Hand 13:4-12 Son 9 Mei 2010
Verwelkoming & Afkondigings
Welkom
MTR Smit (ons ondersteun, genooi vandag kuier, julle gesiggies sien – hoop lekker kuier)
Moedersdag
(altyd jong ma’s, lag. Moederskap nie ophou, nie altyd maklik – ma van verlore seun Alida. Seën toebid, veral vir wanneer nie maklik…)
Sendelinge terugvoer
Pinkster
Besoeke:
eerste besoeke hierdie week –
Khayalethu Jeugsentrum
Mense daar was, aangrypend
Het 2 huise: K1 = 24 skoliere, K2 = 4 (2 werk, 2 studente)
As uit skool, nie ondersteuning, val terug.
Het hotdogs & lekkers gevat.
Gebruik karate as voertuig, sport –
kan sien klomp pryse.
Ook gumboot danse!
Benodig stoof,
kan jongmens ondersteun – slegs 40% staat
As snr posisie by werk,
dalk Gr 10’s werk (van hulle werk by Butterfield bakkery) –
leer werksetiek.
Nog info – pamflette, DVD by Liésl –
besoek so aangrypend, as Deon Binneman vra, reël nog een.
Week wat kom, tussen Pinkster deur:
Vanoggend Chesire Homes
Bosslapers
Kamualethu Invalsentrum
Thand’usana
Kom saam – kyk flyers,
of maak bydrae – kyk ook flyers.
Week of bounty –
enigiets ekstra, deel.
Spesifiek Global Leadership Acadamy Jeffreysbaai.
Nie net curriculum oordra,
waardes vestig,
leiers oprig.
Marietjie McFarlane
Bring enigiets,
hulle wenslys:
Onmiddelike Behoeftes Rede
• R700p/maand borgskap vir leerder
• Mini Busse
• Rekenaars
• Laser Drukkers
• Poshokkies
• Liaseer kabinette
• Fietsstaander
• Matte
• Sporttoerusting Krieket, rugby, netbal, sokker, atletiek, skaak, ens.
• Mikroskoop, Maatsilinders, ens Wetenskap laboratorium toerusting
• Mikrofoon en mikrofoonkabel
• Bokse A4 papier
• Witbord merkers / penne en witborde
• Skryfbehoeftes, kramdrukkers, ponse, penne, ens Skryfbehoeftes vir personeel en kantoorgebruik
• Onderwysertafels
• Interkomstelsel
• Stoele
• Sitkamerstel of bank en stoele
• Lessenaars
• Skandeerder
Oók hierdie week, Klub 65 –
RSVP Sandra Pauw
Votum (Ps 99)
1 Die Here regeer:
die volke erken bewend sy gesag.
Hy troon oor die gerubs:
die aarde sidder van ontsag.
2 Groot is die Here,
Hy wat in Sion is,
hoog verhewe bo al die volke.
3 Hulle moet u groot
en gevreesde Naam prys:
“U is heilig!”
5 Prys die Here ons God.
Kom buig in aanbidding voor Hom:
Hy is heilig!
Seëngroet
Lofsang Lied 169:1-2 (staan)
Wet
(Lev. 20:7-8)
Wy julle aan My.
Wees heilig,
want Ek is die Here julle God.
8 Gehoorsaam my voorskrifte
en leef daarvolgens.
Ek is die Here,
Ek heilig julle aan My.
Skuldbelydenis Lied 231:1 & 3 (sit)
Genadeverkondiging / doop
Elke keer God wet herinner word,
opdrag heilig te wees,
herinner hoe aanmekaar misluk.
Daarmee saam ook herinner genade.
Geen beter herinnering,
helderder bevestiging genade,
as doop.
Want doop
is teken en waarborg
van inlywing in volg van God.
Christus het aan die kruis ge¬sterf
en met sy bloed eens en vir altyd vir ons sonde¬skuld betaal.
Toe Hy aan die kruis gesterf het,
het Hy so volledig vir ons elkeen gesterf
dat ons “saam met Hom” aan die kruis gehang het.
En toe Hy uit die dood op¬staan,
het ons “saam met Hom opgestaan” (vgl Rom 6).
In die doop neem God self die inisiatief –
Dit is sy “teken-taal” waarmee hy vir ons sê
dat Hy ook die inisiatief neem ten opsigte van ons verlossing.
God sal vir ons ‘n God wees
En ons sal sy kinders wees
en Hom gehoorsaam.
Die doop is ook ‘n bevestiging dat die Here deur sy Gees in ons woon
en dat Hy ons lewens so wil regeer
dat ons al hoe meer sy beeld in ons lewens vertoon.
Nooi vanoggend doop bedien,
God genade hierdie dogtertjie bevestig –
ook aan jou doop dink,
herinner word dat genade ontvang,
skuld vergewe,
jy deur Christus aan God behoort.
Roep Ouers Vorentoe:
Die doop is deur God self ingestel
as ‘n waarborg van die verbond van genade
wat Hy met ons en ons kinders sluit.
Julle weet reeds jul dogtertjie,
wat al so moes veg vir jong lewetjie
en reeds soveel van God genade en ingrype beleef het,
aan God behoort.
Bevestig julle glo
en jul voorneme haar as Godsvrou groot te maak,
antwoord vrae:
Eerstens: Bely julle dat julle in die Here Jesus glo
en dat julle Hom liefhet?
Tweedens: Glo julle dat God die inisiatief neem
in die verlossing van julle kind
en dat julle kind aan die Here behoort?
Derdens: Beloof julle om julle kind in die weë van die Here te onderrig
en ook om die kerk toe te laat om julle in die onderrig by te staan?
Wanneer kind ingebring word:
Flam 5 (sit) Orrel 1x, gemeente 1x,
familie / vriende vorentoe,
dan gaan oupa doop bedien.
Gebed
Voorstelling van gedoopte(s) aan gemeente
Aansteek van die doopkers
Gelukwensing & Lied as gebed
- God wet gehoor,
skuld bely,
helder gesien God genade bewys –
nou aan God toewy.
Dankoffer toewydingshandeling,
waarmee sê hele lewe behoort aan God.
Vanoggend dankoffer in bord gooi,
sê vir God lewe aan hom wy,
Flam 2 – orrel speel een keer,
dan sing 3 verse.
Gebed
Skriflesing
Handelinge 13:4-12
Preek
“Duiwelskind!
Deurtrapte skelm
en bedrieër!
Vyand van alles wat reg is!
Sal jy ophou
om in die pad van die Here te staan!
11 Die Here gaan jou nou straf.
Jy sal blind word
en die son ‘n tyd lank nie sien nie.”
Onmiddellik het alles vir hom
vaag
en donker geword,
en hy het rondgetas
na iemand om hom aan die hand te lei.
Reeks: gestuur deur Gees
Vandag: God bring publieke figure tot geloof.
Bieg, toe program opgestel, gedink Chris hierdie teks en tema kry.
Nogal geskrik sien ek moet hieroor preek.
In so geval, beskou uitdaging,
aanhou worstel tót boodskap / stem van Here hoor.
Wat my gehelp,
reeks verlede jaar.
Onthou: reeks oor Godsbeelde.
Sedertdien,
enige teks,
vra: wat sê teks oor God?
Hoe vorm ons Godsbeeld?
Of meer nog,
hoe daag Godsbeeld uit?
Saam dit, lees onlangs artikel van Prof. in teologie – Scot McKnight.
Vertel dat elke jaar,
eerste dag van klas oor Jesus,
studente gestandaardiseerde sielkundige toets gee.
Toets in 2 gedeel.
Eerste deel oor Jesus.
Vra studente te dink hoe Jesus persoonlikheid was,
vrae soos:
Verkies eie ding te doen of reëls te volg?
Iemand wat bekommer?
Tweede deel vra selfde vrae van studente,
in stede van: Jesus iemand bekommer?
Vraag: JY iemand wat bekommer?
Gaan nie oor regte en verkeerde antwoorde,
of selfs om studente help Jesus verstaan.
Wat toets wys,
eenvoudig verstommend:
ons dink almal Jesus is soos ons.
Introverte dink Jesus is ‘n introvert,
ekstroverte dink Jesus is ‘n ekstrovert.
Wil graag dink studente soos Jesus,
maar toets wys eintlik teenoorgestelde:
studente vorm Jesus om soos hulle te wees.
Op een of ander manier almal beeld van Jesus
soos ons is.
Daarom goed soms tekste te lees
wat effens omkrap,
idee van Jesus – dus van God –
bietjie rondskommel.
Ek wil graag verkondig God almal liefhet – want hy het.
Wil graag verkondig God liefde is – want hy is.
Vertel van God se oneindige genade – want dit is oneindig.
Maar daar is óók tekste soos hierdie
iemand in God se pad staan,
weggevat.
Hierdie nie eers ergste.
Res van Handelinge.
Eintlik net voor gedeelte ons gelees,
Handelinge 12,
vertel Herodes se dood:
Mense begin Herodes ‘n god noem,
staan vers 23:
Op dieselfde oomblik het ‘n engel van die Here hom getref,
omdat hy nie die eer aan God gegee het nie.
Herodes is deur wurms verteer,
en het gesterwe.
Lyk asof dit volgorde was:
deur wurms verteer,
toe gesterwe.
Nie enigste gruwel-verhaal in Handelinge.
Judas – deur God gebruik,
moes Jesus verraai God plan realiseer,
Handelinge 1:18
Met die geld
wat Judas vir sy misdaad gekry het,
het hy ‘n stuk grond gekoop.
Daar het hy vooroor geval
en oopgebars,
en al sy ingewande het uitgepeul.
Tipe ding mens OT verwag.
Verhaal eerste gelowiges,
lees van Ananias & Saffira,
eiendom verkoop,
gedeelte vir self gehou –
albei voor Petrus dood neergeval.
As dan verder teruggaan,
nie eerste gemeente Handelinge,
Jesus self:
Manier Fariseërs gepraat,
Tempel gereinig – mense en diere met sweep uit tempel gejaag, tafels omgekeer, geld op grond gegooi
Sê van mense kinders afvallig maak:
vir hom is dit beter
as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek
in die diep see verdrink.
Wat ons hieruit leer,
is dat God niemand in sy pad laat staan nie.
Elimas wou nie dat goewerneur tot bekering kom –
en God haal hom uit die pad uit.
God is genade en liefde en ons vriend en ons broer…
maar hy laat ook nie met hom mors nie.
Daar het jy dit nou –
ek het dit gesê –
nooit gedink sal so iets van preekstoel af sê,
maar is deel van waarheid van God:
God laat nie met hom mors nie.
Maar wat ook mooi moet sien,
is dat God self handel.
Soms sien ons iemand,
dink staan in pad van God se plan,
begin self planne maak –
hoor selfs soms CHRISTENE praat van mense uit weg geruim word!
Wat sien uit (gru)verhale in Handelinge,
is dat God self met mense wat in sy pad staan,
handel.
Wat beteken hierdie effens ongemaklike prent van God vir ons?
As so iets hoor –
God niemand in pad laat staan,
self met hulle handel –
dan eerste reaksie sekere name in agterkop kry.
As troos sien:
Ja, God self sal met jou handel!
Here sal uit weg ruim.
Boontjie kry sy loontjie.
Maar ek dink,
wanneer hoor dat God niemand in pad laat staan,
dan eerste ding moet doen,
is balk uit eie oog haal.
Enige van ons kan enige oomblik in pad van God plan staan,
ons eerste taak,
is voortdurende selfondersoek,
Here wil soek,
seker maak ek self staan nie in pad van God se plan.
En eers DAN kan kom by ander –
publieke figure, soos tema vanoggend,
ook ander mense,
dalk in ons privaat lewe,
ons dink in pad van God plan staan.
Natuurlik nie so eenvoudig –
want hoe weet ons tog op ou end regtig wie in pad van God plan staan?
Kan bid,
verdiep in woord,
God wil soek –
maar op ou end nie een van ons beskore
te besluit wie in pad van God plan staan.
God kan vir Babilonië gebruik as hy wil!
Volk se slawerny,
volk se wegvoering in ballingskap,
seun se marteling en kruisiging –
kan alles deel wees van God se plan.
Maar kan weet daar by gelowiges geen ruimte vir fatalisme.
Dink dis gevaar baie van ons in gesig staar:
dinge buite beheer,
stuur op afgrond af,
dink kan sien slegte gaan gebeur:
een opsie NIE vir ons oop is nie, is fatalisme.
Kan nooit sê: daar is geen hoop nie.
Want God het ‘n plan wat hy self deurvoer.
En God laat NIEMAND in die pad van sy plan staan nie.
Maak nie saak wat situasie,
wat openbare of private omstandighede,
kan nooit ophou hoop nie,
want ons weet dit van God –
sy wil sál geskied.
Maar goed,
ons kan nie regtig sê wie in pad van God plan staan,
is ook nie ons taak,
maar in menslikheid wil tog graag paar figure identifiseer.
Figure ek identifiseer waarskynlik nie selfde as die jy identifiseer.
Maar daar is mense wat voel:
Dit kan darem eenvoudig nie so aangaan nie.
Hierdie mens doen nét skade.
Dit kan nie Here se wil wees nie.
Dan is daar vir ons twee opsies:
ons kan vir hulle intree
en ons kan hulle engage.
Eerstens intree.
Beteken gewoon vir hulle bid.
Dink mense woede in jou laat opvlam:
het al vir hulle gebid?
Jesus gesê moet vyande liefhê,
óók gesê vir vyande bid.
Nou as sê bid vir vyande,
natuurlik paar opsies:
Psalms: vyande vernietig
Ons graag: tot bekering kom.
Jesus sê: seën.
Wanneer bid vir vyande –
en het werklik lief –
dan bid dat Here hulle sal seën.
Natuurlik bekering deel daarvan,
want om Here te volg is seën –
maar ook meer.
Tweede ding kan doen wanneer mense optree manier ons dink pad van God plan staan, is deur hulle te engage.
Nie so eenvoudig,
veral publieke figure,
nie altyd toegang,
deesdae openbare moddergooiery,
oor en weer beskaming –
ook nie Christelike manier.
Daar moet ernstig bid en besin hoe mense kan engage –
veral publieke figure.
Kan vir hulle bid by kantoor.
Kan vriende maak met mense,
werklik leer ken.
Ons dikwels vriende maak – uitreik –
ons voorwaardes.
Werklik engage beteken ander ruimte gee self te wees,
probeer verstaan,
aanvaar nie soos jy.
Ander manier ons wat vanoggend hier sit,
publieke figure kan engage,
is deur publieke kwessies te engage:
droogte:
hoe spaar ons water?
hoe kan help, ander leer, bydra tot besparing van water?
sokker:
iemand in week sê hoekom sokker t-hemp dra,
omdat onthou hoe gevoel toe Mandela met rugbytrui op baan loop.
Iemand anders onthou hoe gevoel toe swartmense in strate dans nadat gewen.
Wonderlike geleenthede rondom sokker,
jongmense lewensvaardighede leer –
gesels Hannes & Pieter Theunissen.
Groot publieke kwessie is armoede –
grootste kwessie in land.
Een van VGK dominees geskryf probleem in land tans nie ras,
maar armoede.
Elkeen van ons kan met armoede engage
op manier wat werkbare verskil maak.
Besoeke plekke tans,
wys manier kan betrokke raak –
ek hoop gewoonte raak,
ons in toekoms elke week besoeke,
nie net plekke waar betrokke,
nog breër.
Audrey, Thand’usana gestig:
hierdie mense leiers wees wanneer haar dogter eendag groot.
Sy gaan belê in leiers, sodat hulle leiers kan wees sy graag wil hê haar dogter moet hê.
Elkeen van ons kan iets aan armoede doen.
Dalk nie babahuis stig soos Audrey,
kan iets gee.
Selfs kwessie van buitelanders – Nigeriërs – in eie stad.
Kan daarmee engage.
Sentraal NG Gemeente lewendige, aktiewe bediening onder Nigeriërs,
dwelmhandelaars.
Maar kry baie swaar,
sukkel mas op te kom –
ons kan ondersteun.
En in proses
engage ons publieke kwessies
maar ook publieke figure wat op hierdie kwessies reageer –
hoewel soms op manier reageer wat ons voel nie gepas is.
God handel self.
En God laat niemand in sy pad staan nie.
Maar ek wil tog afsluit God genade.
Want selfs wanneer God dít in sy pad staan,
uit weg ruim,
genade steeds sigbaar:
Elimas kon doodgemaak word,
maar Elimas blind –
‘n tyd lank.
Want God se plan,
op ou end,
is plan van liefde.
Ons roeping hierdie liefde te leef –
uit te leef,
teenoor almal,
ook ons vyande
sodat God se koninkryk kan kom.
Gebed
* Die opstandingshoop wat die Evangelie van Christus ons bied
* Gebede om vrede
* weer na God te luister oor wat Hy van ons as kerk in die dae vra
* Gebede dat God werklik van die NGK ’n instrument van eenheid, geregtigheid en versoening in ons land sal maak.
Lied 267 1-2 op 422 se melodie (staan)
Seën
Lied 313