Skip to main content

Preek: Vreugde, twyfel & advent – Matteus 11:1-12 – 12 Des 2010

Verwelkoming

Adventkers

Dankie

Votum

Jesaja 35:1-10

 

Seëngroet

Lofsang

• Lied 344:1 & 3 (staan)
• Lied 352 (sit)
• Lied 366: 1 & 3 (sit)

Gebed

Skriflesing

Matteus 11:2-11

Preek

Kinders vorentoe –
Crackers – wat dink gaan binne wees?
Soms verwag een ding, kry iets anders.
Johannes gebeur – gedink Jesus gaan een ding doen, doen iets anders –
gaan gesels wat gedink – fyn luister.

Eers vertel van Charles Templeton.
Was in 1940’s nabye vriend,
kollega
legendariese evangelis Billy Graham.

Formidabele prediker,
groot skares evangelie verkondig.

Maar begin worstel vrae Christelike geloof.

So erg geraak,
uiteindelik rug op geloof gekeer.
Billy Graham probeer oortuig selfde te doen.
Uit aard van saak opgehou evangelis te wees,
skrywer en joernalis geword.
Kritiek op Christelike geloof verwoord in boek
“Farewell to God: My reasons for rejecting the Christian faith”

Toe hy 83 was, iemand onderhoud gevoer,
gevra waarom rug op geloof gedraai.
Ek het begin nadink oor al die plae wat oor ons planeet swiep
en sonder aansien des persoons mense doodmaak –
dikwels pynlik.
Alle soorte mense ly,
die gewones,
die goeies,
en die slegtes.
Dit het kristalhelder geword
dat geen intelligente mens
kan glo dat daar ‘n God bestaan
wat mense liefhet nie.

Oor Jesus het gesê dat Jesus nie God is nie,
maar die grootste mens wat ooit geleef het,
‘n morele genie.

Sy etiese aanvoeling was uniek.
(het hy gesê)
Hy is die mees wyse persoon wat ek ooit in my leeswerk ontmoet het.
Sy lering is die kosbaarste aspek van my lewe.
Ek weet dit mag vreemd klink,
maar ek eer Jesus.
Hy is die belangrikste mens wat ooit geleef het.
En, as ek dit so mag stel,
ek mis hom”
Het hy gesê.

En op hierdie punt –
so vertel die onderhoudvoerder –
het Templeton se oë vol trane geskiet.
Hy het hardop begin huil.
en geweier om enige iets verder te sê.

Matteus 11 vertel an ‘n soortgelyke worsteling.

Johannes die doper is in die tronk.
Hy hoor alles wat Jesus gedoen het
en stuur van sy volgelinge om vir Jesus te vra
of hý die een is wat sou kom –
of moet hulle nog vir ‘n ander een wag.

Een kant Johannes twyfel baie vreemd –
het as baba in baarmoeder al Jesus erken,
het Jesus gedoop,
moontlik selfs stem uit hemel gehoor
(hoewel natuurlik baie moontlik net Jesus dit gehoor).

Maar op manier kan mens ook verstaan Johannes twyfel.

Eerstens sy omstandighede.
Johannes kondig God groot werke aan,
verkondig koms van Messias,
en beland as gevolg daarvan in die tronk.

Hoekom gebeur dit?
Hy’t tog gedoen God van hom vra.

Tweedens natuurlik nie self Jesus optrede gesien (is in tronk),
hoor wat mense sê.
En wat Jesus doen,
nie wat Johannes verwag het!

Johannes het oordeel gepreek.
Jesus het vergewende liefde gepreek
en God beskryf as gasheer
wat wonderlike partytjie hou
of vader
wat nie oor hard kan kry kinders weg te jaag –
selfs al draai rug op hom.

Johannes gesê mense moet lewe in orde kry voor te laat.
Jesus sê God red –
selfs as al geld op drank en seks mors soos verlore seun,
nog nie te laat.

Terwyl Johannes saam met kerkmense
sprinkane en heuning
in woestyn geëet,
het Jesus saam met skuim van samelewing partytjies gehou –
‘n vraat en ‘n wynsuiper, het die mense van hom gesê.

Johannes gedink Messias oordeel,
mense bevry van sosiale, ekonomiese, politieke onderdrukking.
Buitelandse oorheersers
en korrupte godsdienstige leiers
het God se geduld tot die uiterste beproef.

Nou, nou’s dit tyd.
Nou gaan hulle leer waar Dawid die wortels begrawe het.
Die byl lê klaar teen die wortels van die boom.

Maar Jesus se bediening is nederig,
diensbaar.
Van die heerlikheid van Jesus sien mens amper niks.
Dis nie wat Johannes verwag het nie.
Hy worstel daarmee dat hy nie Jesus se koninklike mag sien nie.

Daarom die vraag:
Is U die Een, of moet ons vir ‘n ander wag?

Ons hoef nie vir Johannes hieroor te veroordeel nie.
Twyfel is deel van die geloofslewe – lees maar net die Psalms.

Iemand het gesê dat mense wat nie twyfel nie,
nog nooit geglo het nie.

Moeder Teresa het geweldige twyfel ervaar.
Maartin Luther het dikwels geworstel met sy geloof.

Almal wat Jesus ernstig neem,
wat werklik glo dat Jesus die seun van God is,
worstel met wie Jesus is
en wat hy doen.

Albert Schweizer skryf:
Dis nie die mens
wat met twyfel worstel
wat struikel nie.
Nee, dit is die mens
wat nie langer worstel
met wie Jesus is nie,
wat struikel.

So Johannes laat stuur sy geloofsvrae na Jesus.
Jesus se antwoord
help almal wat die boodskap van Jesus hoor
en wonder
of hulle regtig in Jesus kan glo.

Jesus beskaam nie vir Johannes omdat hy twyfel nie.
Jesus nooi Johannes uit om te sien, te hoor en te glo.

Eerstens verwys hy terug na die OT profesieë,
wat Johannes ongetwyfeld sou ken.
Onthou, sê Jesus,
die profete het gesê die tyd van die Messias
sal ‘n tyd wees
waar blindes kan sien,
lammes wat loop,
melaatses wat gereinig word,
dowes wat hoor,
dooies wat opgewek word
en armes wat die evangelie ontvang.

Dís wat die profete, o.a. in Jesaja,
oor die Messias voorspel het.
Johannes kan maar rustig wees.
Jesus is die Messias.
Wat hy sê en doen,
is presies wat die profete voorspel het.

Tweedens word Johannes genooi om dieper te kyk.

Dis opvallend hoe belangrik die woord “sien” in hierdie teksgedeelte is.
Word aanmekaar gebruik.
Johannes “hoor” van Jesus in die tronk.
Nou word hy uitgenooi om dieper, meer te “sien”:
Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien (v4).

Johannes se persoonlike omstandighede is sleg.
En ons weet dit gaan nie beter raak nie.
Maar hy moenie in sy omstandighede vaskyk nie.
Hy moet verby die tronk kyk,
en die groter prentjie van Jesus se werk sien.
Boosheid word oorwin,
Genesing word bewerkstellig.

Wat Johannes moet leer,
is dat die koninkryk soms anders kom as wat ons verwag.
God kom in nederigheid en diens.

Jesus het sy koninkryk kom vestig
te midde van die werklikheid van die lewe,
van lyding
swaarkry
gevangenskap
armoede
en pyn.

Jesus verkondig nie –
soos Johannes verwag het –
die finale oordeel van God nie.

Dit gaan nie oor oordeel,
oor mag nie,
maar oor medelye en liefde
vir hulle wat uitgestoot is na die rand van die samelewing.

die goeie nuus is vir hulle wat nie gewoond is aan goeie nuus nie.
Geloof is om op God te hoop,
selfs al gaan dit teen jou verwagtinge in,
al is jy in die tronk.

En dit is geluk –
om Immanuel te ken,
om God by jou te sien,
ten spyte van jou persoonlike omstandighede.
Jesus belowe nêrens vir ons dat dit altyd met ons sal goed gaan nie.

Johannes sterf in die tronk.
Maar sy oë het die grootheid van God in Jesus gesien.
Sy ore het die getuienis van die wonderlike werk van die Messias gehoor.

Vreugde is om Jesus aan die werk te sien,
ten spyte van,
of eerder: te midde van,
jou omstandighede.

Wat maak ons vandag met hierdie teks?

Ons vier nou Advent –
tyd van afwagting, koms van koninkryk.
As om ons rondkyk,
dan is daar werklike spanning
tussen wat sien
en wat verwag van Jesus.

Saam met Johannes moet ons leer
dat God se koninkryk dikwels anders lyk as wat ons verwag.
Saam met Johannes word ons genooi om dieper te kyk,
om te sien dat Jesus se koninkryk nou reeds,
elke dag,
hier is.

Saam met Johannes kan ons Jesus se teenwoordigheid raaksien,
ook onskuldig in die tronk.

Tweede ding ons met hierdie teks moet doen,
is Johannes voorbeeld ernstig opneem.

Wanneer begin twyfel,
neem twyfel na Jesus,
vra vraag.

Jesus leef.
Hy leef elke dag met ons.
Net omdat nie kan sien,
beteken nie minder werklik.
Ons mag hom enige iets vra.
Ons mag worstel.

En ons sal ook genooi word om te glo.
Miskien sal ons nie altyd ‘n rasionele antwoord kry nie,
dalk sal ons nie verduideliking kry wat help om omstandighede te verstaan.
Ons kyk in ‘n dowwe spieël.

Maar Jesus is hier.

Laaste reaksie ek wil noem,
God woord ons vra,
is om Jesus te volg.

Beteken wegkyk persoonlike omstandighede,
betrokke raak by wat Jesus doen.

Jesus het God se werk gedoen.
Genesing vir dowes, siekes, armes, lammes.

Kan ons dan ook,
in navolging van hom,
van onsself wegkyk
en lewe lei
wat genesing vir ander bring?

Gardner Taylor is ‘n professor in teologie in VSA.
Vertel in jong dae,
preek Louisiana,
dae van Depressie.

Destyds net begin elektrisiteit Louisiana aan te lê.

Gepreek in plattelandse,
Afro-Amerikaanse gemeente.
Net enkele gloeilampie in die middel van die plafon gehang.
Net-net genoeg gebou te verlig.

Terwyl nog so preek,
gaan krag af.
Alles pikdonker.
As jong, onervare prediker,
Taylor nie geweet wat doen of sê.

Terwyl onbeholpe staan en mompel,
roep een van bejaarde lidmate kliphard
van agter uit kerk uit:
Preek dominee, preek!
Ons kan Jesus steeds in die donker sien!

Gebed
Dankoffer

Lied 355
Seën
Lied 314

Preek: Leef Waarderend – Joh 12:1-8 – 28 November 2010

Votum

Matt 12:17-21

Seëngroet

Lofsang

Lied 334 (staan)

Lied 329 Koor 1x, gem 1x (sit)

Toewyding

Flam 108 (sit)

GOD PRAAT EN ONS LUISTER

Gebed

Kindertyd

Die Heel belangrikste werk – Wendy Hartmann

Lied 526 3x: Afr, Latyn, Afr (sit)

Skriflesing

Johannes 12:1-8

Preek

Teks vreemd,

ongemaklik.

Eintlik meer vrae as antwoorde.

 

Begin eers paar goed oor teks sê.

 

Verskillende weergawes al 4 evangelies (sien joernaalblad)

Verskille (ook joernaalblad):

net 2 uitlig:

 

Matt & Mark: vrou

Luk:  sondige vrou.

Joh – Maria

Dalk hoekom vandag dink Maria prostituut,

terwyl geen geskrif op te baseer.

 

Luk:  vrou wil Jesus salf,

trane op voete,

met hare afvee.

 

Teoloë,

ook ander bronne in ag neem,

hier eintlik 2 gebeure verwar in oorvertelling:

1)  Insident in Galilea in huis van Fariseër:

‘n Sondaar tot bekering gekom

huil in Jesus teenwoordigheid.

Trane val op sy voete,

sy vee vinnig met hare af.

Hierdie skandelike optrede van vrou –

hare in openbaar losmaak –

pas by vrou se karakter,

verduidelik omstanders ontsteltenis,

vorm ook draad van Lukas argument.

 

2) Insident in Betanië

by huis van Simon melaatse,

waar ‘n vrou liefde vir Jesus uitdruk

deur duur parfuum oor kop te gooi.

 

In Johannes dan vermenging hierdie twee insidente.

 

Nog baie vrae, nuanses in teks.

Maar spilpunt van teks,

Maria se vreemde gedrag.

Dink nie enige plek in wêreld hierdie optrede NIE wenkbroue sou laat lig.

Meer nog haar wêreld.

 

Weet vandag nog Midde-Ooste voete vieslike deel van liggaam.

Bush skoen gegooi – grootste belediging.

Evelyn – mans hulle nie gedra – slaan skoen.

 

Gewoonte mense self voete gewas, dalk olie ingevryf.

 

Gasvryheid:

voorsien vir gaste na reis bak met water.

Sien daardie groot verhaal voorbeeld gasvryheid,

Engele Abraham besoek:

Gen. 18:4:

Laat ek eers ‘n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was,

 

Soms ook olie.

Maar gaste smeer self.

 

As gasvrou/heer ryk was,

slaaf dit doen.

Voete was daad geïdentifiseer slawerny.

 

Feit Marta kos bedien,

kan aanneem nie ryk.

(Hoewel sommige kommentare:

woord Marta bedien sinspeel Diaken,

dus tipe Nagmaal,

Marta liturg).

 

Hoe ook al sy,

mens nie eintlik jou gaste voete gewas of gesalf.

 

Tweedens duur olie.

Moontlik oor van Lasarus begrafnis,

maar verander nie saak bitter duur parfuum.

 

Gemaak plan Himalayas gegroei

hoogtes 7000 tot 14000 ft.

Verskillende somme gelees wat vandag sou kos,

wissel van R120 000 tot R300 000.

Genoeg te sê:

duur.

Spekuleer prys, beslis weet:  jaar se loon.

Bitter baie geld.

 

Sy gooi dit op Jesus se voete uit.

 

Maar sy hoop skande op skande,

want sy staan en vee af met hare.

 

Vrou nie man geraak,

behalwe eie man of kinders.

Nie in openbaar.

 

Vrou hare bedek.

niemand anders hare sien.

 

Maria maak hare los voor almal,

vat aan Jesus,

vee voete met hare af.

 

Dalk geen wonder dat vandag nog effens slegte naam het.

 

Ook geen wonder dat mense ontsteld was!

Want as logies daarna kyk,

as in kultuur van dag sien,

was skandalige ding te doen!

 

Vandag weet Maria optrede hier

profeties was.

 

Salf Jesus as koning – hierna intog Jerusalem.

Berei voor (vooruitskouing) vir dood, soos Jesus self hier sê.

 

Wonder natuurlik,

Jesus kort hierna (13:15)

haar voorbeeld volg,

sy dissipels voete was,

sê hulle ook moet doen.

 

Dink ons moeilik in te leef,

in te dink Maria se gevoel vir Jesus.

Weet sy was lief vir Jesus,

weet Jesus lief vir haar.

Kort voor hierdie insident haar broer uit dood opgewek.

 

Hier insident waar

oordadig

liefde vir Jesus betuig.

 

Iemand beskryf as:

The shocking intimacy of loyalty,

trust

and bonding

with Jesus

that over-rides cultural norms.

 

Ons mense dikwels lief,

waardeer.

Maar darem steeds waardig –

durf sê statig? –

in manier waarop betoon.

Effens teruggehoue.

Hoef nie oorboord te gaan!

 

Maar Maria gaan oorboord.

Heeltemal, totaal en al oorboord.

 

En dan kan mens verstaan dat Judas ontsteld is.

Nie net oor verkwisting,

maar oor hierdie totaal eerlike,

intieme bewys van liefde.

Dis darem te erg.

As ons eerlik moet wees,

verstaan Judas goed.

 

Leef ook kultuur waar nie sommer liefde en waardering uitspel.

Hele kultuur daarop ingestel ons te beskerm teen sulke – wat ons noem soetsappige (LW) – uitdrukkings van liefde.

Troues (en rituele daarrondom) goeie vb.

Een plek waar moontlik kan gebeur,

bruidegom toespraak vir bruid.

So ons vorm spannetjie bruidegom te beskaam,

sodat ons darem nie te erg blootgestel hoef te wees aan liefde en waardering nie.

 

Miskien voel jy ek oordryf bietjie,

lees meer in situasie in…

maar dink bietjie daaroor:

ons vier oorgange,

spesiale oomblikke van liefde,

deur mense te beskaam.

 

Ons sal veel eerder kritiseer as waardeer.

En ons dink ook dis reg en goed so!

  • Mens moet nederig wees.
  • Ons doen wat ons doen tog vir God, nie vir mense se erkenning nie.
  • Netnou kry hy grootkop.

 

Maar Jesus reageer heeltemal anders as Judas.

En miskien vir Judas onverwags.

Kon sekerlik logies verwag Jesus Maria aanspreek

(soos Marta destyds verwag het),

want haar gedrag IS onvanpas.

 

Maar Jesus reageer met liefde,

met waardering.

Hy bevestig vir Maria in haar optrede.

 

Waar sy iets gedoen het

wat ons nie verstaan nie

en met reg kan veroordeel,

waardeer Jesus.

Bewys hy liefde en waardering

eerder as veroordeling.

 

Baie belangrik hier hoor:

God se stem is ‘n stem van liefde.

 

God praat ALTYD in liefde

en met liefde

met ons.

 

Dink maar aan Judas.

Selfs wanneer Jesus sê gaan verloën –

SELFS DAN praat nié beskamend van Judas.

Dissipels vra “wie?”

Jesus nie:  (vinger wys)  “Hy! Judas!”

Selfs dan:  een wat hand saam my in bak steek.

 

Nooit, ooit beskaam God sy kinders nie.

 

God is liefde.

Kan sê God het lief, bewys altyd liefde.

Maar meer as dit,

is God wese,

is wie God is:

God is liefde.

 

Natuurlik God ons soms aanspreek,

teregwys,

reghelp.

Maar nooit ooit op manier wat ons beskaam.

 

Wanneer verdruk word deur skaamte,

ondergaan van skande,

kan jy maar weet:

dit is nie God nie.

Want God se stem is ALTYD ‘n stem van liefde.

 

Hoor jy my?

Weet jy dit?

Onthou dit!

God se stem is ‘n stem van liefde.

 

En wanneer ons dit weet,

wanneer ons sy stem leer ken –

soos wat Maria dit leer ken het –

dan kan ons ook waarderend leef,

kan ons ook vry kom van ons kultuur se beskamende voorkeure –

en soos Maria begin om waardering te wys.

 

Weereens deel van wese van gasvryheid.

Gesê gasvryheid liefde vir vreemdeling.

Maar gasvryheid nie net vreemdeling verdra,

is vreemdeling waardéér.

 

Soms tree mense vreemd om,

doen goed anders ons wou gehad,

self sou doen,

soms gewoon verkeerd.

 

Gasvryheid beteken ons vir mekaar ruimte gee:

ruimte foute te maak,

ruimte anders te wees.

 

Andersheid juis as geskenk ontvang.

Nie dink mense anders as ons is verander soos ons te wees,

juis toelaat self te wees,

anders te wees –

Wanneer ons sáám anders kan wees,

en mekaar se andersheid kan waardeer,

dan werklik gasvry.

Natuurlik verskillende maniere waardering wys.

(Joernaalblad en kg mat voorbeelde),

maar eerste tree bewus te wees hoe dink oor

en praat met ander.

Om wanneer self betrap kritiseer (hetsy gedagtes of woorde)

eerder te waardeer.

 

Nie geveins –

maar opreg

ander as geskenke van God ontvang

en as sodanig waardeer.

 

Ek natuurlik heel week besig gedagte in kom,

as mens Sondag preek,

minstens hele week vooraf besig preek te skryf,

of op pad is of opstaan of gaan slaap:  skryf preek.

 

In week personeel saam tee,

afskeid die 4 weggaan.

Onverwagse Godsoomblik.

Charel begin op ry,

spreek waardering teenoor almal uit.

 

Amper soos Maria,

Charel soos wat net hy kan,

oordadig waardering uitgespreek.

 

Dink nie hy het geweet wat doen,

of dalk selfs bedoel,

maar in woorde oor elkeen van ons uitgespreek,

ons verstaan van onsself verander.

Ons verstaan van ons roeping verander.

Ons verstaan van ons as groep

en elkeen se rol in groep

verander.

 

In daardie oomblik eerste keer besef

hoe belangrik hierdie beginsel werklik is.

Hoe kragtig dit is om mekaar te waardeer.

Wat ‘n voorreg mense te kan saam werk dit vir my leer.

 

Wat ook laat dink het aan ander mense mee saam werk,

aan julle, gemeente, mee saam werk.

 

In week praat dominee elders in Oos-Kaap lidmaat ontmoet,

wat wonderlike gawe vir kerk.

Besef:  dis ons gemeente.

Weet nie van een ander gemeente wat geseën sulke lidmate soos ons.

 

Vaardige mense,

kundig,

maar ook mense wat werklik omgee,

wat uitreik –

oor grense heen –

werklik verskil maak.

Wat tyd afstaan ander uitreik.

 

Herinner iemand eenkeer by Ringsvergadering gesê,

(nie lidmaat gemeente)

reis oral Oos-Kaap,

sê waar ookal kom,

loop vas in lidmaat NGK Somerstrand,

besig om ‘n verskil te maak.

 

Wat ‘n voorreg vir my om deel te kan wees van hierdie gemeente,

om in jul lewens te kan deel

om saam met julle te kan werk.

 

Weet julle hoe lekker my werk as dominee,

wanneer werk met mense soveel gawes,

EN soveel passie.

 

Mense wat regtig

met vreugde lewe

en met liefde dien

vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus.

 

Ons het hierdie kwartaal baie gepraat oor gasvryheid –

nie net in eredienste,

maar ook in huise,

gewonde alledaagse gesprekke.

 

Kon sien hoe dit by ons begin grond vat,

hoe dit nog meer realiteit word as wat was.

 

My gebed Here ons steeds op hierdie pad sal neem,

sal aanhou oor grense beweeg,

liefde bewys,

dat waarderend sal doen:

waarderend van mekaar.

Waarderend van mense anders as ons.

 

Want elke mens met wie in kontak kom,

geskenk van God af.

Gebed

Dankoffers

Lied 332 (staan)

Seën

Gaan dan nou

en leef met God se liefde en aanvaarding,

met die oneindige genade

liefde

& teenwoordigheid

van God

Amen.

Lied 189

Erediens: Leef Vrygewig – Filippense 2 – 7 November 2010

Skriflesing

Ken speletjie – iemand sê woord, sê eerste woord in gedagtes opkom?
Ek woord sê – dink eerste woord gedagtes opkom.
Woord is: God.
Woorde?
Wat van:
• verneder
• slaaf
• bediende

Filippense 2:3-11

 

Preek

Kinderboek “Charlotte’s Web” – onlangs fliek – ken?
Varkie Wilbur– gaan geëet word, spinnekop (Charlotte) onderneem te help.
Spin spinnerakke waarin vertel hoe wonderlik Wilbur is:
woorde soos “some pig” en “wonderlik”.
Redeneer as almal weet hoe wonderlik Wilbur is, sal nie eet.

Naby einde storie,
Wilbur kompetisie vir beste vark.
Charlotte kry beste woord:
Video Charlotte’s Web – Chapter 13 – 64:32 – 64:55

Beste woord Charlotte oor Wilbur kan sê: Nederig.
Teks:
3 Moet niks uit
selfsug
of eersug
doen nie,
maar in nederigheid
moet die een die ander
hoër ag as homself.
4 Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie,
maar ook aan dié van ander.

Ons verstaan dit beste ding jy van iemand kan sê.
Jesus tyd anders.
Nederigheid deurgaans slegte woord,
as iemand wil slegsê: nederig.
Beslis nie deug soos vandag verstaan.

Deugdelike lewe,
juis najaag van eer.
Status, klas,
mense sekere stand – optree status pas.
Gedagte nederig,
minder ander – walglik.

So op manier hierdie woorde radikale waarde ons verloor,
nederigheid deel van ons kulturele waardes.
Maar steeds:
• Wil naam maak, mense moet van ons weet
• Mening belangrik, wil hê mense dit hoor en koop.
• My regte belangrik, baklei daarvoor,
• my tyd kosbaar, niemand dit mors
• vir my geld gewerk, niemand daarvoor vra.

So tog nb onthou,
wanneer gasvry leef,
gaan nie oor jou:
• in my huwelik – gaan nie oor my
• in my verhouding kind – gaan nie oor my
• in my verhouding ouers – gaan nie oor my
• by werk – gaan nie oor my
• saam met vriende – gaan nie oor my
• in kar op pad – gaan nie oor my
• met beursie in hand – gaan nie oor my

 

Self-ontlediging

Maar teks praat eintlik meer as net nederigheid:
Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.
Dan Paulus verder verduidelik wat bedoel,
wat hierdie gesindheid Jesus ook in ons moet wees.
Gesindheid = self-ontlediging,
self leegmaak.
Kenosis.

Is teenoorgestelde van selfhandhawing
of selfvervulling.
Is om ter wille van ander,
in plaas van ander
te gaan staan en leef –
soos wat Jesus mens geword,
slaaf geword
en in ons plek gesterf het.

Is meer as om VAN jouself te gee –
jou geld, goed, tyd, kennis.
Is om jouSELF te gee,
te ontledig

Voorbeeld Charlotte’s Web:
Video Charlotte’s Web – Chapter 14 – 69:25-71:30 – 64:55

Wanneer Charlotte besluit saam Wilbur gaan,
weet wat gaan kos:
gaan doodgaan, gaan eiers nie in veilige, bekende skuur kan lê.
Gee lewe vir Wilbur & kinders.

Moeilike begrip,
gaan nie in een dag verstaan –
kleingroepe, joernaal –
nog moeiliker leef.
Probeer uitpak:

 

Identifiseer met ander

Self-ontlediging,
kenosis,
beteken identifiseer met ander –
meer nog, deel word van ander.
Beteken om leeg te word,
deur soos mense wat wil dien te word,
soos Paulus beskryf in 1 Kor 9:19-23.

Word vertel dat in Tweede Wêreldoorlog
vervolging Jode in Denemarke anders verloop ander lande.
Duitsers aangedring Jode Dawidster dra.
Toe Duitsers aandring,
koning Christiaan X Denemarke gereageer,
self ster dra,
volk opgeroep almal ster te dra.
Byna onmoontlik vir Duitsers Jode te identifiseer!

Bybel sê ons liggaam van Christus,
as een lid ly,
ly al lede saam.
Kan eers verstaan,
as self-ontlediging verstaan.

Bv. Vigs,
wanneer self-ontlediging verstaan,
nie in eerste plek debatte voer oor siekte, oorsaak,
maar besef: liggaam van Christus het Vigs.
Leeg raak van onsself,
deel in (bv.) swaarkry van liggaam.

Prysgawe

Duidelik self-ontlediging nie iets wat op eie kan doen.
Is iets net gebeur in gemeenskap met ander,
waar ons kies om leeg te word van onsself,
ons mag,
ons eie voorkeure,
voorveronderstellings
vooroordele prys te gee.

Wanneer ernstig opneem dat nie om ons gaan,
onsself uit die middel uithaal –
decentering –
t.w.v. ander.

Paulus praat Fil. 3 (3-8) baie prakties hieroor,
hoe hy homself losgemaak het
van kulturele en godsdienstige posisies
waarop hy kon roem:
die agste dag besny,
van geboorte ‘n Israeliet,
uit die stam Benjamin,
‘n egte Hebreër,
in wetsopvatting was ek ‘n Fariseër,

maar beskou nou as waardeloos, t.w.v. Christus.

Partykeer dink kan diensbaar wees,
sonder self-ontlediging.
Maar dan gaan selfs diensbaarheid eintlik maar oor onsself,
oor selfvervulling,
sin gee aan lewe,
skuldgevoel sus.

Lewer diens op manier wat ons –
ons denke, ons motiewe, ons idees –
steeds verwysingspunt is.

So kan dienslewering aan hulle wat “minder” het,
eintlik bevestiging van ons “mag” oor hulle.
Ons help,
maar nie sprake van gasvryheid,
van innooi,
deel word van mekaar,
by mekaar – wederkerig – ontvang,
nuwe gemeenskap in Christus ontstaan.

Want ons nie leeggemaak van mag.

Dink bv. Abraham,
God stuur,
maak los van alle mag, heersende kultuur:
Gen. 12:1-3:
Trek uit jou land uit,
weg van jou mense
en jou familie af

Moes breek met heersende kultuur (mense)
sosiale posisie (familie)
en land (nasionale identiteit),
in gehoorsaamheid broosheid aanneem
vreemdeling word,
gestroop alle mag
en sosiale bevoorregting.

Prakties: ons gasvry wees mense ouer en jonger as ons.
Generasies kan mekaar nie hoor of verstaan,
as ons nie bereid is
om eie generasie voorveronderstellings op te skort,
vanuit ander generasie voorveronderstellings na sake te kyk.

Beteken self ontledig van
reg te praat,
magsposisie van senioriteit –
opgee,
sodat ruimte veilig kan word,
na mekaar te luister,
sodat Gees nuwe gemeenskap tussen ons kan skep.

Goeie voorbeeld self-ontlediging ons kultuur,
Racheltjie de Beer.
Saam met 6-jarige broer kalf gaan soek,
verdwaal, nag, koud, begin sneeu.

Racheltjie boetie in uitgeholde miershoop laat lê,
klere uitgetrek,
voor gat gaan lê om hom warm te hou.

Volgende oggend gekry –
boetie leef, Racheltjie verkluim.

Kwesbaarheid

Wat bring laaste punt self-ontlediging:
kwesbaarheid.

Jesus self-ontlediging beteken doodmaak –
toelaat mense hom martel & vermoor.

Lukas 10,
Jesus volgelinge stuur,
sonder beurs of reissak of ekstra skoene –
afhanklik van gasvryheid vreemdelinge:
onthou, ek stuur julle soos lammers tussen wolwe.

Juis in hierdie kwesbaarheid,
wanneer ons mag prysgegee het,
leeg geword het van onsself,
wat nuwe gemeenskap moontlik is.
10 sodat
in die Naam van Jesus
elkeen wat in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde is,
die knie sou buig,
11 en elke tong sou erken:
“Jesus Christus is Here!”
tot eer van God die Vader.

Video Charlotte’s Web – Chapter 15 – 76:08 – 77:07

Erediens: Leef Bedagsaam – Son 24 Oktober 2010

Verwelkoming

Groet (ouer en jonger – verlede week gesukkel)

Afk

Verjaarsdae

God nooi ons uit

Elke erediens – ons God gaste.

Vandag spesiaal, omdat Jesus uitnooi vir ete,

kom as gaste God, gedekte tafel

Lied 302 v 1&4 (sit)

Votum

Die Here is ons herder,

ons kom niks kort nie.

Hy laat ons by ‘n feesmaal aansit,

Hy ontvang ons soos ‘n eregaste,

ons word oorlaai met hartlikheid.

Sy goedheid en liefde

sal ons lewe lank by ons bly

en ons sal tuis wees in die huis van die Here

tot in lengte van dae.

Seëngroet

Danksegging

Vir ons lekker saam God gaste kan wees,

lied sing waarmee sê,

daarna DANKoffers – ook dankie sê.

Lied 553 (staan)

Dankoffer

Skriflesing 1

Gas in enigiemand huis,

luister terwyl praat.

Ons hier na God luister.

 

Reeks gasvryheid,

kinders Sonstraal.

 

Ø Wie ekstra kos skool toe geneem?

Ø Wie vir ander maatjies gegee?

 

Storie God hierdie kwartaal gebruik ons leer gasvry / sonstraal wees,

Lukas 24 – Emmausgangers – Luister

 

  • Video

 

Reageer op God Woord

Vonkk 82 (staan)

Flam 108 (staan)

Luister na God

Verder na God luister,

Lukas 14:7-14

Gebed

Skriflesing

Lukas 14:7-14

 

Preek

Wie hou Shrek?

Wat eet Shrek?  Hoe eet?  – vertel vir ouers.

Hoekom eet Shrek so?  Want ogre – dis hoe ogre’s eet.

 

Hoe eet jy?

Aandete:

Sit by tafel, voor TV?

Wie maak kos?

Watter reëls wanneer eet?

Nie mond vol kos, nie met mes wys…

wie sit waar?

Help tafel afdek klaar?

Wie help almal – wie help NIE?

 

Ons is hoe ons eet.

 

Vriend vertel storie van gemeente Kaapse middestad gepreek,

50/50 Engels & Afr.

Sê rondom teekan elke Sondag stille stryd gewoed

oor wat toelaatbaar is

betreffende wyse waarop beskuit geëet word.

 

Engelssprekende lidmate absolute doodsonde beskuit in koffie doop.

Afrikaanssprekendes ondenkbaar ongedoopte stuk karringmelkbeskuit te eet en af te sluk!

Elke Sondag herbevestig elke groep opnuut eie identiteit,

wie hulle is –

en wie hulle definitief NIE is nie,

deur manier waarop beskuit eet.

 

Daar’s niks so duidelik sê wie is,

is manier waarop ons eet –

ons tafelgewoontes of tafelmaniere.

So as kyk wat mense eet,

hoe,

waar,

saam wie,

saam wie nie –

dan weet waarskynlik meer die mense as wat hulle wil hê jy weet!

 

Elke kultuur ook tafelmaniere,

ons bv. braaivleis –

sê wie is!

Wat eet,

wie maak wat,

wie braai,

wie is waar tydens braai,

waaroor word gesels,

wanneer gebraai…

 

Selfs ander dele van wêreld,

nie eers meer Afrikaans praat –

braai steeds.

 

Is hoe ons eet.

Kyk hoe SA-enrs braai, weet heelwat van ons.

 

Party mense eet voor TV:

kos op skoot (of TV-skinkbord – ook sê hoe is)

geen kontak mense rondom jou –

eet gewoon funksie na besige dag.

Te moeg ander mense te praat,

eet nie eintlik iets,

deel van iets anders – TV kyk terwyl ontspan.

Oggend gryp stukkie brood,

hardloop uit huis.

Te besig tyd mors met eet.

 

Ander hou fancy etes gee,

eetgerei sulke lang rye,

almal reg eet,

pragtige kos,

silwer messegoed,

gaan eintlik nie oor eet,

maar mense nooi beïndruk.

 

Drive-through, fast food –

begin eintlik sommer in kar al eet.

 

Kan natuurlik ook in kerk gaan kyk hoe gemeente Nagmaal vier,

en ook daaruit aflei wie ons is,

wat ons glo.

Ons is hoe ons eet.

 

 

Gesels:

hoe eet?

Wat sê van hoe is?

 

Ons Jesus kinders,

wil graag soos hy wees.

As mens is hoe eet,

dan beteken ook sien hoe Jesus is

uit eetgewoontes.

 

Interessant hoe belangrik Jesus eetgewoontes in Bybel is!

 

Amper elke gelykenis oor koms koninkryk:  ete.

 

Omdat Jesus & volgelinge op reis,

afhanklik ander gasvryheid,

Baie stories Jesus eet, mense Jesus saam eet.

Jesus gebruik mense te leer.

 

Opstanding:  2 eet-verhale,

belangrike deel van verstaan opstanding:

Emmaus & saam dissipels eet toe gaan visvang.

 

So hoe Jesus tafelmaniere?

Wel,

mense hom “vraat en wynsuiper” genoem (Luk 7:34)

 

Een sentrale tekste Jesus tafelmaniere,

teks Luk 14 gelees.

 

Hf 6 Jesus in moeilikheid koringare eet Sabbat,

daarna mense genees Sabbat.

Nou eet by Fariseër –

weer op Sabbat.

Hoe amper asem op,

kan sien hier kom moeilikheid.

 

Wat Jesus by ete sien,

weerspieël waardes samelewing sy tyd,

grief so,

kommentaar lewer.

 

Doen eers deur man genees “aan water gely”.

Spesifieke siekte Jesus tyd simbolies van een of ander vorm hebsug:

eersug, vraatsug, gemaksug…

amper asof iemand drink, dors nooit geles.

So mense gedink ete simbool – jou dors na een of ander vorm besit nooit geles word.

 

Siekte sinspeling Fariseërs eer en aansien gesoek.

Jesus genees van hebsug,

gelykenisse vertel.

 

Verder teks,

vertel nog gelykenis,

oor koninkryk van God –

hoe God se ete lyk.

Mense nooi, verskonings –

nooi mense op straat – armes, kreupeles, ens.

later mense paaie en lanings –

mense buite stad,

uitgewerk omdat onrein:

prostitute,

leerlooiers,

mense lyke werk.

 

Sien God tafelmaniere:

God nooi mense.

 

God regtig ALLE mense nooi, sonder onderskeid –

tema gereeld Lukas sg tafel-tekste voorkom.

 

Altyd NOG plek.

Tafel nooit vol,

kos op –

kan altyd nog mense ingenooi word.

 

So as ons regtig gasvry wil wees –

Christelik gasvry wil wees,

dan Jesus tafelmaniere hê.

 

Onthou, is soos eet.

So tafelmaniere nie net hoe is terwyl eet,

maar hoe altyd is.

Tafelmaniere simbool hele lewe.

 

Vertel altyd Ma Emsie Schoeman “Goeie maniere en etiket”

saam Bybel gelees.

Mense dink spot,

maar regtig.

Ons kinders moes maar verdra,

maar ma gemoan.

Ek dink gevoel reëls bietjie lukraak.

Hoekom hy nie sy brood in vleissous doop?

 

Tot my ma êrens – Sarie of iets –

dink gekry Tannie Emsie self gesê.

Etiket nie lukraak.

Gaan om mense rondom jou.

Dink wat lewe vir hulle aangenaam maak.

Dus bedagsaam.

 

Dis hoekom nie oopmond eet,

res van ons nie jou halfgekoude kos sien.

 

Al groot genoeg,

help kleintjie voer.

Opstaan ouer mens stoel kan sit.

Gee eers vir ander kos voor eie vat.

 

As Jesus tafelmaniere wil hê,

gasvry wees,

dan bedagsaam wees.

 

Christo van Heerden, ds. Newtonpark,

vertel onlangs storie:

Pa nooit ryloper verby gery.

Een aand met twee rylopers by huis aan.

Ma nie te bly – nog kos,

kan sien – en ruik – rylopers al lank op pad.

Pa baie gesteld tafelmaniere.

Vat hande, bid.

Begin eet:  rylopers eet met lepels.

Kinders sien, pa eet ook met lepel!

 

Lukas 14:

Nederigheid.

 

As praat oor gasvryheid,

dan onthou:

gaan nie oor jou nie.

 

Werklike gasvryheid – bedagsaamheid –

om minste te wees,

ander te respekteer,

nie eer-vraat wees.

 

Iemand vertel gemeente klomp mense gemeenskap heeltemal kerklos.

Begin uitreik mense,

gooi pamflette in posbusse, uitnooi.

Aanvanklik geen reaksie.

 

Eendag daag een van die mense,

jong man,

by erediens op.

 

Eerste plek laat.

Erediens aan gang – dominee praat.

Stap in paadjie af,

al pad tot voor,

gaan sit voor preekstoel.

 

Kan dink skande,

mense verontwaardiging!

 

Leier-ouderling opgestaan,

vorentoe geloop,

tot by jong man,

en by hom gaan sit.

 

Bedagsaam leef,

beteken ingestel op ander.

Nie net self dink,

maar be-DAG-saam,

aan ander dink.

 

Lukas 14 – Jesus sê mense nooi,

magteloses.

 

Ons juis aan hulle moet dink,

mense uitgelewer,

altyd be-DAG-saam wees hulle situasie,

hoe daarop reageer.

 

Iemand onlangs so mooi gesê:

verwys 1 Kor 11,

Paulus praat misbruike Nagmaal,

mense alles opeet,

die na hulle niks kry.

 

Stamp en stoot meeste te kry.

 

Tafelmaniere by Jesus leer,

nie kyk wat mense voor jou gekry,

maar kyk of nog genoeg oor is vir mense agter jou kom.

 

Be-DAG-saam van behoeftes

van vreemdeling

(gasvryheid – “liefde vir vreemdeling”)

mense nie soos ons,

nie so bevoorreg soos ons.

 

Frederick Marais vertel

gemeente kos vir haweloses.

Nuwe vrou betrokke.

Dis nonsens, kan nie vir mense sulke kos gee.

Volgende week doen moeite,

heerlike kos.

 

Mense ingekom,

kos ontvang.

Nie begin eet.

Iemand opgestaan,

na vrouens agter potte geloop,

gesê:

Kos baie lekker vandag.

Wil julle nie kom saam eet nie?

 

Hoor jy?

Gas word gasheer.

Amper soos Jesus in verhaal Emmaus-gangers.

 

Wat bring by tafel vandag.

Ons vandag Jesus gaste.

Sit aan by ete,

hy vir ons voorberei.

Hy tafel gedek,

hy ons genooi.

 

Hier beleef Jesus gasvryheid,

hier leer wat ware gasvryheid is.

 

As sê is hoe & wat eet,

dan hierdie HART van Christelike gemeenskap.

 

Hier beleef Jesus homself gee,

mense innooi.

 

Hier WORD ons wat ons eet.

 

En wat ons word,

is die Liggaam van Christus op aarde.

Liggaam wat gegee is,

steeds gegee word

vir wêreld in nood.

 

Formulier sê Nagmaal

viering van gemeenskap

met lewende Here

en met mekaar.

In Nagmaal

word ons verbind – ingenooi –

in Jesus dood,

maar ook in sy lewe,

in die teenwoordigheid Heilige Gees.

 

Maar ons word ook een,

Paulus sê:

Omdat dit een brood is,

is ons,

al is ons baie,

saam een liggaam,

want ons het deel aan die brood

(1 Kor 10:17).

 

Hier word ons in liefde aan mekaar gebind.

 

Nagmaal nie net tussen my en God.

Kan dink ek nooi vir ete by my huis,

kom sit aan tafel –

tjoepstil.

Niemand praat woord,

niemand kyk mekaar in oë.

Sit net met bord kos,

gewyde happie,

oë toe.

 

Het jy al gedink verskil in viering Nagmaal,

afhangende of jy klein stukkie brood & kelkie wyn neem,

net tussen jou en Here,

of ‘n gemeente een brood neem,

dit vir mekaar breek,

een beker deel,

in persoon langs jou se oë kyk?

 

Nagmaal gemeenskapsmaal –

ook met mekaar.

Ons kuier saam aan tafel Jesus ons gedek.

 

Gou-gou vir kinders verduidelik:

Nagmaal ete,

ons almal saam eet.

(Eg Suid-Afrikaanse ontwikkelinge,

ook sê wie ons is:)

 

Vroeër jare almal een tafel gesit.

Eers 8 Januarie 1888 Ds. Albertyn in Riversdal,

brood en wyn in banke bedien.

 

Mense baie kwaad –

een tafel.

Later, prakties –

ruimte voor preekstoel te klein –

gewoonte begin raak,

servette oor kerkbanke,

banke “gedek”,

mense onthou:

almal aan tafel.

 

Onthou:  almal aan tafel.

Ook,

omdat Nagmaalstekens Liggaam Christus is,

een brood, een beker.

 

In 1918 Dr. Nicol van JHB-Oos mense kelkies wyn begin gee,

gesê meer higiënies.

Ook groot bakleiery.

Mense uiteindelik gesê goed,

om praktiese redes,

maar onthou:

eintlik een brood,

een beker,

ons slukkies van kry.

 

In apartheidsjare het bruin/swart kerke gebruik ontwikkel stoel oop te los Nagmaal,

gebruik ook uniek hulle –

dink aan die NIE by tafel,

die nog kort voordat werklik liggaam van Christus kan wees.

 

Ons ook stoel oop los –

soos wat gastekamer het –

dink aan mense nog nie hier aan tafel,

mense nodig nog ingenooi te word,

deel te word liggaam van Christus.

Nagmaal

Kom gaan sit tafel Jesus ons genooi (mense vorentoe)

Ps 23:3 (staan)

Tafelgebed

Ek groot geword:  vat hande,

simbool eenheid.

Vat hande as bid.

  • Gebed

 

Uitdeel van tekens – onthou, een brood en beker, gee vir mekaar aan.

Eet saam

 

Vroeërjare, na ete gebid, dankie gesê.

Nou doen (vat weer hande).

 

As  ons nou geëet het by tafel Jesus –

wat ons gehoor

mense uitnooi

alle mense uitnooi

meer as genoeg plek het –

wat anders daar vir ons te doen,

as om bedagsaam te gaan lewe,

om gasvryheid aan ander te bewys,

hulle so in te nooi,

ook deel te wees Jesus feesmaal.

 

Lied 284 1 & 3 (staan)

 

Na enige ete,

koffie – geniet saam na tyd.

Seën

Lied 313

Preek: Leef Gasvry – Luk 24 & Hebr 13 – 10 Oktober 2010

Verwelkoming

Toetrede

Lied 154 – Kom nou tesaam (sit)

Votum

Vanoggend saam as gaste van God.
Hy gasheer, ons genooi hier te wees.
By hom leer gasvryheid,
Hy gee vir ons alles wat hy het –
Sy skepping
En homself

Seëngroet

Daarom groet in Naam van Drie-enige God
Wie se gasvryheid ons hier – en elke dag – beleef
Genade en vrede vir elkeen van ons.

Lofsang

Lied 164 – Ons is almal hier tesaam (staan)

Wet

Lied gesing – “kom ons leef soos hy ons vra”.
Hele woord wil van God vir ons lewe,
Vanoggend Matt 25:43-45

Gebed

 

Lofsang

Lied 200 – U goedheid Heer, kan ons nie peil nie (staan – bly staan)

Geloofsbelydenis

Voor God,
Vakansie herinner – erediens publieke gebeure.
Daarom geloofsbelydenis,
Bely veral teenoor mekaar,
En wêreld wat kyk,
Wat glo.
Staan – bely.

Toewyding

Flam 108 – Jesus maak my soos ‘n sonstraal (sit)

Gebed

Here Jesus, bly by ons,
Want dit is amper aand en die dag is al verby.
Wees ons reisgenoot op die pad,
Laat ons harte warm word
En ons hoop wakker word.
Sodat ons u kan ken
Soos wat u openbaar word in die skrifte
En die gemeenskaplike maaltyd
Ons vra dit ter wille van u liefde.
(Book of Common Prayer)

Kindertyd

Hoekom Jesus aarde gekom?
Ons hemel toe gaan.
Maar weet wat – is nie hoekom.
Gaan hemel toe – jipee, bly.
Maar Jesus aarde gekom,
Om koninkryk te bou.
Wêreld donker,
Jesus lig kom aansteek.
Al in donker vertrek,
Iemand steek kers aan,
Steek volgende kers aan, volgende kers – hele vertrek helder!
Jesus eerste kers kom aansteek.
Wil graag hê almal kan sien.
As jou kersie brand,
Jy behoort aan Jesus,
Dan leef soos kind van Jesus.
Liggie brand – maak helder vir ander mense,
steek ook ander liggies aan.
Wanneer almal liggies skyn, dan Jesus koninkryk hier.

Skriflesing

Lukas 24:13-35 (Hele kwartaal)

& Hebr 13 (skerm)

Preek

Reeds gesê – begin vandag reeks “Leef Gasvry”.
Vaardighede inoefen.

Belangrik wegspring vir mekaar sê wat gasvryheid is,
Spesifiek wat Christelike gasvryheid is,
Omdat deur eeue oorspronklike betekenis verloor.
Christelike gasvryheid baie meer
As ons vandag net dink – vriende & familie in huis innooi,
tafel kreun onder lekker kos.

Christelike gasvryheid is veral gasvryheid teenoor vreemdelinge
En vervreemdes.

Griekse woord NT gasvryheid –
Philoxenai –
Letterlik “liefde vir vreemdeling“.
Teenoor xenophobia – vrees vir vreemdeling.
Gasvryheid = liefde vir vreemdeling.

Christelike gasvryheid nie eerste plek verwelkoming vriende,
Die wat “soos ons is”,
Maar juis openheid dié anders as ons is.
Dis openheid vir ander IN HUL andersheid,
Vir vreemdes IN HUL vreemdheid.

Vreemdelinge natuurlik nie net mense van ander lande.
Bonheoffer herinner dat mense naaste aan ons is,
Selfde taal met selfde aksent praat,
Dikwels grootste vreemdelinge is.

Hulle in ons eie huis, dikwels grootste misterie.

Oproep tot gasvryheid dus nie net vreemdelinge ander kulture,
Maar gewoon openheid die anders as ons –
Ook openheid vir andersheid van hulle wat naby ons leef.

Gasvryheid vra dat onsself sal oopstel vir ander en hul andersheid,
Raaksien dat openheid nie beteken eie identiteit prysgee,
Maar verruim.

As hierdie kwartaal praat gasvryheid ons gemeente,
Meer as net mense verwelkom by deure,
Nuwe intrekkers, besoekers.
Gaan oor etos,
Kultuur van gasvryheid,
Dat ons gemeente hawe is,
Identiteit deur gasvryheid gekenmerk word.
Dat oop is vir mense anders as ons,
In hul andersheid verwelkom,
Oop vir gawes wat na hierdie gemeenskap bring.

Gasvryheid in die Bybel

Heel kwartaal verhaal Emmaus-gangers ons meester-teks.
Baie interessante verhaal gasvryheid,
Soveel nuanses,
Deur kwartaal saam gaan ontdek.

Wonderlike verhaal gasvryheid –
Vreemdeling langs pad by 2 dissipels aansluit,
Hulle sterk uitdruk teenoor hom:
Jy enigste vreemdeling?
Enigste makwarakwara?
Maar laat tog toe saam reis,
Vertel verhaal.

Hy, wonderlike daad gasvryheid – luister.
En dan begin vreemdeling hulle leer,
Een van wie hulle niks verwag,
Gedink geen idee wat aangaan –
Help hulle te verstaan.

Wanneer by huis kom,
Dissipels daad gasvryheid – kultuur verwag –
Nooi in huis in.

In een van mees ironiese vertellings in Bybel,
Word gas gasheer,
Vra seën,
Breek brood.
En dissipels herken Jesus in vreemdeling.

Dis hart van gasvryheid.
Om Jesus in vreemdeling raak te sien.

Natuurlik nie enigste plek Bybel waar gasvryheid sien.
OT gasvryheid een van kern-waardes.
Verhaal altyd dink,
Abraham & Sara – engele huisves,
Waarna Hebr-teks verwys.
Maar uit hierdie verhaal,
Hele OT gewortel in gasvryheid.

Verbond grond – doel – is liefde vir vreemdeling.
God seën Abraham, sluit verbond,
Sodat tot seën kan wees.

Hele OT,
Vreemdeling – en liefde vir vreemdeling –
Sentrale rol.
Wet – Eks, Deut., Lev – onderstreep belang liefde vir vreemdeling.
Profete – dink dikwels teen kultus,
Maar wanpraktyke in kultus, o.a. nie meer vreemdelinge verwelkom & versorg.

NT hierdie gasvryheid-reël,
Liefde vir vreemdeling,
Eintlik kom versterk.

Jesus verhaal, evangelies –
Gasvryheid nie sommer terloopse aangeleentheid.
Metafore, belede, verhale oor koninkryk van God,
Nou verbind met eet en drink,
Met tuiskoms en feestelikheid.

Verhale van Jesus dikwels verhale van maaltye,
Gasvryheid.
Gelykenisse – maaltye, gasvryheid.

Jesus & dissipels afhanklik van ander gasvryheid geleef – gereis, nie blyplek, nie werk.

Jesus, hoewel nie huis, in lewe voorbeeld van gasvryheid,
Beliggaam dit in openheid vir alle mense.

Geskiedenis van gasvryheid

Na Jesus dood,
Vroeë kerk,
Gasvryheid sentrale waarde.
Verskeie plekke NT belangrikheid van gasvryheid onderstreep.
Gasvryheid nou verbind liefdesgebod –
Wys liefde deur gasvryheid, deur mense in nood te versorg,
Vreemdelinge te verwelkom.

Vroeë kerk by uitstek plek van gasvryheid.
Uitgestaan as gemeenskap wat na armes en vreemdelinge omgesien,
Veral vreemdelinge siek, sonder heenkome.
Een van belangrikste redes waarom gegroei.

Keiser Julianus staatsgodsdiens wil versterk,
Sê vir priesters moet meer soos Christene wees
In gasvryheid teenoor vreemdelinge,
Want dit maak Christelike godsdiens groei.

Idee ons gastekamer in huis het,
Kom uit hierdie tyd,
Christene aangemoedig ekstra kamer in huis gereed hê,
Vreemdelinge te verwelkom.

Gegroei,
Christene gasvryheids-instansies begin bou –
Hospitale, hospices.
(Engels: hospitality – hospital – dan weet waar hospitale vandaan kom).

Baie belangrik dat hospitale plek van gasvryheid was.
Baie moeite gedoen respek hê vir persone versorg,
Nie net barmhartigheid, maar gasvryheid.
Preke daardie tyd,
Gesindheid van gasvryheid: nederigheid & dankbaarheid.
Gasvryheid was diens, omdat dankbaar is God se sorg.

Hoewel institusioneel geraak,
Ook nog privaat.

Kloosters later gevestig,
Gasvryheid nb waarde –
Vandag nog deel van Benediktynse reël.

Teen Middeleeue het hospitale onder munisipaliteite beheer begin kom.
Geskei van kerk,
Al verder weg van wortels van gasvryheid.
Versorging baie meer onpersoonlik,
Persoon geskei van siekte,
Eerder iemand versorg,
Word siekte behandel.
Selfde versorging van armes.

Teen einde Middeleeue twee verskillende bane gasvryheid:
Dié van materiële sorg armes & vreemdelinge
Gasvryheid as persoonlike vermaak & verwelkoming.
In proses iets van transformerende kant
Van gasvryheid as openheid teenoor vreemdelinge
Verlore gegaan.

Reformasie skeiding al meer,
Geïnstitusionaliseerde versorging,
Gasvryheid rondom privaat lewe.

Verligting: gasvryheid heeltemal losgemaak tradisies Bybel,
Klem val op individualiteit,
Het privatisering gasvryheid soos vandag ken,
Gasvryheid as liefde vir vreemdeling byna totaal verlore.

Leef gasvry

Nou vir julle iets omtrent myself –
En my eie gasvryheid teenoor die vreemdelinge wat my familie is –
Vertel.
Gasvryheid nie net mense in huis innooi –
Praat juis oor meer publieke aard daarvan –
Gaan vertel van in huis innooi.
As oorvertel, is daar moeilikheid!

Ek sukkel mense in huis te ontvang.
Obsessief netjies.
Gaste maak deurmekaar.
Vuil skottelgoed langs wasbak – kat inspring.
Vurke in lepel vakkie – waar reeds lepels is.
Kyk 7de Laan.
Sit op my stoel.
Luister musiek ek nie kan verdra.

Is vir my moeilik!
Maar net so moeilik vir my is,
So belangrik is dit vir my om gasvry te wees teenoor hulle.
Om twee redes:
1. Ek is lief vir hulle.
2. Gasvryheid deel van kern van my geloof, geloof kern is van wie ek is.

Almal ons sukkel op eie manier.
Storie van ma in gemeente –
Kind agter Chris aan bid,
Tannie (ek weet nie wie) omdraai, oë rol, tong klap.
As ma nie betrokke – kind nooit kerk?
Ma in moederskamer, pa alleen in kerk, tot kinders groot genoeg.

Omdat ons sukkel,
En omdat so belangrik,
Gaan hierdie kwartaal oefen,
Leer oop te wees vir mekaar.

Gedink goeie leerskool,
Vreemdelinge wat mense van ander generasie as eie –
Wat nie volgens reëls doen ons gewoond,
Musiek luister nie kan verdra,
Net anders ons is.

Gaan hierdie kwartaal oefen mekaar luister,
Mekaar as gawes ontvang wat ons eie verstaan en kennis van God verruim,
Probeer leer mense in hulle andersheid te verwelkom
Mekaar raaksien, ontdek omring deur engele.

En as eers hiermee begin,
Sal Gees ons ook verder neem,
Dat kring al breër,
Al meer met liefde vir vreemdelinge kan leef.

Rabbi eendag vir dissipels gevra hoe weet as nuwe dag begin het?
Wanneer horison lyn kan erken en die lug van aarde kan onderskei.
Goeie antwoord, Rabbi gesê, maar dink bietjie verder.
Rukkie stilte.
Wanneer bome van diere kan onderskei.
Goeie antwoord, wil steeds hê verder dink.
Later besluit hulle te help:
Ons weet nuwe dag aangebreek,
Wanneer ons vreemdeling in oë kyk
En vriend herken.

Voorbidding

Dankoffer

Slotlied

Lied 530

Seën

Lied 313

Preek: 1 Timoteus 6 – 3 Oktober 2010

GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

Verwelkoming

Verlede Sondag gesê: Seisoen van Skepping
Wêreldwyd deur Christene gevier.

Talle tekste in Bybel met skepping te make –
Genesis, Psalms, verskeie NT tekste, Openbaring.

Maar wanneer Bybel lees met lens sensitief vir verwysings na aarde,
Ontdek gou dat Bybel tot barstens vol daarvan.
Elke bladsy praat van
Berge & heuwels,
Lig & lug,
Grond en water,
Riviere en see,
Wind en vuur,
Lewe en sterwe,
Plane en bome,
Diere en voëls,
En natuurlik oor die mens.

Wanneer Seisoen van Skepping vier,
Gaan nie maar oor iets interessants wat Bybel bv. oor bome te sê het,
Maar om Bybel vanuit nuwe oogpunt te verstaan –
Juis omdat hele drama van skepping, sonde, verlossing & voleinding,
Alles met skepping te doen het.

Daarom fokus Seisoen van Skepping op deugde,
Manier van leef in en met skepping,
Verlede week gebed,
Vanoggend tevredenheid.

Toetrede

Flam 48 (sit)

Votum

(Ps 8)

Seëngroet

Psalm 29 v 1, 3-5 (staan)

Wet

Lev 19:1-4, 9-18

Skuldbelydenis

Bely gebooie minag,
Selfsugtig lewe,
Net aan self en eie behoeftes dink,
So die hart van u wet oortree.

Bely dat mekaar uitbuit in besigheid,
Kyk hoe baie ons kan kry,
Nie dink aan medemens of aarde.
Dat naaste uitbuit,
Besteel,
Belieg
Bedrieg.

Dat in gulsigheid skepping waaroor U ons laat heers het,
Vernietig,
Uitbuit,
Uitput.

Lug en water besoedel,
Grond met erosie laat wegspoel
Voëls en diere van habitat ontneem
Ons naaste honger gelaat.

Dat nie in liefde leef nie,
Maar in haat,
Wrokkigheid
Eie belang.
Blind geword het vir naaste
En vir aarde.

Here,
Ons weet nie hoe om dit wat ons beskadig het,
Te herstel nie.
Ons bely ons onvermoë in afhanklikheid van U.

Vergewe ons, Here,
Wees ons genadig.
Gee ons die vermoë om anders te leef,
In Jesus Naam.

Genadeverkondiging

Miga 7:18-19

Lied 192 v 1-2 (staan)

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Gebed

Skriflesing

1 Timoteus 6:6-19

Preek

Kinders – al is net 2 – voorstel Sakkie & Sieg
Video
Ons leef in wêreld vol gemors –
Wêreld gemors genereer.
Waar gemors mense weggooi,
Ongekende proporsies aanneem
(foto’s – nie vind, wel eet, stats:)
Studie Verenigde Koninkryk gevind
Mense EEN DERDE an alle kos wat koop,
Weggooi.
4.4 miljoen appels elke DAG in VK weggegooi.
Spandeer £3 BILJOEN per jaar aan kos weggegooi word.

Al hierdie gemors –
Lê vrot op asgate,
Ook koste van verbou, vervoer –
Genereer massiewe hoeveelheid koolsuurgas.

Hoe gebeur so iets?

Gebeur omdat in kultuur leef
Wat vertel doel van lewe = versamel –
Meer hê.

Van kleins af:
“Happy meals” –
Belowe geluk as stukkie nuttelose plastiek nonsens kry.

En so gaan ons deur die lewe –
Happy meals raak net duurder.

Hierdie kultuur selfs deel geword van baie kerke –
God wil hê dat jy dit alles moet hê –
Wil hê dat jy dit nou kry!
Celebrity-predikers soos TD Jakes, Benny Hinn,
Mislei te glo verdien nog te hê,
Nog meer hebsugtig.

In proses raak suinig,
Probeer mekaar uitoorlê
Vir winskoop,
Beste transaksie te beklink.

Maar dit kos ons –
Meer as net geld,
Of belaglike lang – en langer – ure moet werk om te bekostig,
Meer as liggame ingee onder druk.

Finansiële krisis afgelope tyd – economic meltdown –
Nie juis a.g.v. gulsigheid nie?

Al Gore “Inconvenient Truth” –
Kos ons die aarde.

Vergryp onsself aan GOD se goed,
Die dinge hy ons opdrag gegee te versorg.

Aarde kreun onder ons grypsug.
Wetenskaplikes bereken natuurlike hulpbronne tot beskikking
20% vinniger opgebruik
As wat natuur in staat te vervang.
Het reeds twee aardbolle nodig om vraag na ekonomiese groei te voorsien.

Ons gemors en gulsigheid veroorsaak dat koolstofdioksied
Soos kombers oor aarde lê,
Temperatuur laat styg –
Amper soos iemand koors ontwikkel –
Veroorsaak sommige plekke oormatige reën,
Ander plekke… droogte.

Ghandi gesê:
Earth produces enough to satisfy everyone’s need,
But not everyone’s greed.

Gulsigheid kos ons die aarde.
En dit kos ons ons verhouding met God –
Stel meer belang in God se goed
As in goed se God.

Teks vanoggend roep ons om met genoeg tevrede te wees,
Omdat gierigheid wortel van allerlei kwaad is.

In wêreld is gierigheid die reël –
Die liefde vir geld en besittings.
In God se koninkryk is goedhartigheid die reël.

So hoe leef met reëls koninkryk,
Eerder as wêreld?

U2 liedjie:
I still haven’t found what I’m looking for:
I have climbed the highest mountains.
I have run through the fields.
I have runned, I have crawled, I have scaled city walls
But I still haven’t found what I’m looking for.

Tevredenheid is innerlike houding teenoor lewe.
Shakespeare beskryf skitterend in Henry the Sixth:
Koning wandel rond in onbekende plekke op platteland,
Ontmoet twee wildopsigters,
Vertel dat koning is.
As jy koning is, waar is jou kroon?
My crown is in my heart,
Not on my head.
Not decked with diamonds
And Indian stones,
Nor te be seen;
My crown is called content –
A crown it is that seldom kings enjoy.

Tevredenheid is nie gebrek aan ambisie –
Gebrek ambisie wanneer nie geleenthede benut God jou gee,
Verkies eerder krepeer.

Tevredenheid kom wanneer nie dinge najaag,
Nie doel in lewe raak.
Maar tevrede is met wat het –
Wat God vir ons gee.

Kan tevrede wees,
Wanneer vrede in God vind.
Tevredenheid is gewortel in ons belydenis dat God,
Almagtige Vader,
Skepper van hemel en aarde is.
Hy is voorsiener.
Al die skatte is syne –
Trouens, hy’t dit gemaak.

En hierdie God is ons Vader.
Hy sal vir ons sorg.

Daarom kan mens vreesloos en sonder bekommernis
Die Here dien,
Uit dankbaarheid vir die kos en klere wat hy voorsien.
Deur, soos Augustinus gesê het,
Nie vir God te gebruik om wêreld te geniet,
Maar wêreld gebruik God te geniet.

Tweedens rentmeesterskap.

Paulus roep Timoteus op om van geldgierigheid weg te vlug,
Te streef na deugde wat by geloof pas:
Opregtheid,
Toewyding aan God,
Geloof
Liefde
Volharding
Minsaamheid.

Hy is voor God verantwoordelik om sy roeping
En sy geloof
Uit te leef.

Dit beteken ons onthou dat rentmeesters is.
God besit al die rykdom in die wêreld.
Alles is syne.
Nie een van ons sou vir ‘n enkele sekonde op hierdie planeet kon oorleef,
As God nie sy rykdom milddadig met ons gedeel het nie.

Gelowiges mag ook ryk wees,
Terwyl onthou dat ook “ons” rykdom nie ons s’n is nie,
Maar dat ons bestuurders is daarvan,
Trustees namens God.

Derdens ons kultuur van grypsug vryspring,
Deur vrygewig te wees.

Is natuurlik hier wat agterkom wie regtig beursie besit,
Of tevrede is,
Werklik rentmeester is,
En of slaaf is van besittings,
Ou dae sou sê: God Mammon aanbid.

Want rykdom bring groot verantwoordelikheid.
God seën sommige mense met welvaart,
SODAT hulle vir ander tot seën kan wees.
Sy bedoeling is dat ons moet deel.

Rick Warren, Doelgerigte Kerk, Doelgerigte lewe – 40 dae –
Kitsmiljoenêr geword.
Joernalis hom vra na welvaart,
Gesê:
Dis nie ‘n probleem as jy ryk is nie.
Dis ‘n probleem wanneer jy ryk sterf.

Sluit af gedig Zaap Zijlsra:
‘n Psalm van U:
“Die stroom van welvaart is my herder
Niks sal my ontbreek nie
Dit laat my neerlê in groen weivelde
Na ‘n rustige aftrede lei dit my heen.
Dit streel my maag
Geld lei my op die regte spore
Want geld wat stom is maak reg wat krom is
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee,
Ek sal geen onheil vrees nie
Want my polis is by my
My slaappoeier en my aspiriene
Die vertroos my
Die welvaart laat my by ‘n feesmaaltyd aansit my beker loop oor
Ja, vakansiebonus, annuïteite en pensioen bystand
sal my volg al die dae van my lewe
en ek sal in die tempel van welvaart vertoef tot my begrafnis .”

 

GOD ROEP ONS OM TE LEEF

Voorbidding

Onderwys

Reën

Dankoffer

Toewyding – alles behoort aan God, rentmeesterskap, afhanklikheid.

Lied 308 v 1-2, 4-5 (Staan)

Seën
Lied 314