Skip to main content

Pinkster Gebedsimfonie Sa 15 Mei 2010

Lof & aanbidding musiek vooraf

Verwelkoming
verduidelik wat gaan doen

Nader tot God
Stilte
Lied 163 (Soos ‘n Wildsbok)
Stilte
Skriflesing
Matteus 18: 19-20
[Jesus het gesê:]
As twee van julle op aarde
oor enige saak saamstem
en daaroor bid,
sal my Vader wat in die hemel is,
hulle dit laat kry,
want waar twee of drie in my Naam saam is,
daar is Ek by hulle.”

Jesus is hier.
Ons lewens is oop voor hom.

Skuldbelydenis
Lees Gal 5:13-25
Toets lewe aan Wil van God
(luister – op skerm as wil terugkeer)
oop vir sondes waarvan Gees bewus maak.
Wanneer bewus word, bely.

Stilte

Lied 247 paar maal

Genadeverkondiging
1Joh 1:9

Lofprysing
Lied 224 herhalend, verskeie kere

Ek gaan name van God lees. 
Na elke naam, dink:  wat beteken dit vir jou dat God dit is?
Vertel vir God. 

El Shaddai – Almagtige God
Stilte
El Elyon – Allerhoogste
Stilte
El Olam – Ewige God
Stilte
El Gaye – Lewende God
Stilte
El Kanna – Jaloerse God
Stilte
Adonai – Here, gebieder
Stilte
Ek is wat ek is.
Stilte
Ek is die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.
Stilte
Ek is die boord wat lewe gee.
Stilte
Ek is die lig vir die wêreld.
Stilte
Ek is die ingang vir die skape.
Stilte
Ek is die goeie herder.
Stilte
Ek is die opstanding en die lewe.
Stilte
Ek is die weg en die waarheid en die lewe
Stilte

Lied 214

Voorbidding
Voor hy opgevaar het na hemel,
het Jesus vir ons gebid.
Luister Jesus gebed,
ontvang dit.

Lees Joh 17:20-26 (Jesus se gebed)
Bid n.a.v. Joh 17:
• Lys dinge waarvoor jy wil bid.
Stilte

Geleentheid vir Gebed

na ‘n paar gebede:  Lied 278 (3x?)

Danksegging
Geleentheid vir hardop gebed, God dank.

Toewyding/uitstuur
(Staan) Lied 286 (Here God van liefde)
Seën
Lied 266

Pinkster Verootmoediging Vr 14 Mei 2010

Aankoms
Mense kom in stilte binne,
meditatiewe musiek speel
Op skerm:  sit rustig, word stil, fokus op die Here

Verwelkoming
Rethie verduidelik wat gaan gebeur.
Begeleide stilword
Sit gemaklik

Begin stadig, diep asemhaal.
Asem in deur neus,
uit deur mond.
Diep asemteue.

Terwyl voortgaan diep asemhaal,
laat jou gedagtes tot rus kom.

Steeds diep asemhaal,
draai palms na onder,
alle gedagtes,
alles vandag gebeur,
elke uitasem –
sien hoe jy alle gedagtes laat val,
vir God gee.

Wanneer alles laat gaan,
steeds diep asemhaal,
draai palms na bo –
bevestig jou gereedheid God se Woord te ontvang.
Wag op Here.

Sang
Lied 254:  Spreek Heer
herhalend, a-kapella

“Wie sê julle is ek?” – oordenking
Begelei inleef in te leef in verhaal van Matteus 16.

Verbeel jou saam met Jesus dissipels,
hang rond,
nie regtig besig met enigiets veel nie.

Jesus kom nader na julle,
vra vir julle:
Wie, sê julle, is ek?

Voor jy nog aan antwoord kan dink,
sê Petrus al:
U is die Christus, die Seun van die lewende God.

En dis maar dit.
Word nie veel verder daaroor gepraat,
aanbeweeg volgende onderwerp.

Maar jy kan nie die vraag uit jou kop uit kry nie.
Jy hou aan dink hoe jý vir Jesus sou antwoord.
Wie is Jesus vir jou?

Neem tyd en formuleer jou antwoord(e) op die vraag.
Probeer verby al die kerkerige antwoorde kom,
diep in jou hart:
wie, sê jy, is Jesus?
(Kan notas maak).

Stilte

Wanneer gereed,
verbeel jou Jesus vra vir jou:
Wie, sê jy, is ek?
Pouse

Antwoord vir Jesus.
Wees bewus van hoe jy voel terwyl jy hom antwoord.
Dink ook hoe hy reageer.
En hoe jy voel oor sy reaksie.

Stilte

Draai nou in jou verbeelding na Jesus en vra vir hom:
Wie sê u is u?
Luister terwyl ek ‘n lys lees van Jesus se beskrywings van homself. 
Watter beskrywings haak by jou vas, spreek jou aan?
• Ek is Immanuel – God met jou
• Ek is die Wonderbare Raadsman
• Ek is die Magtige God
• Ek is die Vredevors
• Ek is die Een wat deurboor en verbrysel is vir jou sondes.  Ek is die een deur wie se wonder daar vir jou genesing gekom het.
• Ek is die Koning
• Ek is jou vriend.
• Ek is die Dienaar van God.
• Ek is die Heilige van God.
• Ek is die groot Geneser.
• Ek is die Christus – die gesalfde – die Messias – die Redder van die wêreld.
• Ek is God wat mens geword het.
• Ek is barmhartig en genadig.
• Ek is simpatiek.
• Ek is die lewende Woord van God.
• Ek is die Skepper.
• Ek is die Lam van God.
• Ek is die Een wat eerder vir jou sal sterf as om sonder jou te leef.
• Ek is die brood van die lewe.
• Ek is die gewer van die ewige lewe.
• Ek is die lig vir die wêreld.
• Ek is God.
• Ek is die deur na God.
• Ek is die goeie Herder.
• Ek is die Een wat sy lewe vir jou aflê.
• Ek is die Opstanding en die Lewe.
• Ek is die Weg.
• Ek is die Waarheid.
• Ek is die Lewe.
• Ek is die ware wingerdstok.
• Ek is die Een wat aan die kruis gesterf en uit die dood opgestaan het.
• Ek is die rots waarop jy jou lewe kan bou.
• Ek is die een voor wie elke knie sal buig en elke tong sal erken ek is Heer.
• Ek is die een wat jou nooit sal verlaat nie, jou nooit in die steek sal laat nie.
• Ek is die Begin en die Einde.
Refleksie
Reageer nou weer op vraag:
Wie is Jesus?
Neerskryf
Praat met Jesus oor wat van Hom gehoor
Musiekstuk
Loof die Here God/ Bless the Lord my soul – sing herhalend, acapella.
Daarna speel CD van selfde lied.
Verlaat kerk in stilte

Hand 1:1-14 Wag op die Gees Don. 13 Mei 2010 Hemelvaart

Verwelkoming
Sang
Lied 163 x 2 (Soos ‘n wildsbok)
Gebed
Ps 130:5-7
Sang
Lied 425 vv 2 & 4 – hemelvaart (Kyk die Heer het opgevaar)
Gebed
Skriflesing

Handelinge 1
Preek
Interessant ons tradisie altyd effens ongemaklik Jesus hemelvaart.
Kruis aangrypend,
opstanding dalk minder,
tog vier.
Hemelvaart – weet nie lekker wat te doen.

Maar vanaand net een ding sê oor hemelvaart,
wel baie is:
Jesus moes weggaan
sodat God by ons kan wees.
In Jesus weggaan,
pad oopgemaak vir uitstorting van Gees.

Wil vanaand fokus op tyd tussen hemelvaart en pinkster –
tussen Jesus weggegaan en Gees uitgestort.
Tyd van wag –
wat ons ook gaan doen in volgende 10 dae.

Jesus opdrag dissipels:
voordat enigiets doen,
enigiemand vertel:
wag eers op belofte van Vader, op Gees.

Wat hulle dan ook doen.
Tradisie van wag op Here sterk tradisie hele Bybel –
interessante studie as wil doen,
konkordansie.

Bekende taal bv. in profete.
Wag, letterlik, op God stem of daad.
Taal waarmee ervaring met God uitgedruk
Ook gebruik as aanmoediging aanhou moeilike taak.

Wat jou wil nooi volgende 10 dae saam met te wag op Here –
wag op Gees.

Kan tereg vra:
het ons regtig nog nodig wag op Gees?
Pinkster-Sondag, Gees oor kerk uitgestort.
Gedoop, het Gees.

Is inderdaad so. 

Maar moet onthou –
ek dink soms vergeet –
Gees nie vir ons gegee as besitting
wat ons kan beheer,
maar as ons Heer –
wat ons lewens beheer en regeer.
Ons gebruik nie die Gees nie,
die Gees gebruik ons.

Wanneer ons dan wag op die Gees,
dan ons gebed dat God deur Gees in ons sal werk.
Ons het Gees.
Maar vervulling met Gees – heiligmaking – is proses,
van al meer onder beheer van Gees kom.

En ons net so min mag dit self te laat gebeur –
self vervul te word Gees, self heilig word –
as wat het om self te red.

Al ons geestelike dissiplines kan net sovêr gaan,
maar op ou end moet ons wag op die Gees
om sy werk in ons lewens – en in die wêreld – te doen.

Baie belangrik dat vir mekaar sê,
waarvoor wag – is God.
As sê wag vervulling Gees,
maklik dink wat vir my beteken,
wat ek kry.
Dink nodig in geestelike lewe,
Here gaan voorsien.

Wag op God dikwels geassosieer met wag op antwoord,
wag op seën,
uitkoms.

Maar wat as nie antwoord, seën of uitkoms kry?
Dan leer juis punt van wag op Here:
Dit gaan om die Here.
Die gewer is meer as die geskenk –
God is meer as net dít wat ons van hom ontvang. 

Ons wag nie op wat ons van God kan ontvang nie.
ons wag op God.
En dis genoeg.
Moet ook sê,
jou nooi volgende 10 dae saam met my te wag op Gees,
weet nie regtig waartoe jou nooi.

Ons dink ons weet.
Maar God is in staat daartoe
om soveel meer te doen as wat ons bid of dink.
Deur in ons gedagtes prentjie te skep
van waarop ons dink ons wag,
ons eintlik besig Gees te beperk. 

Ja, ons het die Gees.
Maar dit beteken nie ons het die volheid van God nie. 
Die Gees kom steeds.

En soos die dissipels daardie tien dae na Jesus se hemelvaart,
kan ons ook op sy koms wag. 

Volgende vraag:
Wat gebeur wanneer ons wag?
Nie nou wat gebeur wanneer klaar gewag,
wat is wat opdaag,
maar proses van wag self.

In proses van wag op Gees,
word ons prioriteite herrangskik.

Dink as dissipels terug is Jerusalem toe,
soos opdrag.
Maar gedink:
hierdie boodskap te goed,
te dringend.
Kom gaan vertel.

En terloops,
Jerusalem verdien nie vir hulle vertel,
hulle hom gekruisig!

Hulle taak was om te VOLG
nie om te lei nie. 

Deur in Jerusalem te wag,
word hulle gekonfronteer met hul vrese,
moontlik verkeerde verwagtinge,
taak wat voorlê.
Prioriteite word herrangskik. 

In proses word hulle natuurlik ook gereining,
gereed gemaak vir taak wat voorlê.

Binnekort moet hulle evangelie tot uithoeke van aarde neem.
Geweldige verantwoordelikheid voor hulle lê.
Groot dinge verwag,
groot dinge nodig.

Kan dink sekerlik gevaar dat trots sou raak,
soos wat bediening vorder,
vrugte afwerp. 
Meen, (hulle weet nog nie) maar binne paar dae 3000 mense tot bekering!

Maar sodat hulle nie kan dink alles van hulle afhang,
hulle goed gaan bereik,
laat God hulle wag.
Soos dae aangaan,
leer Gees nie gemanipuleer kan word,
nie deur menslike wil voorgeskryf kan word.

“Nie met mag en krag sal jy slaag nie,
maar deur my Gees.”

Derde ding wag doen,
nou hierby aansluit:
herinner ons dat Hy God is.
Ons is nie. 

Om te wag is nie noodwendig om niks te doen nie.
Dit is wel om ons te onderwerp aan God.
Om te wag op God
beteken dat ons lewens teruggebring word
onder die sambreel
van God se gesag en rigting. 

As ons vooruit hardloop,
gaan ons val en misluk.
Wanneer ons op God wag,
kom ons diep onder die indruk van ons eie onvermoë,
van hoe nodig ons vir God het.

Henry Nouwen skryf van ‘n sweefstok artiste
wat hom een keer vertel het dat ‘n vlieër
volkome vertroue in die vanger moet hê.

Gesê mense dink vlieër is ster van vertoning,
maar ware ster is vanger.
Hy moet daar wees in breukdeel van sekonde
met absolute presisie
om vlieër uit lug te pluk.

Geheim is dat vlieër niks doen nie,
vanger doen alles.
Gevaarlikste ding vlieër kan doen,
is om vanger te probeer vang. 
Vlieër moet vlieg,
vanger moet vang.

Vlieër moet,
met uitgestrekte arms,
vertrou vanger daar sal wees vir hom.

Laaste vraag dan:
hoe?
Hoe wag op Gees?

Ons wag op Gees hoofsaaklik deur gebed.
Wat dissipels gedoen terwyl gewag op Gees:  volhard in gebed.
Is deur gebed
en in gebed
wat wag op Gees.

Is wat volgende 10 dae gaan doen.
Behalwe vir Sondae,
gaan nie preek.
Môre-aand meditasie,
stilword, wag op Gees.

Verskillende dele gebed,
soos in een gebed op eie sou kom,
elke aand.

Korporatief – saam bid, wag.
Ook persoonlik, by huis.
Boekies – notas, Jerigo Mure 10 Dae van Dag en Nag Gebed.
(Of boekies buite.)

Maar saam met gebed,
ook gesindheid:
eerstens afwagting.

Gaan Junie Kgalagadi toe.
Kan nie wág nie. 
Stop kort duskant my kar begin laai.

Dis afwagting.

Soos dogtertjie vroeg oggend wakker word,
weet pa belowe sal vandag see toe vat.
Weet vanoggend, gaan nou-nou see toe.
Pa, word wakker, ons gaan see toe!
Kan jy dink hoe moes wees in bovertrek,
dissipels wag op Gees?

Weet iets op pad.
Ure en dae glip verby –
ons weet vandag was 10 dae, hulle nie geweet.

Ek dink nie moeg, moedeloos geraak.
Opgewonde afwagting aangevuur,
aanhou bid. 

Tweede gesindheid is om met aandag op Gees te wag,
gefokus.
Partykeer wag op God,
maar wag eintlik nie op hom.
Ander goed aandag aftrek,
eerder op wag. 

Daarom doelbewus volgende tien dae fokus,
aandag vestig op God,
wag. 

Laastens wag op Gees met sekerheid.

Lang worsteling wat hierdie Pinkster.
Hoewel oorsprong, aanvanklik, nie nou meer deel ons tradisie.
En sê nou niks gebeur?

Andrew Murray gesê,
wanneer op Here wag,
moet vooraf besluit,
dat dit met oortuiging gaan doen,
dat God ons gáán ontmoet.

Hieroor moet nou reeds helderheid kry,
dat niks so seker is,
dat om op God te wag,
ongekende
en onverwagse
seën sal bring.

My moeilik te sê.
Hoe kan ek – Pinkster lei – dit waarborg?
Antwoord is,
verwagting is nie in my –
of in jou wat saam met my wag nie.
Ons verwagting is in God. 

Murray sê dit so mooi:
O, do learn the lesson!
Jy gaan nie op jouself wag
om te kyk hoe jy voel
of hoe jy verander nie.

Jy gaan op GOD wag,
om in die eerste plek,
HOM TE KEN,
en daarná
te sien wat hy doen. 

En wie God IS,
is so ‘n geseënde wese,
dat ons nie enige kontak met hom kan hê,
enige tyd saam met hom – al is dit hoe eenvoudig
of onindrukwekkend,
sonder dat sy lewe
en krag
stil-stil,
miskien in die geheim,
in ons lewens insypel nie.
Gebed
Wat is jou gebed vir die komende tien dae?
Wat verwag jy gaan gebeur?

Stilte

(Vraag in boekies)
Sang
Lied 442
Wegsending

Selfs jongmanne
word moeg
en raak afgemat,
selfs manne in hulle fleur
struikel
en val,
maar dié wat op die Here wag,
kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop
en word nie moeg nie,
hulle loop
en raak nie afgemat nie.
(Jes 40:30-31)

Hand 13:4-12 Son 9 Mei 2010

 Verwelkoming & Afkondigings

Welkom
MTR Smit (ons ondersteun, genooi vandag kuier, julle gesiggies sien – hoop lekker kuier)
Moedersdag
(altyd jong ma’s, lag.  Moederskap nie ophou, nie altyd maklik – ma van verlore seun Alida.  Seën toebid, veral vir wanneer nie maklik…)

Sendelinge terugvoer

Pinkster

Besoeke:
eerste besoeke hierdie week –
Khayalethu Jeugsentrum
Mense daar was, aangrypend
Het 2 huise:  K1 = 24 skoliere, K2 = 4 (2 werk, 2 studente)
As uit skool, nie ondersteuning, val terug.
Het hotdogs & lekkers gevat.
Gebruik karate as voertuig, sport –
kan sien klomp pryse.
Ook gumboot danse!
Benodig stoof,
kan jongmens ondersteun – slegs 40% staat
As snr posisie by werk,
dalk Gr 10’s werk (van hulle werk by Butterfield bakkery) –
leer werksetiek.
Nog info – pamflette, DVD by Liésl –
besoek so aangrypend, as Deon Binneman vra, reël nog een.

Week wat kom, tussen Pinkster deur:
Vanoggend Chesire Homes
Bosslapers
Kamualethu Invalsentrum
Thand’usana
Kom saam – kyk flyers,
of maak bydrae – kyk ook flyers.

Week of bounty –
enigiets ekstra, deel.

Spesifiek Global Leadership Acadamy Jeffreysbaai.
Nie net curriculum oordra,
waardes vestig,
leiers oprig.
Marietjie McFarlane

Bring enigiets,
hulle wenslys:
Onmiddelike Behoeftes Rede
• R700p/maand borgskap vir leerder
• Mini Busse
• Rekenaars
• Laser Drukkers
• Poshokkies
• Liaseer kabinette
• Fietsstaander
• Matte
• Sporttoerusting Krieket, rugby, netbal, sokker, atletiek, skaak, ens.
• Mikroskoop, Maatsilinders, ens Wetenskap laboratorium toerusting
• Mikrofoon en mikrofoonkabel
• Bokse A4 papier
• Witbord merkers / penne en witborde
• Skryfbehoeftes, kramdrukkers, ponse, penne, ens Skryfbehoeftes vir personeel en kantoorgebruik
• Onderwysertafels
• Interkomstelsel
• Stoele
• Sitkamerstel of bank en stoele
• Lessenaars
• Skandeerder

Oók hierdie week, Klub 65 –
RSVP Sandra Pauw

Votum (Ps 99)

1  Die Here regeer:
die volke erken bewend sy gesag.
Hy troon oor die gerubs:
die aarde sidder van ontsag.
2  Groot is die Here,
Hy wat in Sion is,
hoog verhewe bo al die volke.
3  Hulle moet u groot
en gevreesde Naam prys:
“U is heilig!”

5  Prys die Here ons God.
Kom buig in aanbidding voor Hom:
Hy is heilig!

Seëngroet

Lofsang  Lied 169:1-2   (staan)

 

Wet

(Lev. 20:7-8)
Wy julle aan My.
Wees heilig,
want Ek is die Here julle God.
8  Gehoorsaam my voorskrifte
en leef daarvolgens.
Ek is die Here,
Ek heilig julle aan My.

Skuldbelydenis   Lied 231:1 & 3    (sit)

 

Genadeverkondiging / doop

Elke keer God wet herinner word,
opdrag heilig te wees,
herinner hoe aanmekaar misluk.

Daarmee saam ook herinner genade.
Geen beter herinnering,
helderder bevestiging genade,
as doop.

Want doop
is teken en waarborg
van inlywing in volg van God.

Christus het aan die kruis ge¬sterf
en met sy bloed eens en vir altyd vir ons sonde¬skuld betaal.

Toe Hy aan die kruis gesterf het,
het Hy so volledig vir ons elkeen gesterf
dat ons “saam met Hom” aan die kruis gehang het.
En toe Hy uit die dood op¬staan,
het ons “saam met Hom opgestaan” (vgl Rom 6).

In die doop neem God self die inisiatief –
Dit is sy “teken-taal” waarmee hy vir ons sê
dat Hy ook die inisiatief  neem ten opsigte van ons verlossing.
God sal vir ons ‘n God wees
En ons sal sy kinders wees
en Hom gehoorsaam.

Die doop is ook ‘n bevestiging dat die Here deur sy Gees in ons woon
en dat Hy ons lewens so wil regeer
dat ons al hoe meer sy beeld in ons lewens vertoon.

Nooi vanoggend doop bedien,
God genade hierdie dogtertjie bevestig –
ook aan jou doop dink,
herinner word dat genade ontvang,
skuld vergewe,
jy deur Christus aan God behoort.

Roep Ouers Vorentoe:
Die doop is deur God self ingestel
as ‘n waarborg van die verbond van genade
wat Hy met ons en ons kinders sluit. 

Julle weet reeds jul dogtertjie,
wat al so moes veg vir jong lewetjie
en reeds soveel van God genade en ingrype beleef het,
aan God behoort.

Bevestig julle glo
en jul voorneme haar as Godsvrou groot te maak,
antwoord vrae:

Eerstens:  Bely julle dat julle in die Here Jesus glo
en dat julle Hom liefhet?

Tweedens:  Glo julle dat God die inisiatief neem
in die verlossing van julle kind
en dat julle kind aan die Here behoort?

Derdens:  Beloof julle om julle kind in die weë van die Here te onderrig
en ook om die kerk toe te laat  om julle  in die onderrig by te staan?

Wanneer kind ingebring word:    
Flam 5   (sit)  Orrel 1x, gemeente 1x,
familie /  vriende vorentoe,
dan gaan oupa doop bedien.
Gebed

Voorstelling van gedoopte(s) aan gemeente
Aansteek van die doopkers
Gelukwensing & Lied as gebed

  • God wet gehoor,
    skuld bely,
    helder gesien God genade bewys –
    nou aan God toewy.
    Dankoffer toewydingshandeling,
    waarmee sê hele lewe behoort aan God.
    Vanoggend dankoffer in bord gooi,
    sê vir God lewe aan hom wy,
    Flam 2 – orrel speel een keer,
    dan sing 3 verse.

 

Gebed

 

Skriflesing 

  
Handelinge 13:4-12

 

Preek

“Duiwelskind!
Deurtrapte skelm
en bedrieër!
Vyand van alles wat reg is!
Sal jy ophou
 om in die pad van die Here te staan!
11  Die Here gaan jou nou straf.
Jy sal blind word
en die son ‘n tyd lank nie sien nie.”
Onmiddellik het alles vir hom
vaag
en donker geword,
en hy het rondgetas
na iemand om hom aan die hand te lei.

Reeks:  gestuur deur Gees
Vandag:  God bring publieke figure tot geloof.

Bieg, toe program opgestel, gedink Chris hierdie teks en tema kry.
Nogal geskrik sien ek moet hieroor preek.
In so geval, beskou uitdaging,
aanhou worstel tót boodskap / stem van Here hoor.

Wat my gehelp,
reeks verlede jaar.
Onthou:  reeks oor Godsbeelde.

Sedertdien,
enige teks,
vra:  wat sê teks oor God?
Hoe vorm ons Godsbeeld?
Of meer nog,
hoe daag Godsbeeld uit?

Saam dit, lees onlangs artikel van Prof. in teologie – Scot McKnight.

Vertel dat elke jaar,
eerste dag van klas oor Jesus,
studente gestandaardiseerde sielkundige toets gee.
Toets in 2 gedeel.

Eerste deel oor Jesus.
Vra studente te dink hoe Jesus persoonlikheid was,
vrae soos: 
Verkies eie ding te doen of reëls te volg?
Iemand wat bekommer?

Tweede deel vra selfde vrae van studente,
in stede van:  Jesus iemand bekommer?
Vraag:  JY iemand wat bekommer?
Gaan nie oor regte en verkeerde antwoorde,
of selfs om studente help Jesus verstaan.

Wat toets wys,
eenvoudig verstommend:
ons dink almal Jesus is soos ons.
Introverte dink Jesus is ‘n introvert,
ekstroverte dink Jesus is ‘n ekstrovert.

Wil graag dink studente soos Jesus,
maar toets wys eintlik teenoorgestelde:
studente vorm Jesus om soos hulle te wees.
Op een of ander manier almal beeld van Jesus
soos ons is.

Daarom goed soms tekste te lees
wat effens omkrap,
idee van Jesus – dus van God –
bietjie rondskommel.

Ek wil graag verkondig God almal liefhet – want hy het.
Wil graag verkondig God liefde is – want hy is.
Vertel van God se oneindige genade – want dit is oneindig.

Maar daar is óók tekste soos hierdie
iemand in God se pad staan,
weggevat.

Hierdie nie eers ergste.
Res van Handelinge.

Eintlik net voor gedeelte ons gelees,
Handelinge 12,
vertel Herodes se dood:
Mense begin Herodes ‘n god noem,
staan vers 23:
Op dieselfde oomblik het ‘n engel van die Here hom getref,
omdat hy nie die eer aan God gegee het nie.
Herodes is deur wurms verteer,
en het gesterwe.

Lyk asof dit volgorde was:
deur wurms verteer,
toe gesterwe.

Nie enigste gruwel-verhaal in Handelinge.
Judas – deur God gebruik,
moes Jesus verraai God plan realiseer,
Handelinge 1:18
Met die geld
wat Judas vir sy misdaad gekry het,
het hy ‘n stuk grond gekoop.
Daar het hy vooroor geval
en oopgebars,
en al sy ingewande het uitgepeul.

Tipe ding mens OT verwag.

Verhaal eerste gelowiges,
lees van Ananias & Saffira,
eiendom verkoop,
gedeelte vir self gehou –
albei voor Petrus dood neergeval. 

As dan verder teruggaan,
nie eerste gemeente Handelinge,
Jesus self:
Manier Fariseërs gepraat,
Tempel gereinig – mense en diere met sweep uit tempel gejaag, tafels omgekeer, geld op grond gegooi
Sê van mense kinders afvallig maak:
vir hom is dit beter
as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek
in die diep see verdrink.

Wat ons hieruit leer,
is dat God niemand in sy pad laat staan nie.
Elimas wou nie dat goewerneur tot bekering kom –
en God haal hom uit die pad uit.

God is genade en liefde en ons vriend en ons broer…
maar hy laat ook nie met hom mors nie.

Daar het jy dit nou –
ek het dit gesê –
nooit gedink sal so iets van preekstoel af sê,
maar is deel van waarheid van God:
God laat nie met hom mors nie.

Maar wat ook mooi moet sien,
is dat God self handel.

Soms sien ons iemand,
dink staan in pad van God se plan,
begin self planne maak –
hoor selfs soms CHRISTENE praat van mense uit weg geruim word!

Wat sien uit (gru)verhale in Handelinge,
is dat God self met mense wat in sy pad staan,
handel.

Wat beteken hierdie effens ongemaklike prent van God vir ons?
As so iets hoor –
God niemand in pad laat staan,
self met hulle handel –
dan eerste reaksie sekere name in agterkop kry.
As troos sien:
Ja, God self sal met jou handel!
Here sal uit weg ruim.
Boontjie kry sy loontjie.

Maar ek dink,
wanneer hoor dat God niemand in pad laat staan,
dan eerste ding moet doen,
is balk uit eie oog haal.

Enige van ons kan enige oomblik in pad van God plan staan,
ons eerste taak,
is voortdurende selfondersoek,
Here wil soek,
seker maak ek self staan nie in pad van God se plan.

En eers DAN kan kom by ander –
publieke figure, soos tema vanoggend,
ook ander mense,
dalk in ons privaat lewe,
ons dink in pad van God plan staan.
Natuurlik nie so eenvoudig –
want hoe weet ons tog op ou end regtig wie in pad van God plan staan?

Kan bid,
verdiep in woord,
God wil soek –
maar op ou end nie een van ons beskore
te besluit wie in pad van God plan staan.

God kan vir Babilonië gebruik as hy wil!
Volk se slawerny,
volk se wegvoering in ballingskap,
seun se marteling en kruisiging –
kan alles deel wees van God se plan.

Maar kan weet daar by gelowiges geen ruimte vir fatalisme.

Dink dis gevaar baie van ons in gesig staar:
dinge buite beheer,
stuur op afgrond af,
dink kan sien slegte gaan gebeur:
een opsie NIE vir ons oop is nie, is fatalisme.

Kan nooit sê:  daar is geen hoop nie.

Want God het ‘n plan wat hy self deurvoer.
En God laat NIEMAND in die pad van sy plan staan nie.

Maak nie saak wat situasie,
wat openbare of private omstandighede,
kan nooit ophou hoop nie,
want ons weet dit van God –
sy wil sál geskied.

Maar goed,
ons kan nie regtig sê wie in pad van God plan staan,
is ook nie ons taak,
maar in menslikheid wil tog graag paar figure identifiseer.

Figure ek identifiseer waarskynlik nie selfde as die jy identifiseer.
Maar daar is mense wat voel:
Dit kan darem eenvoudig nie so aangaan nie.
Hierdie mens doen nét skade.
Dit kan nie Here se wil wees nie.

Dan is daar vir ons twee opsies:
ons kan vir hulle intree
en ons kan hulle engage.

Eerstens intree.
Beteken gewoon vir hulle bid.

Dink mense woede in jou laat opvlam:
het al vir hulle gebid?

Jesus gesê moet vyande liefhê,
óók gesê vir vyande bid.

Nou as sê bid vir vyande,
natuurlik paar opsies:
Psalms:  vyande vernietig
Ons graag:  tot bekering kom.

Jesus sê:  seën.
Wanneer bid vir vyande –
en het werklik lief –
dan bid dat Here hulle sal seën.

Natuurlik bekering deel daarvan,
want om Here te volg is seën –
maar ook meer.

Tweede ding kan doen wanneer mense optree manier ons dink pad van God plan staan, is deur hulle te engage.

Nie so eenvoudig,
veral publieke figure,
nie altyd toegang,
deesdae openbare moddergooiery,
oor en weer beskaming –
ook nie Christelike manier. 

Daar moet ernstig bid en besin hoe mense kan engage –
veral publieke figure.

Kan vir hulle bid by kantoor.

Kan vriende maak met mense,
werklik leer ken.

Ons dikwels vriende maak – uitreik –
ons voorwaardes.
Werklik engage beteken ander ruimte gee self te wees,
probeer verstaan,
aanvaar nie soos jy.

Ander manier ons wat vanoggend hier sit,
publieke figure kan engage,
is deur publieke kwessies te engage:

droogte:
hoe spaar ons water? 
hoe kan help, ander leer, bydra tot besparing van water?

sokker:
iemand in week sê hoekom sokker t-hemp dra,
omdat onthou hoe gevoel toe Mandela met rugbytrui op baan loop.
Iemand anders onthou hoe gevoel toe swartmense in strate dans nadat gewen.

Wonderlike geleenthede rondom sokker,
jongmense lewensvaardighede leer –
gesels Hannes & Pieter Theunissen.

Groot publieke kwessie is armoede –
grootste kwessie in land.
Een van VGK dominees geskryf probleem in land tans nie ras,
maar armoede.

Elkeen van ons kan met armoede engage
op manier wat werkbare verskil maak.

Besoeke plekke tans,
wys manier kan betrokke raak –
ek hoop gewoonte raak,
ons in toekoms elke week besoeke,
nie net plekke waar betrokke,
nog breër. 

Audrey, Thand’usana gestig:
hierdie mense leiers wees wanneer haar dogter eendag groot.
Sy gaan belê in leiers, sodat hulle leiers kan wees sy graag wil hê haar dogter moet hê.

Elkeen van ons kan iets aan armoede doen.
Dalk nie babahuis stig soos Audrey,
kan iets gee.

Selfs kwessie van buitelanders – Nigeriërs – in eie stad.
Kan daarmee engage.
Sentraal NG Gemeente lewendige, aktiewe bediening onder Nigeriërs,
dwelmhandelaars.
Maar kry baie swaar,
sukkel mas op te kom –
ons kan ondersteun.

En in proses
engage ons publieke kwessies
maar ook publieke figure wat op hierdie kwessies reageer –
hoewel soms op manier reageer wat ons voel nie gepas is. 
God handel self.
En God laat niemand in sy pad staan nie.

Maar ek wil tog afsluit God genade.
Want selfs wanneer God dít in sy pad staan,
uit weg ruim,
genade steeds sigbaar:

Elimas kon doodgemaak word,
maar Elimas blind –
‘n tyd lank.

Want God se plan,
op ou end,
is plan van liefde.

Ons roeping hierdie liefde te leef –
uit te leef,
teenoor almal,
ook ons vyande
sodat God se koninkryk kan kom.

Gebed

*  Die opstandingshoop wat die Evangelie van Christus ons bied
*  Gebede om vrede
*  weer na God te luister oor wat Hy van ons as kerk in die dae vra
*  Gebede dat God werklik van die NGK ’n instrument van eenheid, geregtigheid en versoening in ons land sal maak.

Lied 267 1-2    op 422 se melodie    (staan) 
Seën
Lied 313

Ps 22 – Vry 2 April 2010

Goeie Vrydag 2010
Psalm 22

Wie roep daarbuite?  Hy?
Is dit vir my?
Ek, seun van mense, bloed uit bloed
gebore, blind.
Hy bloed uit Gees,
uit water, wind.
En tog uit bloed,
bloed van ’n vrou;
Hy óók ‘n kind.
Eloï! Eloï!
Een met ’n riet gaan nader.
Dit is donker buite.
Vader ? Vader
( I L de Villiers in Gelykenisse en ander verse 1975, bl 50).

Stilte & beelde van Jesus se lydensweg deur Audrey Anastasie

Votum (Jes 53:1-5)
Seëngroet (Gal 1:4)
Lied 389

Gebed
Skriflesing:  Psalm 22:2-22a
Preek

In donkerste oomblik in wêreld se geskiedenis,
wanneer Jesus gebroke aan kruis hang,
kies hy woorde van Ps 22 om ellende aan God te verwoord:
My God, my God, waarom het u my verlaat?

Hierdie Psalm gee vir Jesus woorde
om sy diepste gevoel,
klaaglike toestand,
voor God se troon uit te stort.

Rede hoekom Paasnaweek herdenk op manier wat doen,
ons help om onsself in God storie te vind.

As mense ken gevoelens van Godverlatenheid.

CS Lewis,
Grief Observed,
oor sy eensaamheid na dood van vrou.

Wanneer ons God onthou in tye van geluk en vrede,
skryf hy,
voel dit op God ons met ope arms ontvang.

Maar wanneer jy in desperaatheid na God gaan,
wanneer alle ander hulp van nul en gener waarde blyk te wees,
vind jy ‘n deur wat in jou gesig toegemaak word,
die sleutel wat aan die binnekant gedraai word.

En dan stilte.

Ja kan net sowel wegstap,
sê hy,
want hoe langer jy wag,
hoe duideliker sal die stilte word.

Daar is geen lig in die vensters nie.
Dit kon maar net sowel leë huis geweet het.

Waarom, vra Lewis,
is God so teenwoordig in ons voorspoed
en so afwesig in tye van smart?

Selfde gevoel wat digter van Ps 22 verwoord.
Digterlik, allerhande beelde, druk verlatenheid uit:

• Ek is ‘n wurm wat deur mense bespot word;
• Wreedaardige mense, soos beeste uit Basan, slaan op my toe (die beeste uit Basan was bekend vir hul krag en sterkte);
• Verskeurende, brullende leeus storm met oop bekke op hom af;
• Soos die dwalende, honger honde wat so bekend was in elke Midde-Oosterse stad, word hy omsingel en bekyk vir die geskikte oomblik om die doodslag toe te dien;
• Hy is liggaamlik uitgeteer, net been en vel.
Beskryf verlatenheid as iets jou hele bestaan opslurp.
Voel sosiaal geïsoleer,
fisies uitgeteer,
geestelik uitgeput,
psigies afgestomp,
sonder hoop,
sonder raad.
Magteloosheid oorweldig jou.

Op manier –
mindere of meerdere mate –
ken almal gevoel van Godverlatenheid. 

As vir ongelowige wil verduidelik waaroor ons geloof gaan,
sal nie graag Ps 22 aanhaal.

Maar tog waardevol,
want dit sê ons hoe Bybel – en God – is.
Geen menslike ervaring onbelangrik.
Geen diepte van menslike lyding bly ongesê.

Ons mag praat oor diepe ellende waarin ons bevind.
Kernmoment van ons geloof –
Jesus aan kruis –
was juis deur ervaring van ellende gestempel.

Vandag Goeie Vrydag.
Herdenk Jesus sterwe aan kruis.

Jesus neem gebroke en vervalle bestaan van skepping
vrywillig op self.

Dra ons skuld,
namens ons,
twv ons,
voor God.

En deur ons sonde,
opstandigheid
en vervreemding van God
op homself te neem,
word hy vervreem van God.

Maar deur sy sterwe aan die kruis,
haal hy alle Godverlatenheid vir altyd uit die wêreld uit.
Jesus was van God verlaat,
sodat ons nooit van God verlaat sal wees nie.

Selfs al beleef ons diepe Godsverduistering,
beteken dit steeds dat ons nie van God geskei is nie.

God se teenwoordigheid is ‘n belofte,
selfs al beleef ons dit nie.

Soos Emmausgangers,
Jesus by hulle,
beleef diepe gevoel van verlatenheid,
herken Jesus nie. 

Wat moet ons dan doen met ons gevoelens van Godverlateneheid?
Kyk wat Jesus gedoen:
In Godverlatenheid roep  na God!

Hy kies hierdie aangrypende Psalm
om sy krisis voor God
onder woorde te bring.

Sommige skrifverklaarders dink
hy hele Psalm aan kruis geprewel.

Hoe ook al sy,
Psalm word Jesus se noodkreet voor God.

Daarmee leer Jesus ons
om te doen wat digter van Ps 22 gedoen het:
om ons verlatenheid voor God te verwoord.

Duitse teoloog,
Jürgen Moltmann,
vertel dat hy na 2e wêreldoorlog
as jong, ongelowige man,
in geallieerde konsentrasiekamp was.

Daar was kapelaan wat Bybeltjies uitgedeel.
Motlmann begin Evangelies te lees,
maar dit hom geen raad midde omstandighede gegee.
Gelukkig was ook Psalms in Bybeltjie.
Daarin het hy –
tot sy verwondering –
sy eie ellende verwoord gevind,
daar het hy gelees van sy vrese
en sy hulpeloosheid.
En vir God gevind.

My gunsteling teoloog,
Walter Brueggemann,
sê Psalms soos hierdie,
nooi ons uit om elke enkele menslike ervaring
voor God te verwoord,
om niks ongesê te laat nie.

Ons word uitgenooi om vir God te sê hoe ons voel,
en die Psalms gee vir ons die woorde om dit te doen.

Geleentheid,
gevoelens van Godverlatenheid verwoord.
Soms nie woorde –
dalk Ps 22,
of woordloos voor God sit,
dele van persoonlike lewe,
van land,
verlate voel,
vir God bring.

Stilte

Feit dat met God bly praat,
veronderstel dat ook aan God bly vashou.

Luther gesê aanvegting van ons geloof
dat God vreemd voorkom, verborge.
Kuns van geloof egter
te bly reken met goeie, genadige,
barmhartige, openbaarde God.

Gebruik beeld van son wat agter wolke bedek word,
maar tog daar is,
al nie sien of ervaar.

Kuns van geloof is om in jou hart son te bly sien,
al sien jou oë dit nie. 

Ps 22 natuurlik nie hele Psalm gelees.
Klag gelees,
skuif later na hoop.
Here verhoor uiteindelik digter se gebede.
Herdenk Goeie Vrydag met wete Paassondag voorlê. 

Ons troos nie in antwoorde of verduidelikings,
maar in Een op wie hoop gerig is. 
Hy wat self van God verlaat is –
ter wille van ons –
sodat ons nooit weer van God verlaat sal wees nie. 

Vandag saam,
juis aan God vashou,
onsself identifiseer Christus storie –
ook ons storie.

Manier wat Christus ons gegee
om aan hom vas te hou –
manier ons ingenooi in sy storie,
is Nagmaal.

In Nagmaal word ons verbintenis met Jesus,
elke keer ons daaraan deel,
vernuwe.

Brood en wyn
herinner ons aan God teenwoordigheid,
aan Jesus godverlatenheid t.w.v. ons,
help ons om aan God bly vashou.

Jesus is hier.
In Nagmaal besondere manier teenwoordig. 
Brood en wyn gegee,
woorde:
dit is my liggaam,
dit is my bloed.

Nooi vanoggend deel sakrament,
hou ons vas aan God.
Ontvang lewe uit liggaam en bloed van Christus.

Tafel gereed,
gebed:
Lied 379.

Daarna (sonder aank.) tekens uitdeel,
hou,
dink biddend Christus lyding,
liggaam & bloed,
teenwoordigheid,
vashou.

Lied 379,
tafel gereed, tekens uitgedeel.

Jesus het
in die nag waarin Hy oorgelewer is,
brood Geneem en,
nadat Hy God daarvoor gedank het,
het Hy dit gebreek en gesê:
‘Dit is my liggaam;
dit is vir julle.
Gebruik dit tot my gedagtenis.’

Die brood wat ons breek,
 is die gemeenskap met die Liggaam van ons Here Jesus Christus.
 Neem,
eet,
dink daaraan
en glo
dat sy liggaam gebreek is
tot ’n volkome versoening vir al ons sondes.

“Net so ook het Hy
ná die maaltyd
die beker geneem
en gesê:
‘Hierdie beker is die nuwe verbond,
wat deur my bloed beseël is.
Gebruik dit,
 elke keer as julle daaruit drink,
tot my gedagtenis.’

Die beker van danksegging
is die gemeenskap met die bloed van ons Here Jesus Christus.
Neem, drink,
dink daaraan
 en glo
dat sy kosbare bloed vergiet is
tot ’n volkome versoening vir al ons sondes.

Lied 399:1, 4&5

(Gaan kerk in stilte verlaat – afwagting Paasfees,
kyk voorstelle Graf Saterdag,
oordink sterwe,
berei voor Paasfees)
Gebed

Verlaat kerk in stilte

Luk 2:41-52 – Son 7 Maart 2010

Volg in die voetspore van Jesus en jou geestelike lewe verdiep

Toetrede, Verwelkoming, Afkondigings

Gebed om reën

Votum & Seëngroet

Toewyding
Ps 42:1 en 5
Lied 271
Ps 119: 7, 8, 14 (koor), 18

Doop

Kindertyd

Hoe praat babatjies?
Groot kinders?
Grootmense?

As Gr 7, juffrou vra vraag, antwoord soos baba?

Wie kan al skryf?
Self skoenveters vasmaak?

Mens groei – langer, slimmer – skoenveters, skryf,
ook in verhouding met Jesus groei. 
Anders soos baba wat nooit groot word –
langer, praat steeds soos baba,
kan nie self eet,
skoenveters vasmaak.
Hoe groei verhouding Jesus?
Wie onthou groeigoggas –
groei, omdat goggas groei!
Liedjie:
speel, werk, gaan elke Sondag na die kerk.
Om te lees uit die Bybel en te bid en te getuig,
dit laat ‘n groeigogga juig.

Is hoe groei:
Kerk toe, Kategese,
Lees Bybel, bid – as nie self kan, vra ouers te help.

Epiklese

Skriflesing Lukas 2:41-52

Preek

Begin, eers paar goed sê oor teks:

Jesus hier 12 jaar.
Op drumpel van volwasse – 13 jaar,
dan verwag wet ten volle onderhou,
al verpligtinge volwasse gelowiges nakom.

Weet min van Jesus kinderjare –
net geboorte,
hierdie een geval –
net in Lukas.
Lukas skryf vir Grieks-Romeinse gehoor,
antieke biografieë in hierdie tradisie
een verhaal uit kinderdae
op manier vooruitskouing na karakter van volwassene –
wat Lukas hier doen

Sien dat ouers – en daarom ook Jesus –
getroue gelowiges was.
Eks 12 & Deut. 16 opdrag jaarliks Pasga in Jerusalem vier –
Jesus familie elke jaar gedoen.

Aangesien reis gevaarlik,
mense in groot groepe gereis. 
Beteken ook nie direkte toesig van kinders nodig,
speel in groepies…
daarom eers aan einde van dag,
familie saam aandete,
agterkom Jesus nie daar.

Terugreis Jerusalem gevaarlik,
nou op eie.
Sommige beweer dís eintlik waaroor Maria ontsteld wanneer met Jesus raas.

Natuurlik belangrik dat Jesus na 3 dae vind – vooruit wys na ons Paasfees,
Jesus opstanding.
Maar ons besig reeks:  volg in voetspore van Jesus.
As in Jesus voetspore volg,
dan vir ons twee dinge relevant:

Eerstens:  hoewel Jesus God was,
leergierig:
waar Hy tussen die geleerdes sit
en na hulle luister
en hulle uitvra.
Jesus groei nie vanself gebeur,
Jesus geleer van God,
woord geleer,
tyd in tempel spandeer,
met geleerdes gesels.

Tweedens:
Jesus gegroei.
52  En Jesus het verstandelik
 en liggaamlik gegroei
en in guns by God
en die mense toegeneem.
Groei fisies,
intellektueel
sosiaal
én geestelik. 
Het julle al opgelet hoe vinnig kinders grootword?

Vandag kindertjies gedoop,
môre gaan skool toe,
oë knip, staan hier voor belydenis aflê.

Kort voor lank universiteit.
As weer kyk, getroud
en voor oë uitvee,
is jy oupa en ouma!

Hoor ouers gereeld daaroor praat,
veral wanneer kindertjies nog klein,
hoe vinnig grootword. 

Dikwels hoor sê:
wens kon net so groot hou!

Al ooit so gesê?

Maar gestel daardie wens word waar.
Gestel kinders hou op groei –
word nie langer nie,
verander nie,
groei nie.
Nie wens bewaarheid,
tragedie!
Van vreeslikste goed wat met kind – en familie – kan gebeur,
mediese kondisie,
kind ophou groei.
Dodelik! 

Dalk nie so ekstreem,
groei fisies,
maar bly emosioneel en sosiaal kind.
Ons noem dit:  onvolwasse.

Ook dit is tragies!
Mense onvolwasse bly,
verantwoordelikheid vermy,
wip wanneer nie hulle sin kry.

Gedrag wat in 3 jarige oulik is,
is in 13-jarige glad nie meer oulik nie.
Sal sommer vinnig sê:
Word groot!

Net soos wat fisies of emosioneel moet groei,
absoluut tragies nie meer groei,
net so nodig geestelik aanhou groei. 
Lees paar plekke in Bybel van hierdie tragiese kondisie,
gelowiges nie groei [Joernaal]:
1 Kor 3:
ek kon met julle nie praat
soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie;
ek moes praat soos met wêreldse mense,
soos met kindertjies in die geloof in Christus.
2  Ek het julle met melk gevoed,
nie met vaste kos nie,
want julle kon dit nog nie verteer nie.
En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie,
3  want julle is nog wêreldse mense.
Daar kom jaloesie en twis onder julle voor.
 Is dit nie omdat julle nog wêrelds is
en julle wêrelds gedra nie?

Hebr 5:11-6:1a
11  In verband hiermee
het ons baie te sê
wat moeilik is om aan julle te verduidelik,
aangesien julle so traag is om te leer.
12  Hoewel julle teen hierdie tyd
self reeds onderrig behoort te gee,
het julle weer nodig
dat iemand julle in die grondwaarhede
van die woord van God moet onderrig.
‘n Mens moet julle met melk voed
en nie met vaste kos nie.
13  Iemand wat nog van melk lewe,
kan nie saampraat
oor wat reg of verkeerd is nie,
want hy is nog ‘n kind.
14  Vaste kos is vir grootmense,
vir mense wat oor insig beskik
 en wat deur ervaring
geoefen is
om tussen goed en kwaad te onderskei.
1  Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge
wat aangaande Christus verkondig word nie,
maar verder gaan
na die volle inhoud van die boodskap.

Kinders kaarte teen muur,
elke jaar meet hoeveel gegroei
(ons nie kaarte,
merkie teen deurkosyn).

Asof Lukas Jesus groei merk
met besoeke aan tempel!

Geestelike groei moeiliker te meet,
kan nie merkies maak,
sekere mylpale afmerk:
vandag het ek leer kruip,
vandag eerste woord gesê,
vandag leer loop. . .

Maar hoewel nie so maklik meet,
weet ons elkeen tog.
Weet wat in geestelike lewe aangaan,
weet hoeveel gegroei in laaste maand,
jaar,
jare.

Weet of vaste kos verteer – of melk,
of nog besig met eerste dinge van boodskap van Christus,
of al begin aanbeweeg na voller inhoud,
of optree soos wêreldse mense
of burgers van Koninkryk van God.
Of ons al self besig is om te onderrig
en of ons nog verwag dat ander ons onderrig.

Ons weet dit. 

Net soos wat babatjies met gereelde tussenposes geweeg,
teen hierdie tyd moet soveel weeg…
weet, teen hierdie tyd moet hier wees.

Hoe lank jy al gelowige?
6 maande?
6 jaar?
50 jaar?
Hoeveel het jy gegroei in hierdie tyd?
Waar behoort jy teen hierdie tyd te wees?

Ons moet geestelik groei!
In geloofslewe verdiep.
Wat gebrek aan groei ekstra tragies maak,
is dat groei nie stagneer nie –
dit gaan agteruit.
As nie geestelik groei,
dan gaan geestelik agteruit. 

Baie goed kan getuig as tekens van verdieping –
of tekens van gebrek aan groei.
Versigting te doen,
want baie nie,
nie so eenvoudig,
checklist –
sommige van ons van nature liefdevol, bv. 

So as doen,
dan nie hele lineaal teen meer,
nie self punt gee,
idee gee, makliker onderskei, oop vir Gees stem in jou:
Juan Carlos Ortiz,
tekens van nié geestelik groei,
nog geestelike babas, soos Paulus sê:

1.  Selfsug.
Soos kinders, “ek” altyd in middelpunt –
ook van geestelike lewe:
wat kry ek daaruit?  Wat beteken dit vir my?
Nie gee nie, maar ontvang. 

2.  Meer geïnteresseerd in gawes as vrug. 
Wil iets by God hê,
stel nie soveel belang in vrug dra, lééf volgens eise van woord. 
Wil  heel tyd hê God moet ons help –
gee vir ons dit, gee vir ons dat.
Volwasse gelowige weet hoe om te gee. 

3.  Materialisme

4.  Onbetrokkenheid
Volwasse gelowiges is diensbaar,
is êrens besig te dien:
sendelinge ondersteun, armes, mede-gelowiges swaarkry.
Onvolwasse, meer gefokus op hoe jý bedien kan word,
as om ander te dien. 
5.  Gebedslewe nie groei.
Gebede vandag bid,
nie veel anders as gebede 5 jaar terug,
10 jaar terug gebid.

Ortiz gebruik voorbeeld van hoe hy met sy vrou praat:
“Suster Marta, paar woorde sê.”
“Reg so dominee.”
“weet nie opgelet, voel anders oor jou as ander susters in gemeente…”

Na 12 jaar van getroud wees, kinders,
praat baie meer persoonlik met mekaar!

6.  Verveling
Verveeld met geloof, nie meer opgewonde oor wat kan leer en beleef
Vind kerk vervelig,
Bybel vervelig,

7.  Neem nie toe in kennis –
nog besig met ABC van geloof –
Hebr 6 lys:
bekering
leefwyse
geloof
doop
handoplegging
opstanding van dooies
en ewige oordeel
as melk. 

Kan natuurlik nog baie dinge noem.
Bybel praat van gedrag
kennis
ander leer.

Idee noem, nie te beskaam,
laat skuldig voel.
Hoop help elkeen van ons,
oop vir fluistering van Gees in ons,
eerlik self kan erken waar geestelik staan.

Want dán kan ons groei.
As weet waar is,
kan aanbeweeg,
kan in voetspore van Jesus volg
en geestelik verdiep. 

En dan eerste ding vir mekaar moet sê,
is dat geestelike groei nie vanself gebeur nie –
dit vra van ons dat ons werk daaraan. 
Dit vra dat ons gereeld “tempel” toe gaan
om te luister,
te vra,
te deel.

Daar is nie kortpaaie nie. 
Soek dikwels kortpaaie –
geestelike ervaring,
seminaar
Mighty men
boek,
DVD
sekere stel reëls
program of kursus…

Hierdie dinge alles goed,
tree op pad –
maar nie kortpad.

Geestelike groei neem tyd. 
Nie oornag,
nie vandag besluit:
gaan geestelik groei –
en dan môre geestelike reus.

Dit neem,
om waarheid te sê,
leeftyd –
altyd besig te groei,
altyd nog iets leer. 

Verg tyd & dissipline
1 Tim 4:7
Oefen jou liewer
 om in toewyding aan God te lewe.

Soos enige iets oefen,
al is daar nie kortpaaie,
tog sekere stappe kan neem.
Kan niks doen langer te word –
kan heelwat doen geestelik groei. 

Eerste, ons oor en oor sê,
wat week vir mekaar gesê baie tekens van groei in gemeente sien:
Besig met Woord.

Teks Here vanjaar vir gemeente gegee – Kol 3
Let the Word of Christ – the Message – have the run of the house. 

Rom 10:17
17  Die geloof is dus uit die gehoor,
en die gehoor is deur die woord van God.

Hoor Bybel in kerk – een van belangrike redes waarom Hebr 10:25 sê moenie van samekomste van gemeente wegbly. 

Hoor woord in kleingroepe – Bybelstusie, sel, dissipelskap – wanneer gelowiges saam oor woord besin.

Hoor woord wanneer self lees,
self bestudeer. 

Hier is voorbeeld van Jesus duidelik:
Het in tempel gebly,
mense opgesoek wat Woord ken,
self ook insig gedeel.

Om te leer wat God in verlede gesê en gedoen en belowe het,
om te leer wat God van sy volgelinge verwag –
dis eerste stap van geestelike groei. 

Baie hulpmiddels,
as voel kan nie op eie doen:
boeke
didage – Bybelskool, op pad met God,
dissipelskap-kursus
Kleingroep aansluit. 

Tweede stap is gehoorsaamheid.
Om te doen wat God van ons vra,
te leef soos wat Woord ons leer.
Interessant Paulus in Korintiërs oor gemeente se onvolwassenheid skryf,
praat van gedrag,
spesifiek jaloesie en twis.

Wanneer woord lees,
duidelik wat God van ons vra,
hoe wil hê moet leef –
nie net 10 Gebooie –
hoewel regtig basics is –
mag nie egbreek pleeg, iemand anders lewenstyl begeer –
is hele Nuwe Testament voorbeeld van lewe as gelowige.

Afgelope paar Sondae gepraat van dissipelskap,
hele tyd klem:  geloof en lewe hoort saam.
Dissipelskap beteken gehoorsaamheid,
doen wat God vra,
leef soos God sê.

Groei dan, ook gehoorsaamheid. 
Deel hiervan ook skuldbelydenis,
erken wanneer verkeerd doen,
skuld bely,
vergifnis ontvang ons in Christus het. 

Voorbidding

Dankoffers

Bestuursraad terugvoer – Frik

Slotlied Lied 541

Seën
Lied 178 (Dona nobis pacem)