarheid sal hoor oor die groot werk wat Jesus gedoen het en dat die waarheid die Kerk in staat sal stel om volkome gehoorsaam te wees aan die wil van God. Bid dat God se wil uitgevoer sal word in die lewe van elke lidmaat van jou gemeente.