Skip to main content

Jes 63 – Son 13 Sept 09 – As God ver is

Verwelkoming
Afkondigings

Toetrede Lied 153 Koor verse 1&2, Gemeente vers 3 (sit)
Gebed vir die Kerk –
Dowes:
Ons Hemelse Vader
Ons bid voor U
Dankie dankie vir alles wat U vir ons gedoen het
Ons NID bid vir die gemeente
sodat hulle kan ryklik seen deur God die Vader
Here, Ons bid ook vir leiers
lidmate wat deur die Here dien
sodat hulle vol vreugde kan vind,
sodat hulle kan versprei
God se woord
in die naam van Jesus Christus alleen.
Amen
Seëngroet

Dankoffer as aanbidding Koor:  Ons vind ons krag in die Here

Aanroeping 
Fokus vanoggend afwesigheid van God,
wanneer God ver
Baie daarvan in Bybel,
veral Psalms,
daarom nie tradisionele lofsang,
aanroeping.
As tans voel God ver,
kry situasie in gedagte,
maak roeplied tot God:
Ps 143 (staan)
Ps 44 (gemeente en koor) (sit)

Gebed
 
Kindertyd
Video – baie moeilike oefening, hard konsentreer.
Eers:  wie beter, seuns of meisies?
Seuns en meisies verskil,
een groepe beter oefening as ander.
Mense in swart hemde en wit hemde,
bal heen-en-weer gooi.
Tel hoeveel keer mense in wit hemde bal heen-en-weer gooi.
Nie weggee terwyl kyk!
Moeilik!
Wie gaan beste – seuns of meisies?
Grootmense ook!
(Onthou nie weggee!)
Tel:  hoeveel keer mense in wit hemde bal heen-en-weer gooi.

Iets interessant gesien?

Hou van stories uit Ou Testament,
God praat brandende bos,
see oop kloof.
Julle ook soms spyt God nie meer so praat?

Ken storie van Samuel?
Slaap, hoor stem,
dink Eli,
gaan vra,
sê nee – drie keer,
Eli besef God.
Vierde keer Samuel antwoord.

Soms God tog daar,
praat met ons,
maar ons sien nie raak,
want besig ander goed te kyk –
soos netnou vir mense wit hemde kyk,
dalk nie gorilla gesien.

Kan op verkeerde plek kyk, vir verkeerde goed,
dan nie vir God hoor praat.

Hoe praat God?
Uit Bybel,
ander gelowiges,
As lees, vra help dink:  wat sê God vandag?
In Kerk.
 
Skriflesing 
Jesaja 63:11-16  (eintlik 7-64:12, net hierdie lees, enkele verse verder)

Preek
Reeks Godsbeelde,
vandag miskien vreemd – as God ver.

Gevoel dat God ver gereeld in Bybel –
veral in Psalms kry gevoel van gelowiges
na wêreld om hulle kyk
en voel asof God weg is.

Ps 22:
My God my God,
waarom het U my verlaat?

Ps 88
Waarom verstoot u my, Here
Waarom trek u u van my af terug?

Ps 44
Waarom draai u u rug vir ons?
Waarom steur u u nie aan ons ellende en smaad nie?

Ps 143
Antwoord my tog gou, Here,
ek is heeltemal gedaan.
Moet tog nie van my af wegkyk
dat ek word soos dié wat sterwe nie.

Asof gelowiges na lyding en swaarkry in wêreld kyk
en dit voel asof God gesig weggedraai het.
Ons OT volgorde boeke Septuagint – Griekse vertaling
Hebreeuse kanon:
• Genesis,
• Tora (1e vyf boeke)
• Vroeë profete
• Latere profete
• Geskrifte
• Kronieke
• Esre
• Nehemia
• Meggilot
• (sien Joernaalblad) –
• eindig Ester.

As mens in die volgorde lees,
lyk asof God teenwoordigheid geleidelik afneem.
Wanneer Ester – laaste boek van Hebreeuse Bybel – lees,
God se naam nie een keer genoem.
Waar God Genesis / Eksodus dramaties teenwoordig,
in Ester dramaties afwesig. 

Na bevryding uit Egipte raak direkte kontak met God al minder.
Na Sinai praat God nooit weer met die hele gemeenskap
met stormwind en donderslae.

Na boek Josua verdwyn vuurkolom, wolk en manne –
sigbare tekens God teenwoordigheid.

Laaste persoon aan wie God self openbaar,
Samuel.

Laaste persoon aan wie God verskyn,
Salomo.

Laaste openbare wonderwerk met vuur as teken God teenwoordig,
1 Kon 18,
God verskyn aan Elia 1 Kon 19.

Maar in 1 Kon 19 is God nié
in stormwind,
of aardbewing
of vuur,
maar in stilte.

Aan einde van Konings
sien ons hoe enigste sigbare kommunikasielyn met God,
tempel –
waar ark is,
wat in woestyn simbool was van God teenwoordigheid,
deur Babiloniërs vernietig word,
self in vlamme opgaan.

In daardie tyd praat God nog deur profete,
maar ook dít eindig ná die ballingskap. 
Waar teks van vanoggend lees,
nostalgie na tyd God see opgekloof,
berge verbrokkel
vuur wat hoog vlam…

nou ervaring dat God self verberg.
OAV v 6:
U het u aangesig vir ons verberg.

So sien hoe volk se ervaring van God teenwoordigheid met tyd ontwikkel:

Eers God in wonderwerke,
manna, wolkkolom, vuurkolom.

Later God teenwoordigheid aan Ark verbind,
of gesê dat God in tempel woon.
Beteken dat God teenwoordigheid aan plek gekoppel,
wat natuurlik uitgebreide godsdiens met priesters en rituele tot gevolg gehad,
wat mense gehelp in teenwoordigheid van God leef.

Wat dan hier gebeur,
is dat klem skuif in hoe mense God teenwoordigheid ervaar:
God nie meer direk teenwoordig,
word deur mense bemiddel.

God werk deur mense soos priester,
koning,
profete,
tussenganger tussen God en mens. 

In tyd tussen twee testamente,
nadat tempel verwoes,
nog verdere skuif:
God teenwoordig in studie en aanbidding.

God dus teenwoordig in studie van heilige geskrifte,
uitlegging en worsteling met Tora.

Vir ons,
God geopenbaar in Immanuel,
God met ons,
Jesus.

Wanneer Jesus terugkeer na sy Vader,
stuur Gees,
is God deur Gees by ons teenwoordig.

Is hoe verstaan van God teenwoordigheid oor eeue ontwikkel.

Maar is so dat ook ons,
wat bely God teenwoordig deur sy Gees,
dikwels ervaring het dat God afwesig is,
sy aangesig vir ons verberg,
om woorde van Jesaja te gebruik.

Soos daardie liedjie jare gelede gewild:
From  a distance:
From a distance, there is harmony,
From a distance we all have enough,
and no one is in need.
And there are no guns, no bombs, and no disease,
no hungry mouths to feed.
God is watching us. God is watching us.
God is watching us from a distance.

Deur eeue – millennia
worstel gelowiges met ervaring van God afwesigheid.

In mistieke tradisie selfs naam gegee aan hierdie ervaring:
Donker nag van die siel,
n.a.v. gedig deur St John of the Cross.

sê dat minstens ‘n kwart van gelowiges
deur hierdie donker nag van die siel gaan.

Soms is dit tydelik,
soms kan vir jare aanhou.
Vir die Heilige St Paul of the Cross
het dit vir 45 jaar aangehou.

Na haar dood,
was ons geskok om te hoor dat ook Moeder Teresa
in hierdie donker nag geleef het –
van 1948 tot 1997,
met kort tydjies van lig tussenin.

Feit is,
hierdie belewenis dat God jou skielik verlaat het,
redelik algemeen.
Sommige lys dit selfs as deel van fases van geloofsontwikkeling
(joernaalblad).

Wat natuurlik vir Israel so erg maak –
en vir ons:
Leef vanuit veronderstelling God teenwoordig,
glo – wéét dat God nooit afwesig,
altyd
in alles teenwoordig…
maar wanneer om rondkyk,
beleef teendeel.

Lyk asof hierdie ervaring van God afwesigheid,
gewoonlik ontstaan vanuit krisis –
vir Israel spesifiek Ballingskap.

Ook vir ons kom hierdie donker nag
ervaring God ons vergeet,
dalk selfs verwerp –
dalk ontydige dood van geliefde,
uitgerekte siekte,
onregverdige behandeling.

Is natuurlik ook so dat hierdie afwesigheid van God
soms die gevolg is van gelowiges se sonde,
nie omdat God gesig weggedraai,
maar omdat gelowiges van God af weggedraai het.

Lees in Woord dat God vir goddelose generasie
gesig verberg
sodat kan terugkeer na hom,
juis sodat hom soek. 

Maar óók so
dat God dikwels teenwoordig is
ons hom nie sien
omdat op verkeerde plekke kyk.

Soek God in aardbewings
en vuur
en donderweer…
terwyl God in stilte is.

Soek God in wonderwerke,
oorwinning,
terwyl God in nood is,
waar mense swaarkry
of onderdruk word.

Godsbeeld veroorsaak soms
dat dink moet goed gaan waar God teenwoordig is,
as dan nie goed gaan,
God nie teenwoordig.
Soek God dus in voorspoed.

Maar God juis aan kruis,
daardie uiterste simbool van Godverlatenheid,
waar God self uitgeroep het:
My God, My God, waarom het u my verlaat?

Kan ook wees dat te haastig is,
Ken uitdrukking:  hoe meer haas, hoe minder spoed.
Dat verwag God moet self nóú,
vandag, openbaar.
Nie kan bly wag,
wanneer God nie onmiddellik sien,
weghardloop,
aangaan iets anders.
Hans du Plessis gediggie:
Nou kyk ons nog in ‘n donker spieël
en ons draai om
en vergeet wat ons gesien het.

Al hierdie dinge kan redes wees waarom ons ervaar God ver is.

Maar wil nog ‘n opsie voorstel:
dalk ervaar soms dat God ver is,
omdat God ver ís.

God is tegelyk naby én ver
teenwoordig én afwesig.

Dit is deel van unieke aard van God –
is nie afgod wat in klip of hout kan vasvang.

Wanneer in Bybel uitgebeeld in vuur en wolkkolomme:
iets wat mense kan sien,
maar steeds iets mense nié kan vasgryp.

Moses antwoord:
“Ek is”,

Selfs wanneer Moses vra God gesig sien,
nie God gesig,
slegs heerlikheid.

Selfs tydens diepste Godservaring,
blý God se gesig verborge.

God ontwyk altyd menslike begrip,
kan daarom ook nie deur mense gemanipuleer word nie.

Dis hoekom Martin Luther soveel waarde geheg
aan God verborgenheid
(Joernaalblad skakel na artikel)  –
want dis ‘n integrale deel van God se vryheid.

God se verborgenheid verhoed dat enigiemand God kan beheer of misbruik.

Pascal gesê:
‘n Godsdiens wat nie bevestig dat God verborge is nie,
is nie eg nie. 

Maar hoe dan gemaak met hierdie verborgenheid van God,
as om rondkyk
sien oorloë
korrupsie
M.I.V. & Vigs,
armoede…

As leef in donker nag van siel…

As tot God roep,
en voel nie hoor,
gesig van jou af weggedraai…

Wat dan? 

Coenie Burger sê drie kort woordjies,
soveel inhoud.

Eerste ding doen:
WAG.

Nie opgee,
aanhou soek.

BLY in donker nag van siel,
nie aandag verplaas,
Volhard.

Met geduld
én met ongeduld.

Psalms – ongeduldig,
roep tot God,
soebat

Tweedens:
GLO

Interessant, wanneer Israel God afwesig beleef,
hou nie op om met God te praat nie. 
Hou aan roep,
aan probeer aandag trek
God herinner nog altyd vir hulle God was.

Bly Skeppergod,
bly God van verbond
bly verlosser.

Beteken dat ‘n mens –
deur God se genade –
kan leer om mét jou vrae te leef,
daarmee saam te leef,
sonder om vinnige antwoorde te kry,
én sonder om bitter en hard te word,
te bly glo, te midde van vrae.

Derdens:
WERK.

Moeder Teresa:  God vir haar opdrag gegee.
Miskien nie gereeld weer van God gehoor,
voortgegaan opdrag uitvoer. 

Ons weet wat God van ons verwag.
Al beleef nie God teenwoordigheid direk,
al voel omring deur donker nag van siel,
kan steeds doen God van ons vra.

En proses,
dalk,
teenwoordigheid van God vir iemand anders raak. 
Amen

Gebed
Lied 519
Seën
Lied 317

Jes 42 God is verlosser Son 23 Aug 09

Verwelkoming & Afk

Toetrede  
Lied 221 (koor 1x, gemeente 1x) (sit)
Lied 222 (koor 1x, gemeente 2x) (sit)

Votum (Ps 111) & Seëngroet

Lofsang 
Ps 146:1, 5, 6 (staan)
Ps 41 (koor v 1 & 6, gemeente v 1) (sit)
Ps 68:2 (staan)

Epiklese

Kindertyd
God red mense – hoekom?  Lief & wil gebruik.

Storie vertel dit wys – tel hoeveel mense God gebruik Moses se lewe red!

Israeliete slawe Egipte (wat dit?)
Koning bang te veel raak, land oorvat, daarom reël alle seuns gebore doodgemaak in rivier Nyl gooi!

Raak vrou swanger, kind,
steek weg – drie maande – raak groot, kan nie wegsteek.
Nou alle hoop verlore – lyk asof sleg gaan.

Vrou maak mandjie, smeer met klei dat nie sink,
sit babatjie in,
sit in rivier. 
Suster staan afstand en dophou.

Farao dogter – prinses –
kom bad in rivier,
sien baba in mandjie, kry jammer,

Sussie Miriam wat in riete geloer,
kom nader, sê ken iemand babatjie kan oppas,
gaan haal ma, gesorg.

Weet wie is?  Moses!

God gered omdat wil gebruik om ander mense lewens te red –
Israeliete, woestyn.
Hoeveel vrouens gebruik?  Ma, suster, prinses

God ook ons gered
Wil ook ons gebruik ander te red.
Hoe?
Ma – kyk as oor straat gaan, kos gee
Jy – kos gee (CMR afk) bring nie-bederfbare kos, sit voor preekstoel.

 
Koor
Verhaal van bevryding Israeliete agtergrond preek vanoggend:
“Laat my mense gaan”

Skriflesing
God as verlosser –
woord verlosser gelaai met spesifieke voor-veronderstellings, teologiese inhoud,
sê eerder:  God as bevryder.
Hou hele verhaal van Moses en Eksodus in agterkop

Jesaja 42:1-7
Bekende gedeelte van dienaar Here –
ons Christene veral geïnterpreteer Jesus te beteken.
Terwyl lees, luister wat sê van wie God is, aard van God:

(Jesus verwys wanneer in tempel uit Jesaja lees – nie hierdie spesifieke teks,
sê dis hy, hierdie roeping toe-eien – blindes sien, gevangenes bevry)
DAN,
deel nie so bekend,
God sê gaan volk verlos, manier waarop gaan doen.
luister mooi – verrassende maniere waarop God self beskryf:
13  Die Here ruk op soos ‘n soldaat,
strydlustig soos ‘n krygsman.
Hy skree en roep die oorlogskreet uit.
Hy oorwin sy vyande.
14  Ek het lank stil gebly,
Ek het geswyg,
My bedwing.
Nou skree Ek soos ‘n vrou wat ‘n kind in die wêreld bring.
 Ek hyg,
Ek snak na asem.

Preek
Kan nie vir julle sê hoe baie hierdie reeks oor Godsbeelde geniet –
leer God op nuwe maniere ken –
uitdagend, wonderlik nuwe goed leer.
Hoop waar van almal van julle ook!

So vanoggend God as bevryder.

Leer God eerste keer so ken in verhaal van Eksodus. 

Lees in Eks 3 (7-8) dat God pyn en onreg van mense raaksien
hulpkreet hoor
goed weet watter swaarkry hulle ervaar.

God nie ongeraak hierdeur,
gaan tot aksie oor
bevry onderdruktes.

So sien in Ek 14-15 hoe God dramaties ingryp
Israel bevry.

Juis waar Israel vasloop
geen uitweg sien,
breek God nuwe moontlikhede oop,
bevry God hulle.

Wat in Eksodus-verhaal sien,
verhaal wat vormend is identiteit Israel,
keer op keer na verwys –
God is verlosser,
God sien raak as kinders swaarkry,
bevry hulle. 

Hierdie lyn van God as verlosser
loop soos goue draad deur hele OT
tot in NT. 
God herhaaldelik uitgebeeld as God wat aan kant is van
weerloses,
armes
diegene sonder mag
en dié wat weerstand bied teen strukture en mense
wat mag misbruik
en ander onderdruk. 

Dink bv. Ek 20:
Ek is Here jou God wat jou uit Egipte… bevry het.

God is wesenlik die God wat mense uit situasies van onderdrukking bevry.

En dis hierdie bevrydingsdaad van God wat ons bestaan moet stempel
sodat ons ‘n lewe van vryheid kan leef –
‘n lewe waarin ons God respekteer
en mekaar respekteer deur die bepalings van God te gehoorsaam.

En dan word die volk natuurlik in ballingskap weggevoer.
En dis hier waar ons die volk ontmoet in Jes 42.

Deel van gedeelte wat gesprek tussen volk en God as hofsaak uitbeeld,
volk aangekla ontrou,
God verdedig ook self, nie volk verlaat. 

In hierdie gesprek kondig God aan dat volk weer gaan verlos,
gaan bevry soos wat gedoen uit Egipte.

Maar doen met interessante beelde,
manier waarop God na self en optrede verwys.
Beskryf verlossing op twee maniere:
as kryger en vrou wat geboorte skenk.

Vir ons vreemde beelde,
dalk goed mooi dink wat God van self sê as hierdie beelde gebruik. 

In eerste plek sien daarin iets van God se woede en pyn –
volk se ongehoorsaamheid
– en volk se gevolglike lyding –
laat God nie onaangeraak.
Onreg maak woedend, veroorsaak pyn
(verlede week God passie).

Maar nie magtelose en nuttelose woede en pyn,
woede wat oorwin,
pyn wat geboorte skenk aan nuwe vryheid, nuwe verhouding.

Sien hierin ook dat God aktief betrokke is in sy volk se lewe.

Soldaat staan nie van afstand,
bekyk besigheid van ver af –
beeld hier,
storm op slagveld in,
hier letterlik skreeu en brul –
aktief betrokke in stryd om bevryding.

Selfde natuurlik ma wat geboortepyne aan lyf voel
terwyl sukkel om kind vry te kry –
kan nie meer intieme beeld wees,
wys hoe betrokke God is by volk se bevryding.

Belangrik ook daarop te let dat beide kryger en vrou
in situasies is waar kan sterf.
Ons vergeet soms dat geboorte-proses in ONO lewensgevaarlik.

So hierdie metafore vir God as verlosser,
wys daarop dat God se krag anders is as wat ons aan krag dink,
dat daar weerloosheid en risiko binne God se krag is.

God gaan tot aksie oor om nuwe lewe vir sy kinders te bewerk,
maar enige optrede uit liefde gebore,
gekenmerk deur liefde en weerloosheid.

Weer een van daardie goed vir ons erg vreemd –
God, weerloos?  Risiko?

Maar dink gou bietjie terug eerste verse van teks in Jesaja ons gelees…

Die stryd om vryheid of verlossing
is nie van pyn en risiko gevrywaar.
Die beeld van God as kryger en vrou in kraam
volg op beskrywing van god wat God se dienaar roep
om geregtigheid aan die nasies te laat geskied –
lig vir nasies,
oë van blindes laat sien,
gevangenes uit tronk bevry.

Wat dienaar doen,
is dus konkreet beeld van God as bevryder gestalte te gee.

Daarom belangrik let dan nie hard sal skree,
nie geknakte riet afbreek,
nie dowwe lamppit uitdoof.

Die dienaar van die Here,
wat bekend staan as “dienende kneg”,
baie Christene vandag verstaan as Jesus,
laat dink aan Jesus aan kruis.

Dis baie belangrik om oë gedurig op kruis te hou.
Want dit help ons verstaan
dat God se bevrydingswerk
met ‘n anderse soort mag geskied…
die krag van die kruis,
van weerloosheid
en sterwe.

Maar gou weer saam met my terugkeer na Eksodus-verhaal,
miskien kyk na nog manier hoe hierdie bevrydingswerk van God konkreet lyk.

God hoor noodroep van volk,
sien pyn raak,
besluit te bevry.

En dan lees in Eks 1-4 versameling verhale
van vroue
uiteenlopende ouderdomme,
rasse,
klasse,
kulture,
grense tussen hulle oorbrug
om geweld teen te staan.

So vroedvroue
Sifra en Pua,
weier baba seuntjies dood te maak.

Moses ma,
suster Miriam
Farao se dogter –
later natuurlik ook Moses vrou Sippora
Eks 4, God vir Moses wil doodmaak,
Sippora simbolies besny
(artikel op blog).

Maar manier waarop God hierdie vroue gebruik,
bring paar belangrike punte onder ons aandag:

Eerstens leer dit ons waaroor bevryding gaan:
Gaan daaroor om dié wat hulleself nie kan help nie,
te help om vry te word van dít wat dreig om hulle te vernietig. 

Interessant dat God juis dié wat nie mag het nie,
gebruik om hulpeloses te help,
bloot deurdat hulle deur die trane van ander geraak word.

Daarmee saam, tweedens,
sien dat God gewone mense gebruik in verlossingsplan,
om bevryding te bewerkstellig. 

God gebruik gewone mense.
Wanneer gewone mense inisiatief neem
en doen wat reg is –
téén magte van dag wat anders wil hê,
dan gebruik God dit om kinders te bevry.

En laastens belangrik dat ons hierdie stories gedurig vir mekaar vertel.

Vroue in Eksodus se dade so subtiel,
dat meeste van hulle se name nie eers bewaar gebly,
die wat wel name opgeskryf, ons nie ken. 

Hulle stories vir ons goeie voorbeeld van al die stories
elke dag oor wêreld afspeel,
rondom ons afspeel,
maar nie altyd van kennis neem.

Is so dat stemme van bevryding oor eeue heen fluister,
nes dienaar nie skree. 

Maar belangrik dat kennis neem van manier wat God mense gebruik,
wat dalk nie dink dat reuse-taak vermag,
klein dingetjie doen,
reuse gevolge. 

Laaste ding wil onderstreep,
dat die beeld van God as bevryder
nie net op Israel se belange gefokus.

Verlossing van Israel nie net vir Israel bedoel –
dit moes uitbrei om al die nasies in te sluit.

In die donker tye ná die ballingskap,
word mense opgeroep nie net aan self te dink nie,
maar om juis die beeld van God as Bevryder te vergestalt
vir diegene wat dit nodiger het as hulle –
die wat steeds in die kettings van
armoede
siekte
diskriminasie
of geweld
gebind is.

Dit vra dan dat Israel besluit om anders in die wêreld te leef,
om nie aan die magspel van die magtiges deel te hê nie,
maar om hulle met die swakkes
en die weerloses
en die gewondes te vereenselwig.

Dit dan ook die appel vandag:
as God leer ken as Verlosser,
soos sien in Eksodus-verhaal,
beeld van kryger en vrou in kraam in Jesaja,
Jesus aan kruis
dan word opgeroep om hierdie ervaring in daaglikse lewe uit te leef
om in samelewing waar daar dikwels ander waardes geld,
waar waardes van mag en geld en status heers,
deel te wees van God se verlossingsplan,
ook vir hierdie wêreld.

Gebed
Dankoffer
Slotlied
 Lied 486 (staan)
Seën
Lied 313

Jes 66 – Son 9 Aug 09

Jesaja 66: 5-14: God se barmhartigheid en genade in die tyd van die ballingskap en vir vandag

1. Beelde van God

 Ons kan nie anders as om oor God te dink en te praat deur middel van beelde nie. Ons neem konsepte soos “Vader”, “Verlosser”, en “Vriend” uit ons ervaringswêreld en gebruik dit om iets van die misterie en werklikheid van God te verstaan en te probeer uitdruk . Natuurlik kan ons beelde nooit die volheid van God vasvat en tot uitdrukking bring nie. Juis daarom bestaan die gevaar dat ons beelde van God later stagnant en geyk kan word – dat hulle losgemaak word van die misterie en werklikheid van God. 

Dan word ons beelde stereotipes wat God vasvat in ons geykte begrippe en sienings en wat ons verhinder om in ‘n egte verhouding met die lewende God te leef. So word God dan bloot deel van ons ideologie, en is Hy nie meer vry om ‘n God te wees wat op verrassende maniere in ons lewens kan ingryp nie.

Hoekom is dit ‘n probleem? Omdat ons beelde van God ons kan faal wanneer ons in situasies en kontekste kom waarin ons met nuwe werklikhede gekonfronteer word waarin ou idees en tradisies net nie meer werk nie. Ons ken almal tye waarin ons vra – hoe kan ‘n God van liefde dit toelaat? Hoe kan God “liefde” wees en dan soveel pyn en lyding toelaat? Hoe kan God “magtig” wees as ander skynbaar meer magtig is om ons te oorheers en die wêreld waarin ons woon te bedreig? Hoe kan God “vrede” wees as ons omring word deur oorloë waaring onskuldiges sterf en uitgebuit word? En so deur die vrae en die twyfel heen, maak God nie meer vir ons sin nie, en hoewel ons steeds kerk toe mag kom, leef ons nie meer vanuit ‘n egte verhouding met God nie. So word die kerk al hoe meer irrelevant in ‘n moderne of post-moderne wêreld waarin ons beelde van God nie meer werk nie.

Die vraag is egter of die probleem by God of by ons lê? Pleks van om God al hoe meer na die kante van ons bestaan te skuif, moet ons vir onsself afvra of ons nie nuut oor ons beelde van Hom moet dink nie. Anders gestel, moet ons nie vir God toelaat om op nuwe maniere en deur middel van nuwe en verrassend beelde, of dalk ou en vergete beelde, met ons te praat nie? Is dit nie wat dit beteken om in geloof te leef nie – dat ons God nooit ten volle kan definieer en omgrens nie, omdat Hy meer is en groter is as ons denke en stereotipes? Omdat Hy die lewende en misterieuse God is wat in elke nuwe situasie van ons lewens vir ons wil leer om anders oor Hom, en daarom ook oor mekaar te dink. Omdat Hy ons wil leer om in-verhouding met Hom te leef. Die teks van Jesaja 66 wil ons iets hieroor leer. In die besonder wil dit vir ons iets leer oor wat dit in daardie konteks beteken het om God te ontdek en te beleef as die barmhartige en genadige God. En aan die hand van wat ons die Jesaja 66 lees, mag God ons ook as Sy gemeente lei om ‘n nuwe begrip van Sy barmhartigheid en genade te ontwikkel.

2. Jesaja 66 in die konteks van ballingskap

Jesaja 66 vorm deel van die tweede deel van Jesaja wat met Jesaja 40 begin en waarin ons op ‘n besondere wyse met die wanhoop van Juda –die volk van God – in die tyd van die ballingskap in die sesde eeu VC gekonfronteer word. God se volk is weggevoer van hulle eie land, maar nie net dit nie – die tempel is verwoes, die stad Jerusalem en die res van die land lê in puin, en vir die mense voel dit asof God hulle totaal verlaat het. Want hulle hele verstaan van God, hulle beeld van God, het gedraai om ‘n God wat vir altyd in die tempel sou woon, ‘n God wat vir altyd ‘n koning op die troon van Dawid sou plaas. Hulle God was ‘n God van die Tradisie, ‘n Volksgod – ‘n God wat Sy volk gesëen het – ongeag wat hulle gedoen het. Duidelik en treffend kom hulle ontnugtering na vore in Jesaja 64:10-12.

 Here, gaan u aanhou om ons te laat ly? Dit is juis binne hierdie geloofstryd, waarin God se kinders worstel met die werklikheid van lyding, dat Jesaja 66 – maar eintlik die hele tweede gedeelte van Jesaja – ons wil leer om sin te maak van God as ‘n barmhartige en genadige God. In hierdie geloofstryd is God net so aktief betrokke as Sy kinders om nuwe sin en lewensmoontlikhede te skep. Ek wil dan vanoggend hierdie geloofstryd in vier fases indeel, en dit as raamwerk gebruik om oor God se barmhartigheid en genade na te dink. Natuurlik is hierdie fases nie noodwendig in netjiese kronologiese volgorde nie – hulle is eerder bewegings wat inmekaar vloei in ‘n heen-en—weer beweging.

Die geloofstryd begin met ‘n hunkering na dit wat altyd was. Na die tradisie van die bekende, en die ou manier van dinge doen. In Jesaja 63:16-17 pleit God se Kinders by Hom – om weer te wees soos vroeër, want Hy is tog hulle Vader, wie se naam van ouds af “Ons Verlosser” is. Natuurlik het hierdie reaksie iets beet van die waarheid. Dat die geskiedenis van God se verbintenis met Sy kinders die bevestiging is van Sy trou, en van die gemeenskap waarin Hy met hulle – en ook ons – wil leef. Maar juis deur vas te hou aan die tradisie kom die gevaar dat ons dit probeer verstar, dat ons God probeer vasvang in die bekendheid van die tradisie en daarom nie meer oop is vir die moontlikheid dat Hy op nuwe en verrassende maniere kan optree nie. En in die omstandighede van die ballingskap was die werklikheid dat dinge nooit weer na die bekende sou terugkeer nie. En daarom dat ou beelde van God met nuwe betekenis gevul moes word, of dat nuwe beelde van God moes ontwikkel.

 En as God dan oënskynlik stilbly, as Hy dan nie weer “soos van ouds” word nie, dan tree daar in die tweede fase ontnugtering in.  Hoor weer die verlae kreet van die volk in Jesaja 64:12 – “Raak hierdie dinge U dan nie Here? Gaan u nie ingryp nie? Gaan u aanhou om ons te laat ly?” Vir sommige mense eindig die geloofstryd dan ook daar – met ‘n afwesige God wat nie meer sin maak nie. Omdat God hulle of ons dan in die steek sou gelaat het, omdat Hy nie meer omgee nie, draai hulle hulle rug om Hom en leef in ‘n wêreld sonder God.

Maar God is nie afwesig nie. En daarom breek daar in ‘n derde fase geleidelik die besef deur dat die oorsaak van die verwydering nie by God lê wat nie meer aan Sy beloftes getrou is of Sy verhouding met Sy kinders vergeet het nie. Die probleem is eerder dat Sy kinders, Sy gemeente, hulle verhouding met Hom verdraai en misvorm het sodat dit ‘n soort gemaklike godsdienstige ritueel geword het, wat van alle egtheid beroof is. ‘n Vormgodsdiens waarin daar geen reg en geregtigheid leef, en waarin daar van ‘n egte verhouding met God geen sprake is nie.

Jesaja 59 illustreer dit treffend. In vers 2, lees ons: “Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het….”. En dan in Jesaja 59:9-15 vind ons die treffende kontras tussen dit waarop die gemeente wag – lig, reg, redding – en die teenoorgestelde – uitsiglose donker, onreg en ontreddering. Hoekom? Omdat hulle eie optrede hulle van die liefde, geregtigheid en verlossing van God afgesny het.

Om  sin te maak van die werklikheid van God in hierdie krisis van die ballingskap, lei die Here dus Sy gemeente om na te dink oor die basis van hulle verhouding met Hom. Sy groot verlossingsdade van die verlede bevestig Sy diep verbintenis met hulle – Sy liefde en trou. Maar Sy gemeente se verhouding met Hom kan nie bloot op die tradisie, op dit wat was, berus nie. Want God is ‘n dinamiese God wat verwag dat Sy kinders vandag, in die hier en nou, sal leef met dade van geregtigheid. Dat hulle in die waarheid sal leef, met liefde en trou. Op grond van hierdie besef dat hulle tot inkeer moet kom, sou ons kon verwag dat die Here nou dienooreenkomstig sal optree. Dat hy in ooreenkoms met hulle berou, hulle nou sal seën en sal red. Maar die merkwaardige van Jesaja 66 is dan juis dat God nie in-ooreenkoms-met optree nie, maar bo alle verwagting ingryp om Sy kinders te herstel.

In die vierde beweging van die geloofstryd, beeld Jesaja 66 dan vir ons ‘n God uit wat in barmhartigheid en genade in Sy kinders se wanhoop en hunkering na Sy liefde en trou ingryp, om hulle te verseker dat Hy vir hulle onmeetbaar lief is, en dat Hy hierdie liefde gaan bewys in die wyse waarop Hy hulle konkrete omstandighede verander. Hoewel die spesifieke woorde van God se barmhartigheid en genade nie in Jesaja 66:5-14 voorkom nie, word die hele gedeelte deur hierdie beeld van God gedra. Die Hebreeuse woord vir baarmoeder – (raham) – is etimologies verbind aan die woord vir barmhartigheid (rehem). En daarom roep die beeld van God se barmhartigheid die beeld op van ‘n vrou wat geboorte gee, van ‘n moeder wat in haar baarmoeder aan haar baba beskerming en sekuriteit bied. In reaksie op Sy volk se sondebelydenis en terugkeer na Hom, reageer God dus deur middel van die intieme en tere beeld van die geboorteproses, om aan hulle die verskering te gee dat Hy wat – soos ons in Jes 66:9 lees – die moederskoot laat oopgaan, ‘n geboorte gaan laat plaasvind. Sion –die stad van Jerusalem waar God in Sy tempel woon – sal weer lewe skenk aan ‘n nuwe volk, ‘n volk wat ‘n nuwe skepping is – ‘n volk wat weer gebore is. God, die barmhartige God, gryp in en maak Sy volk nuut. En dit is Hy wat alles doen want Hy is genadig – Hy bring hierdie nuwe, herstelde volk voort uit die baarmoeder. Vanuit Sion, die stad waar Hy woon, die plek waar hemel en aarde bymekaarkom, sit God ‘n proses aan die gang om Sy volk te herstel en nuut te laat leef.

Maar terwyl God se barmhartigheid vergelyk kan word met die geboorteproses, is dit ook anders. Want die gewone geboorteproses gaan gepaard met geboortepyne, maar in hierdie geval, het die geboortepyne skaars begin of die kind – Israel – word gebore. Op hierdie wyse sien ons hoe God se barmhartigheid in hierdie konteks van wanhoop en twyfel dan ook anders is as die van die gewone menslike geboorteproses. Want wanneer Israel dan na God terugkeer, is Sy reaksie om hulle onmiddellik en volledig te herstel. Iets van die wonder hiervan lees ons dan ook in vers 8: “Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word ‘n land op een dag gebore, of word ‘n nasie in een oomblik in die wêreld gebring?”. God se barmhartigheid en genade verskil van die logika van ons gewoonlike menseverhoudings. Dit neem soms baie lank voordat ons bereid is om mense wat ons verwerp het en hulle rug op ons gedraai het, en later met ons versoening soek, so te vergewe en te vertrou dat ons weer in ‘n oop verhouding met hulle kan leef. Dikwels wil ons eers hulle erns op die proef stel, wil ons tasbare bewyse van hulle nuwe gesindheid sien. Maar God werk in Sy barmhartigheid en genade nie so nie. Hy soek nie eers die bewys van ons nuwe gesindheid nie, Hy stel ons nie op die proef nie. Nee, Hy vergewe volledig en onmiddellik, en Hy maak ons totaal nuut soos wat Hy Sy stukkende volk nuutgemaak het in die tyd van die ballingskap.

En, dan is God se barmhartigheid en genade ook die grondslag van ‘n standhoudende nuwe verhouding waarin Sy kinders Sy liefde en sorg op ‘n omvattende wyse beleef. Weereens gebruik Jesaja 66 die beeld van ‘n moeder se liefde om hierdie treffende waarheid uit te druk. Pragtig skets Jesaja 66:11-13 vir ons die beeld van ‘n moeder wat haar baba voed en versorg, wat haar kind aan haar bors en op haar skoot vertroetel en laat veilig voel. Wat die Bybel vir ons wil vertel is dat God in Sy barmhartigheid en genade in al ons behoeftes sal voorsien – dat ons niks hoef te vrees nie, omdat ons sekuriteit in Hom geleë is . Dink net aan die impak van hierdie boodskap in die tyd van die ballingskap. Hier is ‘n groep mense wat ervaar het hoe die mag van die Babiloniërs hulle land verwoes het – ‘n volk wat in terme van ekonomiese en militêre mag maar ‘n klein speler was. Maar God sal hulle herstel – hulle sal weer veilig woon in die land en in Jerusalem. Hulle sal weer voorspoed beleef, en die rykdom van die nasies sal na hulle stroom. Omdat God, die barmhartige en genadige God, die bron van hulle vrede en sekuriteit sal wees. Soos wat ‘n moeder haar kind vertroos en beskerm, so sal God met hulle wees. En daarom sal hulle blom! “Julle sal nuwe lewe kry, soos groen gras wat uitspruit”, sê Jesaja 66:14. Julle sal leef in voorspoed en vrede, julle sal nuwe hoop hê. Hoe onlogies en onmoontlik so ‘n boodskap ook al in die tyd van die ballingskap mag geklink het, skep God se barmhartigheid en genade dan juis die nuwe geloof waarmee Sy kinders kan besef dat Hy in beheer is, dat Hy magtig is, en dat Hy vir hulle sal sorg.

3. Vir Vandag:

Wat wil God, ten slotte, vir ons uit Jesaja 66 leer? Hy wil ons uitdaag om in ons tye van krisisse, op indiwiduele vlak, maar ook as Sy gemeente, as Sy kerk, toe te laat dat Hy ons kan verras deur op onverwagte nuwe maniere op te tree. Hy wil ons uitdaag om nie aan die ou bekende beelde en tradisies vas te hou nie, omdat hulle nie noodwendig in nuwe tye werk nie. Hy wil ons uitdaag om ons ou beelde met nuwe inhoud te vul, of dalk om deur middel van nuwe beelde na te dink oor Sy betrokkenheid by ons.

Hy wil ons ook roep om te besef dat ons in-verhouding met Hom met leef. Dat ons Hom nie moet probeer inpas in ‘n soort godsdienstig raamwerk wat gebou is rondom ons verwagtings en behoeftes, maar waarin ons maar eintlik net doen wat ons wil en waarin daar weinig van die liefde en genade van God tot sy reg kom nie. Deur in-verhouding met Hom te leef, moet ook ons lewens dan deur Sy barmhartigheid en genade gedra word. Ons moet regverdig teenoor ander optree – die waarheid praat, in trou optree, en ander behandel met respek. Maar eintlik moet ons nie bloot regverdig optree nie – ons moet met barmhartigheid en genade optree. Ons oë en harte moet oop wees vir mense, gemeenskappe wat stukkend is, waar wanhoop en uitsigloosheid die oorhand gekry het. En juis in daardie omstandighede moet ons ‘n verskil maak – want as ons dit nie doen nie, dan verstaan ons nog nie dat God barmhartig en genadig is nie. En slegs as ons, as God se gemeente, dit gaan doen sal ander op grond van wie ons is, en dat wat ons doen, verstaan dat God ‘n barmhartige en genadige God is.

 En laastens, wil Hy ons oë en harte oopmaak vir die wonder van Sy barmhartigheid en genade wat alle menslike verwagtings oortref, en wat daarom juis in Sy Seun Jesus Christus sy gestalte gevind het. God wat in Jesus opgetree om as mens Sy barmhartigheid en genade onder as uit te leef en vir ons ‘n nuwe toekoms as Sy kinders te skep – is met ons op pad na die voleinding, na die tyd wanneer alles met Sy heerlikheid gevul sal word, en Hy Sy kinders by Hom sal versamel in die nuwe stad Jerusalem. Dit is ons hoop, dit is ons anker, dit is die vaste wete wat ons midde-in al ons tye van twyfel en wanhoop dra om aan Hom – die barmhartige en genadige God – vas te hou.

Amen.

Son 26 Jul 09 – Eksodus 3

God en die kleur pers – Eksodus 3
Gesinsdiens

Vooraf: Mosaïek “Net U Alleen”
Intro:  Annalise Wiid “Kaalvoet” & videosnit uit “The Prince of Egypt”
Votum & seëngroet
Verwelkoming & verjaardae
Toetrede
:  Lied 164

Video  
Loflied  
In die Hemel is die Heer 
Lied 212 (Loof die Heer, Hy is Goed)  (staan)

Getuienis  (Riëtte & Miricke du Plessis)
Gesprek: 
Waaroor in verwondering oor God?  Wat God in jou lewe gedoen?
Ouers – vertel hoe kinders wonderwerk in lewe

Geloofsbelydenis
Aanbidding  Hemel Vader (x2) 

Gebed
Skriflesing Eksodus 3:1-6, 13-15
Prediking
Fokus kwartaal op Godsbeelde –
almal het beeld, prent in kop van God.
Dink:  as prent van God moet teken, wat sal teken?
(kinders kan later)

Gesels:  hoe lyk God?

Ons almal so prentjie van God.
Nie hoe God fisiek voorstel,
maar aannames oor wie God is, hoe God is. 
Maar nb onthou,
God altyd groter as ons prentjies,
meer as dit.

Vriendin vertel eendag gepreek
mens God nie in boks kan plaas. 
Weet beteken iemand in boks plaas?

Een van kinders wil weet,
kan nie regtige gróót boks gebruik?

Maak nie saak hoe groot boks,
God altyd groter, meer.

Teks:  God sê vir Moses “Ek is”,
sodat Moses nie God vashou,
in boks pas.
Sê pas nie ons bokse,
is meer,
groter.

Maar beteken nie kan niks van God weet!
Kan God ook ken.
Teks:  God sê tog wie is,
stel self voor,
God van voorouers.
God stel self aan ons voor,
kan goed van hom weet –
veral uit gesk,
ons storie,
ander gelowiges stories
(Abraham, Isak, Jakob).

Sien, God wil hê dat ons hom moet ken.
En nie ophou,
altyd beter leer ken –
soos jare lange vriendskap,
dink ken iemand,
ontdek steeds nuwe goed. 

Daarom Gees ons voortdurend uitdaag nader God groei,
beter leer ken.

Kan uitdaging aanvaar of ignoreer.
Eintlik gaan manier waaroor oor God dink,
bepaal hoe op uitnodiging God beter leer ken, reageer.

Navorsing:
kinders beeld van God
dikwels verband met manier waarop oor ouers dink.
Verband bv. tussen God en biologiese pa,
karaktertrekke van aardse pa projekteer op God.

Volwassenes, navorsing getoon,
dit wat tans in lewe gebeur,
hoe oor self dink,
bepaal hoe oor God dink. 

Probleem is,
kan op manier oor God dink wat toksies is,
wat bind,
maak nie groei,
al wonderlike aspekte van God,
waaroor in verwondering kan staan,
nie sien.

Boek “Color Purple”
Alice Walker
(1985 fliek)
Gaan oor vrou Celie,
gebind deur baie dinge in lewe,
ander mense haar mishandel,
hartseer,
verlies.

Dan vra ander vrou,
Shug,
Celie vertel hoe God lyk.

Celie antwoord:
Groot en oud en grys baard en wit.
Lang wit kleed
kaalvoet.

En oë, vra Shug.
Blou-grys. 
Koel.
Groot.

Shug lag.

Celie:  waarom lag?
Ek dink nie snaaks.
Hoe verwag jy God lyk?
Mister?

(Celie man, swart man, nie lief…)

Shug antwoord:  dit sal nie verbetering wees.
Pleit by Celie om assosiasies te sien tussen God en bome, blomme, wind, berge.
En veral kleur pers.

Sodat sy, elke keer wanneer verby veld met pers blomme stap,
iets van God sal raaksien.

Maar, kla Shug,
mense sien nie die kleur pers raak nie.
Ook nie ander mooi aspekte van God skepping nie.

En sy wat Shug is,
reken dat God bitter vies raak
as ons verby veld met pers blomme stap
en dit nie raaksien nie.

Wat Shug in storie sê,
dat nie eng of eenvoudige beeld van God moet hê nie. 
Mens moet verder kyk,
meer van God leer ken.

Dink weer aan boks:
God pas nie enige boks ons hom sit.
Enigiets ons oor God sê,
nie waar,
God meer,
groter.

Maar al wat het,
is menslike woorde,
beelde.
Al manier God kan beskryf.

En as God wil hê ons hom ken,
dan woorde en beelde het,
manier waarop leer ken,
onthou altyd ons woorde beperk,
God meer.
Maar woorde en beelde help ons verstaan, ken.

Gesond wanneer help God beter leer ken,
ongesond wanneer blokkeer.

Nie altyd so maklik weet watter Godsbeeld werklik met saam dra.

Joernaalblad
Vou, hoe reageer in krisis –
aanduiding van hoe oor God dink.

Kan vra:
hoekom maak saak?
So what as positiewe of negatiewe beeld van God het?

Dink is,
beeld van God beïnvloed verhouding God,
ook self en ander.

Gestel hoor skinderstorie van iemand nie ken.
Of enige storie.
Vorm beeld in kop van daardie mens.

Wanneer kort daarna ontmoet,
vooropgestelde idee
reeds oordeel oor persoon,
bepaal hoe sien,
hoe dink en relate met persoon.

Daarom ons sê eerste indrukke so nb.
Beeld ons vorm,
beïnvloed hoe kommunikeer met mense,
houding teenoor hulle. 

Selfde God. 
Eintlik nog meer so.

Beeld van God beïnvloed hoe reageer op God,
beïnvloed wat verwag van God –
en van self. 

Bv. iemand tot bekering,
geestelike hoogtepunt,
beleef ervaring met God.

In res van week herken nie ervarings met God,
want pas nie in verwagting.

Beeld van God bepaal wat hoor van God,
hoe luister na God,
hoe leef met God.

Ook hoe oor self dink,
oor ander dink. 

Ook gemeenskaplik:
manier wat ons as gemeenskap oor God dink,
bepaal hoe ons oor self as gemeenskap dink.

Terug na kolomme op joernaalblad.

Beeld van God bepaal hoe krisisse hanteer,
hoe reageer op wat in lewe gebeur. 

Daarom maak saak,
moet kyk na hoe oor God dink,
ondersoek,
God toelaat meer te wees,
nie bokse wil toedruk,
god toelaat bokse afbreek,
sodat al meer kan ken. 

Soos as ek my skoene ontgroei.
Kan kies aanhou selfde paar skoene dra,
kla omdat nie pas.

Of heeltemal ophou skoene dra

Of nuwe skoene dra.

Gestel jy’s 5 jaar oud,
iemand vra ouers beskryf.

Nou verbeel 30,
iemand vra weer ouers beskryf.

Selfde vraag,
dalk selfs selfde antwoord,
dieper betekenis.

Watter beskrywing regte een?
toe 5 was, of 30?

Albei korrek,
maar reflekteer groei tussen-in.

Sal fout wees
om 5-jarige se beskrywing van ouers af te maak.
of, aan ander kant,
om te dink dit finale woord oor ouers.
Belangrike ontdekkings op lewenspad,
sodat “ geheelprentjie” van ander persoon kan sien.

Is natuurlik ook moontlik dat beeld van ouers lewe lank selfde bly.

Dan begin hulle idealiseer,
word nooit regte mense,
verhouding kan nooit groei. 

My droom / gebed kwartaal kom –
ook uitdaging elkeen van ons,
godsbeelde in oënskou te neem,
ernstig te reflekteer,
hinder of bemagtig.

Gees toelaat in werk,
boks oopmaak,
Groter God ontdek,
daarmee self ook mekaar
en God beter leer ken.

Verwondering.

Amen

Voorbidding  Hannes Marais

Afkondigings & Dankoffer
Gebed Jurie Jurgens
Slotsang Lied 547 Alle volke, klap julle hande

Seën

CD Great is the Lord Snit 4

Mark 6 – Son 19 Jul 09

Verwelkoming & Afkondigings
Toetrede
 Lied 519 (sit)
Votum Ps 23
Seëngroet
Lofsang
 Lied 214 (staan)
Epiklese  Lied 214
Skriflesing
Markus 6:
Jesus word in Nasaret verwerp,
stuur vir eerste keer 12 uit
Johannes die doper word vermoor

Markus 6
30-34
Hierna volg eerste vermeerdering van brood,
Jesus stuur dissipels vooruit na Bethsaida,
stuur nog eers mense huis toe, gaan berg op en bid,
loop op see
53-56

Preek
Ene H.C.G Moule het gesê:
Ons kan onmoontlik met enigiets minder tevrede wees as om
elke dag, elke uur, elke oomblik
in Christus,
deur die krag van die Heilige Gees,
om met God te leef nie. 

Markus 6 help hiermee, met leef met God. 

Teks vanoggend,
dissipels eerste keer “apostels” – gestuurdes – genoem.
Wanneer terugkom,
Jesus weet hoe uitputtend werk is,
wil op retraite neem.
Lyk asof Jesus in hierdie gedeelte eerstens op dissipels se geestelike versorging wil fokus.
Stil plek nie sodat kan hoor wat gebeur het,
maar sodat rus,
moontlik bid om God krag en leiding.

Maar Jesus se reputasie so gegroei,
dat oral gevolg deur groot skare. 
Jesus versorg dan nie net dissipels,
maar ook skare wat hom gevolg het.
Gee om vir hul fisiese en geestelike nood –
gebruik OT beeld van skape nie herder,
wat weet Jesus dikwels self toegeëien. 

Wat ons dan in hierdie teks sien,
wat ek dink ons gaan help in lewe met God,
gaan oor ritme van Christelike lewe –
tussen mense en God. 

Christelike lewe is ritme van stilraak in teenwoordigheid van God
en weer uitbeweeg in teenwoordigheid van mense.
Soos slaap en werk.
Kan nie goed werk as nie genoeg slaap
en kan nie slaap as nie genoeg werk gedoen sodat moeg is, slaap nodig!

Uitdaging Christelike lewe dan hierdie balans te kry,
tussen mense en God.

Maar wanneer soek na hierdie balans,
twee gevare.

Eerste gevaar
ek vermoed meeste van ons meeste aan blootgestel,
daarom een ernstigste moet kennis neem,
is gevaar van konstante aktiwiteit.

Ons leef in era van gejaagdheid. 
Werk langer, harder
meer volgens iemand anders se skedule as 30 jaar terug.
Slawe geword van gejaagdheid. 
Voel minder tyd het spandeer sake gemeenskap belang,
jaag van een ding na ander –
ook soos mense in teks – gedurig aan’t kom en gaan.

Teks verhaal van rus en eet.
Gebruik graag McD as simbool van wêreld ons leef, (aanddienste)
dink personifieer ons samelewing.

Iemand genaamd Eric Schlosser boek geskryf
“Fast food nation”.

Vertel hoe fast food industrie elke hoek en draai van ons lewens geïnfiltreer.
Hoe verbruik daarvan toegeneem,
mense vandag meer geld aan gemorskos spandeer
as aan naskoolse opleiding,
rekenaars,
sagteware,
selfs – in VSA  – as aan nuwe karre.

Meer op gemorskos
as aan flieks,
boeke,
tydskrifte
koerante
video’s
musiek –
sáám!

In VSA McD verantwoordelik vir 90 persent van nuwe werksgeleenthede,
besit meeste eiendom in wêreld – meer inkomste uit eiendom as kos.

Coke vervang as bekendste handelsnaam.

Navorsing Amerikaanse skoolkinders,
96% herken Ronald McDonald –
enigste fiktiewe karakter
hoër persentasie herken
is Kersvader.

Sê Schlosser:
Moeilik om impak van McD op lewens vandag te oorbeklemtoon.
“The Golden Arches are now more widely recognized than the Christian cross.”

Meer mense weet waarvoor die goue M staan,
as waarvoor die Christelike kruis staan.

Gemorskos –
Eng meer gepas:  Fast Food industrie
simbool geword van kultuur
wat by venster verby ry en kos verwag,
nie tyd vir diep asem haal,
ontspan,
kalmeer.

Obsessie geraak.
“As ek dit nie self doen nie,
gaan dit nie gebeur nie”.
Iemand gesê dis die ateïsme wat ons tyd kenmerk:
idee dat ons verantwoordelik is vir alles,
alles moet laat gebeur.
Het vergeet dat God kan vertrou
deur ons te werk
én sonder ons te werk.

Ons sê:
you snooze, you lose.
Altyd aan die gang,
danksy e-pos, selfone,
altyd beskikbaar.

Gedink tegnologie lewe makliker maak,
meer tyd vir rus –
teendeel gebeur,
mense werk meer,
langer ure,
werk by huis,
weens e-pos en selfone.

Beskikbaarheid siekte geraak,
sommige mense angs beleef as nie op selfoon beskikbaar.
Dink hoe goed ons 15 jaar terug daarsonder klaargekom?

Vat dan hierdie prentjie,
hierdie McD prentjie van ons lewe,
en kyk na Jesus se lewe.
Jesus gereeld,
kan deur evangelies kyk,
gereeld tyd af geneem,
afgesonder,
gerus,
by God uitgekom.

Sien ook dat volgelinge nodig het hierdie ritme te leer.
Weet dat hulle moeg is,
neem hulle weg,
sodat kan rus.
Hy is inderdaad goeie herder,
wat skape neem na waters waar rus is,
wat skape volheid van lewe wil laat geniet. 

Kan jy dit hoor?
Kan jy dit ontvang?

Ek dink vir ons baie moeilik hierdie idee te begryp,
wat nog te sê in lewens integreer.
Ons grootgeword stellings soos
“ledigheid is die duiwel se oorkussing”.

Respekteer besig-wees,
status-simbool,
spog met hoe nie kan stilsit. 
Wat ons nodig het,
is om die heilige ritme van rus
te herwin.
Al opgelet hoe opdrag Sabbat heilig hou,
weeskind van tien gebooie is?
Die enigste wat min of geen respek kry.
Sal graag spog hoe besig is,
sonder skuldig voel vir mekaar vertel (ek self)
hoe lanklaas gerus,
hoe baie het te doen…
verbeel jou ons doen dit met res van 10 gebooie ook!
“Haai, ek moet môre egbreek pleeg”.

Catherine Marshall was ’n beroemde skrywer van jare terug:
In 1959 was Catherine Marshall pas getroud
én het sy probeer om die 3 kinders van haar man groot te maak.

 Met baie om oor te bid en stil te word by God,
kon sy en haar man Len nie tyd kry om stil te word nie. 

Toe begin hulle iets wat hulle Die Koffie eksperiment genoem het,
waar ’n outomatiese koffiemasjien hulle elke môre aromaties (koffie geur wat die huis vul) om 6 uur wakker gemaak het.

Hulle het hulleself oorgee aan God
en Sy vrede het heeldag saam met hulle gebly
te midde van dikwelse onvrede.

Catherine Marshal het toe tot die gevolgtrekking gekom.
“The best time for prayer isn’t found.
It’s made.”

Die beste tyd vir gebed – vir rus in God –
word nie gevind nie,
dit word gemaak.

Vang jy dit?
Jy sal nooit tyd vind vir stil word nie,
jy moet tyd maak daarvoor,
want die lewe sal jou in die maalkolk van gejaagdheid insuig!

Ek hoop ons dit regkry regtig hierdie skuif te maak,
dat rus net so belangrik is as werk.
Dit as waarde internaliseer
deel raak van ritme van lewe –
werk en rus,
fokus op God
afhanklikheid van hom erken
deur soms te los
en te rus.

Gaan in kwartaal wat kom begin inoefen –
van volgende Sondag af uitdaag elke dag 12h 5 min bid.

Maar teks fokus aandag op tweede gevaar…
onthou,
sabbat baie sterk aspek van sosiale geregtigheid gehad –
dag van rus
ook vir slawe en diere.
Sabbat nie net rus,
maar ook sorg.
Tweede gevaar soeke na balans,
te veel onttrekking. 

Ons skuldig hieraan,
omdat nie balans regkry,
omdat fouteer met vorige een,
fouteer ook met hierdie een –
omdat so besig
lewe so vol gelaai,
het eenvoudig nie tyd
energie,
om vir naaste om te gee,
uit te ryk,
ander te versorg.

Tog wat helder by Jesus sien –
gee altyd om vir mense,
sien altyd om na hul behoeftes.

Wanneer ons tyd maak vir stilte,
genoeg rus kry,
dan maak God ons,
in daardie stilte,
juis weer sensitief vir die nood rondom ons.

William Barclay sê:
Gebed wat nie op werk uitloop nie,
is nie ware gebed nie.
Ons moet nooit die rus,
die gemeenskap met God soek,
sodat ons die gemeenskap met ander mense kan vermy nie,
maar eerder sodat ons fiks kan raak
vir die gemeenskap met ander.

Dan sê Barclay:
die ritme van die Christelike lewe
is die wisselwerking
tussen die ontmoeting met God in die geheime plekke
en die diens aan ander in die markplek.

Ons gaan nie na God om weg te kruip vir mense nie,
maar juis om krag te kry vir mense
om weer die nood rondom ons raak te sien,
want dis waar God ons wil hê,
tussen mense
besig om sy teenwoordigheid uit te leef
om sy omgee-hart vir die wêreld te wys
deur self te gee.

Wat ons nét kan doen,
nadat ons gerus het. 

Uitdaag ritme te oefen –
jy sal weet waar wanbalans in eie lewe lê –
te min rus of
te min diens.
Of albei –
onthou sê te min rus veroorsaak te min diens.
Kom ons maak werklik erns hiermee.
Maak tyd op God te fokus,
te rus,
sodat met liefde kan dien,
soos gemeente visie sê.

Miskien nou geluister,
skuldig voel.
Nog las op lê –
ag tog, nou moet ek nog rus ook!

Nooi ontspan,
klein tydjie rus,
laat al die laste gaan,
gee vir Here,
fokus op hom,
rus in hom.

Orrelspel


Gebed
Dankoffers

Slotlied  Lied 563:1-3
Seën
Lied 314

Ef 1 – Son 12 Jul 09

Verwelkoming & Afkondiginge

Toetrede  Lied 168

Votum
Seëngroet

Lof   Ps 100 & Lied 215

Gebed  Lied 271:1 (sit)

Skriflesing  Efesiërs 1:3-14
 

Preek

Efesiërs

Was nog nooit Engeland / Londen, behalwe stop vir vliegtuig,
maar lees in Londen “London Eye”.
Van ver af lyk soos massiewe wiel in speelpark,
maar is heelwat groter.
23 kapsules, elk 20 mense, halfuur volsirkel.
Sien wonderlike uitsig Londen. historiese geboue, katedrale, paleise, tuine, Big Ben…
Mense sê beste moontlik uitsig oor Londen
(amper soos kabelkarretjie Kaapstad, of nuwe een stadion Durban).

Sommige teoloë (my gunsteling elkgeval)
beweer boek Efesiërs is vir res van Paulus briewe soos London Eye.

Nie die langste of mees volledige van sy briewe,
maar bied asemrowende uitsig oor hele landskap.

Van hier, soos wiel draai,
kan een tema na ander in vroeë Christelike refleksie sien: 
• God
• die wêreld
• Jesus
• die kerk
• verlossing
• Christelike gedrag
• huwelik en gesin,
• geestelike oorlogvoering.

Dis soos iemand wat gewoond is daaraan om in Londen rond te loop,
en nou ewe skielik al die bekende plekke vanuit onbekende hoeke te sien –
en nou beter sien hoe met mekaar verband hou,
hoe een stad as geheel vorm.

Die teoloë beweer as res van Paulus briewe lees,
en dan Efesiërs,
sien hoe sy denkpatrone bymekaarkom,
in mekaar pas. 

Deur wie geskryf?

Eintlik redelik kontroversiële standpunt binne teologie,
omdat juis baie kontroversie rondom outeurskap van brief.
Die meeste teoloë van oordeel Efesiërs nié deur Paulus geskryf,
omdat skryfstyl so radikaal van Paulus ander briewe verskil.
Ook lyk asof teologie verskil bv. Romeine en Galasiërs.

Vraag dan of Paulus begin lees by Rom, Gal,
Ef. in lig daarvan probeer verstaan,
of andersom –
wat radikale implikasie vir ons verstaan van Paulus,
later uitbrei.

Vir wie geskryf?

Tweede vraag rondom Efesiërs-brief,
vir wie geskryf?

Beste en oudste manuskripte bevat nie naam van stad Efese.
Waarskynlik brief bedoel gesirkuleer, weet baie briewe gedoen.
Moontlik gemeente Efese gebêre, later naam ingevoeg.

Paulus heelwat briewe geskryf so gesirkuleer.
Lyk ook in Efesiër-brief asof Paulus met mense praat wat hy nie persoonlik ken,
nie eerstehands bekend met sy werk –
wat nie waar kan wees van Efese, want lank daar gebly.

Die meeste Paulus briewe persoonlike groete, nie Efesiërs nie.
Begin ook gewoonlik groete.

Lofgebed

In Efesiërs asof nie vinnig genoeg groetery agter rug kan kry,
losbars in hierdie gebed van danksegging en lof aan God.
Formele Joodse gebedstyl,
een lang sin.

Die groter storie

Al ervaar dat storie in agterkop het wat aanmekaar uitloer
terwyl oor iets anders gesels?

Gestel bv. gaan aansoek paspoort,
kom huis toe,
vertel vir familie:
ure in ry gestaan,
toe voor kom,
maak venster toe, gaan koffie drink.
Terwyl storie vertel,
kom agter eintlik ander storie:
ontevrede manier wat Dept Binnelandse Sake bestuur word.
Hoe langer vertel,
eintlik vermoede korrupsie,
eintlik ontevrede regering. 

Daar is groter raamwerk,
groter storie,
waarbinne ons kleiner stories interessant en belangrik raak.

Paulus se gebed hier aan begin van Efesiërs,
is viering van groter storie
waarbinne elke enkele Christelike storie –
elke storie van persoonlike bekering, geloof, geestelike lewe, gehoorsaamheid, hoop – inpas. 

En dis dan net deur hierdie groter storie te verstaan en te vier,
wat ons kan verstaan wat binne ons kleiner stories aangaan,
wat ons kan sien hoe God in ons eie lewens aan die werk is.

Hierdie gebed van Paulus,
hierdie opsomming van die groter storie,
val in drie dele,
baie nou aan mekaar verbind,
inmekaargeweef soveel lof en viering,
soms moeilik te sien wat waar.

  • Gaan groter storie probeer vertel in drie dele Paulus gebruik:
    Verse 4-6
    7-10
    11-14

Uiverkiesing (Verbond)

In verse 4-6 vier Paulus idee dat God se mense,
in die Messias,
deur genade gekies is. 

Verwys terug na God verkiesing van volk Israel
na verbond.

Dit is moontlik die grootste misterie van alles:
dat God,
skepper,
ons gekies het,
dat hy, nog voordat die wêreld geskep is,
ons gekies het om heilig en onberispelik voor hom te wees.

Vir baie mense hierdie idee skokkend,
selfs moeilik te glo.
Hoe kan God sommige kies en ander nie?
Hoe kan God se uitverkiesing enige vrye keuse aan my kant troef?

Hier baie versigtig wees.
Te veel mense al oor hierdie idee gestruikel.
Soos Calvyn gesê, idee is om dankbaarheid by ons te bring,
harte aan brand te steek,
gedagtes tot oorlopens toe vol van die genade te maak.

Paulus hier beklemtoon dat alles wat on in Christus het,
is genadige geskenk van God –
in volgende hoofstuk sal verduidelik hoe ons dood was voordat hierdie genade ontvang het, hoe hierdie genade ons lewendig gemaak het. 

Ons kon niks doen om onsself te help –
verlossing ons nodig gehad,
moes van God se kant af kom.

Jammer vandag een Sondag nie doop,
omdat so perfek verduidelik –
(ook hoekom ek so baie hou van doop)
hoekom ons babatjies doop –
want verlossing kom volledig van God af.

Soos Willie Jonker destyds geskryf,
as oor reg en verdienste sou gaan,
was alle mense verlore,
Maar noudat dit oor die genade gaan,
is daar vir die ellendigste hoop. 

Ons het nie vir God gesoek nie,
maar hy het ons gesoek.
Ons het nie vir God gekies nie,
maar hy het vir ons gekies.

Dat ons in Christus glo,
dat ons van ons kant af vir God kies,
is nie die vrug van ons eie goedheid nie,
maar is reeds ‘n geskenk van God se genade.

Ons het hom lief
omdat hy ons eerste liefgehad het.

Die verlossing is van voor tot agter
vrug van God se liefdevolle genade en inisiatief.

Alles, alles is genade,
onverdiende, vrye guns alleen.

Maar punt van uitverkiesing ons dikwels mis,
omdat so gefikseer op eie vryheid en keuse,
is dat verlossing deur Christus net ‘n deel van God verhaal is.
Lewensbelangrike deel, natuurlik, maar net deel.
Deel van baie groter plan van God.

God se plan is vir die hele kosmos,
die heelal.
Wanneer hy ons dan kies en roep,
ons in Christus – dus in die Messias – sy kinder maak,
en ons vorm en lei,
dan is dit op ‘n manier verbind aan God se groter plan.
(Sal nou-nou sien hoe dit uitwerk – probeer alles bymekaar bring, soos Londen Eye, hopelik aan einde sien alles inmekaar pas). 

Maar punt is dat hy ons nie gekies het om eie ontwil nie,
maar daarvoor wat deur ons wil bereik. 

Verlossing (Egipte)

Dit herinner ons aan die ander storie wat Paulus vertel deur hierdie gebed:
de verhaal van die Eksodus uit Egipte.

God kies vir Abraham, Isak en Jakob as die draers van die beloofde verlossing van die wêreld –
die redding van die ganse kosmos,
veral die mensdom,
van die sonde en die dood wat deur menslike rebellie deel geraak het van die wêreld.

Wanneer Paulus dan sê dat God ons deur die bloed van sy seun verlos het,
is hierdie “ons” alle Christene –
Jode en nie-Jode.
Hy sê dat in Jesus daardie ou doel van God in vervulling begin gaan.

Maar hy hou nie daar op nie.
In verse 7-10 vertel hy die verhaal van Jesus se kruisiging
op so ‘n manier
dat ons onder dit ook die antieke verhaal van die Joodse  Paasfees kan hoor –
van die doodsengel wat in die nag in Egipte gekom het,
van die bloed van die lam aan die deurkosyne
wat die Israeliete van die oordeel verlos het.

En net soos wat God destyds die volk verlos het,
het die ware verlossing nou gekom
deur die bloed van Christus. 

So Paulus plaas hele verhaal binne groter storie God plan van verlossing kosmos –
uitverkiesing volk, verlossing,
maar kyk ook waar nou is.

Erfgename

Ons is erfgename,
ons dus deel van hierdie storie.

Dink nie ons verstaan idee van erfgenaam altyd volledig.
Ons tyd – geld, iets in geld omgeskep kan word.

Dink voorbeeld kasteel help verstaan:
Europa baie families kastele in familie – honderde jare.
Kastele moet onderhou word,
daarom toeriste.

Gestel eienaar kasteel sterf, geen kinders, broer erf.
Ewe skielik broer iets ge-erf wat lewe vir altyd verander.
Kan nie kasteel verkoop!
Moet versorg,
planne maak herstel,
toeriste lok,
sodat kan onderhou,
bly voortbestaan.

Dis nader aan Joodse idee van erf.

Basiese erfenis God Abraham, Isak & Jakob beloof,
is land.
Terwyl slawe in Egipte, hierdie hoop leef voort.

Dis dat betekenis van die eksodus –
is nou vry om erfenis te kry.
Swerf deur woestyn,
40 jaar,
God teenwoordig in wolk en vuur.
Waarborg dat aan einde van reis erfenis sal ontvang – en het. 

Nou vertel Paulus weer hierdie verhaal
aan einde van sy lang openingstonele van aanbidding en lfo. 

Maar hierdie keer, natuurlik,
nuwe eksodus van sprake,
nuwe erfenis,
nuwe wildernis waarin wandel.

Paulus sien kerk doen wat Israel in woestyn gedoen:
is uit slawerny verlos deur bevryding van Messias,
op pad na beloofde land.
Ons – kerk – is, volgens teks,
eerstes wat hoop op Christus stel,
eerstes wat bevry is uit slawerny,
eerstes wat beloofde land erf.

Maar dan uiters belangrik –
dink dis punt van preek –
dat vra wat hierdie beloofde land?
Wat is dit wat ons erf?

Is God se finale doel,
sy groot, kosmiese plan,
dat ons moet hemel toe gaan?

Want dis standaard antwoord:
erfenis is hemel.
En dan hemel soos wat idee in Middeleeue begin groei,
John Bunyan’s “Pilgrim’s Progress”.

Erfenis dus nie iets wat nou kry,
soos kasteel,
maar belofte van gelukkige einde. 

Probleem met idee dat hemel beloofde land – kasteel – is,
is dat wat hier gebeur, nie regtig saak maak.
Gebroke verhoudings,
ongeregtigheid,
vernietiging van aarde –
maak nie saak,
gaan elkgeval alles vergaan. 

Maar dis nie wat Paulus hier –
of, om waarheid te sê, enige ander plek in Bybel – sê.
Erfenis Paulus in gedagte het,
is hele wêreld,
wêreld verlos en vernuwe deur God se krag en liefde.

Reeds in v10 gesê God bedoeling alles op hemel en aarde onder hoofskap van Christus verenig. 

Dink dis deel wat dikwels miskyk:
hemel EN AARDE.
God bedoeling is om ALLES wat in die hemel en op die aarde is,
ja, selfs die regering van die dag,
die staatsdiens,
die kerk,
alle samelewingstrukture,
die huisgesin,
onder een hoof te verenig – Jesus. 

Miskien nog nie genoeg erns gemaak Jesus woorde:
u koninkryk kom – in die HEMEL net soos op die AARDE.

Dit verstaan, dalk gou kyk na betekenis Jesus opstanding en wederkoms:

Opstanding

Opstanding is “defining moment”
oomblik wat erf,
kasteel in ons name – of dan Jesus naam –  oorgeplaas.
In Jesus se opstanding het God se koninkryk gekom!
Hy regeer reeds
en in Jesus is God steeds besig om skepping te hernu,
te herstel.

v 22:
Ja, aan Hom het God alles onderwerp,
 Hom bo alles verhef
ook – reeds – in hierdie bedeling!

Dis wat Paulus bedoel wanneer net entjie verder,
v 19, sê:
[weet] hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
wat Hy uitgeoefen het
toe Hy Christus uit die dood opgewek [het].

Met Jesus opstanding,
is volk bevry,
het Jesus oorwin,
het nuwe wêreld van moontlikhede deurgebreek.

Dis hoekom Christene op Sondae begin bymekaar kom het,
i.p.v. Saterdae – omdat opstanding so belangrike gebeure was,
grootste gebeure waarvan kan weet.

Kerk

Ons, dan, is die kerk,
Hom aangestel as hoof van die kerk.
Die kerk is sy liggaam,
die volheid van Hom
wat alles in almal vervul
(22-23)

Ons taak is om te leef as die mense van die opstanding,
as ‘n eerste voorsmakie van die koninkryk –
wat kom,
maar wat reeds hier is. 
Deur Christus het God REEDS alles tot uitvoering gebring wat bepaal het,
ons is reeds onder om as hoof verenig. 

Ons is die volheid van hom wat alles in almal vervul –
die mense wat reeds in die kasteel woon,
leef onder die hoofskap van Christus. 

Daarom leef ons as mense wat nuut gemaak is,
nuwe skepsels,
mense wat merkers plant,
as merkers dien,
van wat uiteindelik finaal gaan gebeur.

Ons bely Jesus as Heer
en ons hele lewe word deur hom gevorm.
Om heilig te leef as Christen,
nie om so hard as moontlik probeer goed wees, nie sonde doen,
maar om te leer om te leef in die wêreld wat deur Jesus se opstanding tot stand gekom het,
‘n wêreld waarvan ons publiek tydens ons doop deel geword het.

Ons hoop dus eintlik min te doen met lewe na dood,
maar met baie konkrete lewe hier op aarde,
beide vandag
en in die toekoms. 
Die koninkryk kom (nie toekomstig, maar voortdurend, is dus hier)
wanneer kerk,
krag van Gees,
in wêreld leef
as kwesbare,
sukkelende
lofprysende
biddende
misverstande
veroordeelde
vierende
burgers van God se koninkryk.

En so is ons vir die wêreld ‘n teken van dit wat nog gaan kom.

Wederkoms

Want natuurlik is dit ook so –
koninkryk reeds hier,
maar ook nog op pad.

Wat op pad is,
nuwe bedeling,
bring by verstaan van wederkoms.

Om een of ander rede dink Jesus ons met wederkoms gaan kom haal,
wegneem.
Nie wat Bybel leer!

Wederkoms is wanneer God by ons kom wees,
wanneer hemel en aarde finaal vernuwe word
en by mekaar gaan wees.
Wanneer God by mense gaan wees.

Dis waarna uitsien –
Jesus terugkom,
nie alles hier te vernietig,
maar alles hier te herstel,
en hier regeer.

Gees

Teks:
Heilige Gees is die waarborg
dat ons ook verder sal ontvang
wat God belowe het,
wanneer hy almal wat aan hom behoort,
volkome sal verlos.

Op manier reeds ontvang,
want God reeds hier –
Gees vir ons as kerk wat wolk en vuur in woestyn was –
die kragtige, persoonlike teenwoordigheid van God. 

Reeds deel van die beloofde erfenis,
want God nou by ons,
ons reeds nuutgemaak,
in voorsmakie van Openbaring 21,
waar hemel en aarde bymekaarkom en
God by mense kom woon. 

As dan terugkyk op storie wat Paulus in hierdie eerste verse van Efesiërs vertel,
dan sien nie gaan oor ons,
maar oor God,
aan die prys van God se grootheid. 

God het die inisiatief geneem.
God het gedoen wat nodig was.
God het vir ons die Gees gegee as teken en voorsmakie van die nuwe skepping wat ons erfenis is. 

Daarom,
aan God,
die Vader van ons Here Jesus Christus,
kom al die lof toe!
Hy het ons
in Christus
geseën met al die seëning van die Gees
wat daar in die hemel is.

Gebed

Dankoffer

Slotlied  Lied 601: 1, 3 & 5

Seën

Lied