Skip to main content

Die Pad na die Lewe II – Die Voertuig – Matteus 6 Preek

Die feite is, dis nie maklik om op die pad te bly nie.  Beslis nie in ons eie krag nie.

Die truuk is nie om harder te probeer nie, maar om innerlik vernuwe te word, sodat ook ons uiterlike – ons gedrag, die manier waarop ons die pad loop – kan verander.

En die sleutel wat Jesus vir ons gee om ons te help om verder op hierdie pad te gaan, is om in die geheim met God te konnekteer.  Wanneer ons in die geheim groei in ons konneksie met God, sal die resultate daarvan in die openbaar sigbaar wees.

Jesus gee 3 spesifieke voorbeelde van hoe hierdie innerlike konneksie werk:  gee in die geheim;  bid in die geheim;  vas in die geheim.

Continue reading

Die Pad na Lewe – Matteus 5 Preek

Kom ons verbeel onsself gou vir ‘n paar oomblikke dat ons deel is van die skare wat daardie dag, soveel eeue gelede, saam met Jesus teen die berg gesit het.

Daar is twee groepe van ons.  Party van ons is bietjie bekommerd oor Jesus.  Ons is tradisionaliste.  Ons is baie geheg en getrou aan die wet en die profete.  En ons is bekommerd dat Jesus té anders is, dat Jesus nie meer getrou is aan die oorgelewerde tradisie van Moses en die profete nie.

Die ander groep van ons voel ons glad nie gebonde aan die tradisie nie. Ons buig die reëls om ons te pas, om ons eie sin te kry.  Ons wil ontslae raak van die Romeinse onderdrukkers.  En ons is bekommerd dat Jesus nie anders genoeg is nie, dat hy nie ver genoeg gaan om die juk van die onderdrukkers af te gooi nie.

So ons luister na Jesus.  Elk bietjie skepties.  Maar elk in die hoop dat Jesus óns agenda gaan bevestig, gaan sê dat óns eintlik reg is.

Continue reading

Wie is Jesus? Matteus 14:13-17:8 Preek

God neem ook dikwels vir ons op reis.  Op voorheen onbekende paaie.  En dit is op hierdie nuwe, onbekende paaie, wat ons vir God leer ken.  Dit is op die onbekende paaie waar ons ou belydenisse oor wie Jesus en wie God is, nuwe betekenis kry.

Continue reading

Oorvloed brood en vissies – Matteus 14 preek

Wanneer Jesus hoor van hierdie groteske partytjie en die brutale uiteinde daarvan, het hy “weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees.”  Maar wanneer hy by die stil plek aankom, is daar reeds derduisende mense. Hierdie is die mense wat nié na Herodes se partytjies genooi word nie.  Diegene wat nie seker is dat hulle elke dag gaan kos hê nie.  Wat siek is, omdat hulle ondervoed leef.  Uitgebuit deur die magtiges. En dan skielik verander hierdie in nog ‘n banket.  Maar een in skrille kontras met die een aan die begin.  Die een aan die begin was vir die belangrike mense, die maghebbers, die onderdrukkers.  Nou is daar een vir diegene wat swaarkry, wat siek is, want honger is.  Wat uitgelewer is aan die magte van die dag. Dis ‘n ander soort partytjie met radikaal ander uitkomste.

Continue reading

Water in Wyn – Die Kuns van Verwondering – Johannes 2:1-12 Preek

 

600 liter wyn.  ‘n Lewe saam met Christus.  Dit is asemrowend.

Paul Harris is ‘n kulkunstenaar wat ‘n trilogie geskryf het, getiteld “The Art of Astonishment”.  Daarin sê hy dat een van die mens se basiese ervaringe of emosies, dié van verwondering is.  Daardie gevoel van verwondering en ontsag wat ons beleef, bv. wanneer ons ‘n asemrowende sonsondergang sien, of wanneer daar iets verstommend gebeur.  Daardie gevoel, daardie gevoel van verwondering, is in ons in geskape.  Dit is ‘n vermoë wat deur die Gees gegee is.  En dit is ‘n vermoë wat ons help om God se hand in ons lewens raak te sien.

Continue reading

Matteus 4 Preek Versoeking en Identiteit

In die tagtigerjare was daar ‘n advertensie vir Opel Monza , as jy dit kan glo.  Die advertensie wys ‘n pa wat sy seun by die skool kom haal.  Op die pa se vraag oor hoe die seun se dag was, antwoord die seun dat hulle oor karre gepraat het.  O, reageer die pa, wat het julle gesê?  Dan vertel die seun hoe die een maatjie gesê het sy pa se kar is vinniger as al die ander.  Die ander maatjie het gesê sy pa se kar is sterker as al die ander.  Nog een het gesê sy pa se kar is gemakliker as al die ander.  Dan vra die pa:  “En jy, wat het jy gesê?” en die seuntjie reageer:  “Nothing dad, I just smiled.”

Continue reading