Skip to main content

Jesaja 7 – Erediens: God vra geloofsmoed in krisisse – 6 Februarie 2011

Verwelkoming

Votum

Ps 112

Seëngroet

Lofsang

Ps 112
Led 280
Lied 516

Gebed

Kindertyd

Chileense myners – verlede jaar 33 myners
• pikdonker (demonstreer)
• 700m onder grond
• warm (30 grade, geen ventilasie)
• 17 dae (verduidelik),
• op ou end meer as 2 maande – verder terug as Kersfees

Hoe sou jy voel? (bang, alleen)

Een laat weet: is nie 33, is 34, God by hulle.
toe kon bereik, Bybels gestuur,
elke dag gebedstye

toe gered, T-hemde oor oorpakke.
Gevra vir T-hemde,
sê “Dankie Here”,
agter Ps 95:4:
4 Die dieptes van die aarde behoort aan Hom,
die kruine van die berge is Syne.

Partykeer moeilike goed gebeur –
dalk nie so erg.
Dan vra Here ons in hom glo.
Nou vertel van Paulus Silas in tronk, bly glo.

Preek

Jesaja 7:
Begin inleiding,
vertel wat gebeur het – ook uitkoms
1 In die tyd toe Agas,
seun van Jotam
en kleinseun van Ussia,
koning van Juda was,
het die Aramese koning Resin [aan die een kant]
en die Israelitiese koning Peka seun van Remalja [aan die ander kant]
‘n veldtog teen Jerusalem onderneem.
groot bedreiging!
Net ingeval jy dink dis waaroor storie gaan –
politieke bedreiging –
sê teks:

Die veldtog het egter op niks uitgeloop nie.
[so gaan nie oor bedreiging, oorlog –
ons weet reeds uitkoms,
so sê gaan eintlik oor spelers reaksie,
eintlik geloofskwessie.
Val ook sommer deur in huis,
ongeloof, vrees:]

2 Die berig dat die Arameërs reeds in die Israelitiese gebied
in Efraim
kamp opgeslaan het,
het vir Agas,
die koning uit die geslag van Dawid,
[m.a.w. koning deel van volk deur God versorg,
koning behoort te weet God verbond, sorg]

in Jerusalem bereik,
en hy en sy volk het baie bang geword.
Hulle het gebewe soos die bome in die bos bewe in die wind.
[oortreffende trap verduidelik – hoe groot vrees, ook hoe klein vertroue]

3 Die Here het toe vir Jesaja gesê:
Vat jou seun Sear-Jasub saam
[sal sien belangrik tekens teks.
OT name belangrike tekens –
selfde gewig ons vandag – of mense in Jesus tyd –
dink aan wonderwerke.
Sear-Jasub = ‘n oorblyfsel sal terugkeer –
reeds seun teenwoordigheid is God belofte, troos]

en gaan ontmoet vir Agas
op die pad na die Bleikveld toe
by die punt van die kanaal uit die boonste dam.
[Wonderlik:
God sien Agas vrees,
reik uit,
stuur profeet boodskap van troos,
God handel om Agas se geloof te versterk.
luister wonderlike boodskap vir bewende Agas:]

4 Sê vir hom:
Bedaar!
Bly kalm!
Moenie bang wees nie!
Moet jou nie ontstel oor hierdie twee stukke brandhout nie,
hulle rook net.
Moenie bang wees vir die dreigemente van Resin
en sy Arameërs
en van Peka
seun van Remalja nie.
5 Die Arameërs
en die Efraimiete onder leiding van die seun van Remalja
beplan jou ondergang.
6 Hulle het vir mekaar gesê:
Kom ons val Juda aan
en oorrompel hom.
Dan verdeel ons die land onder ons
en ons maak die seun van Tabeal koning van Juda.
7 Maar so sê Ek,
die Here jou God:
Dit sal nie plaasvind nie,
dit sal nie gebeur nie,
8 want dit is maar net Damaskus
wat die hoofstad van Aram is
en net Resin wat die koning van Damaskus is.
Efraim sal binne vyf en sestig jaar so verwoes word
dat hy geen volk meer sal wees nie,
9 want dit is maar net Samaria
wat die hoofstad van Efraim is
en net Peka seun van Remalja
wat koning van Samaria is.
[eenvoudig God sê:
geen bedreiging.
God sal sorg.
Is veilig
en dan woorde:]

Maar ook julle sal nie standhou
as julle nie in geloof standhou nie.
[letterlik:
Julle moenie vrees nie,
vertrou net.
Is kern God boodskap:
vertrou.
Moenie ander goed vertrou,
nie ander planne maak:
vertrou God.
Agas natuurlik nie besig te doen:
planne ooreenkoms Assirië,
gedink help teen Israel.
Soos muis kat vra te beskerm.

God gaan verder,
weet hoe bang,
hoe moeilik te vertrou
, ]
10 Verder het die Here gesê:
Jy moet ook nog vir Agas sê:
11 Vra van die Here jou God ‘n teken,
enigiets,
diep uit die doderyk
of uit die hoogtes daarbo.

12 Maar Agas het geantwoord:
“Ek sal niks vra nie,
ek sal die Here nie tart nie.”
[ons gevoel:
regte reaksie –
Hiskia teruggryp Deut. 6:16,
wil nie geduld Here op proef stel.
Baie vroom.

Maar eintlik teken ongeloof.
Wil nie teken vra,
want glo nie.
Teken sou impliseer hy vertrou God,
maar hy mos nou besig ander planne maak.
Nie teken nodig – hy’t ‘n plan
.]

13 Toe sê Jesaja:
“Luister, geslag van Dawid!
Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei nie,
dat julle nou ook my God moet vermoei?
14 Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee:
‘n Jong vrou sal swanger word
en ‘n seun in die wêreld bring
en sy sal hom Immanuel noem.
[Ons hoor natuurlik dadelik Jesus.
Maar teken sou nie in hierdie konteks sin maak as Jesus was –
is immers teken Agas & Jerusalem.
Dus iemand Agas geken,
in lewende lywe kon herinner aan God belofte.
Verskillende teorieë wie was –
kyk joernaalblad.

Immanuel ook nie net Jesus –
netnou gesê gewig name,
Here ook Juda Immanuel nie – joernaalblad.

Ons hierdie teks lees,
hoor jong vrou,
dink dadelik maagd –
maar woord hier kan jong vrou of maagd vertaal word.
So nb ons as Christene lees,
lees – met reg – as Jesus,
ook onthou hier vir Agas iemand baie spesifiek hy ken,
God vir hom,
in sy tyd,

konkrete teken gee.]
15 Hy sal net dikmelk
en heuning
hê om te eet
totdat hy weet om te verwerp wat verkeerd is
en te kies wat goed is.
16 Maar voordat die seuntjie weet om die verkeerde te verwerp
en die goeie te kies,
sal die lande van die twee konings vir wie jy bang is,
verwoes lê.

[maar in belofte,
ook oordeel,
omdat eie planne maak,
nie God vertrou,
gevolge van eie keuse
:]
17 “Wat jou,
jou volk
en jou familie betref,
die Here sal ‘n tyd oor julle laat kom
soos daar nie was
sedert die dae
toe Efraim van Juda af weggebreek het nie.
Dit sal gebeur deur die koning van Assirië.
[eie planne – produk ongeloof – boemerang]
18 “In dié tyd sal die Here fluit
vir die vlieë
ver langs die riviere van Egipte
en vir die bye in Assirië.
[dus Egiptenare & Assiriërs]
19 Hulle sal almal kom
en gaan sit in die steil klowe
en in die rotsskeure
en op al die doringbosse
en by al die drinkplekke.

20 “In dié tyd sal die Here julle kaalskeer,
die hare op julle koppe
en op julle liggame,
en ook julle baarde.
Hy sal dit doen met ‘n skeermes
wat oorkant die Eufraat gehuur is,
die koning van Assirië.
[maar dan,
selfs in die oordeel,
steeds die belofte:]

21 “In dié tyd sal iemand wat net ‘n jong koei
en twee ooie aan die lewe hou,
22 dikmelk hê om te eet
danksy die oorvloed melk wat hulle gee.
Dié wat in die land oorbly,
sal almal dikmelk en heuning eet.
23 “In dié tyd sal elke stuk grond
waar ‘n duisend waardevolle wingerdstokke gestaan het,
oortrek wees van dorings en dissels.
24 ‘n Mens sal daar net met ‘n pyl en boog kan kom,
omdat die hele land vol dorings en dissels sal wees.
25 Uit vrees vir die dorings en dissels
sal niemand meer êrens op die heuwels kan kom
wat voorheen met ‘n pik bewerk is nie.
Dit sal net ‘n plek wees waar ‘n mens beeste injaag
en wat deur kleinvee vertrap word.”

Moenie vrees nie,
vertrou net –

Dis boodskap van hele Jesaja.

Hff 1-12 roep leiers, inwoners Jerusalem,
op om hul hoop net op Here te plaas,
te weerhou koalisies ander nasies.
Groot vraag va hff 7, 8 & 9:
Gaan jy God vertrou,
of gaan jy jou hoop op iets anders plaas?

Met ook stelling,
as nie op God vertrou,
gaan nie bly staan.

Dan, natuurlik,
einde hf 8,
donker prentjie:
mense raadpleeg mediums & spiritualiste,
in stede van God.
Eindig bedruk en honger.

Dis ook boodskap God hierdie gemeente vanoggend:
moenie vrees nie – vertrou net.
Here oor en oor hierdie week bevestig.

Lewe nie eenvoudig,
maklik.
Soveel dinge verkeerd loop,
soveel seer,
onsekerheid,
bedreiging.

Voel maklik uitgelewer,
magteloos,
moedeloos.

Probleme kan so groot raak,
lewe insuig,
net daarop fokus,
alle energie verloor.
Nie uitkoms kan sien,
nie meer krag het alles te hanteer.

Dan sê Here:
moenie bang wees nie,
vertrou net.

Geloof – vertroue in God –
een ding jou hier deur gaan kry.
As jy nie aan God vashou nie,
kan jy nie bly staan nie.

“julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie”

Wat hierdie verse van ons vra,
wat van ons vra om stand te hou in geloof,
is op ou end vraag na God.
Vraag is:
wie is God?
Is God betroubaar?
Kan jy op God vertrou?

Wanneer jy finansiële krisis in gesig staar,
huweliksprobleme,
rebelse tieners,
familieprobleme dreig alles uit mekaar te laat spat,
wanneer jou besigheid in gevaar is,
wanneer jou gesondheid bedreig word…
is God betroubaar?
Kan jy op God vertrou?
Kan God jou hierdeur dra?
Kan hy oneindig meer doen as wat jy dink of droom?
Of moet jy eerder jou heil elders soek?

Teks baie dinge oor God.
Helder uitspel: God is betroubaar.
God is in beheer.
God maak planne,
God gryp in.

Maar vir my nogal uitstaan,
God kommunikeer.
God reik uit.

Sien sy volk se vrees,
neem eerste tree na hulle,
stuur boodskap,
gee verskeie tekens –
ontmoeting,
woord deur profeet,
Jesaja seun,
belofte Immanuel.

Nogal baie geworstel hierdie stuk –
ek tog geleer vra nie tekens.
Dink inderdaad soos Agas dat Here beproef met tekens.
(Ook Bybelskool baie hieroor gesels, ons selgroep.)

Maar lyk my probleem nie tekens per se,
maar mense motief tekens vra.
Kan teken van ongeloof wees –
dat God beproef, toets,
dat lui is,
nie bereid te soek, worstel,
maklike uitweg –
eintlik bygeloof.

Maar dit kan ook teken ongeloof wees om teken te weier.

Die toets, sê een teoloog,
is of ‘n mens bereid is om jouself bloot te stel aan God se toekoms
en jouself te onderwerp aan God se wil.

Tekens deur Bybel nb rol:
Jakob sal Here as God aanvaar
as die Here hom brood gee om te eet,
klere aan te trek,
in vrede Vader huis laat terugkeer
(Gen. 28).

Moses vra teken
om Israelite te oortuig
dat God agter Moses leierskap is –
en God gee twee wondertekens
(eks 4).

Jesus self tekens en wonders in bediening gebruik!

Selfs wanneer mense tekens vra omdat twyfel,
God reaksie kenmerkend geduldig:
Tomas tasbare tekens Jesus opstanding soek (Joh 20),
Gideon oor en oor tekens vra – en ontvang!

Jesus verwerp in Matt 12 mense versoek om teken,
omdat versoek teken toets was,
nie uiting geloof en vertroue God,
maar uitdrukking ongeloof.

En teken dan belowe,
teken Jona –
wat Jesus self is,
sterwe en opstanding.

Dis hoekom so voorreg vanoggend teks as Christene te lees –
omdat Immanuel vir ons nie net iemand Agas leeftyd is nie,
maar Jesus.

Jesus is DIE teken dat God na ons uitreik,
dat God vir ons sorg.

Jesus teken dat God voortdurend sorg,
oor eeue, millennia.
God was nog altyd by ons –
God sal altyd by ons wees.

Jesus laaste woorde volgelinge:
Ek is by julle
al die dae
tot die voleinding van die wêreld (Matt 28:20).

God natuurlik ook vir ons ander,
tasbare tekens gegee –
sakramente,
doop, Nagmaal,
ons herinner God hier,
God sorg,
God reik uit na ons.

Gesprek Diana Nkesika:
kan nogal vereenselwig Anglikane, as net nie so baie sakramente gehad!
Sy: Ha! Ons moet leer alles sakramenteel.

Gereformeerd, kan natuurlik nie so sê.
Maar besef ook krag haar woorde –
dat God deur alles met ons kan praat.

Maar dikwels horende doof en siende blind,
hoor nie God praat
sien nie tekens God teenwoordigheid.

Dalk sonde blind maak,
dikwels te besig – eenvoudig nie tyd kyk, luister,
so gefokus op omstandighede, blind staar teen probleem.

Storie Amerikaanse Inboorling – hang af waarvoor luister.

God is teenwoordig in ons lewens,
God is betroubaar
en God reik uit na ons.

Wat dit beteken,
is dat ons,
wanneer ons soos Agas voel,
nie in vrees sal verval nie,
maar sal wag op die Here.

Want God reik uit na ons –
ook na jou in jou omstandighede.

Hierdie wag nie passief,
agteroor sit,
oorgee aan omstandighede,
wag fisiese stem uit hemel oor.

Is aktiewe,
meelewende soek,
waarin hele wese werp.

Program TV: Weird Creatures with Nick Baker.
Baie gehou van Pink Pygmy Fairy Armadillo.

Hierdie week: sterneusmol.
Nie oë,
sterretjie op neus
meer as 25 000 sensoriese organe – kom sê senuweepunte.
kan ongelukkig nie syfers onthou,
omtrent 4 keer menslike hand.
Het nie oë,
beweeg hierdie ster geweldige spoed,
neem omgewing waar,
weet presies aangaan.

Vir my goeie beeld van wag op die Here –
soos sterneusmol hele tyd aan soek,
hele tyd besig omgewing verken,
heel tyd beweeg, voel God teenwoordigheid,
tekens God optrede.

Dit vra dat ten volle teenwoordig sal wees,
dat met oop verstand, wil, hart leef,
altyd gereed God te ontmoet.

Baie maniere dit doen,
soos mol kan wees selfs kleinste tekens God teenwoordigheid en sorg optel.
Een manier geestelike dissipline van daaglikse ondersoek.
Vereenvoudig Stop Kyk Luister:
Raak bewus God teenwoordigheid
Kyk terug oor dag – goed & sleg
luister God daarin vir jou sê.

Hierin joernaal natuurlik belangrik.
Biddend luister einde elke jaar terugkyk.
Here jou dikwels voorberei,
oor tyd leidrade gegee van wat kom,
gereed gemaak te hanteer.
Wanneer terug kyk na wat God oor jaar vir jou gesê,
sien patrone God werk.

Geloofsgemeenskap,
mense saam met jou na lewe kyk,
jou help verby eie omstandighede te kyk,
tekens van God se teenwoordigheid en sorg te identifiseer.

Daarom soveel klem op kleingroepe.
As nog nie aan een behoort – hierdie week nog Chris of Kerkkantoor kontak.
Mense nodig saam met jou deur krisisse in lewe gaan,
bid,
saam soek na God hand.

Soms vra wag en vertrou op Here ook dat goed doen,
dat in situasie waar is, optree.
Moeilik om in preek te sê –
spesifiek elke situasie
(weereens kleingroepe),
maar beteken sekere stappe doen,
kyk deure oopgaan.

Die lewe is moeilik.
Maar God is teenwoordig.
God sorg.
En God reik uit na ons.

Moenie bang wees nie,
vertrou net.
Amen

Gebed

dink situasie in lewe op oomblik oorweldigend voel.
Praat met God.
Jesus sê (Joh 16:33):
33 Dit sê Ek vir julle,
sodat julle vrede kan vind in My.
In die wêreld sal julle dit moeilik hê;
maar hou moed:
Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Jes 7: Moenie bang wees nie,
vertrou net.

Dankoffer

Koor gebed – leer ons vertrou, Here

Lied 552

Seën

Deur die genade van ons Here Jesus Christus is God elke dag teenwoordig by ons
In sy liefde sorg God ons skepper elke dag vir ons
Deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees reik God elke dat uit na ons
Amen
Lied 228

Jesaja 7 – Erediens: God vra geloofsmoed in krisisse – 6 Februarie 2011

Jesaja 7:
Begin inleiding,
vertel wat gebeur het – ook uitkoms
1 In die tyd toe Agas,
seun van Jotam
en kleinseun van Ussia,
koning van Juda was,
het die Aramese koning Resin [aan die een kant]
en die Israelitiese koning Peka seun van Remalja [aan die ander kant]
‘n veldtog teen Jerusalem onderneem.
groot bedreiging!
Net ingeval jy dink dis waaroor storie gaan –
politieke bedreiging –
sê teks:

Die veldtog het egter op niks uitgeloop nie.
[so gaan nie oor bedreiging, oorlog –
ons weet reeds uitkoms,
so sê gaan eintlik oor spelers reaksie,
eintlik geloofskwessie.
Val ook sommer deur in huis,
ongeloof, vrees:]

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Preek: 2 Jan 2011 – Matt 2

Verwelkoming

Epifanie

Epifanie beteken verskyning.
Verwys na God wat in Jesus Christus verskyn het.

Fees veral sterrekykers,
Jesus doop,
eerste wonderwerk.

Drie gebeure waarin Jesus godheid
en koning-heerskappy sigbaar.

Soos Kersfees,
lig belangrike rol –
Jesus Lig vir wêreld,
duisternis kan dit nie uitdoof nie.

Later noem Jesus natuurlik ook dissipels
lig vir wêreld,
gee daarmee verantwoordelikheid
as volgelinge te leef.

 

Lied 488 vv 1-2, 4 (staan)

Aanvangswoord:

L: Laat skyn jou lig!
Vir jou het die lig gekom,
die magtige teenwoordigheid
van die Here
het vir jou lig gebring.

G: Die duisternis is verdryf!

L: Die hoop
van God se lig
oorspoel die aarde!

G: God se lig kom na ons almal!

L: Here,
berei ons harte voor
om na hierdie Lig
te reis.

G: Here, berei ons harte voor om hierdie Lig te ontvang!

Seëngroet

Lofsang

 

Voorstelling Ouderling

Lied 304:1-3 (staan)

Gebed

Die kameeltjie wat Kersfees gevind het.

Skriflesing

Matteus 2:1-12

Preek

Was kind – Graad 1 – Charles & Diana destyds getrou.
Oe, romanties.
Nie TV gehad, mense gekuier (ek’t buite gespeel).
Ouer geword,
prins gebore –
plakboek.

Nou koningshuis natuurlik weer in nuus –
William verloof Kate Middleton,
trou vanjaar.

Koninklike troue net-net verby,
gaan almal weer uitsien na volgende koninklike geboorte.

Want koninklike geboortes belangrike goed!
Lyn moet voortgaan.
Seker dat daar opvolger is.

 

KONINKLIKE GEBOORTE

Kersfees,
teks –
koninklike geboorte.

Maar hierdie geboorte nie so groot fees-geleentheid.
Hierdie koninklike geboorte slegte nuus vir die koning.

Sien, Herodes die Grote,
koning van Judea, Idumea & Samaria,
nie eintlik koninklike bloed –
beslis nie Joodse bloed.

Eintlik maar net omdat na Romeine pype dans,
hulle hom titel “koning van Judea” gegee.
Effens wankelrige posisie.

So nuus geboorte van koning,
hom en hele huishouding –
saam op soustrein –
hewig ontstel.

Herodes is bedreig,
gedisoriënteerd.

So hy gooi dadelik staatsmasjinerie in hoogste rat.
Priesterhoofde & skrifgeleerdes ingeroep:
moet nou kom verduidelik waar die Christus gebore sou word.

Jerusalem

Herodes belê vergadering van OT Skrifkenners,
want hier êrens misverstand.
Waar is die koning wat gebore is?

Herodes in agterkop –
Jesaja 60.

Jesaja 60 heerlikheid van Jerusalem besing.
Geskryf destyds toe Jerusalem, 6de eeu,
met ballingskap verwoes.
Wonderlike trooswoorde
vir ballinge wat terugkeer.

Voorspel dat konings en rykdom na Jerusalem sal kom.
rykdom van die see
en die skatte van die nasies
sal aan Jerusalem gegee word.
Jong kamele sal die land vul
en almal wat uit Skeba (die ooste) kom,
sal goud en wierook bring.

Sterrekykers waarskynlik hierdie teks geken.
So wanneer sterretekens sien,
weet plek te gaan soek,
Jerusalem.

Immers stad van belofte,
van welvaart
en voorspoed
en mag.

So pak kamele,
weet om goud, wierook, mirre,
volgens Jes 60 as geskenke te bring.

VERKEERDE TEKS

Wat is die storie met die kamele en goud en mirre?
wil Herodes by die skrifgeleerdes weet.
Waar is hierdie Koning wat gebore is?

Skrifgeleerdes kan eintlik nie anders
as Herodes verduidelik
hulle verkeerde teks beet het.

Jes 60 skets prentjie
van Jerusalem sentrum van wêreldwye ekonomie,
waar stedelike elite
en koninklike maghebbers
sal voortgaan
om mag en prestige te versamel.

Sien, Jes 60 goed en wel,
maar teks eintlik moet kyk,
Miga 5:
Maar jy,
Betlehem-Efrata,
jy is klein onder die families in Juda,
maar uit jou
sal daar iemand kom
wat aan My behoort
en hy sal in Israel regeer.
Sy begin lê ver terug,
in die gryse verlede!

Wat!?
kan mens Herodes en sy hof hoor dink.
Bethlehem?
Daardie agterlike ou plattelandse plekkie?

Maar die lewe is tog in die stad!
Die geld is hier,
almal wat iemand is,
is hier.

Moet ons dan glo
dat die Koning kom
uit hierdie armsalige ou plekkie?
Weet tog hoe werk meet konings,
koninklike geboortes:
prag en praal.
Koninklike geboortes gepaard met
geld
en mag.

Nie armoede
en stof
en agterlikheid nie!

Hierdie hele besigheid
ruk almal.
Koning gebore op verkeerde plek,
op verkeerde manier.
Verwag Jerusalem,
alles gepaard gaan Koning.

Maar feit in Bethlehem gebore,
voorspel ander tipe koning.
Beteken vereenselwig nie met maghebbers,
regering,
rykes –
maar met magteloses,
die mense,
die rank & file.

Dan gebeur interessante ding:

sterrekykers verander van rigting.

 

Was akademici van formaat.
Hul wysheid gebou op eeue
van kundige bestudering van sterre
en natuurverskynsels.

Verteenwoordig beste wat Ooste kon oplewer
in terme van kennis & kundigheid.

En hulle mis die teiken.
Raak pad byster,
eindig op verkeerde plek.

Hierdie nuwe inligting
vra van hulle af te sien
van al kennis
en insigte,
weg te draai van Jerusalem,
stofpad na Bethlehem.

Sterrekykers werklik wys,
kry reg om al kennis
en oortuigings
op te hef.

Vat kans om van rigting te verander,
sodat aan regte koning kan hulde bring.

Volg die ster,
eindig in Bethlehem.
En daar vind werklike koning.
Nie soos hulle verwag.
Nie met rykdom
en eer
en mag
wat hulle dink by koning hoort.

En tog,
tog buig voor hom neer,
in Bethlehem,
bewys aan hom eer,
gee grandiose geskenke van goud, wieroork, mirre.

Buitestanders herken Jesus

Belangrik ons raaksien wie is wat Jesus hulde bewys –
ook in Lukas, wie is aan wie geboorte aangekondig word in veld.

dis nie die establishment,
skrifgeleerdes,
regering van dag.
Is nie binnekring van Joodse samelewing,
die wat nog altyd op uitkyk vir koms van Messias.

Joodse leiers laat spat nie ewe skielik Betlehem toe nie.
Hulle het die teks,
hulle het die getuienis van die sterrekykers,
maar hulle sien nie die koning nie.
Hulle verstaan nie die Skrifopenbaring nie,
lei hulle nie tot eerbetoon nie.

Kan nie by verwagting
van prag en praal
en mag
verby kyk nie.

Maar die buitestanders kan!
Dis die buitestanders wat die koning raaksien,
vind
en in eerbetoon neerbuig.

Dis nie bloot toevallig nie.
Is storie van res van Jesus lewe.

Belangrik kennis neem,
want steeds storie vandag.

Ons as Christene,
gemeentes,
dikwels so besig eie belange.
eie voorkeure,
eie manier van doen.
Gebeur soms met afkeur na mense buite kerk kyk,
mense dinge anders as ons doen.
Dink as hulle net wil gedra,
net sien ons is reg,
sodat deel van ons gemeenskap –
gereddes –
kan word.

Maar weerlose baba in krip,
en buitestanders om hom vergader,
gee vir ons sleutel tot kerk-wees.
Christenskap nie oor mag,
maar weerloosheid.

Dalk minder aspireer in rigting Jerusalem,
meer leef in rigting Betlehem.

Beteken leer te gee soos sterrekykers,
eerder te versamel.

Kennis minder gebruik te bewys ons reg is,
meer bereid wees –
soos sterrekykers –
dat Gees ons op reis neem,
wat dalk wat ons gedink het ons weet
mag relativeer,
selfs verander.

Ons eie belange moet vervang
met verwondering
oor brose God
in ‘n krip.

Altyd seker maak ster volg,
nie ook pad byster raak,
verkeerde plek eindig nie.

Boosheid is ‘n werklikheid

Verhaal eindig natuurlik nie hier.
Gevolg skrikwekkende kindermoord.

Ook dit moet onthou.

Ons dikwels idealisties.
As net ster volg,
op regte plek is,
regte ding doen,
sal alles uitwerk,
alles goed gaan.

Maar boosheid is werklikheid,
ook nou.

Magte van die wêreld,
of dit politieke
ekonomiese
of godsdienstige magte is,
laat hulle nie maklik van koers af bring nie.
Herodes probeer alles in vermoë om mag te behou.

Wie die pad vat na Betlehem,
na Jesus toe,
mag seerkry.
Mag ly.

Die keuse om die ster te volg,
het ‘n prys.
Onthou:
die duisternis haat die lig.
Die keuse vir kwesbaarheid eerder as mag,
laat jou juis weerloos.

En langs pad
ontdek hoe duisternis ook in jouself woon.
Dat daar ook in jou deel is wat lig haat.
Dat weerstand is teen sterf in jouself,
kruis opneem
en Jesus volg.

Boosheid is ‘n werklikheid in elkeen van ons.

En boosheid
word nie met
mag
en geweld
en wilskrag beveg nie.

Die kindjie in die krip
oorwin die bose
in broosheid
aan die kruis.

Liefde,
selfoorgawe,
broosheid:
dit is die wapens wat boosheid oorwin.

Waarheen volg jy die ster?

Teks daag ons uit te kies,
keuse doen waarmee assosieer.

Dalk ek as kind so baie van Prinses Diana gehou,
omdat elke dogtertjie droom prinses te wees.

Dalk gryp koninklike geboortes ons so aan,
omdat graag met koninklikes –
of dan dit wat hulle verteenwoordig –
wil assosieer.

Wil ons ster volg na Buckham paleis?
Of na Langa,
Danville,
Sharpeville,
Triomf,
die bos buite Somerstrand?

Skepe navigeer –
Noorderster.
Beginpunt,
vaste punt,
waarop kaarte
en res van navigasie gebaseer.

Teks daag ons uit
begin van jaar
te oriënteer.
Bepaal wat noorderster is,
waarheen ons ster gaan volg:
Jerusalem
of Betlehem?

Gebed

Stil gebed – plek
 

Bid vir Zimbabwe.

  • Bid vir hulpverlening,
  • wyse leierskap en
  • ‘n einde aan onreg.
  • Bid vir almal wat swaar kry
  • en gebuk gaan onder armoede,
  • vir almal wat onderdrukking beleef.
  • Verkiesing later vanjaar – regverdig, sonder geweld.

Bid vir die Midde-Ooste

  • Vir ‘n verandering van hart vir Israel rondom settlements.
  • Bid dat hulle nie meer in die Wes Bank sal bou nie.
  • Vir die Palestyne vir wysheid oor om druk toe te pas.
  • Bid vir vrede sonder geweld.
  • Vir Fatah en Hamas om tot ‘n ooreenkoms te kom.

Bid vir spesifieke areas in gemeenskap
• Areas waar geweld hoog is
• Plakkerskampe en ander areas van armoede
• Spesifieke hulpverleningsorganisasies

Dankoffer

 

Halleluja 40 “Betlehem Ster” (staan)

Seën

Lied 348:2 “Stille Nag: Juig, die Redder is daar!” (staan)

Preek: 26 Des 2010 – Hebr 2

 

Verwelkoming

 

Lied 336:1, 3, & 5 (staan)

Votum

Ps 148

Seëngroet

Lofsang

Lied 353 (staan)
Vonkk 29 (sit)

Gebed

Skriflesing

Hebreërs 2:10-18

Preek

Kersfees viering Jesus gebore – is waaroor gaan.
Maar vir meeste van ons –
veral kinders –
gaan eintlik oor geskenke.

Kersvader bring –
tradisie Heilige Nicolaas,
arm kinders geskenke gegee.

Ek: belangrik regte geskenk elke mens uitsoek,
beplan heel jaar.

Draai in Desember alles toe.

Kinders: briewe Kersvader,
wat wil hê,
lang lyk,
kan nie wag alles te kry.

Maar tussen al geskenke deur
weet darem ook Kersfees eintlik oor Jesus geboorte gaan,
dat ware geskenk Kersfees Jesus is –
Jesus vir ons gegee.

Boek Hebreërs 2 bewegings:
1e beweging: van God af na ons toe.
God het vir Jesus na ons toe gestuur.

• God praat met ons deur die Seun, uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God (1:2-3)
• “Hy is ‘n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe” (2:9).
• Hy is die Leidsman wat ons “tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid bring” (2:10).
• “Ek sal u Naam aan my broers en susters bekend maak” (vers 12).
• Hy het net soos ons mens geword (2:14)
• Hy het in elke opsig aan ons gelyk geword (2:17).

Dis wat ons vier met Kersfees,
hierdie eerste beweging van God wat in die mens Jesus op aarde aankom.

Hy verbind die hemel en die aarde deur sy koms.
Hy word volledig mens,
kom loop ‘n myl in ons skoene,
soos wat Engelse uitdrukking sê.
Word een van ons.

In proses word ook pionier van ons verlossing.
Soos voortrekkers,
mense met waagmoed,
voor ander uit gegaan.

So Jesus voor ons uit gegaan,
inderdaad ook gely op reis,
deur lyding tot volmaaktheid gebring..

Maar daar ook tweede beweging in Hebreërs,
ek dink ons minder van kennis neem,
nie so ernstig opneem nie –
maar wel helder en duidelik moet hoor:
deur Jesus word ons vir God gegee.

Jesus het een van ons geword,
sodat:
• Hy ons na God kan neem,
• Hy ons kan insluit by God se volk,
• ons veilig opgeneem kan word in die heerlikheid (2:10), volmaaktheid (2:10) en heiligheid (2:11) van God,
• ons ‘n toekoms saam met God kan hê.
Dis wat teks bedoel sê Jesus Hoëpriester.

Priester verteenwoordig mense by God,
tree vir hulle in,
gaan staan namens hulle by God.

Jesus ons Hoëpriester.

Ons middelaar.
As middelaar tussenposisie:
van God na ons gestuur,
maar ook ons by God verteenwoordig,
wat ons na God neem,
wat ons insluit by God se familie.

Teks:
ons is Jesus broers en susters,
hy nie skaam ons so te noem,
want deur Jesus ons deel geraak God familie.

Mooi teologie,
maar besef jy wat dit beteken?
Radikale implikasies vir hoe ons oor redding dink.

Ons almal idee van geloof,
wat geloof is,
wat doel van geloof.

Maar manier waarop dink oor geloof,
kan toksies wees,
kan moedeloos laat.

Want sien,
as geloof oor jou gaan,
as die aksie in geloof by jou is,
dan is dit maar wankelrig.

As geloof gaan om jóú keuse vir God,
en dan eintlik ‘n wilsbesluit van jou kant is,
dan kan dit maklik uitmekaar uit waai
in stormwinde van lewe.
Alles hang af van energie waarmee JY aan God vashou.

Maar Hebreërbrief roep jubelend die teendeel:
Jesus het na ons toe gekom,
mens geword,
gely,
deur die genade van God
vir ons sonde gesterf.

HY red ons,
hy hou ons vas,
hy dra ons.

En hy tree vir ons in by God.

En dit is waarop ons geloof berus:
nie ons keuse vir God nie,
maar op die feitlike realiteit van wat Jesus reeds gedoen het,
op die feit dat ons deur Jesus vir God gegee het.

En dit realiteit nie net met verlossing,
maar elke dag van lewe,
wanneer kragte min raak:
hy begelei ons,
hy gee ons moed en krag.

So besonders wanneer Jesus vers 13 sê:
Hier is ek met die kinders wat God my gegee het.

Jesus nie net vir ons gegee.
Ons is deur God vir Jesus gegee.
En Jesus neem ons terug na homself, na God.

Ons is aan Jesus toevertrou.
Ons is syne.
Hy is verantwoordelik vir ons.

Groter troos en sekerheid kan daar nie wees nie.
Jy is vir Jesus gegee.
En Jesus is jou hoëpriester by God.

Gaan nie oor wat jy vir God gee.
Gaan ook nie eintlik oor wat God vir jou gee.
Gaan oor God wat jou vir Jesus gegee het.

Sien elke dag prakties,
wanneer mense verander,
teen verwagting,
teen eie bedoeling in,
deur God aangeraak,
God in hul lewens ingryp,
en hulle as sy eiendom bevestig.

Is hoekom ek so baie daarvan hou babatjies te doop.
Doop bevestig God:
hierdie kind vir Jesus gegee.
In sin elke doop Kersfees,
waar kind – deur God self – vir Jesus gegee word.

Sien dalk nie effek daarvan dadelik,
of selfs 16 jaar later.
Maar het reële effek in hemel.

Iemand verduidelik mooi,
toe vertel van 30 jarige skool reünie.

Vertel hoe verras was hoe klasmaats uitgedraai het.
Die kansvatters,
die losbandiges,
die leeglêers,
is nou respektabele mense.

Vertel aan belydenisaflegging,
hoe gevoel het baie van hulle hoort nie saam hom voor preekstoel.
Nie as hulle eerlik was nie.

Maar dis juis hulle wat verander het.
Een is betrokke kinderbediening in gemeente,
ander geestelike bediening onder mans,
een gee feitlik al inkomste weg om barmhartigheidswerk plakkerskamp te finansier –
leef 10%, gee 90% weg.

Selfde ouens wat hy as tiener gedink het gomtorre,
gedink jok toe sê het Jesus aanvaar.
Want sien,
is nie soseer ons wat vir God gekies het nie.
God het vir ons gekies.

Solank ons lewe,
bevestig God ons doop
en ons belydenisaflegging
in ons lewens.

Hy los ons nie.
Die proses gaan voort.
Want ons is Jesus s’n,
en hy sorg vir syne.

Gebed

Dankoffer

 

Lied 352:1-3 (staan)

Seën

Lied 313

Preek: Kersdag 2010 – Ps 97

Verwelkoming

Vonkk 68:1; Engels 10:2, Vonkk 68 3 (staan)

Adventkerse

Advent – dae afgetel,

Vandag kerse aansteek,

herinner wat Jesus gebring,

wat goeie nuus beteken.

  • Hoop
  • Vrede
  • Vreugde
  • Liefde

Jesus Christus is die grootste geskenke

wat alle ander geskenke moontlik maak.

Daarom steek ons hierdie kers aan

terwyl ons dink wat sy koms vir ons elkeen beteken.

Gebed

Ons dank U Here,

vir die geskenke van u Seun aan die hele wêreld.

Ons dank U dat Jesus se koms

hoop

vrede

liefde

en vreugde

moontlik maak

vir elke mens

in elke nasie.

Gee ons die genade

sodat elkeen van ons

welwillendheid en vrede

aan ons gesinne

ons gemeentes

ons gemeenskappe

en die wêreld sal bewys.

Laat u Gees, o Here, ons nou aan U,

die lewende God,

verbind

deur woord en lied

wanneer ons die geboorte van u Seun gedenk.

Seëngroet

Vrede vir ons mense,

in wie God ‘n welbehae het.

Geboorte van Jesus

Luk 2:1-7

Lied 345 vv 1 & 2 Kom alle getroues (staan)

Skaapwagters

Luk 2:8-20

Lied 364 vv 1 & 3 Herders op die ope velde (staan)

Wyse manne

Matt 2:1-11

Lied 340 vv 1 & 3 Kom ons loof die Jesuskind (sit)

Gebed

O kom, Jesus, Seun uit Dawidstam,

U, Vredebringer – U die Lam.

Van sonde kom U ons bevry

dat ons nou ewig in U bly.

Kom en praat met ons,

wanneer ons na U Woord luister.

Ons verbly ons in U

Immanuel, God met ons.

Die Eseltjie se droom

deur Barbara Helen Berger

 

Eendag was daar ‘n grys eseltjie.

Hy  het soos gewoonlik aangestap,

met ‘n vrag op sy rug.

 

‘n Man het hom gelei.

 

En soos hulle aanstap deur die nag

in die lig van die sterre,

begin die eseltjie droom:

 

Hy droom hy dra ‘n hele stad,

met stadspoorte

en torings

en tempels.

 

Hy droom hy dra ‘n skip

waarin mense in wit klere

saam met die geklots van die water

wieg.

 

Hy droom hy dra ‘n fontein.

Die water spuit

en ‘n tuin groei uit die woestynsand.

 

Hy droom hy dra ‘n roos.

Die blare rus saggies op sy rug

terwyl die heerlike geur deur die lug versprei.

 

Toe droom hy hy dra ‘n vrou wat die hemel ken.

 

Hulle het by ‘n dorpie aangekom.

Maar net die honde hardloop hulle tegemoet.

 

Die man klop aan ‘n deur.

Dit gaan nie oop nie,

hulle moet verder.

 

Hulle kom by ‘n plek wat na hooi ruik.

 

Daar is ‘n watertrog en ‘n grot vir ‘n stal.

 

Die man help die vrou van die eseltjie se rug af,

haal die saal van die eseltjie af

en gaan agter die vrou aan by die grot in.

 

Die eseltjie is alleen buite.

Hy het so ver gestap,

sy rug is seer

en sy bene pyn.

 

Een ster skyn in die watertrog voor hom

terwyl die moeë eseltjie van die water drink.

 

Die man kom by die grot uit

en lei die eseltjie die grot in,

waar die vrou op ‘n bed van strooi lê.

 

Die eseltjie se saal is haar kussing.

 

Sy glimlag.

“Kom,”

sê sy vir die eseltjie.

Kom kyk wat ons twee

al die pad gedra het,

jy en ek.

 

Dis net ‘n klein babatjie.

 

En tog,

toe die baba sy oë oopmaak,

is die hele grot vol lig.

 

Skielik is die eseltjie nie meer moeg nie,

al het hy

  • die hemelse stad

van hoop en belofte

  • die kerk

wat soos ‘n skip in die wêreld vaar,

  • die lewende water
  • die roos van Saron,

waarvan die liefde soos ‘n heerlike geur versprei

  • en die koning van die hemele

op sy rug gedra.

Lied 358 Welkom o stille nag van vrede (staan)

Skriflesing

Psalm 97

Preek

Die  Here het verskyn!

Jesus se geboorte verander die hele geskiedenis.

Verbeel jou die wêreld,

is soos groot meer

waarin almal wat leef

en al geleef het,

gelyktydig besig is om te swem.

 

Ons deel almal selfde menslike toestand,

swem in dieselfde water.

 

Maar Jesus se geboorte

in Bethlehem

het die water waarin ons swem

vir altyd verander.

 

Ons omgewing,

ons wêreld,

óns,

is nie meer dieselfde nie.

 

God is hier teenwoordig.

Soos Israel destyds wanneer Ps 97 gesing,

gewoonlik wanneer buite voor tempel staan,

wag dat Here verskyn

(soos ons in Advent gewag).

 

Geweet hy is daar –

al kon hom nie sien,

was deeglik bewus van sy teenwoordigheid.

 

Here was daar.

 

Daarom lees ons Ps 97 op Kersdag.

Want ons onthou weer:

Die Here het verskyn.

Jesus is gebore.

En ons almal is bewus van sy teenwoordigheid.

 

Ps 97 twee dele:

vv 1-7 vertel van God se verskyning.

Tweede deel, 8-12, beskryf effek van verskyning,

wat gebeur wanneer God verskyn.

 

Wanneer God verskyn,

sê eerste paar verse,

weet almal dit:

natuur weet dit –

eilande juig,

wolke, weerlig, berge bevestig dit,

hemel verkondig dit.

Selfs ongelowiges besef dat die ware God nou verskyn heet.

So sterk God teenwoordigheid.

 

Maar wat effek daarvan God verskyn?

 

(10a) Here is Koning wat slegte haat,

selfde van volgelinge verwag.

Hy is regverdig.

Reg en geregtigheid is waarvoor hy staan.

 

Is waardes wat Jesus kom uitleef het.

Korrupsie van sy tyd uitgewys,

Leiers van dag gekritiseer omdat hulle mense uitbuit,

Eindelose gelykenisse vertel waarin mense hunkering na mag ontbloot.

 

Met Jesus het God kom wys dat mens regverdig kan leef.

 

Tweede effek verskyning God:

mense se lewens word bewaar (10b).

Waar God is,

is daar veiligheid.

 

Ander soort koning as mense ou tyd koning geken

troepe uitstuur na hul dood

sonder oog te knip.

Van hulle verwag lewens vir hom te gee.

 

Maar Here verskyn,

verskyn as een ons lewens wil bewaar.

Ons is vir hom kosbaar.

 

So graag wil ons lewens bewaar,

dat hy sy Seun gee,

sodat ons ewige lewe kan hê.

 

Ook dit kan met Kersfees vier:

ons lewens vir God belangrik.

 

Derde effek verskyning God,

is wysheid –

want God red ons van die onnoselheid van goddeloos wees (10c).

 

God wil ons wys maak.

Wil hê ons moet wysheid hê wat uit verhouding met hom groei.

 

Toe God as Jesus gebore is,

het hy ons gered van moedeloosheid

en hopeloosheid.

 

Dit het ons gered van passief wees,

gered van dom wees en net vir onsself lewe.

 

Wysheid gebring

te weet wat God wil,

so te leef.

 

Laaste effek verskyning,

blydskap & lig.

 

Lig nie sommer so dingetjie.

Praat van tyd nie elektrisiteit,

huisies klein en donker –

onthou vrou lamp moes aansteek middel van dag om geldstuk te soek?

Nie glas en vensters.

 

God bring lig wanneer verskyn.

en blydskap.

Weet nie van Ortodokse Jode – lyk soms kwaai en stug –

maar lyk my asof meeste Jode wéét hoe fees vier.

Dans en sing wanneer bymekaar.

 

Dink hulle het dit by God geleer.

Want God se koms bring blydskap.

 

Vandag is Kersfees.

 

God het mens geword en onder ons kom woon.

 

Soos in Ps 97 het hy aan ons verskyn.

 

En daarom kan en moet ons fees vier:

want God se verskyning in Jesus het ‘n verskil gemaak,

‘n enorme verskil!

 

Dit het die geskiedenis kom verander.

 

Dit het redding en veiligheid,

lig en blydskap,

reg en geregtigheid gebring.

 

Orrelspel:

Verwerking van Lied 344 O die Goeie Tyding

– oordink effek verskyning Here/

Gebed

 

Lied 348:1-3 (staan)

 

Seën

Mag die God van die engele

wat Christus se geboorte aangekondig het,

vir ons vrede gee.

 

Mag die God van liefde

wat sy enigste seun vir ons gegee het,

se liefde in ons leef.

 

Mag Immanuel,

God met ons,

ons elke dag vergesel.

(sonder Amen)

Lied 367

 

Preek: 19 Des 2010 – Matt 1:18-35 – Die krisis in die middel van die storie

Verwelkoming & Afk

Adventkers

Vandag is die vierde Sondag van Advent –
die Sondag van liefde.
Werklike liefde is dít:
nie die liefde wat ons vir God het nie,
maar die liefde wat Hy aan ons bewys het
deur sy Seun te stuur
as versoening vir ons sondes.
(1 Joh 4:12)

Terwyl die kers aangesteek word,
sing die gemeente

Lied 329 (Want so lief het God die wêreld gehad) (sit)

VIDEO: N_CLIP_BELIEVEYOU_RESOURCES_N700_DL.MOV

Seëngroet

Mag julle sy liefde ken,
liefde wat ons verstand te bowe gaan,
en mag julle heeltemal vervul word
met die volheid van God. (Efe 3:19)

Amen

Lofsang

En ons ken die liefde wat God vir ons het,
en ons glo daarin.
God is liefde;
wie in die liefde bly,
bly in God
en God bly in hulle.
(1Joh 4:16)

Daarom loof:

Lied 336: 1, 2, 5 (staan)

Lied 342: 1-3 (sit)

 

Doopformulier

Lied 334:1-2 (staan)

Doop

 

Lied 334:4 (sit)

Gebed

Skriflesing

Matteus 1:18-25

 

Preek

Om 05:36 hardloop die vrou
teen die hang van Leeukop.
Sy is jonk,
beeldskoon,
Amerikaans,
beangs.
Want sy word soos ‘n dier gejag.

Om 05:37 bel hulle vir speurder-inspekteur
Bennie Griessel wakker.
Hy moet kom,
‘n jong meisie se lyk lê langs St. Martini,
die Lutherse kerk bo in Langstraat.

Om 07:02
ontdek die drankbenewelde voormalige sangsensasie
Alexa Barnard
haar man se lyk langs haar –
en die moordpistool net sentimeters van haar hand af.

Teen 09:00 begin Griessel vermoed
sy nuwe rol as mentor van die volgende geslag wetstoepassers
is dalk ietwat meer gekompliseerd
as wat hy gedink het.

Anderkant twaalfuur
is hy in ‘n wedloop teen tyd
om die mooi jong toeris se lewe te red.
En laat in die middag skiet hulle vir Bennie Griessel.
Reg in die hart.
Redelik normale dag,
jou tipiese 13 uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Dis hoe die flapteks Deon Meyer se speurverhaal,
13 uur,
beskryf.

Gestel sien in winkel,
lees flapteks,
klink iets sal geniet,
koop boek,
huis – begin lees.

maar begin sommer middel van boek lees,
sê bl 192:
“Bennie Griessel se asem jaag
en hy sweet
toe hy by John Afrika se kantoor instap –
van die hitte buite,
van die vier stelle trappe omdat huisbakke nie sonder … elektrisiteit kan werk nie,
en van die dringendheid in hom.”

Maak nie sin nie.
Want maak nie sin verhaal in middel te begin lees nie!
As jy nie plot van storie,
soos van begin af ontvou,
ken nie,
is sotrie onsamehangend.
Werk net uit as jy van begin af lees.

 

God se storie

God skryf ook ‘n storie.
Is verhaal van God betrokkenheid by wêreld.

Hierdie storie is rerig,
dis feite,
geskiedenis,
histories betroubaar.

Dit strek oor die eeue.

En ons is deel van hierdie storie,
karakters in die verhaal wat ontvou.

In teksgedeelte gelees,
kry stukkie God verhaal.

As mens flapteks moet skryf oor “gesk geb van Jesus Christus”,
kan dalk lees:
• Aankondiging van die geboorteverhaal (vers 18a)
• Maria is swanger deur die Heilige Gees (vers 18b)
• Josef wil die verlowing verbreek
 en verset hom teen die plek wat hy in die geboorteverhaal beklee (vers 19)
• God gee aan Josef deur ‘n engel ‘n opdrag oor hoe hy moet optree (verse 20-21)
• Josef voer God se plan gehoorsaam uit (verse 24-25)
• Die verhaal speel uit soos geprofeteer in Jesaja 7:14, wat nou in vervulling gaan (verse 22-23).

God het ‘n plan met die geboorte van sy Seun.
En Josef,
Maria,
die engel,
die profeet Jesaja…
almal karakters in God se storie.
Plot besig af te speel.

 

In die middel van God se storie.

Josef probleem natuurlik,
is dat iewers in middel van God storie ingesleep word.

Hy’s eensklaps op bl 192 van die storie,
sonder dat hy die verhaal verstaan,
sonder res van plot ken.

En omstandighede van plot so vreemd,
dat Josef God glad nie raaksien nie.

Moet verstaan:
Joodse gebruike verlowing bindende gevolge.
Daarom eintlik reeds man en vrou.
Owerspel deur verloofde is as egbreuk beskou.

So Josef kan Maria hof teo sleep.
Kies om haar –
dalk ook self –
skande en bespotting te spaar.
Gaan verlowing stil-stil verbreek.

En dan, hier,
openbaar God homself aan Josef.
Engel verskyn aan Josef in droom.
Josef ontdek:
• God is die outeur van die gebeure;
• Die Heilige Gees het die nuwe lewe in Maria verwek;
• Die Seun wat gebore sal word,
se Naam moet Jesus (verlosser) wees,
want sy lewensdoel is om verlossing van sonde te bring;
• Aangesien die swangerskap van God af kom,
sal die Seun Immanuel genoem word,
God by ons;
• Dit alles in die vervulling van ‘n eeue-oue profesie deur Jesaja.

God verduidelik vorige 192 bladsye aan Josef.
Verduidelik Josef plek in plot,
en maak hooftrekke van toekomstige verloop van plot aan Josef bekend.

God help Josef om goddelike storielyn te verstaan.

So waar hy vroeër uit storie wou klim,
van Maria wou skei,
verstaan nou wat aan gebeur is.

God nooi hom letterlik in verhaal in.
En Josef besluit om in storie te bly.
Word gewillige medewerker in uitspeel van God se verhaal.

 

Die krisis in die middel van die storie.

Josef krisis natuurlik ons almal krisis.
word almal in middel van storie gebore.
Lééf in middel van storie.

Kan nie self plot uitpluis.
Voel soms so bietjie in wêreld ingegooi,
is tydjie hier,
dan weer met dood uit storie verdwyn.

Wat gaan aan?

Daarom iemand nodig storie vir ons verduidelik.
Het openbaring nodig.

En Bybel is openbaring –
manier waarop God hooftrekke van sy storie vir ons vertel.

God het die wêreld geskep
en die wêreld is op pad na ‘n heerlike bestemming.

Daar is sonde en verset,
pyn en gebrokenheid.

Maar daar is ook ‘n verlosser
wat met boosheid afreken.

Die volle heerlikheid van hierdie verlossing
lê natuurlik nog in die toekoms.

Maar God se openbaring in die Bybel,
trek die gordyne so effens weg,
sodat ons die plot kan sien.

God se openbaring help ons,
wat in die middel van die storie gebore is,
om sin uit ons lewens te maak.

Dit help ons om te kies
om deel te wees van God se storie,
om medewerkers van God te word.

 

Kompeterende stories

In teks gelees,
twee kompeterende stories:

(1) Een moontlikheid:
Maria egbreek,
Josef behoort te skei.

(2) Ander storie regte feite:
Maria is swanger deur Heilige Gees,
Josef kan deelneem aan God se plan
om Verlosser vir wêreld te gee.

Vandag steeds, elke dag,
sulke kompeterende stories:

1. Ons is hier om finansieel vooruit te gaan,
goeie dinge te koop,
so geluk te kry.

2. Ons is hier as Afrikaners,
om oorlewing van volk en kerk te verseker.

3. Ons is toevallig hier,
produk van eindelose toevallighede,
geen werklike impak,
rol in verhaal.

4. Daar’s baie stories besig uit te speel.
Jou taak een te kies wat vir jou werk,
nie inmeng by ander stories,
solank joune nie ander seermaak,
kan eintlik maar enige storie kies.

Maar ons as Christene deel van ander storie.
Ons vind ons plek in openbaring van God.

So saam worstel met Bybel,
sodat saam o.l.v. Gees kan besluit
wat ons rol in storie is.

En hoe meer dit doen,
hoe meer saam ander gelowiges storie bestudeer,
leer verstaan,
hoe makliker kan lewe belyn met God se storie.

Slot

Jy is op bladsy 192.
Maar jy ken die plot.

Kies jy om deel te wees van God se storie, soos Josef?
En hoe gaan God dié verhaal verder met jou lewe skryf?

Gebed

Nadenke: Laat mense dink oor die stories van hul lewe.
Voorbidding

Dankoffer

 

Lied 365: 1 & 3 (staan)

seën

Lied 313