Skip to main content

Advent 1 Hoop Habakuk Preek

Bo:  Preek opname

Segun Soyemi – Ave Maria

Segun Soyemi – Away in a Manger

Segun Soyemi – O come all ye faithfull

Segun Soyemi – Sing choirs of angels

Segun Soyemi – Joy to the world

Is jy geduldig of ongeduldig?  Dit hang natuurlik af van die konteks.  As vir iets moet wag.  In ’n ry moet staan.  Jou bestuurslisensie moet hernu,  of iets by Binnelandse Sake moet doen…  Party mense hou hulleself besig met ‘n selfoon, speel speletjies of lees.  Ander beweeg op en af, heen en weer. Soms is daar selfs mense wat net rustig tjoepstil sit.

Ek is oor die algemeen gereed vir wag, want ek het altyd iets byderhand om te lees.  Wat ek nie kan verdra, is dit:  “Configuring Windows updates… Do not turn off your computer”.

Maar daar is baie erger dinge in hierdie lewe as ’n rekenaar wat stadig vat om programmatuur af te laai.

Continue reading

Dankofferfees Lukas 15 Preek

Ons het dikwels hierdie idee van ‘n God wat sit in die hemel en voorsien vir hierdie aardse ou gepeupeltjies doer ver onder.  Maar dis nie God nie.  God kom af.  God word mens, so ernstig is hy daaroor om homself te gee.  God gee sy teenwoordigheid.  Hy deel in ons lewens, is by ons, lei ons as ons daarvoor vra, beskerm ons.

Dis die verrassende deel van God:  God het nie nodig om al die dinge met ons te deel nie.  Maar juis omdat hy ons lief het, wil hy met ons deel, wil hy met ons wees.

God gee insig in sy planne.  God gee liefde.  Al gooi jy alles weg. Al is jy ‘n pyn.

Continue reading

Hervormingsondag 1 Konings 3 Preek

As God vandag aan jou verskyn en sê jy kan vra net wat jy wil, wat sal jy vra?  Eerlik nou.  Jy hoef vir niemand te sê nie.

Soos wat ons as kinders mekaar altyd herinner:  vra dat al jou versoeke waar sal word.

Maar Salomo… Salomo kan vir enige iets vra.  En hy vra vir ’n luisterende hart.  Interessant, hy vra nie vir iets heel nuut of vreemd nie.  Hy vra vir God iets wat hy nodig het vir die taak wat voor hom lê.  Hy het reeds die opdrag, is reeds besig hiermee.  Help my om dit wat u my gegee het om te doen, goed te doen.

Continue reading

Die storie en die verbond – Josua 24:1-15 Preek

Ek weet nie so lekker van DNA nie, maar ek weet van geskiedenis.  Ek weet dat ons stories ons vorm.  Waar ek vandaan kom, die stories waarmee ek grootgeword het, bepaal wie ek vandag is, wat ek dink belangrik is, hoe ek gaan leef.

Of my voorsate Voortrekkers was, of slawe.  Of Hugenote, wat gevlug het vir hul geloof, of mense wat lank voordat iemand enige geskrewe geskiedenis opgeskryf het, reeds hier hulle stories van geslag tot geslag oorvertel het.

Baie van ons deel die storie wat in die Bybel opgeskryf staan.  Ons is deel van God se storie, of God se verbond, soos wat die Bybel dit noem.  En DIT is ons eintlike storie.

Continue reading

Jona en die Komkommerplant – Jona 4 preek 23 September 2018

Dit was op ’n tyd in Oos-Europa mode om preekstoele te bou in die vorm van ‘n regop walvis.  Om te preek op hierdie preekstoel, moet jy dan met ’n leer deur die walvis se maag klim, om bo by die mond uit te kom en te preek.  Soos Thomas Merton geskryf het:  …like Jona himself I find myself traveling toward my destiny in the belly of a paradox.  Waarby Denise Ackermann byvoeg:  Life can be a whale of a ride!

Maar ek dink ’n mens moet eerder ’n preekstoel kerf in die vorm van ’n komkommerplant.  Simbolies van die plant waaronder ons sit en vra.  Dan moet ons beurte maak om elkeen op die komkommerplant-preekstoel te kom staan.

Continue reading

Wees Vrygewig – Vertrou – Matteus 6

Ons leef in ’n wêreld waar bekommernis ’n kommoditeit geraak het.  Ek het dit al ’n paar keer gesê:  bekommernis en vrees word aan ons bemark soos ’n kommoditeit, want hoe banger ons is, hoe meer geld gaan ons spandeer in ’n poging om veilig te voel.  So alles, oral, sê vir ons ons moet bekommerd wees.  As jy nog nie bekommerd is nie, is dit omdat jy nog nie weet wat aangaan nie.  As jy bekommerd is, is jy nog nie bekommerd genoeg nie.

En Jesus sê ons moenie bekommerd wees nie?

Continue reading