Skip to main content

Pinkster Danksegging Do 20 Mei 2010

Gebed
Ps 100

Sang

Skriflesing
Kolossense 3:17
stilte

Dankgebede
Dank God vir Wie God is

1 Kron 16:8-9
Ps 136:

Dank God vir wat Hy gedoen het

Ps 136:4-9

Dank God vir sy liefde, goedheid en getrouheid
Ps 118:1 
Ps 138:2 

Dank God vir sy voorsiening en gebedsverhoring:

2 Kor 1:11 
Ef. 5:20 
Openb. 11:17 

Gebed
Stilgebed, persoonlike dankgebed –
waarvoor wil vir God dankie sê?  Skryf in boekie

Getuienis
Kans vir getuienisse:  waarvoor wil jy Here dank?

Gebed
Een sin gebede – “Dankie vir…”
Sang
Lied 563 Aan U, o God, my dankgesange. 
Seën

 

Pinkster Voorbidding Wo 19 Mei 2010

Gebed
Ps 86

Sang
(sonder aankondiging)  Ek kyk op na die berge

Skriflesing
1 Petrus 5:7
en
Fil. 4:6

Voorbidding
Self & familie, vriende
Lys waarvoor bid.
 stil gebed

Versoeke
 Bid in groepies

PSALM 23

Bid vir die kerk
Ef. 1:17-19
Stilte

Ef. 3:16-19
Stilte

Kol 1:9-11
Stilte

Eie gebed vir kerk – skryf
Stilte
LIED 436 (Sonder aankondiging) Herskep, o Gees

Bid vir Suid-Afrika
1 Timoteus 2:1-4
 Bid vir die volgende sake:
• M.I.V. en Vigs pandemie
• groeiende getal arm en behoeftige mense
• onreg en skadelike optrede en dade
• korrupsie op alle vlakke
• die vervolgde kerk in baie lande
• geweld
• mishandeling en uitbuiting van vroue en kinders
• rassisme, rassehaat en etniese trots
• Ander

 Bid in groepies
SANG (Sonder aankondiging) N’kosi Sikelel Afrika

Bid vir die nasies
• Gemeente se sendelinge op naam:
• Bid dat nasies sal ontdek dat Jesus die weg, die waarheid en die lewe is.
• Bid dat die onbereikte mensegroepe deur die evangelie bereik sal word
• Bid dat die Here sy vrede en heerlikheid oor die lande sal uitstort
• bid dat die Here die nasies sal seën

 Groepies
SANG (sonder aankondiging) Lig vir die wêreld

Algemene gebed
geleentheid hardop bid
Sang
Ons Vader
Seën – spesifiek wegsending

Pinkster Skuldbelydenis Di 18 Mei 2010

Verwelkoming
Verduidelik wat gaan gebeur
Sang
Taizé:  Wait for the Lord
Gebed
Rethie lees Ps 131
Lied
Lied op CD – Prophet “Paradysplagiaat”
Skriflesing
5  Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het
en aan julle verkondig:
God is lig,
en daar is geen duisternis in Hom nie.
6  As ons beweer dat ons aan Hom deel het,
en ons lewe in die duisternis,
lieg ons
en handel ons nie volgens die waarheid nie.
7  Maar as ons in die lig lewe
soos Hy in die lig is,
het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap
en reinig die bloed van Jesus, sy Seun,
ons van elke sonde.
8  As ons beweer dat ons nie sonde het nie,
bedrieg ons onsself
en is die waarheid nie in ons nie.

stilte
Skuldbelydenis
 Klip
• Is daar onbelyde sonde in jou lewe? stilte
• Het jy onvergewensgesindheid en bitterheid in jou lewe? stilte
• Is daar enige twyfelagtige praktyke of aktiwiteite in jou lewe?
• gehoorsaam jy die Heilige Gees dadelik in alle dinge?
• Bely jy Jesus onbeskaamd?
Praat met Here hieroor.
Lied
Change my heart o God OF Create in me a clean heart

Skrifmeditasie
 sit met klip in hand.
 
Gaan inleef in verhaal van Johannes 8:1-11 – vrou betrap man verneuk.
 
Jy ergste nagmerrie het waar geword.
Half kaal word jy soos ‘n stuk gemors deur die strate gesleep
deur ‘n klomp woedende mans wat wil wraak neem.
As ‘n vrou voel jy blootgestel en kwesbaar. 
Jy kan jouself nie beskerm nie. 
 
En hulle het die volste reg om jou so te behandel.
Jy is skuldig aan ‘n vreeslike misdaad.
 
Jy het jou man verneuk.
Jy het seks gehad met ‘n ander man.
En jy’s gevang. 
Iemand het jou gesien en vertel wat jy gedoen het.
Die leiers van die tempel het by jou huis ingestorm gekom
En jou saam met die ander man in die bed gevang! 
 
Jy is uit die bed gesleep
Deur die strate,
Met net die dun kombers om jou naaktheid toe te maak.
 
Jy gesig is warm van vernedering.
Jy wil wegvlug,
Wegkruip. 
Liewers doodgaan.
 
Skielik besef jy:  jy gáán waarskynlik doodgaan. 
Die straf vir egbreek
Is om met klippe doodgegooi te word. 
 
Hulle sal jou op ‘n openbare plek laat staan,
‘n sirkel om jou maak,
Beledigings skree
En jou lyf met klippe gooi
Tot jy dood is.
 
Warm trane loop langs jou wange af.
Jou asem jaag.
Jy was in jou lewe nog nooit so bang nie.
 
Nou stop die klein skare mans
En vorm ‘n sirkel om jou.
Jy voel klein,
Hulpeloos
Vuil
Verdwaal.
 
Iemand skree:  Jesus, hierdie vrou is in die bed gevind saam met ‘n ander man met wie sy nie getroud is nie!  Die wet sê sy moet met klippe doodgegooi word.  Wat sê jy?
 
Die man, Jesus,
Kyk met sagte, hartseer oë na jou.
Sy oë lyk heeltemal anders
As dié van die mans wat jou nog die hele tyd aangluur. 
 
Jesus buk en begin in die sand teken.
Selfs tussen al jou vrees deur,
Wil jy graag aan sy hand raak terwyl hy teken,
Maar jy beweeg nie.
 
Die mans hou aan om Jesus oor en oor te bevraagteken. 
Wat dink hy moet met jou gedoen word? 
 
Uiteindelik staan hy op en sê:
Gooi haar maar dood.
Wie van julle ook al perfek is
En nog nooit enige sonde gedoen het nie,
Gooi die eerste klip.
 
Dan buk hy en hou aan teken. 
 
Alles raak ewe skielik baie stil. 
Dis asof die lug self verander.
 
Stadig begin die mans met die kwaai oë loop.
Een vir een laat hulle hul klippe val
Draai om
En stap weg.
 
Uiteindelik is dit net jy en Jesus. 
 
Jesus staan op
En daardie sagte oë kyk direk in joune.
“Waar is die mans wat jou aangekla het?”  vra hy.
 
Hulle is weg, antwoord jy sag.
 
Dan vat Jesus jou traan-besmeerde gesig in sy hande
En glimlag.
 
Hy sê:  Ek veroordeel jou ook nie. 
Ek is lief vir jou
En ek wil hê jy moet leef.
Gaan,
Weet dat jy geliefd is
En jy sal vry wees om regtig te lewe.
 
Oomblik stilte
 
Jy draai om
En begin stadig wegstap
Terug huis toe.
Jesus se woorde het ‘n stukkende deel van jou aangeraak.
 
Soos wat jy die kombers styf om jou lyf vashou,
Onthou jy sy liefdevolle gesig
En hoor jy weer sy woorde:
Ek is lief vir jou
En ek wil hê jy moet leef.
Gaan,
Weet dat jy geliefd is
En jy sal vry wees om regtig te lewe.

 Klip voor in kerk
Lied
Lied 510 Genade onbeskryflik groot

Skuldbelydenis namens ander

Sang
Lied 438 Gees van God, o Gees van lewe
Skriflesing
1 Joh 1:9:
Stilte

Geleentheid Gebed
Dankie vergifnis

Sang
Lied 245 Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het.
Seën
Vul ons, o Heilige Gees,
sodat ons gedagtes heilig mag wees.
Werk in ons, o Heilige Gees,
sodat alles wat ons doen heilig mag wees.
Vernuwe ons harte, o Heilige Gees,
sodat ons sal liefhê wat heilig is.
Gee ons krag, o Heilige Gees,
sodat ons sal beskerm wat heilig is.
Bewaar ons, o Heilige Gees,
sodat ons altyd heilig mag wees
(Augustinus)
Lied
Ons Vader

 

Pinkster Aanbidding Ma 17 Mei 2010

Verwelkoming
Psalm 134
Lof & aanbidding
Sang – Charel
Aanbidding uit Skrif
Ps 136 – Rethie lees, gemeente reageer
Volg in Bybel of skerm

Getuienisse
Getuig oor aspekte van God
Gebed van aanbidding
Luister name van God –
aanbid God.

Jehovah-Jireh – Die Here sal voorsien
Stilte
Jehovah-Rophe – Die Here genees
Stilte
Jehovah-Nissi – Die Here is ons bannier
Stilte
Jehovah-M’Kaddesh – Die Here heilig
Stilte
Jehovah-Shalom – Die God van vrede
Stilte
Jehovah-Elohim – Die Here God
Stilte
Jehovah-Tsidekenu – Die Here die regverdige
Stilte
Jehovah-Rohi – Die Here ons Herder
Stilte
Jehovah-Shammah – Die Here is daar
Stilte
Jehovah-Sabaoth – Die Heer van die leërskare
Stilte
Ons skuld
Stilte
Ons krag
Stilte
Ons rots
Stilte
Koning
Stilte
Vader
Stilte
Skryf brief
Laat elkeen ‘n brief vir God skryf,
waarin hom loof/ sê hoekom vir hom lief is.
Geleentheid vir Gebed
Kort gebede van aanbidding
Sang
Nog 2 of 3 liedere – Charel
Afsluiting

 

Pinkster Korporatiewe gebed Son 16 Mei 2010

Afk video
Joubert Loots verkies as Ouderling
Kollekte opneem
Gebed
Aanbidding

• Almal hier tesaam
• Friend of God
• Great in Power
• Indescribable
• How great is our God
Gebed
Ps 130
Skriflesing
Nog tekste soos aangaan,
wegspring met Ef. 6:18:
Preek
Ons besig Pinkster –
vanaand 5de byeenkoms, so te sê halfpad.
Begin Donderdag-aand,
gepraat Bybel tradisie wag op Here,
genooi vir komende 10 dae
wag op Here.

Vanoggend bietjie uitgepak,
gepraat Jesus gesê:
Julle sal krag ontvang –
wat krag beteken.

Gesê Gees uitgestort Pinkster-Sondag,
ons gedooptes het Gees,
tog vervulling nodig.

Stories vertel herlewing.
1857 NY,
selfde tyd Zulu’s & Xhosa’s
(1856 Xhosa meisie profesie, vee dood, hongersnood 1857, Here gebruik herlewing)
Herlewing NY wêreldwyd versprei,
Mense SA ook gehoor,
begin bid.
Toe1860 – 150 jaar gelede,
herlewing begin Worcester
(vertel storie),
Ons gewoonte Pinkster te hou vandaan.

So ons hierdie tien dae van Pinkster saam bid –
Donderdag, Sondae preek,
res van tyd saam bid.

NB dat sáám bid.
Glo – hoop – ons almal hier weet hoe nb gebed,
bid graag –
hoewel soms frustrasie en futloosheid in gebedslewe beleef.

Is nb te bid.
In binnekamer,
op eie.

Maar hoe belangrik
en kosbaar dit ook al is,
dis nie AL nie,
dis net deel van prentjie.

Ons moet op eie bid,
maar ons moet ook sáám bid. 

Praat van korporatiewe gebed.
(Kan natuurlik ook heel eenvoudig sê “gesamentlike gebed”.)

Term natuurlik nie in Bybel,
maar praktyk wel.
Baie voorbeelde gelowiges saam bid.

Een voorbeeld Handelinge 1,
waarmee week gewerk.

Ná Jesus opstanding,
gesprekke,
belofte Gees – krag – sal ontvang,
opdrag wag.
Dan Hemelvaart
Handelinge 1
12  Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af.
Dit is die Olyfberg,
vlak by die stad,
‘n sabbatsreis ver.
(15 min stap)
13  In die stad aangekom,
 is hulle na die bovertrek toe
waar hulle gewoonlik vertoef het.
 Dit was Petrus en Johannes,
Jakobus en Andreas,
Filippus en Tomas,
Bartolomeus en Matteus,
Jakobus seun van Alfeus,
 Simon die Seloot en
Judas seun van Jakobus.
(Dus 11, sonder Judas)
14  Hulle het almal eensgesind
volhard in die gebed
saam met ‘n aantal vroue,
onder wie ook Maria die moeder van Jesus.
Sy broers was ook by.

“Hulle het almal eensgesind volhard in gebed”. 

Terwyl gewag vir belofte,
gewag vir Gees,
het tyd saam in gebed spandeer.

Kon ander dinge gedoen het.
Kon elkeen in eie rigting gaan.

Na Jesus opstanding,
Petrus op stadium gesê:
Ek gaan visvang.
Res gesê:  ons gaan saam met jou. (Joh 21)
toe gaan vis vang!

Kon weer gaan vis vang het. 
Maar Jesus gesê wag.
Hulle doen dit deur te bid.

Belangrik gelowiges saam bid,
wanneer saam is, bid.

Preek nie plaasvervanger vir gebed.
Ek dink ons plaas soms te veel vertroue
in een mens se vermoë om God stem te hoor.

Niks fout met preek,
maar kerk nie gebore uit preek –
kerk gebore uit gebed!
Nêrens in Bybel staan:
My huis sal huis van preek wees nie.
Staan:  my huis sal ‘n huis van GEBED wees.

Dissipels vir 10 dae gebid,
Gees uitgestort,
10  minute gepreek –
3000 tot bekering!

God ons geskape om saam te wees.
Bybel praat baie van kerk se eenheid,
liggaam,
dele mekaar nodig,
kan nie sonder mekaar funksioneer.

Ook waar van gebed.

Jesus self gesê:
Matt 18:
19  Verder verseker Ek julle:
As twee van julle op aarde
oor enige saak saamstem
en daaroor bid,
sal my Vader wat in die hemel is,
hulle dit laat kry,
20  want waar twee of drie in my Naam saam is,
daar is Ek by hulle.”

Hier interessante ding,
ek nie verstaan,
ook altyd bang bygeloof,
asof ons op manier,
as regte formule gebruik,
God kan manipuleer.

Maar hieruit duidelik is,
is dat daar krag is in gesamentlike gebed.
Sê nie is nie krag in persoonlike gebed.

Maar om een of ander rede –
verstaan nie –
lyk wel vir my,
asof God behae daarin het
om gesamentlike gebed besonder te seën.

Lees in week van proses in Kanada –
weet nie of eksperiment was,
of amper soos wiel uitgevind –
Agtergekom as een sterk perd voor slee span,
kan 9000 pond trek.
Ander perd kon 8000 pond trek.

Redeneer as twee saam span,
kan 17 000 pond trek.
Wat toe doen:
twee perde aan slee,
17 000 pond,
amper met lading weggehardloop!
Was verras,
so aangehou sakke – bemesting, terloops –
op slee te laai,
kyk hoe sterk perde saam is.

En weet jy wat?
Daardie twee perde saam
het 30 000 pond gesleep,
meer as drie keer die gewig
wat hulle op hul eie kon sleep.

Wetenskaplik / wiskundig seker maklik verklaar,
Maar so ook krag wanneer sáám bid.

Ons weet dit.
Dis hoekom gebedskettings,
baie mense vra te bid.

Meer dinge word deur gebed vermag as wat ons ooit kan droom.

En wanneer gelowiges saam kom te bid,
is daar krag in hulle gebed.

By dissipels leer hoe korporatiewe gebed werk. 

Eerste, voor die hand liggend:
sáám.

Kyk wie groep was in Handelinge saam gebid:
Dissipels – 11, sonder Judas.
Vroue –
Maria,
ook vroue Jesus en ander finansieel ondersteun (lees in Lukas),
vroulike dissipels.

Ander dissipels,
nie deel van 12 –
lyk asof (v15) omtrent 120 saam was
(hoewel gewoonte was net mans te tel).

Belangrik,
Joodse wet
minimum 120 mans nodig
om onafhanklike gemeenskap te stig.

Jesus sê twee of drie,
dissipels voorbeeld:  almal. 

Tweede ding:
Hulle het almal EENSGESIND volhard in die gebed.

Woord eensgesind vertaal,
musikale term. 

Jesus sê: oor saak SAAMSTEM en daaroor bid.

Beteken wanneer saam bid,
belangrik eensgesind is.
Nie tweespalt,
stryery –
mekaar verskeur, soos Gal sê. 

Wanneer saam bid,
ophou mekaar kyk,
God kyk.

Laaste ding:
Hulle het almal eensgesind VOLHARD in die gebed.

Aangehou bid.
Tien dae – hulle nie geweet hoe lank gaan vat.

Res van Handelinge lees,
sien nie hier geëindig.
Gereeld saam,
gereeld saam gebid.

Geen besluit geneem voor nie eers gebid.
Iemand in nood, gebid.

Sien duidelik uit Paulus,
telkens vra vir hom sal bid,
vertroue dat in gebed gedra. 

Storie word vertel Spurgeon,
een bekendste predikers vroeg 20e eeu.
Klomp studente besoek kerk.
Spurgeon vra of kerk se verhittingstelsel wil sien.
Nie regtig lus,
maar Spurgeon dring aan.

Stap saam kelder van gebou,
Spurgeon deur oopmaak,
stuwende oor die 700 mense op knieë sien bid.
Vra dat God diens sal seën.

Dít, Spurgeon gesê, is verhittingstelsel van kerk. 

Ons besig 40 dae gebed om herlewing.

Deur gesk van kerk
nog altyd so
elke herlewing vooruitgegaan
seisoen van ernstige, gesamentlike gebed.

Herlewing is werk van God,
God stuur Gees,
ons dit nie veroorsaak.

Maar wanneer God herlewing wil bring,
roep kerk op saam te bid. 

Ons kan nie herlewing bring,
kan nie veroorsaak kerk vervul word Gees –
kan seile in wind span,
gereed vir wind van Gees.
My gebed is dat ons kerk van gebed sal word,
gemeente wat gebed lewe,
gebed eet,
gebed ruik,
gebed proe.

Gemeente wat in gebed glo,
gebed slaap,
gebed opstaan,
bid terwyl werk,
bid terwyl rus,
bid oor elke verskil,
bid oor elke taak,
bid oor wat goed is,
bid oor wat bekommer.

Gebed nie “for emergency use only” is nie,
maar vir alles.

Jou uitdaag:
bid saam!

As nie deel van selgroep:
sorg by een aansluit,
saam ander gelowiges bid.

Biddend luister,
spesifiek intree gemeente.

Veral nooi,
res van Pinkster,
elke aand saam bid.

Nou:
getuig – reeks gasvryheid, iets daaroor,
Maar ook getuig gebed.

OF gebedsversoek.
Getuienisse & gebedsversoeke

Sokker oor regtig paar dae,
bid lande:
Paraguay
Nederland
Serwië

Paraguay:
• Bid vir nuwe toewyding van die immigrante groepe wat die meeste van die protestante kerke verteenwoordig.
• Loof God vir werk tussen die Indiane minderheid.
• Bid vir jong kerke en dat meer stamlede bereik mag word.
Nederland:
• Bid vir herlewing wat die nasie geestelik sal herstel
• Bid vir nuwe lewe vir kerke – daar word bereken dat teen 2015 meer as die helfte van kerkgangers ouer as 65 jaar sal wees
• Bid vir bediening aan jong mense waar so baie verwyder is van die evangelie – dis een van die mees sekulêre lande ter wêreld
Serwië:
• Bid vir vrede in die Kosovo streek en dwarsdeur Serwië. Daar is baie wedersydse teensin en seerkry
• Bid dat God versoening sal bewerk tussen die Serwiërs en die Kosovo Albanese
• Christelike sending aksies ondervind dit moeilik om lang termyn werkers hier te plaas. Bid dat meer werkers hiervoor geroep sal word
Gebed
groepies
Sang
Everlasting God
Wegsending

Pinkster Hand 1:1-14 Julle sal krag ontvang Son 16 Mei 2010

Verwelkoming & afk
Pinkster – bid, wag op Gees (Donderdag Hemelvaart – koor)
Waltonpark & Kinderpinkster
Besoeke
Toetrede
Koor
Votum
Jak 4:8:
Stilte
Seën
Sang
Lied 166 (Kom, Heil’ge Gees) Gebed Gees teenwoordigheid (staan)
Lied 439 (O Heil’ge Gees, o God in ons) Loflied fokus Gees (staan)
Kindertyd
Sang

Wag op Gees –
gebed Lied 442
(Koor v 1, gemeente v 1& 2)  (sit)
Gebed
Skriflesing
Handelinge 1:1-8
Preek
“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom…”

Baie konnotasies werk van Gees,
maar sterkste in Bybel uitstaan – van OT –
krag.

Belofte reeds Joël (2:28-29)
[lees 10 dae van dag-en-nag gebed Transformations & Jerigo Mure):
…sal Ek my Gees laat kom
op al die mense,
julle seuns en julle dogters sal as profete optree,
julle oumense sal drome droom,
julle jong mans sal visioene sien.

Hierdie belofte word in Handelinge kragtig waar!
Bekend “Handelinge van Apostels”-
eintlik Handelinge van Gees. 

In Handelinge sien hoe belofte van Gees waar word,
dag uitstorting van Gees, 3000 tot bekering,
kerk met krag tot uithoeke van aarde versprei.

Johan Cilliers:
Wanneer ‘n mens Handelinge lees,
hoor jy hoedat die doodsbeendere ratel,
sien jy hoedat hulle roer,
beweeg
en lééf!
Been na been na been,
vleis en vel en Gees
deur Jerusalem sowel as die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.
Na alle kante toe spat die vonke,
skiet dit soos ‘n weerligstraal oor die aarde heen.

So evangelie met krag van Gees deur eeue bly voortbeweeg –
feit ons hier sit, produk daarvan.

Was ook geleenthede Gees nuut gekom,
mense besondere manier krag van Gees beleef –
ons noem dit herlewings.

In 1857 so herlewing begin in New York. 

Tyd van ineenstorting van bankstelsel,
vervoer & handel belemmer,
moord,
algemene verval:
sosiaal, moreel, polities, geestelik & ekonomies. 

Maar toe, in Sept 1857, begin Nederduits-Gereformeerde dominee in New York middaguur gebedsgeleenthede. 
Eerste een,
konsistorie van Old Dutch Reformed Church in Fultonstraat,
6 mense bygewoon.
Gegroei,
wegspringplek geword vir herlewing NY,
versprei Amerika.

In twee jr. – 1857-1858 –
miljoen mense tot bekering
nog miljoen Christene nuwe ontmoeting met God,
hom voluit begin dien.
Totale VSA bevolking op daardie stadium 30 miljoen.
Op een stadium minstens 50 000 bekerings per week!

Res van wêreld hiervan gehoor,
begin bid,
ook herlewings beleef – o.a. Noord-Ierland, Skotland, Wallis.
Later ook SA –
nou-nou.
Eers minder bekende deel verhaal vertel:

In 1856 (dus jaar voor herlewing NY)
12-jarige Xhosa meisie,
Nongqawise,
profeteer dat al diere en voedsel moet vernietig.
Geprofeteer dat op 18 Februarie 1857
wonderwerk sou gebeur:
vee sou uit grond kom,
voedselbakke skielik gevul,
dooie krygers opgewek,
stamme van Afrika sou Europeërs in see dryf.

As geskiedenis van ons area ken,
weet Xhosa’s profesie gehoor gegee,
vee doodgemaak,
voedsel vernietig. 

Aanleiding gegee skrikwekkende hongersnood.
18 Feb. 1857 gekom,
profesie nie waar geword –
honderde duisende Xhosa’s omgekom.

Maar in 1857 –
terwyl herlewing New York aan gang –
selfde tyd! –
herlewing onder Zulu’s in KZN.

Geweldige nood,
massa-hongersnood onder Xhosa’s Oos-Kaap,
gemaak ontvanklik vir evangelie –
herlewing in Grahamstad uitgebreek.

So, terwyl herlewing NY aan gang,
herlewing Zulu’s & Xhosa’s OK. 
Groot skares mense elke aand kerk in Grahamstad –
op ou end alle rassegroepe,
invloed sovêr as PE & OL. 

Jaar na herlewing in NY,
nuus ook SA grense bereik. 
NGK begin bid herlewing.

In April 1860 konferensie Worcester,
kerk werklik begin smag herlewing.

En in Mei selfde jaar,
begin herlewing Montagu.
Versprei Suid- en Wes-Kaap,
later hele land –
ook hier by ons.

Dus 2 kante –
Xhosa-herlewing OK,
NGK herlewing WK. 
Herlewing Worcester uitgebreek gemeente Andrew Murray
en Jan de Vries werksaam. 

Vertel verhaal herlewing:
60 jongmense,
gewoonte:  vra spesifieke gesang, voorgaan gebed.
15-jarige kleurlingmeisie.
Hoe liefhet ek Jesus.
Gedreun.
Gekniel, gebid.
Murray: vorentoe de Vries:  wat gaan aan?
Verduidelik, Murray probeer stilmaak.
God is God van orde!
Ek is julle leraar wat deur God gestuur!
Begin sing – hou aan bid.

Ironies,
Murray,
gebid herlewing,
nie herken toe gebeur!

Maar gelukkig Gees werk herken,
skryf 250 boeke,
massiewe vormende invloed wie NGK vandag,
hieruit gebore gewoonte om 10 dae voor Pinsktersondag
gebedsgeleenthede te hou,
te wag, soos dissipels tussen hemelvaart en pinkster.

Natuurlik uitstaan,
gevolge van hierdie herlewing:

voor herlewing was geestelike doodsheid en louheid in baie gemeentes.
Aanbidding streng formeel,
gebedsbyeenkomste deur min mense bygewoon,
sonde gefloreer. 

Herlewing:
sterk sondebesef,
(rusies opgelos, versoening – bure, families, sakewêreld)
gebedsbyeenkomste
nuwe energie getuig & gedien

Begin van kwartaal,
40 dae gebed herlewing.
nou 10 dae Pinkster,
dag en nag gebed.
Hiervoor bid:
herlewing. 
‘n Besondere beweging van Gees
met besondere resultate.
Herlewing in heiligheid,
hele wese toewy aan God.

Julle sal krag ontvang wanneer die Gees oor julle kom.

Ongelukkig teendeel waar van baie van ons,
gelowiges,
wat Gees hét. 

Soos verhaal van vrou wat man by baba se wiegie sien staan,
staan lank stil en staar.
sê naderhand:
wonderlik, né?
Man antwoord:
Ja!  Kan nie dink hoe enigiemand so wiegie kan maak vir net R100 nie!

Gelowiges,
glo in Gees,
bely Gees het,
maar soos pa wat wiegie staan en bewonder.
Dink dis genoeg. 

Geloof gewoon futloos.
Gebedslewe power, indien enigsins.
Beleef nie krag in gebed.

Neem voor:  gaan Here voluit dien, bid…
maar na tydjie verflou.

Wat ons nodig het,
is KRAG van Gees. 
Die “dunamis” – selfde woord “dinamiet”. 

Wat is hierdie krag van die Gees?
Krag van Gees
is krag ons in staat stel om voluit vir Jesus te leef.

Almal so bekend stryd:
wil voluit vir Jesus leef,
konsekwent Christelik,
maar Paulus Romeine 7:
wat ek wil, doen ek nie,
maar wat ek haat, dit doen ek.

Gees is krag wat in staat stel om goeie te doen,
lewe vir Christus. 

Beteken Gees ons ook krag gee te bid,
futlose, lewelose gebedslewe vul met krag en passie.

Maak dit vir ons moontlik –
en maklik –
om tyd met God te spandeer,
te groei –
lewe te ervaar in gebedslewe.
Jy kan hemel toe gaan sonder kragtige werking van Gees in jou lewe.
Maar kragtige werking van Gees nodig om hier op aarde te leef!

Tweede plek gee Gees krag om te getuig.
Dis waaroor hierdie hele besigheid gaan.
Is waarom ons Christene is.
Is ons één opdrag –
vir ELKEEN van ons –
te getuig.

Iemand vertel dat 95% van 4×4’s nooit van gewone pad afgaan.
Dis daarvoor gemaak,
maar word bykans nooit gebruik.

Al hierdie krag tot beskikking,
maar word nie gebruik vir doel waarvoor gemaak.

Krag van Gees maak bewus van eerste opdrag,
bestaansdoel as kerk:
te getuig.

Maar ons sukkel,
dink nie geleerd genoeg,
belangrik genoeg –
soos dissipels:
vissermanne –
3000 mense kom tot bekering.

Gees gee krag te doen. 
Dissipels gedink krag ontvang te regeer,
vyande op plek te sit.
Krag wat ontvang,
was te getuig,
gehoorsaam te bly, self toe vervolg word.

Is jy moet vir futlose gebedslewe?
Vir selfde ou ding oor en oor?
Geloofslewe geen krag het?

Kom ons hou op om tevrede te wees met die minimum,
met Sondag na Sondag kerk toe kom en wonder waaroor eintlik gaan.

Kom bid gawe van Gees,
dat Gees sal vul,
krag van Gees sal ontvang.

Miskien jy nodig weer, opnuut, krag van Gees in lewe te beleef.
Miskien nog nooit beleef, nodig eerste keer.
Dalk Jesus nodig.

Praat nie van warm, fuzzy gevoel & hoendervleis,
maar van krag van Gees,
9  en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
 Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
20  wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek
en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:

Gebed
Stil
anneer ek in my gebede aan julle dink,
17  bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.
18  Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
19  en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
20  wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:
21  hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
22  Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.
Dankoffer
Tyd van toewyding
Koor lied
Slotlied
Gebed, herlewing, lewe deur Gees
Pinkster
As nie laaste paar dae,
nooi volgende paar dae saam my wag op Gees,
vanaand:  hoekom korporatiewe gebed,
daarna elke aand saam bid.
Seën