Skip to main content

Pinkster Joh 14 Die Gees sal by julle bly Son 23 Mei 2010

Verwelkoming
Toetrede
Ons vier vandag die wonder
dat Joël se profesie
ook in ons lewens
waar geword het:
17  Só sal dit in die laaste dae wees,
sê God:
Ek sal my Gees uitstort op alle mense:
 julle seuns en julle dogters
sal as profete optree;
julle jongmense sal gesigte sien;
julle oumense sal drome droom.
18  Ja, op my dienaars en my dienaresse
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal as profete optree.
(Handelinge 2)

(Sonder aankondiging) Lied 444 koor 1x, gemeente 2x (sit)
KERS WORD AANGESTEEK TERWYL KOOR SING
Votum
Rom 8
Seëngroet
Lofsang
(sonder aankondiging) Lied 432 (staan)
Kindertyd
Verwelkoming + wat Pinkster gedoen het
Epiklese
Lied 442 – koor vers 1, gemeente vers 2-3 (sit)
Skriflesing
Johannes 14
Preek
Kinders:
Gaan iets doen,
Gaan nie kan sien wat ek doen,
sal wel kan agterkom wat gedoen het.
[flits teen muur]

Wat het ek gedoen?  [flits aangesit]
Hoe weet jy dat ek dit gedoen het? [Kon lig sien]
Kon jy die flits sien? [nee]

Kan nie flits sien,
kan effek van flits sien –
lig van flits jou gehelp weet dat daar ‘n flits is –
al kon nie flits sien.

Ook nie Heilige Gees sien,
maar weet hy is hier,
sien effek van sy werk.

Iemand vertel van Fanie,
visserman.

Op jong ouderdom reeds skipper van groot vissersboot.

Vertel hoedat boot onlangs in geweldige groot storm beskadig is.
Bemanning verskrik.
Lewens gewaag om kabels tydens storm oor stuurkajuit te gooi,
om dit aan dek vas te bind.
Het gedink storm gaan stuurkajuit afruk!

Vissersboot begin lek
terwyl hulle stadig begin aansukkel het hawe toe.

Hoe nader gekom,
hoe hewiger storm gewoed.
20km van hawe,
bemanning begin dink boot gaan uitmekaar breek.
Vinniger begin lek as wat hulle water kon uitpomp.

Wind en golwe so rondgeslinger,
dat bang was in skeepsruim te bly te pomp.

Verder hulle nie seker of iemand noodroepe oor radio kon hoor nie.
Selfs as iemand kon hoor, sou niemand kon help nie.

Meteens het baie groot vissersboot tussen reën en mis opgedoem.

Al wat boot kon doen,
was om skuins agter hulle te vaar,
op so manier dat boot ergste wind en golwe kon afkeer.

Fanie se boot was in windskaduwee van groter boot.
Terwyl aangesukkel hawe toe,
groter boot hele tyd skuins agter hulle gebly,
tussen hulle en ergste geweld van storm. 

Storm hulle nie meer rondgeslinger,
kon helderder dink,
paar lekplekke verseël,
beter behoor oor pompe neem,
was rustiger,
omdat nie meer alleen was.

Deur langs hulle te vaar,
het die boot hulle gered. 
Het hawe lewendig gehaal.

Jesus leer ons dat die Heilige Gees
PARAKLEET is,
een wat langs ons kom loop.

Deur werk van Gees bly God – Vader & Seun – self by ons.

Besef jy wat dit beteken?
hoe wonderlik dit is?
God is by ons –
NABY ons.

Nader as jou eie asem,
so naby is die opgestane Jesus aan ons,
intiem.

God los ons nie alleen nie.
Die Gees bly by ons.

En terwyl die Gees by ons bly,
help hy ons om te glo.

Soos flits netnou,
gee Gees vir ons lig,
fokus baie spesifiek op Jesus.

Gees leer ons
en herinner ons
aan wat Jesus gesê het.
Help ons om Jesus raak te sien,
bind ons aan Jesus se woorde,
leer ons hoe om reg op Jesus se woorde te reageer.

En regte manier op Jesus woorde reageer,
is om in hom te glo.

So Gees help ons te glo
deur te herinner aan wat Jesus gesê en gedoen.

Omdat gawe van geloof by Gees ontvang,
is ons nie uitgelewer aan storms van lewe.
Kan standvastig lewe,
anker in Jesus.

Tweede ding Gees ons gee,
rustigheid.

Jesus leer ons:
julle moenie ontsteld wees nie
en julle moenie bang wees nie
(Joh 14:27).

Fanie se storie van stormsee,
vrees verlam,
sodat nie kon doen wat nodig was.

Ons hoef nooit so bang te wees,
nooit verlam deur vrees –
ons is nie alleen nie.

Kinders bang donderstorms,
of nagmerrie.

Word wakker,
roep ma/pa,
spring uit bed.
Wil ouers by hê.

Wanneer ouers by het,
voel ewe skielik veilig.
Weerlig en donderslae stop nie,
maar wêreld het vir kind verander –
kan rustig slaap.
Hoe nie storm of nagmerrie alleen in oë te staar.

Vrees uiteindelik nie vir weer of nagmerrie,
maar vir alleenheid. 

Soos ma / pa help om nie bang te wees,
help Gees ons,
vrees en alleenheid word met rustigheid vervang.

Brueggeman sê so mooi:
Goeie nuus is dat God se lewegewende krag in hierdie wêreld aan die werk is.

Aanname dikwels dat die wêreld God se lewegewende krag geweier
en verwerp het,
dat ons daarom in vrees moet lewe –
vrees wat ons uitleef in
angs
gierigheid
selfsug
en geweld.

Die teks sê die teenoorgestelde.
Bevestig dat wêreld steeds ruimte is waarbinne God werk.
Nie wanhoop, fatalisme –
moedig, vry leef,
vol vrede.

Dit volgende gawe Gees ons gee:
vrede.

Vrede laat ek vir julle na,
my vrede gee ek vir julle.

Vrede baie meer as afwesigheid van konflik.
Gaan hier om OT verstaan van Shalom –
Hebr woord vir vrede.

Hierdie vrede is somtotaal van wat God van mense verwag.
As jy in een woord wil sê hoe wêreld lyk God besig tot stand te bring,
dan sê jy “shalom”-

Beteken:
• genesing, heelheid, herstel
• Geregtigheid, lewensruimte, bestaansreg
• vreugde, om opgeneem te word in die feesviering van die herstelde verhouding met God, medemens & natuur.

En dis die vrede wat Jesus gee.

Volgende ding wat Gees doen,
is ons help om Jesus te gehoorsaam.

Johannes-evangelie definieer geloofsgemeenskap
as mense wat Jesus opdragte uitvoer –
Soos Ek julle liefhet,
moet julle mekaar liefhê.
Gemeenskap waar hierdie vrede –
shalom –
beleef word.

Gemeenskappe van liefde,
waar mense Jesus woorde ter harte neem
en daaruit leef.

God se liefde,
soos geopenbaar deur Jesus,
is liefde wat opoffer in diens van ander.
God is so.
Jesus wys dit vir ons.
Daarom moet ons ook só lewe.

Gehoorsaamheid aan Jesus maak ons
die draers van Jesus se liefde.

Bring laaste ding wat Gees ons gee:
krag.
Wie in My glo,
sal ook die dinge doen wat Ek doen;
en hy sal nog groter dinge as dit doen,

Miskien vreemdste deel van belofte van Gees –
dat Jesus sê sal selfde dinge as hy doen,
nog groter dinge doen.

Ons hét Gees,
Gees bly by ons. 
Jesus wonderwerke gedoen – mense genees, op water geloop –
ons doen nie eintlik nie – nie gereeld nie –
wat sommige laat spekuleer is weens gebrek aan geloof.

Kan eintlik sê gebrek aan Gees.
Kan tog nie wees?

So hoe kan selfde doen as Jesus?

Ons dalk so beïndruk deur mag,
dat nie raaksien dat Jesus wonderwerke nie gaan oor mag nie,
maar oor sy liefde.

Wat Jesus gedoen het,
nie soseer mag demonstreer,
maar liefde demonstreer.

Dis waaroor evangelie gaan –
oor liefde en diens.

Ons kan nie op water loop,
mense uit dood opwek –
maar kan Jesus liefde bewys.

Jesus het wonderwerke gedoen,
doen steeds wonderwerke.

Maar God vra van ons iets selfs groter as wonderwerke –
hy vra van ons om instrumente van sy liefde te wees
vir mense wat nodig het om sy liefde te beleef.

Toe Jesus op aarde was,
kon net in een mens op slag se oë kyk,
sy liefde net aan een mens op slag bewys.

Maar nou’s hy aan die regterhand van die Vader,
en het hy sy Gees vir ons gegee,
sodat ons nou sy liggaam hier op aarde is,
sodat hy soveel mense as wat hy kinders  het,
gelyk in die oë kan kyk,
gelyk kan dien,
gelyk kan help. 

Beteken nie net mense vertel gaan hemel toe as Jesus glo –
hoewel ook doen –
maar dat dien.
om kos te gee vir die wat honger is,
iets om te drink vir die wat dors is,
huisvesting vir vreemdelinge
klere die sonder klere
verpleging siekes
(Matt 25:34-36)

Gees bly by ons.
Gees ons gemeente ongekende kapasiteit gegee te dien –
sien verskillende plekke betrokke as gemeente,
lidmate betrokke –
besoeke.
Gee oorsig besoeke.
Getuienisse
Getuienis

Gesê Gees gemeente ongekende kapasiteit gegee te dien –
bid nog meer sal doen,
oë oopmaak,
nood raaksien.
Voorbidding
Roeping –
lankal gesê, een van gewoontes vir ons belangrik,
weer Pinkster bevestig – bid.
Groepies:
Bid plekke besoek:
MTR Smit
Bosslapers
Werkskeppingprojek
Kayalethu
Kamvalethu
Chesire
Thand’usana –
vele ander.
Groepies – bid vir nood in gebied.

(sonder aankondiging) Lied 438 (sit)
Nagmaal
God is vír ons,
wie kan dan teen ons wees?
32  Hy het sy eie Seun nie gespaar nie,
maar Hom oorgelewer
om ons almal te red.
Sal Hy ons dan nie al die ander dinge
 saam met Hom uit genade skenk nie?
33  Wie kan die uitverkorenes van God aankla?
God self spreek hulle vry.
34  Wie kan ons veroordeel?
Christus Jesus het gesterf,
maar meer as dit:
Hy is uit die dood opgewek,
Hy sit aan die regterhand van God,
Hy pleit vir ons.
35  Wie kan ons van die liefde van Christus skei?
Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?
36  Daar staan immers geskrywe:
“Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig,
dat ons soos slagskape behandel word.”
37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars
deur Hom wat vir ons liefhet.
38  Hiervan is ek oortuig:
geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte
39  of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping
kan ons van die liefde van God skei nie,
die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Wanneer nou saam tafel sit waarheen Here Jesus ons genooi,
dan vir ons ‘n waarborg,
so seker brood eet en wyn drink,
so seker het deel aan Christus.

Deur hieraan deel,
gemeenskap met mekaar
en lewende God.

Tafel gereed, kom sit by tafel,
Tafelgebed
O God, ek het U so liefgekry!
In U is die oerskoonheid van al die eeue;
In U is die prag van elke nuwe dag.
Ek het U so lief!
U het so lank na my geroep, agter my aangeloop,
totdat my ore hulle doofheid verloor het,
my oë oopgegaan het vir u lieg en ek U kon herken.
Ek  het U so lief!
U het die soet geur van u asem oor my geblaas,
en toe ek my asem intrek, is ek geheel met U vervul.
Hoe lief het ek U!
Ek het U liefde geproe, en nou honger en dors ek net na U.
U het my aangeraak,
en nou is die verlange na u vrede ’n brandende vuur in my.
Amen
uitdeel – hou, saam gebruik.
Instellingswoorde
Gebruik
Gebed
Dankoffer
Koor Lied 443
Slotlied
Lied 431 (staan)
Seën
Lied
Lied 313

Pinkster Danksegging Do 20 Mei 2010

Gebed
Ps 100

Sang

Skriflesing
Kolossense 3:17
stilte

Dankgebede
Dank God vir Wie God is

1 Kron 16:8-9
Ps 136:

Dank God vir wat Hy gedoen het

Ps 136:4-9

Dank God vir sy liefde, goedheid en getrouheid
Ps 118:1 
Ps 138:2 

Dank God vir sy voorsiening en gebedsverhoring:

2 Kor 1:11 
Ef. 5:20 
Openb. 11:17 

Gebed
Stilgebed, persoonlike dankgebed –
waarvoor wil vir God dankie sê?  Skryf in boekie

Getuienis
Kans vir getuienisse:  waarvoor wil jy Here dank?

Gebed
Een sin gebede – “Dankie vir…”
Sang
Lied 563 Aan U, o God, my dankgesange. 
Seën

 

Pinkster Voorbidding Wo 19 Mei 2010

Gebed
Ps 86

Sang
(sonder aankondiging)  Ek kyk op na die berge

Skriflesing
1 Petrus 5:7
en
Fil. 4:6

Voorbidding
Self & familie, vriende
Lys waarvoor bid.
 stil gebed

Versoeke
 Bid in groepies

PSALM 23

Bid vir die kerk
Ef. 1:17-19
Stilte

Ef. 3:16-19
Stilte

Kol 1:9-11
Stilte

Eie gebed vir kerk – skryf
Stilte
LIED 436 (Sonder aankondiging) Herskep, o Gees

Bid vir Suid-Afrika
1 Timoteus 2:1-4
 Bid vir die volgende sake:
• M.I.V. en Vigs pandemie
• groeiende getal arm en behoeftige mense
• onreg en skadelike optrede en dade
• korrupsie op alle vlakke
• die vervolgde kerk in baie lande
• geweld
• mishandeling en uitbuiting van vroue en kinders
• rassisme, rassehaat en etniese trots
• Ander

 Bid in groepies
SANG (Sonder aankondiging) N’kosi Sikelel Afrika

Bid vir die nasies
• Gemeente se sendelinge op naam:
• Bid dat nasies sal ontdek dat Jesus die weg, die waarheid en die lewe is.
• Bid dat die onbereikte mensegroepe deur die evangelie bereik sal word
• Bid dat die Here sy vrede en heerlikheid oor die lande sal uitstort
• bid dat die Here die nasies sal seën

 Groepies
SANG (sonder aankondiging) Lig vir die wêreld

Algemene gebed
geleentheid hardop bid
Sang
Ons Vader
Seën – spesifiek wegsending

Pinkster Skuldbelydenis Di 18 Mei 2010

Verwelkoming
Verduidelik wat gaan gebeur
Sang
Taizé:  Wait for the Lord
Gebed
Rethie lees Ps 131
Lied
Lied op CD – Prophet “Paradysplagiaat”
Skriflesing
5  Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het
en aan julle verkondig:
God is lig,
en daar is geen duisternis in Hom nie.
6  As ons beweer dat ons aan Hom deel het,
en ons lewe in die duisternis,
lieg ons
en handel ons nie volgens die waarheid nie.
7  Maar as ons in die lig lewe
soos Hy in die lig is,
het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap
en reinig die bloed van Jesus, sy Seun,
ons van elke sonde.
8  As ons beweer dat ons nie sonde het nie,
bedrieg ons onsself
en is die waarheid nie in ons nie.

stilte
Skuldbelydenis
 Klip
• Is daar onbelyde sonde in jou lewe? stilte
• Het jy onvergewensgesindheid en bitterheid in jou lewe? stilte
• Is daar enige twyfelagtige praktyke of aktiwiteite in jou lewe?
• gehoorsaam jy die Heilige Gees dadelik in alle dinge?
• Bely jy Jesus onbeskaamd?
Praat met Here hieroor.
Lied
Change my heart o God OF Create in me a clean heart

Skrifmeditasie
 sit met klip in hand.
 
Gaan inleef in verhaal van Johannes 8:1-11 – vrou betrap man verneuk.
 
Jy ergste nagmerrie het waar geword.
Half kaal word jy soos ‘n stuk gemors deur die strate gesleep
deur ‘n klomp woedende mans wat wil wraak neem.
As ‘n vrou voel jy blootgestel en kwesbaar. 
Jy kan jouself nie beskerm nie. 
 
En hulle het die volste reg om jou so te behandel.
Jy is skuldig aan ‘n vreeslike misdaad.
 
Jy het jou man verneuk.
Jy het seks gehad met ‘n ander man.
En jy’s gevang. 
Iemand het jou gesien en vertel wat jy gedoen het.
Die leiers van die tempel het by jou huis ingestorm gekom
En jou saam met die ander man in die bed gevang! 
 
Jy is uit die bed gesleep
Deur die strate,
Met net die dun kombers om jou naaktheid toe te maak.
 
Jy gesig is warm van vernedering.
Jy wil wegvlug,
Wegkruip. 
Liewers doodgaan.
 
Skielik besef jy:  jy gáán waarskynlik doodgaan. 
Die straf vir egbreek
Is om met klippe doodgegooi te word. 
 
Hulle sal jou op ‘n openbare plek laat staan,
‘n sirkel om jou maak,
Beledigings skree
En jou lyf met klippe gooi
Tot jy dood is.
 
Warm trane loop langs jou wange af.
Jou asem jaag.
Jy was in jou lewe nog nooit so bang nie.
 
Nou stop die klein skare mans
En vorm ‘n sirkel om jou.
Jy voel klein,
Hulpeloos
Vuil
Verdwaal.
 
Iemand skree:  Jesus, hierdie vrou is in die bed gevind saam met ‘n ander man met wie sy nie getroud is nie!  Die wet sê sy moet met klippe doodgegooi word.  Wat sê jy?
 
Die man, Jesus,
Kyk met sagte, hartseer oë na jou.
Sy oë lyk heeltemal anders
As dié van die mans wat jou nog die hele tyd aangluur. 
 
Jesus buk en begin in die sand teken.
Selfs tussen al jou vrees deur,
Wil jy graag aan sy hand raak terwyl hy teken,
Maar jy beweeg nie.
 
Die mans hou aan om Jesus oor en oor te bevraagteken. 
Wat dink hy moet met jou gedoen word? 
 
Uiteindelik staan hy op en sê:
Gooi haar maar dood.
Wie van julle ook al perfek is
En nog nooit enige sonde gedoen het nie,
Gooi die eerste klip.
 
Dan buk hy en hou aan teken. 
 
Alles raak ewe skielik baie stil. 
Dis asof die lug self verander.
 
Stadig begin die mans met die kwaai oë loop.
Een vir een laat hulle hul klippe val
Draai om
En stap weg.
 
Uiteindelik is dit net jy en Jesus. 
 
Jesus staan op
En daardie sagte oë kyk direk in joune.
“Waar is die mans wat jou aangekla het?”  vra hy.
 
Hulle is weg, antwoord jy sag.
 
Dan vat Jesus jou traan-besmeerde gesig in sy hande
En glimlag.
 
Hy sê:  Ek veroordeel jou ook nie. 
Ek is lief vir jou
En ek wil hê jy moet leef.
Gaan,
Weet dat jy geliefd is
En jy sal vry wees om regtig te lewe.
 
Oomblik stilte
 
Jy draai om
En begin stadig wegstap
Terug huis toe.
Jesus se woorde het ‘n stukkende deel van jou aangeraak.
 
Soos wat jy die kombers styf om jou lyf vashou,
Onthou jy sy liefdevolle gesig
En hoor jy weer sy woorde:
Ek is lief vir jou
En ek wil hê jy moet leef.
Gaan,
Weet dat jy geliefd is
En jy sal vry wees om regtig te lewe.

 Klip voor in kerk
Lied
Lied 510 Genade onbeskryflik groot

Skuldbelydenis namens ander

Sang
Lied 438 Gees van God, o Gees van lewe
Skriflesing
1 Joh 1:9:
Stilte

Geleentheid Gebed
Dankie vergifnis

Sang
Lied 245 Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het.
Seën
Vul ons, o Heilige Gees,
sodat ons gedagtes heilig mag wees.
Werk in ons, o Heilige Gees,
sodat alles wat ons doen heilig mag wees.
Vernuwe ons harte, o Heilige Gees,
sodat ons sal liefhê wat heilig is.
Gee ons krag, o Heilige Gees,
sodat ons sal beskerm wat heilig is.
Bewaar ons, o Heilige Gees,
sodat ons altyd heilig mag wees
(Augustinus)
Lied
Ons Vader

 

Pinkster Aanbidding Ma 17 Mei 2010

Verwelkoming
Psalm 134
Lof & aanbidding
Sang – Charel
Aanbidding uit Skrif
Ps 136 – Rethie lees, gemeente reageer
Volg in Bybel of skerm

Getuienisse
Getuig oor aspekte van God
Gebed van aanbidding
Luister name van God –
aanbid God.

Jehovah-Jireh – Die Here sal voorsien
Stilte
Jehovah-Rophe – Die Here genees
Stilte
Jehovah-Nissi – Die Here is ons bannier
Stilte
Jehovah-M’Kaddesh – Die Here heilig
Stilte
Jehovah-Shalom – Die God van vrede
Stilte
Jehovah-Elohim – Die Here God
Stilte
Jehovah-Tsidekenu – Die Here die regverdige
Stilte
Jehovah-Rohi – Die Here ons Herder
Stilte
Jehovah-Shammah – Die Here is daar
Stilte
Jehovah-Sabaoth – Die Heer van die leërskare
Stilte
Ons skuld
Stilte
Ons krag
Stilte
Ons rots
Stilte
Koning
Stilte
Vader
Stilte
Skryf brief
Laat elkeen ‘n brief vir God skryf,
waarin hom loof/ sê hoekom vir hom lief is.
Geleentheid vir Gebed
Kort gebede van aanbidding
Sang
Nog 2 of 3 liedere – Charel
Afsluiting

 

Pinkster Korporatiewe gebed Son 16 Mei 2010

Afk video
Joubert Loots verkies as Ouderling
Kollekte opneem
Gebed
Aanbidding

• Almal hier tesaam
• Friend of God
• Great in Power
• Indescribable
• How great is our God
Gebed
Ps 130
Skriflesing
Nog tekste soos aangaan,
wegspring met Ef. 6:18:
Preek
Ons besig Pinkster –
vanaand 5de byeenkoms, so te sê halfpad.
Begin Donderdag-aand,
gepraat Bybel tradisie wag op Here,
genooi vir komende 10 dae
wag op Here.

Vanoggend bietjie uitgepak,
gepraat Jesus gesê:
Julle sal krag ontvang –
wat krag beteken.

Gesê Gees uitgestort Pinkster-Sondag,
ons gedooptes het Gees,
tog vervulling nodig.

Stories vertel herlewing.
1857 NY,
selfde tyd Zulu’s & Xhosa’s
(1856 Xhosa meisie profesie, vee dood, hongersnood 1857, Here gebruik herlewing)
Herlewing NY wêreldwyd versprei,
Mense SA ook gehoor,
begin bid.
Toe1860 – 150 jaar gelede,
herlewing begin Worcester
(vertel storie),
Ons gewoonte Pinkster te hou vandaan.

So ons hierdie tien dae van Pinkster saam bid –
Donderdag, Sondae preek,
res van tyd saam bid.

NB dat sáám bid.
Glo – hoop – ons almal hier weet hoe nb gebed,
bid graag –
hoewel soms frustrasie en futloosheid in gebedslewe beleef.

Is nb te bid.
In binnekamer,
op eie.

Maar hoe belangrik
en kosbaar dit ook al is,
dis nie AL nie,
dis net deel van prentjie.

Ons moet op eie bid,
maar ons moet ook sáám bid. 

Praat van korporatiewe gebed.
(Kan natuurlik ook heel eenvoudig sê “gesamentlike gebed”.)

Term natuurlik nie in Bybel,
maar praktyk wel.
Baie voorbeelde gelowiges saam bid.

Een voorbeeld Handelinge 1,
waarmee week gewerk.

Ná Jesus opstanding,
gesprekke,
belofte Gees – krag – sal ontvang,
opdrag wag.
Dan Hemelvaart
Handelinge 1
12  Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af.
Dit is die Olyfberg,
vlak by die stad,
‘n sabbatsreis ver.
(15 min stap)
13  In die stad aangekom,
 is hulle na die bovertrek toe
waar hulle gewoonlik vertoef het.
 Dit was Petrus en Johannes,
Jakobus en Andreas,
Filippus en Tomas,
Bartolomeus en Matteus,
Jakobus seun van Alfeus,
 Simon die Seloot en
Judas seun van Jakobus.
(Dus 11, sonder Judas)
14  Hulle het almal eensgesind
volhard in die gebed
saam met ‘n aantal vroue,
onder wie ook Maria die moeder van Jesus.
Sy broers was ook by.

“Hulle het almal eensgesind volhard in gebed”. 

Terwyl gewag vir belofte,
gewag vir Gees,
het tyd saam in gebed spandeer.

Kon ander dinge gedoen het.
Kon elkeen in eie rigting gaan.

Na Jesus opstanding,
Petrus op stadium gesê:
Ek gaan visvang.
Res gesê:  ons gaan saam met jou. (Joh 21)
toe gaan vis vang!

Kon weer gaan vis vang het. 
Maar Jesus gesê wag.
Hulle doen dit deur te bid.

Belangrik gelowiges saam bid,
wanneer saam is, bid.

Preek nie plaasvervanger vir gebed.
Ek dink ons plaas soms te veel vertroue
in een mens se vermoë om God stem te hoor.

Niks fout met preek,
maar kerk nie gebore uit preek –
kerk gebore uit gebed!
Nêrens in Bybel staan:
My huis sal huis van preek wees nie.
Staan:  my huis sal ‘n huis van GEBED wees.

Dissipels vir 10 dae gebid,
Gees uitgestort,
10  minute gepreek –
3000 tot bekering!

God ons geskape om saam te wees.
Bybel praat baie van kerk se eenheid,
liggaam,
dele mekaar nodig,
kan nie sonder mekaar funksioneer.

Ook waar van gebed.

Jesus self gesê:
Matt 18:
19  Verder verseker Ek julle:
As twee van julle op aarde
oor enige saak saamstem
en daaroor bid,
sal my Vader wat in die hemel is,
hulle dit laat kry,
20  want waar twee of drie in my Naam saam is,
daar is Ek by hulle.”

Hier interessante ding,
ek nie verstaan,
ook altyd bang bygeloof,
asof ons op manier,
as regte formule gebruik,
God kan manipuleer.

Maar hieruit duidelik is,
is dat daar krag is in gesamentlike gebed.
Sê nie is nie krag in persoonlike gebed.

Maar om een of ander rede –
verstaan nie –
lyk wel vir my,
asof God behae daarin het
om gesamentlike gebed besonder te seën.

Lees in week van proses in Kanada –
weet nie of eksperiment was,
of amper soos wiel uitgevind –
Agtergekom as een sterk perd voor slee span,
kan 9000 pond trek.
Ander perd kon 8000 pond trek.

Redeneer as twee saam span,
kan 17 000 pond trek.
Wat toe doen:
twee perde aan slee,
17 000 pond,
amper met lading weggehardloop!
Was verras,
so aangehou sakke – bemesting, terloops –
op slee te laai,
kyk hoe sterk perde saam is.

En weet jy wat?
Daardie twee perde saam
het 30 000 pond gesleep,
meer as drie keer die gewig
wat hulle op hul eie kon sleep.

Wetenskaplik / wiskundig seker maklik verklaar,
Maar so ook krag wanneer sáám bid.

Ons weet dit.
Dis hoekom gebedskettings,
baie mense vra te bid.

Meer dinge word deur gebed vermag as wat ons ooit kan droom.

En wanneer gelowiges saam kom te bid,
is daar krag in hulle gebed.

By dissipels leer hoe korporatiewe gebed werk. 

Eerste, voor die hand liggend:
sáám.

Kyk wie groep was in Handelinge saam gebid:
Dissipels – 11, sonder Judas.
Vroue –
Maria,
ook vroue Jesus en ander finansieel ondersteun (lees in Lukas),
vroulike dissipels.

Ander dissipels,
nie deel van 12 –
lyk asof (v15) omtrent 120 saam was
(hoewel gewoonte was net mans te tel).

Belangrik,
Joodse wet
minimum 120 mans nodig
om onafhanklike gemeenskap te stig.

Jesus sê twee of drie,
dissipels voorbeeld:  almal. 

Tweede ding:
Hulle het almal EENSGESIND volhard in die gebed.

Woord eensgesind vertaal,
musikale term. 

Jesus sê: oor saak SAAMSTEM en daaroor bid.

Beteken wanneer saam bid,
belangrik eensgesind is.
Nie tweespalt,
stryery –
mekaar verskeur, soos Gal sê. 

Wanneer saam bid,
ophou mekaar kyk,
God kyk.

Laaste ding:
Hulle het almal eensgesind VOLHARD in die gebed.

Aangehou bid.
Tien dae – hulle nie geweet hoe lank gaan vat.

Res van Handelinge lees,
sien nie hier geëindig.
Gereeld saam,
gereeld saam gebid.

Geen besluit geneem voor nie eers gebid.
Iemand in nood, gebid.

Sien duidelik uit Paulus,
telkens vra vir hom sal bid,
vertroue dat in gebed gedra. 

Storie word vertel Spurgeon,
een bekendste predikers vroeg 20e eeu.
Klomp studente besoek kerk.
Spurgeon vra of kerk se verhittingstelsel wil sien.
Nie regtig lus,
maar Spurgeon dring aan.

Stap saam kelder van gebou,
Spurgeon deur oopmaak,
stuwende oor die 700 mense op knieë sien bid.
Vra dat God diens sal seën.

Dít, Spurgeon gesê, is verhittingstelsel van kerk. 

Ons besig 40 dae gebed om herlewing.

Deur gesk van kerk
nog altyd so
elke herlewing vooruitgegaan
seisoen van ernstige, gesamentlike gebed.

Herlewing is werk van God,
God stuur Gees,
ons dit nie veroorsaak.

Maar wanneer God herlewing wil bring,
roep kerk op saam te bid. 

Ons kan nie herlewing bring,
kan nie veroorsaak kerk vervul word Gees –
kan seile in wind span,
gereed vir wind van Gees.
My gebed is dat ons kerk van gebed sal word,
gemeente wat gebed lewe,
gebed eet,
gebed ruik,
gebed proe.

Gemeente wat in gebed glo,
gebed slaap,
gebed opstaan,
bid terwyl werk,
bid terwyl rus,
bid oor elke verskil,
bid oor elke taak,
bid oor wat goed is,
bid oor wat bekommer.

Gebed nie “for emergency use only” is nie,
maar vir alles.

Jou uitdaag:
bid saam!

As nie deel van selgroep:
sorg by een aansluit,
saam ander gelowiges bid.

Biddend luister,
spesifiek intree gemeente.

Veral nooi,
res van Pinkster,
elke aand saam bid.

Nou:
getuig – reeks gasvryheid, iets daaroor,
Maar ook getuig gebed.

OF gebedsversoek.
Getuienisse & gebedsversoeke

Sokker oor regtig paar dae,
bid lande:
Paraguay
Nederland
Serwië

Paraguay:
• Bid vir nuwe toewyding van die immigrante groepe wat die meeste van die protestante kerke verteenwoordig.
• Loof God vir werk tussen die Indiane minderheid.
• Bid vir jong kerke en dat meer stamlede bereik mag word.
Nederland:
• Bid vir herlewing wat die nasie geestelik sal herstel
• Bid vir nuwe lewe vir kerke – daar word bereken dat teen 2015 meer as die helfte van kerkgangers ouer as 65 jaar sal wees
• Bid vir bediening aan jong mense waar so baie verwyder is van die evangelie – dis een van die mees sekulêre lande ter wêreld
Serwië:
• Bid vir vrede in die Kosovo streek en dwarsdeur Serwië. Daar is baie wedersydse teensin en seerkry
• Bid dat God versoening sal bewerk tussen die Serwiërs en die Kosovo Albanese
• Christelike sending aksies ondervind dit moeilik om lang termyn werkers hier te plaas. Bid dat meer werkers hiervoor geroep sal word
Gebed
groepies
Sang
Everlasting God
Wegsending